maluti 22-05-13

8
TEL: 058 - 303 5407 WOENSDAG 22 MEI 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Vind baat by boukursus by skool ’n BOUKURSUS is die afgelope week by die Maluti-Hooglandskool vir gr. 10-seuns aangebied. Die groep is in drie spanne verdeel wat gedurig geroteer het om die verskeie aspekte van bou te bemeester. Hier is die geelspan met Neel Beyer, aanbieder, regs. Foto: Lynda Greyling LEON VAN DIJKHORST, bekende sportman en landboukundige van Bethlehem, se droom word later vanjaar verwesenlik wanneer hy Projek Suiderkruis aanpak. Van Dijkhorst, wat al verskeie Comrades- en ander marathons, die Duzi- en verskeie ander kano- vaarte en bergfietsrenne voltooi het, berei hom vir die tog van ongeveer 4 200 km wat hy gaan hardloop en fietsry, voor. Die eerste deel begin op 30 No- vember in die noorde van Limpopo en eindig op 16 Desember op die mees suidelike punt van Suid-Afri- ka. Dit word gevolg deur ’n tweede been wat op 20 Desember by Kosi- baai begin en op 8 Januarie 2014 op Alexanderbaai eindig. Projek Suiderkruis, ondersteun deur Voermol, is as ’n geldinsame- lingsprojek vir die bevordering van landelike veiligheid bekend gestel. Die projek se doel is om die werk van die Agri Securitas-trustfonds geldelik te ondersteun. Van Dijkhorst, sentrale streekbe- stuurder van Voermol, gaan met die ondersteuning van borge, landbou- maatskappye en geldinsamelings- geleenthede geld insamel. Japie Grobler, voorsitter van die Agri Securitas-trustfonds, sê dat die fonds waardering het vir hierdie pro- jek en dit ten volle ondersteun. Hy sê voorts dat uit versoeke vir bydra- es blyk dit dat behoeftes vir beveili- gingsmaatreëls oor ’n wye front toe- neem. Die terugvoer wat ontvang word, dui aan dat die bydraes ’n verskil maak aan mense se veiligheid. Hy doen ’n beroep op almal wat ’n be- lang by die landbou het om hierdie projek te ondersteun en daardeur te help om die primêre landbou te be- skerm en tot sy volle potensiaal te ontwikkel. Philip Strydom, besturende direk- teur van Voermol, sê hulle doen be- sigheid in die landbousektor en is vir hul voortbestaan afhanklik van die ondersteuning wat hulle van die pri- mêre landbou ontvang. “Dit is in ons eie belang om die sektor te help beskerm en sodoen- de sy voortbestaan te verseker. “Die projek bied ’n ideale geleent- heid vir ons almal in die landbouwaardeketting om ’n bydrae te maak tot die voorkoming van mis- daad op plase en landelike gebie- de.” Die beweegrede vir die ontstaan en bestaan van die Agri Securitas- trustfonds is om aanvullende finan- siële hulpmiddels aan boerderyge- meenskappe beskikbaar te stel waardeur hulle hul eie veiligheid kan verbeter, asook dié van ander ge- meenskappe in die gebied. Sedert die ontstaan van die trust- fonds is verskeie landelike beveiligingsprojekte ondersteun wat gerig is op die bekamping van veral plaasmisdaad en wat radio- kommunikasiestelsels, oprigting van valhekke, verskaffing van lan- delike beveiligingstoerusting, on- dersteuning aan die pro-aktiewe be- kamping van plaasaanvalle en die verskaffing van trauma-berading- werksessies aan boeregemeen- skappe insluit. Projek ondersteun boere LEON VAN DIJKHORST

Upload: maluti-news

Post on 26-Mar-2016

260 views

Category:

Documents


10 download

DESCRIPTION

Maluti 22-05-13

TRANSCRIPT

Page 1: Maluti 22-05-13

TEL: 058 ­ 303 5407 WOENSDAG 22 MEI 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Vind baat by boukursus by skool’n BOUKURSUS is die afgelope week by die Maluti­Hooglandskool vir gr. 10­seuns aangebied. Die groep is in drie spanne verdeel wat gedurig geroteer het om die verskeie aspekte van boute bemeester. Hier is die geelspan met Neel Beyer, aanbieder, regs. Foto: Lynda Greyling

LEON VAN DIJKHORST, bekendesportman en landboukundige vanBethlehem, se droom word latervanjaar verwesenlik wanneer hyProjek Suiderkruis aanpak.Van Dijkhorst, wat al verskeie

Comrades- en ander marathons,die Duzi- en verskeie ander kano-vaarte en bergfietsrenne voltooi het,berei hom vir die tog van ongeveer4 200 km wat hy gaan hardloop enfietsry, voor.Die eerste deel begin op 30 No-

vember in die noorde van Limpopoen eindig op 16 Desember op diemees suidelike punt van Suid-Afri-ka. Dit word gevolg deur ’n tweedebeen wat op 20 Desember by Kosi-baai begin en op 8 Januarie 2014op Alexanderbaai eindig.

Projek Suiderkruis, ondersteundeur Voermol, is as ’n geldinsame-lingsprojek vir die bevordering vanlandelike veiligheid bekend gestel.Die projek se doel is om die werkvan die Agri Securitas-trustfondsgeldelik te ondersteun.Van Dijkhorst, sentrale streekbe-

stuurder van Voermol, gaan met dieondersteuning van borge, landbou-maatskappye en geldinsamelings-geleenthede geld insamel.Japie Grobler, voorsitter van die

Agri Securitas-trustfonds, sê dat diefonds waardering het vir hierdie pro-jek en dit ten volle ondersteun. Hysê voorts dat uit versoeke vir bydra-es blyk dit dat behoeftes vir beveili-gingsmaatreëls oor ’n wye front toe-neem.

Die terugvoer wat ontvang word,dui aan dat die bydraes ’n verskilmaak aan mense se veiligheid. Hydoen ’n beroep op almal wat ’n be-lang by die landbou het om hierdie

projek te ondersteun en daardeur tehelp om die primêre landbou te be-skerm en tot sy volle potensiaal teontwikkel.Philip Strydom, besturende direk-

teur van Voermol, sê hulle doen be-sigheid in die landbousektor en is virhul voortbestaan afhanklik van dieondersteuning wat hulle van die pri-mêre landbou ontvang.“Dit is in ons eie belang om die

sektor te help beskerm en sodoen-de sy voortbestaan te verseker.“Die projek bied ’n ideale geleent-

heid vir ons almal in dielandbouwaardeketting om ’n bydraetemaak tot die voorkoming vanmis-daad op plase en landelike gebie-de.”Die beweegrede vir die ontstaan

en bestaan van die Agri Securitas-trustfonds is om aanvullende finan-siële hulpmiddels aan boerderyge-meenskappe beskikbaar te stelwaardeur hulle hul eie veiligheid kanverbeter, asook dié van ander ge-meenskappe in die gebied.Sedert die ontstaan van die trust-

fonds is verskeie landelikebeveiligingsprojekte ondersteunwat gerig is op die bekamping vanveral plaasmisdaad en wat radio-kommunikasiestelsels, oprigtingvan valhekke, verskaffing van lan-delike beveiligingstoerusting, on-dersteuning aan die pro-aktiewe be-kamping van plaasaanvalle en dieverskaffing van trauma-berading-werksessies aan boeregemeen-skappe insluit.

Projek ondersteun boere

LEON VAN DIJKHORST

Page 2: Maluti 22-05-13

2 MALUTI, WOENSDAG 22 MEI 2013

25 Mei: Volksbladhou van 25 Mei af ’nKos-en-kunsmark.Kontak Bianca Prinsby 051-404-7721.31 Mei: Die ClunyAnimal-trust bied ’ngholfdag by die Cla-rens-gholfklub aan.Kontak JanSander byof 078-246-2553 ofRose Bailey by 082-879-0161.31 Mei: ’n Tekkie Taxten bate van verskeieliefdadigheidsorgani-sasies. Plakkers isteen R10 by die Gol-den Gateway-hospi-ce te koop. Bel EliseWillis by 058-303-7108.

VRYSTAAT-MIELIES, ’ngraanverhandelingsmaat-skappy van Potchefstroom,se Kommandonek-bunker-kompleks geleë op dieSand-stone Estate is op die jaarlik-se Heritage-fees, wat op dieSandstone Estate aange-bied is, geopen.

Die Kommandonek-kom-pleks bestaan uit silo’s, ’nweegbrug en hanteringsge-riewe wat van die SandstoneEstate gehuur word, sowelas ’n nuwe bunkergerief watdeur Collateral ManagementInternational (CMI) opgerig isen ’n oppervlakte van34 000 m² beslaan.

Die gerief bestaan uit vierbunkers wat elk 145 m lanken 30 m breed is met ’n alge-hele kapasiteit van45 000 ton. Die bergingska-pasiteit van die kompleks isnagenoeg 50 000 ton en allesoorte graan sal ontvangword.

Boere in ’n radius van so-wat 20 km om Fouriesburgen Ficksburg sal waarskynlikdie grootste voordeel put,omdat hulle baie geld aan

brandstof sal bespaar omdathulle hul graan nie nog ver-der sal hoef te vervoer nie.Volgens Adriaan Snyman,uitvoerende hoof van Vry-staat-mielies, hou die kom-pleks talle voordele in, nienet vir Oos-Vrystaatsegraanprodusente wat jaar-liks sowat 400 000 ton mie-lies lewer nie, maar ook opnasionale vlak. Kommando-nek se ligging naby die Leso-

tho-grens sal meebring datdie land in geheel daarby salbaat vind omdat mielies nouvan daar ook na Lesotho uit-gevoer kan word, terwylgraan wat deur die Durban-hawe na Suid-Afrika inge-voer word, ook daar gebergsal kan word. Vrystaat-mie-lies sal die graanverhande-ling en -kontrakte hanteer,terwyl CMI die kompleks salbestuur en administreer.

Boere sal voordeeluit nuwe gerief put

WILFRED MOLE (eienaar: Sandstone Estate), AdriaanSnyman (uitvoerende besturende direkteur: Vrystaat­mie­lies) en Pieter Steenkamp (besturende direkteur: CMI).

ADRIAAN SNYMAN (uitvoerende besturende direkteur), Attie Kennedy (maatskappy­se­kretaris) en Wallie Weeks (finansiële direkteur) van Vrystaat­mielies.

DOLF VAN NIEKERK(99), een van Bethle-hem se oudste inwo-ners, is Vrydag ná ’nkort siekte oorlede.

Hy het onlangs sy99ste verjaardag ge-vier. Twee dae ná syverjaardag het hy siekgeword, waarna hydeur sy dogter, iLlomaVorster, en kleindogterSonnika Mahne na dieaftreeoord verskuif is.Hy is Dinsdagoggenduit die NG kerk Bethle-hem-Oos begrawe. Hyword oorleef deur syvrou, Bettie, dogter, iL-loma, drie kleinkin-ders, Henk, Adri enSonnika, en vyf agter-kleinkinders.

Skielikoorlede

DOLF VAN NIEKERK

Page 3: Maluti 22-05-13

MALUTI, WOENSDAG 22 MEI 2013 3

Marguerite Vermeulen

OP Wêreld-kangaroemoedersorgdag verledeweek het die Pekolong-hospitaal ’n inligtingsdagvir mammas en swanger vroue gereël. Die doelwas om mammas op te lei en in te lig oor diémetode om na babas om te sien.Dié metode behels dat babas wat te vroeg ge-

bore is en vroeër in broeikaste aangesterk hetnou eerder teen die moeder se bors vasgehouword.“Dit is wetenskaplik bewys. Dit (die vel-op-vel-

kontak met die babatjie) help met beter groei, ’nstabieler hartklop, dit is makliker om die babaste borsvoed en die paar raak gehegter aan me-kaar as in die geval wanneer broeikaste gebruikword,” vertel Carol Symington, organiseerdervan dié bewusmakingsdag.Thea van der Merwe, die verpleegdiensbe-

stuurder van die Pekolong-hospitaal op Bethle-hem, verduidelik: “Dit is vir gesonde babas watnet te vroeg gebore is. Indien die ma of die babasiek word, gaan hulle na die Dihlabeng-hospi-taal.”Vir dié kangaroesorg het die hospitaal ’n spe-

siale kamer ingerig waarvoor die hospitaal tweegemakstoele en ’n televisiestel aangeskaf het.Mammas kan op televisie na gewone kanale kyk,maar ook na opvoedkundige video’s oor baba-sorg.Die Hoërskool Witteberg se leerlingraad het

materiaal vir die vertrek geskenk waarmee diehospitaal bedoortreksels, gordyne en wrap-arounds gemaak het waarmee mammas die ba-bas op hul bors kan vasmaak.“Hospitale beweeg in ’n rigting wat broeikaste

sal uitskakel, so die ma’s moet in die hospitaalbly om vroeggebore kinders te voed totdat hulleop twee kilogram huis toe kan gaan,” het Van derMerwe gesê.Die Dihlabeng-hospitaal het op dié bewusma-

kingsdag sowat 15 vroue gehad wat die inligting-sessies bygewoon het.

Inligtingdag vir mammas aangebied

’n HELE SPAN het gereed gestaan om die kangaroe­manier om babas toe te vou en te dra te demonstreer. Van links is, voor: RouxleneCoetzee en Rozanne van Deventer; agter: Lientjie Dreyer, Nthbiseng Maseito (’n mamma wat die geleentheid bygewoon het), AudreyVermeulen, Ouma Mbele (nog ’n mamma wat die geleentheid bygewoon het), sr. Cindy Cebekhulu en Carol Symington.

Foto: Marguerite Vermeulen

Page 4: Maluti 22-05-13

4 MALUTI, WOENSDAG 22 MEI 2013

ANTHONY OLIVER is al sowat vyfjaar die bestuurder van die FrontierInn & Casino op Bethlehem.

Die hotel- en casinobedryf is virhom geensins ’n vreemde terreinnie, aangesien hy etlike jare in diebedryf is. Hy het in 1991 by die Tha-ba Nchu Sun begin en is nog altydin die bedryf.

Hy is ’n mense-mens en dit isgeensins vreemd om hom deuren-tyd in die verskillende afdelings vandie hotel en casino raak te loop nie.

Heelwat veranderings is die afgelope tyd aandie Frontier Inn aangebring. Daar is onder meernou konferensiegeriewe. Nog veranderings isaan die kom om die Frontier Inn en DihlabengMall, wat digby geleë is, te komplementeer.Tans word plaveisel tussen die twee besighedegelê enMaluti-lesers sal nog ’n rukkiemoet wagom te sien wat die verrassing gaanwees. Al watverklap kanword, is datmensemet klein kinder-tjies heerlik by die Frontier Inn en Golden GateSpur kan ontspan.

DieFrontier Inn&Casino is deel vandiePeer-mont-groep.Oliver het onlangsdieuitvoerende-hoof-trofee vir die toppresterende eenheid ont-vang – dit nadat hulle onder aan die lys van die13 hotelle in die groep was toe hy daar beginwerk het. Die Frontier Inn & Casino het al dieMMSE- toerisme-eerbewys vir die groei en ont-wikkeling van toerisme in die Vrystaat ontvang.

Oliver het in 2010 die eerbewys as sakemanvan die jaar ontvang.

As deel van die Frontier Inn-Dihlabeng-trustis daar op verskeie gebiede veranderinge aan-gebring. Die trust het reeds nou ’n kursus virgr. 10-seuns van die Maluti-Hooglandskool ge-borg om ’n boukursus te volg.

Tussen al sy aktiwiteite deur is Oliver ’n ge-sinsman wat daarvan hou om saam met sy ge-sin die buitelewe te geniet. Sy oudste dogter,

Nikita, wat aan die Hoërskool Voortrek-ker skoolgegaan het, het in haar eerstejaar op universiteit (SUT) die visekanse-lier seeerbewys vir die beste eerstejaar-student ontvang. Dit is geen raaisel watsy studeer nie – gasvryheidbestuur,want sy volg in haar pa se voetspore.Toe ons haar vra hoekom sy in die rig-ting studeer, sê sy: “Ek wil nog beter asmy pa vorder en sal ook eendag graag’n bestuurder wil wees.”

Oliver glo jy moet vir jouself doelwittein die lewe stel anders is daar geen uit-

daging nie.Sy grootste dryfveer is sy vrou, ook bekend

as sy beste vriend, en sy kinders.Die Frontier Inn & Casino het sedert Oliver

se begin reeds R1,9 miljoen in die vorm vanbeurse en verskeie gemeenskapsprojekte deurdie Frontier Inn-Dihlabeng-gemeenskapstrustin die gemeenskap teruggeploeg. Benewensdie trustprojekte het die Frontier Inn & Casinoook ’n verdere R300 000 deur sy korporatiewesosiale investering in die gemeenskap terugge-ploeg.

Wat sy kollegas van hom sê: “Anthony is asuccessful businessman on numerous levelsand many of us are fortunate to call him a friendand colleague. Everyone who knows Anthonycan attest to the dedication and quality of servi-ce that Anthony provides. With over 22 yearsin the hotel and casino industry, Anthony hasa long list of accomplishments.

“Participating within the community is very im-portant to Anthony; to actively work towardsbuilding a positive social and economic environ-ment that will contribute to the overall successof the company as well as the enrichment of thetown where he works and lives.”

Tenslotte sêOliver: “Moeniewagdat geleent-hede na jou toe kom nie, skep self die geleent-hede. Dit is die sleutel tot sukses.”

Bestuurder ploeg terug in mense

ANTHONYOLIVER

PAPIRUSROLLE wat van 3 000 v.C. dateer,dui aan daar was amptelike skole waaraankruiekundiges opgelei is.In die geskrifte staan ook dat prinsesse altyd

in rooswater gebad het en dat die Romeinebootvragte rose van Egipte naRome toe gevathet.Die Middeleeuse huise was swak belig met

min lug en die sanitasie was swak. Vroue hethuisapteke gehad om onder meer insekte afte weer en vrugte en groente te bewaar. Hullehet ook potpourri gemaak.Vandag word steeds potpourri gemaak.Ria Vogelesang het die Bethlehem-tuinbou-

klub se lede toegespreek oor die verskillendesoorte potpourri wat gemaak kan word.’n Mens kan plantmateriaal gebruik wat in

die verskillende seisoene voorkom. Deesdaekan ’n mens bykans enigiets gebruik om ’ngeurige potourri van saam te stel. Die grootsteverskil is dat ’n mens ’n nat en droë potpourrikan maak.Om ’n nat een te maak is moeiliker, aange-

sien vars plantmateriaal gebruik word. Hierword growwe sout saammet vars plantmateri-aal in ’n houer geplaas wat ’n deksel het. Diehouer moet gereeld omgedraai en geskudword sodat die geure kan meng.In droë potpourri daarenteen word laventel-

olie of olie van jou keuse oor die mengsel droëplantmateriaal gegooi. Alles moet goed ge-meng word, waarna dit in ’n bruin papiersakgegooi word waarin dit ’n maand voor gebruikmoet verouder.

Klub leer oor potpourri

RIA VOGELESANG (tweede van links) het op die Bethlehem­tuinbouklub se vergadering vertelwaar die gebruik van potpourri vandaan kom, waarna elkeen sy eie kon maak. Hier is van linksSonja Fourie, Vogelesang, Aletta Fourie, Annette von Caues en Yvonne Coertzen.

Foto: Lynda Greyling

Page 5: Maluti 22-05-13

MALUTI, WOENSDAG 22 MEI 2013 5

VANDAT hy kan ont-hou, hou hy van mo-torfietse en karre.Lloyd Scott, ’n beken-de sakeman vanBethlehem, het askleuter begin motor-fiets ry.“Dit is in ’n ou se

bloed.”Sy pa, Gregg, het in

1980 sy eerste Maz-da-en-Ford-agent-skap op Reitz geopenen Lloyd het letterlikmet motors grootge-word.Op skool het hy en

’n vriend begin ommotorfietse vir anderouens te “lig” en sosakgeld verdien.Ná skool het hy by

sy pa se bande-onderneming begin werk. Hyhet eersmotorbande herstel en nuwebande op-gesit. Later was hy die bestuurder.Die Scotts het in 2000 ’n tweede Mazda-en-

Ford-agentskap op Bethlehem geopen. Driejaar later het die Tata-agentskap gevolg. Hierkon Lloyd, as bestuurder, begin om sy passievir motors uit te leef.In Augustus/September 2009 is Auto Track,

’n onderneming vir gebruikte voertuie, geopenmet Lloyd wat die bestuur hanteer – die Tata-agentskap was toe al goed gevestig.Geen van die voertuie in die vertoonlokaal is

op ’n veiling gekoop nie. Elke voertuig by AutoTrack is by Scott Auto ingeruil.“Dit is virmy so lekker, want ekweetwaar elke

voertuig vandaan kom en ek ken so 95% vandie mense.“Elke voertuig word in ons werkwinkel nage-

gaan en geïnspekteer sodat ekweet ek verkoop’n voertuig wat betroubaar en van goeie gehalteis. Dit is gerusstellend dat elke voertuig met ’nwaarborg verkoop word.”“Ek voel tevrede wanneer ’n kliënt wegry en

hy is gelukkig.Dan is ekgelukkig,want danweetek hy het goeie diens gekry.”Vra ’nmens homwat hom daagliks aanspoor,

sê hy vinnig hy wil elke dag sy beste vir sy vrouen kinders gee. Hulle is sy inspirasie.En eendag ver in die toekoms wil hy graag

’n Ford Mustang of ’n Alfa hê. Dit hoef nie ’nsplinternuwe Mustang te wees nie . . .

Gehaltediens hier

LLOYD SCOTT van Auto Track.

Fouriesburg stel ’ngoeie voorbeeld

Lynda Greyling

ELKE keer wanneer ekop Fouriesburg kom, trefdie algehele netheid vandie dorp my opnuut.Oral op straathoeke is

ou dromme wat silwer-kleurig geverf en so gemonteer is dat dievullis met ’n swaai-beweging verwyder kanword.Daar is nie ’n papier wat rondlê nie.Ek was verlede Dinsdag weer op die

pragtige dorp. Toe ek in die een dwars-straat afdraai, verf munisipale personeelnuwe strepe en padtekens.En toe sien ek dit . . . oral ’n gewerskaf.

Oral op die dorp word gewerk, of jou velwit of swart is, maar sy aan sy is dit ’nbedrywigheid.Munisipale werkers verwyder oral vullis.

Grassnyer-trekkers word gebruik om diegras op die sypaadjies te sny.Trekkers met sleepwaens vervoer stoele

en selfs die stadsaal se dak kry ’n nuwelaag verf.So tussen my afsprake deur vra ek rond

hoekom almal so besig is. Ek weet immersFouriesburg is onder die drie topdorpe indie Vrystaat wat ’n kans staan om deur tedring tot die eindronde van Kwêla se Dorpvan die Jaar-kompetisie.Dan word ek vertel dis hoeka die rede.

Die dorp gaan ’n besoek ontvang en ’nopname gaan vir televisie gedoen word.Die dorp vier vanjaar sy 120ste be-

staansjaar en was nie verniet eens op ’ntyd die “hoofstad” van die Vrystaat nie –hierdie dorp is vol geskiedenis.Deesdae skep inwoners die dorp se

nuwe geskiedenis – toerisme.’n Fouriesburger ry verlede week deur

Frankfort, gaan drink teewaar daar heerlik met diemense gesels word.En raai, die inwoners van

Frankfort sê hulle is sekerFouriesburg gaan wen. Onssal maar almal moet wagen sien wie wen.

Al wat ek weet, is dat dit heerlik is omvir ’n naweek in vriende se “naweek-huis”te gaan ontspan. Hier word jy stil, kan jygaan stap en die pragtige natuur en dieMaluti’s waardeer. Die berg lê tans onder’n sneeukombers gehul.Ek wens daar kan iets op Bethlehem

gedoen word. Die werkspanne kan gerusop Fouriesburg gaan kyk hoe dingegedoen word.Ek kon nie anders as om die afgelope

week een van die spanne dop te hou nie.Ses werkers het die gras en bossies watin die straat groei waar ek woon, uitgehaalen aan die kant van die sypaadjie skoon-gemaak aangesien dit veld oorkant ons is.Alles is netjies in hopies gevee en weerterug in die veld gegooi. Dit is so na aandie pad gegooi, met die eerste reën is ditweer in die straat soos verlede jaar. Dansal die gras en bossies weer in die straatgroei en die teer lig.Wat my die meeste getref het, is hoe

“fluks” die werkers was. Teen so 08:45word ontbyt geëet – tot so 10:00.Een sal dan ’n poging aanwend om iets

te doen terwyl die ander haar geselskaphou. Later sal een of twee inval en ’npoging aanwend om iets te doen.Teen 12:00 is dit etenstyd en ná 14:00

is dit steeds siësta. Die meeste slaap opdie sypaadjie en een slaap selfs in ’nkruiwa. Hul kwota werk vir die dag isafgehandel – sowat 50 m is skoongemaak.

deur

Lynda Greyling

Page 6: Maluti 22-05-13

6 MALUTI, WOENSDAG 22 MEI 2013

VAN verkoopbestuurder tot be-sturende direkteur van ’n baiesuksesvolle maatskappy. PhilipJacobs, handelaarshoof van KiaBethlehem en besturende direk-teur van LS-bemarking, is ’n jongsakeman (32) enkyk reedsdank-baar op sy sakeloopbaan terug.Philip, wat in 1998 aan die

Hoërskool Witteberg gematriku-leer het, vertel met ’n glimlag hoehy as student in bemarkingsbe-stuur aandieBethlehemseTech-nikon karre gewas het en vrugte-sap aan die Provinsiale Hospi-taal en Butch Pretorius verkoophet. Só het hy sy eerste R12 000vir ’n eie motor bymekaarge-maak.Ná sy studie het hy in Junie

2000 verkoopskonsultant vanKosmos-motors geword. In 2004het hy ’n aandeelhouer geword en was tot 2006verkoopbestuurder.In 2006 het hy mede-eienaar en besturende

direkteur van LS-bemarking Edms. Bpk. ge-wordmet LoeschSaaiman as uitvoerende hoof.LS-bemarking bedryf Kia-takke op Bethlehem,Upington en Port Shepstone en in Welkom enhet ook die tak Peugeot Stellenbosch begin.Philip is handelaarshoof van die Bethlehem-taken besturende direkteur van die ander takke.Wat is die geheim van sakesukses? Philip sê

hy glo die besighede se bestaan is volhoubaarvanweë kliënte en nie andersom nie. Daaromis die kliënt wat ’n motor teen R20 000 koop netso belangrik soos die kliënt wat ’n voertuig van

R500 000 koop.Die afgelope vier jaar was

drie van die handelaarstakketopdienshandelaars in Suid-Afrika. Dié eer het in 2008 dieKia Welkom-tak en in 2010die Bethlehem-tak te beurtgeval.Hy is optimisties oor die

toekoms van Kia in Suid-Afri-ka. In 2012 het Kia Suid-Afri-ka ’n groei van 45% getoonen LS-bemarking se groeiwas 47%. Hy verwag ’n af-platting vanjaar weens die al-gemene ekonomiese toe-stande wêreldwyd, maar issteeds positief dat Kia ge-noeg waarde bied om uit-muntende produkte aankliënte te bied.“Die sukses wat ons be-

leef, is groot genade, wysheid en insig van dieHere af, wat ons in staat stel omdie regte beslui-te op die regte tyd te kan neem. Ons kan nieop ons eie kragte staatmaak nie. ’n Besigheidis so goed soos sy personeel. Ek is baie trotsop my personeel – ’n groep van 104 lede. ByKia Bethlehem is ons 23 personeellede.“Sonder die ondersteuning van familie kan ek

my ook nie indink nie. Ek waardeer my vrou, Ja-colien, en my kinders, Dané (2) en Yulienke (6),se ondersteuning. Ekmoet dikwels van die huisaf weggaan en hulle hanteer dit met liefde engeduld.“Baie dankie ook aan al Kia se getroue, lojale

ondersteuners.”

Jong handelaarshoofse harde werk beloon

PHILIP JACOBS VANMaandag af was dit die ene bedrywigheidop die terrein van die Maluti-Hooglandskool.Daar is hard gewerk. Fondamente is gegrawe,boumengsels is aangemaak, bakstene is aan-gegee en daar is gebou.Dit was nie boukontrakteurs nie, maar die

38 gr. 10-seuns wat ’n bou-en-konstruksiekur-sus gevolg het. Dit is deur die gesoute dosenteCatheleen en Neels Beyer van EduBabe aan-gebied.Die seuns is in drie groepe verdeel. Met die

meesterbouers Orlando Baloyi en Steven Ba-loyi het die seuns fondamente gegrawe, se-ment aangemaak, bakstene aangegee en ’nwaterpas vir die bouwerk gebruik.Hulle het geleer van tekeninge en planne,

konstruksiewerk, terreinwerk en verbeterings

en selfs waardevolle wenke om bestaandehuishoudelike probleme op te los.EduBabe is ’n geakkrediteerde instansiewat

verseker dat onderrig en vakinhoud nasionaleen internasionale erkenning kry en op ’n hoëpeil is. ’n Kursus soos die het geldelike implika-sies en kan nie aangebied word sonder datdaar instansies is wat hulle verbind tot ge-meenskapsbetrokkenheid in die ware sin vandie woord nie. Die sakemanne van die FrontierInn-Dihlabeng-gemeenskapstrust het hul har-te en beursies wyd vir die verdienstelike saakoopgemaak en het as die hoofborg opgetree.Piet Smith, hoof van die Maluti-Hoogland-

skool, sê hy sal in die toekoms wil toesien datbouwerk as ’n vak by die skool aangebiedword.”

Boukursus by skool aangebied

’n BOUKURSUS is die eerste keer vir die gr. 10­leerlinge aan die Maluti­Hooglandskool aange­bied. Van links is, voor: Neels Weyer en Catheleen Weyer (aanbieders), Anthony Oliver (trustee,Frontier Inn­Dihlabeng­gemeenskapstrust), Piet Smith (hoof), Mike Kgwathela (trustee: FrontierInn­Dihlabeng­gemeenskapstrust), Gerrie Rautenbach (trustee: Frontier Inn­Dihlabeng­gemeen­skapstrust) en Dalize Pelser (onderwyser, organiseerder); eerste ry: EdwinMakotso, Vusi Kwebu,Matsamai Motaung, Motsamai Khanya, Michael Ackeer, Nathan Africa, Jayson Abrahams, ByronDawson, Renier Nortje, Edwin Makotso en Orlando Baloyi (meesterbouer); tweede ry: SarameNamane, Tshidi Mpeli, Katleho Mooko, Daniel Molaba, Jason Bosman, Guillaume Steyn, JP Nor­tje, Johan Eaton, Doors van der Westhuizen, Handre de Scante en Christiaan Faught; derdery: Washington Matla, Basil Molefe, Bennet Kok, Cornel Pepler, Thabang Khanya en HeinrichMolefe; vierde ry: Phakane Moloi, Phomolo Hlongwane, Mzwkhe Kubeka, Shaun Swartz, Amundvan der Merwe, Steven Baloyi (meesterbouer) en Leon Nothnagel; agter: Tshepo van der Merwe,Matthew Cherry, Shaun van Eck en Dillon de Jager.

Page 7: Maluti 22-05-13

MALUTI, WOENSDAG 22 MEI 2013 7

DIEseuns vandie Laerskool Jordania is onderskeidelik vir die o.12­ eno.13­Griffons­rugbyspannegekies. Van links is, voor: Neil Janse van Rensburg, Tristen Snyman en Cammi Roux; agter:Craven van der Nest, Janco Opperman en Theuns Filmater.

DIE netbalspelers van die Laerskool Jordania is vir die o.12­ en o.13­ThaboMofutsanyana­ (Oos­Vrystaat) netbalspanne gekies. Voor is Cheralee Trotter; van links is, middel: Renémarie Human,Dinamarie Janse van Rensburg en Marcelle Willis; agter: Jana Stuart, Jessica Nel en Lize­Marivan Niekerk.

In Thabo Mofutsanyana­netbalspanne

Was vansitkamerstelle,

volvloermatte enmotorsitplekke.

Uitsuig van water.Gratis kwotasies.

Skakel

Ronel 082 788 1483

SANDSTONE: Blocks,bricks, cladding, rivens,tiles, etc.Tel. 058 303 4840.12 Archbell Street, Bethle-hem.

TAFELDOEKEKandelareEetgereiPeto OdendaalLombardstr. 7. 058 303 2392.

Heerlike woonstel: 1-slk,badk, groot woonk, kom-buis, stoep en motorafdak.Baie veilig, ideaal vir 2persone, krag- boks, gratiswater. R2 750 per maand.Onmiddellik beskikbaar.Navrae: 083 404 7788 of

072 178 2432.

Page 8: Maluti 22-05-13

8 MALUTI, WOENSDAG 22 MEI 2013

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

Wen vierspelDIE Noord­Vrystaatse rol­bal­vrouevierspel is deur ’nspan van die Bethlehem­rolbalklub gewen. Van linksis Andrea Cloete, MattieHarris, Gillian Mathews enAnsie van der Sandt.

OOR 11 dae word die jaarlikseComrades-ultramarathon weergehou.Lede van die Bethlehem-mara-

thonklub doen nou hul laastevoorbereidingswerk vir dieultramarathon wat vanjaar vanDurban na Pietermaritzburg afgelêsal word.Daar word vroeg soggens,

laatmiddae en Saterdae geoefen.Die lede het twee naweke

gelede die snerpende kouegetrotseer om Surrender Hill metsy baie bulte vir oefening aan tedurf.

Saterdag is die laaste “lang”oefening gehou toe hulle 20 kmop die Paul-Rouxpad gehardloophet.Tussendeur hardloop hulle

korter afstande en oefen bulte.Daar is ook ’n hele paar

deelnemers wat vanjaar dieeerste keer gaan deelneem.Verlede jaar se Comrades-

ultramarathondeelnemers het800 kg piesangs, 7 840 kglemoene, twee miljoen water-sakkies, 660 000 Energade-sakkies en 62 000 Mega Load-sakkies gebruik.

Maak hulle virComrades seuitdagings reg

LEDE van die Bethlehem­marathonklub het die snerpen­de koue getrotseer om die Surrender­roete te gaan oefenas voorbereiding vir die Comrades wat op 2 Junie gehouword. Van links is, voor: Rové Mittermaier, Daleen Cilliersen Linda Labuschagne; agter: Enslin van Blerk, Henry deToit, Lize de Boer, Ebarnie Cilliers, Liezel Wessels, EvetteWatson, Hanmarie Lombaard en Elmarie Kruger.

LINKS: Lede van die Bethlehem­marathonklub wat aandie Comrades gaan deelneem, is van links, voor: PontsoMota, AbramMofokeng, Ngaka Selepe en Sidwell Thaba­na; agter: Carmen Adkins, Linda Labuschagne, SuneeMaritz, Ronel Breuahrein, Johnathan Adkins, ElmarieKruger, Vanessa Maeder, Liezel Wessels, Henry du Toit,RovéMittermaier, Ebarnie Cilliers, Enslin van Blerk, ErnstBurger, Lize de Boer, Steven Motaung en Yvette Watkins.