maluti 20140205

8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA WWW.MALUTI.MOBI FREE Koerant met hart The paper with heart Koerant met hart The pape I OOS-VRYSTATERS moes van verlede Donderdag af hul sambrele uithaal nadat welkome reën begin uitsak het. Groot gedeeltes in die streek is oorstroom en Tonie Rossouw van die Weerkantoor in Bloemfontein sê dit gaan nog ’n paar dae reën. Hier is Gabby Labu- schagne in haar rooi jas, blou waterstewels en sambreel, gereed om kleuterskool toe te gaan. Foto: Lynda Greyling Lynda Greyling DIT is logisties onmoontlik om ’n vliegby- eenkoms waaraan 14 verskillende lugvaart- afdelings gaan deelneem, binne so ’n kort tyd te reël. Daar is verskeie wetlike en veiligheidsmaatreëls waaraan dit moet voldoen. Dit was een van die reaksies wat Maluti se voorbladberig van 29 Januarie ontvang het. Maluti het berig dat ’n reuse-byeenkoms vir die begin van Mei beplan word waaraan 2 000 vliegtuie in die lugruim bo Bethlehem gaan deelneem. ’n Vlieënier het laat weet dat die Presi- dentsvlug, wat die grootste wedvlug in die land is, sowat 100 vliegtuie het wat deelneem. “Hoe is dit moontlik om 2 000 vliegtuie op Bethlehem te kry? “Diegene wat beplan om in Mei op Bethlehem se vliegveld te kampeer, besef nie dat dit al koud is nie,” was een van die ander stellings wat ontvang is. Daarteenoor sê ’n leser, Leonie Roos, dat hulle na ’n lugvertoning uitsien en hoop die warmlugballonne sal hier wees. Intussen is vasgestel dat die meeste van die Bethlehem-vliegklub se lede bedank het. Groot ontevredenheid het geheers nadat Stefan Fourie, een van die oorspronklike bestuurslede en erelid, se naam letterlik van die ererol afgekrap is. Daar is ook gevind dat die bestuur nie ’n klag van vandalisme by die polisie ingedien het nie. Volgens een van die voormalige lede is die vandalisme deur die voorsitter en bestuur gekondo- neer. Erelede het bedank – selfs lede wat dekades lank aan die Bethlehem-vliegklub behoort. Intussen het vlieëniers en hul gesinne wat gesellig saam begin braai en kuier het, en selfs na plekke soos Parys gevlieg, daar ontbyt geëet en teruggevlieg het, besluit om ’n nuwe klub te stig. Die nuwe klub staan as die Bethlehem-Aeroklub bekend met Philip Jacobs as die voorsitter. Die klub is uitsluitlik vir vlieëniers, gewese vlieëniers, hul gesinne en mense wat direk met lugvaart te doen het, soos vliegtegnici. Tans is daar sowat 20 lede. Die klub is by die Eksperimentele Lugvaartuigvereniging (EAA) geaffilieer. Volgens Jacobs het die vorige klub niks vir vlieëniers en lugvaart gebied nie. “Daar was wel ’n lugskou.” Die Bethlehem-Aeroklub se lede vergader deesdae in een van die vliegtuigloodse wat ingerig is. “Ons wil graag meer sosiale vlugte onderneem en as ons kuier, oor ons vliegtuie en lugvaart gesels.” Intussen moes daar getender word vir die gebou waarin die Bethlehem-vliegklub tans gehuisves word. Lede van vliegklub bedank Twyfel oor vliegbyeenkoms Reg vir die reën Wat is jou mening? Gesels saam op Maluti se Facebookblad.

Upload: maluti-news

Post on 31-Mar-2016

249 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Maluti 20140205

TRANSCRIPT

Page 1: Maluti 20140205

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA WWW.MALUTI.MOBI FREE

Koerant met hart The paper with heart

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA WWW.MALUTI.MOBI FREE

Koerant met hart The paper with heartI

OOS­VRYSTATERS moes van verlede Donderdag af hul sambrele uithaal nadat welkomereën begin uitsak het. Groot gedeeltes in die streek is oorstroom en Tonie Rossouw vandie Weerkantoor in Bloemfontein sê dit gaan nog ’n paar dae reën. Hier is Gabby Labu­schagne in haar rooi jas, blou waterstewels en sambreel, gereed om kleuterskool toe tegaan. Foto: Lynda Greyling

Lynda Greyling

DIT is logisties onmoontlik om ’n vliegby-eenkoms waaraan 14 verskillende lugvaart-afdelings gaan deelneem, binne so ’n korttyd te reël. Daar is verskeie wetlike enveiligheidsmaatreëls waaraan dit moetvoldoen.Dit was een van die reaksies wat Maluti

se voorbladberig van 29 Januarie ontvanghet.Maluti het berig dat ’n reuse-byeenkoms

vir die begin van Mei beplan word waaraan2 000 vliegtuie in die lugruim bo Bethlehemgaan deelneem.’n Vlieënier het laat weet dat die Presi-

dentsvlug, wat die grootste wedvlug in dieland is, sowat 100 vliegtuie het watdeelneem. “Hoe is dit moontlik om 2 000vliegtuie op Bethlehem te kry?“Diegene wat beplan om in Mei op

Bethlehem se vliegveld te kampeer, besefnie dat dit al koud is nie,” was een van dieander stellings wat ontvang is.Daarteenoor sê ’n leser, Leonie Roos,

dat hulle na ’n lugvertoning uitsien en hoopdie warmlugballonne sal hier wees.Intussen is vasgestel dat die meeste van

die Bethlehem-vliegklub se lede bedankhet.Groot ontevredenheid het geheers nadat

Stefan Fourie, een van die oorspronklikebestuurslede en erelid, se naam letterlikvan die ererol afgekrap is.Daar is ook gevind dat die bestuur nie ’n

klag van vandalisme by die polisieingedien het nie. Volgens een van dievoormalige lede is die vandalismedeur die voorsitter en bestuur gekondo-

neer.Erelede het bedank – selfs lede wat

dekades lank aan die Bethlehem-vliegklubbehoort.Intussen het vlieëniers en hul gesinne

wat gesellig saam begin braai en kuier het,en selfs na plekke soos Parys gevlieg, daarontbyt geëet en teruggevlieg het, besluit om’n nuwe klub te stig.Die nuwe klub staan as die

Bethlehem-Aeroklub bekend met PhilipJacobs as die voorsitter.Die klub is uitsluitlik vir vlieëniers,

gewese vlieëniers, hul gesinne enmense wat direk met lugvaart te doen het,soos vliegtegnici. Tans is daar sowat 20lede.Die klub is by die Eksperimentele

Lugvaartuigvereniging (EAA) geaffilieer.Volgens Jacobs het die vorige klub niks

vir vlieëniers en lugvaart gebied nie.“Daar was wel ’n lugskou.”Die Bethlehem-Aeroklub se lede vergader

deesdae in een van die vliegtuigloodse watingerig is.“Ons wil graag meer sosiale vlugte

onderneem en as ons kuier, oor onsvliegtuie en lugvaart gesels.”Intussen moes daar getender word vir die

gebou waarin die Bethlehem-vliegklub tansgehuisves word.

Lede vanvliegklubbedankTwyfel oor vliegbyeenkoms

Reg virReg virdie reën

Wat is joumening?Gesels saam opMaluti se

Facebookblad.

Page 2: Maluti 20140205

2 MALUTI, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014

Kuier gesellig saam op teeparty’n OUWÊRELDSE hartsoggendteeparty met bekende RSG­omroeper Amore Bekker as spreker, is by dieHoërskool Witteberg gehou. Lede van die skool se netbal­oefengroep wat die Ma­en­dogteroggendteepartybygewoon het, is van links Johané Otto, Annerene Piek, Sonica Viljoen, Nicolene Vorster, Portia Mofokeng,Refilwe Moloi, Andrea Bierman, Lielie Greyling, Mioné Shields en Petro Coetzee. Foto: Lynda Greyling

LISMA AVELING (regs, voor) en haar dogter, Sunitha (links, voor), is as besgeklede ma en dogter op die Hoërskool Witteberg se Ma­en­dogteroggend­teeparty aangewys. By hulle is Erna Alberts (links, agter) en Isabel Ferreira.

LESERS het kommentaaroor die beplande verbypad

op Bethlehem gelewer:Margaret Erasmus: Ek sal sê as hulle die

dorp wil red, moet hulle dink aan goed watmeer mense sal lok – vir oud en jonk. Ietssoos ’n speelpark waar familie die aktiwiteitesaam kan doen. Byvoorbeeld binnemuurseaktiwiteite soos kegelbal, laserspeletjies enrenstelle of selfs ’n ysskaatsbaan. Die soortgoed gaan nie net mense lok nie, maar ookwerk skep. Dit sal werk vir baie goed – veralom die jong kinders uit die kwaad en uitjol-plekke te hou. Ouers kan gerus voel omdinge saam met hul gesinne te doen en veralklein kinders sal dit ook kan geniet.Dana Roothman: Die vraag was: Gaan

Bethlehem dood? Die vraag moet eintlikwees: Wat word gedoen om Bethlehem tebeskerm as die juweel van die provinsie?Wat word gedoen om werklik goeie beleggersna ons mooi dorp te lok? Beleggers wat ’npositiewe bydrae tot die ekonomie enwerkskepping kan lewer. Sodoende kan meerbesoekers na Bethlehem gelok word en indie vorm van geld meer belê. Ek is al sedert1972 in Bethlehem en moes toekyk hoe diemiddedorp deur buitelanders se besighedeoorgeneem word. Hoekom? Omdat hullegoedere lewer teen ’n prys wat almal kan

bekostig; goedere wat nie in die groterwinkels beskikbaar of bekostigbaar is nie.

Dus wil ek sê, of dit nou aanvaarbaar is virsakelui of nie, ons het nie swaar voertuienodig wat deur die dorp ry nie – soms teen’n belaglike spoed wat ’n gevaar vir anderpadgebruikers inhou. Ek wil my verstout omte sê nie eens 15 % hou hier stil om besighe-de te ondersteun of om diesel in te gooi nie.Snags parkeer hulle egter die strate vol omte oornag. Daar word deesdae selfs in diesmal strate van die woongebied geparkeer.Op 22 Januarie om 14:25 maak ’n 30 ton-vragmotor ’n U-draai reg voor my en myskoonseun. Ons het toegekyk hoe die wa dieteer behoorlik opvou. Ek het baie foto’s watwys hoe swaar voertuie die straatoppervlak,sypaadjies en stormwaterslote beskadig. Danis dit ongerieflik vir die inwoners van Bethle-hem. Daar word onwettig en onveilig gepar-keer. Daar is al van die foto’s in die Vrystaat-koerant gepubliseer. Baie mense het alvoorstelle gemaak. Daar is ook anderbesighede in Bethlehem wat weet. Ek worddalk nie onder die 48 getel nie, maar lewer ’nwesentlike bydrae tot die ekonomie vanBethlehem.) Sakelui is welkom om ’n ledevergaderingvan die AHI Bethlehem op 11 Februarie om18:00 by The Loft by te woon.

Lesers gee hul mening oor verbypadTHE Dihlabeng Municipality received anunqualified audit opinion.

Samuel Zwane of the Auditor General’s(AG) Office delivered his findings on thefinancial statements and other legal andregulatory requirements of the DihlabengMunicipality at a council meeting held onWednesday in the new community hall inBohlokong.

The Dihlabeng Municipality is known to bethe best municipality in the Free State, butaccording to Zwane, there is still a lot of workto be done. “There are still a lot of issues toaddress as we did not have the necessarymaterial,” said Zwane.

According to the report, material losses tothe value of R58 381 254 were incurred as aresult of a write-off of irrecoverable tradedebtors.Usefulness of information:Adequate and reliable corroborating

evidence could not be provided for 100%measures taken to improve performance asdisclosed in the annual performance report.Municipal records did not include the applica-ble and relevant reasons why misstatementshad occurred.

The reported objectives were not consist-ent with the objectives as per the approvedintegrated development plan. This was due to

the lack of review of reported performanceinformation.

Zwane said some of the objectives werevague. The report stated that of the total of128 targets planned for the year, 81 targets(64%) were not achieved. This was mainlybecause indicators and targets were notsuitably developed during the strategicplanning process.

Construction projects were also not alwaysregistered with the Construction IndustryDevelopment Board (CIDB), as required.Expenditure management:Money owning by the municipality was not

always paid within 30 days or an agreedperiod. Reasonable steps were not taken toprevent unauthorised expenditure, irregularexpenditure, fruitless and wasteful expendi-ture.Public invited to comment:The AG’s report is a public document that

will be available to everyone. The communityis also invited to scrutinise the report andmake comments that will also be included inthe final report called the oversight report.

Council meets to discuss findingsWhat is your view? Share yourcomments on Maluti’s Facebook page.

Page 3: Maluti 20140205

MALUTI, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014 3

900271/E

WE’RE REGISTEREDTO VOTE. ARE YOU?

FINAL REGISTRATION8 - 9 FEBRUARY8AM-5PM 0800 11 8000

IN die 1950’s was daar ’n verkeersman inDurban wat met ’n motorfiets diens gedoenhet. Eendag het hy in die middestad ’n mangesien wat om en om die een blok geryhet. Die man het later stilgehou en homgevra of hy op ’n laaisone kan stilhou, wanthy is laat vir ’n vergadering en dit kanlewensveranderend wees. Die verkeersmanhet hom goedkeuring gegee.’n Rukkie later was die verkeersman se

vierjarige seun siek. Toe die outjie opstaanom saam met sy pa te gaan ry, het hygeval. Hy het toe al die tyd polio gehad.Daar was ’n berig en foto in die koerant.

Die sakeman het dit gesien en die ver-keersman herken.Die man het al die kind se mediese koste

betaal.Ná twee jaar in die hospitaal, waar hy

met stutte geleer loop het, is die seunontslaan. Hy het sodanig herstel dat hysonder enige stutte of hulp na sy ouers toekon stap.Die seun is Greg Cryer, distriksgoewer-

neur van die Rotariërs.Cryer het Donderdagaand tydens Bethle-

hem-Rotary se dinee om sy 59ste be-staansjaar te vier, gesê dit voel of hy noudie sirkel voltooi, want hy beywer hom ompolio te voorkom.Cryer het gesê dit is Rotariërs wat ’n

verskil maak. Elkeen het ’n Rotary-storie omte vertel.Hy het lede versoek om hul stories aan

hom te stuur, want hy wil ’n boek saamstelen vir al die lede stuur. “Dit sal ons herinnerwaarom ons ’n verskil in ander se lewe wilmaak.”

‘Elkeen het ’n Rotary-storie om te vertel’

AFRIKA is nie vir sissies nie. Vra maarenigeen van die Bethlehemiete watUganda toe is.Die Hoogland-natuurlewevereniging-

lede het Woensdagaand na ’n skyfie-vertoning gekyk en na die Bethlehe-miete se vertelling oor hul wedervarin-ge in Uganda op soek na gorillas enskoenbek-ooievaars geluister. Dr. NatieWessels, voorsitter van die natuurlewe-vereniging, het dit gereël.Die groep van 14 lede het na die

Entebbe-lughawe gevlieg waarna hullemet ’n Unimog en ’n sleepwa hul toernaby die Victoria-meer begin het. Hullehet onder meer die Mburomeer-Nasionale Park, Bunyonimeer, Busha-re-eiland, Bwindi-woud en QueenElizabeth- Nasionale Park besoek.Ure se stap saam met ’n gids in ’n

beboste gebied is beloon toe hulle opberggorillas afgekom het. Hulle hetletterlik 2 m van die gorillas gestaan.Nog ’n hoogtepunt was toe hulleskoenbek-ooievaars teëgekom het.Die toer is ontwrig toe die Unimog

omgeslaan het. Volgens dr. Cobus leRoux het dit om ’n draai omgeslaantoe hy vir ’n beeswagter uitgeswaai hetwat beeste aangejaag het.Dr. Bennie Muller en Zenda le Roux

is beseer. Gelukkig het almal hulveiligheidsgordels gedra, anders soudaar meer beserings gewees het. Ná’n lang gewag op ’n ambulans is hulleper taxi na ’n hospitaal gebring. Dr.Marius Oosthuizen en sy vrou, Lizette,het hulle vergesel.Hulle is ná behandeling ontslaan

waarna die groep per taxi voortgereishet.Ander hoogtepunte het gevolg. Die

toer is weer naby die Victoria-meerafgesluit. Hulle het na die Nylrivier seoorsprong gaan kyk.Vir Le Roux, hoof van die Klein-

graaninstituut, was die beoefening vanlandbou teen die berghange baieinteressant, want geen gronderosiekom hier voor nie.Wessels sê Uganda is ’n pragtige,

groen land wat ’n verskeidenheidbesienswaardighede bied.

‘Afrika nievir sissies’

GREGCRYER (Durban), distriksgoewerneur (DG) vandieRotariërs, hetDonderdag­aand Bethlehem­Rotary se dinee om die klub se 59ste bestaan te vier, bygewoon.Van links is Lindsay en Greg Cryer, Willie Hattingh (president: Bethlehem­Rotary)en sy vrou, Annalene. Foto: Lynda Greyling

ELZARINA VANRENSBURG (middel), hoof van die Prepri­mêre Skool Kindersorg, het ’n meriete­eerbewys van Beth­lehem­Rotary ontvang. Links is dr. Pieter van der Schyff enregs is Willie Hattingh (president van die klub).

Page 4: Maluti 20140205

4 MALUTI, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014

www.aucor.com

TROK- & KONSTRUKSIE-VEILING

Voorwaardes:Elke kopermoet registreer om te kanbie. Bewys van adres en ID-Dokumentbenodig vir FICA-registrasie. Registrasiedeposito vanR20000per banktjek, debiet/kredietkaart of EFO. Geenkontant!Behoorlik gelas, sal Aucor die volgende aanvul enper publieke veiling verkoop. Terme&Voorwaardes geld. Afslaer: JacquesvanderLinde

Besigtiging: Woensdag, 12 Februarie (08h30 - 16h30) Simon: 082 444 4066

Voorhakers • Vragmotors • 66-Sitplek Busse • SleepwaensKonstruksie & Grondverskuiwingstoerusting • Voertuie

Datum: Donderdag,13Februarieom10h30 | Perseel: Krugerlaan1, Estoire,Bloemfontein

GPS: S 29°06.767’O 026°16.567’

BESOEK: www.aucor.com Vir Volledige Besonderhede, Fotos

Vir finansiering kontak:Celestè 082 374 5078

12 Februarie: Munisipale wyk 10 hou om17:00 wyksvergadering in die sysaal van diestadsaal. Vir verdere besonderhede belGerrie Roetz by 082-771-5574.14 Februarie: Valentynsdag: ’n Barn-

dansparty word deur die Golden Gateway-hospice aangebied. Dit is om 18:00 vir18:30 by die Bethlehem-vliegklub. Toegangis R60 per persoon, kinders onder 14 jaargratis, 15 tot 18 jaar R30 per persoon.Bring ’n piekniekmandjie of kom braai jou

eie vleis. Braaiers, pap en sous sal voor-sien word. Bring jou eetgerei. ’n Kontant-kroeg is beskikbaar.Kaartjies is by die Golden Gateway-hospi-

ce se kantoor te koop. Vir meer inligtingskakel 058-303-3082 of 082-200-4169.20 Februarie: Johan Badenhorst van

Voetspore praat by die Hoërskool Voortrek-ker oor sy wedervaringe in Afrika.14 – 16 Februarie: Rosendal, een van

die skilderagtigste dorpies, nooi weer almaluit vir die Love Rosendal-fees. Hierdie vyfdeviering van die dorp se spesiale mense, hulskeppendheid en verruklike kos - alles knustoegedraai in ’n asemrowende landskap -beloof om ’n prettige naweek te wees. Virmeer inligting, www.rosendalinfo.co.za ofSkakel 058-211-0902.

“DIE dag as ek bang word,vertrou ek net op U . . . inGod stel ek my vertroue, ekis nie bang nie.” (Psalm56:11)In 1880 het ’n predikant

die Groot Piramide in Egiptebesoek en daar geleer wat onvoorwaardelikevertroue beteken. Die Groot Piramide is5 000 jaar gelede (3 000 jaar vC.) deur dieEgiptiese koning Choefoe gebou. Dit iswaarskynlik steeds die grootste gebou opaarde. Meer as twee miljoen rotsblokke van4x4x2½ voet is gebruik. Choefoe is moontlikdood voordat die piramide voltooi is, want dieboonste helfte van die piramide is nie goedafgewerk nie. Dit is in hierdie boonste deelvan die piramide waar die dominee, volgensBowes se Information and Illustration geleerhet wat onvoorwaardelike vertroue beteken.Die predikant het met moeite die steil

helling na die Groot Galery opgeklim. Dieafwaartse tog was op ’n gladde, smal lyslangs onder toe. Die enigste lig was ’n halwekers wat een van die Arabiese gidse vashou.Hulle kom by ’n skerp draai om ’n hoek. Dielys sak by ’n afgrond ’n paar voet laer af. Ditgaan ’n sprong om die hoek, oor die afgrond,kos om die lys weer te bereik. Juis toe waaidie Arabier se kers dood en die domineestaan in die stikdonker op daardie gevaarlikeplek. Die gidse stel hom gerus. Hulle sê vir

hom een van hulle gaanmet hom op sy rug om diehoek, oor die afgrond,spring en hom op die lysaan die ander kant neersit.Hiervoor is die dominee nielus nie. “Laat ek met my

een hand op jou skouer en die ander handaan die rots vashou,” stel hy voor. “Nee, altwee hande moet op die Arabier wees,”antwoord die gids. “Laat ek self spring endan help jy my net,” probeer die domineeweer. “Nee, al jou gewig moet op die Arabierwees.”“Laat ek dan net eers sien waarop staan

jy,” skerm die dominee. “Nee, jy is veilig opdie Arabier se rug.”“Ek is swaarder as wat jy dink,” probeer

die dominee nog ’n keer. Die dominee beseftoe, as hy nie in die piramide wil sterf nie,moet hy die Arabier vertrou. Versigtig klim hyop die Arabier se rug. Hy voel die bewegingvan ’n sprong. Toe sit die Arabier hom sagneer en verseker dat sy voete op die smallys geplant staan. Die kers word weeropgesteek en sonder enige verdere voorvalbereik hulle die veilige gelyk grond. In diepredikant se hart is dit baie stil. Dit isonvoorwaardelike vertroue dink hy. So moet’n mens God vertrou. Jou hele gewig moetop God rus. Alles word in sy hande gelaat.) www.kragvirvandag.co.za; ds. Manie Colyn

Rus met volle vertroue op GodGeesgenoot

Lynda Greyling

NIE elkeen is ’n natuurlief-hebber nie.Dan kry jy dié mense wat

aan die Natuurlewevereni-ging behoort. Sommige vanhulle geniet dit om in die natuur te gaanstap, ander hou van voëllewe of om ’nbosveldvuurtjie te sit en na die naggeluide teluister.’n Groep se wenslysie het onlangs weer ’n

paar regmerkies gekry toe hulle Uganda toewas. Al die wense is vervul.Daar is vooraf goed beplan. Daar is vir

hulle gesê hulle moet “oopkop” wees, minwetende wat dit eintlik beteken.Die kleedkamergeriewe het veel te wense

gelaat. Smal paaie, ’n Unimog om op te ry, te

balanseer bo in die lug ombagasie te bêre of om tehelp om ’n pap band van so’n voertuig te ruil en om kosby ’n padstalletjie te koop ennie siek te word daarvan nie– daarvoor moes daar oë

toegeknyp word, maar om ’n skoenbek-ooie-vaar of ’n berggorilla in die natuur te sien,maak alles die moeite werd. Om vir ’n ruklank elke dag in mekaar se geselskap tewees moet ’n mens ook ’n gemeenskaplikebelangstelling hê, want so nie word so ’nvakansie ’n nagmerrie.Gelukkig het die groep goed oor die weg

gekom sodat die ongeluk waarin hullebetrokke was, hulle net meer vir mekaar laatomgee het. En gelukkig het hulle medieseversekering gehad.

Reis na Uganda nie vir sissies

deur

Lynda Greyling

’n KATJIEPIERING (Gardenia thunbergia)het pragtige wit blomme wat heerlik ruik.Wat is die oorsprong van katjiepiering?

As ’n mens na die beskrywing daarvankyk, word die verklaring duideliker: Immer-groen struik met sterk, welriekende,wasagtige, wit blomme, of blom van diestruik.Die woord het deur volksetimologie

ontstaan uit Maleis: katja – glas, blinkoppervlak, en piring – skotteltjie, gekelkteblom.Annatjie Noëth van Bethlehem het sowat

twee jaar gelede vir haar ’n pragtigestandaard-katjiepiering gekoop. Vandat ditdie eerste keer geblom het, was dieblomme geel.Noëth sê: “Aanvanklik is die knoppe wit

en wanneer die blomme oopgaan, is ditwit. Ná so vier dae verkleur die blomme in’n pragtige, sagte geel kleur. Wanneer ditklaar geblom het, word die blare bruin.”Noëth, van die Bethlehem-tuinbouklub,

het vir Magda de Klerck, ’n tuinboukundige,hieroor genader. Dié het op haar beurt bykenners om hulp gaan aanklop, maar hulle

het almal gesê die blomme verkleurwanneer dit bykans klaar geblom het.Tydens die tuinbouklub se vergadering

wat Woensdag gehou is, het Noëth foto’svan die blomme op haar skootrekenaargewys en vir almal was dit ’n eerste.Noëth en haar klublede sal graag wil

vasstel of ’n mens deesdae geel katjiepie-rings kry en of dit dalk moontlik is dat diestam waarop die plant geënt is, dalk vir dieverskynsel verantwoordelik was.

Katjiepiering se blomme geel

BO: Die katjiepiering met sy geel blom. Onder:Die katjiepieringmetwit en geel blomme, asook’n paar wat bruin word.

Page 5: Maluti 20140205

MALUTI, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014 5

LOUISA GROENEWALD, erevoor-sitter van Bethlehem se Relay forLife, is tans in die hospitaal, maarvir haar en al die ander oorwin-naars wag daar op vanjaar seRelay ’n besonderse bederf.Met die tema Celebrate another

B-day kan hulle verseker wees datRika en Magdalena Shannon,asook Johanna Erasmus, met hulhelpers vir elke kankerlyer en diéwat in remissie is, spesiaal gaanlaat voel.Verlede jaar se Relay for Life is

as die beste in die Vrystaataangewys en daarom gaan vanjaarse Relay for Life op televisie pryk.Weet-Bix is die borg. Dit word op28 Februarie op die skouterreingehou. Altesaam 32 spanne hethulle reeds ingeskryf.Dit is ’n prettige deurnag-geleent-

heid wat fokus op bewusmakingvan kanker en waar geld ingesamelword om te help in die geveg teenkanker. Daar word beurte gemaakdie nag deur om om die baan testap. Die idee is dat daar altyd tenminste een lid om die baan salbeweeg, want kanker slaap nooitnie. Daar is verskeie aktiwiteitewaaraan deelgeneem kan word.Een van die hoogtepunte is beslisdie “amazing race” wat die eerstekeer plaasvind.Vir die eerste keer sal daar ook

’n vlooimark wees – diegene wathul ware wil verkoop, is welkom om’n stalletjie te bespreek.Vanjaar is daar nie ’n spesifieke

tema vir die spanne nie. Elke span

moet volgens die kleur aantrek vandie kanker wat hy gekies het.Spanne moet ’n gesondheidsbood-skap hê.Pryse sal aan die span wat die

meeste geld insamel, met die bestegees, kleredrag en banier gegeeword.

Bederf wag opoorwinnaars

’n RELAY FOR LIFE­SPANVERGA­DERING is Maandagaand in WulfsDen gehou. Om kleur aan die verga­dering te gee moes spanlede soos ’ndier aantrek. Diegene wat nie deel­geneem het nie, is deur die Baptiste­kerk se span beboet. A.J. Swart(FNB) en Tracey Sneygans (WulfAlarms) is as die wenners aangewys.

Foto: Lynda Greyling

SOOS die afgelope paar jaar reedsgaan luminaria-sakkies met kerseop 28 Februarie weer die fokus vandie Relay for Life op Bethlehem seskouterrein wees.Op die geleentheid word Kerse

vir Hoop – brandende kerse in

versierde papiersakkies – rondomdie baan uitgepak en tydens ’naandoenlike program aangesteek.Eer word betoon aan geliefdes watdie stryd teen kanker verloor het.Elize Henning is vanjaar in beheervan die luminaria-sakkies wat aan

die verskillende spanne uitgedeelsal word om teen R10 elk teverkoop. Diegene wat die sakkieskoop, word versoek om dit teversier en hul geliefde se naamdaarop te skryf. Rig navrae aanElize Henning by 083-728-4848.

Relay for Life weer binnekort gehou

SAKKE hondekos net waar jykyk.Die personeellede van Nu Pro

het geld en sakke hondekosgeskenk sodat hulle soveelmoontlik vir die plaaslike Dierebe-skermingsvereniging (DBV) kongee.Die DBV het nie meer voorraad

gehad nie en met 20 honde en ’nhele paar kleintjies, waaronderagt skaaphondjies, het hy niemeer geweet wat hy gaan doenom vir die diere kos te kry nie.“Ons is baie dankbaar vir die

kos wat ons ontvang het,” sêCorlene van der Merwe, voorsittervan die DBV.Yvonne van der Merwe,

hokbestuurder, moes reedsvroeër die oggend ’n verwaar-loosde hond in Bohlokong gaanoplaai. Die hond is ongelukkigkort daarna dood.Sy het met die DBV se bakkie

gesukkel, aangesien die bande alglad is en een van die bandekort-kort pap is.Die DBV het dringend nuwe

bande nodig.Hoewel die DBV hondekos by

Nu Pro ontvang het, benodig hy

kos vir klein hondjies. Nu Pro sepersoneel daag nou VKB en dieander landbou-besighede uit omsy voorbeeld te volg en die DBV

te ondersteun.Enigeen wat ’n skenking wil

doen, kan 058-303-3998 of083-285-7813 skakel.

Onderneming help DBV

DIE personeellede van Nu Pro het Woensdagoggend hondekos aan dieDierebeskermingsvereniging (DBV) oorhandig. Van links is, voor: DaleenSmit, Lida Stander, Lizelle van Zyl en Deoné Schoeman; agter: AmandaLouw, Yvonne van der Merwe (hokbestuurder: DBV), Corlene van derMerwe (voorsitter: DBV), Amanda Bester en Cené van der Walt.

Page 6: Maluti 20140205

6 MALUTI, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014

PERSOONLIKE

DIENSTE

GESONDHEID &

SKOONHEID

1430

Spesiale aanbiedinge:Bio Sculpture-naels.Stephanie 082 442 5159.Nuwe somerskleure. Na-ure beskikbaar.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

TE HUUR

1820

VLOERLENGTE TAFELDOEKE,kandelare, eetgerei. Peto Odendaal.Lombardstraat 7. 058 303 2392.

ALLERLEI

1845

GRANITE & MARBLE:Kitchen tops, vanities, barcounters , etc.Bethlehem. Tel.058 303 4840/082 8077456.

VOERTUIE

MOTORHERSTEL-

DIENSTE

3080

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

1-slk-w/s: R2 800 p.m.Krag, parkering, DSTV enwater ingesluit. Besig-tiging vooraf word vereis.Skakel 084 870 3751 of073 161 3808.

Eenslaapkamertuin-woonstel te huur in Jorda-nia. R2 200 p.m. Skakel082 920 5997.

3-slaapkamer-woonstelte huur in Rosendal.R2 800 per maand (sleutel-deposito R2 800) pluskrag. Onmiddellik beskik-baar. Skakel Yolanda 083634 7158 of Maretha082 779 1694.

KANTORE

3290

Winkel te huur: 120 vkm. Naby Long DistanceTaxi Rank. R5 000 p.m.plus sleuteldeposito R5000. Yolanda 083 6347158/ Maretha 082 7791694.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGS

GESOEK

3670

Anastasia is op soek nawerk as huishulp.3 dae per week.Skakel 073 544 9762.

Selina is op soek nawerk as huishulp ofkantoorassistent.Maandae tot Vrydae.Skakel 078 917 1486.

Page 7: Maluti 20140205

MALUTI, WOENSDAG 5 FEBRUARIE 2014 7

Page 8: Maluti 20140205

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

THE Donaldson Cross-Country Champion-ship teams will be heading into theunknown when the season opens with theRFS 450 in the Free State on 28 Februaryand 1 March.The RFS was based at the Tarlton

International Raceway near Krugersdorp fora number of seasons.It now moves to Harrismith and virgin

territory will provide crews with a challen-ging start to the season.Race headquarters, the start/finish and

the designated service park will all bebased at the La La Nathi Resort on theoutskirts of Harrismith.Route director Adri Roets said the

course would take competitors in ananti-clockwise direction towards Lesothovia the Sterkfontein Dam.The route would follow the escarpment

towards Montrose before doubling backalongside the N3 to race headquarters.“It is lovely cross-country terrain and

competitors are going to enjoy it,” saidRoets.“As you would expect from that part of

South Africa there is a little of everything,and it is not going to be an easy ride.“The grass is very long at this time of

the year, and there is a number of rivercrossings.“More rain is expected in the region, and

the event could turn out to be a wet one.”Under the new race format introduced in

the Donaldson Cross-Country Champion-ship this season, the race will be made upof two 175 km loops with a compulsory15-minute halt at the end of the first leg.The qualifying race to determine race

grid positions has been increased in lengthto 100 km.

Roets added that the route for thequalifying race would be made up of 40%of the outward leg of the course, and 60%of the inward leg.The qualifying race will also start and

finish at La La Nathi.“The route is spectator friendly with

several road crossing,” said Roets.“The spectator points are all easily

accessible and provide for exciting vie-wing.”The RFS 450 also breaks new ground in

that it will be run in conjunction withrounds of both the Northern Regions andKwaZulu-Natal Cross-Country Champion-ships.Regional events have been run in

conjunction with national races on nume-rous occasions, but this will be the firsttime both regional championships simulta-neously share the stage with the Donald-son Cross-Country Championship.The qualifying race on Friday, February

28, will start at 12:00 and the race onSaturday, 1 March, at 08:30.

RFS 450 to breaknew ground

‘The grass is very long atthis time of the year, andthere is a number of rivercrossings. More rain is ex­pected in the region, and theevent could turn out to be awet one.’ – Route director,Adri Roets

Dien in tennisklub se bestuurDIE Bethlehem­ten­nisklub se nuwe be­stuurslede is van linksPaul Kruger (bane),Louise Hattingh(voorsitter), ChristineStander (snoepwin­kel), Annette van derMerwe (bykomendelid), Ilonke Lawrence(sekretaris) en Ste­phanie Maritz (sosi­aal). Afwesig: Ger­hard Marx (onder­voorsitter).

LINKS: Louise Hat­tingh (links) en Chris­tine Stander het van­jaar die vroue­dubbelspelkampioen­skap van dieBethlehem­tennis­klub gewen.

ROLF BUSCH (links) is die Bethlehem­ten­nisklub se mans­enkelspelkampioen. Hyhet Phillip van der Merwe in die eindstrydgeklop. Busch en Jannie Maritz (regs) hetdie mans­dubbelspeltitel in die eindstrydteen Pillip van der Merwe en Gerhard Marxgewen.

REGS: Danelle Marais is as die Bethlehem­tennisklub se enkelspelkampioen aange­wys.