murraysburger...van dié groepie vroue was nie, het jy nie geweet wat op hul byeenkomste aangaan...

12
MURRAYSBURGER C Louis Leipoldt het seker deur Murraysburg gereis het toe hy sy inspirasie gekry het vir die eerste strofe van sy pragtige gedig “Oktobermaand” Die Geheim is uit! Gaan na: www.murraysburg.co.za Die Murraysburger is 'n gratis gemeenskapsnuusbrief wat net op die webwerf beskikbaar is. Kontak besonderhede op Bl. 2 Nov 2014 No 44

Upload: others

Post on 27-Mar-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: MURRAYSBURGER...van dié groepie vroue was nie, het jy nie geweet wat op hul byeenkomste aangaan nie. Nuwe lede is gekeur en is slegs op uitnodiging toegelaat. Ek het natuurlik vooraf

MURRAYSBURGER

C Louis Leipoldt het seker deur Murraysburg gereis het toe hy sy inspirasie gekry het vir die

eerste strofe van sy pragtige gedig “Oktobermaand”

April 2011 Price: R1.00

Die Geheim is uit!

Gaan na: www.murraysburg.co.za

Die Murraysburger is 'n gratis gemeenskapsnuusbrief wat net op die webwerf

beskikbaar is.

Kontak besonderhede op Bl. 2

Nov 2014 No 44

Page 2: MURRAYSBURGER...van dié groepie vroue was nie, het jy nie geweet wat op hul byeenkomste aangaan nie. Nuwe lede is gekeur en is slegs op uitnodiging toegelaat. Ek het natuurlik vooraf

-2-

Oktobermaand

Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so helder, so groen is elke aand, so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo, so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo, so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo.

BRIEWE/LETTERS TEL/FAKS: 049 844 0135 SMS: 072 388 9284 EPOS: [email protected] POSADRES: Voortrekkerstraat 30, Murraysburg, 6995

Skuilname mag gebruik word, maar alle briewe moet vergesel wees van ‘n naam, adres en handtekening. Die redaksie behou die reg voor om briewe te verkort of te verwerp. Die sperdatum vir bydraes is middel van die maand.

Pseudonyms may be used, but all letters must be supported by a name, signature and address. The editors reserve the right to edit or reject letters. The deadline for contributions is middle of the month.

VAN DIE REDAKSIE .......................

Neem kennis van twee belangrike gebeurtenisse wat voorlê. Die eerste is die Spitskop 4x4 op 1 November wat hierdie jaar ook spog met twee ander items wat groot byval behoort te vind. Die tweede is die jaarlikse Sneeuberg Crawl wat plaasvind op 6 Desember. Beide geleenthede is al ingewortelde inskrywings op Murraysburg se sosiale kalender maar nogtans moet ons net die aandag daarop vestig.

Page 3: MURRAYSBURGER...van dié groepie vroue was nie, het jy nie geweet wat op hul byeenkomste aangaan nie. Nuwe lede is gekeur en is slegs op uitnodiging toegelaat. Ek het natuurlik vooraf

-­‐  3  -­‐    

KANSA en VLV bemagtig personeel

Op 30 September het Marius de Vries en suster Tertia Fourie van KANSA van Beaufort-Wes gekom om op versoek van Theresa Troskie, voorsitter van die plaaslike VLV, vir die siekeboegpersoneel van Huis Spitskop en ander vrywilliges 'n opknappingskursus in die versorging van ou en terminale siek persone aan te bied.

Troskie het saam met vyftien ander die kursus bygewoon. Ter inleiding het suster Fourie Maslow se hierargie van behoeftes kortliks met die kursusgangers behandel. Die mens se fisiese behoeftes is die mees primêre behoefte en die versorgingsinrigting poog om so goed moontlik daarin te voorsien, maar sonder bevrediging van die veiligheids- en maatskaplike behoeftes kan die mens nie gelukkig wees nie. Uiteindelik is daar nog die behoefte aan agting, respek en selfverwesenlik wat bevredig moet word voordat volkome geluk ervaar kan word.

Tydens 'n praktiese sessie het suster Fourie verduidelik dat verskillende siektetoestande verskillende posisies van die pasiënt in die bed vereis en nie net die posisies gedemonstreer nie, maar ook die kursusgangers laat oefen hoe om die pasiënt gemaklik in elke posisie te kan plaas.

Die versorgers en personeel is herinner aan die verskillende emosionele fases wat 'n pasiënt ervaar nadat kanker by hom gediagnoseer is. Die versorger moet skok, woede, ontkenning, die onderhandelingsfase, hartseer of depressie, onsekerheid, vrees en aanvaarding by die pasiënt nie net herken nie, maar dit op verskillende toepaslike wyses hanteer.

Suster Fourie het die kursusgangers toegerus met riglyne vir die pasiënt t.o.v. die hantering van kanker. Goeie kommunikasie met familie en vriende, asook 'n positiewe ingesteldheid is van groot hulp. 'n Pasiënt moet probeer positief bly en vir homself realistiese doelwitte stel. Dit is die versorger se taak om die pasiënt aan te moedig om van dag tot dag te leef en om nooit geloof en hoop

te verloor nie. Indien die lyer 'n gebalanseerde dieet volg, genoeg rus en ontspan en boonop homself met kreatiewe aktiwiteite kan besig hou, het dit 'n heilsame invloed op die siekteverloop. Ondersteuningsgroepe is van onskatbare waarde.

Die kursusgangers is nie net geleer om die tekens van die naderende dood te herken nie, maar daar is ook groot klem op die sterwende se regte geplaas. Die belangrikste hiervan is dat hy end-uit met respek en waardigheid behandel sal word.

Hierdie kursus was vir die versorgers van groot waarde om hulle beter vir hulle moeilike taak toe te rus en Huis Spitskop is groot dank aan Marius de Vries, suster Tertia Fourie en Theresa Troskie van

die VLV verskuldig.

Marius de Vries & Tertia Fourie

Die Boer se Mis

Ek kom by ‘n boer en ons loop in sy land

Hy pluk van die sappigste groentes met eelte in sy hand

Ek is jaloers en ek begin vis Sê my oom, wat gebruik oom, watter

soort mis Toe sê die boer: en dit moet jy hoor

Die soort mis is die Baas se spoor ~ Digter onbekend ~

 

Page 4: MURRAYSBURGER...van dié groepie vroue was nie, het jy nie geweet wat op hul byeenkomste aangaan nie. Nuwe lede is gekeur en is slegs op uitnodiging toegelaat. Ek het natuurlik vooraf

-4-

SPEAKER ondersoek dienslewering eerstehands in

Murraysburg

Op 29 September 2014 het me Sharna Fernandez Murraysburg besoek ten einde haarself te kan vergewis van die gehalte van dienslewering wat die inwoners ontvang.

Sy het privaat onderhoude gevoer en alle provinsiale instansies besoek en was geskok oor haar bevindinge. Om slegs enkeles te noem: die plaaslike hospitaal kan nie siekes help en versorg nie omdat noodsaaklike voorrade en medikasie nie beskikbaar is nie, die staatsdr. is nie bereid om ernstige siek staatspasiënte, wat net met groot ongerief na die hospitaal vervoer kan word, in die ouetehuis te besoek nie en daar skyn ernstige ongerymdhede met die aan- en afskakeling van krag te wees. Boonop is die munisipale werkerskorps groter as dié wat die munisipaliteit van Graaff-Reinet tot sy beskikking het, maar is dienslewering beroerd.

Om 17:00 het me Fernandez 'n gemeenskapsvergadering in die stadsaal toegespreek. Die vergadering het ten spyte van die inwoners se wettige griewe besonder ordelik verloop. Dit is met gebed deur Frikkie MacPherson geopen en Tina Murray het me Fernandez aan die gehoor bekendgestel.

Op 14 Mei 2014 is me Sharna Fernandez (DA) by die eerste sitting van die Wes-Kaap Parlement tot Speaker verkies. Danksy haar bewese sukses in die korporatiewe wêreld, waar sy vir dertig jaar in die bankwese diens gedoen het, oa as Waarnemende Algemene Bestuurder van ABSA, beskik sy oor die nodige vaardighede vir dié belangrike pos. Boonop is haar integriteit en eerlikheid ononderhandelbaar en is sy passievol om ander te dien. Sy wil veral ten opsigte van menseregte, vroueregte en middelafhanklikheid 'n verskil maak.

Me. Fernandez is besig om die munisipaliteit van Beaufort-Wes, waaronder Murraysburg ook val, tot verantwoording te roep aangesien wanbestuur daar tot 'n tekort van 9 miljoen gelei het.

Sy het elke persoon teenwoordig aangemoedig om op sy menseregte aan te dring aangesien almal gelyk is voor die wet. Indien almal swak diens en wanpraktyke by indiensneming net maar gedweë aanvaar, sal niks verander nie. Elkeen se hulp is nodig om 'n ommekeer te bewerkstellig.

Die eerste stap is om te sorg dat almal in die gesin, vriendekring en straat identiteitsboeke het. Tweedens

moet gesorg word dat die identiteitsboek nie in die hande van mikroleners en eienaars van smokkelkroeë beland nie. Derdens is dit elke landsburger se plig om te verseker dat hy as kieser geregistreer is op 'n vir hom maklik bereikbare plek en dan moet daar natuurlik op verantwoordelike wyse tydens 'n verkiesing van die stem gebruik gemaak word. Die einddoel moet wees om korrupsie hok te slaan en sodoende beter dienste te bekom.

Me. Fernandez moedig die aanwesiges aan om die grondwet te lees en die landswette te ken. Sy beloof om haar persoonlike grondwetboek in Murraysburg te laat en om by haar besoek oor drie maande nog 'n aantal saam te bring.

Raadslid Van der Linde het homself aan die aanwesiges voorgestel en beter kommunikasie tussen die gemeenskap en die DA bepleit sodat dié met die ware feite tot hulle beskikking die amptenare en regeerders tot verantwoording kan roep.

Nadat die teenwoordiges van hulle probleme kon opper en vrae vra, het Tollie Fielies die bedankings gedoen en is die vergadering deur Jan Adams met gebed afgesluit.

Me. Fernandez se passie en dinamika het die aanwesiges nuwe hoop vir 'n beter toekoms gegee en word daar gehoop dat dit tot 'n ommekeer in Murraysburg sal lei.

Sharna Fernandez

Page 5: MURRAYSBURGER...van dié groepie vroue was nie, het jy nie geweet wat op hul byeenkomste aangaan nie. Nuwe lede is gekeur en is slegs op uitnodiging toegelaat. Ek het natuurlik vooraf

-5

Izak Badsfontein Sestig

Aangesien Izak Badsfontein, soos Izak van der Merwe algemeen bekend is, sy sestigste verjaarsdag saam met die familie op Stellenbosch gevier het, kon die Murraysburgers hom eers op 30 September met hulle gelukwense gaan verras.

Van alle uithoeke van die distrik het jonk, ouer en oud by die Snyderskraal-uitdraai bymekaar gekom en gesamentlik na Badsfontein opgeruk. Van Izak se beplande rustige aand het daar toe niks gekom nie, maar is alle moegheid summier weggekuier. Kalie van Heerden, jarelange vriend, het namens almal die gelukwense oorgedra en Van der Merwe bedank vir sy diens aan die gemeenskap en wolbedryf.

Izak Badsfontein het hom van kort nadat hy die boerdery by sy vader oorgeneem het op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak in die landbou- en wolbedryf laat geld. Hy was onder andere voorsitter van die Wes-Kaapse tak van die NWKV en ook vir sewe jaar nasionale voorsitter. Boonop maak hy en sy vrou, Susanna, altyd tyd vir die plaaslike gemeenskap en gemeente.

Mag Van der Merwe nog lank sy besondere gawes vrylik beskikbaar stel en vorentoe goeie gesondheid geniet. Gelukkig is sestig deesdae nog geensins oud nie!

Posstuk uit 1883

Die Murraysburger het reeds baie ou koeie uit die sloot gegrawe in die mooi sin van die woord. Een van die oudste items uit ons verlede het gekom van Markie Goldberg van Brooklyn, Kaapstad toe hy die volgende E-pos aan die Murraysburger gestuur het:

“Het u informasie van die Murrayburg webblad gekry. Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n baie ou bybel as ‘n geskenk gekry, en binne in was ‘n posstuk (sien prentjie) Enige inligting i.v.m. die posstuk sal welkom wees ten opsigte van die plaas, poskantoor of persone genoem op die posstuk”

Izak & Susanna van der Merwe

Die ou bybel van 1771

Page 6: MURRAYSBURGER...van dié groepie vroue was nie, het jy nie geweet wat op hul byeenkomste aangaan nie. Nuwe lede is gekeur en is slegs op uitnodiging toegelaat. Ek het natuurlik vooraf

-6

Die posstuk was ge-adresseer aan Mnr RS du Plooy van Eersterus in die Oranje Vrystaat. Dit is onseker waarom daar ‘n Murraysburg stempel op verskyn aangesien hierdie ‘n kennisgewing vir ‘n geregistreede brief is en dit gewoonlik deur die ontvangskantoor uitgeskryf en gestempel word. Maar miskien het dinge anders gewerk in daardie dae en het Murraysburg as versendingkantoor die nota ook uitgeskryf, gestempel en saam met die brief versend. As daar egter enige van ons lesers is wat meer lig op hierdie saak kan werp, laat asseblief van julle hoor.

Lappiesklas op Murraysburg Pas op Murraysburg aangekom, ontvang ek, toe ’n bloedjonk dertigjarige, ’n uitnodiging om lid van die lappiesklas op die dorp te word. As jy nie ’n geëerde lid van dié groepie vroue was nie, het jy nie geweet wat op hul byeenkomste aangaan nie. Nuwe lede is gekeur en is slegs op uitnodiging toegelaat. Ek het natuurlik vooraf stilweg probeer uitvind wat hul bedrywighede behels, maar kon nie juis ’n goeie antwoord kry nie. Die lappiesklas is elke Woensdag by een van die lede aan huis gehou, stiptelik van halfelf tot twaalfuur. Daar was vyf reëls wat vir elke byeenkoms gegeld het. Een: Elke lid moet handwerk saambring en daar sal wel gewerk word. Twee: Skinder is verbode. Drie: Geen eggenoot, kind of bediende mag genoem of bespreek word nie.

Vier: Die gasvrou mag net tee en toebroodjies bedien. Vyf: ’n Bedrag van 25 sent moet vir die plaaslike hospitaal geskenk word. ‘n Uitsondering op die reëls is wel gemaak as jy gesinsklagtes wou noem of as jy sou beter voel ná ’n skindersessie. Dan moes jy egter ’n boete van 25 sent betaal. Andersins is alle moontlike onderwerpe spontaan bespreek en is daar sommer net lekker oor alles gesels. ’n Kort, humoristiese skets of ’n ernstige stukkie is ook voorgelees. Toe ek lid geword het, was die ander lede almal bejaarde dames van die dorp, ’n uitgesoekte groepie aristokrate. Tot vandag toe word van hulle gepraat as “ant” – beslis nie “tannie” nie. Die mollige ant Frances van der Merwe was enig in haar soort. Sy en haar man, oom Theron, het vroeër op die plaas Middelkop geboer. Sy het altyd alles in volle kleur en geur vertel, kompleet met Engelse uitdrukkings, terwyl sy dramaties traantjies wegpik. Haar gehekelde oortreksels vir teepotstaanders het haar warm hartlikheid weerspieël. Haar silwerteestel en fyn porselein, asook die versteekte stringe krale wat deel van haar blommerangskikkings gevorm het, was tipies van haar. Ant Anna van Heerden, ’n lang, atleties geboude dame, het met haar kenmerkende kort treetjies en vinnige stappie spreekwoordelik sommer in ’n mens se hart ingestap. Sy en haar oorlede man, oom Piet van Heerden, het vroeër op die plaas Kirkvors-eiland (nou De Hoop) geboer. Na aanleiding van die plaas se naam is na hulle as ant Anna Kirk en oom Piet Kirk verwys.

Mev. Deleen Calitz, ’n oud-Murraysburger, vertel hier van haar betrokkenheid by die destydse lappiesklas op Murraysburg in die drie jaar van Februarie 1970 tot Februarie 1973. Haar man, mnr. Daantjie Calitz, was van November 1969 tot April 1973 rekenmeester by Volkskas (nou Absa) se tak op die dorp. Die egpaar is afgetree en woon op Hartenbos. Lappies is seker een van die oudste klubs in die land – is daar dalk een van ons lesers wat die oorsprong van die Lappies ken sal ons bly wees om van julle te hoor

Page 7: MURRAYSBURGER...van dié groepie vroue was nie, het jy nie geweet wat op hul byeenkomste aangaan nie. Nuwe lede is gekeur en is slegs op uitnodiging toegelaat. Ek het natuurlik vooraf

- 7 -

Page 8: MURRAYSBURGER...van dié groepie vroue was nie, het jy nie geweet wat op hul byeenkomste aangaan nie. Nuwe lede is gekeur en is slegs op uitnodiging toegelaat. Ek het natuurlik vooraf

- 8 -

Murraysburg se Tuinbou-klub nooi julle vriendelik uit na `n baie gesellige oggend, Saterdag, 15 November om 10 vm in ons Kerksaal langs

die N.G.Kerk.

Tema: Tuine vol Geskenke! Ons beplan dat almal wat iets het om te verkoop bv.gebak, skilderye, naaldwerk ens, ens. hul produk bring en verkoop vir hul eie inkomste. Elkeen sorg vir sy eie tafeltjie en sambreel, asseblief. Dames en mans is sooo kreatief in die Karoo en ons weet nie van mekaar nie. Bring julle produkte - stel jouself bekend - kry bestellings – en begin jou eie onderneming!! Ons sprekers, Dr. Arno Moore, verlede jaar se Boer van die Jaar van die Oos- Kaap, gaan vertel hoe sy onderneming gegroei het van een tonnel groente plantjies na rugbyvelde saailinge! Alet van Zyl - een van die vyf Landbouweekblad/Sanlam se Vroue Entrepreneurs, bring haar Hartsgoed produkte om te verkoop en gaan meer vertel hoe sy haar onderneming bedryf! Erika Grebe- International Chef - gaan `n paar vakansie “sundowner” idees demonstreer - canopies. Ons beplan om teen 12.30 af te sluit – so almal sal betyds terug wees vir hul Saterdag middag sport!

Ons hoop ons sien julle in Murraysburg- 15 November 2014! Bring julle produkte saam! Dit sal vir ons `n voorreg wees om julle te ontvang. Vriendelike groete, Susanna van der Merwe Namens Murraysburg Tuinbou Klub.

Tel: 049 844 9622 E-pos: [email protected]

 

Murraysburg Tuinbouklub

nooi jou uit om saam met ons die jaar af te sluit by ons Tuine Vol Geskenke en ‘n koppie tee en koek te geniet. Kom doen jou Kersinkopies: baie

stalletjies! · Landbouweekblad Landbouvroue-

entrepreneur finalis Alet van Zyl gesels en stal die bekende ‘HARTSGOED’ uit.

· dr. Arno Moore van Moorland Seedlings kom wys hoe hul dinge doen

en bring vir ons saailinge saam.

· Karoo Cuisine kosdemonstrasie

Saterdag15 November – 10:00 NG Kerksaal Murraysburg

R50 pp Bespreek asseblief by 049 844 9622

Page 9: MURRAYSBURGER...van dié groepie vroue was nie, het jy nie geweet wat op hul byeenkomste aangaan nie. Nuwe lede is gekeur en is slegs op uitnodiging toegelaat. Ek het natuurlik vooraf

-­‐  9-­‐    

 

ABSA onder die Spervuur

Op 8 Oktober 2014 het 'n ABSA-afvaardiging op uitnodiging van die Distrikslandbouvereniging Murraysburg besoek om die beplande sluiting van die ABSA-tak op die dorp te bespreek.

Verskeie gemeenskapsleiers, verteenwoordigend van die landbousektor, die sakegemeenskap en alle inwoners van die dorp en distrik het die vergadering, onder voorsitterskap van H.P. van der Merwe, voorsitter van die DLV, in die NG-kerksaal bygewoon en weldeurdagte voorleggings gemaak. Ongelukkig is ABSA se voorgenome sluiting van sy tak op Murraysburg nie duidelik aan sy kliënte gekommunikeer nie en moes die gemeensakp dit deur gerugte ervaar.

Danksy ABSA se jarelange ruim borgskap van die plaaslike jagkompetisie ten bate van Huis Spitskop is daar groot welwillendheid jeens die bank en ook begrip vir sy probleme om in 'n klein, verarmde dorpie sy sake winsgewend te bedryf. Sonder ABSA se betrokkenheid sou Huis Spitskop maar noustrop getrek het. Alhoewel die materiële bystand onontbeerlik is, dit juis die menslike aspek, die werklike omgee vir die inwoners deur ABSA-werknemers soos Susette Celliers en ander, wat die inwoners se harte diep raak.

In 'n normale sakeomgewing is dit vir 'n bank moontlik om winsgewend te wees, indien daar ag geslaan word op die kliënt se behoeftes, goeie gehalte diens, die produktiwiteit voortdurend verbeter en onnodige uitegawes besnoei word.

Vanselfsprekend is dit die ideaal dat elke tak winsgewend sal wees, maar daar moet ook na die groter geheel gekyk word. Soos elke sakeonderneming het ook ABSA die maatskaplike verantwoordelikheid om 'n diens te lewer en te help

om plattelandse gemeenskappe op te hef. Goeie beskikbare bankdienste is een van die belangrikste voorvereistes vir ontwikkeling.

Natuurlik sal die sluiting van die tak vir boere en sakeondernemings baie ongerief meebring, maar hulle sal dit te bowe kan kom. Vir die groter gemeenskap, veral die baie ou en hulpbehoewende mense, sal dit egter 'n haas onoorkoomlike terugslag wees. Maatskaplike toelaes sal ongelukkig maklik geteiken kan word en sosiale misdrywe en euwels hand oor hand toeneem. Die sluiting van die bank sal nie net die dorp se ontwikkeling strem nie, maar dit wat reeds bereik is, ongedaan maak. Dit is debatteerbaar of die sluiting van die tak uiteindelik tot ABSA se voordeel sal strek, veral aangesien ander plattelandse dorpies soortgelyk getref kan word.

Ontluikende en voornemende entrepreneurs se inisiatiewe word erg gekortwiek indien die naaste bank ongeveer 100 km ver is. Selfs bestaande besighede sal nuut oor hulle voortbestaan besin en ontwikkeling sal erg gestrem word. Net mooi die teendeel van waarvoor almal hulle behoort te beywer.

Groot winsgewende takke behoort plattelandse takke, wat swaarkry, te help en op dié wyse tot die ontwikkeling van die platteland by te dra. Vanselfsprekend moet banke, wat dit doen, die nodige krediet daarvoor te kry. Moontlik sal dié krediet, reg bemark, nog groter dividende as sport- of musiekborgskappe vir die betrokke bank oplewer!

Die ABSA-afvaardiging, onder leiding van mnr. Johnny Alcock, Provinsiale verkope ondersteuningsdienste bestuurder, het gerapporteer, dat daar besluit is om die tak nie in November te sluit nie, maar om dit vir 'n verdere ses maande oop te hou. 'n Evaluering sal dan gedoen word en 'n besluit sal by daardie geleentheid geneem word. Hopenlik sal ABSA dan die geleentheid aangryp om werklik 'n verskil op die platteland te maak. Ook het mnr Alcock onderneem dat ABSA na alle moontlike opsies sal kyk om steeds 'n diens aan die gemeenskap van Murraysburg te lewer. Verskeie lede van die gemeenskap het aan die ABSA-afvaardiging uitgewys dat 'n klein dorpie soos Murraysburg dit uiters moeilik sal vind om winsgewend te kan wees. Aangesien ABSA egter 'n sosiale verantwoordelikheid het om ook in klein gemeenskappe aan bejaardes en behoeftiges 'n kwaliteitdiens te lewer, behoort 'n finale besluit nie

Page 10: MURRAYSBURGER...van dié groepie vroue was nie, het jy nie geweet wat op hul byeenkomste aangaan nie. Nuwe lede is gekeur en is slegs op uitnodiging toegelaat. Ek het natuurlik vooraf

-­‐  10  -­‐    

aan die winsgewendheid van die tak gekoppel te word nie.

Sou die tak werklik sy deure toemaak, sal sy huidige kliënte geen ander keuse hê as om hulle sake en lojaliteit vir enige een van vyf banke in Graaff-Reinet aan te bied nie.

Nog ’n verhaal met ’n gelukkige einde

Oom en tannie Roodman was een van Murraysburg se bekende en geliefde inwoners. Oom Roodman was bekend vir sy netjiese restourasiewerk aan siek en lendelam meubelstukke terwyl tannie Martha Roodman met haar diens by die hospitaal ook betrokke was met die olikes van die dorp! Na oom Roodman se heengaan, het tannie Martha verhuis en was daar geen verdere kontak van haar of hulle enigste seun Bennie nie. So het dit dan gebeur dat die Murraysburger ’n versoek ontvang het van ’n forensiese maatskappy wat op soek is na tannie Martha se naasbestaandes. Ons het dadelik Murraysburg se speurhonde op die spoor gesit en vir al sy bekende ou skoolmaats gevra of hulle weet waar klein Bennie hom deesdae bevind. Die prys gaan aan Johannes van Heerden van die Kooperasie wat Bennie vir ons opgespoor het. Die inligting is deurgestuur aan die forensiese maatskappy en so het Bennie blykbaar ’n bietjie goeie nuus van hulle ontvang.

Die lekkerste bymekaarkomplek in Murraysburg. By die nuwe Kweperlaan is daar baie gerieflike sitplek

en kuierplek binne en ook buite onder die koel druiwe-prieel. Ideaal vir funksies, kinderpartytjies

of selfs meer formele byeenkomste. Indien julle lus is vir ‘n ontbyt of middagete, reël net

vooraf met Jenny by 082 509 3120.

Johnnie Alcock van ABSA

Page 11: MURRAYSBURGER...van dié groepie vroue was nie, het jy nie geweet wat op hul byeenkomste aangaan nie. Nuwe lede is gekeur en is slegs op uitnodiging toegelaat. Ek het natuurlik vooraf

-­‐  11  -­‐  

Van Tegnologie en Fietse Die angswekkende stormloop van tegnologie die toekoms in, laat mens heeltemaal voel soos ‘n branderplankryer wat ‘n lekker brander gemis het. Jy roei en roei maar voel hoe glip die brander onder jou verby en daar gaan hy en jy weet jy sal hom nooit weer inhaal nie. Ek het nog altyd veilig gevoel in die arms van gevestigde en tydbeproefde tegnologieë soos byvoorbeeld my ou 1990 Gary Fischer bergfiets. Daardie tyd was dit sommer die nommer een van bergfietse, genoem na Gary Fischer, die eksentrieke vader van dié opkomende nuwe sport en ‘n ywerige verkoopsman het my verseker dis nou net die beste vir my behoefte. Wel, hy was nogal reg. Vir die volgende 22 jaar het Gary Fischer se skepping my so getrou gedien dat dit nooit nodig was om eers na ander fietse te kyk nie maar die ouderdom, metaalversaking en die harde karoo het uiteindelik sy tol ge-eis en Gary breek toe sy raam. Volgens al my fietskundige vriende en Argus-veterane is daar, soos met ‘n resiesperd wat ‘n been gebreek het, geen manier om die raam te herstel nie. Daar is net een uitweg en dis ‘n nuwe fiets en na baie goeie raad van dieselfde span kundiges het ek na al die jare weer ‘n fietswinkel betree. Wat ‘n skok – die sprong van Gary Fischer se basiese fiets na die moderne weergawes met skokbrekers, hidrouliese skyfremme, binnebandlose bande, odometer en tallose ratte, was net te veel om in te neem, maar nou ja, man moet erken die ding ry darem lekker.

En wie van ons onthou nog die fietse uit ons kinderdae wat ‘n “difflock” gehad het? Ja, jonger lesers, ‘n “difflock”! Daai ou fietse het mos ‘n “fiekskok” gehad. Dit was afgelei van die engels vir ‘n ”Fixed Cog” en het eenvoudig beteken dat die enkele agterste rat vas was aan die agterwielnaaf wat weer beteken het die pedale draai onlosmaakbaar saam met die wiel en hoe vinnger die wiel draai hoe vinniger moet jy trap om by hou. Teen die afdraande het dit soms so wild gegaan dat daar geen manier was om vinnig genoeg te trap om by te hou nie en dan moes jy maar die voete afhaal van die pedale en met jou twee stywe bene wat weerskante uitsteek, die toenemende spoed hanteer. Soms het redding gekom deurdat die ketting afgespring het as gevolg van die woeste gemaal daar onder en dan kon jy darem weer jou voete op die pedale sit om te help met stabiliteit maar van spoedbeheer was daar geen sprake nie. Van remme was daar ook nie juis sprake nie want dié was so oneffektief dat hulle maar net sowel nie daar hoef te gewees het nie. Met die ketting af was daar nou feitlik

geen manier om die dolle vaart te stop nie want die fiets was nou soos ‘n weghol vragmotor sonder remme en waarvan die dryfas gebreek het. Die seuns van meer gegoede pa’s het later gespog met “friewiel” fietse wat die probleem opgelos het, en dan het die bekpeddils, van die engelse “back pedal”, uitgekom wat basies gewerk het soos ‘n motor se dromrem en deur agteruit te trap kon jy die fiets baie effektief tot stilstand bring. Die seuns van die ryker pa’s kon later spog met Rayleigh fietse wat “triespieds” gehad het en was van die eerste fietse ons gesien het met ratte. Dit was die beroemde “Sturmey Acher Three Speed” ratkas wat op geniale wyse in die agterwiel se naaf ingebou en beheer was deur ‘n klein hefboom op die handvatsel . Die jongste opgewondenheid in die evolusie van fietse is nou om weg te doen met kettingaandrywing en gebruik te maak van ‘n gesofistikeerde dryfas. In Tim Ellis se fietswinkel in Beaufort Wes is hierdie ou fiets te sien.

Dis ‘n Columbia van 1899 en het toe reeds al gespog met ‘n dryfas vir aandrywing. Volgens Tim was dit hoofsaaklik ontwerp vir damesfietse omdat hulle lang rokke deurmekaar geraak het met die ketting en die gebruik van ‘n dryfas hierdie probleem opgelos het! So ‘n ontdekking laat mens beter voel as jy besef die tegnologie-resies is ook maar nes ‘n hond wat sy eie stert jaag!  

Page 12: MURRAYSBURGER...van dié groepie vroue was nie, het jy nie geweet wat op hul byeenkomste aangaan nie. Nuwe lede is gekeur en is slegs op uitnodiging toegelaat. Ek het natuurlik vooraf

- 12 -