nn 30 10 issuu

8
Louwrens se polisie agtergrond word goed aangevul deur sy kollega Ben Engel- brecht wat ‘n kundige in spoorsny is. “Ben was deel van die kommando se reaksie een- heid en is besig om ‘n klomp mense op te lei in spoorsny en toneel beveiliging.” Alhoewel die span vir eers net op die Wa- terbergomgewing gaan konsentreer wil hulle uiteindelik die hele Limpopo bedien. “Ons wil nie die polisie of enige ander instansie in ‘n omgewing vervang nie, maar wil hulle eerder bystaan met ons kennis en toerusting.” Die helikopter is op ‘n permanente basis beskikbaar vir ernstige voorvalle. “Die pub- liek is welkom om telefonies met ons kontak te maak.” Sakkie Louwrens se selfoon nommer is 071 798 7954 en Ben Engelbrecht kan gekontak word op 083 380 1582. HPG sal later ’n noodnommer op die been bring wat 24-uur beskikbaar sal wees. MOKOPANE: 112 Thabo Mbeki Dr., Unit 5, Mokopane, 0600 Tel: 015 491 3082 Fax: 086 614 6209 Email: [email protected] LEPHALALE: Cnr Dopperkiaat & Walter Sisulu, Onverwacht, Lephalale, 0557 Tel: 014 763 5132 Find us on Facebook & Twitter! OORDELIKE UUS ORTHERN EWS N N Die waarheid sonder voorbehoud! The truth without prejudice! 30 OCTOBER 2015 PRINT RUN: 8 000 www.noordnuus.co.za FREE / GRATIS Deur Amanda Basson ([email protected]) L IMPOPO – Oud Lt.-Kolonel Sakkie Louwrens word beskou as een van Limpopo se baasspeurders en is bekend vir sy goeie werk om menige plaasaanvallers en moordenaars agter tralies te kry. Na 26 jaar in die polisie het hy besluit om die tuig neer te lê en 'n privaat organisasie te stig om ernstige geweldsmisdade in die Waterberg-gebied hok te slaan. Louwrens is bekend vir verskeie hoë profiel sake in die Bosveld-omgewing, onder meer die arrestasie van Ian Chuqe wat skuldig bevind is aan die verkragting en roof van Mariaan Wentzel op die Vaalwa- terpad in Maart. Louwrens en sy span hou ook die rekord vir die vinnigste opspoor en inhegtenisneming van die Thohoyandou- reeksmoordenaar (bron: steelburgernews. co.za). Hy was vroeër in Oktober op die toneel by die One Stop Restaurant buite Mokopane waar 'n vroue werknemer deur twee mans oorval, verkrag en beroof is. Louwrens se nuwe organisasie sal Heritage Protection Group (HPG) heet en beplan om die gemeenskap gratis te help en by te staan met ernstige misdade soos plaasaanvalle, gewapende roof, moord en renosterstropery. Louwrens, wat voortaan in Thabazimbi sal woon, beplan om nou saam met Die Spoorsnyers ('n groep vrywilligers wat die polisie bystaan in die onderstoek van plaasaanvalle) te werk. In 2015 was daar 116 plaasaanvalle Baasspeurder vir Waterberge waarvan 27 op moord uitgeloop het. Volgens die DA se kommunikasie be- ampte vir veiligheid en sekuriteit, Katlego Su- zan Phala, het 25 van die 27 gerapporteerde moorde tot en met Junie op plase in Limpopo plaasgevind. Dit sluit boere en hul gesinne, werkers en hul familie asook besoekers op plase in. Louwrens en sy nuwe vyf-man span gaan poog om ‘n wesenlike verskil aan ernstige misdade in die omgewing te maak. “Vir ons gaan dit uitsluitlik daaroor om misdadigers vas te trek en ‘n verskil te maak in die hoë aantal geweldsmisdade wat ons tans beleef.” Die span het onlangs twee bakkies en ‘n helikopter ontvang van Tony van Niekerk, ‘n besigheidsman van Thabazimbi. “Ons wil poog om nie vir die boere ‘n fooi te vra om van ons gebruik te maak nie, omdat ons be- sef dat almal deesdae swaar trek en gaan vir eers op donasies van besighede staatmaak.” Regs is Oud-Lt.kol. Gawie (Sakkie) Louwrens en sy verloofde, Mariska Grobler. Op die hooffoto is die helikopter wat deur Tony van Niekerk geskenk is vir misdaadbekamping en wat op 'n permanente basis beskikbaar is.

Upload: helena-raats

Post on 24-Jul-2016

267 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper for Lephalale & Mokopane

TRANSCRIPT

Page 1: Nn 30 10 issuu

Louwrens se polisie agtergrond word goed aangevul deur sy kollega Ben Engel-brecht wat ‘n kundige in spoorsny is. “Ben was deel van die kommando se reaksie een-heid en is besig om ‘n klomp mense op te lei in spoorsny en toneel beveiliging.”

Alhoewel die span vir eers net op die Wa-terbergomgewing gaan konsentreer wil hulle uiteindelik die hele Limpopo bedien. “Ons wil nie die polisie of enige ander instansie in ‘n omgewing vervang nie, maar wil hulle eerder bystaan met ons kennis en toerusting.”

Die helikopter is op ‘n permanente basis beskikbaar vir ernstige voorvalle. “Die pub-liek is welkom om telefonies met ons kontak te maak.”

Sakkie Louwrens se selfoon nommer is 071 798 7954 en Ben Engelbrecht kan gekontak word op 083 380 1582. HPG sal later ’n noodnommer op die been bring wat 24-uur beskikbaar sal wees.

MOKOPANE: 112 Thabo Mbeki Dr., Unit 5, Mokopane, 0600 Tel: 015 491 3082 Fax: 086 614 6209 Email: [email protected] LEPHALALE: Cnr Dopperkiaat & Walter Sisulu, Onverwacht, Lephalale, 0557 Tel: 014 763 5132 Find us on Facebook & Twitter!

oordelike uus orthern ewsN NDie waarheid sonder voorbehoud! The truth without prejudice!

30 OCTOBER 2015 PRINT RUN: 8 000 www.noordnuus.co.za FREE / GRATIS

Deur Amanda Basson ([email protected])

LIMPOPO – Oud Lt.-Kolonel Sakkie Louwrens word beskou as een van Limpopo se baasspeurders en is bekend vir sy goeie werk om menige plaasaanvallers en moordenaars

agter tralies te kry. Na 26 jaar in die polisie het hy besluit om die tuig neer te lê en 'n privaat organisasie te stig om ernstige geweldsmisdade in die Waterberg-gebied hok te slaan.

Louwrens is bekend vir verskeie hoë profiel sake in die Bosveld-omgewing, onder meer die arrestasie van Ian Chuqe wat skuldig bevind is aan die verkragting en roof van Mariaan Wentzel op die Vaalwa-terpad in Maart. Louwrens en sy span hou ook die rekord vir die vinnigste opspoor en inhegtenisneming van die Thohoyandou-reeksmoordenaar (bron: steelburgernews.co.za).

Hy was vroeër in Oktober op die toneel by die One Stop Restaurant buite Mokopane waar 'n vroue werknemer deur twee mans oorval, verkrag en beroof is.

Louwrens se nuwe organisasie sal Heritage Protection Group (HPG) heet en beplan om die gemeenskap gratis te help en by te staan met ernstige misdade soos plaasaanvalle, gewapende roof, moord en renosterstropery. Louwrens, wat voortaan in Thabazimbi sal woon, beplan om nou saam met Die Spoorsnyers ('n groep vrywilligers wat die polisie bystaan in die onderstoek van plaasaanvalle) te werk.

In 2015 was daar 116 plaasaanvalle

Baasspeurder vir Waterberge

waarvan 27 op moord uitgeloop het. Volgens die DA se kommunikasie be-

ampte vir veiligheid en sekuriteit, Katlego Su-zan Phala, het 25 van die 27 gerapporteerde moorde tot en met Junie op plase in Limpopo plaasgevind. Dit sluit boere en hul gesinne, werkers en hul familie asook besoekers op plase in.

Louwrens en sy nuwe vyf-man span gaan poog om ‘n wesenlike verskil aan ernstige misdade in die omgewing te maak. “Vir ons gaan dit uitsluitlik daaroor om misdadigers vas te trek en ‘n verskil te maak in die hoë aantal geweldsmisdade wat ons tans beleef.”

Die span het onlangs twee bakkies en ‘n helikopter ontvang van Tony van Niekerk, ‘n besigheidsman van Thabazimbi. “Ons wil poog om nie vir die boere ‘n fooi te vra om van ons gebruik te maak nie, omdat ons be-sef dat almal deesdae swaar trek en gaan vir eers op donasies van besighede staatmaak.”

Regs is Oud-Lt.kol. Gawie (Sakkie) Louwrens en sy verloofde, Mariska Grobler. Op die hooffoto is die helikopter wat deur Tony van Niekerk geskenk is vir misdaadbekamping en wat op 'n permanente basis beskikbaar is.

Page 2: Nn 30 10 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 30 OKTOBER 2015

MOGALAKWENA - In commemorating October as cancer month, Mogala-kwena Mayor, Parks Sebatjane and other delegates visited a local cancer patient at the George Mukhari Hospital in Ga-Rankuwa on Monday. Martin Manyane (50) from Moshate Village, has had skin cancer for 20 years. “The visit was mainly to give hope to the patient, Mr. Manyane who started receiving treatment 20 years after he was diagnosed with the disease. While receiving medical treatment far from family members emotional support for non-medical healing is also important,” said Sebatjane. Here is Sebatjane, Tshwane City health and social development MMC Yolandi Mabusela and Hospital CEO Mr. Kgongwana during the visit at George Mukhari Hospital.

LEPHALALE – Mineral Resources Minister Mosebenzi Zwane handed over houses built for mineworkers on Thursday. The houses are part of Exxaro’s Grootegeluk coal mine’s Social and Labour Plan (SLP) commitment. At an event at the Mogol Club Zwane stated that he is humbled by the way in which the business leaders interact with the local community and society in general. Exxaro says 20% of the houses that were handed over will be available to local residents who are not employed by them. From left are executive district Mayor, Rosina Mogotlane, Exxaro CEO Sipho Nkosi, mineral resources minister, Mosebenzi Zwane and Lephalale Mayor Jack Maeko.

2

The Colonel

is in you

neighbourhood

and serving

breakfast!

LEPHALALE – The minister of public enterprises, Lynne Brown, hosted the president of the Republic of Mozambique, Filipe Nyusi, at Medupi Power Station on Friday. According to Eskom South Africa receives about 1500 MW of power from Mozambique’s Cahora Bassa power plant. “There is a common misperception that South Africa is exporting a lot of electricity without receiving aid from our neigh-bouring countries,” said Sifiso Khumalo, Medupi’s communication officer. Nyusi was escorted on a very quick visit by dr Ben Ngubane, Eskom group chairman, and Brian Molefe, Eskom group chief executive.

Held word by skool verrasDeur Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE – Kobus Grobler (10) is Dinsdagoggend in sy klas by die skool aangenaam verras deur die span van Noordelike Nuus wat namens die Complimentary Breakfast van Jacaranda FM, ’n Superkid-sertifikaat en geskenkpak-kie van Disney aan hom oorhandig het. Die radiostasie Jakaranda FM, het gehoor van Kobus wat sy beenmurg aan sy 12-jarige boetie, Hekkie - wat aan bloedkanker ly, geskenk het. Noordelike Nuus het ook op 16 Oktober hieroor berig (“Dankie, boetie, vir my beenmurg”) en het vroeër dié week ingestem om die stasie te help om Kobus te verras. Die Graad 4 klas se juffrou, Heidi Bronn, het die radiostasie van Kobus se dapperheid ingelig en ‘n uitsending is Woensdagoggend op die stasie gehou. Kobus en sy ma Es-Marie het Hekkie se storie aan die luisteraars vertel op die Superkids program. “Hekkie vorder en sy wit bloed telling lyk goed,” sê Esmarie. Kobus het ook opgewonde gesê hy hoor sy beenmurg is besig om in sy boetie te groei.

Mayor gives emotional support

Minister hands over new homes

Mozambican president visits Medupi Site

Lightning claims oneMOSHATE – The police in Mahwelereng has reported the sudden death of a 40-year-old man who was struck by lightning on his bi-cycle on Sunday afternoon.

The community was very upset after the

death of a Moshate resident by the name of Deadman Mothibi who died instantly after being struck. He was on his way home when the freak accident occurred. “It is an awful way to die,” said a resident who claims to be a witness of the insident.

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - Graad 12’s regoor die land wat ingeskryf het vir die Nasionale Senior Sertifikaat eksamen, het Maandag met hulle belangrikste uitdaging in hulle skoolloop-baan begin. Twee hoërskole in Mokopane het met Noordelike Nuus gesels en reken alles verloop goed tot dusvêr.

Een honderd drie-en-vyftig matrikulante van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) streef na ‘n 100% slaagsyfer. “Dit sal die kersie op die koek van ‘n besonderse suksesvolle jaar wees,” het adjunkhoof, Cas Badenhorst gesê.

Vakke soos Engels, Gasvryheidstudie en die Praktiese Rekenaartoepassingstegnologie eksamen is reeds afgehandel.

Waterberg High School (foto regs) hoop ook op ’n goeie gemiddeld en raai hulle Graad 12’s aan om te fokus en hard te leer. Die skool wens ook sy 109 matrieks sterkte toe.

Die uitslae sal op 5 Januarie deur minis-ter Angie Motshekga bekendgemaak word.

Graad 12’s – vir oulaas agter die skoolbanke

MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het Oktobermaand as hulle omgee-maand verklaar en het 'n inkopie uitdaging van stapel gestuur ten bate van die Mokopane Noodforum, die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) en die Mokopane Hospitaal se kindersaal. “Dié projek is deur die leerders geïnisieer,” sê die skool. Leerders het vir ses dae lank benodighede ingesamel vir die bogenoemde begunstigdes en ‘n muntlegging is gehou. ‘n Groot hoeveelheid nie-bederfbare voedsel, honde en katkos en speelgoed asook opvoedkundige gereedskap, boeke en komberse is ingesamel. Die klas wat die meeste ingesamel het is Graad 8E, Graad 9C was tweede en Graad 11B was derde. ‘n Spesiale woord van dank aan Pieter Pretorius van Shonalanga Milling vir hulle groot skenking. Dankie ook aan Fruit & Veg City, Moorddrift Melkery, Chops & Chives, Rolette de Beer, Elsie Barwise, Helena Kockott, Millie Wyma, Strelitzia Restaurant-personeel en Graad 8A-ouers.

Reuse skenking van Piet Pot leerders wat omgee

Page 3: Nn 30 10 issuu

30 OCTOBER 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

WIMPY delivers in Ellisras and Onverwacht.

Call Alma on 082 879 1582 to place your

order.

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – ‘n Vrou en haar dogtertjie is Maandag helder oordag by hulle kleinhoewe in Lephalale se Grootfontein area deur rowers oorval.

Rita Fourie, haar kind en die huiswerker was ten tye van die aanval alleen by die huis. Die boewe was glo gewapen en het balaklawas aange-had. Hulle het Rita aangerand en gedreig om haar kind seer te maak. Hulle het Rita en haar dogtertjie vasgebind.

"Die huiswerker was ook tydens die voorval in die woning maar het in 'n hangkas in een van die vertrekke weggekruip," sê Nicky de Beer van RMD-Risk wat ook op die toneel was.

Volgens Nicky wil dit voorkom of daar omtrent vier verdagtes betrokke was by die aanval op Fourie. “Drie van die mans het in die huis ingekom en met ‘n groot hoeveelheid geld, ‘n skootrekenaar en ‘n selfoon op die vlug geslaan nadat hulle die ma en dogter vasgebind het.”

De Beer en sy spoorsny hond het die verdagtes se spore begin volg vanaf ‘n gat in die heining naby die woning. “My hond het ‘n skootre-kenaar en ‘n donkerblou baadjie in die veld gevind en ons het die spoor verder gevolg tot naby die Telkom kantore agter Oberholzer straat.”

Die spoor het egter doodgeloop by die teerpad in Oberholzer straat en dit wil voorkom of die verdagtes met ‘n voertuig opgelaai is.

Sakkie Louwrens van die Heritage Protection Group, ‘n groep vrywil-ligers wat polisie en sekuriteitsmaatskappye bystaan in die ondersoek van plaasaanvalle en opspoor van verdagtes, het ook die toneel ondersoek. “Dit wil voorkom asof die een verdagte ‘n Zimbabwiër is wat voorheen vir die Fouries gewerk het," sê Louwrens.

Teen druktyd was niemand vir die voorval gearresteer nie. Enigiemand met inligting word versoek om die Lephalale polisie te kontak.

Vrou en kind op kleinhoewe aangeval

'n Sekuriteitsbe-ampte van Wild Africa Security wys na die skootreke-naar wat in 'n oop stuk veld agter die uis gevind is.

Drug suspect in courtMAHWELERENG – A 30-year-old man is ex-pected to appear at the Mokerong Magistrate Court soon for possession of banned substances and drugs to an estimated street value of R15 000.

The suspect who is still to appear in court was arrested by police in Hospital View earlier this week for the possession of drugs. “We won't toler-ate drugs or drug dealing. People with information that can lead to the ar-rest or confiscation of drugs and drug dealers are requested to report it at their nearest police sta-tion,” the police said.

Right: The police is ap-pealing to anybody who has information on the whereabouts of Robert Kolobe Moloto to contact the investigating officer lieutenant colonel FC Steyn. Moloto allegedly shot a man in Lenasia last year. A warrant for his arrest has been issued and he is wanted on several cases inclu-ding murder, attempted murder and taxi violence. According to information received by the police Moloto might be somewhere in the Limpopo area. Lt colonel Steyn can be contacted on 011 309 6113 or 062 554 2825.

Have you seen these men?

LEPHALALE – The police is offering a R5000 reward for information that can lead to the arrest of a male suspect (top) who was allegedly involved in a housebreaking incident in this area. Anybody with information can contact the investigating officer warrant officer Oosthuizen on 014 762 1073 or 082 319 9450.

Right: The lucky winner of the OK Grocers’ trolley dash competition was announced on 16 October. Smarts Radingwana won the lucky draw in which he had one minute to run through the shop with a trolley and collect as much groceries as he could.

Smart prize for Smarts!

Son allegedly kills dad after fightMAPELA – A 30-year-old man appeared at the Mokerong Mag-istrate Court in Mahwelereng for allegedly killing his 65-year-old father after an argument over a house key, says Mahwelereng po-lice. According to the police, the deceased’s head was smashed with a piece of fire wood and an iron bar. Police say the accused (the deceased’s son) was drunk at the time of the incident.

Lephalale man arrested for diesel theftLEPHALALE – A man in his twenties was arrested for theft of diesel last weekend.

The Lephalale police's warrant officer Frans Mokoena says the man, an employee at a brick works company, was arrested with 50 litres of diesel after a tip-off was received from one of his co-workers.

“A case of theft was opened and he appeared in the Lephalale magistrate court on Tuesday.”

Page 4: Nn 30 10 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 30 OKTOBER 2015

LEPHALALE -Hoërskool Ellisras het verlede week ‘n allemintige 2855 toeken-nings uitgedeel om hul leerders te beloon vir harde werk en deursettingsvermoë reg deur die jaar.

Alize Hoepfner is die skool se Dux matriek leerder, Rassie van die jaar en kry ook 29 toekennings vir beste akademiese presteerder in Graad 12 en sportveld noodhelper van die jaar saam met Estefan Pieterse. Estefan het boonop die Handhaaf trofeë en Kultuur per-soonlikheid toekennings toekennings gekry terwyl hy ook vereer is vir 12 jaar getroue skoolbywon-ing saam met Veronica Greyvenstein.

Dit is geen verras-sing dat Johan Pitout die sportman van die jaar is nie. Hy presteer in atle-tiek, krieket en rugby.

Akademiese beste presteerders vir Graad 8 is Joeye Vorster met 19 toekennings, Graad 9 Anri Spammer met 14 toekennings, Graad 10 Cherantè Snyman met 27 toeken-nings, graad 11 Barbara Emslie met 29 toekennings.

Leerders wat toekennings vir rede-naars ontvang het is Barbara Emslie, Talya Kaiser, Tanya van Zyl, Lerato Ditsela, Lané Kaiser, Mokgotu Gopo-long, Nathalie Perrier, Kayla Strydom, Erik van der Walt, Anelia du Plessis en Charné Vosloo.

Beste swemmers is junior Nathalie Per-rier, junior seun GP du Preez, seniors Senè Geldenhuys en Dario Geyser.

Krieket prestasies is Conrad Prinsloo veelsydigste 0/15 speler, Juan de Beer beste junior bouler, MC Pitout is beste ju-nior kolwer, Clifford Els is die beste senior bouler en beste veldwerker en Johan Pitout

MOKOPANE – Die Potgietersrus CVO Skool het sy leiers vir 2016 bekendgestel en ook sy beste akademiese presteerders vir die derde skooltermyn aangekondig.Potgietersrus CVO Skool se hoërskool leiers vir 2016 is van links voor: Ilze-Mari van Schalkwyk, Marni van den Heever en Anja Meyer. Agter: Julie-Ann Burger, Danie de Beer en Pieter van der Merwe. Die laerskool leiers vir 2016 is van links voor: Magdil Venter, Danel Hoogenboezem, Neleah Bergh en Pieter van Zyl. Agter, Manette van Biljon, Nica Pretorius, Dries Bezuidenhout en Ian de Waal.Graad 4 se top drie akademiese leerders vir die derde kwartaal is Edrich de Waal, Amicus de Beer en Karla Jooste. Graad 5 se top drie akad-emiese presteerders vir die derde kwartaal is Anke Weideman, Jolanie Nel en JF van der Merwe. Graad 6 se top drie akademiese presteerders vir die derde kwartaal is Alma Kotze, Danel Hoogenboezem en Nica Pretorius. Graad 7 se top drie akademiese presteerders vir die derde kwartaal is Lenè Nel, Corli Pretorius en Ilandrè Pont.Graad 8 se top drie akademiese presteerders vir die derde kwartaal is Liezel van Schalkwyk, Martelie van Zyl en Sue Bezuidenhout. Graad 9 se top drie akademiese presteerders vir die derde kwartaal is Sumè Venter, Carli Kuhn en Elanè de Klerk. Graad 10 se top drie akad-emiese presteerders vir die derde kwartaal is Louise du Toit, Louis Boshoff en Mariska Genis. Graad 11 se top drie akademiese presteerders vir die derde kwartaal is Lumari Smit, Ilze-Mari van Schalkwyk en Anja Meyer.

2855 toekennings vir Rassies!is die beste senior krieketspeler. Hy verower ook beste senior kolwer en kry ‘n trofee as kaptein van die eerste krieketspan.

Jessica Tsetsewa is die beste netbal speler terwyl die beste seun boogskut FA Kemp is. Ammaarah Pandie is beste meisieskut. Beste gholfspeler van die jaar is Gerhard Pepler.

Ansonè Stanz kry 'n trofee vir beste dogterstennisspeler en Philip van Wyk is die beste seuns tennisspeler.

Nico janse van Rensburg is die beste se-nior Landsdiener van die jaar terwyl Dimak-atso Thulare die junior landsdiener van die jaar is.

2016 se hoofleiers is Barbara Emslie en Albert Wil-liams. Komitee voorsitters is Anke Erasmus (Dissipline), Michael Kotze (Sport), Chris-to Bothma (Akademie), Willem Dick-enson (Sosiaal) en Abbigail Badenhorst (Kultuur).

CVO vereer presteerders

4

Page 5: Nn 30 10 issuu

30 OCTOBER 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

Deur Melt van der Spuy

“Het julle al baie warm gekry as julle kamp? En nou meen ek, regtig warm. Nie sommer so poer-poer warm nie man, vrek warm.”

Dis Herman wat die vraag vra toe hy, Servaas en ek op my stoep sit en pas elkeen ’n kasteeltjie se oor gebreek het. Servaas kyk oor sy blikkie na hom. “Ek het al baie warm gekry as ons kamp.”

Herman draai sy kop na my. “En jy?”“Nee, ek het ook al warm gekry. Veral in

die somer. Boeta, dan brand hierdie Afrika-son vir jou tot jy kleinkoppie trek.”

“Ek hoor wat julle sê, maar ek glo nie een van julle het al so warm gekry soos ek en ma toe ons verlede maand in die willetuin was nie. Toe was dit warm, vrek warm.” Herman skuif effe vorentoe en net die gedagte aan daai warmkry laat hom sommer drie groot slukke van die koue kasteeltjie vat.

“Nee sien, ons wou mos die tyd van die jaar willetuin toe net om te voel hoe voel dit so in die somer. Die eerste drie dae van ons kamp was dit heeldag bewolk en ons het selfs daarvan gepraat om vir langer as ons beplande week daar te staan.

“Toe dag vier egter aanbreek, toe breek ander goed ook aan. Dis nou goed soos son-besies wat voordag al sing, g’n blaar wat roer die hele dag nie en die son wat brand asof hy 30 ligjare nader aan jou gekruip het.

“Dit was heel lekker om uit te ry met die lugreëling wat die kar heel koel hou. Maar dis by daai uitklim terug in die kamp wat die hitte jou vat.”

Herman is nou volstoom aan die praat en

die terugdink aan daardie versengende hitte laat die sweet op sy voorkop uitslaan. “Ek en ma kon nie naby die karavaan kom nie, want dié is so warm jy kan eiers op sy dak bak. Blink seil of te not.

“Die hitte in die tent tref jou soos ’n hamer teen die voorkop en jy voel of jy wil naar word. Ons gryp toe maar elkeen ’n stoel en soek koelte buite.

“Ons het naderhand elkeen ’n handdoek in die water gedruk en dit net so nat om ons nekke gehang, maar warm bly dit warm. Sy sleep toe maar ’n skottel water nader gooi ’n hele klomp stukkies ys daarin, skop haar plakkies uit en sit haar voete in die water. Dit het baie gehelp en ek skuif ook nader om ’n plekkie in die skottel te kry.

“ Ek sit my voete daarin en dit voel kom-pleet of jy hulle in ’n yskas druk, te lekker.”

Herman gooi sy leë blikkie in die asblik. “Ons begin net afkoel, toe besluit ’n wil-letuin tor dis nou die tyd om te gaan vir my een neusgat. Toe hy my neus tref, ruk my kop agteroor en ek vlieg orent asof jy ’n warm yster in ’n gevoelige plek ingedruk het.

“Die tor gee verskrik pad en my momen-tum dra my bolyf vorentoe. My twee koue voete reageer egter te stadig en ek tref die koelboks senter Mr. Venter met my kop.

“Ma vlieg op, maar ook haar twee koue voete reageer te stadig en sy val reguit vorentoe. Bo-op my. Ons val daai koelboks so plat soos ’n computer se keyboard.

Ek en Servaas skud soos ons lag. Her-man glimlag net effe. “Ek en ma sal nie weer in die somer willetuin toe gaan nie.”

LEPHALALE - Laerskool Bosveld Primary se eerste krieketspan het verlede Donderdag verloor in hul halfeindstryd teen Laerskool Pietersburg-Oos. Die Bossies het eerste gekolf, maar kon slegs 91 lopies aanteken. W.P. Vermeulen het 52 lopies aangeteken. Die Bossies het 'n goeie krieketseisoen gehad. Die skool sê dankie aan die afrigters van die eerste span, Pierre Hugo en Henry Smith.

Om die kampvuur

Die Afrika-son is nie jou maat nie!

Bossies se krieket semi-finaal

MOKOPANE – Waterberg High School held their annual prize giving function last week where they awarded their top academic achievers in each grade. They also announced 2016’s prefects.The Grade 8-11’s top academic achievers are Anthony Mashaba (Grade 8), Tshepo Molefe (Grade 9), Khomotjo Radebe (Grade 10) and Thabang Rameetse (Grade 11). Radebe is the highest average performer in Grade 10-12. Thapelo Mamashela is Grade 12’s top Physical Science stu-dent and Dimpho Sekhaolelo is the top mathematics student. Dimpho Sekhaolelo in Grade 12 is the school’s Dux learner with an average of 81% in academics.Edward Khuaho was awarded as Waterberg’s junior rugby player of the year. He was awarded with a Blue Bulls Rugby Union Trophy. Elias Ramashabane received a Spar Trophy for being the senior rugby player of the year. The junior athletics victor ludorum was awarded to Mahlatse Mokonyane. The senior athletics victor ludorum belongs to Tshepo Mokoena and the junior athletics victrix ludorum was awarded to Prudence Masakoa.Waterberg High School’s main leaders for 2016, Mack Molope (deputy head boy), Thabang Rameetse (head boy), Maxine Lehutso (head girl) and Thokozile Mgidi (deputy head girl). Below is Waterberg’s prefects for 2016.

They are Waterberg High School’s best

Page 6: Nn 30 10 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 30 OKTOBER 20156

Page 7: Nn 30 10 issuu

30 OCTOBER 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Page 8: Nn 30 10 issuu

DOORNDRAAI – ’n Springbok hengelaar, Andre Potgieter, het die eerste prys van R50 000 opgeraap met ‘n 13.88kg Karp by die AP Kerk Potgietersrus se jaarlikse Doorndraai Dam Bo-nanza wat verlede Vrydag en Saterdag aangebied is.

Sowat 200 inskrywings is ontvang en hengelaars van regoor Limpopo het kom deelneem aan die vier-spesie visvang kompetisie.

Die wenner in die Junior Hengelaar afdeling was Armand Pienaar, ‘n leerder van Laerskool Krugerpark, wat ’n 1.33kg Swartbaar gevang het (sien foto regs onder).

Louis Kruger (foto regs) het die swaarste Swart-baar vir die dag gevang (2.22kg).

Die swaarste kurper was 0.48kg (W.van Wyk) en die swaarste baber was 6.3kg gevang deur J. Hender-son.

Die AP Kerk Potgietersrus bedank al hul borge asook Twin Series vir hul be-trokkenheid by die hengelkompetisie (spesiale dank aan Shonalanga Milling wat die junior hengelaar se prys geborg het).

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

UOndersteun plaaslike stoeier by gholfdagMOKOPANE – Die Kameeldoring Buiteklub hou môre (31 Oktober) ’n gholfdag ten bate van ’n wêreldklas stoeier van Mokopane wat fondse benodig vir haar reiskostes na aanstaande jaar se Afrika Stoeikampioen-skappe.

Marie Oosthuizen van Potgietersrus Stoeiklub is tans ‘n Afrika Stoeikampioen en Protea stoeier. Haar pa, Bertus Oosthui-zen, doen ’n beroep op die gemeenskap en gholfspelers om haar te ondersteun by die gholfdag.

Ondernemings word genooi om bowwe op die baan te borg teen R500 per bof.

Vir meer inligting kan Bertus Oosthuizen by 084 901 9617 gekontak word.

Springbok hengelaar wen Bonanza