nn 9 5 web issuu

12
Andries du Toit (32) ‘n bekende inwoner van Mokopane is Saterdag in die vroeë oggendure dood toe sy motor op die R101 tussen Mookgophong en Mokopane teen ‘n vragmotor gebots het. Andries was op pad huis toe nadat hy die vorige dag by die Windpompfees spandeer het. Hy het in 2000 aan die Hoërskool Piet Potgieter gematrikuleer waarna hy in Pretoria gaan studeer het. Hy het by sy pa, Jan du Toit, se landboubesigheid, Janwurm, gewerk waar hy bekend en geliefd geraak het onder die omgewing se landbougemeenskap. Hy word oorleef deur sy ouers, Jan en Gerda en sy twee susters Mari en Janize. Andries sal onthou word vir sy pittige sêgoed en sy liefde vir gholf. “Ek gaan dankie sê. Dankie vir geleende tyd Here. Geleende tyd met jou Andries, vir lekker lag, goeie geselskap, jou raad, opinie, diep oomblikke en sommer net teenwoordigheid. Jy was van die bestes. Jou plek is leeg en ons mens-harte is stukkend, tog is jy nou veilig by jou Vader. Potties het jou gelief en jy het jou voetspore geplant in ons harte. ‘n legend wat nie vergete sal gaan nie,” het ‘n vriendin hierdie week op sy Facebook bladsy geskryf. Noordelike Nuus betuig simpatie met die Du Toit gesin en Andries se geliefdes - ons sal hom saam met julle mis. A lot has been written about the “born frees” the new generation of voters who were born after South Africa became a democratic nation. Two of the so-called “born frees” who voted for the very first time in Lephalale are Dammie Matshediso and Deon Hattingh. They were both very excited to be a part of Wednesday’s fifth national election. Dammie said she is very interested in politics and although many of her peers have not registered to vote, she wanted to vote on Wednesday to make a difference. Both Dammie and Deon told Northern News that a better education for the youth of South Africa is very important to them, hoping that their vote will result in a bright future for the youth. Potties verloor ‘n geliefde 'Born frees' make their mark Dammie Matshediso with lile Tshepiso at the Bosveld Primary vong staon. Leſt: Deon Hangh preparing to vote for the very first me.

Upload: helena-raats

Post on 27-Mar-2016

277 views

Category:

Documents


24 download

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper for Lephalale & Mokopane

TRANSCRIPT

Page 1: Nn 9 5 web issuu

Andries du Toit (32) ‘n bekende inwoner van Mokopane is Saterdag in die vroeë oggendure dood toe sy motor op die R101 tussen Mookgophong en Mokopane teen ‘n vragmotor gebots het. Andries was op pad huis toe nadat hy die vorige dag by die Windpompfees spandeer het.

Hy het in 2000 aan die Hoërskool Piet Potgieter gematrikuleer waarna hy in Pretoria gaan studeer het. Hy het by sy pa, Jan du Toit, se landboubesigheid, Janwurm, gewerk waar hy bekend en geliefd geraak het onder die omgewing se landbougemeenskap. Hy word oorleef deur sy ouers, Jan en Gerda en sy twee susters Mari en Janize.

Andries sal onthou word vir sy pittige sêgoed en sy liefde vir gholf. “Ek gaan dankie sê. Dankie vir geleende tyd Here. Geleende tyd met

jou Andries, vir lekker lag, goeie geselskap, jou raad, opinie, diep oomblikke en sommer net teenwoordigheid. Jy was van die bestes. Jou plek is leeg en ons mens-harte is stukkend, tog is jy nou veilig by jou Vader. Potties het jou gelief en jy het jou voetspore geplant in ons harte. ‘n legend wat nie vergete sal gaan nie,” het ‘n vriendin hierdie week op sy Facebook bladsy geskryf.

Noordelike Nuus betuig simpatie met die Du Toit gesin en Andries se geliefdes - ons sal hom saam met julle mis.

A lot has been written about the “born frees” the new generation of voters who were born after South Africa became a democratic nation.

Two of the so-called “born frees” who voted for the very first time in Lephalale are Dammie Matshediso and Deon Hattingh. They were both very excited to be a part of Wednesday’s fifth national election.

Dammie said she is very interested in politics and although many of her peers have not registered to vote, she wanted to vote on Wednesday to make a difference.

Both Dammie and Deon told Northern News that a better education for the youth of South Africa is very important to them, hoping that their vote will result in a bright future for the youth.

Potties verloor ‘n geliefde

'Born frees' make their mark

Dammie Matshediso with little Tshepiso at the Bosveld Primary voting station.Left: Deon Hattingh preparing to vote for the very first time.

Page 2: Nn 9 5 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 9 MEI 20142

Die meeste gebruikers van elektrisiteit kan hul nie die lewe daarsonder voorstel

nie. Min mense besef egter dat die kraglyne wat hierdie kosbare hulpbron tot by ons huise bring, dodelik is vir sekere soorte die-re en voëls.

Onderbrekings wat deur diere veroorsaak word, veral voëls wat doodgeskok word, kos Eskom elke jaar miljoene rande om te her-stel. Buiten vir die ongerief of selfs finansiële verlies vir kliënte wanneer die kragvoorsie-ning onderbreek word, word baie van ons pragtige voëls, byvoorbeeld Breëkoparende, Lelkraanvoëls, alle spesies aasvoëls, Sekre-tarisvoëls, poue en selfs ons nasionale voël, die Bloukraanvoël, ernstig benadeel.

Die Lelkraanvoël is reeds in ernstige gevaar om uit te sterf in Suid-Afrika en die verlies van selfs ‘n enkele voël het ‘n nadeli-ge uitwerking op die spesie se vermoë om te oorleef.

As gevolg van die ernstige gevolge vir die natuurlewe en om ‘n betroubare diens aan alle elektrisiteitsverbruikers daar te stel, het Eskom en die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT) in 1996 kragte saamgespan met die doel om die negatiewe wisselwerking tussen voëls en kraglyne op ‘n stelselmatige wyse te verminder.

Hierdie werkgroep van die EWT staan bekend as die Natuurlewe en Energie Pro-gram (WEP). Een van die steunpilare waarop die vennootskap gebaseer is, is openbare deelname. Die wisselwerking tussen voëls en Eskom se kraglyne kan net doeltreffend aangespreek word, indien dit gerapporteer en ondersoek word.

Die Vennootskap poog dus om botsings met die lyne en die doodskok van voëls op kraglyne te verminder en om te verseker dat strukture wat in die toekoms opgerig word so voëlvriendelik as moontlik is. Alle insidente wat aan WEP gerapporteer word, word in die

Help só om skaars voëlspesies te redVennootskap se Sentrale Voorvalleregister aangeteken. In hierdie register is reeds meer as 3 000 insidente opgeteken waarvan net minder as 10% Ludwigse Poue is. Hierdie voorvalle is slegs ‘n fraksie van die voorvalle wat wel plaasvind, aangesien alle kraglyn insidente nie gerapporteer word nie.

In Suid-Afrika is ongeveer 37 000 km groot transmissielyne en ongeveer 500 000 km verspreidingslyne en telefoonlyne. Aan-gesien daar nie genoeg inligting oor die insi-dente bestaan nie, is dit onseker wat die uit- werking van die baie sterftes op die voël-bevolkings is, maar 10-20% sterftes per jaar is nie volhoubaar nie en sal die uitsterwing van die spesies beteken.

SPESIESSpesies wat die meeste deur kraglyne

gedood of beseer word, is die groot grond-lewende voëls wat die poue, kraanvoëls, flaminke, sekretarisvoëls en ooievaars insluit.

Groot voëls wat op verspreidingslyn strukture doodgeskok word, is arende en aasvoëls.

Die meeste van hierdie spesies word in Eskom se Rooidataboek vir Voëls van Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland (2014 in druk) as kwesbaar of bedreig gelys.

REDES VIR BOTSINGSVoëls gebruik vlugroetes wanneer hul

van hul slaapplekke na hul weidingsgebiede vlieg.

Indien hierdie vlugroetes deur valleie of laagliggende gebiede gaan en daar ‘n krag-lyn deur die gebied gaan, sal daar beslis ‘n gevaarsone wees waar baie botsings sal plaasvind. Die groot transmissielyne is op dieselfde hoogte waarop hierdie groot voëls vlieg en al sien hul die kragkabels en vlieg bo-oor dit, bots hulle met die aarddraad. Aangesien hulle groot en swaar voëls is,

kan hul nie vinnig genoeg uitswenk om die lyne te vermy nie. Hulle is dus nie in staat om koersaanpassings te maak terwyl hul vlieg en skielik by ‘n kraglyn kom nie. Gompoue, wat van die wêreld se swaarste vlieënde voëls is, vlieg nie so maklik en vin-nig op soos die Ludwigse Poue nie en dit is waarskynlik die rede waarom daar minder Gompoue as Ludwigse Poue onder die krag-lyne gevind word. Ludwigse Poue kom ook in groter groepe voor en dit is nog ‘n rede waarom baie van hulle onder kraglyne ge-vind word. Die hoek waaruit die voëls kyk, kan ook ‘n rede wees waarom hul nie die lyne sien nie.

WAT WORD GEDOEN?Die Trust vir Bedreigde Natuurlewe

(EWT) en Eskom het ‘n vennootskap om die probleme rondom kraglyne aan te spreek. Indien enige kraglyn insident aangemeld

word, word ‘n veldwerker van die Trust uitgestuur om dit te ondersoek. ‘n Verslag word saamgestel en Eskom beveilig die strukture deur flappers op die lyne te plaas om dit meer sigbaar te maak.

Kragpale en transformatorkaste wat gevaarlik is vir aasvoëls en groot roofvoëls word ook veilig gemaak deur insulasie aan te wend op die strukture.

HOE KAN U HELP?Enige persoon wat dooie voëls onder

kraglyne of onder transformators kry, kan dit aan Constant Hoogstad van die Natuurlewe en Energie Program (WEP) van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe rapporteer by [email protected] en telefoon 011 372 3600. Hul sal een van hul veldwerkers uit-stuur om die insident te ondersoek.

Die webtuiste van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe is www.ewt.org.za.

Page 3: Nn 9 5 web issuu

9 MAY 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

TENDERS ARE AWAITED FOR PURCHASING FROM EXXARO, P2 CONCRETE RAILWAY

SLEEPERS, ±10 000 IN NUMBER

Venue: Grootegeluk Coal Mine

Tenders in sealed envelopes will be placed in the tender box at office no 14 in the Materials Management building, Grootegeluk Coal Mine, Lephalale, from 12-16 May 2014, 08:00-14:00, or tenders could be faxed to 014 763 9303. Tender closes at 14:00 on 16 May 2014. No late tenders will be accepted.

Contact: John Diergaardt 014 763 9363, 08:00-14:00 Monday to Friday.8605

Annetjie Mabula from Ga Monyeki village in Shongoane shares a birthday with South Africa’s democracy. The Mayor of Lephalale and councillors from the Lephalale municipality celebrated the 20 years of democracy as well as Annetjie’s 105th birthday when they visited her home on national Freedom day.

Inwoners van Lephalale en Mokopane het Woens-dag nie op hulle laat wag om tydens die vyfde demokratiese nasionale verkiesing te stem nie. Hoewel sommige van die stemlokale laat oopge-maak het was kiesers ge-moedelik en het die stem-mery Woensdag sonder voorval goed afgeloop.

Klagtes is egter wel by die OVK ingedien in verband met ANC lede wat op ‘n bakkie met ‘n megafoon kiesers aange-moedig het om vir die ANC te stem. Partye se kans om stemme te werf het reeds Dinsdagaand 24:00 tot ‘n einde gekom en partye was verbied om verder stemme te werf.

Noordelike Nuus het Woensdag-oggend 07:00 die stemlokaal by die Mogol hengelklub besoek waar kiesers 35 minute moes wag omdat stempels en seëls nog nie beskikbaar was nie. Sommige van die kiesers het omgedraai om later die dag te stem wanneer alles in plek is. By die landdroskantore was rye vroeg al baie

Having hinged on the verge of political collapse, Mogalakwena, the largest municipality in the Wa-terberg region seems to have moved closer to the edge this week with an apparently self-appointed administrator trying to call the shots despite an earlier high court order which prohibits the MEC from placing the municipality under administra-tion.

On Monday morning Dikgape Herskovits Mako-be, a former Mogalakwena municipal manager pre-sented himself as the new administrator appointed by Coghsta MEC, Ishmael Kgetjepe.

But on Tuesday the municipality issued a press statement making it clear that it is still not under administration. The council’s executive committee under the leadership of the new mayor, Malose Mabuela, asked Makobe for a letter of appoint-ment and terms of reference, which Makobe could not produce. He was informed that in terms of the Constitution Act of 108 of 1996, Section 139 (1) (b) does not make provision for the appointment of an administrator, only Section 139 (1) (c) does.

Mogalakwena Council sends ‘Administrator’ packing

Exco made it clear that Makobe was impo- sing and insisted that Kgetjepe come and clarify his intentions during a Special Council meeting. But with the legislature being dissolved prior to Wednesday’s elections, Kgatjepe was no longer the MEC so Makobe wrote a letter to the speaker, Melba Mabusela, saying since the municipality is under administration the Special Council meeting should not proceed.

The meeting, however, proceeded and council resolved that the content of the report regarding the assumption of responsibilities by the Provincial Executive Council (PEC) be noted and the actions of the MEC to place Mogalakwena Municipality un-der section 139(1)(b) be rejected.

Also that the municipal manager and/or spea-ker be instructed to approach the High Court to challenge the decision of the Provincial Executive Council on an urgent basis and that the municipal manager and/or the speaker be authorised to ap-point a firm of attorneys even if they do not appear on the municipal database.

Democracy and 105th birthday celebrated

Verkiesing verloop vreedsaam

lank, maar kiesers het rustig gestaan en ge-sels terwyl die proses sy gang gegaan het.

In Mokopane was stemlokale goed be-man en kiesers kon vinnig deur die proses gaan om hul kruisie te trek en in die stem-bus te gooi.

In Mahwelereng was daar egter vroegoggend reeds lang toue by stemlokale met baie kiesers wat weggedraai het en gesê het hulle gaan eers laataand stem.

Lephalale

Mokopane

Page 4: Nn 9 5 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 9 MEI 20144

PROMOSIE ARTIKEL

Rekenaar opleiding met ‘n verskilDie Northern Computer Training Centre (NCTC) is geleë Platina-straat 34 in Chroompark en verskaf reeds langer as 16 jaar reke-naaropleiding in Mokopane. Die leuse van die sentrum is: “Opleiding met ‘n verskil / Computer training with a difference”.

By NCTC kry student persoonlike aandag en bystand om kursusse suksesvol te voltooi.

Die sentrum is Pastel Accounting asook Pastel Payroll geakkredi-teer, en gee deurgaans kursusse in hierdie vakrigting. Die eksamens word aanlyn afgelê op die Pastel Webtuiste en kursusgangers ontvang hul sertifikate direk vanaf Pastel. Die Kollege verskaf ook ‘n verdere diens deur sakeondernemings te help met aankope van Pastel sag-teware, installering asook indiensopleiding van personeel.

As ‘n geregistreerde SETA-opleidingsentrum, word daar ook ge-reeld kursusse gegee in Microsoft Office 2010, onder andere Word Level I & II, Excel Level I & II, PowerPoint Level I & II asook Access. Die SETA sertifikate wat studente ontvang, word landswyd erken. Skoolverlaters kan dus ook hier verdere kwalifikasies verwerf.

Behalwe geskeduleerde kursusse, kan opleiding ook so gereël word om aan spesifieke ondernemings se behoeftes te voldoen, byvoorbeeld verkorte voldag kursusse.

Vir navrae, skakel tel: 015 491 5354 of sel: 083 556 3073. NCTC kan ook per epos gekontak word by: [email protected].

Die Piet Potgieter Monument se jaarlikse veteraan motorskou was Saterdag weereens ‘n sukses met motor entoesiaste wat hul versamelstukke kom uitstal het en die Funky Fossils wat besoekers en motor bewonderaars agter die mikrofone vermaak het.

Veterane en fossiele sorg vir vermaak

Verlede Saterdag was daar groot opwinding en pret in Mokopane Spur se parkeerarea toe ’n paar manne en meisies hulle lywe gewys het tydens ’n spesiale karwas ten bate van die DBV in Mokopane.

Die Bikini Karwas is gereël deur Marcelle Maritz, die voorsitter van die plaaslike DBV. Sy het ’n paar USN Modelle van Johannesburg en Pretoria gebring om motoriste se harte vinniger te laat klop vir ‘n goeie doel.

Bikini karwas vir DBV fondse

Van die land se mooiste meisies het verlede Donderdag deelgeneem aan die Mej. Junior Suid-Afrika kompetisie wat in Pretoria aangebied is en uit die meer as twee honderd semi-finaliste wat deelgeneem het, was ses van Lep-halale.

Cherese Visser, Vicky–Lee Arm-strong, Carre-Lee Armstrong, Cherisé Mans, Nicole Hamman, en Nathalie Perrier het na maande se voorbe-reiding by die kompetisie wat van 1-4 Mei aangebied is, gewys dat Lephalale meisies nie terugstaan in dié be-dryf nie. By die kroningsgeleentheid Sondag is Vicky-Lee onder die top 5 in haar ou-derdomsgroep aangewys.

Nathalie en Nicole is in hulle onder-skeie ouderdomsgroepe as van die land se top 10 meisies aangewys. Carre-Lee en haar sussie Vicky is ook op die aand aangewys as Miss SA Limpopo wenners in hulle kategorieë. Cherisé Mans en Nathalie Perrier het ook albei “best gift” toekennings ontvang.

Die tema van hierdie jaar se kompe-tisie was “beauty with a purpose” en die meisies het besonder baie geleer oor selfversorging en hoe om jouself in ‘n onderhoud-situasie te handhaaf. Al ses doen al vir ‘n geruime tyd modelwerk en is by verskeie liefda-digheids organisasies betrokke.

Een van die projekte waarby hulle betrokke gaan wees hierdie week, is ‘n liefdadigheids swemgala wat Maandag by Laerskool Bosveld van 14:00 tot 17:00 aangebied gaan

Lephalale meisies onder land se mooistes

word. Al die modelle het onderneem om die koue water te trotseer en met die hulp van borgskappe wat hulle per lengte gaan borg geld vir liefdadigheid in te samel.

Die ouers is dit eens dat die kompetisie ten spyte van die harde werk en maande se voorbere-iding beslis die moeite werd was.

Die dag is goed ondersteun. Finansiële druk is ‘n realiteit vir elke DBV-tak en Maritz moedig mense aan om donasies asook skenkings in die vorm van komberse, honde- en katkos ensomeer te maak.

Om ‘n skenking te maak, of dit nou ‘n kom- bers, kos of kontant is, kontak die Mokopane DBV by 015 491 3661. - Adele Essakow

Page 5: Nn 9 5 web issuu

9 MAY 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

Meer as 5000 mense het die Blou vir Na-than vlooimark en fondsinsamelingsdag Saterdag by die Junction in Lephalale bygewoon.

Die dag was oorspronklik die idée van die sosiale netwerkgroep, Medupi Saampraat, wat met die hulp van die Helpende Hand Kupcakes een van die grootste fondsinsa-melingsaksies in die geskiedenis van die dorp vir Nathan Hogan (5) ‘n kankerpasiëntjie van Lephalale gereël het.

Die hoogtepunt van die dag was toe een van die gaskunstenaars, Dan Vaux, die liedjie wat hy vir Nathan geskryf het bekendgestel het. “Die hele gehoor het saam gesing en daar was nie ‘n droë oog in die gehoor nie,” vertel Charmain Robbertse van die Kupcakes.

Sowat R60 000 is op die dag ingesamel vir Nathan se kankerbehandeling in Amerika. Charmain vertel dat ‘n inwoner Saterdag ‘n gebreide gebedsjassie vir Nathan se ma, Nolene, gegee het. Sy het gesê Nolene moet dit in Amerika dra om haar daaraan te herinner dat die mense van Lephalale hulle om haar skaar en vir haar en Nathan bid.”

Baie van die stalletjie

Die LDF (Lephalale Development Forum) het hierdie week ‘n versoek gerig aan besighede en instansies in die Lephalale-omgewing om ‘n bydrae te lewer in die herstel van die D171 Beauty pad. ‘n Verslag wat onlangs deur Roshcon saamgestel is wys dat die pad bykans heeltemal onbegaanbaar is en dat grootskaalse herstelwerk aan die pad nodig is.

Jacques Snyman van die LDF sê dat verskeie instansie groot bydraes gelewer het vir die nood herstelwerk aan die Beska-, Witkop- en Vaalwater paaie.

“Hiervoor het ons groot waardering, ons vra nou instansies om verdere hulp te ver-leen vir die herstel van die D171. Ons wil graag die pad gaanbaar maak vir lede van die gemeenskap wat daagliks hierdie pad moet gebruik. Hierdie is mense wat ons besighede ondersteun, dus sal almal kan baat vind by die herstel van die pad.”

Vir meer inligting skakel gerus vir Jacques Snyman by [email protected] of 082 574 1590 of vir Sarah Maxwell by [email protected] of 071 135 5128.

LEPHALALE - Molalatau Security is assis-ting Lephalale police in investigating the high incidence of house burglaries in the Lephalale area.

According to Michael Cameron, rapid response manager for Molalatau Security, a footprint of a suspect who targets security complexes near Herman Street has been lifted.

The suspect uses the same methods to break into houses using a screwdriver. He

Mogalakwena Municipality’s mayor and municipal manager on Wednessday joined hundreds of community members to cast their votes. Mayor Malose Mabuela cast his vote at his home in Mapela’s Ga-Mabuela village while municipal manager, William Kekana voted at Ebenezer High School in Mahwelereng.

Nathan se dag ‘n groot sukseseienaars het ook die wins wat hulle op die dag gemaak het aan Nathan geskenk. Puik vermaak deur verskeie kunstenaars en ook ‘n baie suksesvolle potjiekos-, model- en talentkompetisie het verder bygedra tot ‘n baie suksesvolle dag. “Al ons verwagtinge is oorskry en ons kan net dankie sê vir elke bydra wat gemaak is,” sê Charmain.

Nathan tydens die fondsinsameling wat gereël is vir sy behandeling in Amerika.

Nathan hou sy ma Nolene styf vas terwyl Dan Vaux die liedjie sing wat spesiaal vir hom geskryf is.

Leaders cast their votes

Burglary suspect still at largemostly steals plasma TV’s, laptops and de-coders.

“A week ago our response team reacted to a triggered alarm and was there in minutes. The suspect fled leaving a lot of the stolen goods behind. We tracked him right up to the dumping site where we raided several shacks without any success,” he told Northern News this week.

According to Cameron the suspect waits for security guard shift changes at 18:30

before he strikes. Cameron says the com-munity has to be alert for loiterers who seem to be out of place. “We are able to search suspects and if we find tools which could be used in house break-ins we arrest them and take them to the police station for further questioning.”

Molalatau’s rapid response number is 086 010 2859

Hulp gevra met Beauty pad

Page 6: Nn 9 5 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 9 MEI 2014

Teken petisie vir skoner PoskantoorDie DA het toegetree tot die stryd vir ‘n skoner meer higiëniese poskantoor vir inwoners van Onverwacht, Lep-halale. DA aktivis, Sybil Nieuwoudt, het Saterdag begin om handtekeninge op ‘n petisie lys in te samel.

Inwoners word gevra om die brief te onderteken wat aan die Poskantoor gerig word. In die brief dring die DA daarop aan dat die Poskantoor binne 14 dae op die versoek reageer deur ‘n verslag saam te stel oor wat gedoen gaan word ra-kende die onhigiëniese toestande. Indien die poskantoor nie reageer nie dreig die ondertekenaars om nie hulle jaarlikse koste vir die huur van die posbusse te betaal nie. Hulle sal daarop aandring dat pos by hulle huis afgelewer word.

Die brief sê verder dat dit onaanvaarbaar is dat die pos-busse 'n woonplek vir hawelose mense geword het. “Daar is orals rommel. Mense gebruik die Poskantoor gronde om te urineer. Die omstandighede by die posbusse is totaal onaan-vaarbaar.”

Vir inligting oor die petisie skakel gerus vir Sybil by 078 786 1689.

6

‘n Mens hoor so baie negatiewe dinge en kommentaar oor ons staatsdepartemente en instellings dat ek verlede week aangenaam verras was met die uitstekende bystand en diens wat ek by die Voortrekker Hospitaal in Mokopane gekry het.

Alet van der Walt

Ek en Boeta sit en sweet met ‘n spul huis-werk toe Pa en Oom Willy hulle voete by die agterdeur skoonvee. Boeta lyk sommer ekstra vies want Ma het gaan kuier en nou sal ons seker moet koffie maak. Oom Willy kan mos nie ry voor iemand koffie gemaak het nie. Eintlik ry Oom Willy mos eers as sy vrou bel om te sê hy moet!

“Nou wat leer julle bulletjies vandag?” Vra Oom Willy en loer oor Boeta se skouer waar die handboek oop is by Archimedes se ontdekking.

“Nee Oom, ons leer van Archimedes wat gesien het as hy in die water klim word die water meer.”

“Nou vir wat leer julle sulke twak? Enige mens kan dit mos sien, en as jy dit dan nou nie gesien het nie, dan sal jy dit gou by die dam sien.”

“Nou wat van die dam, Oom?”vra Boeta terwyl hy wag dat die ketel kook.

“Nee kyk, seuns, as jy by die Glen Alpine visgevang het saam met my, dan sal julle weet Archimedes het in sy hele lewe nie een

Stories uit die Bosveld

Oom Willy en Archimedes

Skets: Debbie Visser

behoorlike baber uitgetrek nie. Enige man wat goeie aas gebruik en daar vis gaan vang weet lankal wat Archimedes weet.”

Ek en Boeta kyk vir mekaar want Oom Willy kom van Archimedes tot ‘n baber sonder dat ons mooi weet hoe!

“Ek en die vrou ry mos een Saterdag-oggend donker al dam toe. Die vrou vat ‘n boek om te lees en ek pak my stokke en my geheime aasmengsel in. Nou kyk, almal het al geweet as ek daai mengsel saamvat, dan kan hulle maar oppak. Net een man vang vis as ek my mengsel eers lekker gebrei en aan die hoek gesit het.

Daardie dag was ook nie anders nie. Hier teen twaalfuur toe die son mooi water trek, toe is my arm skoon lam en ek kry naand die ander manne so jammer dat ek maar van my aas uitdeel. Man, dis net babers waar jy kyk.

Die trokkie se pens sleep amper op die grond toe ek en die vrou daar weg is. Die ander vistermanne het tot een van die karavane volgepak maar die babers het net aanhou byt.

Ek sit nog en wonder wat ons met al die vis gaan maak toe die vrou die draadloos

aansit om die nuus te luister. Dis die een minister na die ander se stories en toe lees die man die verslag oor die damme. Man, ek het myself skoon boeglam geskrik want net daar oor die radio kom die nuusleser se stem en ek kan sommer die bekommernis in die

man se stem hoor. Die Department van Waterwese het n

dringende kommissie van ondersoek aange-stel om uit te vind hoe dit moontlik is dat die Glen Alpine Dam se watervlak in net een dag met 10% kon daal!”

Ek het tydens ‘n kuiertjie saam met vriende agteruit getrap en gestruikel toe ek die sementpaadjie voor hul huis mistrap. Ek het my kop stukkend geval teen die beton en my hand op ‘n glasstuk gesny toe ek ag-ter my druk om my val te probeer stuit. Dat

mens met een verkeerde treetjie jouself so stukkend kan val! Dit was bloed waar jy kyk!

Ek is in die motor gelaai en na die hospi-taal geneem waar die sekuriteitswag by die hek dadelik vir ons oopgemaak het en ons na die ongevalle-afdeling begelei het toe hy sien hoe ernstig my beserings is.

By ongevalle is daar dadelik na my omge-sien en die behandeling wat ek van dokters en verpleeg-personeel gekry het was onbe-rispelik.

Dit is nie my eerste goeie ervaring by hier- die hospitaal nie en ek dink ons Suid-Afrika-ners kla baie kere sommer uit beginsel uit.- Claudia Dumas, Soetdoring

Hospitaal gee hoop vir SABriewe aan die Redakteur

Onverwacht inwoner, Lizette Perrier teken die petisie vorm vir ‘n skoner poskantoor, saam met haar is DA aktivis Sybil Nieuwoudt.

Page 7: Nn 9 5 web issuu

9 MAY 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Page 8: Nn 9 5 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 9 MEI 20148

Lephalale kan dalk binnekort in die Guinness boek van wêreldrekords verskyn wanneer daar op 31 Mei gepoog gaan word om die meeste pakkies nie-bed-erfbare voedsel op een plek te versamel. Die projek is ten bate van die Helpende Hand Kupcakes se voe-dingskema waarin meer as 40 gesinne in Lephalale op ‘n maandelikse basis gehelp word.

Volgens een van die organiseerders, Charmain Rob-bertse, word daar weekliks nuwe gesinne op die lys ge-voeg. “Mense kry swaar en daar is baie families in die dorp wat honger lei. Ons kan nie voorbly met genoeg kos vir al die gesinne nie en daarom het ons hierdie projek aangepak.”

Groot debat by BosveldLaerskool Bosveld Primary het Dinsdagaand geskie- denis gemaak deur hulle heel eerste debatkompetisie aan te bied. Die tema vir hierdie jaar se debat was die uitwerking van tegnologie op die jeug van vandag.

Span Een onder leiding van Lizette Perrier het bestaan uit Nathalie Perrier, Anzelle Vermaak en Diehann Pretorius was die voorstanders wat gedebatteer het dat tegnologie ‘n positiewe uitwerking op die jeug het.

Die teenstanders was Tacia van Wyk, Bianca Smith en Christian Young onderleiding van Collette du Plessis, wat op hulle beurt gesê het dat tegnologie ‘n negatiewe uitwerking op die jeug het.

Na briljante debatvoering aan albei kante het die voorstanders van tegnologie met slegs een punt gewen.

Bosveld kan beslis trots wees op hierdie debatteerders en ons glo dat daar nog baie by hierdie skool gedebatteer gaan word.

Krugerpark se klein raakpraters

The Mokopane Latin Rhythm Dance Academy hosted its first annual Limpopo Ballroom dance champion-ships on 3 May on behalf of the Independent Dance Association of South Africa (IDA).

Dancers from across Limpopo were invited to participate. They we dressed to the nines, make-up and hair was expertly done and they were ready to be danced, twirled, and jived to test their steps, rhythm, skill and showmanship.

“I started Latin Rhythm in 2000 in Centurion and then moved the company to the UK for a few years, before moving back to South-Africa in 2006,” says Gert Moolman, own-er of Latin Rhythm Dance Academy. “We invite everyone to join and aim to make ballroom dancing open to anyone.”

“It’s a joy, regardless of your age or size, ballroom is for everyone,” he says. “We teach any age and we train in Ballroom, Latin American and Social (like ‘Sokkie’ and the Two-Step) as well as wedding open-ing dances.”

The studio is located at 41 B Dudu Madisha drive, Mokopane. Contact Gert Moolman on cell: 076 892 9179 or email: [email protected].

Latin Rhythm is alive in Mokopane

Below: Gert Moolman – President of the Independent Dance Association of South Africa, Anel Moolman Studio Manager at Latin Rhythm Mokopane, Jacques de Beer Dance teacher, Andrew Howitt Dance Teacher.

Group Formation Gold Medallists from left: Anel Moolman (choreographer), Charlotte le Roux, André Viljoen, Jacques de Beer, Lize Joubert, Ettienne Viljoen, Francina Botha, Andrew Howitt from Latin Rhythm Mokopane.

Right: The youngest competitor on the day and gold medallist Mariska Rossouw with dance teacher Jacques de Beer from Latin Rhythm Mokopane.

‘n Wêreld rekord vir LephalaleDie projek vorm deel van die Tekkie Tax dag op

31 Mei en sal by die Junction in Lephalale aangebied word. Ingang vir die dag is ‘n tekkie tax plakker (R10) en ‘n nie-bederfbare voedsel produk soos spaghetti of enige blikkies kos. “Ons is reeds besig om met groot kettingwinkels te onderhandel om soveel as moontlik produkte op die dag daar te hê, verskeie nasionale koe-rante en TV-kanale sal ook daar wees om die rekord vas te lê. Natuurlik sal die organisasie Guinness book world rekords ook die dag bywoon om te bevestig dat ons wel ‘n rekord opgestel het," vertel Charmain.

Die bestaande rekord is 75 000 items en die Kup-cakes beoog om meer as 80 000 in te samel.

Zia Boltman, Jurinda van Schalkwyk en Feliciano Diaz van Laerskool Krugerpark het onlangs deurgedring na die ATKV redenaarskompetisie se semi-finaal. Hulle gaan nou hul kragte teen die provinsie se beste meet tydens die volgende rondte wat op 30 Mei in Polokwane plaasvind.

Page 9: Nn 9 5 web issuu

9 MAY 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 9

As more parents prefer to turn to home schooling as they believe it to offer their children the best education opportunities in Limpopo, the concept has really taken off in Mokopane.

The Chrysalis Tutor Centre is situated on a small farm just outside town and is run by the highly-qualified principal, Angelique Mostert. This location allows children to learn, have fun and be creative in a healthy environment.

Chrysalis Tutor Centre turns one“You can feel the children’s excitement

to do the best that they can,” says Mostert. “Their projects are of high quality and crea-tivity.

“History comes alive in their narrations, dress-up days and models of the period they are learning about,” she explains. “They don’t learn from boring textbooks but living books, which bring all their subjects to life.”

This private English-medium tutor centre was founded at the end of 2012 and started

in January 2013 with 23 pupils. It caters for parents who desire the intimate environment of home schooling as well as a high academic standard, offering more than just the usual subjects including eco-schools, art, music and MindUp.

Anyone looking for more information can email Angelique Mostert at [email protected] Adele Essakow

Nou meer as net ‘paint ball’Kamakazi Paint Ball net buite Mokopane bied nou meer as net ‘n ‘paint ball’ baan. Daar is nou ‘n ten volle gelisensieerde kroeg op die perseel en ‘n mens kan enige middag daar inval vir ‘n lekker middagete of ‘pub lunch’ terwyl jy opvang op die dag se sportgebeure op die groot skerm televisie. “Probeer gerus ons Calamari- of Samoosa baskets,” sê die eienaar, Derek Uren. Tussen 17:00 en 18:00 is dit ‘happy hour’ en van Woensdae tot Saterdae word daar lekker gedans van 19:00 tot die oggendure. Saterdae is daar karaoke.

Op 24 April het Neléah Bergh van Z’s Dance Studio haar disco eksamen afgelê en ‘n puik punt behaal. Neléah het 91% vir haar Disco vlak 1 eksamen gekry.

Puik uitslae vir danseres

Athletes from Waterberg FET College in Mokopane brought home six medals from the recent national track and field championship hosted by College Sports South Africa (COSSA) at the Chatsworth Stadium in Durban. Some of Waterberg FET’s medal winners were from left: DS Lamoela - shotput (bronze), RF Seaba - high jump (silver) and TM Kekana - 5000m and 1500m (gold). ML Sakong received gold for javelin.

Waterberg rakes in the medals

Page 10: Nn 9 5 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 9 MEI 201410

Page 11: Nn 9 5 web issuu

9 MAY 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 11

Page 12: Nn 9 5 web issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

UMarie Oosthuizen van die Mokopane Stoeiklub het verlede naweek in Kaapstad goud gaan haal toe sy aan die Suid-Afrikaanse Presidente Stoeikampioenskappe gaan deelneem het. “By die Presidente speel ouderdom geen rol nie en stoei mens net op gewig,” het haar trotse pa, Bertus, hierdie week verduidelik.Met vier stoeiers in haar gewigsafdeling het Marie sommer gou met twee van haar opponente afgereken al was sy die enigste een van die vier wat nog nie haar Proteakleure het nie. Sy het die een geveg met ‘n val gewen en toe klop sy sowaar die Afrika-kampioen met tegniese superioriteit - die skeidsregter het die geveg gestop omdat die ander stoeier eenvoudig nie ‘n kans gestaan het nie.

Die Potgietersrus DLU het hierdie jaar weer sy wêreld worsrekord verbeter toe hy tydens die Windpompfees op Mookgophong ‘n enkele stuk boerewors van 1 557,15m op een slag op die roosters gepak en gebraai het. Daar was 55 DLU lede met hul gades betrokke by die wors pak en die braai daarvan. Meat City in Mokopane het die 1350kg vleis bewerk. Hulle het 45kg speserye en 27 bondels worsderms gebruik. Sewe mense het 12 ure aaneen gewerk om die wors gemaak te kry.Die braaier is gebou deur Wynand le Grange van Wysa Engineering.

DLU breek weer worsrekord

Marie klop SA se bestes

Find Northern News on Facebook or follow us

on Twitter.For more news and photo's visit us at

www.noordnuus.co.za

Morné bring silwer uit AfrikaMorné van der Bank van Hoërskool Piet Potgieter het die afgelope skoolvakansie in Uganda aan die Afrika Swem Assosiasie se swem kampioenskappe gaan deelneem. Die kampioenskappe is in Kampala aangebied waar Morné ‘n silwer medalje in die 100m rugslag verower het en twee vierde plekke in die 50m en 200m rugslag behaal het.