nn 15 4 issuu

8
Deur Amanda Basson ([email protected]) LEPHALALE – Die bewoë ma van Monique Barnard (19) het Woensdag ge- pleit dat enigiemand wat inligting het oor waar haar dogter moontlik kan wees na vore sal kom. Monique het verlede Don- derdag in die vroeë oggendure verdwyn nadat sy na bewering in ‘n argument met haar vriend betrokke was. Monique het haar ma, Susan Loubser, verlede Woensdag (6 April) gebel en glo gesê dat sy en haar vriend baklei het. “My kind was baie ontsteld, maar ons het die hele aand vir mekaar boodskappies gestuur en ek het gedink dat alles beter was.” Donderdagoggend het Susan vir Monique probeer skakel maar die foon was af en is sedertdien nog nie weer aangeskakel nie. Monique het onlangs na Lephalale verhuis van Vanderbijlpark af en het by haar mansvriend gaan woon. “Monique se vriend het vir my gesê dat sy omstreeks 01:00 Donderdagoggend met ‘n klein tassie vol klere by hul tuiste in Kameeldoringstraat uitgeloop het; en dat sy het nie ‘n sent by haar gehad het op daardie stadium nie,” sê Susan. Sy het daarna spoorloos verdwyn. “Ek het al ons familielede gekontak en sovêr as moontlik met haar vriende gepraat, maar niemand het my kind gesien of van haar gehoor nie.” Jong vrou verdwyn spoorloos Susan sê Monique ly aan depressie en epilepsie. "Ek het gevoel dat alles goed gaan met haar, omdat sy altyd so positief was as ek met haar praat.” Susan sê Monique het slegs een keer van te vore weggeloop om by familielede te gaan bly. “Sy het egter die hele tyd met my in kontak gebly en vir my gesê waar sy is; die feit dat haar foon af is, is vir my baie kommerwekkend.” “Monique se vriend het ook vir my gesê dat hy vermoed dat sy dalk haar foon verkoop het om ‘n buskaartjie te koop na Johannesburg, ek het daarom foto’s van haar by die bus depot gaan los, en vir die personeel gevra om my te kontak as hulle haar gewaar, maar sovêr het niemand vorendag gekom wat haar gesien het nie,” vertel Susan. Sy het Monique as vermis by die polisie aangemeld en het ook kontak ge- maak met die Pink Ladies, ‘n organisasie wat help om vermiste persone op te spoor. Foto's van Monique en haar inligting is reeds wyd op Facebook versprei. Monique het bruin hare en bruin oë. Sy het 'n swart hemp met bandjies en 'n swart sweetpakbroek aangehad voordat sy verdwyn het. Enigiemand wat weet waar Monique haar bevind of enige inligting het wat kan help om haar op te spoor, kan Susan direk skakel by 082 267 4254 of die Lephalale polisie op 014 762 1000. Intussen het adjudant offisier Frans Mokoena van die Lephalale polisie ook bevestig dat ‘n vermiste persoon verslag geopen is en dat die polisie besig is om leidrade op te volg om Monique te probeer vind.

Upload: helena-raats

Post on 28-Jul-2016

250 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper

TRANSCRIPT

Page 1: Nn 15 4 issuu

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – Die bewoë ma van Monique Barnard (19) het Woensdag ge-pleit dat enigiemand wat inligting het oor waar haar dogter moontlik kan wees na vore sal kom. Monique het verlede Don-derdag in die vroeë oggendure verdwyn nadat sy na bewering in ‘n argument met haar vriend betrokke was.

Monique het haar ma, Susan Loubser, verlede Woensdag (6 April) gebel en glo gesê dat sy en haar vriend baklei het. “My kind was baie ontsteld, maar ons het die hele aand vir mekaar boodskappies gestuur en ek het gedink dat alles beter was.”

Donderdagoggend het Susan vir Monique probeer skakel maar die foon was af en is sedertdien nog nie weer aangeskakel nie.

Monique het onlangs na Lephalale verhuis van Vanderbijlpark af en het by haar mansvriend gaan woon.

“Monique se vriend het vir my gesê dat sy omstreeks 01:00 Donderdagoggend met ‘n klein tassie vol klere by hul tuiste in Kameeldoringstraat uitgeloop het; en dat sy het nie ‘n sent by haar gehad het op daardie stadium nie,” sê Susan.

Sy het daarna spoorloos verdwyn. “Ek het al ons familielede gekontak en

sovêr as moontlik met haar vriende gepraat, maar niemand het my kind gesien of van haar gehoor nie.”

Jong vrou verdwyn spoorloos

Susan sê Monique ly aan depressie en epilepsie. "Ek het gevoel dat alles goed gaan met haar, omdat sy altyd so positief was as ek met haar praat.”

Susan sê Monique het slegs een keer

van te vore weggeloop om by familielede te gaan bly. “Sy het egter die hele tyd met my in kontak gebly en vir my gesê waar sy is; die feit dat haar foon af is, is vir my baie kommerwekkend.”

“Monique se vriend het ook vir my gesê dat hy vermoed dat sy dalk haar foon verkoop het om ‘n buskaartjie te koop na Johannesburg, ek het daarom foto’s van haar by die bus depot gaan los, en vir die personeel gevra om my te kontak as hulle haar gewaar, maar sovêr het niemand vorendag gekom wat haar gesien het nie,” vertel Susan.

Sy het Monique as vermis by die polisie aangemeld en het ook kontak ge-maak met die Pink Ladies, ‘n organisasie wat help om vermiste persone op te spoor. Foto's van Monique en haar inligting is reeds wyd op Facebook versprei.

Monique het bruin hare en bruin oë. Sy het 'n swart hemp met bandjies en 'n swart sweetpakbroek aangehad voordat sy verdwyn het.

Enigiemand wat weet waar Monique haar bevind of enige inligting het wat kan help om haar op te spoor, kan Susan direk skakel by 082 267 4254 of die Lephalale polisie op 014 762 1000.

Intussen het adjudant offisier Frans Mokoena van die Lephalale polisie ook bevestig dat ‘n vermiste persoon verslag geopen is en dat die polisie besig is om leidrade op te volg om Monique te probeer vind.

Page 2: Nn 15 4 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 15 APRIL 20162

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – Die Endangered Wildlife Trust (EWT) het verlede Donderdag swaar klem gelê op die feit dat die kwynende getal aasvoëls so kommerwekkend is as die kwynende getalle van renosters, leeus en olifante. EWT het ’n werkswinkel vir belang-stellendes aangebied by Exxaro se Manketti Lodge.

“As ons na statistiek kyk kom daar nog ongeveer 20 000 witrenosters, ongeveer 5 000 swartrenosters, 250 000 olifante en 3 000 leeus in Suid Afrika in die wildernis voor, terwyl sommige aasvoël tipes amper heeltemal uitgesterf het,” het André Botha, ‘n bewaringsbeampte wat die werkswinkel aangebied het, gesê.

Die plaaslike Kransaasvoël is een van die mees algemene aasvoëlspesies wat voorkom. “Ons weet van ongeveer 8 000 van hulle. Daar is onder andere ‘n kolonie broeipare wat op Marakele Nasionale Park net buite Thaba-zimbi in die klowe voorkom.”

Die verband tussen renosters en aasvoëls eindig nie net by die kwynende getalle nie, maar albei diersoorte is ook ‘n teiken vir wildstropers. “Stropers sal soms die karkas van ‘n renoster of olifant vergiftig omdat hulle weet dat die dooie dier aasvoëls sal lok,” sê Botha. Die stropers wag dan tot die voëls

Kommer oor aasvoël getalle

vrek en sny hul koppe en pote af om aan san-gomas te verkoop. “Die liggaamsdele word as tradisionele medisyne (muthi) verpak en verkoop onder die voorwendsel dat die per-soon wat die gebruik die vermoë sal hê om in die toekoms in te kyk.”

Volgens Botha is dit gevaarlik om hier-die tipe 'medisyne' te gebruik aangesien die gif wat deur stropers gebruik word deur die voël se liggaam geabsorbeer word en steeds in klein hoeveelhede in die 'medisyne' kan voorkom. “Die effek van die gif sal nie dadelik

opmerklik wees nie, maar met herhaaldelike gebruik kan dit beslis tot gesondheidspro-bleme of selfs die dood van die gebruiker lei.”

Aasvoëls is vatbaar vir vergifting weens die manier waarop hul eet.

“Hierdie voëls eet net dooie diere en sal ook in ‘n groep eet wat beteken dat dit maklik is om ‘n groot hoeveelheid aasvoëls op een slag te dood deur ‘n karkas met gif te besmet.”

Hierdie majestueuse voëls plant stadig voort en is eers gereed om te broei as hulle ses jaar oud is. “’n Groot gedeelte van die aasvoëls wat gedood word is jonger as vyf jaar oud - dit beteken dat hul nooit die kans gehad het om voort te plant nie,” sê Botha.

In ander Afrika lande het mense geleer om in harmonie met die voëls te lewe. “In Wes Afrika loop die voëls vrylik tussen die tafels van restaurante om die afval kos te eet en hul speel ook ‘n belangrike rol om die stede skoon te maak.”

Botha en sy span werk reg oor Suid Afrika en doen 'n beroep op mense om hom te kontak indien hulle vermoed dat 'n aasvoël op hul grond vergiftig is."Dit is baie belangrik om die toneel reg te benader om te verseker dat ander diere in die omgewing nie ook deur die gif gedood word nie.”

Botha kan gekontak word op sel: 082 962 5725.

André Botha tydens sy praatjie by Manketti lodge verlede week.

Beskuldigde pleit eersdaagsMartie Le Grange ([email protected])

MOKOPANE – Gillian Foster, die oord- bestuurder van Bothania Hills vakansieoord buite Mookgophong wat in Maart deur ’n werknemer van die oord met ’n hamer aangerand is, is verlede week uit die Unitas Hospitaal ontslaan.

Foster is weens die aard van haar kop besering steeds nie in staat om ’n polisie- verklaring af te lê oor die voorval nie, aan-gesien sy aan geheue verlies ly.

Alhoewel die beskuldigde, Boiki Motaung, met ’n vorige hofverskyning reeds skuld beken het, is daar Maandag beslis dat hy op 26 April formeel in die Mokopane streekhof sal pleit.

Volgens vriende van Foster wat Maandag by die hof was, gaan dit glad nie goed met haar nie. ’n Dokter het klaarblyklik gesê sy het breinbeserings opgedoen wat net tydelik van aard is.

Daar is onlangs ook rekonstruksie op Foster se neus gedoen en sy sterk tans aan by haar ouerhuis in Boksburg. Sy ontvang ook traumabehandeling van Nantes Kelder van Afriforum.

MOKOPANE – Die Potgietersrus CVO Skool in samewerking met Vleissentraal Bosveld se jaarlikse wildveiling as fondsinsamelings inisiatief vir die skool is verlede Vrydag vir die tweede jaar suksesvol aangebied.

Hierdie veiling is kenmerkend aan die bosveld atmosfeer wat geskep word met sta-pel vure, biltong en braaivleis as verversings en industrie verwante uitstallers.

Sowat 250 kopers het by die CVO Skool byeengekom en gesellig verkeer terwyl 30 lotte met 430 stuks eksotiese en gewone wildsoorte onder die hamer gekom het.

Jong Njala ooie het verkoop vir R26 000 stuk terwyl ‘n Njala bul met ‘n horinglengte van 29”, van Marzyl Boerdery (Edms) Bpk, ‘n allemintige R 90 000 behaal het.

Die hoogste prys bereik op die veiling was vir ‘n Goue Wildebees, ook van Marzyl Boerdery, gekoop deur WJ Kruger Boerdery vir R500 000.

Ander opmerkende verkope op die veil-ing was ‘n Rietbok ram met ‘n horinglengte van 14” wat verkoop het vir R32 000, asook dragtige Zambiese Swartwitpens kruis-verse wat verkoop is teen R220 000 stuk. Die totale omset van die veiling was R6,36-miljoen.

Niel Swart van Vleisentraal Bosveld wat die veiling behartig het, het bevestig dat die veilingspryse beter is as die afgelope paar bosveld wildveilings.

Die CVO skool het hulle dank uitgespreek teenoor Vleissentraal Bosveld, kopers en gas verkopers en alle ander betrokke partye wat

Rekord wild veiling vir CVO Skool

Gideon Anderson van WJ Kruger Boerdery (links) is die trotse koper wat R500 000 opgedok het vir ‘n spoggerige Goue Wildebees by Piet van Zyl van Marzyl Boerdery.

Regs: Dié Goue Wildebees het ‘n half miljoen rand op die Potgietersrus CVO Skool en Vleissentraal Bosveld se onlangse wildveiling behaal.

hierdie spog geleentheid help moontlik maak het.

Aanstaande jaar se wildveiling datum is reeds bevestig vir 11 Maart 2017.

LEPHALALE – NG Kerk Ellisras Wes het die hand uitgereik na minder bevoorregtes. Volgens lidmaat, Lizette Perrier, is hulle al ‘n geruime tyd betrokke by die Abraham Kriel Kinderhuis in Modimolle.

“Ons het Huis Matopie, een van die huise op die perseel, aangeneem en probeer om sovêr as moontlik vir die meisies te gee wat kinders in normale huise as vanselfsprekend aanvaar.”

Huis Matopie bestaan uit elf laerskool dogters tussen 6-14 jaar. “Dis hartseer om te weet dat die meisies nie gewoond is om vleis by hul maaltye te kry nie, daar word van soya produkte gebruik gemaak,” sê Perrier.

Die kerk het besluit om een keer ‘n week vir die meisies vleis, vars produkte en beder-fies soos jogurt en lekkernye te skenk. “'n Lidmaat gaan gewoonlik naweke Modimolle toe om die goedjies te gaan aflaai en elke mamma in die kerk het ook ‘n dogtertjie in die huis 'aangeneem'.”

Die mammas sorg ook dat die meisie waarvoor sy verantwoordelik is met die kind se verjaarsdag ‘n geskenkie en koek kry. “Van die kinders wat in Huis Matopie woon se ouers is oorlede en die welsyn kon nie daarin

Kerk reik uit na kinderhuis se dogtersslaag om familielede te kry by wie die kind geplaas kon word nie, ander is weer daar omdat die ouers nie finansieel in staat is om na die meisie te kyk nie of omdat die kind verwaarloos of mishandel is.”

Die kerk het dit goed gedink om ‘n fonds-insameling te hou en gaan op Dinsdag 26 April ‘n funksie aanbied. “Die kaartjies kos R160 per persoon en sluit ‘n ete, vermaak en ‘n gelukkige trekking in,” sê Perrier. Die opbrengs sal gebruik word om vir die meisies warm pajamas vir die winter en ‘n waterdruk-pomp vir die huis te koop.

“Ons kerk het ‘n aparte bankrekening wat vir die Abraham Kriel Kinderhuis geskep is. Alle gelde gaan dan direk aan die kinders en mense wat wil hê hul donasie moet vir ‘n spesifieke doel gebruik word kan dit ook so aandui.”

As daar iemand is wat geroep voel om ‘n skenking aan die kinderhuis te maak kan hulle met Louise de Lange by die kerk kon-tak maak. “Ons aanvaar enige skenking van tweedehandse of nuwe klere tot huishoude-like items en kontant donasies.”

De Lange is elke dag beskikbaar by die kerkkantoor langs Laerskool Bosveld.

Page 3: Nn 15 4 issuu

15 APRIL 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

Martie le Grange ([email protected])

MOGALAKWENA – Ratepayers who were affected by the municipal strike are relieved after Mayor Parks Sebatjane announced that workers reported for duty last week Thursday. Residents, however, demand to know what the municipality’s action plan is to catch up with the five-week backlog.

Service delivery at the Mogalakwena Municipal-ity was resumed after David van Rooyen, minister of corporative governance human settlement and traditional affairs (Coghsta), intervened to end the crippling five week strike.

Mogalakwena faced persistent challenges fol-lowing municipal workers going on strike over "inadequate benchmarking of salaries compared to similar-sized municipalities".

The duration of the strike caused lots of frustra-tion for residents. Many are refusing to pay for ser-vices that were not rendered during the strike. “We now have to face endless queues at the municipality and who knows what more is to come?” one such a ratepayer told Northern News on Monday. Queues at the traffic department at the municipality were de-scribed as a nightmare and one high school learner complained that his drivers' license should have been issued a month ago.

A resident of Kameeldoringpark approached Northern News and expressed her concern about a water leak she claims to have reported to the municipality in December. Workers unsuccessfully attempted to fix the leak, but thousands of liters of water are being wasted,” she said.

Sebatjane apologised to the community unre-servedly about the non-delivery of services and said in a media statement that the municipality will try to ensure that it finds a long-term solution to avoid

Mogalakwena municipal backlog- municipality to prioritise basic essential services

The recent municipal strike has seen a deterioration in infrastruc-ture. One Kameeldoringpark resident claimed she reported this wa-ter leak in Rabe Street to the municipality in December and claims workers attempted to fix the leak unsuccessfully. Korny Dekker, DA ward councilor said he reported it again on Monday.

similar situations in the near future. “The municipal executive management will priori-

tise essential services in an effort to restore services. “We commit to ensure that the municipality

learns from this episode and puts in place a firm ba-sis for sustainable, quality and effective governance and administration informed by the back to basics principles," Sebatjane added.

By Morakhu Kekae ([email protected])

MOKOPANE – The final Independent Electoral Commission (IEC) registrations took place over the weekend and voter registration numbers are said to have declined in certain Mogalakwena areas. Some residents say its because of poor service delivery.

Josphina Mongwe, a resident of Extension 19, lived with the overflow of sewage spilling into her yard for six weeks. Her complaints to the Mogala-kwena municipality fell onto deaf ears and the strike made it impossible to get the municipality to act. On Monday April 4, after weeks of complaints, the mu-nicipality finally sent someone to fix the sewage leak.

“I’ve been living in these disastrous conditions for weeks,” she says. “Today they canvass for our votes and promise us a better life and I’ve been voting for years, but still nothing has changed.”

Mongwe’s neighbour, Petrus Tshabalala, feels that there is no point of voting while there is little or no services being rendered. “Many residents have be-come apathetic citizens due to a failure of local gov-ernment to serve its communities,” says Tshabalala. “The municipality lacks a contingency plan to sustain service in time of conflict.”

What is the point in voting, resident asks“I’ve been living in these disastrous conditions for weeks,” she says. “Today they canvass for our votes and promise us a better life and I’ve been voting for years, but still nothing has changed.” - Josphina Mongwe from Extension 19.

Police had to rescue a self-confessed accomplice of a gang of house robbers when mob of angry residents of Mozombana next to Platreef mine got hold of him om Wednesday.

The 32-year-old from Mah-welereng admitted to police that he was part of a gang of four that overpowered and man-handled a housekeeper while her employer was at work. She was robbed of two cell-phones and an undisclosed amount of cash was removed from the house.

When the three fled the scene she raised alarm and contacted her em-ployer, a Mahwelereng police constable. Residents quickly apprehended the fourth member of the group who did not enter the house, but waited outside. He claimed he didn't go in as he knew the owner of the house as well as the housekeeper, says Mahwelereng police spokesperson, con-stable Sello Leso. "By the time our member, the owner of the house, got there, the crowd had already severly beaten the suspect," he said.

The owner managed to "rescue" the suspected robber from the crowd and took him into the house from where police had to sneak him out through the back door as the crowd refused to dispurse and demanded he be handed over to them for further "punishment".

Leso says the man, now in custody, shared the names and addresses of his accomplices with the police. "We hope to arrest them shortly."

Brutal 'justice' for robbery suspect

GOLDWELL SPECIAL!

Page 4: Nn 15 4 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 15 APRIL 20164

With 8000 newspapers weekly, we offer the best promotional possibilities for your business

- call us on 014 763 5132 (Lephalale) or 015 491 3082

(Mokopane).

MOGALAKWENA – The development of a new mine often breathes new life into the communities it operates in. When Ivanhoe Mines, through its South African subsidiary, Ivanplats, started with the construction of its Platreef Project outside Mokopane in 2015, the surrounding community knew they would benefit.

While the shaft sinking activities con-tinue at Shaft 1, the company has been investing in the community as part of its Enterprise and Supplier Development (ESD) programme. The ESD division is tasked with assisting entrepreneurs to set up and develop existing businesses, providing interest-free loans, training and assistance with market re-search, case studies, business plans as well as guidance in negotiations with suppliers.

Last week saw the unveiling of four busi-nesses, including the Tlhwekisha Laundry and Cleaning company (an on-site laundry that services Ivanplats and Aveng Mining and has eight employees); Hema Manufactur-ing Products (a manufacturer of dust masks that produces 4000 units a day); Skhaftin Site Kiosk (a on-site kiost which employes six people); and the Bangwanati/Monkeybiz Beading Project.

The biggest success story is Hema (see staff depicted below) which aims to ramp up its production of dust masks to 6000 per day. Hema employs 20 full-time staff from the project’s host communities and are also the owners of the business. Due to increased demand for the product, two more people have been employed to work at the plant on

Making a real differencea casual basis.

The Bangwanati/Monkeybiz Beading Project also makes for an interesting story. The ESD division assisted the Bangwanati Disabled People Project to find a market for beads, introducing the project and its tal-ented beaders to Monkeybiz which has since agreed to source placemats and coasters from Bangwanati. Monkeybiz is part of Car-rol Boyes, a leading accessories retailer that supplies stores as far as New York, Londen, Paris and Tokyo. Artists are paid as soon as a pièce is delivered and has passed a basic quality check.

“Ivanplats’ support for local entrepreneurs is a key pillar of our commitment to help resi-dents of our host communities to build sus-tainable small business,” says Ivanplats M.D. Patricia Makhesha. “Of course, new and sus-tainable jobs will be created in the process of assisting local businesses to flourish”.

LEPHALALE – Three men were arrested for poaching when they were found with the carcasses of seven impala in their possession on a farm just outside Lephalale last week. According to warrant officer Frans Mokoena of the Lephalale police the men were arrested by two members of Nature Conservation. “The carcasses were confiscated and the men were apprehended and ap-peared in the Lephalale magistrate court on Monday.” Here is Johannes Mothoni and Piet Mokiba of Nature Conservation who arrested the three men for poaching.

Poachers arrested with impalas

Martie le Grange ([email protected])

MOKOPANE – Danksy ‘n spanpoging van Tafelronde Kameeldoring '92 tesame met die radiostasie Jacaranda se Good Morning Angels kan klein Leonardo du Toit (8) weer normaal oor die weg kom met ‘n splinter-nuwe prostese.

Leonardo is in Graad 1 in Laerskool Krugerpark en sy droom is om soos ‘n normale seuntjie te kan speel. Hy is met klompvoetjies gebore en sy een been moes op 6-jarige ouderdom geamputeer word toe sy toestand versleg het. Leonardo se ouers wou bitter graag hulle seuntjie help, maar het nie oor genoeg fondse beskik om vir hom ‘n prostese te kry nie. Sy pappa het ook sy werk verloor nadat die fabriek waarvoor hy gewerk het, hul deure gesluit het. Die gesin het wel daarin geslaag om R10 000 in te samel maar het nog R23 000 gekort om vir Leo se prostese te betaal. (Alhoewel Leo in 2014 ‘n prostese gehad het, het hy dit ontgroei).

Kobus Klopper van Tafelronde Kameeldor-ing 92 het die gesin geïdentifiseer en by Jac-aranda se Good Morning Angels aangeklop op hulp. Leonardo se droom word binnekort verwesenlik na die radiostasie se oproep aan sy mamma, Naomi, op 30 Maart waartydens die program ook op die lug uitgesaai is. Tafel-ronde se Christo Bezuidenhout het ingetree as die seuntjie se “engel” en onderneem om die balans van die prostese te betaal.

Na Leo se eerste “Blou Bul” prostese is sy begeerte om dié keer ‘n “Springbok” been te hê.

Hierdie energieke seuntjie se ma sê haar

Tafelronde help met seun (8) se prostese

kind kan nie wag om op die rugbyveld uit te draf nie.

Tafelronde Suid Afrika is ‘n nie-politiese organisasie bestaande uit jong manne tussen 18 en 40 jaar van byna elke beroep. Hulle streef om die gemeenskappe waarin hulle beweeg te dien.

KGOBODI – In the heart of Kgobodi village rests the Lesedi Com-munity Centre where orphaned and vulnerable children find a safe haven. The centre was given a boost when Ivanplats invested heavily in the area and assisted in upgrading not only the building, but adding a children playground and sports grounds as well.

Ivanplats is developing the Platreef mine outside Mokopane. At the Lesedi Community Centre, the mining house assisted with the development of a vegetable garden to feed the children (the excess is sold to contribute to the funding of the centre). The company also donated some JoJo tanks for water and sanitation units.

While Ivanplats sponsors weekly musical and educational classes, the Kgobodi community could really benefit from a sports programme to make full use of the netball and soccer fields.

“The plan for 2016 is to continue to put teaching aids in place, but we need the business sector to assist us,” says Mmaseleka Khaas, one of the LED project managers at Ivanplats. “The need in this community is so great that any assistance will be appreciated.”

Any businesses who would like to donate food or individuals or sport clubs who would like to find out how they can assist with this community project can phone Mmaseleka on cel: 073 518 7799.

Help to feed needy children

Page 5: Nn 15 4 issuu

15 APRIL 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

WIMPY delivers in Ellisras and Onver-

wacht. Call Alma on 082 879 1582 to place

your order.

Martie Le Grange ([email protected])

MOKOPANE – Om nege medaljes in net drie maande in te palm is nie vir elke 85-jarige beskore nie. Teddie Beukes wat eers-daags sy 86ste verjaarsdag vier het egter bewys hy het murg in sy pype en het dié swem prestasie vanjaar-bereik.

Beukes se goeie in-gesteldheid teenoor fiksheid en die besluit om meer ak-tief te raak het hom sedert 61-jarige ouderdom, toe hy begin swem het, baie laat bereik. As tandarts van beroep was hy vroeër jare belas met ’n kniekwaal, maar hy het by ’n swemklub aangesluit na-dat ’n pasiënt hom eendag aangeraai het dat swem goeie oefening is vir sy knie.

Dié bejaarde ryg sedertdien een medalje na die ander in en het tot dusvêr vir 2016 reeds nege medaljes opgeraap. “Dit sluit nie my prestasies vir die Midmar myl in nie,” sê hy ewe beskeie. Beukes het 24 Midmar myle agter die blad en spog met twee medaljes in die mees onlangse een waarvan een vir deelname asook ’n Goue medalje en wis-seltrofee vir die oudste mans deelnemer wat die afstand voltooi het. In laasgenoemde gala het Beukes teen sowat 71 swemmers van sy ouderdomsgroep meegeding. Dié wisseltrofee behoort al vir die afgelope drie of meer jaar aan hom.

Beukes het in Maart vyf goue medaljes

Oom Teddie ryg medaljes in!

verower in die Suid Afrikaanse Meester Swemkampioenskap in Durban vir die 50m, 100m, 200m, 400m en 800m kruipslag. Hier het swemklubs van regoor die land deel-geneem. “Oefen hou jou fiks en fiksheid is die geheim,” skerts die kranige swemmer wat in die somer vier dae per week by ’n watergat op ’n plaas buite die dorp oefen.

Beukes glo daar lê vir hom nog heelwat swem avonture voor. Sy volgende swem uit-daging waarna hy baie uitsien is die jaarlikse Sun City Swim opewater swembyeenkoms wat in Oktober vir hom wink.

Teddie Beukes (85) is ’n aktiewe inwoner van Mokopane wat die een na die ander medaljes inryg vir sy uitsonderlike prestasie in swem. Sy vrou, Mart Beukes, is net so aktief en is Teddie se steunpilaar.

Dubai wink vir Dario!LEPHALALE – Dario Geyser is 16-jaar oud en het reeds naam gemaak met sy swemtalent. Hy vlieg hierdie week Dubai toe

om aan ‘n internasionale kompe-tisie te gaan deelneem. Dario het vroeër die jaar 'n derde plek behaal in die 100m en vierde in die 50m vlinderslag by die Suid Afrikaanse swem kampioenskappe in Port Elizabeth. Alhoewel hy 16 is, het hy aan die o/19 afdeling deelgeneem. Sy spanmaat GJ Roets het ‘n vierde plek behaal in die o/13 afdeling vir 50m vlinderslag. Heel links is Dario en naaslinks is GJ.

Page 6: Nn 15 4 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 15 APRIL 20166

Page 7: Nn 15 4 issuu

15 APRIL 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za

tee en onder burgemeester. Hy dien in die destydse Ontwik-kelingsraad sedert die stigting tot en met die ontbind-ing daarvan. Hy was voor-sitter van die Afrikaanse sakeka-mer van Potgi-etersrus en ook van die Noord Transvaalse Handelsinstituut en later dien hy op die bestuur van die Kamer van Koophandel. Hy was ook betrokke op besture van Hoërskool Piet Potgieter en die Waterberg Skool.

As gelowige was hy nou betrokke by sy kerk en dien jare as ouderling en hoof ouder-ling by die Nederduits-Hervormde Kerk van Afrika. Oor die jare het hy boerdery belange gehad en hy geheg aan sy diere en plante.

“Pa, oupa Jan, vandag is jy by jou Hemelse Vader en jou plek hier is leeg en jou stem stil. Maar in ons harte sal jy bly leef. Rus in vrede.”

Oom Jan word op Vrydag 15 April om 12:00 vanuit die Nederduits-Hervormde Kerk in Hoogestraat begrawe.

7

Potties Rugbyklub se tweedespan het verlede Vrydag aand in ‘n kragmeting teen Mussina se eerste span te staan gekom en met die louere weggestap nadat Wikus Pretorius, Wickus Visser en Antony Hawken elkeen vir ‘n drie gesorg en Hawken ook een drie verdoel het.

Die voorspeler van die wedstryd was Ger-rit du Plessis (of beter bekend as Bees), en die agterspeler van die wedstryd is Lionell Smit. Elkeen ontvang ‘n Dros eetbewys.

Tydens Potties se eerstespan wedstryd teen die Universiteit van Venda op dié span se tuisvelde in Thoyando het Potties geseë- vier met ‘n puntetelling van 48-12.

Tydens dié wedstryd het Deon Klein, Ruan Potgieter en Phil Herselman elkeen ge-sorg vir ‘n drie terwyl Phillip Fuls en Willem Dryer elkeen vir twee drieë gesorg het.

Jan Vorster het vyf uit sewe doelskoppe en ook ‘n strafskop vermag. Nico Els was voorspeler van die wedstryd en Willem Dryer die agterspeler van die wedstryd. Hulle ont-vang ook elkeen ‘n eetbewys van Dros.

Potties rugbyklub is doelgerigPotties Rugbyklub se afrigters en bestuur

sê hulle is baie trots op elke speler en ook opgewonde oor wat voorlê vir 2016. Die klub het hulle dank teenoor al hulle borge uitgespreek en sê sonder bydraes sou rugby nie vir die klub moontlik gewees het nie. Mi-croMatica Transport word ook bedank vir die gebruik van hulle bus.

Potties Rugbyklub kom eerskomende Saterdag te staan teen Letaba. Die tweede span speel om 17:00 en die eerste draf op die veld om 18:30.

Die klub voorsit-ter, Renier Labus-chagne sê Potties se eerstes is tans bo aan die punteleer met 10 punte gevolg deur Louis Trichardt en Letaba met nege punte elk .

Links: Klasie le Roux van Midas en Potties Rug-byklub se voorsitter, Renier Labuschagne spog met die spelers se nuwe rugbybroeke.

Regs: Leslie Venton (onder klubvoorsitter) en Jan Lourens van Havenga Droogskoonmakers wys die spelers se geborgde rugby truie.

Links: Walter van der Walt van Meat City as trotse medeborg spog saam met die rugby afrigter Jaco de Villiers met die klub se rugbytruie.

MOKOPANE – Die welbekende inwoner van Mokopane, oom Jan Dippenaar, is op 11 April oorlede.

Oom Jan se familie skryf kort na sy af-sterwe: “Ons dank, lof en eer aan God ons Hemelse Vader wat ons geseën het met die lewe van ons pa, oupa en vriend, Jan Dippe-naar (Oom Jan).”

Jan Dippenaar is op 17 Augustus 1928 in die distrik van Potgietersrus gebore. Hy het sy lewe gelei met die leuse: “Die klein bietjie wat ek het, het ek van my Skepper, my kerk en die gemeenskap van Potgietersus ontvang en daarom het ek gedurende my lewe gepoog om dit terug te ploeg.”

Hy matrikuleer in 1946 en sluit ’n jaar daarna by die staatsdiens aan waar hy in die aktekantoor diens doen en aan die Universite-it van Pretoria studeer. In 1953 keer hy terug na sy geboortedorp en word aangestel as die balju waar hy aanbly tot 1997 met sy aftrede op 44-jarige ouderdom. In 1954 tree hy in die huwelik met Shiela Kuhn en daar word vier kinders uit die huwelik gebore.

Hy sien Potgietersrus groei vanuit ’n dorpie met stofstrate tot die dorp waar dit vandag is. Hy word geken as eiendomsagent, vendusie afslaer en eiendoms waardeerder. Verder dien hy op verskillende besture onder meer die Transvaalse geregsbode Vereeniging, die provinsiale Vereeniging van balju’s asook die raad van balju’s.

Jan staan oor die jare sy plek vol in die ge-meenskap as voorsitter van die bestuurskomi-

Ou bekende rus na 87 jaar

LEPHALALE – Die Mogol klub se velde was behoorlik in volgepak toe plaaslike aanhang-ers die geleentheid gekry het twee van ge-liefde Afrikaanse akteurs te ontmoet tydens die opelug vertoning van “Vir Altyd” wat deur meer as 1000 mense bygewoon is.

Akteurs Donnalee Roberts en Ivan Botha het kom gesig wys tydens die vertoning. “Ons was al voorheen in Lephalale met die bekendstelling van ons vorige fliek, Pad Na Jou Hart, en is mal oor die vriendelikheid en gemeenskapsgevoel van die dorp,” het Donnalee gesê.

Ivan het met net soveel lof van Lephalale gepraat.

“Dis lekker om in ‘n omgewing te wees waar almal mekaar ken en daar nog ‘n gevoel van onskuld en outydse sjarme voorkom in

'Vir Altyd' akteurs kuier in Lephalale

teenstelling met die gejaag wat met mens in Pretoria of Johannesburg vind.”

Die fliek met Hugo, gespeel deur Ivan Bo-tha en Nina, gespeel deur Donnalee handel oor twee vriende wat saam groot geword het en kontak verloor het na ‘n tragiese ongeluk wat albei se lewens verander. Dit het rekords gebreek toe dit R4 727 479 verdien het ty-dens die eerste vertoning.

“Dis lekker om ons fliek na plekke toe te vat waar daar nie rolprentteaters is nie en self te beleef hoe die gehoor die storie ervaar,” het Donnalee Dinsdag gesê.

Hopelik is dit nie die laaste sien van die twee vriendelike akteurs in Lephalale nie. “Ons is besig met ‘n verhoogstuk wat ons graag tydens die Bosveldfees later die jaar hier sal wil kom opvoer genaamd Beurtkrag.”

Noordelike Nuus se Amanda Basson by Ivan Botha en Donnalee Roberts by die Mogol klub.

Page 8: Nn 15 4 issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

UBy Christie Thomas

Bass fishing is not always easy and it is not always fun. You ever heard that old cli-ché? If fishing was easy it would be called ‘catching’? The pros on TV make it look so easy but trust me, most of the time finding and catching bass is a grind.

So what do you do when the bass are not biting?

Mind over Matter - Get that headspace right! If you continue thinking you are not going to catch a fish, chances are good that you won’t catch a fish. Stay positive. Be confident in your ability to catch a fish. Realize that you may have to make adjust-ments in order to start catching them. Be willing to make those adjustments. Don’t get hung up on what you think has to work. Be willing to take chances! Do not panic! Fight the urge to run around from one spot to an-other. Pick a spot where you know the fish have been active and pick it apart.

Become a Detective – Now is the time to start using the grey matter. If fish have been biting but for some reason stopped, you need to try to figure out why? What has changed since the last time they bit? The weather? Usually a change in weather will trigger bass to move but bass do not relocate to the other side of the dam when they move! They will reposition close by where conditions are more comfortable. Sometimes they move into heavy cover.

Fishing with Christie

What To Do When You Don’t Know What To Do!Sometimes they move deeper. Fish slower. Be patient. Be methodical and meticulous. Is there more boat traffic or fishing pressure? Find an area where it is quieter or spots that aren’t being hammered by other anglers. Change your focus. Avoid targeting obvious and easy spots because these are ones that every other angler has already fished before you.

Time to take off the Gloves – Look for heavy cover and hard-to-get-to spots. Every-body can fish in areas that provide easy tar-gets but not everybody is willing to put a lure into a spot where it looks like you may need a chainsaw to get into it. Look for anything that looks tough to fish – stumps, logjams, thick vegetation, treetops, etc. Bass buried deep within heavy cover feel safe and secure and are easier to entice if you can present a lure to them.

Slow Down – When you start panicking it is natural to want to start fishing faster and cover more water. Make a conscious decision to slow down. Bass that are not biting need more time to be coaxed to bite. The strike-zone is smaller so you will need to cover every single angle whilst presenting the lure and leave the bait in the zone for longer periods of time. Make every cast count!

Downsize – When bass have gone off the bite, especially when caused by heavy fishing pressure or cold-front conditions, it is time to switch to finesse tactics. Pick up the spinning rod you have rigged with lighter line and tie on a smaller lure. Smaller baits may

get more bites from smaller fish but during a tournament when it is crunch-time, smaller fish are better than no fish at all. This is the time to fish dropshot, shakyhead jigs, mojo-rig, finesse jigs, light Texas-rigs, small crankbaits and weightless 4” senko or fluke-

style baits.The best anglers are the ones who can

catch fish even when the fishing is tough. With the right mind-set, patience and a bit of knowledge you could be one of those anglers too!