tracts a009 genesis of evolusie (vernaamste verskille tussen mense en ape)

2
1. VERSKILLENDE TIPES 'EVOLUSIE'. 1.1 'Evolusie' kom in baie 'gedaantes' vóór, bv.: (a) KOSMIESE-Evolusie (Oerknal/'Big Bang'): Die Heelal ontstaan, sónder God, uit niks met niks! (b) CHEMIESE-Evolusie : Die interaksie tussen Waterstof en Helium lei wonderbaarlik, sónder God, tot al die Elemente van die 'Periodieke Tabel'! (c) STER-Evolusie : Sterre vorm, sónder God, uit saamgeperste gas, klonte en stof! (d) ORGANIESE Evolusie : Lewe ontstaan, sónder God, uit 'n primordiale sopmengsel ... Lewe uit Nie-Lewe! (e) MAKRO-Evolusie : Kruisings, sónder God, tussen Hoofspesies of Basiese Kategoriëe! (f) MIKRO-Evolusie : Variasies binne dieselfde spesies, sónder God, wat lei tot baie subspesies! 1.2 Mikro-Evolusie? (a) Die Skepping Is Baie Ryk. Christene ('Skeppingsgesindes' of 'Kreationiste') beskou egter nie 'Mikro-Evolusie' (die enigste 'waarneembare' tipe 'Evolusie') as 'Evolusie' nie, maar net as variasies binne hoofspesies, met baie subspesies as 'n gevolg. Die diversiteit binne God se Skepping is geweldig ryk, sonder die 'hulp' van enige sogenaamde 'Evolusie'! (b) Hond Uit Nie-Hond? Die teel van 'n nuwe honderas is bv. nie te danke aan Evolusionêre prosesse nie, maar is slegs 'n biologiese variasie binne 'n spesifieke tema, nl. Honde. Beide die ouers van daardie nuwe honderas was steeds honde ... al ooit 'n hond sien ontstaan uit 'n nie- hond? 1.3 'Ware' Evolusie. (a) Bruinbeer & Walvis? Ware Evolusie sou wees wanneer kruisings tussen hoofspesies of basiese kategoriëe plaasvind, bv. wanneer die Bruinbeer of Seekoei in 'n Walvis verander ('evolve'), soos evolusioniste glo! (Bruinbeer/Seekoei + Evolusie → Walvis!). Waarom loop daar dan nog steeds seekoeie en bruinbere rond ... was hulle die natuur se druipelinge? (b) Galápogos-Vinke? Darwin se vinke in die Galápogos-Eilande, alhoewel baie verskillende subspesies, was almal steeds vinke, en almal se ouers was steeds voëls. Al ooit 'n voël sien gebore word uit 'n nie-voël? (c) 'Peppered Moth'? Die 'Peppered Moth' in Engeland, alhoewel baie subspesies, se ouers was almal steeds motte, sonder enige 'Evolusie' ... al ooit 'n mot sien ontstaan uit 'n nie-mot? Die Darwiniste [Evolusioniste] gaan natuurlik in 'Natuurlewe-programme' [op bv.TV/DSTV] te kere asof hulle 'Vink- En Peppered Moth- Evolusie' sewe keer deur die Konstitusionele Hof bekragtig is! (Vra gerus vir ons traktaatjie 'Evolusie Se Gallery Van Blapse' vir 'n uiteensetting van evolusioniste se bedrog. wanvoorstellings en misinterpretasies). ders sal hulle moet hulle toegee dat daar 'n Intelligente Beplanner (God) bestaan. 3. DIE VERSPOTTE 'PRE-ADAMITIESE RAS'-TEORIE. 3.1 'Miljoene Jare' Bygeloof? Hierdie verontrustende bygeloof, nl. dat daar kastig 'n 'pre-adamitiese ras' lank vóór Génesis 1 of Adam & Eva (of iewers tussen Génesis 1:1 en Génesis 1:2) sou bestaan het, is die tragiese gevolge voortspruitend uit 'Skeppende Evolusie','n patetiese poging deur oningeligde christene om byderwets 'wetenskaplik' vóór te kom vir ander mense. 3.2 Pre-Adamitiese- & Gapings-teorie Onbybels! Hierdie 'Pre-Adamitiese Ras-Teorie' is Onbybels, want (a) Die Bybel stel dit duidelik dat Adam & Eva die eerste mense was (Gen.1:26-28; 2:7; 3:20; 5:1; 5:5; Deut.32:8; Job.31:33; Rom.5:14; 1 Kor.15:22,45; 1 Tim.2:13) (b) Geen mense (van enige aard) kon vóór Génesis 2:5 gelewe het nie: ' ... want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie ' (Die eerste mens , Adam, was dus eers gemaak in Génesis 2:7, en vóór Adam was daar geen mens van enige aard om die grond te bewerk nie. 3.3 Adam Het DOOD Gebring. Niemand of geen lewende wesens bv. landdiere, amfibiëe, reptiele, dinosourusse, voëls, insekte ens., kon geleef en/of gesterf het vóór Génesis 1 of vóór Adam & Eva en die diereryk op Dae 5 & 6 van die Skepping geskape was nie, want die verskynsel 'DOOD' was vir die eerste keer bekend gestel deur Adam (Gén.3:19; Rom.5:14; 1 Kor.15:22). Die eerste diere en die eerste mense het vir die eerste keer in die geskiedenis van ons planeet gesterf eers nadat Adam 'DOOD' in die Wêreld gebring het, deur die sonde. Ek stel dit dus kategories dat geen mense of diere (dinosourusse ingesluit) ooit (a) bestaan het of (b) gesterf het vóór Génesis 1 of vóór Adam & Eva en die diereryk geskep was op Dae 5 & 6 van die Skepping nie. Hiermee is ons ook nou hopelik finaal ontslae van die verspotte Gapingsteorie (die 'miljoene jare' wat kastig sou verloop het tussen Génesis 1:1 en Génesis 1:2). (c) Die dinosourusse (eintlik 'dinokrokodiliane', want die dinosourusse was nader verwant aan krokodille as aan akkedisse) het nie oor 'miljoene jare' ontwikkel ('evolve') nie, maar was geskape deur God op Dag 6 van die Skepping, binne 24 uur , saam met al die ander diere: 'Alle dinge het deur Hom [God] ontstaan, en sonder Hom [God] het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie (Joh.1:3). U kan dus aflei uit Jhn.1:3 dat die Duiwel nooit enigiets geskape het nie ... hy sal nie eens 'n muggie kan skape om sy lewe mee te red nie. Die Duiwel is die Verderwer en breek trouens net af. Alles het deur God ontstaan en sonder God het niks ontstaan wat ontstaan het nie! 3.4 Skeppingsweek Van 'Miljoene Jare'? Pro-evolusie christene probeer nogtans hard om 'dae' van miljoene/biljoene jare' elk aan die Skeppingsweek te koppel. Hulle redeneer so waarskynlik: (a) A.g.v. 'n meganiese vertolking van die Bybel wat dit stel dat, '... een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag' (2 Pet.3:8); (b) Hulle dink nie regtig dat God almagtig genoeg (?) is om die Heelal in 144 uur te maak nie (c) Hulle dring aan op 'n Kompromis- Skeppingsmodel om hulle Evolusie-maatjies te akkommodeer, of om nie die Evolusie-gesindes in die Kerk te ontstel nie (d) Hulle is eenvoudig nie toegerus om teen-argumente teen die Evolusie- Leer te ontwikkel nie, en sluk alles vir waarheid want, “Hoe kan die 'wetenskaplikes' dan nou verkeerd wees?” Verduideliking : Wanneer die Bybel dit stel 'dat 'n dag vir die Here soos duisend jaar is' (en andersom), beteken dit slegs dat Tyd vir God relatief is. Hy is nie die prisonier van Tyd of onderworpe aan die Heelal se Wette van die Fisika nie. God bestaan en fungeer onafhanklik van die beperkings/dinamika van Materie, Ruimte & Tyd. (e) Besluit dus self: Hoelank was Jesus in die graf ... (i) 3 dae of (ii) 3000 jaar? (Kan u sien wat gebeur wanneer mens 'n leerstelling uit een enkele teks probeer 'fabriseer'?). (f) Dit is verstommed hoe sogenaamde 'Gelowiges' kan glo dat (die Almagtige!) God nooit 'n Heelal in 144 uur sal kan voltooi nie, maar dat '15 biljoen jaar' darem 'n 'meer billike' tydperk is. Hulle takseer God asof Hy 'n lui, onbevoegde plaasarbeider is! 3.5 Skeppingsweek In Ses Dae Van 24 Uur Elk. (a) Fotosintese En Kruisbestuiwing. Ons glo dat die Skeppingsdae letterlik 6 dae van 24 uur elk (Heb. 'Yom') was, want (i) Die plante was gemaak op Dag 3: Hoe lank sou die arme blomme dit kon bekostig om te wag vir die Son om op te kom (op Dag 4) om die sonstrale te verskaf vir die plante om te fotosinteer ... 'n 1000 jaar? (ii) Die insekte was waarskynlik gemaak maak op Dag 5 en die voëls en vlermuise op Dae 5 & 6 ... hoe lank sou die arme blomme dit kon bekostig om te wag vir die insekte, voëls en vlermuise se kruisbestuiwing van die blomme ... 2000-3000 jaar? (b) Definisie Van 'n Dag. Die feit dat die Son, Maan en sterre eers op Dag 4 van die Skeppingsweek geskape is, maak geen verskil aan die feit dat 'n dag per definisie 24-uur (was) is nie. Of die Son geskyn het of nié, 'n dag (24-uur) was steeds bereken deur die tyd wat dit neem vir die Aarde om één omwenteling om sy eie denkbeeldige as te voltooi. Die koms van die Son op Dag 4 het bloot die onderskeid tussen dag en nag (lig en donkerte) in daardie 24-uur siklus gebring. Die lig waarna die skrywer van Génesis, waarskynlik Moses, verwys in Gen.1:3 was waarskynlik dieselfde lig van Open.22:5 toe Jesus die Heelal binnegestap het en begin skep het, bv. deur o.a. (eerstens) die vestiging van die volle elektro-magnetiese spektrum as 'n natuurwet. 2. TWEE HOOF-WÊRELDBESKOUINGS OOR EVOLUSIE. 2.1 Twee Wêreldbeskouings oor Evolusie. Twee benaderings word hier uitgesonder, nl. (i) 'Ateïstiese-Evolu sie' ('Evolusie Sonder God') en (ii) 'Teïstiese Evolusie' ('Evolusie Met God'). Laasgenoemde staan ook bekend as 'Skeppende Evolusie ', 'n uitvindsel deur sekere mense wat in God glo ('teïste') wat hulle Evolusie-maatjies se 'New Age', Sekulêr-Humanistiese Ateïsme & Agnostisisme teologies wou akkommodeer. Beide hierdie Wêreldbeskouings is natuurlik absolute ideologiese/teologiese teenstrydighede (anomaliëe), aangesien alle 'Evolusie' per definisie ateïsties is van die staanspoor af. Taalkundig-, teologies- en filosófies-gesproke is die idee van 'Skeppende Evolusie' dus net so belaglik soos die anomalié van 'Satanskerk'. 2.2 Hoekom 'Biljoene' Jare? (a) Die Skeppingsverhaal Van Génesis 1. Die Génesis-Skeppingsverhaal en Evolusie is gladnie versoenbaar nie, en daar is geen manier waarop God kastig 'Evolusie' sou 'gebruik' het om die Heelal mee te maak of in stand te hou nie! (b) Wonderwerke Was Oombliklik. Jesus het water in wyn verander ... in 'n kits, en 3 vissies en 5 brode in duisende brode en porsies vis verander om duisende te voed ... alles binne die bestek van 'n paar minute, so waarom sou Hy dan nou skielik (i) '15 biljoen jaar' nodig hê om 'n Heelal te maak, (ii) '5 biljoen jaar' om die Sonnestelsel en Planeet Aarde te maak en (iii) '1,75 – 3 miljoen jaar' om homo sapiens & homo sapiens sapiens, d.i. 'wyse man' en 'wyse, wyse man' (ai tog!) te maak? 2.3 Evolusie 'n Biologiese Ongeluk? (a) Hulle Verwerp God. Nietemin, Ateïstiese Evolusie verwerp die konsep van 'n God, Goddelike Voorsienigheid of 'n Opperwese. Dit verwerp ook die idees van Intelligente Ontwerp en Spesiale Skepping. Die hele 'Evolusie-proses' vind m.a.w. lukraak en spontaan plaas ... 'n absolute breinlose, doellose toevalligheid, 'n wonderbaarlike reeks van kreatiewe, biologiese ongelukkies! (b) Spesiale Resepte? Hierdie 'Natuurwonder' verduidelik hulle aan die hand van 'n spul belaglike 'spesiale resepte' kastig werksaam in die Natuur, nl. (i) 'Natuurlike Seleksie' (Darwinisme); (ii) Mutasies + Natuurlike Seleksie (Neo-Darwinisme); (iii) Hoopvolle Monsters (Gepunktueerde Ekwilibrium) en (iv) Die Oorerwing Van Verworwe Karakter- eienskappe (Lamarckisme). (c) Die $1 000 000 – Vraag. Van wanneer af kom resepte in toevallige, breinlose, lukrake ongelukkies? Enige ordentlike kok of gesoute dobbelaar sal hulle uit die kombuis uit lag. (d) Geen Intelligensie Of Beplanning In Evolusie. Evolusie is veronderstel om sonder intelligensie en beplanning plaas te vind ... an-

Upload: michaelvermaak

Post on 28-Mar-2015

80 views

Category:

Documents


8 download

DESCRIPTION

GENESIS Of EVOLUSIE (Vernaamste Verskille tussen MENSE En APE)

TRANSCRIPT

Page 1: TRACTS A009 GENESIS Of EVOLUSIE (Vernaamste Verskille tussen MENSE En APE)

1. VERSKILLENDE TIPES 'EVOLUSIE'. 1.1 'Evolusie' kom in baie 'gedaantes' vóór, bv.: (a) KOSMIESE-Evolusie (Oerknal/'Big Bang'): Die Heelal ontstaan, sónder God, uit niks met niks! (b) CHEMIESE-Evolusie: Die interaksie tussen Waterstof en Helium lei wonderbaarlik, sónder God, tot al die Elemente van die 'Periodieke Tabel'! (c) STER-Evolusie: Sterre vorm, sónder God, uit saamgeperste gas, klonte en stof! (d) ORGANIESE Evolusie: Lewe ontstaan, sónder God, uit 'n primordiale sopmengsel ... Lewe uit Nie-Lewe! (e) MAKRO-Evolusie: Kruisings, sónder God, tussen Hoofspesies of Basiese Kategoriëe! (f) MIKRO-Evolusie: Variasies binne dieselfde spesies, sónder God, wat lei tot baie subspesies! 1.2 Mikro-Evolusie? (a) Die Skepping Is Baie Ryk. Christene ('Skeppingsgesindes' of 'Kreationiste') beskou egter nie 'Mikro-Evolusie' (die enigste 'waarneembare' tipe 'Evolusie') as 'Evolusie' nie, maar net as variasies binne hoofspesies, met baie subspesies as 'n gevolg. Die diversiteit binne God se Skepping is geweldig ryk, sonder die 'hulp' van enige sogenaamde 'Evolusie'! (b) Hond Uit Nie-Hond? Die teel van 'n nuwe honderas is bv. nie te danke aan Evolusionêre prosesse nie, maar is slegs 'n biologiese variasie binne 'n spesifieke tema, nl. Honde. Beide die ouers van daardie nuwe honderas was steeds honde ... al ooit 'n hond sien ontstaan uit 'n nie-hond? 1.3 'Ware' Evolusie. (a) Bruinbeer & Walvis? Ware Evolusie sou wees wanneer kruisings tussen hoofspesies of basiese kategoriëe plaasvind, bv. wanneer die Bruinbeer of Seekoei in 'n Walvis verander ('evolve'), soos evolusioniste glo! (Bruinbeer/Seekoei + Evolusie → Walvis!). Waarom loop daar dan nog steeds seekoeie en bruinbere rond ... was hulle die natuur se druipelinge? (b) Galápogos-Vinke? Darwin se vinke in die Galápogos-Eilande, alhoewel baie verskillende subspesies, was almal steeds vinke, en almal se ouers was steeds voëls. Al ooit 'n voël sien gebore word uit 'n nie-voël? (c) 'Peppered Moth'? Die 'Peppered Moth' in Engeland, alhoewel baie subspesies, se ouers was almal steeds motte, sonder enige 'Evolusie' ... al ooit 'n mot sien ontstaan uit 'n nie-mot? Die Darwiniste [Evolusioniste] gaan natuurlik in 'Natuurlewe-programme' [op bv.TV/DSTV] te kere asof hulle 'Vink- En Peppered Moth-Evolusie' sewe keer deur die Konstitusionele Hof bekragtig is! (Vra gerus vir ons traktaatjie 'Evolusie Se Gallery Van Blapse' vir 'n uiteensetting van evolusioniste se bedrog. wanvoorstellings en misinterpretasies).

ders sal hulle moet hulle toegee dat daar 'n Intelligente Beplanner (God) bestaan.

3. DIE VERSPOTTE 'PRE-ADAMITIESE RAS'-TEORIE. 3.1 'Miljoene Jare' Bygeloof? Hierdie verontrustende bygeloof, nl. dat daar kastig 'n 'pre-adamitiese ras' lank vóór Génesis 1 of Adam & Eva (of iewers tussen Génesis 1:1 en Génesis 1:2) sou bestaan het, is die tragiese gevolge voortspruitend uit 'Skeppende Evolusie','n patetiese poging deur oningeligde christene om byderwets 'wetenskaplik' vóór te kom vir ander mense. 3.2 Pre-Adamitiese- & Gapings-teorie Onbybels! Hierdie 'Pre-Adamitiese Ras-Teorie' is Onbybels, want (a) Die Bybel stel dit duidelik dat Adam & Eva die eerste mense was (Gen.1:26-28; 2:7; 3:20; 5:1; 5:5; Deut.32:8; Job.31:33; Rom.5:14; 1 Kor.15:22,45; 1 Tim.2:13) (b) Geen mense (van enige aard) kon vóór Génesis 2:5 gelewe het nie: ' ... want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie' (Die eerste mens, Adam, was dus eers gemaak in Génesis 2:7, en vóór Adam was daar geen mens van enige aard om die grond te bewerk nie. 3.3 Adam Het DOOD Gebring. Niemand of geen lewende wesens bv. landdiere, amfibiëe, reptiele, dinosourusse, voëls, insekte ens., kon geleef en/of gesterf het vóór Génesis 1 of vóór Adam & Eva en die diereryk op Dae 5 & 6 van die Skepping geskape was nie, want die verskynsel 'DOOD' was vir die eerste keer bekend gestel deur Adam (Gén.3:19; Rom.5:14; 1 Kor.15:22). Die eerste diere en die eerste mense het vir die eerste keer in die geskiedenis van ons planeet gesterf eers nadat Adam 'DOOD' in die Wêreld gebring het, deur die sonde. Ek stel dit dus kategories dat geen mense of diere (dinosourusse ingesluit) ooit (a) bestaan het of (b) gesterf het vóór Génesis 1 of vóór Adam & Eva en die diereryk geskep was op Dae 5 & 6 van die Skepping nie. Hiermee is ons ook nou hopelik finaal ontslae van die verspotte Gapingsteorie (die 'miljoene jare' wat kastig sou verloop het tussen Génesis 1:1 en Génesis 1:2). (c) Die dinosourusse (eintlik 'dinokrokodiliane', want die dinosourusse was nader verwant aan krokodille as aan akkedisse) het nie oor 'miljoene jare' ontwikkel ('evolve') nie, maar was geskape deur God op Dag 6 van die Skepping, binne 24 uur, saam met al die ander diere: 'Alle dinge het deur Hom [God] ontstaan, en sonder Hom [God] het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie (Joh.1:3). U kan dus aflei uit Jhn.1:3 dat die Duiwel nooit enigiets geskape het nie ... hy sal nie eens 'n muggie kan skape om sy lewe mee te red nie. Die Duiwel is die Verderwer en breek trouens net af. Alles het deur God ontstaan en sonder God het niks ontstaan wat ontstaan het nie! 3.4 Skeppingsweek Van 'Miljoene Jare'?Pro-evolusie christene probeer nogtans hard om

'dae' van miljoene/biljoene jare' elk aan die Skeppingsweek te koppel. Hulle redeneer so waarskynlik: (a) A.g.v. 'n meganiese vertolking van die Bybel wat dit stel dat, '... een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag' (2 Pet.3:8); (b) Hulle dink nie regtig dat God almagtig genoeg (?) is om die Heelal in 144 uur te maak nie (c) Hulle dring aan op 'n Kompromis-Skeppingsmodel om hulle Evolusie-maatjies te akkommodeer, of om nie die Evolusie-gesindes in die Kerk te ontstel nie (d) Hulle is eenvoudig nie toegerus om teen-argumente teen die Evolusie-Leer te ontwikkel nie, en sluk alles vir waarheid want, “Hoe kan die 'wetenskaplikes' dan nou verkeerd wees?” Verduideliking: Wanneer die Bybel dit stel 'dat 'n dag vir die Here soos duisend jaar is' (en andersom), beteken dit slegs dat Tyd vir God relatief is. Hy is nie die prisonier van Tyd of onderworpe aan die Heelal se Wette van die Fisika nie. God bestaan en fungeer onafhanklik van die beperkings/dinamika van Materie, Ruimte & Tyd. (e) Besluit dus self: Hoelank was Jesus in die graf ... (i) 3 dae of (ii) 3000 jaar? (Kan u sien wat gebeur wanneer mens 'n leerstelling uit een enkele teks probeer 'fabriseer'?). (f) Dit is verstommed hoe sogenaamde 'Gelowiges' kan glo dat (die Almagtige!) God nooit 'n Heelal in 144 uur sal kan voltooi nie, maar dat '15 biljoen jaar' darem 'n 'meer billike' tydperk is. Hulle takseer God asof Hy 'n lui, onbevoegde plaasarbeider is! 3.5 Skeppingsweek In Ses Dae Van 24 Uur Elk. (a) Fotosintese En Kruisbestuiwing. Ons glo dat die Skeppingsdae letterlik 6 dae van 24 uur elk (Heb. 'Yom') was, want (i) Die plante was gemaak op Dag 3: Hoe lank sou die arme blomme dit kon bekostig om te wag vir die Son om op te kom (op Dag 4) om die sonstrale te verskaf vir die plante om te fotosinteer ... 'n 1000 jaar? (ii) Die insekte was waarskynlik gemaak maak op Dag 5 en die voëls en vlermuise op Dae 5 & 6 ... hoe lank sou die arme blomme dit kon bekostig om te wag vir die insekte, voëls en vlermuise se kruisbestuiwing van die blomme ... 2000-3000 jaar? (b) Definisie Van 'n Dag. Die feit dat die Son, Maan en sterre eers op Dag 4 van die Skeppingsweek geskape is, maak geen verskil aan die feit dat 'n dag per definisie 24-uur (was) is nie. Of die Son geskyn het of nié, 'n dag (24-uur) was steeds bereken deur die tyd wat dit neem vir die Aarde om één omwenteling om sy eie denkbeeldige as te voltooi. Die koms van die Son op Dag 4 het bloot die onderskeid tussen dag en nag (lig en donkerte) in daardie 24-uur siklus gebring. Die lig waarna die skrywer van Génesis, waarskynlik Moses, verwys in Gen.1:3 was waarskynlik dieselfde lig van Open.22:5 toe Jesus die Heelal binnegestap het en begin skep het, bv. deur o.a. (eerstens) die vestiging van die volle elektro-magnetiese spektrum as 'n natuurwet.

2. TWEE HOOF-WÊRELDBESKOUINGS OOR EVOLUSIE. 2.1 Twee Wêreldbeskouings oor Evolusie. Twee benaderings word hier uitgesonder, nl. (i) 'Ateïstiese-Evolusie' ('Evolusie Sonder God') en (ii) 'Teïstiese Evolusie' ('Evolusie Met God'). Laasgenoemde staan ook bekend as 'Skeppende Evolusie', 'n uitvindsel deur sekere mense wat in God glo ('teïste') wat hulle Evolusie-maatjies se 'New Age', Sekulêr-Humanistiese Ateïsme & Agnostisisme teologies wou akkommodeer. Beide hierdie Wêreldbeskouings is natuurlik absolute ideologiese/teologiese teenstrydighede (anomaliëe), aangesien alle 'Evolusie' per definisie ateïsties is van die staanspoor af. Taalkundig-, teologies- en filosófies-gesproke is die idee van 'Skeppende Evolusie' dus net so belaglik soos die anomalié van 'Satanskerk'. 2.2 Hoekom 'Biljoene' Jare? (a) Die Skeppingsverhaal Van Génesis 1. Die Génesis-Skeppingsverhaal en Evolusie is gladnie versoenbaar nie, en daar is geen manier waarop God kastig 'Evolusie' sou 'gebruik' het om die Heelal mee te maak of in stand te hou nie! (b) Wonderwerke Was Oombliklik. Jesus het water in wyn verander ... in 'n kits, en 3 vissies en 5 brode in duisende brode en porsies vis verander om duisende te voed ... alles binne die bestek van 'n paar minute, so waarom sou Hy dan nou skielik (i) '15 biljoen jaar' nodig hê om 'n Heelal te maak, (ii) '5 biljoen jaar' om die Sonnestelsel en Planeet Aarde te maak en (iii) '1,75 – 3 miljoen jaar' om homo sapiens & homo sapiens sapiens, d.i. 'wyse man' en 'wyse, wyse man' (ai tog!) te maak? 2.3 Evolusie 'n Biologiese Ongeluk? (a) Hulle Verwerp God. Nietemin, Ateïstiese Evolusie verwerp die konsep van 'n God, Goddelike Voorsienigheid of 'n Opperwese. Dit verwerp ook die idees van Intelligente Ontwerp en Spesiale Skepping. Die hele 'Evolusie-proses' vind m.a.w. lukraak en spontaan plaas ... 'n absolute breinlose, doellose toevalligheid, 'n wonderbaarlike reeks van kreatiewe, biologiese ongelukkies! (b) Spesiale Resepte? Hierdie 'Natuurwonder' verduidelik hulle aan die hand van 'n spul belaglike 'spesiale resepte' kastig werksaam in die Natuur, nl. (i) 'Natuurlike Seleksie' (Darwinisme); (ii) Mutasies + Natuurlike Seleksie (Neo-Darwinisme); (iii) Hoopvolle Monsters (Gepunktueerde Ekwilibrium) en (iv) Die Oorerwing Van Verworwe Karakter- eienskappe (Lamarckisme). (c) Die $1 000 000 – Vraag. Van wanneer af kom resepte in toevallige, breinlose, lukrake ongelukkies? Enige ordentlike kok of gesoute dobbelaar sal hulle uit die kombuis uit lag. (d) Geen Intelligensie Of Beplanning In Evolusie. Evolusie is veronderstel om sonder intelligensie en beplanning plaas te vind ... an-

Page 2: TRACTS A009 GENESIS Of EVOLUSIE (Vernaamste Verskille tussen MENSE En APE)

4. SOMMIGE KRITIESE VERSKILLE TUSSEN MENSE EN APE. 4.1 DNS-Wetmatighede.Wetenskaplikes wat gereeld met DNS ('DNA') te doen het, sal getuig dat Evolusie tussen spesies (bv. tussen ape en mense) onmoontlik is, aangesien die DNS-kode in elke diertipe beskik oor 'n sekerheidsmeganisme ('firewall') wat dit verbied: “Darwin's gradualism was bounded by internal constraints, beyond which selection was useless” (R. Milner, 'Encyclopedia Of Evolution', p.46-1990). 4.2 Taal-Probleme. Ape kon nog nooit (na 'miljoene jare'!) leer praat nie, praat nie tans nie en sal ook nooit leer praat nie. Hierdie gawe is uniek aan die mens, want die mens beskik oor 'n spesiale area in die brein, nl. 'Proca Se Konvolusie', daardie gedeelte in die brein verantwoordelik vir spraak. Ape/diere beskik nie oor soiets nie: “Human language appears to be a unique phenomenon, without significant analogue in the animal world” (Noam Chomsky, 'Language And Mind', p.67 -1972). 4.3 Intelligensie. MacRoberts, 'n Evolusie-navorser, betreur die feit dat ape (na 'miljoene jare'!) so onnosel is: “Given their hands and huge brains, its amazing apes and monkeys don't do a lot more tool-using. They're incredibly stupid.” (Michael MacRoberts, Quoted In R. Milner, 'Encyclopedia Of Evolution', p.438 -1990). 4.4 Geen Oorgangstadium-Spesies en -Fossiele Nie. (a) Geen Transisionele Spesies In Fossiel-Rekord. Uit meer as 100 miljoen geklassifiseerde fossiel-fragmente in die Wêreld, is daar nie één wat as voorbeeld van 'n transisionele (intermediêre, oorgangstadium) fossiel tussen ape en mense kan dien nie, en Evolusioniste soek al oor 'n 100 jaar na so 'n eksemplaar! Ook uit die biljoene fossiele wat waarskynlik nog in die ryk Karoo-Formasie begrawe lê, het daar nog nooit enige transisionele fossiel tussen enige spesies van watter aard ookal tevoorskyn gekom nie. (b) Geen Lewende Transisionele Eksemplare By Lewende Organismes. Indien Evolusie wáár was, sou daar vandag mos ook baie lewende, transisionele ('oorgangstadium') spesies op straat gestap het as voorbeelde van die transisie tussen ape en mense. Ons sou bv. (i) Ape gesien het wat besig is om die ledemate, voorkoms, gedrag, gewoontes, taal, wiskundige vermoëns, godsdiens-uitdrukking, kleredrag, kommersiële bedrywighede en kulturele uitdrukking van Mense aan te neem, en (ii) Mense wat finaal besig is om die ledemate, voorkoms, gedrag, en gewoontes van Ape af te skud! Het u al so iemand ontmoet? (c) Die Natuur Se Druipelinge? Waarom is daar in elk geval vandag nog soiets soos ape ... waarom het hulle nog nie verander ('evolve') nie? Was hulle die natuur se druipelinge? (nie eers 'n teken van biologiese transformasie nie!).

word? Wat het met 'Evolusie' verkeerd geloop ... is lukrake, toevallige Evolusie ('n deurlopende biologiese ongeluk) dan nie veronderstel om altyd progressief (volgens evolusioniste!) plaas te vind nie? Intussen vind dit dan 'regressief' plaas? 4.9 Kuns.Ape is nie betrokke by die skeppende, beeldende en uitvoerende kunste nie .... wanneer het die mens dan hierdie merkwaardige gawe ontwikkel? Waar en wanneer was die rubikon tussen die aap- en mensspesies? 4.10 Wiskundige Talent.Daar bestaan 'n astronomiese gaping tussen die wiskundige- en ingenieurs-vermoëns van ape en mense. Wanneer het die 'homonids' skielik so begaafd geword, en waaraan (of aan wie) was die magiese metamorfóse nogal te danke? 4.11 Misdaad. (a) Ape Is Nie Kriminele Nie. Ape pleeg nie misdaad in die ware sin van die woord nie. Hulle breek nie in by huise, vermoor die gesinne en ry weg met hulle beursies, selfone, juwele en motors nie. Waar het 'Evolusie' verkeerd gegaan? Waarom het die spesies moreel versleg, i.p.v. om te verbeter? (b) Evolusie-Régime? Indien evolusioniste hulle sou kon loswoel van die dwingelandy van die 'idiote' wat in Intelligente Ontwerp en Spesiale Skepping glo en oornag bv. die Wêreld kon oorneem, wat beoog hulle om as morele norm vir die goeie sosiale orde te gebruik? Hoe besluit 'n evolusionis tussen reg en verkeerd ... sónder God, die Bybel, die Tien Gebooie en die Evangelie Van Jesus Christus? (c) Wette Sal Geskrap Moet Word. So evolusioniste-régime sal alle wette onmiddelik moet skrap en regstelsels van vooraf moet ontwerp, want die teenswoordige uitstekende stelsels (Romeins-Hollands; Skots-Engels ens.) is byna sonder uitsondering (o.a.) geskoei op die Judeo-Christelike waardes van die Jodendom en die Kerk. (d) Oorlewing Van Die Fikste? Onder só 'n regering onder evolusioniste ... sal moord, roof, diefstal, huisbraak, manslag, aanranding, xenofobie, openbare geweld, brandstigting, sabotasie ens. dan vanselfsprekend nog steeds taboe wees ... maar, waarop gaan hulle wette geskoei wees? Wie gaan die sosiale en etiese norms vir goeie orde in die samelewing bepaal? Wie of wat gaan hulle maatstaf wees?

5. AKADEMIESE BEDROG! Gaan besoek gerus 'n klompie natuur-historiese museums en let dan op hoe dikwels die museum-personeel die skelette (of faksimilees daarvan) van bv. gorillas en sjimpansees in uitstallings staanmaak asof hulle bipedaal (regop, soos mense) en nie kwadrupedaal (soos diere) loop. Dit kom neer op ernstige akademiese bedrog, wat nogal deur ons belastings gefinansier word.

GÉNESIS Of

EVOLUSIE?Sommige Vernaamste

Verskille Tussen MENSE En APE!

Rom.1:22 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword Rom.1:23 en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.

ERKENNING

Bybelgenootskap Van S.A.: 'Die Bybel In Afrikaans' (OV)

Info & Illustrasie: Vance Ferrell BA.,MA.,BD.: 'Science vs. Evolution' en 'The Evolution Handbook', Evolution Facts Inc.(2001)

GRATIS Traktaat. Toestemming Word Hiermee Verleen Om Kleur-afdrukke Van Hierdie Traktaat Te

Maak Vir GRATIS Verspreiding. Vra Asb. Vir Die Inligtingspamflet Oor Hoe U 'n Amptelike Verspreider

Van Ons Volledige Reeks Van Christelike Traktate Kan Word.

© P.J. Stassen 2007

Evangelism RSA EvangelisasiePosbus/P.O. Box 14492 Sinoville 0129 Pretoria RSA

Sel/Cell 072 237 5793

(c) Miljoen-dollar Vrae. Indien Evolusie wáár was: (i) Watter morele wet verplig ons dan nog om klere te dra? (klere is duur!); (ii) Waarom het die mens, nou na 'miljoene jare' skielik 'n 'onverklaarbare' skaamte-gevoel ontwikkel ... is dit dalk omdat ons van ape afstam en ons in 'n verleentheid is oor ons 'primate-herkoms'? (iii) Waarom dra evolusioniste klere ... waarom rebelleer hulle nie teen die maatskaplike norms van die 'idiote' wat in Intelligente Ontwerp en Spesiale Skepping glo nie? (iv) Waarom laat evolusioniste toe dat hierdie 'idiote' oor hulle heers ... wat het geword van die 'oorlewing van die fikste'? Is hulle nie bang evolusioniste sterf uit nie? (v) Waarom glo evolusioniste nog steeds, na 'miljoene jare', in Evolusie ... waarom ontwikkel ('evolve') hulle nie? 4.5 Liggaamsbou. (a) Die Regop-Postuur. Primate loop vooroor omdat hul rugstring, met die hoek waarteen dit die skedel van agter af binnegaan (byna horisontaal), hul forseer om vooroor te loop. Diemens se rugstring gaan die skedel van onder af (byna vertikaal) na binne, wat hom forseer om regop teloop. (b) Stam Ons Dalk Van Pikkewyne Af? Al sou al die primate kon regop loop (bv. soos die gibboen-aap), sou dit in elk geval nie veel beteken het as 'n argument vir 'Evolusie' nie, want baie ander 'diere' (bv. die pikkewyn, 'n voël), loop ook regop ... so, nou stam ons skielik van pikkewyne af? (c) Skedelkapasiteit. Die skedel-kapasiteit [mense: >750cc./ape: <750cc. ('Keith's Rubicon')] tussen mense en ape verskil. (d) Rugwerwels. Die aantal rugwerwels en die vorm van die rugstring tussen mense (s-vormig) en ape (boogvormig) verskil. (e) Ribstruktuur. Die rib-struktuur tussen mense en ape verskil.

ONTHOU Die merkwaardige ooreenkomste (soms) tussen mense en primate is nie te danke aan 'n Gemeenskaplike VOOROUER nie, maar aan 'n Gemeenskaplike ONTWERPER ... Jesus Christus! 4.6 Handeldryf.Ape dryf nie handel soos mense en is nie bedrywig in sinvolle (of selfs belaglike) kommersiële aktiwiteite nie. 4.7 Godsdiens.Ape aanbid nie 'n god (of God) nie en bou nie kerke, tempels, sinagoges, moskees en katedrale soos mense nie. Ape het nie Bybels of heilige boeke wat hulle koester nie. 4.8 Hare Sny. (a) Ape hoef nooit te gaan hare sny nie. Die Skepper het waarskynlik geweet dat hulle te onnosel sou wees om 'n skêr uit te vind (Sien Paragraaf 4.3). (b) Hoekom het die mens agteruit gegaan in hierdie opsig, en sit ons vandag met die ongerief en onkoste van hare wat gereeld gesny moet