p5 louis aanbieding - pretoriapapegaaiklub.co.za mutasies.pdf · hokke kan verdwyn, kyk veral na...

12
VERERWING MUTASIES CURRICULUM VITAE Louis Bothma Gebore 24/03/1947 – Coligny in die ou Wes–Transvaal. Matriek 1964 Lichtenburg Hoërskool, Landboudiploma Potchefstroom Landboukollege. Terwyl nog in die laerskool al vinkies gevang en in hokke aangehou. Vestig homself in 1970 op die plaas Kleinbos naby Setlagoli waar hy vandag nog boer. Begin ook hier met voëls boer in 30 Hokke. Hierdie voëlboerdery het stadig uitgebrei tot die meer as 600 hokke wat daar nou is. Toe die eerste mutasies in Lovebirds en Ringnekke beskikbaar geraak het, hy belangstelling in mutasies begin en is tot vandag nog die hoofrede waarom hy in voëls is. Louis is ʼn stigterslid van die destydse Voëlraad [26 November 1980] wat ons vandag as die PVSA ken. Dien van 1984 op die UK en word in 1989 as voorsitter verkies. ___________________________________ VERERWING MUTASIES 1. Inleiding 1.1. Mutasies teenoor Basters Om mee te begin wil ek die verskil tussen BASTERS en MUTASIES duidelik stel. Basters [kruisings tussen spesies] sal nooit tot ʼn nuwe mutasie lei nie. Wanneer ʼn mutasie van ʼn naverwante spesie gekruis word met die doel om die mutasie na hierdie spesie oor te dra is die uitkoms gewoonlik katastrofies. Teoreties behoort die nageslag suiwer te lyk wanneer hulle 31/32 suiwer is [5geslagte]. In die praktyk werk dit egter selde so. Kyk maar na die pogings om Lutino Alexandrines van Ringnekke te teel, of die sogenaamde transmutasies by die witoogring Lovebirds. Die probleem is dat ʼn mens uiteindelik sit met ʼn klomp basters en dat daar ʼn kans is dat die suiwer spesies uit ons hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies 1.2.1. Wat is ʼn mutasie? In die natuur is daar slegs een kleur [Met beperkte geografiese kleurverskille] vir elke spesie, wat ek hierna sal verwys as die WILDKLEUR. Hierdie eienskappe is deur die eeue vasgelê in die gene en word van generasie tot generasie oorgedra. Die kleurmutasies wat vir ons van belang is, is in werklikheid genetiese foute of defekte. Wanneer sulke

Upload: dominh

Post on 07-Apr-2019

226 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: P5 Louis aanbieding - pretoriapapegaaiklub.co.za MUTASIES.pdf · hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies

VERERWING MUTASIES

CURRICULUM VITAE Louis Bothma

Gebore 24/03/1947 – Coligny in die ou Wes–Transvaal.

Matriek 1964 Lichtenburg Hoërskool, Landboudiploma Potchefstroom Landboukollege.

Terwyl nog in die laerskool al vinkies gevang en in hokke aangehou.

Vestig homself in 1970 op die plaas Kleinbos naby Setlagoli waar hy vandag nog boer.

Begin ook hier met voëls boer in 30 Hokke. Hierdie voëlboerdery het stadig uitgebrei tot

die meer as 600 hokke wat daar nou is.

Toe die eerste mutasies in Lovebirds en Ringnekke beskikbaar geraak het, hy

belangstelling in mutasies begin en is tot vandag nog die hoofrede waarom hy in voëls is.

Louis is ʼn stigterslid van die destydse Voëlraad [26 November 1980] wat ons vandag as

die PVSA ken. Dien van 1984 op die UK en word in 1989 as voorsitter verkies.

___________________________________

VERERWING MUTASIES

1. Inleiding

1.1. Mutasies teenoor Basters

Om mee te begin wil ek die verskil tussen BASTERS en MUTASIES duidelik stel.

Basters [kruisings tussen spesies] sal nooit tot ʼn nuwe mutasie lei nie. Wanneer ʼn

mutasie van ʼn naverwante spesie gekruis word met die doel om die mutasie na hierdie

spesie oor te dra is die uitkoms gewoonlik katastrofies. Teoreties behoort die nageslag

suiwer te lyk wanneer hulle 31/32 suiwer is [5geslagte]. In die praktyk werk dit egter

selde so. Kyk maar na die pogings om Lutino Alexandrines van Ringnekke te teel, of die

sogenaamde transmutasies by die witoogring Lovebirds. Die probleem is dat ʼn mens

uiteindelik sit met ʼn klomp basters en dat daar ʼn kans is dat die suiwer spesies uit ons

hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer

voëls oor is nie.

1.2. Definisies

1.2.1. Wat is ʼn mutasie?

In die natuur is daar slegs een kleur [Met beperkte geografiese kleurverskille] vir elke

spesie, wat ek hierna sal verwys as die WILDKLEUR. Hierdie eienskappe is deur die

eeue vasgelê in die gene en word van generasie tot generasie oorgedra. Die kleurmutasies

wat vir ons van belang is, is in werklikheid genetiese foute of defekte. Wanneer sulke

Page 2: P5 Louis aanbieding - pretoriapapegaaiklub.co.za MUTASIES.pdf · hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies

defekte oorerflik is praat ons van ʼn mutasie. Mutasies oorleef baie moeilik in die natuur –

Eerstens omdat hulle gewoonlik uitstaan en deur predatore gevang word en tweedens

omdat hulle baiekeer swakker as die wildkleur is.

1.2.2. Chromosome

Alle lewende wesens het ʼn sekere aantal chromosome wat altyd in pare gerangskik is.

Die aantal pare verskil egter van spesie tot spesie. By die mens is daar 23 pare en so ook

by Roseicollis Lovebirds. By meeste ander papegaaie is die aantal nog nie bo alle twyfel

vasgestel nie. Die twee chromosome van ʼn betrokke paar is ook altyd ewe lank, behalwe

by die enkele paar wat die gesag van die voël bepaal. By hierdie paar chromosome het

die mannetjie twee X chromosome en die wyfie een X en een y chromosoom. Die X

chromosoom is die aktiewe een wanneer dit kom by die oordra van kleurmutasies. By

voëls is daar nog nooit gene op die onderontwikkelde y chromosoom gevind wat kleur

kan oordra nie.

1.2.3. Gene

Chromosome kan gesien word as ʼn ketting van gene. Die gene is dan ook die instrument

binne die chromosoom wat die kleur oordra.

1.2.4. Lokus

Lokus verwys na die plek op die chromosoom waar die betrokke geen voorkom.

1.2.5. Allele

Dit is wanneer meer as een mutasie op dieselfde lokus op dieselfde chromosoom

voorkom. Bv. Blou, Turkoois en Aqua, waar Turkoois en Aqua dan ook dominant oor

blou is. Die betrokke lokus kan egter net een geen op ‘n slag huisves.

2. MUTASIES

2.1. Maniere van vererwing

2.1.1. Autosomaal – resessief

Hier dra die mannetjie en wyfie ewe swaar aan die mutasie. Die mutasie moet op albei

chromosome van die betrokke paar teenwoordig wees om die kleur sigbaar te maak.

Wanneer die mutasie slegs op een chromosoom voorkom is die betrokke voël ʼn draer

[split].

Page 3: P5 Louis aanbieding - pretoriapapegaaiklub.co.za MUTASIES.pdf · hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies

Voorbeelde:

Blou, Fallow, Dilute, ADM Pied en alle “par blue” mutasies [hulle is egter dominant oor

blou]

Wanneer Blou met Normaal [Groen] gepaar word – kry ons.

M F 1 2 3 4

1+3

2+3

1+4

2+4

Al die kuikens is Groen Split Blou

Wanneer hierdie Split Blou kuikens met mekaar gepaar word kry ons die volgende:

M F 1 2 3 4

1+3 Blou

2+3 Split Blou

1+4 Split Blou

2+4 Normaal

Uitkoms van: Blou x Groen/blou

M F 1 2 3 4

1+3 Blou

2+3 Blou

1+4 Groen/Blou

2+4 Groen/Blou

Page 4: P5 Louis aanbieding - pretoriapapegaaiklub.co.za MUTASIES.pdf · hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies

Turkooise x Gewoon

M F

1 2 3 4

1+3

2+3

1+4

2+4

Net soos in die geval met blou is al die kuikens groen split turkooise

VOORBEELDE VAN MUTASIES WAT ATOSOMAAL

RESSESIEF VERERF

Bronz Fallow Blou Moustache Turq. Pennant Dilute Pennant

Moustache

Blou African Grey Blou Splendid Akwa Quaker Turq. Green-cheeked

Page 5: P5 Louis aanbieding - pretoriapapegaaiklub.co.za MUTASIES.pdf · hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies

Swart Gouemantel Dilute plumhead

2.1.2. Autosomaal – dominant

Hierdie mutasie werk eintlik dieselfde as Autosomaal resessief behalwe dat die

sogenaamde split hier sigbaar is. Wat dan as enkelfaktoriges bekend staan. In volledige

Dominante voëls is daar visueel geen verskil tussen enkel en dubbelfaktorige voëls nie.

Voorbeelde:

Dominante grysgroen en dominante “edged”

Dominant

Dubbelfaktor Grysgroen X Normaal (Groen)

M F

1 2 3 4

1+3

2+3

1+4

2+4

Al die kuikens is enkelfaktor grysgroen - die vererwing is dieselfde as resessief

Page 6: P5 Louis aanbieding - pretoriapapegaaiklub.co.za MUTASIES.pdf · hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies

Wanneer hierdie enkelfaktorige kuikens met mekaar gepaar word kry ons die volgende:

M F 1 2 3 4

1+3 Dubbel faktor

2+3 Enkel faktor

1+4 Enkel faktor

2+4 Normaal groen

Weereens die selfde resultaat wanneer twee resessiewe splits gepaar word. Die splits is

net sigbaar. 25% dubbel faktor 50% enkelfaktor 25% normaal groen

Voëls wat Dominant vererf

Grysgroen Ringnek Dominant-bont Grysgroen Maxi ????

Page 7: P5 Louis aanbieding - pretoriapapegaaiklub.co.za MUTASIES.pdf · hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies

Grysgroen Plumhead

Ko-Dominant

By die ko–dominante mutasie is die enkelfaktoriges minder intens van kleur en kan altyd

uitgeken word.

Voorbeelde:

Donkergroen, Violetgroen en Oranjegesig by Roseicollis.

Turkoois en Aqua is slegs oor blou dominant

Voëls wat Ko-Dominant vererf

Violet-groen & donkergroen

Page 8: P5 Louis aanbieding - pretoriapapegaaiklub.co.za MUTASIES.pdf · hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies

2.1.3. Geslagsgebonde – resessief

Hier word die mutasie op die X of geslag chromosome gedra, waarvan die mannetjie

twee en die wyfie slegs een het. Die ander chromosoom van hierdie paar is

onderontwikkel by die wyfie en staan as die y chromosoom Daarom kan daar nooit ʼn

split wyfie wees nie. Wanneer sy die mutasie op haar enkele X chromosoom het wys sy

die kleur. Omdat die mannetjie twee X chromosome het sal hy net die kleur wys wanneer

die mutasie op albei voorkom en ‘n split wees split wanneer die mutasie slegs op een

voorkom.

Wanneer twee geslagsgebonde mutasies met mekaar gebroei word, moet oorkruising eers

plaasvind voor albei kleure in dieselfde voël kan vestig.

Hoe nader die loci waar die gene voorkom aan mekaar is hoe moeiliker vind oorkruising

plaas.

Bv. By Lutino en Cinnamon wat langs mekaar sit is die kans net 3%

By Lutino en Opaline wat heelwat verder van mekaar is, is die kans 17%

Lutino en Pallid is allele van mekaar wat beteken dat die betrokke gene op dieselfde

locus voorkom. Hulle kan egter nie gelyktydig daar wees nie wat beteken dat ‘n Pallid-

ino in werklikheid ‘n dubbel split mannetjie is en so ‘n wyfie nooit kan bestaan.

Voorbeelde:

Lutino, Pallid, Cinnamon, Opaline.

2.1.4 Geslagsgebonde – Resessief `

Byvoorbeeld Lutino M (XX) X Normale F(XY) -- (X en Y= chromosome)

M F 1 2 3 4

x x x y

1+3 x x Groen/Lut. M

2+3 x x Groen/Lut. M

1+4 x y Lut.F

2+4 x y Lut.F

50% groen split Lutino M 50% Lutino F

Split lutino M X Lutino F

Page 9: P5 Louis aanbieding - pretoriapapegaaiklub.co.za MUTASIES.pdf · hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies

M F

1 2 3 4

x x x y

1+3 x x Lut M

2+3 x x Groen/Lut M

1+4 x y Lut. F

2+4 x y Normaal F

MUTASIES WAT GESLAGSGEBONDE VERERF

Opaline Ringnek Opaline Green- cheeked Opaline G.Mantel

Lutino G. Mantel Lutino Pennant

Page 10: P5 Louis aanbieding - pretoriapapegaaiklub.co.za MUTASIES.pdf · hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies

Lutino Roseicollis

SAAMGESTELDE MUTASIES

Baie verskillende kombinasiekleure kan geteel word wanneer ons hierdie basis of

primêre kleure met mekaar broei.

ENKELE VOORBEELDE

Violet cleartail RN Turkoois Pied Pennant Blou Cinnamon Pennant

Page 11: P5 Louis aanbieding - pretoriapapegaaiklub.co.za MUTASIES.pdf · hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies

Turk.Violet Pied Blou Turk. RN Opaline Lutino Redrump

Turk.Marble Violet SW Akwa Opaline SW Cinnamon Opaline

Page 12: P5 Louis aanbieding - pretoriapapegaaiklub.co.za MUTASIES.pdf · hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies

MUTASIE BENAMINGS ʼn POGING TOT ENVORMIGHEID Df = Double factor Sf = Single factor SL = Sex linked NSL = Non sex linked

VOORGESTELDE BENAMING ANDER VERWARRENDE NAME

LUTINO – SL YELLOW

ALBINO – SL WHITE

TURQ-INO – SL CREAM-INO

PALLID-INO - SL YELLOW – HEAD CINNAMON

CINNAMON-INO [LACEWING]

LUTINO – NSL YELLOW

BLACK EYED CLEAR – PIED ? YELLOW, BLACK EYE LUTINO BLACK EYE YELLOW

GREY GREEN OLIVE

BLUE

TURQUOISE BLUE, PASTEL, PASTELBLUE, WHITEFACE,

CREAMFACE

AQUA SEAGREEN, DUTCH BLUE, ORANGE [PENNANT]

CINNAMON GREEN AMERICAN CINNAMON, CINNAMONWING , ISABEL

CINNAMON BLUE SKYBLUE, IVORY

CINNAMON GREYGREEN GOLDEN CHERRY, GOLD OLIVE, MUSTARD

CINNAMON TURQUOISE PASTEL SKYBLUE, PASTEL CINNAMON

CINNAMON GREY SILWER, PLATINUM

CINNAMON LUTINO LACEWING, YELLOWHEAD CINNAMON

PALLID GREEN [SL Parino] LIME, LACEWING, ISABEL, DILUTE, AUSTALIAN

CINNAMON CINNAMON-YELLOW, YELLOW, U.K.

CINNAMON, Suffused

PALLID BLUE BLUE LACEWING, PASTEL BLUE, BLUE DILUTE

PALLIDINO GREEN YELLOW-HEAD CINNAMON, LIME-INO [Ringneck]

PALLID GREY-GREEN OLIVE LACEWING, GREY-GREN LIME

PALLID BLUE BLUE LIME, BLUE LACEWING

PALLID TURQUOISE TURQUOISE LIME, PASELBLUE LACEWING

PALLID D BLUE COBALT LIME

PALLID DD DARK BLUE MAUVE LIME

PASTEL NSL DILUTE, RECESSIVE PALLID, RECESSIVE

LIME,PALLID GREEN

PASTEL-INO NSL PALLID INO

DARK GREEN JADE

D-DARK GREEN[Olive ]

DARK BLUE [Cobalt]

D-DARK BLUE [Mauve]

VIOLET GREEN VIOLET, EMERALD

Df VIOLET GREEN VIOLET

VIOLET BLUE VIOLET

Df VIOLET BLUE VISUAL VIOLET

VIOLET DARK BLUE VISUAL VIOLET

Df VIOLET DARK BLUE VISUAL VIOLET

BRONZE FALLOW GREEN GREENCINNAMON, RECESSIVE CINNAMON, GERMAN

FALLOW, WEST GERMAN FALLOW [Roseicollis],

CREAM, GOLDEN FALLOW, RECESSIVE SILVER.