vanaf “die brug” · moedeloosheid, van gevoelens van oorweldiging deur die nood rondom ons en...

7

Upload: others

Post on 22-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: vanaf “die brug” · moedeloosheid, van gevoelens van oorweldiging deur die nood rondom ons en op plekke waar ons aan mekaar moet erken dat ons nie die antwoorde het nie, nie weet
Page 2: vanaf “die brug” · moedeloosheid, van gevoelens van oorweldiging deur die nood rondom ons en op plekke waar ons aan mekaar moet erken dat ons nie die antwoorde het nie, nie weet

vanaf “die brug”

Wilhelm van Niekerk

15 Jaar in die lewe van PEN Die lewe van PEN die afgelope 15 jaar is baie soos ‘n gesin se reis van groei, van saam swaar kry, saam lag en saam beweeg deur nuwe lewensfases. Ons het as klein groepie tydens die beginjare van PEN, baie gedink hoe ons ‘n blywende verskil kan maak in die stad Pretoria. Ons eerste formulerings van ‘n visie, het gedroom oor holistiese bediening aan mense in die stad. Dit het ons gelei na terreine waar ons gekonfronteer is om besluite te neem wat effens tyds-vreemd was. So het ons grootgeword en geleer wat dit beteken om kerk te wees en relevant te wees in die stad. Met min ondersteuning van die tradi-sioneel sterk leiers, moes ‘n nuwe pad gevind word wat gevra het na kreati-witeit en waagmoed. Saam met ons personeel korps het PEN haar identi-teit gevind in (eintlik bekende) kerk-like konsepte soos Diensbaarheid, Rentmeesterskap, Gemeenskap en die Verkondiging van God se Goeie Nuus. Rondom hierdie vier fasette van kerk-wees het PEN relevansie gevind en het ons begin reis oppad na ‘n nuwe verstaan van Geloofsgemeen-skap. Die konsep wat my persoon-lik nog altyd aangespreek het, was om binne PEN ‘n voorbeeld te stel van goeie rentmeesterskap. Een van die beginsels wat ek in my eie lewe ontdek het, is verwoord in die spreuk: “takers eat well, but givers sleep well”. PEN kon daarin slaag om deur die jare, die beste te gee vir ons mense (ons eie personeel en die mense wat baat vind by ons projekte). Verantwoordelike finansiële bestuur was een van ons grond begin-sels. Ons was bevoorreg om te kon leer uit die foute van vorige organisa-sies. Ons eie visie was om selfonder-houdend te wees en om dit wat ons het, verantwoordelik te deel met dié

wat nie het nie. PEN se personeel het die waarde uitgeleef dat net ons beste goed genoeg is. Ons is nie tevrede met enige iets wat lyk na tweede beste nie. Ons beeld, ons dienste, ons voorbeeld, moes ‘n simbool van hoop word in die stad - ‘n simbool wat bevestig dat ook in God se oë, is die mense van die stad die heel belangrikste. Maar soos enige gesin, bring ons reis ons soms by plekke van moedeloosheid, van gevoelens van oorweldiging deur die nood rondom ons en op plekke waar ons aan mekaar moet erken dat ons nie die antwoorde het nie, nie weet waar-heen nie, nie altyd weet hoe nie en nie altyd reg is nie. Soos die geval met ander gesinne, is en bly ons diep afhanklik van God se genade, sy Leiding en sy ewigdurende Liefde. Ons het mekaar om by moed te skep en raad te vra vir die pad vorentoe. Dit is ook waar al ons ander familielede ‘n kardinale rol speel. Dankie vir ons reisgenote wat help soek het na rigting, wat aange-moedig het langs die pad, wat ‘n woord, ‘n brood en ‘n rand gegee het waar nodig. Dit word opreg waardeer en vorm die sement en boustene vir ons pad vorentoe. In hierdie uitgawe bied ons met trots aan u die storie van PEN se eerste 15 jaar. Geniet dit!

Alle dank aan ons Stuurman wat ons so meesterlik en getrou gelei het die afgelope 15 jaar!

Seekamp 2007Elke jaar verras die Here ons met seën en oorvloed vir hierdie projek. 120 kinders kry die geleentheid om geestelik en emosioneel te groei op wyses wat ons telkens stom laat. PEN spandeer ongeveer R220 000 as ‘n

ewigheidbelegging in transformasie van hierdie kosbare lewens. Kinders ontmoet ‘n lewende God deur egte Christelike gemeenskap wat die loop van hul lewens vir altyd verander. Wat ‘n voorreg om so ‘n dramatiese ingryp van God se genade in personeel en kinders se lewens te beleef! Hierdie jaar maak ons weer so as die Here wil! Op 1 Desember vertrek 60 kinders en 60 tieners vir 10 wonderlike dae aan die Natalse Suidkus. Die tieners noem hulle kamp PenTe@C (”Pen Teens at the Sea”) en hulle tema hierdie jaar is “Euphraino” (‘n Griekse woord wat “uitermatige geluk” beteken). Die kinders se tema vir hierdie jaar is “The C Factor”. Tydens elkeen van die lesse klim hulle in die “C Machine” en temas soos “Christ, Cross, Connecting, Caring, Celebrating, Communion en Child ” word behandel. Afgesien van die geestelike programme en die strand-uitstappies, sal die kinders ook blootgestel word aan nuwe ervaringe soos uShaka Village en ’n kort bootreis op die see. Jy kan die PEN Seekamppro-jek ondesteun deur ‘n finansiële bydrae te maak, koekies en beskuit te bak, of lekkers, handdoeke, sonblok, ens te skenk. Elke sent en elke pakkie lekkers bring ons nader aan ons begroting. U kan ook deel word van ons gebedsketting vir hierdie groot projek.

Dankie vir u ondersteuning!

Page 3: vanaf “die brug” · moedeloosheid, van gevoelens van oorweldiging deur die nood rondom ons en op plekke waar ons aan mekaar moet erken dat ons nie die antwoorde het nie, nie weet

Die verhaal van PEN is ‘n mosterdsaadverhaal waarin die sigbaarwording van God se Koninkryk in die lewens van mense en hulle nalatenskappe baie duidelik word. Almal word nie in hierdie verhaal genoem nie. Dit sou amper onmoontlik wees aangesien soveel mense (baie sal altyd onbekend bly) deur hulle tyd en geld en gebede meegedoen het aan die storie van PEN. Ek het gepoog om die meer bekende sleutelfigure uit te lig. Indien hulle nog werksaam is by PEN en as bestuurder of projek-koördineerder diens doen, sal hulle deel uitmaak van ons Leierskapsgroep en het ek hulle naam met geel uitgelig. Huidige projekte van PEN is in pers uitgelig.

DIE VOORGESKIEDENISDie verhaal van PEN begin vir alle praktiese redes in 1854 met die stigting van die Pretoria-gemeente en die bou van die eerste kerkie op die terrein van die huidige Kerkplein in 1857. Dit is insiggewend omdat die hele stad rondom hierdie kerk ontwikkel het. Om ‘n lang en baie interessante storie veel korter te maak, kan ons sê dat die Pretoria gemeente wat vanaf 1904 in Bosmanstraat gesetel was, die moedergemeente van die hele distrik sou word. Die eerste 80 jaar van die gemeente se bestaan in Bosmanstraat sou gekenmerk word deur die leidende rol wat hierdie gemeente op kerklike en politieke terrein gespeel het.

DIE AANLOOPIn 1984 het die Suid-Afrikaanse regering reeds druk van die buiteland en swart drukgroepe binne Suid-Afrika beleef en PW Botha het die Drie-kamerparlement ingestel. ‘n Algemene noodtoestand is in hierdie tyd afgekondig en Suid-Afrika was polities in ‘n warboel. Op kerklike terrein het dit nie veel beter gegaan nie. PW Botha se raad aan wit Suid-Afrikaners en die kerk was “adapt or die!”. In 1986 het die NG Kerk die eerste “Kerk en Samelewing” uitgegee waarin apartheid as volg verduidelik is: “...‘n politieke sisteem wat een groep onregmatig bo ‘n ander bevoordeel en nie op Christelik-etiese gronde aanvaar kan word nie”. Die deure van die kerk sou voortaan oopgestel word vir enige persoon ongeag ras of kleur. Dit het gelei tot die stigting van die APK in 1987. Gou was dit duidelik dat die kerk erns gemaak het met die noodsaaklikheid om aan te pas. In 1989 is PW Botha opgevolg deur FW de Klerk en uit sy intreerede was dit duidelik dat Suid-Afrika ‘n nuwe blaadjie omgeslaan het. Al die ou apartheidswette is opgehef en organ-isasies soos die ANC, UDF en die SAKP is ontban. Op 11 Februarie 1990 word Nelson Mandela vrygelaat en in 1991 is die laaste “groot” apartheidswette, die Groepsgebiedewet en die Bevolkingsregistrasiewet afgeskaf. Vir die volgende drie jaar sou leiers van die regering en prominente leiers uit die vryheidstryd byeen kom om die grondwet van ‘n nuwe Suid-Afrika te bespreek. Die “nuwe Suid-Afrika” word met die eerste algemene stemdag op 27 April 1994 gebore.

“WINDE VAN VERANDERING” IN DIE MIDDESTADDie “winde van verandering” het ook deur die middestad van Pretoria se strate begin waai. Mense van kleur het na 1991 in die stad begin intrek. Wit mense en besighede het weggetrek na voorstede en so het die karakter van die middestad stadig aan verander. In woonplekke soos Schubartpark het slegs wit mense wat in die stad wou bly of nie kon bekostig om te trek nie, agtergebly. Hierdie verwik-kelinge het ‘n belangrike invloed op die Pretoria-gemeente gehad. Baie van die lidmate het ‘n ander heenkome gevind en dit het algaande moeiliker geword om die ongeveer 6 dominees van 1991 finan-sieel te bekostig. Die werk binne die grense van die gemeente het egter dieselfde gebly want werk-loosheid, armoede en die stadig stygende getal anderskleuriges het nuwe eise aan die kerkraad gestel.

DIE SAADJIE WORD GEPLANTVroeg in 1991 het Werner en Tanya Schultz die moontlikheid aan Frik Huyshamen en André de la Porte (predikante van die gemeente) geopper om ‘n kinderbediening vanuit die gemeente te loots. Agapé Kinderbediening het hieruit voortgevloei. Tydens ‘n strategiese beplanningsnaweek in Julie 1991 is die behoefte aan ‘n oorhoofse organisasie geïdentifiseer wat met meer kreatiewe denke op die eise van daardie tyd kon reageer. Die Agapé Kinderbediening en Woonstelbediening sou as pioeniersbedienings deel wees van so ’n organisasie, maar ‘n Tienerbediening en ’n Musiekbediening is ook in die vooruitsig gestel. Tydens Tukkies se Sendingweek van 1991 is die naam Pretoria Evangelisering en Nasorg, of te wel PEN, vir die eerste keer gebruik. Die visie is geformuleer as “’n Herlewing vir ‘n Sterwende Middestad”.

Bosmanstraat se kerk (±1920)

Werner & Tanya Schultz

Eerste logo van PEN-Aksie (1991)

DIE STORIE VAN PEN ...SO VÊR...

Eerste kerkie op Kerkplein(±1868)

Die stad verander!

Page 4: vanaf “die brug” · moedeloosheid, van gevoelens van oorweldiging deur die nood rondom ons en op plekke waar ons aan mekaar moet erken dat ons nie die antwoorde het nie, nie weet

(vervolg van vorige bladsy)

PEN KRY TANDEPEN word in 1992 as ‘n Artikel 21 maatskappy geregistreer. ‘n Amptelike logo word aanvaar sowel as ’n visie wat as volg verwoord is: “Om in en deur Christus die middestadsmens as totale mens te bedien.” ‘n Klein maar gedugte span het hulle reeds by die werksaamhede van PEN geskaar. André de la Porte het as koördineerder opgetree terwyl Frik Huyshamen die PEN-saak in die kerkraad gedryf het; Tanya Schultz het voete aan die Kinderbediening gegee en Japie van Kampen, Pieter de Witt en Hermanus Wallis was aan stuur van die Musiekbediening wat ook uitgereik het na tieners in die gebied. Willem en Maryna Booysen asook Herman Hinsbeeck het uitgereik na woon-stelbewoners in Schubartpark en Krugerpark terwyl Rika Skein studente in die Jeugsentrum bedien het. Ian Jannasch was verantwoordelik vir uitreike na bejaardes. In April 1992 word Dirk van Niekerk as Uitvoerende Direkteur aangestel. Een van PEN se huidige Direkteure, Marinda van Niekerk, begin in dieselfde jaar as Pastorale Hulp en met haar koms begin die Tienerbediening as afsonderlike bediening in PEN funksioneer. Stephan de Beer, die huidige Uitvoerende Direkteur van Tshwane Lead-ership Foundation, begin ‘n gemeenskapsbediening. Tina Naudé het as skriba van die kerkraad en sekretaresse/ boek-houer van PEN ‘n enorme taak verrig. Die eerste Seekamp vir laerskoolkinders word gehou in 1992 met die tema “Hy, jy en my”.

ANDER NUWE GEMEEN-SKAPPE ONTSTAANIn 1993 stig Stephan de Beer ‘n onafhanklike organisasie met ‘n gemeen-skapsfokus. Hierdie organisasie, Pretoria Community Ministries, sou voortaan ‘n belangrike sustersorganisasie van PEN word. Die Franssprekende kerk, The International Church of Pretoria, word in 1993 toegelaat om eredienste vanuit die Bosmanstraatkerk te hou en in dieselfde jaar is die helfte van die kerkgebou aan die nuut-afgestigde NG Kerk in Afrika se plaaslike gemeente, Melodi ya Tshwane, verkoop.

NUWE GESIGTE EN PROJEKTE VAN PENIntussen is daar ernstig besin oor die behoeftes van kinders en hul ouers in die onmiddellike omgewing van Schu-bartpark. Aan die begin van 1995 en onder leiding van Chrissie Kritzinger maak Pennies Kleuterskool sy deure oop. Chrissie vertel: “Ek onthou daardie eerste dag soos gister: 13 kleuters en een bloedjong juffrou met sterre in haar oë. Ek onthou die weke se bou en skuur en verf aan apparate, tafels en badkam-ers.” In Oktober 1994 is PEN se huidige Uitvoerende Direkteur, Wilhelm van Niekerk, aangestel as Kontrole Bestuurder. Dit het beteken dat die bestuur van PEN en die gemeente ook deels sy verantwoordelikheid geword het. Hy en Frik Huyshamen neem die dapper besluit om die Jeugsentrum oop te stel vir mense van kleur en in 1995 word die Jeugsentrum amptelik herdoop na The Foundation. In 1996 sluit Edmond Sekgobela by hulle aan en speel ‘n baie belangrike rol in die ontwikkeling van The Foundation. Die eerste voltydse terapeut in PEN, Retha Badenhorst, asook ‘n paar vrywillige terapeute en maatskaplike werkers begin in hierdie tyd betrokke raak. Riana Anderson speel ‘n groot rol in die oprigting van Pennies se speelgoedbiblioteek. In dieselfde jaar word Marinda van Niekerk en Danie Veldsman, die huidige Voorsitter van PEN se Dagbestuur, aangestel as tentmaker-dominees van die gemeente en neem Marinda voltydse verantwoordelikheid vir PEN se Tienerbedi-ening. Die behoefte aan ‘n naskoolse ruimte word geïdentifiseer en loop uit op die inrigting van die terapielokaal by Pennies as naskoolsentrum in die middae. Elriza Coetzee en later Johan en Liezel Nichols het vir hierdie projek gesorg. Gedurende 1997 skuif die sentrum na sy huidige standplaas in Schubartpark na die ontruiming van die Ruth Arend Kleuterskool aldaar. Die Tienerbediening hou ook in hierdie jaar hulle eerste Seekamp. Die konstante identifisering van behoeftes loop uit op die inisiëring en stigting van talle PEN-projekte. So is die Roag Clothing fabriek in 1996 in die saal begin en die ou kerkkantoor-ruimte omskep in ‘n kliniek waar dr Lidia van der Walt vanaf 1997 tot 1998 diens doen. PENTO (PEN Tiener Ontwikkelingsentrum) word vanaf 1998 onder leiding van Hannes Dupper vanuit die kerksaal bedryf. Hierdie projek het soos die naskoolsentrum vir laerskool-kinders ook ten doel om hoërskoolkinders smiddae by te staan in akademiese en ander behoeftes.

‘N PERIODE VANSKOMMELING (1998 – 2000) In 1998 begin PEN met Moreletapark-gemeente onderhandel om die voortbestaan van die organisasie te verseker te midde van al hoe moeiliker omstandighede in die middestad en Pretoria-gemeente. PEN se oordrag na Moreletapark-gemeente in Junie 1998 was gevolglik van kardinale strategiese belang vir die toekoms van die organ-isasie. Hierdie gebeure sou tekenend wees van die volgende twee jaar. Dit sou ‘n periode wees van die begin van nuwe dinge te midde van die afsluiting van die oue. Die klerefabriek en kliniek sluit albei hulle deure gedurende 1998. Die Tienerbediening verskuif na die kliniek se ruimte en Kinderbediening verhuis na ‘n pastorie van die gemeente in Arcadia. In 1998 verlaat Werner en Tanya Schultz, twee van die stigterslede, die geledere van PEN. Die Musiekbediening

Pastorie in Proesstraat voordat dit Pennies geword het

Page 5: vanaf “die brug” · moedeloosheid, van gevoelens van oorweldiging deur die nood rondom ons en op plekke waar ons aan mekaar moet erken dat ons nie die antwoorde het nie, nie weet

(vervolg van vorige bladsy)

is teen die tyd reeds lank in die Tienerbediening geassimileer en die gestruktureerde Woonstelbediening het vir alle praktiese redes oorgegaan in ‘n baie meer informele uitreik. Baie klem word in hierdie tyd op bestaande projekte gelê. Een uitsondering was met betrekking tot Studentebediening. In 1998 word Pastoor Margareth Mahlaba aange-stel as geestelike werker in The Foundation en haar taak is om die studente, wat intussen totaal van kleur verwissel het, geestelik te bedien. Die Kinder- en Tienerbe-dienings begin elkeen ‘n unieke styl ontwikkel. Die uitvoerende bestuur van PEN rus in die tyd op die skouers van Wilhelm van Niekerk, Marinda van Niekerk (Tienerbediening), Chrissie Kritzinger (Pennies) en Bart Maritz (Kinderbediening). Petro Hinsbeeck word in 1999 aangestel as Boekhouer van PEN.

DIE PEN-VIERKLEURAan die begin van 2001 word al die personeel van PEN en The Foundation uitgenooi na ‘n besinningsvergadering in die kerksaal. Die doel was om vas te stel of PEN op koers was en om nuwe struktuur te gee aan die organisasie wat algaande groter geword het. Daar moes ook besin word op welke wyse The Foundation deel sou wees van PEN. Na aanleiding van hierdie vergader-ing is ‘n nuwe struktuur vir PEN ontwikkel waarvolgens PEN in vier kleurgekodifiseerde werksterreine ingedeel is: PEN as Stem van God (geel), Gemeenskap van God (rooi), Dienskneg van God (blou) en Rentmeester van God (groen). Die amptelike geloofs- en visieverklaring, PEN Believe, word aanvaar. Die nuwe vierkleur-logo word eers amptelik in 2002 gebruik. In 2001 sluit Francois Smit by PEN aan as koördineerder van die Kinderbediening terwyl Bart Maritz verantwoordelikheid neem vir die herontwikkeling van die Terapiesentrum. In 2002 sou Dagmara du Plessis aangestel word as Bestuurder van hierdie Sentrum. PEN begin reeds aan die einde van 2001 funksioneer volgens die nuwe vierkleurstruktuur. Die bestuur brei uit en daar word besluit dat die amptelike taal van PEN voortaan engels sou wees.

NUWE MOONTLIKHEDE, NUWE BEDIENINGE Indringende gesprekke tussen die verskeie geloofsgenote van die Bosmanstraatkerk-kompleks vind in 2001 plaas en loop uiteindelik uit op die stigting van die ICFCP (Inner City Faith Community Partnership) in 2002. Hierdie vennootskap het ten doel om al die geloofspartye om ‘n tafel byeen te bring en te werk in die rigting van ‘n gesa-mentlike visie. Jasmyn van Heerden word in 2001 aangestel as Bestuurder van die PENTO-Sentrum. ‘n Totaal nuwe diensarea word ook in hierdie jaar ontgin, naamlik die van haweloosheid. PEN se 1e projek, Two-by-Four, wat sedertdien herdoop is tot die Zama Zama projek - bied ‘n skuiling aan ongeveer 10 hawelose mans wat ‘n inkomste genereer uit die herwinning van veral karton en papier. In 2002 open Pennies Babasentrum in Schubartpark en wil soos Pennies Kleu-terskool en die Primêre Ontwikkelingsentrum, die huidige naam van PEN se naskoolsentrum vir laerskoolkinders, kwaliteit en gesubsidieerde diens aan ouers lewer wat nie dagsorg vir hulle babatjies kan bekostig nie. Die jaar 2002 was ook histories vir 3 ander redes: PEN vier haar 10e verjaarsdag; The Foun-dation word amptelik deur PEN aangeneem as grootste gemeenskapsprojek en ‘n amptelike samewerkings-ooreenkoms word tussen PEN en PCM geteken waarvolgens daar in die toekoms saamgewerk sou word aan projekte van gemeenskaplike belang soos Sediba Hope Kliniek en die Feast of the Clowns. Laasge-noemde is ‘n jaarlikse straatfees wat aan die noordelike grens van Burgerspark gehou word. PEN was mede-gasheer vanaf 2002 tot 2005. PEN SE BESIGSTE JAAR: 2003Aangrensend tot die kerk is die ou Grootte Kerkgebou, waarin die weermagar-gief vir soveel jare gehuisves was. Nadat die weermag die gebou ontruim het, is dit deur die kerkraad aan PEN geskenk sodat ‘n gemeenskapsentrum ingerig kon word. Aanvanklik gebruik die Kinder- en Tienerbedienings slegs die 4e vloer as kantore (2001 – 2002). In samewerking met PCM (Pretoria Com-munity Ministries) word ‘n klerestoor, The Floodgates, op die 3e verdieping begin. Met allerlei planne en drome vir die gebou word dit herdoop tot Sediba House. Saam met Yeast City Housing, ‘n sosiale behuisingsmaatskappy en affiliaat van PCM, word die boonste 3 vloere tydens 2003 in 45 klein woonstelletjies ontwikkel. Die onderste 3 vloere is deur PEN in kantoorruimtes vir besighede en bedieninge met gemeenskapsgerigte doelstellings omskep en tans word die Kweekskool van die Verenigende Gereformeerde Kerk, ‘n Sending-navorsingsorganisasie, Inserv, en verskeie klerefabrieke hier geakkommodeer. PEN se Terapiesentrum asook Kinder- en Tienerbedienings vul tans die totale ruimte van die 1e vloer . Sediba Hope Kliniek open sy deure in 2003 met Kgabo Mmekwa aan die stuur. Die doel van die kliniek was en is steeds om arm mense en haweloses wat HIV positief is te identifiseer en op ‘n holistiese wyse te ondersteun. Die kliniek vorm inisieel deel van die Sediba Hope Aids Projek – ‘n samewerkingsprojek tussen PEN, PCM, Wesley Cen-tral Methodist Mission, St Albans Anglikaanse Kerk en die CMR. Die program het intussen uitgebrei. PCM bestuur Rivoningo, ‘n HIV en VIGS Hospice terwyl Wesley Central Methodist Mission ‘n Healing Centre bedryf.

‘n Jaarlikse hoogtepunt: Seekamp

Lede van die Zama Zama bediening ontvang nuwe trollies

Page 6: vanaf “die brug” · moedeloosheid, van gevoelens van oorweldiging deur die nood rondom ons en op plekke waar ons aan mekaar moet erken dat ons nie die antwoorde het nie, nie weet

(vervolg van vorige bladsy)

Die PENTO-sentrum vir tieners word herdoop tot ArCaTure (akroniem vir Art, Academics & Adventure). Voor-taan sou daar gepoog word om die tieners in ons naskool op ‘n meer holistiese wyse te bedien. In 2003 is Lesetja Raboshakga deur die ICFCP aangestel as jeugleraar met onder andere die taak om ‘n alterna-tiewe erediens daar te stel op Sondagmiddae. Die Kinder- en Tienerbedienings word verenig onder die sorg van Francois Smit, wat intussen as tentmakerpredikant van die NG Kerk Pretoria aangestel is. Die koördineerders van die Kinder- en Tienerbediening word in die persone van Dirk Krüger en Susan van der Walt aangestel. Kin-derbediening begin uitreik na die kindersale van Pretoria Akademiese hospitaal terwyl beide bedienings betrokke raak by skole in die area van die middestad. In dieselfde jaar word die eerste Red Festival gehou, ‘n fees wat dit ten doel het om pret en plesier aan die plaaslike gemeenskap van die Bosmanstraat-Schubartpark area te verskaf. In 2003 begin PEN met Personnel Fellowships. Elke bediening resorteer onder ‘n pastor en hou weekliks Bybel-studie. Een maal per maand kom almal in die kerk byeen vir die groot PEN Fellowship wat deel vorm van ‘n grootse poging om ons personeel by die visie van PEN te betrek. Die eerste formele personeelbeplanningsessie word aan die begin van dié jaar gehou. In 2004 sou dit uitgebrei word na PEN se eerste PEN Bestuurskamp en in 2006 hou PEN sy eerste PEN Personeel Retreat.

FEESTELIKHEDE ENUITBREIDINGS 2004 was ‘n besondere jaar in die geskiedenis van PEN. Die NG Gemeente Preto-ria word 150 jaar oud en die kerkgebou herdenk sy eeufees met ‘n naweekfees in September. Sun Sparrows, PEN se tweede gesubsidieerde kleuterskool, open sy deure in die nuut aangekoopte huis in Mearsstraat, Sunnyside. Reneé Veldsman word aangestel as projekbestuurder en hoof van die kleuterskool. ZoZo Bite is PEN se klein kombuisie op die grondvloer van Sediba House. Van hier word daar maaltye berei vir ArCaTure en vanaf 2004 bekostigbare middagetes vir die breë publiek. Pieter Ferreira word aangestel as die bestuurder van die Primêre Ontwik-kelingsentrum - die amptelike naam van PEN se naskoolsentrum vir laerskool-kinders. Dié sentrum het intussen uitgebrei en bedien ±130 kinders. Rieneke Schutte word aangestel as die Bestuurder van Pennies met sy ongeveer 125 kinders. Die Terapiesentrum word herdoop tot die Guidance & Support Centre. ‘n Hele span maatskaplike werkers en terapeute het hulle sedertdien by die sentrum se geledere gevoeg. Mona Prinsloo word aangestel as bestuurder van The Foundation se kombuis. Sy is ook verantwoordelik vir die huishoudelike werkers aldaar. In 2005 word ’n bestuursvleuel vir die Uitvoerende Bestuur van PEN ingerig in die ou pastorie van die Jeugsen-trum se studenteleraar en staan bekend as “die Brug”. Die Growing Tshwane Initiative (GTI) word in dié jaar geloots. Hierdie projek poog om voedsel op groot maat te bekom en dit dan beskikbaar te stel aan behoewende individue en hulporganisasies. Die Floodgates klerestoor verskuif na Vermeulenstraat en Khomotso Ndlovu word as koördineerder aangestel. Die Moya Adventure Klub word in 2005 gestig met die oogmerk om die avontu-urlustiges by die werksaamhede van PEN te betrek.

‘N NUWE WENDINGAan die begin van 2006 formuleer PEN ’n nuwe visie: “PEN dreams of a God loving community, living in the city, caring for one another by sharing wisdom, values and resources.” Dit val saam met ‘n herstrukturering van PEN se struktuur. Die blokke verander na meer funksionele blokke: Basiese Behoeftes, Onderwys, en Uitreik. Gawie van Niekerk en Andries Schwartz word onderskeidelik aangestel as Bestuurders van die Kinderbediening en The Foundation. Laasgenoemde val saam met ‘n ander heuglike gebeurtenis in die geskiedenis van PEN. Na jare se gesprekvoering tussen die SKDBM, PEN en die NG Kerk Pretoria word daar in 2006 ‘n ruiling aangegaan tussen die eienaarskap van die Harmonie Jeugsentrum en The Foundation. Dit beteken dat die Harmonie Jeugsentrum oorgedra word aan die SKDBM en The Founda-tion aan die gemeente wat dit weer op sy beurt aan PEN verkoop vir ‘n baie billike bedrag. Hierdie gebeure het daartoe aanleiding gegee dat daar nou amptelik ook van ‘n Volwassebediening in PEN gepraat kon word en Andries Schwartz neem daarvoor verantwoordelikheid. In die bogenoemde gesprek met die SKDBM het daar nog ‘n huis in Mearsstraat aan die orde gekom en PEN word nog ‘n eiendom ryker. Reeds in 2004 is daar begin praat oor die behoefte aan ‘n veiligheidshuis vir kinders. Die eertydse huis van die SKDBM, wat regoor Sun Sparrows in Mearsstraat geleë is, was uitstekend vir die doel geskik. Precious Pearls word amptelik in April 2007 geopen met Dorris Mkonto as huismoeder. 16 Kinders kan hier gehu-isves word. ’n Behoefte na ‘n eenvormige opvoedkundige kurrikulum en standaard by ons twee kleuterskole lei tot die aanstelling van Liezel Birch as opvoedkundige hoof. Die twee skole word egter steeds bestuur deur Rieneke Schutte (Pennies) en Reneé Veldsman (Sun Sparrows).Frieda Mokwena word aangestel as die bestuurder van ZoZo Bite wat intussen gegroei het na ’n voltydse bedryf wat ‘n wonderlike diens aan die gemeenskap lewer. ’n Behoefte aan groter kapasiteit by die Brug, lei tot die aanstelling van Charlotte Stevens as Personeelbestuurder

‘n Sessie tydens ‘n mannekamp

Precious Pearls word gebore

Page 7: vanaf “die brug” · moedeloosheid, van gevoelens van oorweldiging deur die nood rondom ons en op plekke waar ons aan mekaar moet erken dat ons nie die antwoorde het nie, nie weet

(vervolg van vorige bladsy)

en Anita Botha tot Skakelbeampte in 2007. ‘n Wonderlike gebeurtenis in 2006 was die afskop van ons kerk vir tieners. Pen Fusion, soos die kerk gedoop is, bied ‘n alternatiewe aanbiddingsmoontlikheid vir die tieners van ons middestad. Alhoewel dit aanvanklik slegs een maal per maand gehou is, word dit in 2007 uigebrei na elke twee weke. Die Kinderbediening volg hulle voorbeeld in dieselfde jaar met hulle eie kwartaalikse kinderkerk.Pennies Babasentrum, wat weens verskeie redes gesluit moes word in 2006, maak plek vir die Schubartpark Gemeenskapsentrum. Die doel van hierdie sentrum is om die gemeenskap van Schubartpark by te staan in ‘n baie moeilike transisionele tydperk in die geskiedenis. Die Sediba Hope Kliniek, wat tot dusvêr deur ‘n vennootskap bestuur is, word ten volle oorgedra aan die sorg van PEN en Hadifele Kotsi word as bestuurder aangestel. Met die toevoeging van die bykans 20 personeellede van die kliniek, kry PEN skielik nuwer, groter en heerliker verantwoordelikheid!Vanuit ons maandelikse personeel fellowships het ‘n aantal persone ‘n “band” saamgestel. The Tribe of Judah word gestig aan die begin van 2007. ’n Ruim skenking van 20 nuwe rekenaars deur TRANSWERK lei tot die opening van die Thusanang Rekenaarsen-trum in Oktober 2007. Hierdie sentrum poog om ‘n goedkoop rekenaar- en internetdiens aan studente in The Foundation te verskaf sowel as om ’n opleidingsfasiliteit aan die gemeenskap te bied.

Ander lede van PEN se leiersgroep:Louise Rossouw (Kinderbediening)Timothy Qibi (Tienerbediening)Nomvula Shongwe (Primêre Ontwikkelingsentrum)John Mahlaule (Tribe of Judah)Ian Willemse (Kinderbediening)Enos Nengwanane (Volwasse-bediening)Jabu Mabena (ArCaTure)Sylvia Manzini (ArCaTure)Sandra van Waveren (Guidance & Support)Lekoatsa Pitso (Guidance & Support)

THE STORY OF THE FOUNDATIONOn 24 April 1954 the “Jeugsentrum” was officially opened by the late E.G. Jansen, Governor-general of the Republic of South Africa. Tienie Cronjé was appointed as the first manager and prop. Willie Marais was called as student minister and ordained on 2 April 1954. One apartment on the first floor was to be used as a manse for student ministers of the congregation. “Oom” Tienie Cronjé writes about those first years: “Terwyl ek aktief met die Jeugsentrum se administrasie gemoeid was, het ons elke jaar twee dinees gehad: gedurende April (ons verjaarsdagviering) en die laaste Vrydag in November (ons kersete). Kleredrag was halfformeel. Die dames was geklee in aand-of voortrekkerrok en die mans moes ten minste ‘n pak klere aangehad het. So ‘n stuk of 20 manne het elke jaar in hemp en kortbroek geklee vir een of ander duistere rede op die eiland voor die ingang gesit om te protesteer.” Many a relationship was sparked between young men and women in those first years. “Oom” Tienie writes: “Toe die jeugsentrum so twee of drie jaar oud was, is bereken dat daar al omtrent ‘n honderd paartjies was wat mekaar by die jeugsen-trum ontmoet en getroud is.” This trend was to be continued through the following decades and today The Foundation hopefully still plays a match-making function. Die Jeugsentrum was also a major foundation (pun intended!) for the Dutch Reformed Church. “Volgens ‘n statistiek wat later geneem is moes tussen honderd en tweehonderd manne in die bediening getree het…” adds “oom” Tienie. The status of the Jeugsentrum as a nur-turing Christian foundation for young people continued throughout the next three decades. During the late 1980’s, however, it was apparent that things were busy changing in the inner city of Pretoria. Management struggled to get enough applicants to ensure a stable income to keep up the quality work of the past. Three main factors were responsible for this state of affairs. First, the rapid changing political situation in the country forced a huge demographic change in the inner city. White folk moved out and black folk took their places. Secondly, posts for civil servants and other government officials were increasingly kept for black people. Thirdly, the Tshwane University of Technology moved to the current campus in Pretoria West. Die Jeugsentrum was rapidly becoming empty. During 1993 the church started negotiations with the Synod to manage the Jeugsentrum on their behalf. In May 1994 the first “non-white” residents are enrolled into the system. In 1995 the name of the building is officially changed to The Foundation. In 2002 The Foundation is adopted by PEN Ministies as one of its biggest community projects. The mes-sage is clear: the Foundation was and will always be connected to the work of the church and is rapidly returning to what the Jeugsentrum was many years ago: a home for young individuals (and a few older ones) and families; a place of rest; a house of which God takes a central place and a firm foundation from which to build a future.

The Foundation