sig - 2 2 web.pdf · ons vir altyd die lewe kan hê. ... alhoewel die konsistorie nie deel van die...

4
SIG UITGAWE 2018/2 MEI Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Palmsondag KRUISSTAP Atel Streicher Op Palmsondag, 25 Maart, het ons weer vir ons jaarlikse Kruisstap by Maastricht gehad. Op hierdie lieflike herfsmiddag, net voor Paasfees, het ons die plaaspaadjie aangedurf tot by die houtkruis. Ons gemeente het hierdie instelling al sowat vyf jaar. Van kleuters tot wyses en gryses stap saam en vorm gou groepies wat gesels-gesels die kronkelpaadjie volg tot bo waar die Nagmaaltafel reeds gedek is by die kruis. Die optog was onder leiding van dr Tinus van Zyl, terwyl ds André Agenbag ons daarbo ingewag het. Met die pragtige sonsondergang as agtergrond, het ds André vir ons sy boodskap oor waarom mense op ‘n berg of koppie soveel nader aan die Here voel, gebring. (Sien berig onderaan) Daarna kon ons elkeen individueel tot rus kom by die Here of saam met familielede en vriende kans kry om saam in groepies te gesels oor wat Paasfees vir hulle beteken. Dis tydens so ‘n stilwordtyd dat 'n mens besef hoe belangrik dit is om, te midde van elke dag se dolle gejaag in ‘n besige wêreld, betyds stil te word en te besin. Besin veral in hierdie tyd rondom Paasfees – saam met jou kinders en geliefdes. Hierna het elkeen teenwoordig, kans gekry om persoonlik die brood en wyn van ons leraars te ontvang en is die Nagmaal ingestel. Wat ‘n belewenis was dit nie! Die rustigheid van Maastricht, hierdie pragtige plaas buitekant Durbanville, en die kruis het elkeen van ons oorweldig en mens wou langer daar bly. Maar dit het begin donker raak en met ‘n groot dankbaarheid vir die prys wat vir ons sondes betaal is, begin ons die paadjie terug aandurf. Ons bewonder vir oulaas die uitsig oor ons dorp en omgewing. Die son begin ook net sak toe ons verrigtinge klaar is en die kinders hardloop, met handevol paaseiers, teen die bult af. Wanneer ons mekaar groet, wonder ek hoekom ons nie meer dikwels God se naam in die natuur loof nie. Die geloofsgemeenskap van hierdie uitstappie is prysloos. Diegene wat nie daar was nie, moenie weer volgende jaar uitmis nie. Kom met jou tekkies en kom ontmoet God, met die son wat sak as agtergrond, by 'n houtkruis . 'n Herfsmiddag van genade, oorvloed, liefde, dankbaarheid en vrede ... André Agenbag Ons staan hier op 'n berg met die mooiste uitsig in byna elke windrigting. Berge was vir die antieke mense dié plekke waar hemel en aarde ontmoet het. Waar God en mens die naaste aan mekaar was. Op die ou kaarte was Jerusalem in die middel van die wêreld. En in Jerusalem was die tempel. En die tempel was gebou op 'n berg. Maar nie soos in baie godsdienstige tradisies waar tempels of heilige plekke staan vir 'n onttrekking vanuit die wêreld nie. Dit was eerder 'n brug na die wêreld. Tot binne-in die wêreld. Dié teken dan ook dat ons Skepper-God die wêreld opeis. Byna terugeis vir God self. En daarmee vestig Hy sy (eie) Heerskappy in hierdie wêreld. Jesus se verheerliking het ook op 'n berg plaasgevind (Markus 9:2-9). Sheila Cussons skryf so mooi in haar gedig “Verheerliking” dat die dissipels hierdie Jesus gewaar as “'n man gemaak van son”. En die stem uit die hemel bevestig dat Hy God se geliefde Seun is. Dit moes sekerlik al die verwagtinge wat Jakobus, Johannes en Petrus gehad het, by verre oortref het! Daarom maak Petrus 'n voorstel wat vir hom sekerlik na die mees vanselfsprekende ding gelyk het: “Kom ons bou drie hutte: een vir U, een vir Moses en een vir Elia”. (vers 5) Dít is mos waaroor die koms van die Konin- kryk gaan! Hierdie heerlikheid van God. Hier waar daar nie siekte, sonde, ellende of ongeregtigheid is nie! Kom ons bly hier en gaan nêrens heen nie! Maar nee, verduidelik Markus: “Hy het nie geweet wat hy sê nie.” Jesus se verheerliking en God se stem uit die hemel bevestig inderdaad: In Hom sien ons God se koninkryk in lewende lywe. Alles wat Hy sê en doen bring die Koninkryk nader – vestig God se Heerskappy net verder en verder; meer en meer. In Jesus sien ons dat God heers op aarde soos in die hemel. Maar God se koninkryk is nog nie volledig ge- vestig nie. Daarvoor is Jesus gestuur. Daar is werk om te doen. En om te werk aan die vestiging van God se koninkryk is nie 'n wegneem van alle lyding en ellende in 'n wonderwerkende oogwink nie. Dit is 'n reis deur selfopoffering en lyding. Jesus moes homself prysgee. Hy moes aanmeld as die grootste Dienskneg van almal! Die verhaal van Jesus se verheerliking op die berg eindig met alles wat eensklaps is soos wat dit vantevore was. Die heerlikheid het nie net aangehou en aangehou nie (vers 8). Hulle gaan van die berg van verheerliking af (vers 9) en dan gebeur twee interessante, maar nou reeds voorspelbare dinge: Eerstens redeneer die dissipels eers weer onder mekaar nadat Jesus vir hulle die swye oplê (vers 10); en tweedens gaan Jesus voort met die beliggaming van die koms van God se Koninkryk. Hy werk in God se diens deur sy medemens te dien: Hy genees 'n seun (Markus 9:14-29). Nadat hulle van die berg van verheerliking afgekom het, sou Jesus die reis aanpak na Jerusalem totdat Hy sy lewe op nog 'n berg, Golgota, finaal as offer sou gee. Hierdie reis was gekenmerk deur verwerping, lyding, swaarkry en selfprysgawe. Ons kan onsself verloën, ons kruis opneem en Hom volg ... sodat ons lewende gebede kan word: “Laat u Koninkryk kom; laat u Wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel ...” OP 'N BERG …

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SIG - 2 2 web.pdf · ons vir altyd die lewe kan hê. ... Alhoewel die konsistorie nie deel van die oorspronklike kerkgebou is nie, en dit eers in 1969 die ... kerkgebou sal pas. Intussen

SIGUITGAWE 2018/2 MEI

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Palmsondag

KRUISSTAPAtel StreicherOp Palmsondag, 25 Maart, het ons weer vir ons jaarlikse Kruisstap by Maastricht gehad. Op hierdie lieflike herfsmiddag, net voor Paasfees, het ons die plaaspaadjie aangedurf tot by die houtkruis.

Ons gemeente het hierdie instelling al sowat vyf jaar. Van kleuters tot wyses en gryses stap saam en vorm gou groepies wat gesels-gesels die kronkelpaadjie volg tot bo waar die Nagmaaltafel reeds gedek is by die kruis.

Die optog was onder leiding van dr Tinus van Zyl, terwyl ds André Agenbag ons daarbo ingewag het. Met die pragtige sonsondergang as agtergrond, het ds André vir ons sy boodskap oor waarom mense op ‘n berg of koppie soveel nader aan die Here voel, gebring. (Sien berig onderaan)

Daarna kon ons elkeen individueel tot rus kom by die Here of saam met familielede en vriende kans kry om saam in groepies te gesels oor wat Paasfees vir hulle beteken.

Dis tydens so ‘n stilwordtyd dat 'n mens besef hoe belangrik dit is om, te midde van elke dag se dolle gejaag in ‘n besige wêreld, betyds stil te word en te besin. Besin veral in hierdie tyd rondom Paasfees – saam met jou kinders en geliefdes.

Hierna het elkeen teenwoordig, kans gekry om persoonlik die brood en wyn van ons leraars te ontvang en is die Nagmaal ingestel. Wat ‘n belewenis was dit nie!

Die rustigheid van Maastricht, hierdie pragtige plaas buitekant Durbanville, en die kruis het elkeen van ons oorweldig en mens wou langer daar bly. Maar dit het begin donker raak en met ‘n groot dankbaarheid vir die prys wat vir ons sondes betaal is, begin ons die paadjie terug aandurf.

Ons bewonder vir oulaas die uitsig oor ons dorp en omgewing.

Die son begin ook net sak toe ons verrigtinge klaar is en die kinders hardloop, met handevol paaseiers, teen die bult af. Wanneer ons mekaar groet, wonder ek hoekom ons nie meer dikwels God se naam in die natuur loof nie. Die geloofsgemeenskap van hierdie uitstappie is prysloos.

Diegene wat nie daar was nie, moenie weer volgende jaar uitmis nie. Kom met jou tekkies en kom ontmoet God, met die son wat sak as agtergrond, by 'n houtkruis .

'n Herfsmiddag van genade, oorvloed, liefde, dankbaarheid en vrede ...

André AgenbagOns staan hier op 'n berg met die mooiste uitsig in byna elke windrigting. Berge was vir die antieke mense dié plekke waar hemel en aarde ontmoet het. Waar God en mens die naaste aan mekaar was. Op die ou kaarte was Jerusalem in die middel van die wêreld. En in Jerusalem was die tempel. En die tempel was gebou op 'n berg. Maar nie soos in baie godsdienstige tradisies waar tempels of heilige plekke staan vir 'n onttrekking vanuit die wêreld nie. Dit was eerder 'n brug na die wêreld. Tot binne-in die wêreld. Dié teken dan ook dat ons Skepper-God die wêreld opeis. Byna terugeis vir God self. En daarmee vestig Hy sy (eie) Heerskappy in hierdie wêreld.

Jesus se verheerliking het ook op 'n berg plaasgevind (Markus 9:2-9). Sheila Cussons skryf so mooi in haar gedig “Verheerliking” dat die dissipels hierdie Jesus gewaar as “'n man gemaak van son”. En die stem uit die hemel bevestig dat Hy God se geliefde Seun is. Dit moes sekerlik al die verwagtinge wat Jakobus, Johannes en Petrus gehad het, by verre oortref het! Daarom maak Petrus 'n voorstel wat vir

hom sekerlik na die mees vanselfsprekende ding gelyk het: “Kom ons bou drie hutte: een vir U, een vir Moses en een vir Elia”. (vers 5) Dít is mos waaroor die koms van die Konin-kryk gaan! Hierdie heerlikheid van God. Hier waar daar nie siekte, sonde, ellende of ongeregtigheid is nie! Kom ons bly hier en gaan nêrens heen nie! Maar nee, verduidelik Markus: “Hy het nie geweet wat hy sê nie.”

Jesus se verheerliking en God se stem uit die hemel bevestig inderdaad: In Hom sien ons God se koninkryk in lewende lywe. Alles wat Hy sê en doen bring die Koninkryk nader – vestig God se Heerskappy net verder en verder; meer en meer. In Jesus sien ons dat God heers op aarde soos in die hemel. Maar God se koninkryk is nog nie volledig ge-vestig nie. Daarvoor is Jesus gestuur.

Daar is werk om te doen. En om te werk aan die vestiging van God se koninkryk is nie 'n wegneem van alle lyding en ellende in 'n wonderwerkende oogwink nie. Dit is 'n reis deur selfopoffering en lyding. Jesus moes homself prysgee. Hy moes aanmeld as die grootste Dienskneg van almal!

Die verhaal van Jesus se verheerliking op die berg eindig met alles wat eensklaps is soos wat dit vantevore was. Die heerlikheid het nie net aangehou en aangehou nie (vers 8). Hulle gaan van die berg van verheerliking af (vers 9) en dan gebeur twee interessante, maar nou reeds voorspelbare dinge: Eerstens redeneer die dissipels eers weer onder mekaar nadat Jesus vir hulle die swye oplê (vers 10); en tweedens gaan Jesus voort met die beliggaming van die koms van God se Koninkryk. Hy werk in God se diens deur sy medemens te dien: Hy genees 'n seun (Markus 9:14-29).

Nadat hulle van die berg van verheerliking afgekom het, sou Jesus die reis aanpak na Jerusalem totdat Hy sy lewe op nog 'n berg, Golgota, finaal as offer sou gee. Hierdie reis was gekenmerk deur verwerping, lyding, swaarkry en selfprysgawe.

Ons kan onsself verloën, ons kruis opneem en Hom volg ... sodat ons lewende gebede kan word: “Laat u Koninkryk kom; laat u Wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel ...”

OP 'N BERG …

Page 2: SIG - 2 2 web.pdf · ons vir altyd die lewe kan hê. ... Alhoewel die konsistorie nie deel van die oorspronklike kerkgebou is nie, en dit eers in 1969 die ... kerkgebou sal pas. Intussen

02

Etta Lombard deel haar ervarings soos volg:

“Ek neem genoeg tyd om die reis te onderneem. By die stasie voor die preek-stoel gaan sit ek op die kussings voor die kruis. Die gewaarwording was groot toe ek besef dat Jesus dit vir my gedoen het. Onmiddellik kom Colton Purpo (±3 jaar gelede) se woorde by my op:'... Jesus het vir my gesê

Hy het aan die kruis doodgegaan sodat ons na

sy Pa kan gaan.'

“Ek neem die kaartjie en skryf daarop dat ek baie meer van 'direkte toegang' tot die Vader deur Jesus Christus gebruik moet maak.

“Verder word ek versoek om een balk van die kruis 'n ent ver te dra. Groot was my verbasing toe ek besef dat die dwarsbalk baie lig is. Hy het mos gesê dat sy juk sag is en sy las lig. God, die Vader, het sy enigste Seun gestuur om dít vir my moontlik te maak.

“Maar toe ek die doring deur die rooi satynkleedstof steek, moes die kleedstof sy aanvanklike doel inboet en dit het vir my weereens die kruisdood bevestig.

“Net voor ek die kerk verlaat het, bevind ek my in 'n donker vertrek – alleen. Ek word bewus van sy onvoorwaardelike liefde en dat Hy sy lewe aflê sodat ons vir altyd die lewe kan hê.

“Ek stap uit en sien die tekens wat ons as herinnering hieraan moet gebruik en ek kom weereens tot die besef dat sy Koninkryk hier is en ons elkeen getaak word om die blye boodskap daagliks uit te leef.”

PAASFEES: Stasies van die kruis

Die konsistorie as veeldoelige ruimteAndré AgenbagVerlede jaar het die kerkraad begin om na te dink oor die inrigting van die konsistorie as veeldoelige ruimte. Die behoefte is uitgespreek om die konsistorie aan te wend op ten minste vier verskillende maniere vir die volgende gebruike:• Ouerkamer tydens eredienste, met genoeg ruimte vir

stootwaentjies en peuters om te kan beweeg, veral ook op Doopsondae

• Ruimte vir gemeentelede om koffie en tee te geniet ná die oggend- en aanddienste, veral in die wintermaande

• Besprekingslokaal vir Bybelstudies of kursusse • Vergaderlokaal vir die kerkraad en ander komitees/

bedieninge van die gemeente• Kapel vir kleiner eredienste, begrafnisse of troues

Vervolgens het die kerkraad besluit om binne die raam-werk van ons begroting en finansies goedkeuring te ver-leen vir die herinrigting van die konsistorie as veel-doelige ruimte. Alhoewel die konsistorie nie deel van die oorspronklike kerkgebou is nie, en dit eers in 1969 die huidige gestalte aangeneem het, is die idee om die konsistorie se klassieke voorkoms te behou sodat dit steeds volledig by ons pragtige kerkgebou sal pas.

Intussen het dit ook duidelik geword dat die kerkkan-toor 'n tydelike heenkome soek totdat ons droom om 'n nuwe kantoor- en vergaderkompleks langs die huidige gemeentesentrum op te rig, 'n werklikheid word. Die kerkkantoor is derhalwe tydelik in die syvleuels van die kerkgebou ingerig, met die hek aan die agterkant van die konsistorie as ingang. Die kerkkantoor is nou meer toe-ganklik vir almal en parkering is gerieflik naby aan die ingang beskikbaar. Ons is baie dankbaar vir ons kantoor-personeel wat hierdie tydelike opoffering met soveel blymoedigheid maak, terwyl hulle saam met ons uitsien na die ontwikkeling van 'n eie kantoor- en vergaderkom-pleks.

Tinus van Zyl‘n Kort staaltjie sal baie verklap van die mens wat Stephan Pretorius is.

Stephan dien al vir drie jaar op die moderamen van die Wes-Kaap ('n vergadering wat twee keer per jaar vir twee dae bymekaarkom om toesig te hou oor die werk van die sinode). In Desember het Stephan verhuis na Gauteng. Voor die moderamenvergadering kontak die seketaresse van die moderamen vir Stephan om omverskoning te vra dat die reëlings en agenda van die vergadering vir hom gestuur is, want hy gaan mos nie daar wees nie.

Nee, antwoord Stephan, hy gaan daar wees. Toe hy die werk in Gauteng aanvaar het, het hy dit gedoen op voorwaarde

dat hy op hierdie datums kan afvlieg Kaap toe vir die kerklike vergaderings waartoe hy hom verbind het!

En dit is nie net die sinode wat vir Stephan so belangrik is nie. Stephan het ook op verskeie geleenthede spesiaal afgevlieg en werkstyd opsy geskuif, om seker te maak dat die werk ons kerkraad kan voortgaan en dat die stokkie netjies oorgegee word vir die volgende voorsitter.

Stephan het as't ware in Durbanville Gemeente grootgeword en is iemand op wie ons baie trots kan wees. Hy het reeds baie bereik op 'n professionele terrein, maar dit is sy sensitiewe menswees, teologiese insig, diep geloof en onbaatsugtige diens binne die kerk, wat hom 'n geestelike rolmodel vir baie ander maak.

Ons sê vir hom baie, baie dankie vir alles wat hy vir ons gemeente gedoen het en ons glo dat die Here hom nog op wonderbaarlike maniere gaan gebruik op die pad vorentoe.

Durbanville Gemeente groet Stephan Pretorius

Kerkraadvergadering

Tafel Tafel TafelTafel

Bestaande Uitleg

(8 banke met plek vir 5 mense) x 2 = Totaal van 80 menseGeen opsies beskikbaar vir verander van uitleg nie. Voorste

verhogie het ‘n blad en laai stoorspasie

Verwyder 2 banke aan elke kant en monteer wiele aan oorbly-wende banke vir mobiliteit. Verwyder verhewe platform en tafel

voor in konsistorie. Vervang met mobiele kateder en verander tafel om te kan opvou. Vloer: 2 opsies: 1. Verwyder kurkteëls en gooi

“screed” of 2. Installeer gelamineerde houtvloer bo-op kurkteëls.

Verwyder 2 banke aan elke kant en monteer wiele aan oorbly-wende banke vir mobiliteit. Verwyder verhewe platform en tafel

voor in konsistorie. Vervang met mobiele kateder en verander tafel om te kan opvou. Vloer: 2 opsies: 1. Verwyder kurkteëls en gooi

“screed” of 2. Installeer gelamineerde houtvloer bo-op kurkteëls.

Klank & Elektronika

kas

Bybelstudie

Tafe

l

Tee

en k

offi

e

Klank & Elektronika

kas

Klank & Elektronika

kas

Kapel v2

Verwyder 2 banke aan elke kant en monteer wiele aan oorbly-wende banke vir mobiliteit. Verwyder verhewe platform en tafel voor in konsistorie. Vervang met mobiele kateder en verander die

tafel om te kan opvou. Vloer: 2 opsies: 1. Verwyder kurkteëls en gooi “screed” of 2. Installeer gelamineerde houtvloer bo-op kurkteëls.

Klank & Elektronika

kas

Verwyder 2 banke aan elke kant en monteer wiele aan oorbly-wende banke vir mobiliteit. Verwyder verhewe platform en tafel

voor in konsistorie. Vervang met mobiele kateder en verander tafel om te kan opvou. Vloer: 2 opsies: 1. Verwyder kurkteëls en gooi

“screed” of 2. Installeer gelamineerde houtvloer bo-op kurkteëls.

Jeug/Aanddiens v1

Tee

en k

offi

e

Klank & Elektronika

kas

Page 3: SIG - 2 2 web.pdf · ons vir altyd die lewe kan hê. ... Alhoewel die konsistorie nie deel van die oorspronklike kerkgebou is nie, en dit eers in 1969 die ... kerkgebou sal pas. Intussen

03

André AgenbagIn Februarie se uitgawe van SIG is berig dat Durbieland vanaf 2018 begin het om benewens die huidige kurrikulum ook Graad R-onderrig aan te bied. Die aanvraag na Graad R-onderrig het intussen tot só 'n mate gegroei dat Durbieland 'n versoek aan die kerkraad gerig het om goedkeuring te verleen aan 'n beplanningsfase om die skool se Graad R-kapasiteit uit te brei. Die kerkraad het die versoek om met hierdie beplanningsfase te begin, goedgekeur.

Die gevolglike uitgebreide Graad R-kapasiteit sal vir beide Durbanville Gemeente sowel as Durbieland kommersieel voordelig wees. Verder sal 'n uitgebreide Graad R-kapasiteit saam met die huidige Durbieland Kleuterskool, 'n addisionele inkomste aan die gemeente verskaf. Hiermee kan die beplande kantoor- en vergaderfasiliteit dalk nóg vroeër opgerig word. Gemeentelede sal onthou dat die kerkraad in Mei 2016 'n brief aan die gemeente gerig het waarin die beplande Durbieland Projek bekend gestel is, sowel as die droom om met verloop van tyd 'n nuwe kantoorkompleks op die oop grond langs die huidige gemeentesentrum op te rig. Met die moontlikheid dat Durbieland se Graad R-kapasiteit al in Januarie 2019 'n werklikheid kan word, word dit nou ook moontlik om te begin beplan aan die oprigting van ons eie gebou wat as 'n administrasie- en vergaderruimte vir die hele gemeente kan dien.

Ons herinner u graag weer aan 'n bietjie agtergrond tov Durbieland Kleuterskool. Nadat die langtermyn onderhoud van geboue toenemend finansiële druk op Durbanville Gemeente geplaas het, is verskeie opsies en deelmodelle oor-weeg. Uiteindelik is daar op Durbieland besluit, wat tot groot waarde vir die gemeente is. Die gemeente bly steeds die volledige eienaar van die gebou, asook deel-eienaar van die kleuterskool. Dit verskaf 'n stewige finansiële bydrae op die medium- en langtermyn. Op die korttermyn ontvang die gemeente reeds dividende vanaf die kleuterskool.

Verder behou die gemeente steeds die gebruik van die aan-sienlik verbeterde geboue op Sondae, terwyl dit gedurende die week met die kleuterskool gedeel word. Die samewerking tussen Durbanville Gemeente en Durbieland is vir albei partye baie belangrik.

As gebaar hiervan hou Durbieland kleuterskool op 25 Mei 'n “High Tea” (sien kennisgewing links) vir ons senior burgers, waarna hulle deur die skool geneem sal word om te sien hoe die fasiliteite tans daar uitsien en wat die werksaamhede is. Dit is inderdaad waar dat Durbieland vir 'n relatiewe kort periode opofferings van ons vra, maar gesien binne die groter doelwit van verbeterde geboue en finansies, sowel as die geleentheid om uitdrukking aan ons roeping te gee, is dit oor en oor die moeite werd!

Durbieland Kleuterskool en die groeiende behoefte aan Graad R-onderrig

Ons gemeente beroep ‘n predikantTinus van ZylToe ek in November 2004 as jeugwerker by die gemeente begin werk het, het die gemeente vyf voltydse predikante gehad: ds Freek Serfontein, ds Gys van Schoor, dr Robert Vosloo, ds Rian Verster en ds André van Wyk.

Baie water het sedertdien in die see geloop. Ná ds Gys van Schoor se onlangse aftrede het die kerkraad, met behulp van die sinode se taakspan vir gemeentebegeleiding, deur 'n kwalitatiewe studie en luisterproses gegaan om te hoor wat tans die behoefte in ons gemeente en gemeenskap is. Dit het die kerkraad gehelp om te identifiseer hoe God ons nou op die pad vorentoe lei. Vanuit hierdie proses het die beroeping van ds André Agenbag voortgevloei.

Gedurende dieselfde tyd het die kerkraad ook aan die gemeente se bedieningsmodel gewerk, en sodoende bepaal wat die ideale stuktuur is om ons bediening optimaal te laat funksioneer. Hierdie ideale struktuur behels drie voltydse predikante asook twee kontrakposte, waarvan die een fokus op senior lidmate en die ander op die jeug fokus.

Tans word die kontrakpos vir seniors gevul deur ds Rian Verster en die kontrakpos vir jeug gevul deur ds Jana Dickason.

Met André van Wyk se beroeping na Jan Kriel Instituut het een van die drie voltydse predikantsposte vakant geraak. Dit is hierdie pos wat die kerkraad weer wil vul en wat ook reeds geadverteer is. Die kerkraad hoop om hierdie nuwe predikant teen 1 September in die gemeente te kan bevestig, indien die beroepingsproses glad verloop.

Die Kerkraad het drie fokusareas vir hierdie voltydse predikantspos uitgewys, naamlik:

1. Oorhoofse verantwoordelikheid vir die gemeente se jeugbediening, met spesiale fokus op senior jeug en jong volwassenes.

2. Interkerklike samewerking en die ontwikkeling van 'n missionale kultuur in die gemeente, veral onder die jeug.

3. Algemene predikantsverantwoordelikhede, soos byvoorbeeld prediking, bediening van sakramente, pastoraat, geestelike begeleiding en so meer.

Ons vra van ons lidmate om vir hierdie beroepingsproses te bid, soos vir al die ander werksaamhede van die kerkraad, sodat Christus deur die Heilige Gees die kerkraad sal lei.

Ons gebed is dat die beroeping van hierdie predikant ons gemeente sal help om nog 'n verdere tree te gee in die rigting van die getroue uitlewing van ons roeping, naamlik “Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld”.

Tinus van Zyl Vakante posAndré Agenbag

Kontrakpos: SeniorsRian Verster

Kontrakpos: JeugJana Dickason

Tinus van ZylJac Kriek is bevestig as kerkraad-voorsitter om by Stephan oor te neem. Ons wens vir Jac baie sterkte toe en verseker hom dat ons vir hom sal bid vir die nodige wysheid en krag van die Heilige Gees om hierdie amp te beoefen.

Wat anders wil jy ook in SIG lees?

Ons wil weet watter soort inhoud en artikels jy

graag nog in SIG sal wil lees.

Wil jy boekresensies, resepte, fliekresensies,

meningsstukke of ander aktuele sake op 'n meer

gereelde basis in die SIG vind?

Wat anders sal interessant wees om te lees?

Kontak ons asseblief om voorstelle te maak,

ons hoor graag jou insette!

[email protected] /

[email protected](RED.)

Ons nuwe kerkraad-voorsitter, Jac Kriek

Verjaarsdagvieringe – ons is EEN jaar oud.

Page 4: SIG - 2 2 web.pdf · ons vir altyd die lewe kan hê. ... Alhoewel die konsistorie nie deel van die oorspronklike kerkgebou is nie, en dit eers in 1969 die ... kerkgebou sal pas. Intussen

04

HerfspotAtel Streicher

Na ons Pinksterete is ons gereed vir die kouer weer se lekker potjies – hier is 'n vinnige potjie wat jy vir jou huismense op die stoof kan voorberei. olyfolie1 groot ui, gekap1 groot wortel, grofgerasper1-2 soetrissies, pitte verwyder en in skyfies gesny3-4 knoffelhuisies, skoongemaak en gekap (opsioneel)1 kg beesmaalvleis2 blikke (410 g) elk Meksikaanse styl gekapte tamaties2 blikke (410 g) elk “Baked Beans”1 blik (410 g) kekerertjies (“chickpeas”), gedreineer (opsioneel)Varsgekapte koljander na smaak (sowat 30 ml)

1. Verhit olie in 'n swaarboomkastrol en braai uie en wortel tot uie sag en ligbruin word. Verminder hitte effens en voeg soetrissies en knoffel by. Braai tot ligbruin.

2. Voeg maalvleis by en braai tot bruin. Voeg tamaties by, roer deur en prut 1 minuut. Voeg boontjies by, roer en prut 1 minuut.

3. Geur met sout en peper. Roer koljander deur en sit voor op Basmati rys.

Design A Print 021 975 9648

Vreugde is nie bloot 'n vlietende emosionele ervaring nie, maar die kenmerk van 'n florerende lewe: 'n lewe wat blom! 'n Vreugdevolle lewe is 'n lewe wat goed geleef word en gekenmerk word deur diep, standhou-dende en volhoubare vreugde. Diep vreugde is die

gepaste respons op God, die Bron van alle lewe. God is ook die Bron van alle vreugde. “Die Here jou God is by jou – Hy, die Krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou. Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.”

PINKSTER Ma 14 - Do 17 Mei in diekerk

Saans: 18:30 | Soggens:10:00

Tema: FLOREER EN LEEF VREUGDEVOL!

(Sef. 3:17)(Lasting Happiness in a changing world) …

His Holiness Dalai Lama and Archbishop Desmond Tutu with Douglas Abrahams

Atel StreicherTwee spiritulele meesters en leiers van ons tyd, die 14de Heiligheid, Dalai Lama, en Aartsbiskop Desmond Tutu, albei ontvangers van die Nobelprys, deel hul wyshede oor hoe om, ten spyte van die lewe se uitdagings, met blywende vreugde te lewe. Volgens hulle, is die goue draad om vreugde te ervaar, juis daarin dat jy vreugde moet kan uitdeel aan ander.

Hierdie boek verduidelik die konsep van vreugde op drie maniere:• Vreugde deur hulle eie ervaringe en leersaamhede,• Onlangse navorsing oor die wetenskap van vreugde, en • Daaglikse praktiese oefeninge om die emosionele en

spirituele lewe te verryk.

Die agt pilare van vreugde word geïdentifiseer en bespreek. Dit is: Perspektief, Nederigheid, Humor, Aanvaarding, Vergifnis, Dankbaarheid, Deernis en Vrygewigheid.

Leer meer oor die Dalai Lama en Desmond Tutu se lewens en beproewinge en hoe hulle ontdek het dat die bron van vreugde binne elke mens gesetel is en binne jou bereik is.

Hierdie is werklik die ideale boek om nou te begin lees. Dit sluit so mooi aan by ons Pinkstertema,“Floreer en leef met vreugde”.

Resensie:The Book of JOY

URE: Maandag tot Sondag 07:30 – 20:00

KONTAKNOMMER: 021 975 9730

E-POS: [email protected]

Soos in die verlede wil ons weer lekker saamkuier rondom 'n beker sop na die Pinksterdiens.

Ons benodig die volgende hulp:

VERSKAF VAN SOP EN/OF BROOD:• 25l sop per aand – voorsien asb warm sop 30 min voor diens• 8 gesmeerde brode, uitgepak in bord/skinkbord

WERKSPANNE:• 4 persone per aand om te help opskep DUS 16 in totaal • Taak van werkspanne behels: - Bediening – 2 per bedieningstasie - Skottelgoed – word slegs in groot wasbak gepak - Opruim en netjiese agterlaat van die saal

SOPAANDEWat, hoe & waarKinderpinkster

Ma 14 - Do 17 Mei 2018 om18:30 by Gemeentesentrum

Hierdie jaar behandel ons die boekie,

Die Kerk werk wêreldwyd!

Trek jou tekkies aan en kom reis saam. Meer inligting

sal nader aan die tyd deurgegee word.

Maandag, 14 Mei – Ps 16Vreugde is om verenig te wees met dít wat ons liefhet.

Dinsdag, 15 Mei – Pred 9Vreugde is om jou te verheug in die fees van die lewe.

Woensdag, 16 Mei – Ps 137, Fil 4:2-9Vreugde is om vreugdevol te leef te midde van swaarkry: 'n Helder hartseer

Donderdag, 17 Mei – Luk 4Lewensvreugde laat ons in opstand kom teen die vernietiging en vernietigers van lewe

Sondag, 20 Mei – Gal 5:13-16Vreugde is die kenmerk van 'n lewe wat blom