co.za | vir die liefde land | ntk co · onthou, dit maak nie saak hoe stadig jy vorentoe beweeg...

20
www.vkb.co.za | www.ntk.co.za Fokus op DIEREGESONDHEID Uitgewer: VKB Landbou Redakteur: Hannelie Cronjé Eindredakteur: Koos Janse van Rensburg Ontwerp en Uitleg: Ryno Steyn (VKB) Taalversorging: Lize Mulder www.vkb.co.za | vir die LIEFDE van die LAND | www.ntk.co.za

Upload: others

Post on 07-Jan-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

www.vkb.co.za | www.ntk.co.za

Fokus opDIEREGESONDHEID

Uitgewer:VKB Landbou

Redakteur:Hannelie CronjéEindredakteur:

Koos Janse van RensburgOntwerp en Uitleg:Ryno Steyn (VKB)Taalversorging:

Lize Mulder

www.vkb.co.za | vir die LIEFDE van die LAND | www.ntk.co.za

Dieregesondheid | 2 |Junie 2016 • Julie 2016

Die wêreld het in die laaste dekades baie klein geword. Dit is geensins snaaks vir besigheidsmanne en -vroue om binne ’n paar

dae in verskeie kontinente vergaderings by te woon nie. Boere ding mee in ’n globale mark, waar in- en uitvoere meer en meer algemeen word, waar vee kruis en dwars oor die land heen gekoop, verkoop en vervoer word, waar kompetisie sterk, uitdagings baie en moontlikhede onbeperk is.In hierdie sosio-ekonomiese klimaat moet jy as boer op jou voete kan dink en jou boerdery as ’n besigheid bestuur. Daarmee bedoel ek nie dat ’n mens voeling moet verloor met die vreugde, natuurliefde en wonderlike leefwyse wat boerdery bied nie. Inteendeel, ’n suksevolle boerdery bied ’n mens juis méér geleentheid om vreugde daaruit te put.Die doel van die veeboer moet wees om optimaal winsgewend te boer op ’n volhoubare skaal.Die teendeel van bogenoemde stelling sal wees om maksimaal in plaas van optimaal te wil boer. Dit kom egter teen ’n prys – dis nie volhoubaar nie. Wanneer jy die maksimum jaar na jaar uit jou kudde, jou plaas en jou omgewing wil put, gaan jou hulpbronne opraak en gaan jy eventueel opeindig in ’n situasie waar jou winsgewendheid ver onder die optimale kerf lê.Nou hoe omskep ’n veeboer sy boerdery in ’n wins-produserende besigheid? Die antwoord is KUDDEBESTUUR. As veeboer is jou kudde die hartklop van jou boerdery. Die kern van jou besigheid, wat gesond, funksioneel en produserend moet wees. ’n Veeboerdery rus op drie bene: Bestuur, dier en omgewing.Wanneer hierdie drie faktore in harmonie saamwerk, hardloop jou veeboerdery soos ’n geoliede masjien. Omgewingsfaktore wat ’n invloed het op

diereproduksie (en reproduksie) sluit onder andere die volgende in: voeding, temperatuur, reënval en humiditeit, ekto-en endoparasiete, siekte, wind, besoedeling, geraas, barometriese druk, sonstraling en grond-pH.Die eerste belangrike stap in jou bestuursplan moet wees om met ’n dier en ’n ras te boer wat die beste aangepas is by jou omgewing. Die dier waarmee jy boer moet aangepas wees om die uitdagings van jou spesifieke omgewing die beste te kan teenstaan (en die beskikbare hulpbronne te kan benut) om gevolglik optimaal te produseer. Nou wanneer is ’n dier “aangepas”? Daar is vyf eenvoudige maatstawwe om te bepaal of jou kudde aangepas is al dan nie, naamlik:

1. Minimale verlies in liggaamsmassa gedurende blootstelling aan stress

2. Hoë vrugbaarheid/reproduksiestatus

3. Goeie weerstand teen siektes4. Min sterftes en 5. Langslewendheid.

“Kuddebestuur” is ’n omvattende woord wat verwys na alle besluite en aksies vanaf die boer se kant ten opsigte van die kudde. Belangrike punte wat aangespreek moet word in ’n goeie bestuursprogram sluit in:

Kuddebestuurdie sleutel tot sukses

Dieregesondheid | 3 |Junie • Julie 2016

1. Kuddegesondheid. ’n Goeie kuddegesondheidsplan sluit alle behandelings in soos enting, ontwurming, dip, vitamiene- en minerale-behandeling, ’n siektebeheer-protokol vir belangrike siektes, biosekuriteit, analise van data soos post mortem-verslae en vele meer.

2. Vrugbaarheid. Kern hiertoe is seleksie van vervangings- vroulike diere in die kudde, dragtigheidstatus en bestuur van nie-dragtige diere, vrugbaarheidstoetse van manlike diere, toetsing vir geslagsiektes en kennis van kuddestatus ten opsigte van hierdie siektes en sinchronisasie- en KI-programme.

3. Voeding. As ’n ekstensiewe veeboer boer jy met gras – die vee is bloot die fabriek wat jou produk verwerk tot ’n bemarkbare produk (byvoorbeeld vleis of wol). Weidingbestuur is van uiterse belang vir volhoubare produksie. Drakragbepaling en voerbeplanning is noodsaaklik vir suksesvolle veeproduksie.

4. Rekordhouding. Kuddebestuur begin by die insameling van inligting. Feitlik geen konstruktiewe besluite kan geneem word sonder inligting nie. Onthou: WIE NIE MEET NIE, SAL NIE WEET NIE! Doelwitte moet in ’n boerdery gestel word en sonder rekordhouding kan daar nie bepaal word of doelwitte bereik is of nie. Daar is baie doeltreffende hulpmiddels soos rekenaarprogramme wat rekordhouding vergemaklik en optimaliseer.

5. Bemarking. Hierdie is ’n afdeling wat baie afgeskeep word en boere kan met beplanning en taktiese bemarking van produkte dikwels beter pryse ontvang as wat hulle tans doen.

Dit word sterk aanbeveel dat van deskundiges, soos veeartse, vee- en voedingskundiges gebruik gemaak word om jou kuddebestuurprogram te optimaliseer.

Effektiewe bestuur van jou kudde is inderdaad die sleutel tot sukses. En moenie moedeloos word of afgeskrik wees as jou boerdery ver van optimaal af is nie; dit beteken jy het geleentheid vir groei en verbetering! ’n Nuttige wenk is om klein maar definitiewe stappe te neem. Stel doelwitte en voornemens en hou daarby. Onthou, dit maak nie saak hoe stadig jy vorentoe beweeg nie, jy moet net nooit stilstaan nie! Neem daardie eerste tree en omskep jou veeboerdery in ’n nalatenskap vir die geslagte wat volg.

2 Kronieke 31: 21 In alles wat hy onderneem het, het hy met sy hele hart gevra na die wil van God, en daarom was hy voorspoedig.

Dr. S. FronemanTe. 082 819 [email protected]

die sleutel tot sukses

Bayopet® Flea and Tick Collars

Vir die beheer van bosluise en vlooie op klein, medium en groot honde, sowel as katte.

Beproefde doeltre� endheid tot en met 8 weke. 1

• Spesiale veiligheidsmeganisme ingebou vir katte en klein hondjies wat breek met oormatige trekkrag, om sodoende versmoring te voorkom.

• Maak die halsband om die dier se nek vas deur die punt van die band deur die gespe te skuif, sodat daar twee vingerspasies tussen die nek en band is. Sny die oortollige stuk halsband af.

Bayopet® Bacdip Plus

Beheer bosluise en vlooie op honde en klein hondjies.Beheer bosluise op perde en vullens. • Gereelde behandeling van die honde op dieselfde • perseel is noodsaaklik vir e� ektiewe bosluis en vlooibeheer.• Mag gebruik word op dragtige, lakterende en jong diere,

selfs weekoue hondjies.

Secta® Insecticidal Shampoo

Insekdodende sjampoe wat bosluise en vlooie op honde en katte beheer.• Herhaal sjampoe weekliks indien nodig.• Word ook aanbeveel dat troeteldiere se slaap area met

Bayopet® Tick and Flea Powder behandel word.

Bayopet® Tick and Flea Powder

Beheer bosluise en vlooie op honde, hondjies, katte en katjies.• Bestuif die pels van honde en katte en vryf deeglik in.• In geval van ernstige bosluis en vlooibesmetting, behandel elke vier dae, andersins weekliks.

P rfekte Dieresorg

van die band deur die gespe te skuif, sodat daar twee vingerspasies tussen die nek en band is. Sny die oortollige vingerspasies tussen die nek en band is. Sny die oortollige

R8100

R5800

100g

R10400250ml

R20000

100ml

R11200

50ml

R10700 R9800

Katte

Medium/Groot Hond Klein Hond

Terwyl voorraad hou. Alle pryse sluit BTW in, behalwe waar dit anders aangedui word. VKB behou die reg voor om die hoeveelhede vir enige produkte op promosie

te beheer. Alle pryse en illustrasies was korrek op datum van druk. VKB kan nie verantwoordelik gehou word vir enige veranderinge of drukfoute wat mag voorkom

nie.

Beskikbaar by jou naaste:

8 Junie tot 10 Augustus 2016

Registrasiehouer: Bayer (Edms) Bpk., Dieregesondheidsafdeling. Mpy. Reg. Nr. 1986/11192/07. Wrenchweg 27, Isando, 1601, Suid Afrika. Tel: +27 11 921 5736. Fax: + 27 11 921 5395. www.bayeranimalhealth.co.za.Bayopet® All-Wormer: Reg. Nr. G2814 (Wet36/1947). Bevat: prasikwantel 50 mg, pirantel pamoaat 140 mg, oksantel pamoaat 545 mg. Bayopet® Tick and Flea cat collar: Reg. Nr. G1090 (Wet36/1947). Namibië: SO.Reg.Nr. V88/18.3.4/464 Wet 13/2003. Bevat: Propoxur 9,4 % m/m. Bayopet® Tick and Flea collar for medium / large dogs: Reg. Nr.G523 (Wet 36/1947). Namibië: SO.Reg. Nr. V88/18.3.4/466 Wet 13/2003. Bevat: Propoxur 9,4% m/m. Bayopet® Tick and Flea collar for small dogs: Reg. Nr. G524 (Wet 36/1947). Namibië: SO.Reg. Nr. V88/18.3.4/465 Wet 13/2003. Bevat: Propoxur 9,4% m/m. Bayopet® Bacdip Plus: Reg. Nr. G2029 (Wet 36/1947) Namibië: NSR 2. Bevat: Flumetrien 2% m/v, piperoniel butoksied 10% m/v. Secta® Insecticidal Shampoo: Reg. Nr. G2059 (Wet36/1947). Bevat: sipermetrien 720 mg/ℓ, piperoniel butoksied 3280 mg/ℓ, lanolien, spesiale olies en opknappers 50 g/ℓ Bayopet® Tick and Flea powder: Reg. Nr. G587 (Wet 36/1947). Namibië: SO.Reg. Nr. V99/18.3.4/798 Wet 13/2003. Bevat: Propoxur 1% m/m. Bayopet® All-Wormer: Reg. Nr. G2814 (Wet 36/1947). Bevat: prasikwantel 50 mg, pirantal pamoaat 140 mg, oksantel pamoaat 545 mg. Bayopet® Wormol: Reg. Nr. G370 (Wet36/1947). Namibië: SO.Reg. Nr. V99/18.1.6/798 Wet 13/2003. Bevat: piperasiensitraat (neutrale sout) in 'n stroop basis 12,5 %. Bayopet® Blue Liquid: Reg. Nr. G856 (Wet 36/1947). Namibië: SO.Reg. Nr. V99/19.4/811 Wet 13/2003. Bevat: Vitamien B12 0,2 mg, vitamien B1 10 mg, vitamien B2 20 mg, vitamien B6 10 mg, kalcium-d-Pantotenaat 20 mg, nnikotienamied 100 mg, ysterammoniumsitraat 1 g, kalciumgliserofosfaat 1 g, D-sorbitol 70% oplossing tot 100 ml. Bayopet® Vita-Fit: Reg. Nr. V10291 (Wet 36/1947). Elke tablet bevat vitamien A 500 iu, vitamien B1 1,0 mg,vitamien B2 0,5 mg, vitamien B6 0,1 mg, vitamien B12 3 mcg, vitamien C 10 mg, vitamien D3 50 iu, vitamien E 0,5 mg, niasien 1,5 mg, kalcium-d-Pantotenaat 1,0 mg, folien 20 mcg, biotien20 mcg, gedroogde lewer 16 mg. ® is die geregistreerde handelsmerk van Bayer AG, Duitsland.

Bayopet® All Wormer

Die e� ektiewe 4-in-1 ontwurming vir rondewurms, haakwurms, sambokwurms en lintwurms in honde en klein hondjies.• 1 tablet per 10 kg• Volwasse honde: Ontwurm 3 - 4 maal per jaar.• Klein hondjies: Ontwurm op 4, 6, 8 en 12 weke oud, daarna maandeliks tot 6 maande oud. • Dragtige/lakterende tewe: Ontwurm 10 dae voor en 2 - 4 weke nadat

hulle geboorte geskenk het.

Bayopet® Wormol

Hoogs doeltre� ende vloeistof ontwurming teen rondewurms(spoelwurms) in honde en katte. • Gee as enkel dosis van 5 ml per 3 kg lewende massa op ’n leë maag. • Smaaklike stroop wat net so gegee of oor die kos gegooi kan word.

Bayopet® All WormerBayopet® All WormerBayopet® All Wormer

Die e� ektiewe Die e� ektiewe Die e� ektiewe 4sambokwurms en lintwurms in honde en klein hondjies.sambokwurms en lintwurms in honde en klein hondjies.• 1 tablet per 10 kg1 tablet per 10 kg• Volwasse honde:

Klein hondjies:

Bayopet® Vita-Fit

Goed gebalanseerde vitamienaanvulling vir alle honde en jong hondjies. Ideaal vir groeiende hondjies, dragtige tewe, vir ouer honde en vir siek herstellende honde. • Ekonomiese verpakking kan gebruik word vir alle

honde in die gesin, klein tot groot. • Gee die hele tablet of krummel en gooi oor die kos.

Bayopet® Blue Liquid

Aanbeveel as algemene voedingstonikum vir die verbetering van 'n swak eetlus en vir siek en herstellende honde. • Smaaklike formulering vir maklike toediening.

Registrasiehouer: Bayer (Edms) Bpk., Dieregesondheidsafdeling. Mpy. Reg. Nr. 1986/11192/07. Wrenchweg 27, Isando, 1601, Suid Afrika. Tel: +27 11 921 5736. Fax: +

L.ZA.MKT.06.2015.0415

Reference: 1. Horak IG. The control of ticks, fl eas and lice on dogs by means of a Sedran-impregnated collar. Journal of the South African Veterinary Association 1976;47(1):17-18.

R7600

100 Tablets

R9200

50ml

R4000

50ml

R12000

8 Junie tot 10 Augustus 2016

Beskikbaar by jou naaste:

8 Junie tot 10 Augustus 2016

Oorsake

Simptome

Oplossing

VlooibyteHipersensitiwiteit word ontwikkel

teen antigene middels in die spoeg van vlooie1

Jeukerigheid, infeksies en velletsels, soos hare wat

uitval, rooiheid van die vel, ens.

Beheer van vlooie is die

eerste en mees doeltreffende maatreël teen

FAD

Imidacloprid –’n bewese vennoot in die behandeling van FAD

• Vlooie hoef nie te byt om die Imidacloprid in te kry nie• Imidacloprid penetreer deur die vlooi se intersegmentale membrane• Maak uitgegroeide vlooie vinnig dood• Dood larwes• Veroorsaak dat vlooie nie vreet nie• Algehele vlooibeheer in veldproewe bewys• Vermindering van kliniese tekens van FAD in veldproewe bewys• Vatbaarheid van vlooie word voortdurend getoets

MAANDELIKSE VLOOIBEHEER IS NOODSAAKLIK!

Registrasiehouer: Bayer (Edms.) Bpk., Dieregesondheidsafdeling. Maatskappyregistrasienommer 1968/011192/07. Wrenchweg 27, Isando, 1601, Suid-Afrika. Tel.: + 27 11 921 5573. Faks: + 27 11 921 5762. www.bayeranimalhealth.co.zaAdvantage vir honde Reg.no. G2241 (Wet 36/1947)/Namibië: SO Reg.no. VO5/18.3.9/821 Wet 13/2003. Advantage vir katte Reg.no. G2242 (Wet 36/1947)/Namibië: SO Reg.no. VO5/18.3.9/820 Wet 13/2003. Elke ml bevat imidacloprid 10% m/v. Advocate vir katte Reg.no. G3665 (Wet 36/1947)/Namibië: SO Reg.no. V12/18.2/993 Wet 13/2003. Bevat imidacloprid 10% m/v, moxidectin 1,0% m/v. Advocate vir honde Reg.no. G3664 (Wet 36/1947)/Namibië: SO Reg.no. V12/18.2/992 Wet 13/2003. Bevat imidacloprid 10% m/v, moxidectin 2,5% m/v. Seresto-vlooiband vir honde en katte Reg.no. G4026 (Wet 36/1947). Bevat imidacloprid 100 mg/g en flumethrin 45 mg/g.® is die geregistreerde handelsmerk van Bayer AG, Duitsland

Verwysing:Stuke K, von Samson-Himmelstjerna G, Dreesman J, Mencke N, Schneider T, Leibold W. Monitoring of basophil sensitization to antigens of the cat flea (Ctenocephalides felis felis): a new tool for the diagnosis of feline bite hypersenistivity? Parasitol Res 2008, 103:807-820.L.ZA.01.2014.0084

1

Registrasiehouer: Bayer (Edms.) Bpk., Dieregesondheidsafdeling. Maatskappyregistrasienommer 1968/011192/07. Wrenchweg 27, Isando, 1601, Suid-Afrika. Tel.: + 27 11 921 5573. Faks: + 27 11 921 5762. www.bayeranimalhealth.co.zaAdvocate vir katte Reg.no. G3665 (Wet 36/1947)/Namibië: SO Reg.no. V12/18.2/993 Wet 13/2003. Bevat imidacloprid 10% m/v, moxidectin 1,0% m/v. Advocate vir honde Reg.no. G3664 (Wet 36/1947)/Namibië: SO Reg.no. V12/18.2/992 Wet 13/2003. Bevat imidacloprid 10% m/v, moxidectin 2,5% m/v. ® is die geregistreerde handelsmerk van Bayer AG, Duitsland

Lewensiklus van

Spirocerca lupi

L3-larwes kom uit miskruier in die maag, penetreer die maagwand en migreer na die gastriese are. Larwes beweeg dan stroomop na die aorta

Larwe L3

Aorta Ontwikkeling: 0 – 3 maande Ontwikkeling: 3 – 7 maande

Slukderm

Die L3-larwes kan tot drie maande in die knoppies in die aortawand bly. Hier word dit groot tot die L4-larwestadium en kom as jong volwassenes uit die knoppies uit. Die proses lei tot die vorming van aneurismes in die aortawand, wat enige tyd kan bars en tot die dood lei.

Migrasie deur die aorta en na die wand van die slukderm kom voor waar meer knoppies – elkeen met verskeie volwasse wurms – gevorm word. Volwasse wurms kom deur ‘n klein opening om hul eiers in die slukderm te lê. Knoppies kan dit moeilik maak om te sluk en kan kankeragtig word.

Volwasse Wurm

Eiers word ingesluk en deur die feses uitgeskei en word tydens voeding deur die miskruier ingeneem. Larwes broei uit die eiers en ensisteer in die miskruier. Miskruiers kan direk geëet word of saam met mis ingekry word deur misvretende honde. Insekvreters (paratoniese gashere) kan besmet raak deur miskruiers te eet. Honde kan dan weer besmet raak as hulle dié besmette gashere eet.

Paratoniese gashere

Sist met L3-larwe

Intermediêre gasheer: Miskruier met sist met L3-larwe binne-in

Eiers

Dieregesondheid | 8 |Junie 2016 • Julie 2016

Suurpens... ’n gevreesde woord vir enige veeboer. Hoekom gebeur dit? Hoe werk dit? En hoe kan jy dit verhoed? Lees verder en kry antwoorde! Menige boer (en ek wil amper waag om te sê meeste boere) het al diere verloor aan suurpens. ’n Hek was oop vergeet, of ’n draad gebreek en die vee was te lank in graanland. Die skape het die voorraad mieliegruis (straightrun) in die stoor ontdek. Die stroper het baie koppe agtergelaat saam met die reste en die diere was nie aangepas nie. Daar was’n groot voorraad appels wat af gegaan het en die beeste eet hulle tog te graag.Daar is legio voorbeelde en verskillende scenario’s wat kan aanleiding gee tot suurpens in vee. Elke boer gaan sy eie strorie kan vertel. Daar is egter een uniforme aspek wat dieselfde is in meeste gevalle, en dit is ’n oorinname van koolhidrate/stysel.

Wat veroorsaak dit?’n Skielike inname van groot hoeveelhede hoogs-verteerbare koolhidrate (of suiker) in ’n dier wat nie aangepas is nie, lei tot suurpens en skielike vrektes.Algemene sondebokke sluit in:• Graan• Meel of gruis• Kuilvoer (veral wanneer swak gefermenteer)• Byprodukte soos brouersgraan• Aartappels• Appels, perskes (hoë suikerinhoud)• Brood• Oormaat molasse

Gemaalde graan, of meel, is baie gevaarlik aangesien dit nog meer geredelik in die rumen fermenteer as heel graan. ’n Rantsoen gemeng met meel kan dus baie gevaarlik wees en moet reg bestuur word. Daar is dan ook gevalle waar diere, veral wanneer ’n volrantsoen gevoer word, soos in voerkraalkalwers, aan ’n kroniese vorm van suurpens ly. Dit kom voor wanneer die sogenaamde rantsoen te hoog in koolhidrate en te laag in ruvesel is.

Hoe werk dit?Die mikro-organismes in die rumen van herkouers wat op grasveld loop, is nie aangepas om energieryke koolhidrate soos graan of meel te verteer nie. ’n Aanpassingstydperk van twee tot drie weke is nodig vir die rumen se mikroflora om sodanig aan te pas. Wanneer daar dan ’n oorvloed verteerbare koolhidrate aan die (onaangepaste) rumen voorsien word, vermeerder die verkeerde mikro-organismes. Hierdie verkeerde mikro-organismes (gram positiewe bakterieë en Lactobacillus) vervaardig melksuur, instede van die vlugtige vetsure wat die normale mikro-organismes produseer.

Negatiewe effekte en komplikasies wat kan volg, is: 1. Melksuur brand die rumenwand en veroorsaak

rumenitis (inflammasie van die rumen), wat veroorsaak dat die melksuur in die bloedstroom opgeneem word en dit lei tot ’n metaboliese asidose.

2. Water vanuit die liggaam versamel in die rumen en dit gee aanleiding tot dehidrasie.

3. Rumenbeweging stop en tesame met verhoogde fermentasie in die rumen veroorsaak dit opblaas.

4. ’n Ensiem (Tiaminase) wat tiamien afbreek, word vervaardig, wat lei tot ’n Vitamien B1 tekort en senuweesimptome.

Voorkom suurpensdeur nodige aanpassing

deur dr. Schabort Froneman

Dieregesondheid | 9 |Junie • Julie 2016

5. Van die koolhidrate gaan deur die rumen en eindig laer af in die spysverteringskanaal, waar dit verder fermenteer en dit veroorsaak diarree.

6. Indien die dier nie vinnig genoeg behandel word nie, kan ’n bakteriële- of swaminfeksie van die rumen, lewerabsesse en selfs longabsesse ontstaan.

7. Die goeie bakterieë (gram negatiewe bakterieë) wat afsterf, stel ’n toksien vry (endotoksien), wat lei tot skok, orgaanskade en lamenitis.

’n Dier wat ernstig aangetas is, kry spierswakheid, hartversaking, nierversaking en skok wat lei tot ’n akute dood.

SiektetekensDit is belangrik om te onderskei tussen akute suurpens teenoor kroniese suurpens.

Akute suurpens is die vorm wat normaalweg aanvaar word wanneer daar van suurpens gepraat word. Soos hierbo verduidelik, is dit ’n geval van eenmalige inname van oormatige hoeveelhede koolhidrate, wat algemeen lei tot siektetekens binne ses tot agt uur en moontlike sterftes binne 24 tot 48 uur.Die graad van simptome kan baie varieer en is afhanklik van:Watter tipe voedingstof ingeneem is?Hoeveel daarvan?Wanneer en oor watter tydperk?

Matige gevalle:1. Eetlus neem af2. Melkproduskie neem af3. Geel tot grys, waterige diarree4. Rumenbeweging neem af

Erge gevalle: 1. Eet glad nie2. Bewerig3. Vinnige asemhaling4. Ooglopend siek en swak5. Liggaamstemperatuur normaal of onder normaal6. Vinnige (swak) pols7. Diarree met ’n vrot, suur reuk. Soms word baie heel

mieliepitte in die mis gewaar.8. Opblaas9. Buikpyn – diere buig hulle rûe krom en kners op

hulle tande.10. Inflamasie in hoewe (akute lamenitis). Diere het

geweldige pyn in hulle hoewe en wil nie loop nie, of lyk of hulle op eiers loop. Skape en bokke kruip soms op hulle knieë rond.

11. Diere wat steier en voorkom asof hulle dronk of blind is.

12. Diere wat lê en nie kan opkom nie, dikwels met hul nek na ’n sy toe gedraai.

13. Koma en dood

Kroniese suurpens is ’n sindroom wat onstaan wanneer warm rantsoene aan diere gevoer word wat te hoog in energie- en te laag in ruvoer is. Dit word tipies gesien in situasies waar diere vir hoë produksiedoeleindes gevoer word, soos in voerkrale en melkerye. Hoewel dit nie normaalweg lei tot sterftes nie, word die prys betaal deur ondoeltreffende produksie.Tekens waarvoor uitgekyk moet word, is:1. Melkproduksie en bottervetpersentasie daal.2. In ’n voerkraal gaan voeromset en

gewigstoename verminder. 3. Abattoirverslae kan ’n hoë persentasie

lewerabsesse aandui.4. Diere met lang uitgegroeide hoewe wat voorkom

of hulle op eiers loop. 5. Ketose 6. Diarree7. Opblaas

Hoe hanteer ’n mens ’n uitbraak?In baie gevalle kom suurpens in ’n “uitbraak” voor, wanneer ’n groep diere saam ’n oormatige hoeveelheid koolhidrate inneem. ’n Algemene voorbeeld is byvoorbeeld waar ’n groep diere inbreek in ’n groen mielieland. In so ‘n geval is daar gewoonlik ’n spektrum van aangetasde diere, van dié wat ernstig siek (of dood) is tot die laastes wat dalk die oop hek ontdek het en nie genoeg geëet het om suurpens te ontwikkel nie.Wanneer so ’n situasie op hande is, is die eerste stap natuurlik om al die diere weg van die bron (byvoorbeeld mielies of konsentraat) af te neem. Daarna is dit raadsaam om jou veerarts onmiddellik te skakel en uit te roep. (As dit ’n groot groep diere is, help dit altyd om soveel as moontlik hande te hê wat kan uithelp... probeer hulp kry.)Terwyl jy op die veerarts wag, kan die onderstaande diagram gebruik word om die diere te klas volgens relevante groepe, elke groep isoleer en behandel soos aangedui.

Behandeling

Voorkom suurpensdeur nodige aanpassing

•Diere wat slegs matige siektetekens wys

•Diarree en afname in eetlus

•Voer goeie kwaliteit hooi en monitor

•Diere wat reeds herstel en dié wat nooit enige siektetekens getoon het nie

•Voer slegs goeie kwaliteit hooi

•Waardevolle diere en diere wat moontlik kan herstel ná behandeling

• Individuele behandeling word toegedien saam met veearts

•Sien onder vir behandeling

• Diere wat nie gaan herstel nie

• Diere wat lê en nie kan opkom nie of wat in ’n komastaat is

• Noodslagting

Terminale groep

Behandelings-groep

MonitorgroepHerstelgroep

––

Dieregesondheid | 10 |Junie 2016 • Julie 2016

Ontrek onmiddellik almal van konsentraatvoeding af en voorsien slegs goeie kwaliteit hooi. Moet geen konsentraatvoeding vir minstens vier tot sewe dae gee nie.Dit is raadsaam vir ’n boer om die volgende produkte in sy plaas-apteek aan te hou (dit is meerdoelige produkte, wat behulpsaam kan wees in baie ander kondisies ook):Geaktiveerde koolstofTeensuurmiddelsInspuitbare Vitamien B1Rumens-stimulanteDoseerbare elektrolieteDoseer geaktiveerde koolstof (1 tot 2 g/kg) en teensuurmiddels (gemeng in 8 -10 liter warm water) om rumen-pH te normaliseer en opname van gifstowwe te verhoed. Toediening per maagbuis is verkieslik bo konvensionele dosering.Hierdie behandeling moet so vinnig as moontlik toegedien word ná ’n insident waar ’n groep diere hulself aan graan oorvreet het.Die diere wat die meeste geëet het kan egter nog steeds siektetekens ontwikkel en gaan meer volledige behandeling benodig.Wanneer jy nie oor die voorgeskrewe teensuurmiddels beskik nie, kan koeksoda gebruik word in ’n noodgeval. Dis egter nie ideaal nie aangesien dit die opblaas kan vererger deurdat dit koolsuurgas vrystel in die rumen. Elektroliete kan gedoseer word om dehidrasie te bestry.Rumenstimulante kan gedoseer word om rumenfunksie te herstel. Vars rumeninhoud van ’n gesonde dier kan ook gedoseer word om hierdie funksie te vervul. Vitamien B1 moet toegedoen word om breinskade te voorkom. Let op die dosisse wat aangedui word vir verskillende spesies.In waardevolle diere kan die veearts dalk besluit om die rumen skoon te spoel deur middel van ’n maagbuis, of selfs om ’n operasie te doen, waar die rumen oopgesny word en al die inhoud verwyder word. Dit word dan algemeen vervang met vars rumeninhoud van ’n gesonde dier, of ’n mengsel van ruvoer (lusern werk goed) wat geweek is in warm water tesame met rumenstimulante.Die veearts kan verdere behandeling gee soos antibiotika, anti-inflammatoriese middels, binneaarse buffers en/of elektroliete. Met die behandeling van suurpens is tyd van kritiese belang. Dit is belangrik om daarop te let dat selfs wanneer ’n dier die aanvanklike suurpens-“aanval” oorleef, daar nog steeds komplikasies kan wees wat volg en potensieel dodelik kan wees. Hoe vinniger die dier behandel word, hoe minder komplikasies volg.Wanneer ’n dier binne drie dae ná behandeling weer normaal eet, blyk die prognose goed te wees.

Voorkoming

Die sleutelwoord by voorkoming van suurpens, is aanpassing. ’n Dier moet geleidelik aan enige hoë-energie-dieet blootgestel word, hetsy weimielies, byvoedingkonsentraat of ’n volrantsoen. Tesame hiermee moet hy genoegsame ruvoer inkry. Ruvoer is vir beeste soos Rennies vir mense!Wenke vir mieliereste:• Ondersoek die hele land vóór die beeste/skape

daarin gesit word en maak seker daar is nie te veel mieliekoppe (heel graan) op die land nie. Soms mors ’n wa of tapkar ’n hoop mielies uit en wanneer die diere dit ontdek is daar chaos.

• Stel geleidelik bloot aan die reste. Dit is veral belangrik by skape wat die pitte van die grond af kan optel. Twee metodes kan gevolg word: (1) Voer mielies of mieliekoppe vir die skape in die

veld en vermeerder geleidelik oor twee weke tot ongeveer 800 gram per skaap per dag gevoer word, en jaag dan op die reste.

(2) Gee beperkte weityd op die reste en verleng tyd geleidelik oor twee weke.

• Onthou wanneer daar na ’n nuwe land geskuif word, is daar weer ’n potensiële aanpassingsperiode, aangesien diere in ’n land met reste eers die graan uitsoek en later die stokke/blare.

Wenke vir voerkrale/volrantsoene:• Stel geleidelik bloot en begin met ’n rantsoen

hoog in ruvoer. • Voer konstante hoeveelhede.• Voer konstante tye.• Voerkrippe moet nooit vir lang tye leeg staan nie.• Genoeg voerspasie per dier moet voorsien word.• Oorweeg die toevoeging van buffers tot die

rantsoen.

Wenke vir kafeteriastelsels:• Dit is ’n vetmestingstelsel waar die konsentraat en

ruvoer apart voorsien word.• Omdat die konsentraat nie “verdun” is deur ruvoer

(soos in ’n volrantsoen) nie, is dit potensieel baie gevaarlik.

• Hier is dit baie belangrik om die voorgeskrewe aanpassingsriglyne van die konsentraatverskaffer te volg.

Die Pad Saam | 32

• INFOTAG BIED DIE GROOTSTE KEUSE OORPLAATJIES IN SUID-AFRIKA.• INFOTAG VERVAARDIG REEDS MEER AS 10 JAAR OORPLAATJIES.• INFOTAG IS WELBEKEND VIR UITSTAANDE GEHALTE EN UITSTEKENDE

RETENSIEKOERSE.• INFOTAG IS UV-WEERSTANDIG. SAL NIE BROS RAAK, BREEK OF VERBLEIK NIE.• INFOTAG MAAK VOORSIENING VIR BOERE SE INDIVIDUELE BEHOEFTES.• INFOTAG AANPASBAAR BY ALLE STANDAARDAANWENDERS.• INFOTAG BIED WARMFOELIE- EN LASERDRUKWERK OP ALLE PLAATJIES.

KIES UIT ONS REEKS TOPGEHALTE PLAATJIES OM BY JOU BEGROTING EN BESTUURSBEHOEFTES TE PAS.

OORPLAATJIESOORMERK JOU DIERE MET VERTROUE!

Dentro-kontakbesonderhede:Posbus 673, Hilton, 3245Tel. 033 345 1093Faks: 086 543 6533E-pos: [email protected]

Antrovet-kontakbesonderhede:Posbus 13897, Northmead,

Benoni, 1511 | Tel. 011 826 2988, Sel: 082 451 1934 |Faks: 086 618 6579E-pos: [email protected]

SOVEEL MEER AS NET ’N OORPLAATJIE

Cipla

Cipla

Dieregesondheid | 14 |Junie 2016 • Julie 2016

Offers aComprehensive Range in Southern Africa

Shaping the future of animal health

Een van die mees kritiese faktore in die winsgewendheid van enige veeboerdery, is die jaarlikse verkoopspersentasie. Dit is ‘n funksie van reproduksie (aanteel) minus mortaliteite (vrektes). Maw. hoe beter u kudde se reproduksiestatus is en hoe laer die mortaliteite is, hoe hoër is die verkoopspersentasie en winsgewendheid.

Naas voeding, speel dieregesondheid ‘n kardinale rol om optimale produksie te verseker. Sorg dus dat u ‘n eenvoudige, dog doelgerigte, kuddegesondheidprogram in plek het EN dit getrou navolg! Onthou - geen kalf/lam groei so swak soos die een wat nie gebore is nie en die wat wel gebore word, moet so behandel word dat hulle maksimum inkomste kan verseker.

Die implimentering van ‘n doelgerigte gesondheidprogram kan daartoe bydra om beide reproduksie te optimaliseer en mortaliteite te minimaliseer. So ‘n program berus op die volgende pilare:

NB. Tydens droogtetoestande kan die algehele parasietlading dalk laer wees as in jare met normale reënval, maar die uitwerking van die parasiete wat wel voorkom kan ‘n groter negatiewe invloed op die dier se algemene welstand hê agv die laer inname van voedingstowwe, swakker kondisie, asook die gepaardgaande effek van stres en diere se verlaagde immuniteit.

VIRBAC beskik oor ‘n wydverspreide en goed opgeleide span Tegniese Verkoopsadviseurs om u by te staan met die opstel van ‘n kuddegesondheidsprogram vir u spesifieke omstandighede en produksiestelsel. Daarby het VIRBAC ook ‘n wye reeks van gehalte produkte om in die meeste van u diergesondheidsbehoeftes te kan voorsien.

Kontak dus gerus u naaste Virbac Tegniese Verkoopsadviseur (sien webblad: www.virbac.co.za) of die VIRBAC hoofkantoor by 012-657 6000 vir hulp met die saamstel van u persoonlike kuddegesondheidsprogram, algemene advies en produkinligting.

KUDDEGESONDHEID – ‘N FAKTOR IN WINSGWENDE VEEBOERDERYDanie van Niekerk (Bestuurder: Tegniese Ondersteuning - VIRBAC)

‘n Tydige en doeltreffende INENTINGSPROGRAM. Inenting is soos versekering – jy tref voorsorg en weer die belangrikste voorkombare siektes af, OF, jy spaar die geld om nie te ent nie en vat die pyne as siektes soos bloutong, bloednier, slenkdalkoors en baie ander toeslaan! As jy wag totdat ‘n siekte uitbreek, is dit in die meeste gevalle te laat om eers dan te begin ent. Die keuse is joune!

‘n Tydige en doeltreffende PARASIETBEHEERPROGRAM (inwendig sowel as uitwendig). Beeste vrek nie maklik van inwendige parasiete nie, MAAR, dit lei tot swakker reproduksie en produksie, wat nie altyd raakgesien word nie = indirekte verliese. By skape is direkte verliese (vrektes) meer algemeen as behandeling nie tydig en doeltreffend plaasvind nie. Indirekte verliese itv reproduksie en produksie kom ook algemeen voor. Bosluisoorgedraagde siektes by beeste en skaapbrandsiekte by skape, lei jaarliks tot geweldige ekonomiese verliese. Maak dus seker dat u weet watter parasiete, wanneer op u plaas ‘n bedreiging inhou en behandel die diere tydig met ‘n doeltreffende produk.

‘n Tydige en doeltreffende SPOORMINERAAL en VITAMIEN-aanvullingsprogram. Dit is algemene kennis dat Suid-Afrika in die algemeen ‘n tekort aan spoorelemente het, of die opname daarvan deur antagoniste (veral Ca, Fe en S) beperk word. Variërende lekinname vererger die problem verder. Teen die tyd dat fisiese spoorelementtekorte gediagnoseer word is daar alreeds baie “onsigbare” skade aangerig. Sorg dat u diere lekke ontvang wat spoorminerale bevat. Maak egter seker dat u diere tydens kritiese periodes van verhoogde spoormineraal behoefte soos kalf/lam-, paar- en speentyd, asook tye van stres bv. swak voedingsomstandighede - ‘n “OP TOP” ontvang dmv ‘n beproefde inspuitbare spoormineraalaanvulling, asook ‘n vitamienaanvulling (A & E).

Die tydige DIAGNOSE en doeltreffende BEHANDELING van siektes. Hierdie is ‘n aspek wat baie keer afgeskeep word en tot groot verliese kan lei. Deur siek diere vroegtydig te identifiseer en korrek te behandel, word geld gespaar deurdat vrektes verminder word, diere vinniger herstel en minder aan behandeling gespandeer word. ‘n Toegewyde, opgeleide toesighouer by die vee, kan u baie geld spaar!

Tydige en doeltreffende ALGEMENE AKSIES. Bv. Bulle/ramme wat onvrugbaar is gaan nie koeie/ooie dragtig kry nie! Toets ramme/bulle dus voor die aanvang van die teelseisoen vir vrugbaarheid en geslagsiektes om ‘n onaangename verrassing teen lam-/kalftyd te voorkom. Tydige dragtigheidsbepalings kan baie daartoe bydra om “passasiers” uit te skot en seker te maak dat diere die regte voeding ontvang om in optimale kondisie te kalf/lam.

C

M

Y

CM

MY

CY

CMY

K

PO 1048 CORPORATE ADVERT - PRINT.pdf 2 2016/05/10 11:03:22 AM

Dieregesondheid | 15 |Junie • Julie 2016

Shaping the future of animal health

Your partner in Animal Health

Offers aComprehensive Range in Southern Africa

Virbac RSA Pty (Ltd) (Reg. No 1990/003743/07) Private Bag X115, Halfway House 1685. T:012 657 6000 | F:012 657 6067 www.virbac.co.za

present in more than 100 countries

C

M

Y

CM

MY

CY

CMY

K

PO 1048 CORPORATE ADVERT - PRINT.pdf 1 2016/05/10 11:03:22 AM

Dieregesondheid | 16 |Junie 2016 • Julie 2016

Die Pad Saam | Dieregesondheid 22

Vir die Suid-Afrikaanse beesboer is die enkelgasheer bloubosluis die algemeenste bosluis waarteen hy diere moet dip. Bloubosluise dra bloedsiektes, soos Afrika-

en Asiatiese rooiwater en galsiekte, oor. Dit kan tot groot produksieverliese en selfs vrektes lei. Die opbou van bloubosluisweerstand teen van die bekende dipmiddels is in sekere dele van die land só erg dat effektiewe bosluisbeheer al hoe moeiliker word.Die goeie nuus is dat Merial se Ivomec-reeks produkte steeds doeltreffend in bloubosluis-bestrydingsprogramme gebruik kan word. Boonop maak dié middels (Ivomec inspuitbaar, Ivomec Super en Ivomec Gold) ook ’n aantal ander uitwendige en inwendige parasiete dood. Dit is veral Ivomec Gold-inspuiting vir beeste met sy lang nawerking (wat bloubosluise vir tot 75 dae beheer), wat deur meer en meer beesboere gebruik word.Alle weidings is tot ’n mindere of meerdere mate met parasiete besmet. Navorsing het bewys dat beeste wat met inwendige parasiete besmet is, lusteloos is en minder vreet, wat produksieverliese tot gevolg het. Daarom is Ivomec Gold ’n produksiemiddel wat produksie bevorder en die boer gemoedsrus gee.Veral langwerkende Ivomec Gold, wat ’n hoë konsentrasie (3,15%) ivermektien bevat, het homself deeglik as ’n strategiese bestuurshulpmiddel gevestig. Dié produk word in die begin van en tydens die bloubosluistyd gebruik om bloubosluise tot 75 dae lank en rondewurms ses tot sewe weke lank te bestry.Hierdie middel bestry ook bytende en suigende luise, spykerwurms, longwurms en tampans. Die produk is voorts doeltreffend vir die bestryding van vals kneusing (parafilaria).Beesboere wat Ivomec Gold gereeld in hulle bosluisbeheerprogram gebruik, het gou die groot voordele wat doeltreffende beheer van inwendige en uitwendige parasiete inhou, ondervind. Daarom vertrou meer en meer beesprodusente op Ivomec Gold vir uitstekende resultate.

Die Merial-produk Ivomec Super (inspuitbaar) het ’n drieledige werking. Dit bestry inwendige rondewurms, uitwendige parasiete en is boonop doeltreffend teen volwasse lewerslak.

Ivomec Super het homself reeds bewys en beesboere wêreldwyd maak daarop staat. Een inspuiting bestry rondewurms en het ’n nawerking van 21 dae teen bruinmaag-, knoppies- en longwurms. Die nawerking teen haar- en beesbankrotwurms is 14 dae.Afgesien van die inwendige wurms, bestry ’n enkele inspuiting ook bloubosluise drie weke lank. Ander uitwendige parasiete wat bestry word, is myte en luise asook spykerwurms (tot twee weke lank). Waar sandtampans ’n probleem is, bestry Ivomec Super dit drie dae lank. Hierdie middel help ook met die beheer van vals kneusing. Boonop beheer Ivomec Super ook volwasse lewerslak.

Ivomec Super is ook geregistreer vir gebruik by skape. Hoewel die meeste skaapboere die produk vir sy doeltreffende bestryding van skaapbrandsiekte ken, is dit net so doeltreffend teen rondewurms (soos haarwurm en bruinmaagwurm), volwasse lewerslak asook neuswurm en Australiese jeukmyt.Vir meer tegniese inligting skakel gerus vir Merial SA (Pty) Ltd, vra vir dr. Hein Hesse, 083 280 8638.

Ivomec Gold (reg nr. G3080, Wet 36 van 1947) bevat 3.15% m/v ivermektien.Ivomec Super-inspuiting vir beeste en skape (reg nr. G2629, Wet 36 van 1947) bevat 1% m/v ivermektien en 10% m/v klorsulon. Ivomec inspuiting vir beeste en skape (reg nr. G2329, Wet 36 van 1947) bevat 1% m/v ivermektien.

Goeie nuus vir beesboere – bloubosluisbeheer met Ivomec Gold

Ivomec Super – drie-in-een parasietbeheer

Dieregesondheid | 17 |Junie • Julie 2016

Dieregesondheid | 18 |Junie 2016 • Julie 20168

HoEKoM BEESTE DIP IN DIE KoUE WINTERMAANDE?– Me Elize Terblanche & Dr Johan Cloete

“Hoekom dip ons as ons nie bosluise sien nie?” Dit is ‘n relevante vraag wat menige kritiese lesers sal vra as hulle die titel van hierdie artikel onder oë kry.

ons verduidelik: Gedurende die lente en somer maande dip ons gewoonlik om bosluisgetalle te verminder en dan ook om siektes soos rooiwater en galsiekte te voorkom. Afrika rooiwater word oorgedra deur twee bosluise, naamlik Rhiphicephalus microplus en Rhiphicephalus evertsi evertsi. Asiatiese rooiwater word oorgedra deur die bloubosluis, naamlik Rhiphicephalus decoloratus. Rhiphicephalus microplus en Rhiphicephalus decoloratus is albei een-gasheer bosluise.

Wanneer dit by die voorkoming van meergasheer bosluise kom is dit moeiliker om bosluise hok te slaan as gevolg van die volgende redes(1):

a. Hulle lewenssiklus is lank (5 maande tot >1 jaar vir die bontbosluis), en

b. Nimfe kan vir 2-3 maande weg van die bees af oorleefc. Dip besluite word gebasseer op die teenwoordigheid van

volgesuigde volwasse wyfies in die somer, en neem nie die groot getalle onvolwassenes in ag wat tydens die kouer winter maande op beeste voorkom nie.

Van die meer-gasheerbosluise wat die meeste probleme in beeste veroorsaak is:

Drie-gasheer bosluise(1)

• Bontbosluis (Amblyomma habraeum ): Hartwater en absesse – veral uier- en skede-absesse in die somermaande

• Bruinoorbosluis (Rhipicephalus appendiculatus ): Oor-absesse word deur die volwassenes veroorsaak met ’n piek tydens Januarie tot Maart. Simptomatiese behandeling is reaktief, duur en nie altyd bevredigend nie.

Twee-gasheer bosluise(1)

• Bontpootbosluis (Hyalomma spp.) : Weefsel-afsterwe (nekrose) by die bytplek en sweetsiekte. Behandeling van kliniese gevalle is ook reaktief en duur.

• Rooipootbosluis (Rhiphicephalus evertsi evertsi): Afrika rooiwater met pieke in die herfseisoen.

Wanneer ’n dipmiddel aangewend word, word net die bosluise (bykans onsigbare onvolwassenes en sigbare volwassenes) op die beeste geaffekteer. Die stadia wat nie tydens behandeling op die bees voorkom nie, kom ongedeerd daarvan af en sal by ’n latere geleentheid op die bees klim - wat weer latere herdipping noodsaak.

Vir koste-effektiewe dipping is dit dus nodig dat ons die lewenssiklus van die drie-gasheer bosluis oor ‘n seisoen heen verstaan . As hartwater na∗ewe beeste in die laat-winter en/ of lente op gespaarde kampe wei is dit moontlik om gevalle te kry wat deur nimfe oorgedra word – sonder die teenwoordigheid van enige volwasse bosluise.

BoNT TIcK, BRoWN EAR TIcK AND KARoo PARALySIS TIcK

BoNTBoSLUIS, BRUINooR BoSLUIS EN KARooVERLAMMINGSBoSLUIS

Adults/Volwassenes

Nymphae/Nimfe

Eggs/Eiers Engorged Female/ Volgesuigde Wyfie

Engorged Nymphae/ Volgesuigde Nimfe

Engorged Larvae/ Volgesuigde Larwes

Larvae/Larwes

Larvae/Larwes

THREE-HoST TIcK LIFEcycLE / DRIE-GASHEER BoSLUIS LEWENSIKLUS

Dieregesondheid | 19 |Junie • Julie 20168

HoEKoM BEESTE DIP IN DIE KoUE WINTERMAANDE?– Me Elize Terblanche & Dr Johan Cloete

“Hoekom dip ons as ons nie bosluise sien nie?” Dit is ‘n relevante vraag wat menige kritiese lesers sal vra as hulle die titel van hierdie artikel onder oë kry.

ons verduidelik: Gedurende die lente en somer maande dip ons gewoonlik om bosluisgetalle te verminder en dan ook om siektes soos rooiwater en galsiekte te voorkom. Afrika rooiwater word oorgedra deur twee bosluise, naamlik Rhiphicephalus microplus en Rhiphicephalus evertsi evertsi. Asiatiese rooiwater word oorgedra deur die bloubosluis, naamlik Rhiphicephalus decoloratus. Rhiphicephalus microplus en Rhiphicephalus decoloratus is albei een-gasheer bosluise.

Wanneer dit by die voorkoming van meergasheer bosluise kom is dit moeiliker om bosluise hok te slaan as gevolg van die volgende redes(1):

a. Hulle lewenssiklus is lank (5 maande tot >1 jaar vir die bontbosluis), en

b. Nimfe kan vir 2-3 maande weg van die bees af oorleefc. Dip besluite word gebasseer op die teenwoordigheid van

volgesuigde volwasse wyfies in die somer, en neem nie die groot getalle onvolwassenes in ag wat tydens die kouer winter maande op beeste voorkom nie.

Van die meer-gasheerbosluise wat die meeste probleme in beeste veroorsaak is:

Drie-gasheer bosluise(1)

• Bontbosluis (Amblyomma habraeum ): Hartwater en absesse – veral uier- en skede-absesse in die somermaande

• Bruinoorbosluis (Rhipicephalus appendiculatus ): Oor-absesse word deur die volwassenes veroorsaak met ’n piek tydens Januarie tot Maart. Simptomatiese behandeling is reaktief, duur en nie altyd bevredigend nie.

Twee-gasheer bosluise(1)

• Bontpootbosluis (Hyalomma spp.) : Weefsel-afsterwe (nekrose) by die bytplek en sweetsiekte. Behandeling van kliniese gevalle is ook reaktief en duur.

• Rooipootbosluis (Rhiphicephalus evertsi evertsi): Afrika rooiwater met pieke in die herfseisoen.

Wanneer ’n dipmiddel aangewend word, word net die bosluise (bykans onsigbare onvolwassenes en sigbare volwassenes) op die beeste geaffekteer. Die stadia wat nie tydens behandeling op die bees voorkom nie, kom ongedeerd daarvan af en sal by ’n latere geleentheid op die bees klim - wat weer latere herdipping noodsaak.

Vir koste-effektiewe dipping is dit dus nodig dat ons die lewenssiklus van die drie-gasheer bosluis oor ‘n seisoen heen verstaan . As hartwater na∗ewe beeste in die laat-winter en/ of lente op gespaarde kampe wei is dit moontlik om gevalle te kry wat deur nimfe oorgedra word – sonder die teenwoordigheid van enige volwasse bosluise.

BoNT TIcK, BRoWN EAR TIcK AND KARoo PARALySIS TIcK

BoNTBoSLUIS, BRUINooR BoSLUIS EN KARooVERLAMMINGSBoSLUIS

Adults/Volwassenes

Nymphae/Nimfe

Eggs/Eiers Engorged Female/ Volgesuigde Wyfie

Engorged Nymphae/ Volgesuigde Nimfe

Engorged Larvae/ Volgesuigde Larwes

Larvae/Larwes

Larvae/Larwes

THREE-HoST TIcK LIFEcycLE / DRIE-GASHEER BoSLUIS LEWENSIKLUS

2013ISSUE 1

92013ISSUE 2

9

HoEKoM BEESTE DIP IN DIE KoUE WINTERMAANDE?

Bosluise gaan nie dood tydens die koue wintermaande nie. Koue affekteer nie die eiers wat deur volgesuigde wyfies

tydens die laatsomer gelê is nie. Die uitbroei van eiers word wel later vertraag deur die kouer weer. Figuur 1 toon aan dat

die drie-gasheerbosluis se lewenssiklus verbreek kan word indien dipping gereeld in die winter toegepas word.

Drie-gasheerbosluise het ’n baie langer lewenssiklus (5 maande tot langer as een jaar) as die van een-gasheerbloubosluise (56 dae onder ideale toestande). Hulle onvolwassenes, wat onsigbaar is, kom in groot getalle tydens die wintermaande op beeste en ander tussengashere soos tarentale, hase en skilpaaie voor.

1200

1000

800

600

400

200

0Jan Feb Mrt April Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des

VolwassenesLarwesNimfe

Om die uitdaging van meer-gasheer bosluise in die somer te beperk is dit aangewese dat, na dipping in die winter, beeste vir die tydperk wat die dip aktief op die bees is (gewoonlik 3-10 dae met olie basis opgietmiddels afhangende van reënval, haarlengtes graslengte ensovoorts), en deur die meeste kampe te roteer na elke behandeling sodat enige bosluise wat op die weiding wag vir beeste, kan opklim en deur die residuele werking van die dip gedood kan word. Dit sal die bosluislas en die gepaardgaande probleme, in die somer help beperk.

Van “MSD Animal Health” se dipprodukte, almal doeltreffend teen vatbare drie-gasheer bosluise, is die volgende: -

• TAKTIc cATTLE SPRAy (Reg. no. G2535 Wet 36/ 1947) spreidip vir totale benatting met swaar bosluisladings: verdun 1 liter dip met 500 liter water vir beeste

• DELETE® ALL (Reg.no. G2837 Wet 36/ 1947) opgiet dip: 1mℓ per 10kg gewig oor die toplyn van kop tot stert

• DELETE® (Reg no. G2815 Wet 36/ 1947) opgiet dip: 1mℓ per 10kg gewig oor die toplyn van kop tot stert

• DELETE® x5 (Reg no. G3279 Wet 36/1947) spreidip. Vir bosluise: Los 500mℓ op in 500 liter water

• DELTAB TABLETS (Reg no. G2517 Wet 36/ 1947): 1 x 25.0 gram tablet per 100 liter water

• DELTAB BAcK-PAcK (Reg no. G2518 Wet 36/ 1947): 1 x 2.5 gram tablet per 12.5 liter water – genoeg om een volwasse bees volledig, doeltreffend te benat

’n Winter dipping is dus nooit vergesog nie en behoort oordeelkundig aangewend te word tesame met ’n goeddeurdagte weidingrotasie strategie. Die voordele van minder uierkwartskade, absesse, verliese as gevolg van hartwater en bruinoorbosluis maak dit die moeite werd.

Verwysings1. Coetzer J.A.W. en Tustin R.C. (ed) 2004 Infectious Diseases of Livestock. 2nd edn. Oxford Univ Press.2. Horak I. University of Pretoria student notes3. Jan du Preez en Faffa Malan, Entstowwe en immunisering van plaasdiere.

135/1301

Figuur 1: Seisoenale voorkoms van drie-gasheerbosluisgetalle op beeste Variasies afhangende van streek sal voorkom(2)

G2837 (Wet 36/ 1947) G2518 (Wet 36/1947) G2517 (Wet 36/1947) G2815 (Wet 36/1947) G3279 (Wet 36/1947)

2013ISSUE 1

92013ISSUE 2

9

HoEKoM BEESTE DIP IN DIE KoUE WINTERMAANDE?

Bosluise gaan nie dood tydens die koue wintermaande nie. Koue affekteer nie die eiers wat deur volgesuigde wyfies

tydens die laatsomer gelê is nie. Die uitbroei van eiers word wel later vertraag deur die kouer weer. Figuur 1 toon aan dat

die drie-gasheerbosluis se lewenssiklus verbreek kan word indien dipping gereeld in die winter toegepas word.

Drie-gasheerbosluise het ’n baie langer lewenssiklus (5 maande tot langer as een jaar) as die van een-gasheerbloubosluise (56 dae onder ideale toestande). Hulle onvolwassenes, wat onsigbaar is, kom in groot getalle tydens die wintermaande op beeste en ander tussengashere soos tarentale, hase en skilpaaie voor.

1200

1000

800

600

400

200

0Jan Feb Mrt April Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des

VolwassenesLarwesNimfe

Om die uitdaging van meer-gasheer bosluise in die somer te beperk is dit aangewese dat, na dipping in die winter, beeste vir die tydperk wat die dip aktief op die bees is (gewoonlik 3-10 dae met olie basis opgietmiddels afhangende van reënval, haarlengtes graslengte ensovoorts), en deur die meeste kampe te roteer na elke behandeling sodat enige bosluise wat op die weiding wag vir beeste, kan opklim en deur die residuele werking van die dip gedood kan word. Dit sal die bosluislas en die gepaardgaande probleme, in die somer help beperk.

Van “MSD Animal Health” se dipprodukte, almal doeltreffend teen vatbare drie-gasheer bosluise, is die volgende: -

• TAKTIc cATTLE SPRAy (Reg. no. G2535 Wet 36/ 1947) spreidip vir totale benatting met swaar bosluisladings: verdun 1 liter dip met 500 liter water vir beeste

• DELETE® ALL (Reg.no. G2837 Wet 36/ 1947) opgiet dip: 1mℓ per 10kg gewig oor die toplyn van kop tot stert

• DELETE® (Reg no. G2815 Wet 36/ 1947) opgiet dip: 1mℓ per 10kg gewig oor die toplyn van kop tot stert

• DELETE® x5 (Reg no. G3279 Wet 36/1947) spreidip. Vir bosluise: Los 500mℓ op in 500 liter water

• DELTAB TABLETS (Reg no. G2517 Wet 36/ 1947): 1 x 25.0 gram tablet per 100 liter water

• DELTAB BAcK-PAcK (Reg no. G2518 Wet 36/ 1947): 1 x 2.5 gram tablet per 12.5 liter water – genoeg om een volwasse bees volledig, doeltreffend te benat

’n Winter dipping is dus nooit vergesog nie en behoort oordeelkundig aangewend te word tesame met ’n goeddeurdagte weidingrotasie strategie. Die voordele van minder uierkwartskade, absesse, verliese as gevolg van hartwater en bruinoorbosluis maak dit die moeite werd.

Verwysings1. Coetzer J.A.W. en Tustin R.C. (ed) 2004 Infectious Diseases of Livestock. 2nd edn. Oxford Univ Press.2. Horak I. University of Pretoria student notes3. Jan du Preez en Faffa Malan, Entstowwe en immunisering van plaasdiere.

135/1301

Figuur 1: Seisoenale voorkoms van drie-gasheerbosluisgetalle op beeste Variasies afhangende van streek sal voorkom(2)

G2837 (Wet 36/ 1947) G2518 (Wet 36/1947) G2517 (Wet 36/1947) G2815 (Wet 36/1947) G3279 (Wet 36/1947)

Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) het vanaf 1 April ‘n nuwe direkte verspreidingstrategie. Verskaffers van OBP-produkte kan bestellings direk aan OBP vanaf Maandae tot Vrydae rig. Geen aflewerings word op

Vrydae of die dag voor ‘n openbare vakansiedag gedoen nie.

Ondersteporrt Biological Products (OBP) has a new distribution approach which commenced on the 1st of April. Supplier of OBP products can submit orders directly to OBP from Mondays to Fridays. Deliveries will be not be

done on Fridays or the day before public holidays.

Nuwe kontakbesonderhede:Verkope en Bemarking:

Plaaslike bestellings: [email protected] | Kontaksentrum: 012 522 1684 | Faks: 012 522 1591

Bestuurder: Nasionale Verkope:

Malahlela Kenneth: 082 706 8940 | [email protected]

Verkoopsagent:

Aubrey Dladla: 074 461 6069