die jaar om finansieel ks te word - yourfund.co.za · regtig nodig het. dit beteken nie jy moet...

6
BLADSY 1 Die jaar o m fi nansieel ks te word! Boodskap van die Hoofbeampte 2013 is verby en die nuwe jaar lê voor. Baie mense vergelyk die nuwe jaar met ’n nuwe begin en nuwe idees. Gedurende die feestyd is dit so maklik om onnodig geld uit te gee en miskien voel jy 2013 het jou net ’n kontanttekort in die sak gebring. Terwyl 2014 pas begin het, is dit die ideale tyd om jou geldsake agtermekaar te kry! Hieronder is ’n paar praktiese idees wat jou sal help om finansieel fiks te word in 2014. Beste lede Ons hoop julle het ’n heerlike feestyd saam met familie en vriende deurgebring. Namens die Media24 Aftreefonds wens ek julle ’n wonderlike jaar toe. Die nuwe voorkoms van die kwartaalverslag – Die Neseier – sal hopelik in jul smaak val. Nogmaals baie geluk aan die wenners van die nuusbrief-kompetisie wat met die wennaam vorendag gekom het! 2014 sal ’n opwindende jaar vir die Fonds wees en ons beoog om julle op verskeie maniere te help om vir ’n gerieike aftrede te beplan. Hierdie kwartaal se nuusbrief “Die jaar om nansieel fiks te word” gaan julle beslis help om jul aftreeplanne op dreef te bring! Lees ’n bietjie oor die jongste bedryfs- en regulatoriese kwessies wat die aftreefondsbedryf raak, voordat julle die Fonds se beleggingsprestasie vir die laaste kwartaal van 2013 nagaan. Hou die pos dop vir Fondskommunikasie in die komende maande. Vriendelike groete Lynn van der Merwe LID NUUSBRIEF Januarie 2014

Upload: others

Post on 30-Oct-2019

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die jaar om finansieel ks te word - yourfund.co.za · regtig nodig het. Dit beteken nie jy moet alles wat jy wil hê, laat vaar nie. As jou begroting te streng en vervelig is, is

BLADSY 1

Die jaar om finansieel fiks te word!

Boodskap van die Hoofbeampte

2013 is verby en die nuwe jaar lê voor. Baie mense vergelyk die nuwe jaar met ’n nuwe begin en nuwe idees. Gedurende die feestyd is dit so maklik om onnodig geld uit te gee en miskien voel jy 2013 het jou net ’n kontanttekort in die sak gebring. Terwyl 2014 pas begin het, is dit die ideale tyd om jou geldsake agtermekaar te kry! Hieronder is ’n paar praktiese idees wat jou sal help om finansieel fiks te word in 2014.

Beste lede

Ons hoop julle het ’n heerlike feestyd saam met familie en vriende deurgebring. Namens die Media24 Aftreefonds wens ek julle ’n wonderlike jaar toe.

Die nuwe voorkoms van die kwartaalverslag – Die Neseier – sal hopelik in jul smaak val. Nogmaals baie geluk aan die wenners van die nuusbrief-kompetisie wat met die wennaam vorendag gekom het! 2014 sal ’n opwindende jaar vir die Fonds wees en ons beoog om julle op verskeie maniere te help om vir ’n gerieflike aftrede te beplan. Hierdie kwartaal se nuusbrief “Die jaar om finansieel fiks te word” gaan julle beslis help om jul aftreeplanne op dreef te bring! Lees ’n bietjie oor die jongste bedryfs- en regulatoriese kwessies wat die aftreefondsbedryf raak, voordat julle die Fonds se beleggingsprestasie vir die laaste kwartaal van 2013 nagaan.

Hou die pos dop vir Fondskommunikasie in die komende maande.

Vriendelike groeteLynn van der Merwe

LID NUUSBRIEFJanuarie 2014

Page 2: Die jaar om finansieel ks te word - yourfund.co.za · regtig nodig het. Dit beteken nie jy moet alles wat jy wil hê, laat vaar nie. As jou begroting te streng en vervelig is, is

BLADSY 2

Raadpleeg die kenners Die eerste stap is om met jou finansiële adviseur te gesels. ’n Goed gekwalifiseerde finansiële adviseur sal jou hele finansiële situasie in oënskou neem en ’n finansiële plan voorstel wat jou sal help om jou doelwitte te bereik.

Rangskik jou finansiële behoeftes volgens prioriteitAs jy nie weet wat jou finansiële prioriteite is nie, sal jy nie behoorlik kan begroot nie. Besluit wat jou belangrikste uitgawes is en stel ’n realistiese begroting op. As jou kinders se studie byvoorbeeld ’n prioriteit is, moet dit hoër op jou lys wees as die nuwe platskerm-TV wat jy graag wil hê. Die begrotingsnutsprogram op die Media24 Aftreefonds-webwerf kan jou hiermee help!

Delg en vermy onnodige skuld Doen sorgvuldige beplanning in oorleg met jou finansiële adviseur, en probeer om al jou duur skuld soos jou kredietkaart of persoonlike lenings af te betaal. Enigiets wat op krediet gekoop word, kos jou uiteindelik baie meer as die oorspronklike prys – spaar dus eerder totdat jy genoeg het om die item te koop, in plaas van om dit af te betaal. Dan hoef jy nie rente daarop te betaal nie. Met die regte beplanning kan jy nou beheer oor jou skuld kry, en dit ook in die toekoms beperk. Hier is ’n paar stappe om jou korttermyn-skuld te help verlig:

• Stap 1: Stel ’n realistiese maandelikse begroting op

Maak ’n lys van jou maandelikse inkomste en uitgawes, en maak seker dat jou inkomste dieuitgawes met gemak dek. As jy aan die einde van die maand geld oor het, gebruik dit omjou skuld vinniger te delg. Probeer om te onderskei tussen wat jy graag wil hê en wat jyregtig nodig het. Dit beteken nie jy moet alles wat jy wil hê, laat vaar nie. As jou begrotingte streng en vervelig is, is die kanse groter dat jy dit na ’n maand of twee nie meer gaanvolhou nie.

• Stap 2: Delg eers duur skuld

Hoe hoër die rentekoers op jou skuld, hoe duurder is dit. Daarom is dit beter om die duursteskuld eerste af te betaal. Jou kredietkaart- en winkelkaartskuld is gewoonlik die duurste. Saam met persoonlike lenings kan dit jou tot 20% aan rente kos.

* Wenk: Betaal meer as die minimum bedrag wat elke maand betaalbaar is, dan sal jou renteoutomaties minder word.

• Stap 3: Bestee oordeelkundig

As jou kooplus aan die begin van elke maand veroorsaak dat jy teen die middel vandie maand noodgedwonge op krediet moet koop, is 2014 die jaar om hierdie slegtekoopgewoonte af te leer. Kyk eers rond en vergelyk pryse om byvoorbeeld klere,elektroniese toerusting of selfoonpakkette teen die beste prys te kry.

• Stap 4: Leef binne jou vermoë

As jy nie kan bekostig om kontant vir iets te betaal nie, kan jy dit waarskynlik nie bekostignie. As jy daardie duur handsak of gevorderde klankstelsel op jou kredietkaart moet koop,is dit buite jou prysklas. Kies eerder meer bekostigbare handelsmerke.

• Stap 5: Gebruik kontant in plaas van krediet

’n Goeie manier om skuld te vermy is om jou debietkaart of kontant te gebruik. As jy weljou kredietkaart moet gebruik, probeer om dit aan die einde van elke maand te delg inplaas van om net die minimum verskuldigde bedrag te betaal. Op dié manier sal jy rentekan vermy. Bly uit die versoeking deur jou kredietkaart by die huis te los wanneer jywinkels toe gaan. Gebruik jou kredietkaart slegs in noodgevalle.

• Stap 6: Indien daar geen ander uitweg is nie, onderhandel om skuld stadiger af te betaal

As jy regtig nie jou skuld kan afbetaal soos ooreengekom is nie – byvoorbeeld indien jouwederhelf sy/haar werk verloor het – kontak jou kredietverskaffer en vra hulle om ’n nuwerealistiese betaalplan uit te werk. Dit sal verseker dat jou kredietrekord skoon bly.

1

2

3

Die jaar om finansieel fiks te word!

1

Terwyl 2014 pas begin het, is dit die ideale tyd om jou geldsake

agtermekaar te kry

Page 3: Die jaar om finansieel ks te word - yourfund.co.za · regtig nodig het. Dit beteken nie jy moet alles wat jy wil hê, laat vaar nie. As jou begroting te streng en vervelig is, is

BLADSY 3

Beplan vir jou oudag Jy sal nie vir altyd kan werk nie. Maak dus seker dat jou finansiële plan ten volle vir jou aftrede voorsiening maak. Om teen die tyd dat jy aftree-ouderdom bereik dieselfde lewenspeil as voor aftrede te kan handhaaf, sal jy volgens ramings ’n salarisvervangingsverhouding (VV) van minstens 70% nodig hê. In die praktyk beteken dit jy moet ongeveer 12 keer jou jaarlikse salaris oor ’n tydperk van 40 jaar gespaar het om ’n vervangingsverhouding van 70% te bereik.

Spaar!Indien jy jou finansiële doelwitte wil bereik en jou drome wil uitleef, is dit nodig dat jy begin spaar. As jy gelukkig genoeg is om ’n jaarlikse verhoging te kry, gebruik ’n deel daarvan om te spaar voordat jy gewoond raak aan die ekstra geld in jou sak. Nog ’n opsie is om ’n spaarrekening-debietorder vir die 1ste van elke maand op te stel. Dan sal jy nie die ekstra geld mis nie, omdat dit sal voel asof jy dit nooit regtig gehad het nie. Miskien dink jy jy kan nie bekostig om te spaar nie, maar jy sal verbaas wees hoe jy dit kan regkry as jy dit ’n prioriteit maak.

Beplan jou besteding Beplan wat jy bestee. Koop net wat jy beplan om te koop. Stel ’n inkopielys saam en hou daarby, sodat jy nie te veel bestee nie. Wanneer jy groot en duur items koop, kyk eers rond waar jy die beste prys kan kry, of vergelyk pryse aanlyn. Vra altyd jouself af: Het ek dit regtig nodig? Indien nie, sit dit terug en hou verby.

Maak seker jy het ’n testamentElkeen behoort ’n testament te hê. Dit help nie net om duidelik te maak wie jou begunstigdes is (wat jou geld, jou motor, huis, spaarfondse, ens. moet kry) wanneer jy te sterwe kom nie, maar help ook om seker te maak dat jou laaste wense bekend is en verstaan word. Jy het byvoorbeeld miskien uitdruklike opdragte oor wie na jou minderjarige kinders moet omsien as jy onverwags sterf. As jy ’n testament het, sal dit jou familie en vriende in ’n baie moeilike tyd troos om te weet dat jou laaste wense duidelik oorgedra is.

Beplan vir die langer termyn Wanneer jy alles agtermekaar het om die jaar met groter finansiële fiksheid aan te pak, stel jou visier op die langer termyn. Dit is goed om een jaar vooruit te beplan, maar om seker te maak dat jy jou doelwitte verwesenlik en ’n plan het wat jou stap vir stap sal help om hulle te bereik, moet jy verder vooruit dink – tot 2015, 2020, 2025 en verder.

4

5

6

7

8

Kry beheer oor jou finansies en pak 2014 aan met die vasbeslotenheid

om die finansiële wysheid te kry wat jou beskore is!

Page 4: Die jaar om finansieel ks te word - yourfund.co.za · regtig nodig het. Dit beteken nie jy moet alles wat jy wil hê, laat vaar nie. As jou begroting te streng en vervelig is, is

BLADSY 4

KONTAKBESONDERHEDE VAN DIE FONDSTel 021 406 3326 | Faks 086 721 3447 | E-pos [email protected] http://yourfund.co.za/media24

BEDRYFSNUUS OOR AFTREEHERVORMING

REGULATORIESE NUUS OOR DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP BELASTINGWETTE 2013

In die 2013 Begroting het die Minister van Finansies aangedui dat daar in 2015 (op ’n datum waarna as T-dag verwys word) veranderings sal wees aan die wyse waarop aftreefondslede belas word.

As gevolg hiervan is die Wysigingswetsontwerp op Belastingwette op 24 Oktober 2013 deur die Minister van Finansies in die Parlement voorgelê, met die bevestiging dat T-dag 1 Maart 2015 sal wees. Die nuwe belastingaftrekkings ten opsigte van individuele aftreefondslede se bydraes tree op hierdie datum in werking.

Die Minister van Finansies het ook na ’n aantal bewaringsverwante reëls verwys wat ingestel sal word op ’n datum wat as P-dag bekend staan. P-dag is nog onderhewig aan onderhandelings met vakbonde en ander belanghebbers. Die verpligte bewaringsmaatreëls is dus nie by die wetsontwerp ingelyf nie.

Aftreehervorming is ’n deurlopende inisiatief

van die Nasionale Tesourie om Suid-Afrika

se aftreefondsbedryf te help verbeter.

Gedurende 2012 en 2013 is die volgende vyf

besprekingsdokumente uitgereik:

1 Fasilitering van ’n beter inkomste

tydens aftrede

2 Bewaring, oordraagbaarheid en

bestuurstoesig van aftreefondse

3 Aansporings vir nie-aftreespaarfondse

4 Verbeterde belastingaansporings vir

aftreespaarfondse

5 Kosteheffings in aftreefondse

Die doel van hierdie dokumente is om gesprekke en oorlegpleging met aftreefondse, diensverskaffers en ander belanghebbers te inisieer. Dit is ook bedoel om openbare oorlegpleging te bevorder oor hoe om die koste gepaardgaande met die bestuur van ’n aftreefonds te verminder.

Die Nasionale Tesourie hoop dat die uitreiking van hierdie dokumente sterker beleidsvoorstelle sal ontlok, wat konsepwetgewing vir voorlegging aan en oorweging deur die Parlement tot gevolg sal hê.

Page 5: Die jaar om finansieel ks te word - yourfund.co.za · regtig nodig het. Dit beteken nie jy moet alles wat jy wil hê, laat vaar nie. As jou begroting te streng en vervelig is, is

BLADSY 5

BELEGGINGSPRESTASIE VERSLAG KWARTAAL 4 VAN 2013

HISTORIESE PRESTASIE VAN DIE FONDS SE PORTEFEULJES

0%

100%

200%

300%

400%

500%

600%

Dec-

00Ju

n-01

Dec-

01Ju

n-02

Dec-

02Ju

n-03

Dec-

03Ju

n-04

Dec-

04Ju

n-05

Dec-

05Ju

n-06

Dec-

06Ju

n-07

Dec-

07Ju

n-08

Dec-

08Ju

n-09

Dec-

09Ju

n-10

Dec-

10Ju

n-11

Dec-

11Ju

n-12

Dec-

12Ju

n-13

Dec-

13

Groei

Gebalanseerde

Stabiele

Geldmark

VPI

OPSOMMING VAN PRESTASIE SOOS OP 31 DESEMBER 2013

PORTE-FEULJE

KWARTAAL JTD JAAR 1 JAAR 3 JAAR 5 DES 2000

Groei 4.70% 20.94% 20.94% 14.34% 14.25% 15.44%

Gebalan-seerde

3.63% 14.75% 14.75% 12.60% 11.59% 12.46%

Stabiele 2.49% 9.45% 9.45% 10.26% 8.79% 9.27%

Geldmark 1.32% 5.33% 5.33% 5.56% 6.65% 7.72%

VPI 0.67% 5.50% 5.50% 5.75% 5.51% 5.81%

Kliek onder vir besonderhede oor die volgende:

Beleggingsfeiteblad Bylae

Portefeuljebestuurders se opgedateerde Vooruitsigte en Strategie

Webwerf Beleggingsblad

MARKOORSIG 2013 was wêreldwyd nog ’n goeie jaar vir die meeste bateklasse, en markte het steeds baatgevind by rekordlae rentekoerse en laer as verwagte inflasiekoerse. Goeie opbrengste is op die Johannesburgse aandelebeurs (JSE Beperk) behaal – die JSE Alle Aandele-indeks het in Desember 2013 ’n opbrengs van 21.4% gelewer en op 31 Desember die hoogste vlak nóg bereik, met ’n verbetering van 3%. Die rand het kwesbaar gebly en met 23.2% teenoor die Amerikaanse dollar verswak oor die kwartaal.

Die internasionale markte het ook ’n goeie jaar gehad. Die VS, Duitsland, omliggende lande in Europa, en Japan het die beste opbrengste behaal. In ontluikende markte was die opbrengste egter positief vir die vierde kwartaal maar negatief vir die jaar.

Page 6: Die jaar om finansieel ks te word - yourfund.co.za · regtig nodig het. Dit beteken nie jy moet alles wat jy wil hê, laat vaar nie. As jou begroting te streng en vervelig is, is

BLADSY 6

TOP TIEN PLAASLIKE AANDEELHOUDINGS

BATE-ALLOKASIE PER PORTEFEULJE

BESTUURDER PRESTASIE (BRUTO OPBRENGS) SOOS OP 31 DESEMBER 2013

Die portefeuljebestuurders wat gekies is om die onderliggende bateklasse te bestuur, het streng mandate en prestasieteikens word gereeld gemonitor. Die tabel hieronder toon die geannualiseerde prestasie vir elke bateklas en elke bestuurder, behalwe die kwartaallikse opbrengste, wat werklike prestasie aandui.

BATEKLAS BESTUURDER DATUM VAN AANSTELLING

KWARTAAL JAAR 1 JAAR 3 JAAR 5 VANAF AANVANG

AANDELE Allan Gray 01/10/2002 5.36% 21.32% 16.43% 18.95% 23.64%

Coronation 01/02/2007 5.09% 32.50% 20.71% 24.43% 16.03%

Foord 01/07/2013 6.77% N/A N/A N/A 19.64%

Investec 01/12/2000 1.59% 1.86% 2.38% 11.62% 16.97%

FTSE/JSE Vryswewende Indeks (ALSI) 5.53% 21.43% 16.42% 19.93%

EFFEKTE Coronation 01/08/2010 0.58% 2.91% 10.18% N/A 10.46%

Old Mutual 01/12/2000 0.50% 2.32% 9.57% 8.77% 11.79%

BEASSA Alle Effekte-indeks (ALBI) 0.13% 0.64% 8.29% 7.64%

INFLASIEGEKOPPELDE EFFEKTE Prescient 01/03/2011 2.41% 1.41% N/A N/A 9.24%

KONTANT Investec 01/12/2000 1.42% 5.65% 5.87% 7.00% 8.95%

Sanlam 01/12/2000 1.41% 5.76% 5.98% 6.92% 8.84%

STeFI Saamgestelde Indeks 1.30% 5.18% 5.48% 6.49%

INTERNASIONAAL Allan Gray 01/10/2002 7.35% 54.18% 27.04% 12.11% 10.41%

Foord 01/07/2013 7.88% N/A N/A N/A 16.91%

Investec 01/02/2007 9.29% 42.92% 23.91% 14.62% 9.56%

Morgan Stanley Capital International All Country World Share Index (MSCI) 12.52% 57.23% 30.69% 18.60%

Groei Gebalanseerde Stabiele Geldmark

KONTAKBESONDERHEDE VAN DIE FONDSTel 021 406 3326 | Faks 086 721 3447 | E-pos [email protected] http://yourfund.co.za/media24

Plaaslike Aandele Internasionaal Plaaslike Effekte Plaaslike Inflasiegekoppelde Effekte Plaaslike Kontant

BRITISH AMERICAN TOBACCO PLC (7.53%) NASPERS LIMITED (3.44%)

SASOL LIMITED (7.40%) REMGRO LIMITED (2.75%)

STANDARD BANK GROUP LIMITED (5.39%) REINET INVESTMENTS SA (2.68%)

SABMILLER PLC (5.30%) MTN GROUP LIMITED (2.67%)

ANGLO AMERICAN PLC (4.15%) STEINHOFF INTERNATIONAL HOLDINGS LIMITED (2.47%)

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10