graad 8 kwartaal 2 · as julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. die bladsye se...

13
GRAAD 8: KW 2 GESKIEDENIS DEEL 1 Aktiwiteite: GRAAD 8 KWARTAAL 2 16 Mei: DEEL 1 Aktiwiteite vir kwartaal 2. Dit is nie nodig om die werk te print nie. Leerders kan dit van hul foon of van die rekenaar af doen. Die aktiwiteite is nie huiswerk nie. As leerders graag wil voorkom kan hulle nou met dit begin. Dit sal hulle baie help as hulle nou kan begin. Die werk sal weer in die klas behandel word en die antwoorde sal vir hulle gegee word. Skryf asseblief deel 1 en jou aktiwiteite as opskrifte met datums in jou skrif. Jy hoef nie die vrae neer te skryf nie, behalwe as jy wil. As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies van elke aktiwiteit. Daar is whatsapp groepe gemaak vir die graad 8`s vir kuns en geskiedenis. Daar is vir elke klas `n groep. As jul iets nodig het asseblief laat weet. Onthou om jul geskiedenis take te stuur as jul nie het nie. Dit word gemerk en na jou teruggestuur. As jy nie nou kan inhandig nie – Daar sal geleentheid wees as die skool begin. Whatsapp nommer vir Juffrou M. Taljaard : 063 398 5031 Geskiedenis e-pos: [email protected] Kuns e-pos 8.1 – 8.4: [email protected] Kuns e-pos 8.5 – 8.7: [email protected]

Upload: others

Post on 29-Jul-2020

8 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies

GR

AA

D 8

: K

W 2

GESKIEDENIS DEEL 1

Aktiwiteite:

GRAAD 8

KWARTAAL 2

16 Mei: DEEL 1

Aktiwiteite vir kwartaal 2. Dit is nie nodig om die werk te print nie. Leerders kan dit van hul foon of van die rekenaar af doen. Die aktiwiteite is nie huiswerk nie. As leerders graag wil voorkom kan hulle nou met dit begin. Dit sal hulle baie help as hulle nou kan begin. Die werk sal weer in die klas behandel word en die antwoorde sal vir hulle gegee word. Skryf asseblief deel 1 en jou aktiwiteite as opskrifte met datums in jou skrif. Jy hoef nie die vrae neer te skryf nie, behalwe as jy wil. As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies van elke aktiwiteit. Daar is whatsapp groepe gemaak vir die graad 8`s vir kuns en geskiedenis. Daar is vir elke klas `n groep. As jul iets nodig het asseblief laat weet. Onthou om jul geskiedenis take te stuur as jul nie het nie. Dit word gemerk en na jou teruggestuur. As jy nie nou kan inhandig nie – Daar sal geleentheid wees as die skool begin. Whatsapp nommer vir Juffrou M. Taljaard : 063 398 5031 Geskiedenis e-pos: [email protected] Kuns e-pos 8.1 – 8.4: [email protected] Kuns e-pos 8.5 – 8.7: [email protected]

Page 2: GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies

1. Verduidelik wat geslote kampongs was en waarom dit opgerig is.

2. Hoe het die wit mynwerkers se situasie verskil van swart werkers s'n?

3. Waarom was die trekarbeidstelsel so voordelig vir die mynmaatskappye?

4. Lees Bron A, B en C en beantwoord hierdie vrae.

4.1 Wat het Merriman (Bron A) te sê gehad oor die kampongs?

4.2 Wat sê Van Zyl (Bron B) van die kampongs?

4.3 Gebruik inligting uit die teks en Bron C om te verduidelik waarom die arbeidsmag in Kimberley teen die

1880's op grond van ras verdeel was.

4.4 Stem Bron C saam met dit wat in Bron A of Bron B gesê word? Verduidelik.

BRON A: ń Uittreksel uit ń brief van J.X. Merriman.

Hierdie uittreksel kom uit 'n brief wat 'n vooraanstaande politikus, J.X. Merriman, in Januarie 1886 aan sy vrou geskryf het en waarin hy die swak toestande in die geslote kampongs beskryf. Hy het

die brief geskryf net nadat die eerste kampongs opgerig is.

Foto van 'n uitgrawingsterrein in die vroeë dae van diamantontginning in Kimberley.

AKTIWITEIT 1 : bl 106 - 108 ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE:

Page 3: GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies

BRON B: ń Uittreksel uit ń boek oor die lewe in ń

kampong.

Hierdie uittreksel kom uit 'n boek met die titel - The Discovery of Wealth (bladsy 46). Dit is deur D. van Zyl

geskryf en is in 1986 uitgegee. Vir die meeste mynwerkers het die kampongs groot voordele ingehou. Hier het hulle

ordentlike behuising gehad, hulle kon items soos komberse, skoene en klere teen redelike pryse koop, hulle het

behoorlike mediese sorg ontvang wanneer hulle siek was en in hul vrye tyd het hulle die geleentheid gehad om te leer lees en skryf. Tydens 'n werker se verblyf in die kampong

kon hy ook £5 tot £10 spaar vir die een ding wat swart werkers die graagste wou hê - 'n geweer. Gewapen met 'n

geweer, kon 'n mynwerker as 'n man van aansien na sy eie gemeenskap

terugkeer.

1. Verduidelik die metodes wat die Britte gebruik het om arbeid vir die myne te verseker.

2. Gee redes waarom die Mfengu's en Swazi's aan die Britte se kant geveg het.

3. Gebruik die teks, sowel as die bronne en hul byskrifte, om te verduidelik waarom dit verkeerd sou wees om te sê

dat dit maklik was vir die Britte om die Afrikakoninkryke te verslaan. (Skryf drie paragrawe wanneer jy hierdie

vraag beantwoord: een paragraaf oor elke koninkryk. Elke paragraaf moet ongeveer 40-60 woorde bevat.)

4. Brittanje. Die ontginning van diamante en toenemende arbeidsbeheer:

Af

1 Geld wat aan die regering betaal moet word

2 Wat jy behaal wanneer jy `n veldslag of oorlog teen jou

vyand wen

3 Iemand wat `n terrein ondersoek om te kyk of daar

minerale soos goud en diamante is

Dwars

4 Jy word gedwing om jou geboorteplek weens politieke

redes te verlaat

5 Kampe waarin swart mynwerkers moes woon

6 Word in 1879 deur die Britse magte onderwerp

7 Vuurwapen wat jy met albei hande vashou en teen jou

skouer vasdruk wanneer jy skiet

BRON C: ń Uittreksel uit ń boek

oor arbeiders.

Hierdie uittreksel kom uit die geskiedkundige Nigel Worden in sy boek, The Making of Modern South Africa, Blackwell Uitgewers, 2007,

bladsy 43. Die arbeidsmag in Kimberley was teen die 1880's verdeel op grond van ras. Wit arbeiders, wat toenemend

as toesighouers en vakarbeiders aangestel is, het in die losieshuise en huise op Kimberley gewoon. De Beers

het feitlik die hele dorp besit en dus beheer. Swart trekarbeiders het in die geslote kampongs gewoon, waar die

lewensomstandighede aanvanklik skokkend was.

AKTIWITEIT 2 : Bl 109 - 111 ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE:

1

3

2

4

7

6

5

Page 4: GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies

BRON D: ń Foto van Britse amptenare

wat belastinggeld van Zoeloe-

hoofmanne invorder.

Hierdie foto wys hoe Britse amptenare belastinggeld by die Zoeloes invorder. Hierdie

belasting is gebruik om dorpe, paaie en spoorweë te ontwikkel, maar die belangrikste

rede waarom mense gedwing is om belasting te betaal, was om hulle deel te maak van die

kontant-ekonomie. Hulle moes loonarbeiders word om geld te verdien.

BRON F: Tekening van Britse soldate

wat teen die Zoeloes veg.

Hierdie skets wys 'n geveg tussen die Britte en Zoeloes tydens die Slag van Rorke se Drif in die

Anglo-Zoeloe-oorlog. Die Britte het 'n groot voordeel gehad omdat hulle met gewere

gewapen was, maar die Zoeloes nie.

BRON E: Foto van Xhosa – hoofmanne

wat op Robbeneiland aangehou is.

Hier is 'n foto van die Xhosakapteins wat in die 1880's op Robbeneiland gevange gehou is nadat hulle deur die Britte verslaan is. Die Xhosas het nege keer oorlog gevoer in hul

poging om hul onafhanklikheid te behou: eers teen die Hollanders en toe teen die Britte.

Page 5: GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies

1. Assesseer waarom goud deur al die eeue heen so waardevol gebly het.

2. Waarom het mense papiergeld begin druk in plaas daarvan om met goue munte handel te dryf?

3. Verduidelik hoe papiergeld en goud verband hou met mekaar.

BRON H: Foto van die Mapungubwe- renoster.

In die suidelike Afrika is goud reeds in die 13de eeu ontgin. Hierdie goue renoster is in daardie tyd in Mapungubwe in Limpopo gemaak. Daar is argeologiese bewyse dat mense van die suidelike Afrika, die kus en lande anderkant die Indiese Oseaan toe reeds met goud handel gedryf het.

'n Kaart van suidelike Afrika in die 1800's waarop die grootste goud- en diamantvelde aangedui word.

BRON I: Skets van ń goudmyn.

Dit is belangrik om te verstaan hoe goud in Suid-Afrika ontgin word, want die behoeftes van die goudmynbedryf in die land

het beduidend verander. Hoe presies word goud ontgin? 1. In die eerste plek word twee skagte loodreg in die grond

gesink deur groot boormasjiene wat die grond uitgrawe.

Hierdie skagte kan 300 tot 400 meter diep in die grond

geboor word.

2. Uit hierdie skagte word tonnels gegrawe. Hierdie tonnels loop

sywaarts uit die skagte. Die afbouplekke sny oor die dun

goudriwwe heen wat dieper en dieper ondergronds loop.

3. Die myners sien die stukkies goud in die erts dadelik, hoewel

dit so klein is dat dit soms skaars met die oog gesien kan

word. Hulle boor dan gate in die rots rondom die erts wat

goud bevat en sit dinamietkerse hierin sodat hulle 'n tonnel

kan oopskiet met springstof.

AKTIWITEIT 3 : BL 112 ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE:

Page 6: GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies

4. Al die stukke rots wat losgeskiet is by die afbouplek, moet eers verwyder word. Die myners verwyder die

stukke gouddraende erts en rots van die werkplek en laai dit op trems (ook koekepanne genoem), wat op

spore loop.

5. Die trems neem die erts ondergronds na die naaste groot skag, waar die inhoud van die trem in 'n groot

hysbak of 'skip' gegooi word sodat dit na die oppervlak getrek kan word.

6. Op die oppervlak word die gouderts op trokke gelaai en na 'n ander deel van die myn vervoer. Daar word

die erts deur spesiale masjiene fyn gebreek om die goud van die rotse te skei. Chemikalieë word

bygevoeg om soveel as moontlik goud te herwin.

7. Aangesien daar steeds goud in die gouderts vassit, word die goud nou gesmelt. Die warm, vloeibare

goud word dan in houers uitgegooi om af te koel.

8. Om ongeveer 21 gram goud te maak, moet myners ongeveer twee ton gouddraende erts oopskiet en

vergruis.

BRON J: Sjangaanlied.

Die liedjie langsaan is gesing deur

Sjangaanwerkers van Mosambiek. Baie mynwerkers

het van buurlande af gekom, veral van

Mosambiek, wat tot in 1975 as

Portugees-Oos- Afrika bekend

gestaan het. (Joana beteken

Johannesburg.)

1. Identifiseer in watter land in die

suidelike Afrika groot hoeveelhede goud

in 1886 ontdek is.

2. Waarom het die bevolking aan die

Witwatersrand in die laat 19de eeu

begin toeneem?

3. Verduidelik waarom dit so duur geword

het om goud aan die Rand te ontgin.

4. Lees die inligting in die teks oor die

toestande onder die grond, asook Bron I

en J, en beantwoord dan hierdie vrae:

4.1 Watter inligting in die teks word ook in

Bron I aangedui?

4.2 Op watter manier bevestig die inligting

in Bron J dit wat in die teks staan?

4.3 Identifiseer watter bron (I of J) die beste

is om te gebruik as jy wil weet: >

4.3.1 hoe 'n myn gewerk het

4.3.2 wat mynwerkers se gedagtes is.

BRON K: Spotprent wat wys hoe Die Kamer

van Mynwese Swart Werkers eet.

Hierdie spotprent kom uit 'n koerant Umvikele Thebe (die Afrikaan se Verdediger), wat in 1936 uitgegee is.

In hierdie spotprent word die Kamer van Mynwese uitgebeeld as 'n groot wit man wat swart werkers met

'n lepel eet.

AKTIWITEIT 4 : BL 112 - 114

ANTWOORD DIE

VOLGENDE VRAE:

Page 7: GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies

1. Verduidelik die betekenis van elk van die

volgende begrippe deur na die mynbedryf in die

suidelike Afrika te verwys:

1.1 ondergrondse myne

1.2 groot mynmaatskappye

1.3 aandele

1.4 mynmagnate

1.5 Kamer van Mynwese

2. Gebruik Bron I, die teks en jou eie kennis om te

verduidelik wat 'n myneienaar nodig sou hê om 'n

myn te begin.

3. Bestudeer Bron K en beantwoord die volgende

vraag: Die mynmagnate het nie rêrig mynwerkers

geëet nie. Wat, dink jy, wou die

spotprenttekenaar sê deur die prent so te teken?

BRON L: Vertaling van ń gedig geskryf

deur Gouveia Lemos.

'n Gedig wat deur Gouveia Lemos geskryf is. Hy was 'n trekarbeider van Mosambiek wat op

die goudmyne gewerk het. Die myneienaars het graag werkers uit Mosambiek aangestel, want hulle was bereid om kontrakte te teken om vir lang tye op die myne te werk. Teen 1910 het

meer as die helfte van die trekarbeiders op die myne van Mosambiek af gekom.

Ek trek 'n skoon hemp aan en gaan werk soos my kontrak bepaal

Wie van ons Wie van ons sal terugkeer?

Vier en twintig maande sien ek geen vroue nie sien ek nie my osse nie sien ek nie my land nie.

Wie van ons Wie van ons sal sterf?

Om die myneienaars te help, het die regering 'n passtelsel ingestel. Hiervolgens moes alle

trekarbeiders 'n pas hê wat sê by watter myn hulle werk. Dit het beteken dat hulle nie van een myn na 'n ander kon gaan om hoër lone te soek nie. Wanneer hul kontrak verstryk het, kon hulle

nie in die dorpe aanbly nie - hulle moes terugkeer na hul tuistes op die platteland.

Hierdie landelike gebiede het later as reservate bekend gestaan.

BRON M: Foto van lewe in ń

kampong.

Hierdie foto beeld die lewens- omstandighede in 'n kampong uit, Dit wys dat daar net mans

gewoon het. Bale mans moes een kamer deel. Toestande was baie eenvoudig en die mans

het geen privaatheid gehad nie

BRON N: Gedeelte van ń Zoeloe lied

oor ń pas.

Langsaan is 'n uittreksel uit 'n Zoeloelied oor die vrae wat 'n persoon moes beantwoord

wanneer hy vir 'n pas aansoek doen. Dit word 'Paskantoor' genoem.

AKTIWITEIT 5 : BL 115 - 116

ANTWOORD DIE VOLGENDE

VRAE:

Page 8: GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies

1. Hoe het die myneienaars werkers van die landelike gebiede sover gekry om op die myne te gaan werk?

2. Die myneienaars het gesukkel om mense te kry om op die myne te werk omdat die werk so moeilik en

gevaarlik was. Bespreek hoe die kontrakte, kampongs en passtelsel die myneienaars gehelp het om werkers te

kry.

3. Lees in die wenkekassie hier bo - hoe jy primêre bronne moet bestudeer. Bestudeer dan Bron L en M en

beantwoord hierdie vrae.

3.1 Waarvandaan kom die werker wat Bron L geskryf het?

3.2 Hoe lank is sy kontrak geldig?

3.3 Waaroor is hy bekommerd?

3.4 Wat kom jy in Bron M agter omtrent die mynwerkers se lewensomstandighede?

3.5 Verduidelik waarom jy meer as twee bronne nodig het om vas te stel of die inligting wat daarin gegee word,

korrek is.

4. Wat was die passtelsel en hoe het dit mense se vryheid van beweging beperk?

5. Bestudeer Bron N en O en verduidelik wat jy daaruit agterkom oor mense se houding teenoor die passtelsel.

6. Waarom is primêre bronne, soos Bron K, L, M, N en O,nuttig wanneer jy meer wil agterkom oor hoe dit was

om op die myne te werk?

Wenk! Hoe om primêre bronne te bestudeer Primêre bronne is bewysstukke uit die tydperk wat jy bestudeer. Dit kan enige van die volgende wees:

o 'n amptelike lys name van die werkers in 'n

kampong)

o Mondelinge bronne (byvoorbeeld 'n

onderhoud met `n mynwerker waarin hy sy

lewe op die myn beskryf)

o Visuele bronne (byvoorbeeld 'n skets van

'n myn se uitleg)

o 'n Voorwerp (byvoorbeeld 'n ou boor wat

gebruik is om gate vir dinamietkerse te

maak)

Primêre bewysstukke is nuttig, want: o Dit wys ons hoe die lewe op daardie stadium

was en wat die mense gedink het

Primêre bronne het egter ook nadele: o Dit gee een mens se mening, en skets nie die

groter prentjie nie.

BRON O: ń Opmerking oor passe en

hoe mense daaroor gevoel het.

Hierdie opmerking oor die passtelsel is deur 'n swart man gemaak wat in 1919 in 'n stedelike gebied gewoon het. Mense het die passtelsel gehaat, want net swart mense met die regte pas, is in stedelike gebiede toegelaat. As 'n polisieman jou voorgekeer en jou pas gevra het, kon jy tronk toe gaan of na die reservate teruggestuur word > as jy dit nie by jou gehad het nie. 'n Pas is veronderstel om swart mense te beskerm. Dit word beskou as 'n ooreenkoms wat by die Paskantoor tussen die werkgewer

en werknemer aangegaan word. Vrae: 1. As dit die geval is, waarom word ek

gedwing om hierdie ooreenkoms of

dokument by my te dra?

2. Waarom agtervolg die polisie my dag en

nag om my pas te vra en waarom laat dit

my heeltyd onrustig voel?

3. Waarom kan ek dit nie in my kas bêre waar

dit veilig is nie?

AKTIWITEIT 6 : Bl 116 – 117 ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE:

Page 9: GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies

Foto:

Hierdie foto wys hoe vroue in 'n landelike gebied harde, fisiese werk doen. Die vroue moes alles doen wat die mans

gewoonlik gedoen het.

1. Doen 'n rolspel wat 'n spesifieke situasie in 'n landelike

gebied uitbeeld. Beeld uit hoe die vroue en kinders se

lewens beinvloed is nadat die mans op die myne gaan

werk en hulle alleen agtergebly het. Jy sal jou kennis en

verbeelding moet gebruik.

2. Wat sou die kinders alles vir hul pa's vra oor die stad en

hulle werk in die myn wanneer hulle huis toe kom?

3. In baie gemeenskappe is mans wat op die myne gewerk

het, met groot respek behandel wanneer hulle

teruggekeer het huis toe. Waarom dink jy was dit so?

4. Verduidelik waarom wit mynwerkers beter ooreenkomste

met die myneienaars kon beding as die swart werkers.

5. Watter wette is gemaak om die wit werkers se posisie te

beskerm?

6. Analiseer waarom wit werkers se gesinslewe nie so erg

geraak is soos swart werkers s'n nie.

7. Hoe het die regering van daardie tyd teen Indiërs

gediskrimineer?

Foto’s

Baie mynwerkers het geweier om toe te laat dat hul situasie

hulle ongelukkig maak. Hulle het byvoorbeeld hulle eie musiek

gemaak. \

'n Vroeë foto van 'n straat in een van die nuwe myndorpe aan die

Rand.

AKTIWITEIT 7 : Bl 118 - 121

ANTWOORD DIE

VOLGENDE VRAE:

Page 10: GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies

1. Beskryf die maniere waarop mynwerkers hulle teen oorheersing verset het.

2. Wat is 'n staking, en waarom gebruik werkers dit as 'n vorm van verset?

3. Waarom, dink julle, het die regering die myneienaars ondersteun en teen die mynwerkers opgetree

wanneer hulle gestaak het?

4. Bestudeer Bron P en beantwoord hierdie vrae.

4.1 Wat kom jy agter uit die sleutel?

4.2 Die afmetings regs onder in die hoek word 'n skaal genoem. Gebruik die skaal, 'n stukkie tou en 'n liniaal om

die afstand per spoorlyn tussen Johannesburg en Durban te meet.

4.3 In watter eeu is die meeste spoorlyne gebou?

4.4 Verduidelik waarom dorpies langs die spoorlyne ontwikkel het.

4.5 Waarom verbind die spoorlyne die binneland met die kus?

1. Gebruik die inligting in die teks, Bron Q en die byskrifte om hierdie vrae te beantwoord.

1.1 Op watter maniere het Brittanje magtiger geword as gevolg van die Minerale Revolusie?

1.2 Watter politieke organisasies is na 1902 gestig, en wat wou hulle hé?

1.3 Watter vorme van verset het nd 1902 plaasgevind en hoe suksesvol was dit?

2. Vergelyk die kaart van Suid-Afrika in 1913 met die kaart van suidelike Afrika in 1860 op Bron P. Maak 'n lys

van die belangrikste verskille wat jy kan sien.

3. Skryf 'n paragraaf waarin jy verduidelik waarom die Minerale Revolusie as 'n keerpunt in die Suid-Afrikaanse

geskiedenis beskou word.

4. Gebruik die woorde wat onder die letterruit is en omkring dit in die ruit. Maak dan met elke woord ń sin.

BRON P: ń Kaart wat die ontwikkeling van die spoorweë toon. (Kyk na die kaart op

vorige bladsy links onder)

Hierdie kaart wys die ontwikkeling van die Spoorweë as gevolg van die mynbedrywighede in Suid-Afrika. Dit het beteken dat goedere vinniger vervoer kon word. Spoorlyne het dorpe in die binneland (veral

Johannesburg) met die kus verbind, wat dit makliker gemaak het om goedere uit te voer. Let op hoe baie dorpies langs

hierdie spoorlyne ontstaan het. Met verloop van tyd is paaie ook gebou.

AKTIWITEIT 8 : Bl 122 - 124 ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE:

AKTIWITEIT 9 : Bl 125 - 129 ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE:

Page 11: GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies

BRON Q: Foto`s wat die verskuiwing van die magsbasis uitbeeld.

Foto`s wat die verskuiwing van die magsbasis uitbeeld

Die Boererepublieke word verslaan (1902). Soldate wat tydens die Suid-Afrikaanse oorlog bymekaar kom. Met die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) het Brittanje die Boererepublieke verslaan, en hulle het Britse kolonies geword. Baie mense het gehoop dat Brittanje sy beheer oor die hele Suid-Afrika sou gebruik om

seker te maak dat alle mense, swart en wit, gelyke regte kry, byvoorbeeld die reg om te stem.

Page 12: GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies

African Political Organisation (1902). Foto van APO-afgevaardigdes in 1912. Swart mense het politieke organisasies gevorm om protes aan te teken teen diskriminasie en om hulle vir gelyke regte te beywer. Die

African Political Organisation (APO) is in 1902 in Kaapstad gestig deur Abdullah Abdurahman, en in 1903 het Mohandas Gandhi die Transvaal Indian Congress gestig. In 1912 is die SANNC (wat later die ANC genoem

sou word) in Bloemfontein gestig. Hierdie foto is in 1912 by die 10de verjaardag van die APO geneem.

Bambatha-rebellie (1906). Foto van die 96-jaar oue Sigananda wat gevange geneem word. In 1906 het

gewapende verset onder leiding van kaptein Bambatha plaasgevind omdat mense ontevrede was oor 'n nuwe belasting wat die regering van die destydse Natal ingestel het. Die doel van die belasting was om

Zoeloemans te dwing om op wit boere se plase te gaan werk om geld te verdien om die belasting te betaal. Die regering het die Bambatha-rebellie met geweld onderdruk. Byna 4 000 van Bambatha se volgelinge is

doodgemaak, 7 000 is in die tronk gegooi en 4 000 is tot lyfstraf gevonnis vir hul aandeel in die rebellie. Hier word die 96-jarige Sigananda gevange geneem omdat hy geweier het om vir die owerhede te sê waar

Bambatha is.

Die Wet op Grondbesit van 1913. Foto wat die swaarkry van die Wet op Grondbesit van 1913 illustreer. Die Wet op Grondbesit van 1913 het baie mense gedwing om van hulle grond afstand te doen en na reservate te trek. Die reservate was oorbevolk en kon nie so baie mense onderhou nie; daarom is baie mense gedwing om as trekarbeiders op die myne, in fabrieke op die dorpe of op wit boere se plase te gaan werk.

Satjagraha-veldtog van 1913-1914. Foto van die Satjagraha-veldtog. In 1912 en

1913 het Indiërs 'n veldtog van geweldlose verset georganiseer as protes teen wette wat teen hulle diskrimineer. Dit

is die Satjagraha-veldtog genoem. Indiërwerkers het begin staak en Gandhi het 'n onwettige optog in die Transvaal ingelei, soos op hierdie foto gesien kan

word. Gandhi en ander leiers is in hegtenis geneem, maar daarna het die regering ingestem om sekere wette te

verander.

Page 13: GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies

Stiging van die South African Native National Congress (SANNC). in 1912. Foto van SANNC-afvaardiging na Londen, 1914. Die south African Natives National Congress (later die ANC genoem), is in 1912 gestig en het sonder sukses probeer om die regering te oortuig om nie die Naturelle-grondwet van 1913 goed te keur nie. In 1914 het 'n groep leiers van die SANNC na Londen gegaan om Brittanje se hulp te vra in hul verset teen hierdie Grondwet, maar Brittanje het geweier om betrokke te raak. In die middel van die foto is eerwaarde

John Dube, die eerste president van die SANNC.

Begin nou met DEEL 2

Totstandkoming van die Unie (1910). Kaart van Suid-Afrika in 1913. Toe die Unie van Suid-Afrika in 1910 tot stand gekom het, het net wit mans die reg gehad om te stem. (In die Kaap kon swart mans wat grond besit het, ook

stem.) Volgens die Wet op Grondbesit van 1913 is 7% van die grond as

'naturellereservate' opsygesit. Dit was die enigste gebiede waar swart mense

grond kon besit.