johannesburg east district - afrikaans-afrikaans · 2018-09-06 · gdo distrik d9 afrikaans eerste...

13
Bladsy 1 van 13 PUNTE: 80 TYD: 2 UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 13 bladsye. AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 SEPTEMBER 2014 JOHANNESBURG EAST DISTRICT GRAAD 12 DISTRIK-EKSAMEN

Upload: others

Post on 08-Jul-2020

13 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Bladsy 1 van 13

PUNTE: 80 TYD: 2 UUR

Hierdie VRAESTEL bestaan uit 13 bladsye.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL 1

SEPTEMBER 2014

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

GRAAD 12

DISTRIK-EKSAMEN

GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 SEPTEMBER-EKSAMEN

VRAESTEL 1

Bladsy 2 van 13

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: LEESBEGRIP (30 PUNTE) AFDELING B: OPSOMMING (10 PUNTE) AFDELING C: TAAL (40 PUNTE)

2. Beantwoord AL die vrae.

3. Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy.

4. Trek ’n lyn na elke Afdeling.

5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7. Gee spesiale aandag aan spelling en sinskonstruksies.

8. Voorgestelde tye: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute

9. Skryf netjies en leesbaar.

GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 SEPTEMBER-EKSAMEN

VRAESTEL 1

Bladsy 3 van 13

AFDELING A – LEESBEGRIP VRAAG 1 - INTERNETARTIKEL

Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae.

Waar kom die Statebonspele vandaan?

1. Agtergrond

2. Die Statebondspele het bekend getsaan het as die Britse Ryk Spele van 1930 tot 1950, die Britse Ryk en Statebondspele van 1954 tot 1966 en die Britse Statebondspele van 1970 tot 1974. Dis 'n internasionale, multi-sport gebeurtenis waaraan atlete van die Statebond van Nasies deelneem.

3. Die eerste weergawe van die byeenkoms was die 1930 Britse Ryk Spele waaraan 11 lande deelgeneem het.

4. Die vierjaarlikse skedule van die spele is deur die Tweede Wêreldoorlog onderbreek en die 1942 Spele (wat in Montreal gehou sou word) en die 1946 Spele was gekanseleer. Die spele is in 1950 weer begin en het vier jaar later 'n naamverandering ondergaan met die eerste Britse Ryk en Statebondspele in 1954.

5. Meer as 1000 atlete het deelgeneem aan die 1958 Spele omdat meer as dertig spanne vir die eerste keer deelgeneem het.

6. Díe spele is die vierde grootste multi-sport gebeurtenis in die wêreld, na die Olimpiese Spele (díe grootste), die Asiatiese Spele ( 2de grootste) en die Maccabiah Spele (3rde grootste).

7. Die Statebondspele is onder toesig van die Statebondspelefederasie (SSF), wat ook die sportprogram beheer en die gasheerstede kies. ‘n Gasheerstad word gekies vir elke spele en 18 stede in sewe lande het die geleentheid al aangebied.

8. Afgesien van baie olimpiese items sluit die spele ook 'n paar sportsoorte in wat net gespeel word in die statebondlande soos rolbal en netbal. Die items vorm nie deel van die Olimpiese Spele se program nie.

9. Alhoewel daar net 53 lede van die statebond is, neem 71 lande deel aan die Statebondspele; 'n hele paar onafhanklike lande neem deel onder hul eie vlag.

10. Die vier lande van die Verenigde Koninkryk, Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland, stuur ook elk afsonderlike spanne.

11. Slegs ses lande het elke Statebondspele bygewoon; Australië, Kanada, Engeland, Nieu-Seeland, Skotland, en Wallis.

12. Australië is die toppresterende land van twaalf spele, Engeland van ses en Kanada van twee.

13. Geskiedenis van die Spele. 14. Die idee om die lede van die Britse Ryk saam te bring vir ‘n kompetisie was die eerste keer

in1891 deur die John Astley Cooper voorgestel toe hy 'n artikel geskryf het in The Times wat dui op 'n “Britse-Pan-Anglikaanse Kompetisie en Fees” wat elke vier jaar gehou kan word as 'n middel van toenemende welwillendheid en vir die bevordering van goeie verhoudinge van die lande van die Britse Ryk.

GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 SEPTEMBER-EKSAMEN

VRAESTEL 1

Bladsy 4 van 13

15. In 1911, was die Fees van die Ryk by die Crystal Palace in Londen gehou om die kroning

van koning George die vyfde te vier. As deel van die fees, is 'n Inter-Ryk Kampioenskappe gehou waar spanne van Australië, Kanada, Suid-Afrika, en die Verenigde Koninkryk deelgeneem het aan items soos boks, stoei, swem, en atletiek.

16. In 1928, was Melville Marks Robinson van Kanada die eerste om die Britse Ryk Spele te organiseer; dit is in 1930 gehou in Hamilton, Ontario en vroue kon toe net deelneem aan swemitems. Van 1934 kon vrouens ook deelgeneem het aan 'n atletiek.

17. Die eerste Statebond Paraplegiese Spele is saam met die Statebondspele van 1962 tot 1974 gehou. Atlete met 'n gestremdheid is toe eers in tentoonstellingsitems by die Statebondspele in 1994 ingesluit en by die 2002 Statebondspele was hulle ingesluit as volledige lede van hul nasionale spanne, wat dit die eerste ten volle inklusiewe internasionale multi-sport spele gemaak het. Dit het beteken dat hulle uitslae ingesluit was in die medaljetelling van hulle onderskeie lande.

18. Die Britse Ryk Spele vlag is in 1931 geskenk deur die Britse Ryk Spele Vereniging van Kanada. Die jaar en plek van daaropvolgende spele is bygevoeg tot en met die 1950 Spele. Die naam van die spele is toe verander na die Britse Ryk en Statebondspele en as gevolg daarvan is daar weggedoen met die vlag.

19. Nigerië was die eerste land wat die Statebondspele in 1978 geboikot het uit protes teen Nieu-Seeland se sportkontak met Suid-Afrika. Deelname aan die 1986 Spele was geraak deur 'n boikot van 32 Afrika en Karibiese lande in protes teen die britse premier Margaret Thatcher wat geweier het om sportkontakte met Suid-Afrika te breek as gevolg van apartheid.

20. Daarna het die spele net meer en meer gegroei.

Verwerk en vertaal van: wikipedia.org/wiki/Commonwealth_Games

1.1. Wat is die afkorting vir die Statebondspele Federasie? (1)

1.2. As wat het die Satebondspele in 1947 bekend gestaan? (1)

1.3. In watter jaar was die Satebondspele vir die eerste keer gehou? (1)

1.4. Hoeveel lande het aan die eerste Statebondspele deelgeneem? (1)

1.5. Kies die korrekte antwoord en skryf net die VRAAGNOMMER en die ANTWOORD neer:

Die Statebondspele was in 1942 en 1946 nie gehou nie omdat (dit geboikot was / daar oorlog was). (1)

1.6. Is dit waar of onwaar dat die Statebondspele van 1950 bekend gestaan het as die Britse Ryk en Statebondspele? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)

1.7. Hoekom was daar so baie atlete wat aan die 1958 spele deelgeneem het? (1)

1.8. Kies die korrekte antwoord en skryf net die VRAAGNOMMER en die ANTWOORD neer: Die spele wat in Asië gehou word is die (tweede/derde) grootste multi-sport gebeurtenis in die wêreld. (1)

GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 SEPTEMBER-EKSAMEN

VRAESTEL 1

Bladsy 5 van 13

1.9. Wie kies die gasheerland van die Statebondspele? (1)

1.10. Hoeveel lande het al die Statebondspele aangebied? (1)

1.11. Noem EEN sportsoort, wat in die leesstuk genoem word, waarin daar NIE by die Olimpiese spele meegeding word nie. (1)

1.12. Kies die korrekte antwoord en skryf net die VRAAGNOMMER en die ANTWOORD neer: (Sestien/Agtien) lande neem onafhanklik deel aan die Statebondspele. (1)

1.13. Is dit waar of onwaar dat die hele Ierland deel is van die Verenigde Koninkryk? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)

1.14. Hoeveel lande het, sedert die begin daarvan, nog aan elke Statebondspele deelgeneem? (1)

1.15. Wie se idee was dit in1891om die lede van die Britse Ryk byeen te bring vir ‘n

kompetisie? (1)

1.16. Skryf EEN rede hoekom hy gedink het die kompetisie is ‘n goeie idee? (1)

1.17. Watter ander noemenswaardige geleentheid het 1911plaasgevind behalwe die Inter-Ryk Kampioenskappe wat gehou was? (1)

1.18. Wat was die enigste item waaraan dames kon deelneem in die 1928 spele? (1)

1.19. Van watter jaar af kon dames ook aan atletiek deelneem? (1)

1.20. Wat het dit voordelig gemaak vir die kompeterende lande toe gestremde atlete in 2002 ingesluit was as volledige lede van hul nasionale spanne by die Statebondspele? (1)

1.21. Wat het in 1950 gebeur met die vlag wat tot op datum gebruik was? (1)

1.22. Hoekom het Nigerië die Statebondspele in 1978 geboikot? Gee TWEE feite. (2)

1.23. Hoekom het 32 lande die Statebondspele in 1986 geboikot? Gee TWEE feite. (2)

1.24. Hoekom dink jy is dit belangrik dat kompetisies soos die Statebondspele plaasvind? (1)

[26]

EN

GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 SEPTEMBER-EKSAMEN

VRAESTEL 1

Bladsy 6 van 13

AFDELING A – KYK- en LEESBEGRIP Bestudeer die volgende diagram versigtig deur en beantwoord die vrae.

Jaar

Gas

hee

rlan

d

Beg

in

Dat

um

Dat

um

Geë

ind

ig

Sp

ort

soo

rte

Item

s

Lan

de

Aan

tal

Dee

lnem

ers

To

pg

epla

asd

e

Lan

d

1954 Kanada 30 Julie 7 Augustus 9 91 24 662 Engeland

1958 Wallis 18 Julie 26 Julie 9 94 36 1122 Engeland

1962 Australië 22 November 1 Desember 9 104 35 863 Australië

1966 Jamaica 4 Augustus 13 Augustus 9 110 34 1050 Engeland

1970 Skotland 16 Julie 25 Julie 9 121 42 1383 Australië

1974 Nieu Seeland 24 Januarie 2 Februarie 9 121 38 1276 Australië

1978 Kanada 3 Augustus 12 Augustus 10 128 46 1474 Kanada

1982 Australië 30 September 9 Oktober 10 142 46 1583 Australië

1986 Skotland 24 Julie 2 Augustus 10 163 26 1662 Engeland

1990 Nieu Seeland 24 Januarie 3 Februarie 10 204 55 2073 Australië

1994 Kanada 18 Augustus 28 Augustus 10 217 63 2557 Australië

1998 Maleisië 11 September 21 September 15 213 70 3633 Australië

2002 Engeland 25 Julie 4 Augustus 18 281 72 3679 Australië

2006 Australië 15 Maart 26 Maart 16 245 71 4049 Australië

2010 Indië 3 Oktober 14 Oktober 17 272 71 6081 Australië

2014 Skotland 23 Julie 3 Augustus 17 261 71 4947

2018 Australië 4 April 15 April

2022

Kanada of Suid-Afrika

- -

1.25. In watter jaar was die spele die laatste in die jaar gehou? (1)

1.26. In watter jaar was die meeste spotsoorte aangebied in die Statebodspele? (1)

1.27. Hoekom is daar nie totale vir die sportsoorte, items, ens. in die betrokke kolomme vir 2014 nie? (1)

1.28. Wat se voordele sal die aanbieding van die 2022 Statebondspele vir Suid-Afrika inhou? (1) [4]

AFDELING A TOTAAL – 30

EN

GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 SEPTEMBER-EKSAMEN

VRAESTEL 1

Bladsy 7 van 13

AFDELING B – OPSOMMING

VRAAG 2.

INSTRUKSIES

Hier is wenke oor hoe om ‘n suksesvolle atleet te wees.

Soms die SEWE feite oor wat jy kan doen om ‘n suksesvolle atleet te wees puntgewys op.

Jou opsomming mag nie meer as 70 woorde wees nie.

Skryf die getal woorde aan die einde van die opsomming.

Wenke oor hoe om 'n suksesvolle atleet te wees

Vir ‘n Olimpiese-vlak prestasie en baie energie, moet jy behoorlik eet en dit sluit die eet van 'n koolhidraat- en proteïenbelaaide ontbyt in. Hoëvlak atlete wat hard oefen benodig 8 tot 10 ure se slaap. Fokus op ‘n goeie gehalte slaap deur bed toe te gaan voor 11:00. Slaap ook in ‘n omgewing wat so donker as moontlik is. Jy moet behoorlik opwarm voor jy oefen en afkoel nadat jy geoefen het. Spandeer 10 to 15 minute aan ‘n dinamiese opwarmingssessie. Na jou oefensessie kan jy afkoel deur rek en strek oefeninge te doen om pyn en beserings te verminder. Berei jouself sielkundig voor vir wedstryde of sportbyeenkomste. Sommige maniere om dit te doen is deur te oefen en deur inspirerende boeke en aanhalings te lees. Alle suksesvolle atlete het afrigters. Atlete wat beduidende veranderinge wil maak en wat hulp nodig het met hulle oefenprogram benodig 'n gesertifiseerde professionele persoon om dit te kan doen. Huur dus 'n afrigter. Oefen vroeg in die oggend. Suksesvolle atlete doen dit. Jy kan ook. Daar is baie minder afleidings vroeg in die oggend wat jou sal verhoed om ‘n susesvolle oefensessie te hê en jy sal die hele dag goed voel. Olimpiese atlete is bekend daarvoor om vir jare saam te oefen voor hulle op die groot dag teen mekaar kompeteer. Aanspreeklikheid vorm 'n groot deel van ‘n suksesvolle atleet se lewe en wanneer jy saam met 'n vriend oefen is jy meer toegewyd. Oefen dus saam met 'n vriend.

Verwerk en vertaal van http://www.com/training/pro-tips/fitness-secrets-of-olympic-athletes

AFDELING B TOTAAL : 10

EN

GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 SEPTEMBER-EKSAMEN

VRAESTEL 1

Bladsy 8 van 13

AFDELING C – TAAL VRAAG 3 – WOORD- en SINSTRUKTURE en KRITIESE TAALBEWUSTHEID

Die taalvrae wat volg, is op die volgende advertensie gebaseer.

1. Maak skoolprojekte jou elke jaar gespanne?

2. Dan is Huisgenoot se Skooltake 2014 net die tydskrif vir jou.

3. Dis gepak met feite, foto’s, illustrasies en fantastiese

infografika – ’n weergalose naslaangids vir die laerskoolkind in jou lewe.

4. Dit bevat alles wat ’n snuiter wat nuuskierig is nodig het

en sluit fassinerende onderwerpe in soos wonders wat oud en nuut is van die wereld, die menslike liggaam, die geskiedenis van geld en die skryfkuns, virusse en bakterieë en bekende diersoorte.

5. Net: R20-00

3.1. Skryf die vetgedrukte, onderstreepte getal as ‘n woord. (1) Dit kos net R 20.

3.2. Skryf die intensiewe vorm van die vetgedrukte, onderstreepte woord. (1) Dit sluit fassinerende onderwerpe in soos wonders wat oud en nuut is.

3.3. Skryf die volgende vraagsin as ‘n stelsin. (1) Maak skoolprojekte jou elke jaar gespanne?

3.4. Skryf die meervoud vir die vetgedrukte, onderstreepte woord. (1) ’n Naslaangids vir die laerskoolkind in jou lewe.

3.5. Skryf die afkorting van die vetgedrukte, onderstreepte woord. (1) Die geskiedenis van geld.

3.6. Herskryf die sin met die voegwoord in hakies. (1)

Dit bevat onderwerpe oor die menslike liggaam. Dit bevat onderwerpe oor virruse. (en)

3.7. Verbeter die spelfout van die woord “wereld” in paragraaf 4. (1)

GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 SEPTEMBER-EKSAMEN

VRAESTEL 1

Bladsy 9 van 13

3.8. Skryf die korrekte vorm van die vetgedrukte, onderstreepte woord. (1) Dit bevat alles wat ’n nuuskierig snuiter nodig het.

3.9. Gee die oortreffende trap van die vetgedrukte, onderstreepte woord. (1) Dit sluit fassinerende onderwerpe in.

3.10. Skryf die verkleiningsvorm vir die vetgedrukte, onderstreepte woord (1)

Huisgenoot is net die tydskrif vir jou.

3.11. Beantwoord die vraag hieronder in die negatief / ontkennende vorm. (1) Is dit ’n weergalose naslaangids vir die laerskoolkind in jou lewe?

3.12. Gee ‘n antoniem vir die vetgedrukte, onderstreepte woord. (1) Dit sluit fassinerende onderwerpe in soos bekende diersoorte.

VRAAG 4 – WOORD- en SINSTRUKTURE en KRITIESE TAALBEWUSTHEID

Meneer Smith Neelsie Meneer Smith Neelsie

Raampie 1 Raampie 2 Raampie 3

4.1. Skryf die volgende sin oor in die indirekte rede. (2)

Meneer Smith sê: “Hierdie is ‘n afgesaagde grappie.”

4.2. Herskryf die sin en begin die sin met die woord in hakies. (1) Meneer Smith roep vir Neelsie. (Môre)

4.3. Kies die korrekte antwoord oor die woord in raampie 3. (1) Die woord in raampie 3 is ‘n (afleiding/samestelling/samestellende afleiding).

4.4. Skryf die volgende sin in die passiewe / lydende vorm. (1) Neelsie het ‘n klip geteken.

4.5. Skryf die volgende sin oor in die verlede tyd. (1) Dis ‘n afgesaagde grappie.

GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 SEPTEMBER-EKSAMEN

VRAESTEL 1

Bladsy 10 van 13

4.6. Herskryf die volgende sin in die indirekte rede. (2) Meneer Smith vra: “Hoekom het jy die klip geteken, Neelsie?” Begin so: Meneer Smith vra vir Neelsie…

4.7. Kies die korrekte antwoord en skryf net die vraagnommer en die letter neer: Die geïmpliseerde betekenis van die strokiesprent is, Neelsie is …

a. hardwerkend. b. kwaad. c. fluks. d. lui. (1)

VRAAG 5 – WOORD- en SINSTRUKTURE en KRITIESE TAALBEWUSTHEID

TV-gids Sondag 27 Julie 2014 1. Dit is vanaand op die kassie: 2. 17:00 Modern Family (M-Net): Jay, Gloria en Manny daag

mekaar uit om ’n bietjie uit hul gemaksone te kom. Mitch en Cam verkoop van hul besittings omdat hul troue ál duurder raak.

3. 17:30 Idols (M-Net): Kyk hoe die beoordelaars, Gareth, Unathi en Randall, Suid-Afrika se volgende Idol soek.

4. 18:00 Glam Guru (kykNET): In die opwindende nuwe Glam Guru-reeks gaan kykers snak hul asem oor Hannon Bothma en sy span wat voorkomswonderwerke verrig.

5. 18:30 DEKATv (kykNET): Die DEKATv-span kuier by Ollie Viljoen wat kitare en snare so tokkel dat jou tone omkrul. Aleit is omring deur rose en tulpe. Gerhard bespreek ’n aantreklike variëteit.

6. 19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer

noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar. 7. 19:30 Common Law (SABC3): Twee polisiebeamptes wat mekaar nie kan verdra nie, word

deur hul baas na ’n huweliksterapeut gestuur om hul verskille uit te werk. 8. 19:30 Jam (kykNET): Bring jou gunsteling-instrument en jam saam. Die Jam-span sal jou al

die musiekmedisyne gee wat nodig is om vir jou krag te gee vir die nuwe week. 9. 21:30 Pandjiewinkelstories (kykNET): Toffie se vrou haat rugby en toe Toffie in ’n

kroeggeveg oor rugby seerkry, probeer sy hom van rugby speen. Gaan sy dit regkry?

Deur Janine Nel op 27 Julie, 2014 in Huisgenoot Digitaal

5.1.1. Identifiseer die hoofsin in die volgende saamgestelde sin en skryf dit neer. (1)

Mitch en Cam verkoop van hul besittings omdat hul troue ál duurder raak. 5.1.2. Identifiseer die bysin in die volgende saamgestelde sin en skryf dit neer. (1)

Die Carte Blanche-span ondersoek kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar.

GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 SEPTEMBER-EKSAMEN

VRAESTEL 1

Bladsy 11 van 13

weer1, s.nw. 1. Gesteldheid van die lug wat vogtigheid, temperatuur, wind, ens. betref: Dis snaakse weer wat ons deesdae kry. 2. (were). Donder, groot reën: Ons mooiste were kom in Maart en April (F. A. Venter). 3. Bliksem: Die slaan gevaarlik vanmiddag. Deur die weer getref

UITDR. : Vir wind en waar laat opgroei, nie behoorlik opvoed nie. Vgl. MOOIWEER. weer: .. diens, .. kennis.

weer2, bw. 1. Terug: Heen en weer. Beledigings oor en weer slinger. 2. Opnuut, nog 'n keer: Doen dit weer. 3. Ter vae aanduiding van 'n tydsbegrip of iets dergeliks, maar sonder duidelike

betekenis: Hoe is die naam nou weer? - gevra as die naam vergeet is. weer3, I. ww. (geweer). 1. Belet, verhoed dat iets gebeur; keer, teëhou, afwend: Swak immigrante

moet geweer word. Weer die ramp van ons. 2. (refleks.) a. Verdedig: Hy het hom goed geweer in die debat. b. Jou inspan, jou bes doen: Jy moet jou weer! II. s.nw. (w.g.) Verdediging: Jou te

weer stel. UITDR. : In die weer wees, besig wees. Uit: HAT, Bladsy 1348

5.1.3. Kies die korrekte antwoord: Volgens die uittreksel uit die HAT word “weer” in paragraaf 6

gebruik as ‘n (werkwoord/selfstandige naamwoord/bywoord). (1) 5.1.4. Skryf die woord “weer” as selfstandige naamwoord se meervoudsvorm. (1) 5.1.5. Skryf die woord “weer” as werkwoord se verledetydsvorm. (1)

5.1.6. Identifiseer die byvoeglike bepaling in die volgende sin: (1)

In die opwindende nuwe Glam Guru-reeks gaan kykers snak hul asem oor Hannon Bothma en sy span wat voorkomswonderwerke verrig.

5.1.7. Identifiseer die bywoordelike bepaling in die volgende sin: (1) Die DEKATv-span kuier by Ollie Viljoen wat kitare en snare so tokkel dat jou tone omkrul.

5.1.8. Skryf die afkorting vandie vetgedrukte, onderstreepte woord paragraaf 3. (1)

5.1.9. Kies die korrekte antwoord: Die woorde “dier” en “duur” word (homofone/homonieme) genoem omdat dit dieselfde klink. (1)

5.1.10. Identifiseer die tipe sin wat hier onder geskryf is: (1) Gaan sy dit regkry?

5.1.11. Identifiseer die tipe sin wat hier onder geskryf is: (1)

Die Jam-span sal jou krag gee vir die nuwe week.

5.1.12. Wat is jou opinie oor realiteitsprogramme soos “Idols”? Begin jou antwoord so: “Ek hou van / hou nie van realiteitsprogramme / nie omdat (1)

5.1.13. Kies die korrekte antwoord: ‘n Program soos “DEKATv” handel meestal oor

(aktuele/finansiële) sake. (1)

GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 SEPTEMBER-EKSAMEN

VRAESTEL 1

Bladsy 12 van 13

5.1.14. Kies die korrekte antwoord en skryf net die vraagnommer en letter neer. Glam Guru is ‘n voorbeeld van ‘n program met vooroordeel omdat dit impliseer dat …

a. ‘n goeie persoonlikheid nie regtig tel nie, solank jy goed lyk. b. dit nie saak maak of jy ‘n goeie persoonlikheid het of goed lyk nie. c. dit beter is om ‘n goeie persoonlikheid te hê en dit dus nie saak maak hoe goed

jy lyk nie. d. dit nie goed is om ‘n goeie persoonlikheid te hê nie en dit dus nie saak maak hoe

goed jy lyk nie. (1)

5.2.1. Wat is die boodskap wat die ontwerper van die sporprent wil oorbring? (1)

5.2.2. Hoe word die boodskap oorgedra? Noem EEN ding wat die ontwerper gebruik het. (1)

5.2.3. Kies die korrekte antwoord: Die aanames van die spotprent is snoepies verkoop (gesonde/ongesonde) kos. (1)

GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 SEPTEMBER-EKSAMEN

VRAESTEL 1

Bladsy 13 van 13

5.2.4. Kies die korrekte antwoord: Die impak wat die ontwerper van díe spotprent wil hê is dat ouers (sal ingryp oor die ongesonde kos wat by snoepies verkoop word/hulle kinders uit skole sal haal waar hulle ongesonde kos verkoop word). (1)

5.2.5. Kies die korrekte antwoord: Die gevoel wat die ontwerper van die spotprent wil uitlok is díe van (skok/simpatie). (1)

AFDELING C TOTAAL : 40

GROOTTOTAAL : 80