kaapse aftreefonds vir plaaslike regering nuusbrief april ......in vorige nuusbriewe het ons...

9
1 Kaapse Aftreefonds vir Plaaslike Regering Nuusbrief April 2011 Volume 44 Fondsregistrasienr: 12/8/32689/2 BESTE LID Die Algemene Jaarvergadering het ‘n paar weke gelede plaasgevind, en ek was baie bly om die fantastiese opkoms van beide lede en raadslede te sien. Die raadslede was spesifiek geïnteresseerd in die jongste verwikkelinge, aangesien hulle nou ook by die Fonds kan aansluit. Dit was bemoedigend om te kan rapporteer dat al die harde werk wat in die beleggings en oudit‐arenas gedoen is, begin om vrugte af te werp, en dat lede nou daarby begin baat. Ek is ook bly om aan te kondig dat ons ‘n nuwe Buigsame Portefeulje vir ons lede 50 jaar en ouer bekendgestel het. Onthou asseblief dat dit ons verantwoordelikheid is om jou (sover moontlik) na ‘n goeie aftrede te lei, so enige ondersteuning wat ons kan bied sal net ‘n plesier wees. Geniet die verdere lees! Groete Brian William Shepherd Voorsitter ‘N BAIE SUKSESVOLLE 14DE JAARVERGADERING Mnr. Brian Shepherd, die voorsitter van die Fonds, was bly om te rapporteer dat die Fonds sy groei in beleggingsopbrengste volgehou het. Die Fonds het netto opbrengste van 17.3% getoon in die Trustee Verstekportefeulje, en 7% in die Kapitaalbeskermingsopsie. Hy het ook terugvoer gegee oor die ekonomiese vooruitsigte, en het beklemtoon dat die Fonds se lidmaatskap met 11% tot 29 789 lede gegroei het soos op 30 Junie 2010. Indien jy ‘n afskrif van die voorsitter se rede wil hê, besoek asseblief ons webtuiste by www.caperf.co.za of kontak die oproepsentrum by 021 943 5306. Bestuur behou Ons wil graag vir mnre. Shepherd en Mokweni gelukwens met hulle herverkiesing as voorsitter en ondervoorsitter van die Raad van Trustees. Die voorsitter en ondervoorsitter word elke jaar na die AJV deur die Raad van Trustees verkies. As gevolg van die tyd wat dit neem om ‘n trustee op te lei, was die Raad van Trustees genoodsaak om die dienstermyn vir trustees vanaf 4 tot 5 jaar te verleng. Dit kom ooreen met die dienstermyn wat op plaaslike owerhede van toepassing is, en sal bydra tot die behoud van kennis in die Raad.

Upload: others

Post on 02-Feb-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kaapse Aftreefonds vir Plaaslike Regering Nuusbrief April ......In vorige nuusbriewe het ons beklemtoon hoe belangrik dit is om jou pensioengeld vir aftrede te bewaar. Wanneer jy jou

 

  

Kaapse Aftreefonds vir Plaaslike Regering Nuusbrief April 2011 Volume 44 Fondsregistrasienr: 12/8/32689/2 

BESTE  LID   Die  Algemene  Jaarvergadering  het  ‘n  paar  weke  gelede  plaasgevind,  en  ek  was  baie  bly  om  die fantastiese opkoms van beide lede en raadslede te sien. Die raadslede was spesifiek geïnteresseerd in  die  jongste  verwikkelinge,  aangesien  hulle  nou  ook  by  die  Fonds  kan  aansluit.  Dit  was bemoedigend  om  te  kan  rapporteer  dat  al  die  harde  werk  wat  in  die  beleggings  en  oudit‐arenas gedoen is, begin om vrugte af te werp, en dat  lede nou daarby begin baat. Ek  is ook bly om aan te kondig dat ons ‘n nuwe Buigsame Portefeulje vir ons lede 50 jaar en ouer bekendgestel het. Onthou asseblief  dat  dit  ons  verantwoordelikheid  is  om  jou  (sover moontlik)  na  ‘n  goeie  aftrede  te  lei,  so enige ondersteuning wat ons kan bied sal net ‘n plesier wees.  Geniet die verdere lees! 

Groete Brian William Shepherd Voorsitter 

 ‘N BAIE SUKSESVOLLE 14DE JAARVERGADERING Mnr. Brian Shepherd, die voorsitter van die Fonds, was bly om te rapporteer dat die Fonds sy groei in beleggingsopbrengste volgehou het. Die Fonds het netto opbrengste van 17.3% getoon in die Trustee Verstekportefeulje,  en  7%  in  die  Kapitaalbeskermingsopsie.  Hy  het  ook  terugvoer  gegee  oor  die ekonomiese vooruitsigte, en het beklemtoon dat die Fonds se lidmaatskap met 11% tot 29 789 lede gegroei  het  soos  op  30  Junie  2010.  Indien  jy  ‘n  afskrif  van  die  voorsitter  se  rede  wil  hê,  besoek asseblief ons webtuiste by www.caperf.co.za of kontak die oproepsentrum by 021 943 5306.  Bestuur behou Ons wil  graag vir mnre.  Shepherd en Mokweni  gelukwens met hulle herverkiesing as  voorsitter en ondervoorsitter van die Raad van Trustees. Die voorsitter en ondervoorsitter word elke  jaar na die AJV deur die Raad van Trustees verkies.  As gevolg van die tyd wat dit neem om ‘n trustee op te lei, was die Raad van Trustees genoodsaak om die dienstermyn vir trustees vanaf 4 tot 5 jaar te verleng. Dit kom ooreen met die dienstermyn wat op plaaslike owerhede van toepassing is, en sal bydra tot die behoud van kennis in die Raad.  

  

Page 2: Kaapse Aftreefonds vir Plaaslike Regering Nuusbrief April ......In vorige nuusbriewe het ons beklemtoon hoe belangrik dit is om jou pensioengeld vir aftrede te bewaar. Wanneer jy jou

 

HOEKOM MOET JY ALTYD JOU SALARISSTROKIE NAGAAN? Maak seker jou bydraes word wel afgetrek In ‘n onlangse studie het ‘n lid by ‘n munisipaliteit begin werk en die Nuwe Lid‐vorm vir die Kaapse Aftreefonds voltooi. Die munisipaliteit het egter nooit die bydraes van die lid se salaris afgetrek nie. Die lid het nooit sy salarisstrokie nagegaan nie, en het dus nie besef dat hy nie tot die Fonds bydra nie. ‘n Paar maande later is hy in ‘n ongeluk by die werk oorlede. Aangesien die Fonds geen bydraes ontvang het nie, was daar geen sterfte‐ of begrafnisvoordele vir die  lid nie. Dit het groot finansiële probleme vir sy gesin geskep.  Een  van  die  vereistes  van  die  Wet  op  Basiese  Diensvoorwaardes  is  dat  elke  werknemer  ‘n salarisstrokie moet ontvang. Dit is ‘n baie belangrike dokument, maar baie mense liasseer dit sonder om die inligting daarop na te gaan. 

 Ons wil jou graag aanmoedig om jou salarisstrokie elke maand na te gaan. Moet asseblief nie huiwer om  ons  te  kontak  indien  jy  jou  pensioen‐inligting  wil  nagaan  nie.  Indien  jy  meer  wil  lees  oor salarisstrokies  en die minimum‐vereistes,  besoek die  Suid‐Afrikaanse Departement  van Mannekrag se webtuiste by www.labour.gov.za.  HOE VERGELYK JOU FONDS SE KOSTES MET DIÉ VAN DIE RES IN DIE BEDRYF? Die trustees het die Aktuaris versoek om die vlak van bydraes en kostes met tipiese markpryse in die bedryf  te  vergelyk.  Die  Aktuaris  het  die  kostes  vergelyk  met  ‘n  opname  wat  Sanlam Werknemervoordele regoor die bedryf gedoen het.   

Wel gedaan – jy spaar meer as die gemiddelde lid in die mark!  Bydraes: Terwyl die gemiddelde werkgewer‐ en  lidbydraes 9.8% en 5.8% van salarisse was, beloop bydraes  tot  hierdie  Fonds  tans  18%  (werkgewer)  en  9%  (lid)  van  jou  salaris,  waarvan  ‘n  groot gedeelte  van  jou werkgewerbydraes  vir  aftrede  aangewend word.  Dit  beteken  dat  jy meer  as  die gemiddelde werknemer vir aftrede spaar.  Die  Sanlam  Werknemervoordele‐opname  2010  bevestig  dat  baie  Suid‐Afrikaners  nie  genoeg  vir aftrede  spaar  nie,  aangesien  die  gemiddelde  lid  (na  aftrekkings  van  risikopremies  en  kostes)  slegs 12.17% spaar.  In  teenstelling  is  jou Fonds se voorsieningsvlak meer as die kritiese vlak van 15% vir alle kategorieë. 

Wel gedaan – jy betaal minder as gemiddeld vir jou Fondsadministrasie! Administrasiefooie: Die opname het getoon dat die gemiddelde administrasiefooi in die bedryf 0.9% is. Soos op datum van die Fondswaardasie was die administrasiefooi 0.83% – jy betaal dus minder.   

 

Page 3: Kaapse Aftreefonds vir Plaaslike Regering Nuusbrief April ......In vorige nuusbriewe het ons beklemtoon hoe belangrik dit is om jou pensioengeld vir aftrede te bewaar. Wanneer jy jou

 

Wel gedaan – jou sterfte‐ en ongeskiktheidsvoordele is beter! Risikovoordele:  Soos  jy  weet,  voorsien  die  Fonds  jou  van  ‘n  keuse  van  versekerde  sterfte‐  en ongeskiktheidsvoordele. Die gemiddelde kontant enkelbedrag wat in 2010 deur pensioenskemas vir sterfgevalle  en  ongeskiktheid  uitbetaal  is,  was  3.3  en  2.6  keer  die  jaarlikse  salaris.  In  vergelyking voorsien jou Fonds 4.8 keer die jaarlikse salaris vir sterftevoordele en 3.6 keer die jaarlikse salaris vir ongeskiktheidsvoordele. Die risikovoordele wat deur jou Fonds voorsien word, is dus aansienlik meer vergeleke met dié van ander fondse. Om op te som: die Aktuaris het gemerk dat as gevolg van faktore soos onvoldoende staatsvoordele, ekonomiese onsekerheid, MIV en hoër  lewensverwagting,  is dit noodsaaklik vir alle Suid‐Afrikaners om sorgvuldig te beplan en om doelwitte te stel sodat hulle goed versorg bly op hul oudag.  

 OPSOMMING VAN GEBEURE IN PLAASLIKE MARKTE EN VOORUITSIGTE  Plaaslik het die rand versterk teenoor die Amerikaanse dollar en het die R6.70/VSA$ merk oorskry, met buitelandse beleggers  se  volgehoue belangstelling  in opkomende markte. Verbruikersvertroue het die hoogste vlak in twee jaar bereik in Desember 2010, maar swak groei in die eiendomsmark en werkloosheid was steeds  ‘n bekommernis. Gedurende die  laaste kalenderjaar het die FTSE  JSE Alle Effekte  Indeks met 19% gestyg, met  Industriële aandele wat die beste presteer het  gedurende die jaar.  Internasionale  aandele,  soos  verteenwoordig  deur  die  MSCI  Wêreld,  het  slegs  met  0.5%  in randterme gestyg, as gevolg van die beduidende sterk rand. Ten spyte van  ‘n swak vierde kwartaal het die Alle Effekte Indeks ‘n opbrengs van 15% gedurende die jaar gelewer, en het beter gevaar as kontant (soos gemeet deur SteFI)  wat ‘n opbrengs van 6.9% gelewer het.  In vooruitskouing  lyk die vooruitsigte vir plaaslike aandele  slegter, met  inflasie en  rentekoerse wat baie laag is en finansiële markte wat aan die begin van ‘n opwaartse neiging staan. Plaaslike aandele is  nie meer  goedkoop  nie  –  veral  as  ‘n mens  na  een maatstaf  kyk:  die  vergelyking  tussen  Prys  en Verdienste,  relatief  tot  die  geskiedenis.    Die  feit  dat  die  rand  gedaal  het  tot  onder  R7  vir  die  VSA dollar dra te veel gewig, veral gesien in die lig van verbruikers se koopkrag. As gevolg hiervan het die vooruitsig  vir  internasionale bates  verhoog  –  spesifiek  internasionale  aandele,  eerder  as  effekte of kontant.  Wees egter versigtig vir voorspellings en vooruitsigte! Die internasionale ekonomie verwag fundamentele veranderinge, wat gevolge kan hê wat moeilik is om te voorspel. Een sekerheid is dat skommelinge en onsekerheid hier is om te bly. 

Die  tsunami  in  Japan  sal  ‘n  beduidende  invloed  op  markte  hê  en  ons  sal  verder  hieroor  in  ons volgende nuusbrief rapporteer.   

  HET JY GEWEET? 

  Ons  wil  jou  die  geleentheid  bied  om  persoonlik  vrae  aan  ‘n  Fondsverteenwoordiger  te  rig  –    Vind uit wat die antwoord op sekere vrae is 

Die beregter bevestig die noodsaaklikheid om jou spaargeld vir aftrede te bewaar 

Page 4: Kaapse Aftreefonds vir Plaaslike Regering Nuusbrief April ......In vorige nuusbriewe het ons beklemtoon hoe belangrik dit is om jou pensioengeld vir aftrede te bewaar. Wanneer jy jou

 

In  vorige  nuusbriewe  het  ons  beklemtoon  hoe  belangrik  dit  is  om  jou  pensioengeld  vir  aftrede  te bewaar. Wanneer  jy  jou pensioengeld gebruik om skuld af  te betaal,  jou huislening te betaal of dit uitgee wanneer  jy bedank, sal dit baie moeilik wees om daardie aftreevoorsiening weer op te bou. Kan jy van R1 140 per maand lewe? Dit is die huidige staatspensioen.  In  ‘n  onlangse  beslissing  het  die Waarnemende  Pensioenfondsberegter,  dr.  Elmarie  de  la  Rey,  die slaggate van vroeë onttrekking van pensioenvoordele bekend gemaak. In hierdie spesifieke geval het ‘n werknemer vir 27  jaar vir  ‘n maatskappy gewerk. Hy het aan verskillende projekte gewerk en  is elke keer afgedank sodra ‘n projek afgehandel is, net om  weer in diens geneem te word vir ‘n nuwe projek. 

 Nadat hy finaal afgedank is, was hy nie tevrede met sy klein pensioenuitbetaling nie en het ‘n klagte by die Pensioenfondsberegter ingedien. Met die ondersoek van die saak het dit vorendag gekom dat hy  op  drie  geleenthede  voordele  uit  die  fonds  onttrek  het.  Die  fonds  het  elke  keer  sy  voordele uitbetaal ingevolge fondsreëls en voorskrifte van die Pensioenfondswet.  

 In haar beslissing het die Waarnemende Pensioenfondsberegter beklemtoon dat ‘n lid se voordele in ‘n vastebydrae‐fonds nie deur die diensjare by die werkgewer beïnvloed word nie. Op grond hiervan is die klagte verwerp. 

 Dit beklemtoon die noodsaak om jou pensioenkapitaal vir aftrede te bewaar.   Raadslede kan nou by jou Fonds aansluit Die Fonds is oorval deur versoeke van munisipaliteite wie se raadslede by die Kaapse Aftreefonds wil aansluit. Die goeie nuus is dat die Fonds dít nou moontlik gemaak het. Raadslede wat nie tans ‘n lid van  ‘n  fonds  is  nie, mag nou by  jou  Fonds  aansluit. Hierdie  besluit  is  geneem as  deel  van  ‘n wyer strategiese doelwit om die Fonds se lidmaatskapbasis te vergroot.  

 Gedurende die munisipale verkiesing  in Mei 2011 sal die Fonds  ‘n kommunikasieveldtog van stapel stuur om raadslede in te lig oor die opsies wat aan hulle beskikbaar is. Moet asseblief nie huiwer om met ons in verbinding te tree indien jy meer inligting benodig nie. 

 Het jy jou risikovoordeelkategorie gedurende Maart 2011 verander? Soos jy reeds weet, kan jy jou risikovoordeelkategorie in die Fonds voor 31 Maart elke jaar verander. Dit  word  toegelaat  indien  jy  jou  kategorie  buite  die  polisvoorwaardes  wil  verander.  In  sekere omstandighede  kan  jy  jou  kategorie  gratis  verander.  Kontak  asseblief  die  oproepsentrum  indien  jy meer inligting verlang.  Indien  jy  van  vanjaar  se  opsieperiode  gebruik  gemaak  het,  sal  die  veranderinge  van  1 Julie 2011 geldig wees. Wanneer jy jou kategorie verander het, sal jy ‘n amptelike kennisgewing van die Fonds ontvang. Hou asseblief in gedagte dat die Fonds se huidige versekeraar (Metropolitan) dalk 

Page 5: Kaapse Aftreefonds vir Plaaslike Regering Nuusbrief April ......In vorige nuusbriewe het ons beklemtoon hoe belangrik dit is om jou pensioengeld vir aftrede te bewaar. Wanneer jy jou

 

verdere mediese bewyse kan benodig indien jy jou dekking in die Fonds verhoog. Indien jy om welke rede ook al nie die kennisgewing teen Julie vanjaar ontvang het nie, kontak ons asseblief onmiddellik.  Let  wel:  ‘n  Administrasiefooi  van  R100  is  van  toepassing  wanneer  jy  jou  risiko‐dekkingskategorie buite polisvoorwaardes verander.   

 Jy kan ‘n werkswinkel in jou omgewing aanvra Ons  doen  ons  bes  om  lede  goed  ingelig  te  hou  –  nie  net  oor  voordele  nie,  maar  ook  rakende tendense  en  beleggings  in  die  bedryf. Ons wil  jou  die  geleentheid  bied  om persoonlik  vrae  aan  ‘n Fondsverteenwoordiger  te  rig.    Indien  jy wil hê dat ons  jou en ander  in  jou gebied moet ontmoet, kontak die oproepsentrum en ons sal ons bes doen om dit  in te pas by ons volgende besoek in  jou omgewing.   IS JY OUER AS 50?   ‐  ‘n Addisionele beleggingsopsie is nou beskikbaar Die Raad van Trustees hersien die beleggingsopsies vir lede gereeld om te verseker dat die Fonds jou die geskikste beleggings ooreenkomstig marktendense bied. Na die evaluering van die huidige opsies wat beskikbaar is, het hulle besef dat daar 'n behoefte vir 'n meer buigsame produk is. Dit het gelei tot die bekendstelling van die nuwe Buigsame Portefeulje ‐ 'n bykomende portefeulje beskikbaar vir ons lede ouer as 50. Die huidige Kapitaalbeskermingsopsie Portefeulje bly steeds beskikbaar aan lede. 

 Hoekom het ons ‘n addisionele Portefeulje nodig? Die besluit om fondse aan die Kapitaalbeskermingsopsie of die Trustee Verstek Beleggingsportefeulje (TVBP) toe te wys, was altyd aan jou eie oordeel oorgelaat. Met verloop van tyd het ons egter besef wat die uitdagings is waarmee lede gekonfronteer word wanneer hul die keuse moet maak: 

 • Sekere lede is nie vertroud met die beleggingsmarkte nie, en vind dit moeilik om ingeligte 

besluite te maak.  • Hierdie spesifieke opsie is nie buigsaam nie,  so die portefeulje kan nie aktief volgens 

marktoestande bestuur word nie. • Lede wou die regte tyd vir die mark kies, maar kon dit nie doeltreffend regkry nie aangesien 

hulle slegs op sekere tye kon oorskakel. . 

HOE OM DIE NUWE BUIGSAME PORTEFEULJE TE VERSTAAN Wat is die doel van die nuwe portefeulje? Die doel van die portefeulje is om die verantwoordelikheid van die batetoekenningbesluit vanaf die lid na 'n beleggingskomitee van professionele mense te verskuif. Hierdie portefeulje is buigsaam en batetoekennings  sal  van  tyd  tot  tyd aangepas word  in ooreenstemming met marktoestande op  ’n gegewe tydstip. 

Page 6: Kaapse Aftreefonds vir Plaaslike Regering Nuusbrief April ......In vorige nuusbriewe het ons beklemtoon hoe belangrik dit is om jou pensioengeld vir aftrede te bewaar. Wanneer jy jou

 

Hierdie portefeulje  sal nie so konserwatief soos die Kapitaalbeskermingsopsie portefeulje(KBO) wees nie,  omdat daar meer  aandele  in die nuwe portefeulje  gaan wees en  ‘n beleggingskomitee  sal  die markte dophou en namens jou meer effektiewe skuiwe tussen portefeuljes maak. Dit sal ook aandele bevat. 

 

              

 

 

Kom ons kyk gou weer hoe die Kapitaalbeskermingsopsie (KBO) werk Hierdie portefeulje is in 2007 aan lede bekendgestel, en verskeie verbeterings is oor die afgelope vier jaar aangebring. As jy ouer as 50 is, kwalifiseer jy om aan hierdie portefeulje te behoort en mag jy jou hele lidbelang of ‘n gedeelte daarvan na die portefeulje oorskuif, of terugskuif na die Trustee Verstek Portefeulje (TVBP) onder die volgende omstandighede:  • gedurende die maand waartydens jy 50 jaar oud word • op 1 Julie elke jaar • gedurende enige ander 2 maande van jou keuse (binne die Fonds se finansiële jaar). 

 ‘n Administrasiefooi van R350 sal van jou lidbelang afgetrek word vir elke oorskakeling, behalwe as jy op 1  Julie  elke  jaar  skuif.  Jy  word  toegelaat  om  25%,  50%,  75%  of  100%  vanaf  jou  lidbelang  na  hierdie portefeulje oor te plaas, of vanaf die KBO‐portefeulje terug te skuif na die Trustee Verstekportefeulje. Dis belangrik om te onthou dat wanneer  jy besluit om jou  lidbelang of  ‘n gedeelte daarvan na hierdie portefeulje te skuif, al jou toekomstige bydraes ook in die portefeulje inbetaal gaan word. 

KBO Portefeulje 

Buigsame Portefeulje 

Trustee Verstek‐ portefeulje  

Laer risiko en  opbrengste  

Hoër risiko en opbrengste 

Page 7: Kaapse Aftreefonds vir Plaaslike Regering Nuusbrief April ......In vorige nuusbriewe het ons beklemtoon hoe belangrik dit is om jou pensioengeld vir aftrede te bewaar. Wanneer jy jou

 

  Begryp wat jou beleggingsrisiko in die verskillende portefeuljes is Portefeulje  Risiko‐  van 

kapitaalverlies    Opbrengs  oor  die langtermyn 

Aandele blootstelling 

Kapitaalbeskermings‐ opsie Portefeulje 

Laag   Laag  Geen (0%) 

Buigsame Portefeulje  Laag tot medium   Laag tot medium   Laag (0–56.5%) Trustee  Verstek Portefeulje  

Medium tot hoog  Medium tot hoog  Medium  tot  hoog (Maks 75%) 

  AKTIEWE PORTEFEULJEBESTUUR IN DIE BUIGSAME PORTEFEULJE ’n  Beleggingskomitee,  gelei  deur  Verso Multi‐Bestuur,  sal  gereeld  bymekaarkom  om  die  toekennings  tussen  die  verskillende  bateklasse  te  bespreek,  bv.  aandele,  eiendom,  effekte  of  kontant.  Die beleggingskomitee  bestaan  uit  twee  lede  van  Verso  en  drie  onafhanklike  lede.  Die  lede  beskik  oor beleggingsvaardighede en kennis rakende aandele, effekte, ander bateklasse en ekonomiese aanwysers. Die komitee sal bystand verleen oor batetoekenningbesluite.   WIE IS DIE GESKIKSTE OM DIE BUIGSAME PORTEFEULJE TE KIES? Die  opsie  is  geskik  vir  enigeen wat  aftrede  nader,  asook  vir  indiwidue  van  50  jaar  en  ouer wat meer konserwatiewe beleggings verkies.  Jy sal toegelaat word om 50% of 100% van jou lidbelang na die Buigsame Portefeulje oor te dra, en alle toekomstige  bydraes  sal  in  dié  portefeulje  belê  word.  Jy  sal  nie  beleggings  in  al  drie  portefeuljes gelyktydig kan hê nie. Slegs  ’n kombinasie van beleggings  in die Trustee Verstek Beleggingsportefeulje en die Kapitaalbeskermingsopsie of  ’n kombinasie van beleggings  in die Trustee Verstekportefeulje en die Buigsame Portefeulje sal toegelaat word.  Bystand vir dié belangrike besluit is beskikbaar Jou finansiële posisie is uniek en dit  is belangrik dat jy  jou makelaar of finansiële raadgewer raadpleeg om jou in staat te stel om ’n ingeligte besluit te neem. Ons sal egter aanbeveel dat jy in verbinding tree met ’n finansiële adviseur by Verso Beleggingsdienste om jou behoeftes te analiseer deur middel van ’n kontantvloei model. Die trustees het Verso Beleggingsdienste aangestel om jou by te staan om kritiese besluite te neem rakende jou beleggings binne die Fonds.   Wat is die proses? Indien jy as lid kwalifiseer, sal jy ’n brief ontvang wat die nuwe Buigsame Portefeulje in detail uiteensit. 

Indien jy besluit om jou 50% of 100% van jou lidbelang na die Buigsame Portefeulje oor te plaas, verloop die proses as volg: 

Page 8: Kaapse Aftreefonds vir Plaaslike Regering Nuusbrief April ......In vorige nuusbriewe het ons beklemtoon hoe belangrik dit is om jou pensioengeld vir aftrede te bewaar. Wanneer jy jou

 

• Die ondertekende opsievorm moet die Fonds teen 30 Junie 2011 bereik. • ’n Erkenning en bevestiging dat jy besluit het om in die Buigsame Portefeulje te belê, sal in Julie 

2011 aan jou gestuur word. • ’n  Erkenning SMS sal gestuur word aan daardie lede wat geregistreer het vir die “In Touch” SMS 

gerief. • Indien die Fonds nie ’n beleggingtoekenningsvorm ontvang nie, sal jou lidbelang en toekomstige 

bydraes voortgaan om in hul huidige vorm belê te word.  Vir jou om ’n ingeligte besluit te neem, moedig ons jou aan om die Fonds se oproepsentrum te skakel: tel. (021) 943 5306, of Verso Beleggingsdienste: tel. (021) 943 5301, indien jy ’n konsultant benodig om jou by te staan. 

BEGROTINGSTOESPRAAK Moenie enige oorhaastige besluite neem nie – jou Fonds sal jou op hoogte hou Dit was duidelik uit die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, se begrotingstoespraak op 23 Februarie 2011 dat pensioenhervorming weer aangespreek moet word. Ons het reeds oproepe van bekommerde lede rakende die nuwe voorstelle ontvang. Die twee hoofkwessies wat  jou kan raak  is die voorstel dat voorsorgfondse uitgefaseer word, en die hersiening van belastingaansporings.   Die uitfasering van voorsorgfondse – hoe raak dit jou? Voorsorgfondse laat lede toe om al hul geld uit die fonds te neem met aftrede. Die regering beplan om voorsorgfondse  te  staak,  om  te  probeer  keer  dat  lede  hulle  aftreegeld  spandeer  en  dan  die  las  van voorsorg vir aftrede op die staat plaas. Jy is ‘n lid van ‘n voorsorgfonds, en indien wetgewing goedgekeur word, sal jy in die toekoms nie al jou geld as ’n kontant enkelbedrag uit die fonds kan neem nie.  Hoekom moet lede nie op hierdie stadium oorreageer nie? Dit is belangrik om te weet dat die regering dit duidelik gemaak het dat huidige regte beskerm sal word, en dat die implementering van die beoogde plan onderworpe sal wees aan deeglike konsultasie met vakbonde en ander belanghebbende partye.   Hoekom  is  hierdie  wetgewing  nodig  in  die  toekoms?  Alexander  Forbes  het  onlangs  rapporteer  dat  omtrent  89%  van  lede  wat  gedurende  die  finansiële  krisis  afgedank  is,  hul  aftree‐spaargeld  as  ‘n kontantbedrag geneem het, en dus nie die geld vir aftrede bewaar het nie. Dit beteken dat sommige van hierdie mense ook van die staat afhanklik kan wees vir ondersteuning op hul oudag. Hierdie probleem is glad  nie  eie  aan  Suid‐Afrika  nie  –  wêreldwyd  word  pensioenwetgewing  hersien  om  die  las  wat pensioenarisse op die staat plaas, te probeer verminder.   Hersiening van belastingaansporings Groot  verandering  aan  belastingaansporings wat  jy  ontvang  as  jy  spaar  vir  aftrede  is  aan  die  kom en behoort gereed    te wees teen 1 Maart 2012. Tans  is  jou bydraes belastingaftrekbaar tot 7.5% van  jou aftreebefondsinginkomste,  terwyl  jou  werkgewer  namens  jou  bydra  sonder  dat  jy  belasting  hoef  te betaal  op die werkgewerbydraes. Die  voorstel  is  dat  jou bydraes  en  jou werkgewerbydraes  in  fondse belas gaan word indien dit meer as 22.5% van jou belasbare inkomste beloop.      

Page 9: Kaapse Aftreefonds vir Plaaslike Regering Nuusbrief April ......In vorige nuusbriewe het ons beklemtoon hoe belangrik dit is om jou pensioengeld vir aftrede te bewaar. Wanneer jy jou

 

Wat gebeur volgende? Albei  hierdie  regeringsvoorstelle  vir  pensioenhervorming  moet  eers  voorgelê  word  aan  Nedlac,  die onderhandelingsforum  waar  die  regering,  die  privaatsektor,  georganiseerde  arbeid  en  burgerlike organisasies byeenkom.  Die regering het ook beloof om verder oorleg te pleeg. Ons sal jou op hoogte van verwikkelinge hou.   

 RAAD VAN TRUSTEES Brian Shepherd – Voorsitter  Willie Ludik Andreas Mokweni – Ondervoorsitter  Sivuyile Mkebe Johan Beukman  Edward Scott Annette Cawood  André Smith Ian Iversen  Frances Snyders Abé Johnson  Willem van Gass Jan Koekemoer – Hoofbeampte  

Vrywaring Die Kaapse Aftreefonds vir Plaaslike Owerheid aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige verlies, skade of uitgawe wat aangegaan word as ’n direkte oorsaak  of gevolg van steun op inligting in hierdie dokument nie. Indien daar enige konflik is tussen die inligting in hierdie dokument en die Reëls van die Fonds, sal die Reëls van die Fonds voorrang geniet.  Vertaalde Nuusbriewe Bel  asseblief  die  oproepsentrum  by  021  943  5306  indien  jy  ’n  vertaling  van  hierdie  nuusbrief  in  Engels of Xhosa wil hê. Indien  jy  jou  nuusbrief  via  epos  wil  ontvang,  stuur  asseblief  jou  besonderhede  na [email protected]