klofie klets - klofies.co.za

36
8750 Klofie Klets 30 / 2021

Upload: others

Post on 13-May-2022

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Klofie Klets - klofies.co.za

8750

Klofie Klets 30 / 2021

Page 2: Klofie Klets - klofies.co.za

‘n Hartlike goeiedag uit die hartskamer van Klofieland!

Vanoggend sien ek die bloeisels aan die bome en ek dink hoe wonderlik God die wêreld inkleur. Hoe, met die

verandering van elke seisoen, die natuur ander kleure dra.

Saam met elke seisoen is daar ook nuwe ontwikkeling en verandering. Nooit staan dit stil nie. God is altyd besig.

Ons lewens beleef ook seisoene. In al die kinders van die Here se lewens is daar siklusse soos seisoene. In party

se lewens kom mense by, in ander mense se lewens val daar mense weg. Elke seisoen in ons lewe het sy eie kleure

en sy eie ritmes en veranderings. Seisoene van beproewings, teenstrydighede, struikelblokke, verliese en al hierdie

dinge is ontwerp om jou tot volwassenheid te bring as ‘n kind van die Here.

As God aktief, teenwoordig en besig in die natuur is, kan jy verseker weet Hy is aktief, besig en teenwoordig in jou

lewe. Sien God se hand in jou lewe, erken die seisoene vir wat dit is, naamlik groei en vooruitgang en God wat sorg.

Bly in die rivier van die lewe en laat die Here toe om jou veilig na jou bestemming te neem. Geniet die verrassings

en die oorwinnings wat hiermee gepaard gaan, maar belangriker: vertrou die Here in alles!

Die kere wat jy die swaarste kry, is die kere wat jy die meeste groei en daardie toetse kan nie vermy word nie.

Die Akademiese Top 20-leerders vir elke graad vir kwartaal 2 is aangewys. Baie geluk aan elke leerder wat deel van

die Top 20 is. Harde werk en deursettingsvermoë werp vrugte af. Ek wil graag een leerder uitsonder, en dit is Kristen

Erasmus, ‘n graad 12-leerder, met ‘n ongelooflike gemiddeld van 100%! Baie geluk, Kristen! Dit is ‘n uitsonderlike

prestasie!

Baie geluk aan die leerders wat aan die Engelse Olimpiade deelgeneem en baie goed presteer het. Kloof se

Wiskunde-leerders voer ook die botoon met hulle pragtige prestasies. Baie geluk aan hierdie leerders, asook me.

Chrisna Boswell, die Departementshoof van Wiskunde, en al die Wiskunde-personeel. Kloof stop die daar nie! Ons

het ook gewys dat ons kan spel! Baie geluk aan Minnie Siluma, ‘n graad 8-leerder, wat ‘n eerste plek tydens die

Master Bee Spelling-kompetisie behaal het! Kloof het vier leerders wat aan die nasionale kompetisie op 16 Oktober

gaan deelneem. Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders! Baie dankie aan me. Lorita van der Westhuizen vir al

jou reëlings.

Baie geluk aan me. Carla van Staden en die Molshoop-toneelspelers met Molshoop wat as een van die top 6-

toneelstukke tydens die FAK Allegretto-toneelfees aangewys is. Ons graad 8- en 9-leerders het ook gewys hulle kan

praat! Baie geluk aan die drie spanne wat aan ATKV DigiSpanPraat-kompetisie deelgeneem en uitstekend presteer

het! Die een graad 8-span en die graad 9-span het as nasionale wenners uit die stryd getree, en die ander graad 8-

span het algeheel derde geëindig. Kloof is baie trots op julle!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Mnr. C.H. Denysschen [email protected]

012 347- 0277

Page 3: Klofie Klets - klofies.co.za

Baie geluk aan die twintig seuns en twintig dogters wat as die Top 40-finaliste van Mnr. en Mej. Waterkloof aangewys

is. Baie sterkte met die volgende rondte!

Verderaan is die uitslae van die sportsoorte wat die afgelope week en naweek plaasgevind het. Gaan kyk gerus en

vergewis uself van Kloof se sportprestasies. Baie geluk aan elke leerder wat hulle hart blou, wit en geel op die

sportveld laat klop.

Die o. 15-dogtertennisspan het Dinsdag, 7 September, Die Hoërskool Menlopark gewen en is as ligawenners

aangewys. Donderdag, 9 September, het die o. 15-seuntennisspan Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria gewen

en is ook as ligawenners aangewys. Baie geluk aan hierdie dogters en seuns, asook me. Alexandra Dreyer, Direkteur

van Tennis, met hierdie pragtige prestasies. Baie geluk aan een van ons skuts, Joané Coetzee, ‘n graad 9-leerder,

wat haar nasionale kleure in boogskiet verwerf het. Baie geluk aan die twaalf ruiters wat Gauteng-kleure in perdry

verwerf het. Kloof is ongelooflik trots op elke span en individu wat uitsonderlik op alle sportgebiede presteer!

Baie dankie vir u lojale ondersteuning. Baie dankie dat u saam met Kloof bou in geloof! Hier by Klofies is ons ‘n

hegte gesin. Ons koester en beskerm mekaar. Raak betrokke by Kloof en word ‘n gelukkige Klofie wat geliefd voel.

‘n Geseënde naweek word u toegewens en onthou om saam met u familie na die sterre te kyk en die skoenlappers

en bloeisels, die nuwe seisoen, raak te sien.

Page 4: Klofie Klets - klofies.co.za

1.

AKADEMIE

Baie geluk aan die volgende leerders wat in die Akademiese Top 20 vir kwartaal 2 ingesluit is:

GRAAD 8 (LO is nie ingesluit nie)

1 Wian Schalk Nolte 94,89

2 Jacques Heinrich Sutton 94,22

3 Haylè Stigling 93,22

4 Jenilee van der Westhuizen 92,89

5 Willem Hoffman Ferreira 92,34

6 Je-Miné de la Rey 92,33

7 Nicola Resente 92,22

8 Annika Steyn 92,11

9 Nicolaas Francois du Plooy 91,89

10 Kaitlyn Anne Chapman 91,55

11 Beané Swanepoel 90,67

12 Dieter Stehle 89,78

13 Krige Steyn 89,67

14 Miné Naude 89,55

15 Mia van Wyk 88,78

16 Zanté Reynecke 88,33

17 Alicia Jacobsz 87,56

18 Riane Muller 87,45

19 Mignon Naomi van Wyk 87,44

20 Keaan Kempen 87,34

GRAAD 9 (LO is nie ingesluit nie)

1 Shani Hugo 95,78

2 Ilanè Liebenberg 94,89

3 Lize Erasmus 92,67

4 Luanè Janssen 92,55

5 Jani Strydom 92,45

6 Mia Appelcryn 92,33

7 Annika Terblanche 92,11

8 Kayla Strydom 91,11

8 Martin Cornelius Coetzer 91,11

10 Ruan Malan 90,89

11 Arnoliez Bothma 90,77

12 Juanè Kruger 90,22

13 Mianca Jacobs 90,11

14 Minay Vermaak 89,55

15 Elri Becker 89,22

15 Natalie Roos 88,22

17 Ruan Posthumus 87,89

18 Nandi Gous 87,56

18 André Francois Breytenbach 87,56

20 Danièlle Classen 87,11

AKADEMIESE TOP 20 - KWARTAAL 2

Page 5: Klofie Klets - klofies.co.za

GRAAD 10 (LO is nie ingesluit nie)

1 Miah Prinsloo 97,83

2 Erick van Zyl 97,00

2 Anja Coetzee 97,00

4 Chanté Venter 95,33

5 Wilmarie Nolte 94,33

5 Handro Myburg 94,33

7 Lyné Steyn 94,00

8 Michelle Erasmus 93,33

9 Juan de Wet 93,00

10 André Bosch 92,33

11 Gené Coertze 92,17

11 Nadia Gouws 92,17

13 Mizelle van den Berg 91,83

14 Elrika Booysen 91,17

14 Kayla Landsberg 91,17

16 Chantal Roux 90,83

17 Julia Volschenk 90,67

18 Vicky de Graaff 90,33

19 Arnold Dippenaar 89,83

20 Kita Uys 89,67

GRAAD 11 (LO is nie ingesluit nie)

1 Niël Voges 96,17

2 Rochelle van der Vyver 95,67

3 Inge Venter 94,00

4 Ané Scheepers 93,83

5 Lisa Janse van Rensburg 93,67

6 Christiaan Jansen van Vuuren 92,83

7 Louise Jansen van Rensburg 92,33

8 Wandré Gilfillan 91,33

9 Nicole Smith 90,33

10 Jayden Bailie 89,50

11 Kaylin van der Westhuizen 89,17

11 Ansu Jordaan 89,17

11 Carla Swart 88,17

14 Lize-Mari Swart 88,00

15 Shawné Anderson 87,50

16 Simoné Roodt 87,33

16 Nathyn Bailie 87,33

16 Shanté Strauss 87,33

16 Anke van Staden 87,33

20 Zak de Villiers 86,83

Page 6: Klofie Klets - klofies.co.za

GRAAD 12 (LO is nie ingesluit nie)

1 Kristen Erasmus 100,00

2 Dalen Lombard 96,67

2 Nadia Schmidt 96,31

4 Lourie Bosman 94,96

5 Cilliers Diedericks 93,33

5 Angelique Bloemhof 92,83

7 Zelda Steynberg 92,79

8 Marno Bands 92,63

9 Rikus Wessels 92,42

10 Michelle Zehnder 92,27

11 Riegardt Denysschen 91,96

11 Melissa-Ann Steenkamp 91,06

13 Damon Dempers 90,71

14 Ansònel du Toit 90,59

14 Anushka Botha 90,11

16 Cerys Hurter 89,44

17 Roné Carsten 89,17

18 Suné van den Berg 88,83

19 Anika Geyser 88,44

20 Carmen Pieters 87,96

Page 7: Klofie Klets - klofies.co.za

PRAGPRESTASIES IN ENGELSE OLIMPIADE

Die Klofies het uitstekend tydens die 2021 Engelse Olimpiade presteer.

Baie geluk aan die volgende presteerders:

ENGLISH HOME LANGUAGE

GRAAD 12

Kristen Erasmus Silwer

Lize-Marie Smit Brons

Dalen Lombard Brons

GRAAD 11

Manétte Gerber Silwer

Dané Bouwer Brons

Marli Viljoen Brons

Louise J. van Rensburg Meriete

Kira van Peer Meriete

GRAAD 10

Vivienne Pio Brons

Handro Myburgh Meriete

GRAAD 9

Olivia Andreitchenko Meriete

Aleksis Andreichenko Meriete

ENGLISH FAL

GRAAD 12

Carmen Pieters Silwer

Sandra van den Berg Silwer

Georgie Kent Brons

Ansonel du Toit – Graad 12

Goue Sertifikaat - English FAL

Jana Gous – Graad 11

Goue Sertifikaat - English HL

Page 8: Klofie Klets - klofies.co.za

ENGLISH OLYMPIAD 2022 – CALL FOR ENTRIES

• Enter the 2022 English Olympiad now.

• The Olympiad is open to all learners (English HL and FAL) who will be in Grades 9 - 12 in 2022.

• The entry fee for 2022 is R100 per candidate.

• The closing date for entries is Monday, 20 September 2021 (late entries cannot be accepted).

• The theme for 2022 is “A Brave New World”. The anthology will be a mixed-genre selection.

• Enter at mrs. Marlene Strydom in K 51.

WITWATERSRAND WISKUNDE-KOMPETISIE

Michael Dreeckmeier, ‘n graad 12-leerder, is deur na die finale rondte van die WITS Wiskunde- kompetisie vir graad

10 tot 12, wat op 14 September plaasvind. Verlede jaar het Michael derde in die land en tweede in Gauteng van

graad 10 tot 12 geëindig.

Baie geluk, Michael! Baie sterkte met die finale rondte!

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA WISKUNDE-KOMPETISIE

Nadine van Wyk, ‘n graad 11-leerder, het op 26 Julie aan die Tukkies se Wiskunde-kompetisie deelgeneem. Sy het

algeheel tweede in die graad 10 tot 11-afdeling geëindig. Verlede jaar het sy ook ‘n tweede plek behaal.

Baie geluk, Nadine!

Page 9: Klofie Klets - klofies.co.za

ASSA SUID-AFRIKAANSE WISKUNDE-SPANKOMPETISIE

Gebaseer op hulle prestasie in die Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade (SAWO) word die volgende leerlinge

uitgenooi om die Gauteng-Noord streek in die 2021 ASSA Suid-Afrikaanse Wiskunde Spankompetisie (SAWS) te

verteenwoordig:

Hierdie kompetisie vind op Saterdag, 11 September, plaas. Die Gauteng-Noordspanne sal teen ander spanne vanuit

Suid-Afrika deelneem.

Baie geluk en sterkte!

Ruan Posthumus (Graad 9) Hannes Mans (Graad 11)

Michael Dreeckmeier (Graad 12)

(Michael word al vir drie jaar vir

die spankompetisie gekies)

Lourie Bosman (Graad 12)

(Lourie word al van graad 7

tot 12 vir die

spankompetisie gekies)

Dalen Lombard (Graad 12)

(Dalen word al van graad 7

tot 12 vir die

spankompetisie gekies)

Page 10: Klofie Klets - klofies.co.za

MASTER SPELLING BEE-KOMPETISIE

Hoërskool Waterkloof, die enigste Afrikaanse skool wat deelgeneem het, het uitstekend tydens die Master Spelling

Bee-kompetisie gevaar. Die meeste deelnemers was van privaatskole uit veral Johannesburg. Kloof was ook die

enigste skool met seunsdeelnemers in die senior-afdeling!

DEELNEMERS

Graad 8

Rianè Muller

Minnie Siluma

Graad 9

Mignonette Steenkamp

Graad 10

Hendrik Nigrini

Lilian van Staden

Graad 11

Alexander Brewis

Isabel Burgers

Pierre Moelich

Kaylin van der Westhuizen

UITSLAE

(Die Top 5 in elke afdeling dring na die nasionale been van die kompetisie op 16 Oktober deur.)

Juniors (graad 7 tot 9)

Minnie Siluma graad 8 – eerste plek

Mignonette Steenkamp graad 9 – vyfde plek

Seniors (graad 10 tot 12)

Kaylin van der Westhuizen graad 11 – derde plek

Isabel Burgers graad 11 – vierde plek

Baie geluk aan hierdie leerders!

Page 11: Klofie Klets - klofies.co.za

Junior deelnemers Honey Bees

V.l.n.r.: Mignonette Steenkamp, Minnie Siluma en Rianè Muller)

Senior deelnemers Melittidae Bees

Agter v.l.n.r.: Pierre Moelich, Hendrik Nigrini en Alexander Brewis

Voor v.l.n.r.: Lilian van Staden, Isabel Burgers en Kaylin van der

Westhuizen

Leerders wat onder die Top 5 geëindig het en deurgaan na

die nasionale kompetisie:

Agter v.l.n.r.: Isabel Burgers, Kaylin van der Westhuizen

Voor v.l.n.r.: Mignonette Steenkamp en Minnie Siluma

Page 12: Klofie Klets - klofies.co.za

Toetsrooster: Kwartaal 3 2021

Graad 8 Graad 9 Graad 10 Graad 11 Graad 12

Dinsdag 14 September 2021

Toetsperiode 2 ½ uur

Wiskunde Rekeningkunde IGO/Geskiedenis Lewenswetenskappe Rekordeksamen

Donderdag 16 September 2021

Toetsperiode 2 ½ uur

Fisiese Wetenskappe Toerisme/Frans Kuns/Ontwerp/Dans/ Musiek

2 Geskiedenis/Musiek/IT Rekordeksamen

Dinsdag 21 September 2021

Toetsperiode Frans/Toerisme Wiskunde Wiskunde Wiskunde Rekordeksamen

Donderdag 23 September 2021

Toetsperiode Skeppende Kunste: Musiek/

Omgewingsopvoeding Alpha Wiskunde Toerisme

Kuns/Ontwerp/Dans/ Ekonomie/GVS

Rekordeksamen

TOETSROOSTER KWARTAAL 3 2021

Page 13: Klofie Klets - klofies.co.za

1 2

Ma.

13/9

08:30 - 11:30

Wiskunde V 2 (209)

Wiskunde Geletterdheid V 2 (110)

Di.

14/9

08:30 - 10:30

Ekonomie V 1 (23)

Wo.

15/9

08:30 - 10:30

Frans V 1 (7)

08:30 - 11:30

Geografie V 2 (37)

13:30 - 16:30

Visuele Kunste (6)

Do.

16/9

08:30 - 10:30

Frans V 2 (7)

08:30 - 11:30

IGO V 2 (71)

Dansstudies (4)

Vr.

17/9

08:30 - 11:30

Fisiese Wetenskappe V 1 (133)

Ma.

20/9

08:30 - 11:30

Fisiese Wetenskappe V 2 (133)

Di.

21/9

08:30 - 11:30

Gasvryheidstudies (44)

Wo.

22/9

08:30 - 11:30

Dramatiese Kunste (38)

Do.

23/9

08:30 - 10:30

Besigheidstudies V 2 (150)

13:30-16:30

IT V 2 (28)

Vr.

24/9 PUBLIEKE VAKANSIEDAG

1 2

Ma.

27/9

08:30 - 11:00

Lewenswetenskappe V 2 (102)

Di.

28/9

08:30 - 11:30

Geskiedenis V 2 (42)

Wo.

29/9

08:30 - 10:30

Ekonomie V 2 (23)

Do.

30/9

08:30-11:30

Toerisme (147)

REKORDEKSAMEN-ROOSTER 2021

Page 14: Klofie Klets - klofies.co.za

TONEEL: FAK ALLEGRETTO-TONEELFEES

KULTUUR

Kloof se absurde toneelstuk, Molshoop, doen dit weer!

Baie geluk aan ons toneelspelers en tegniese span wat na week een van die FAK Allegretto-toneelfees as een van

die top-6-stukke aangewys is. Die span het in rondte twee van die kompetisie, wat Saterdag 4 September in die Civic-

teater in Springs plaasgevind het, hul uitstekend van hul taak gekwyt. Ons is baie trots op julle.

Page 15: Klofie Klets - klofies.co.za

ATKV DigiSpanPraat-kompetisie

Baie geluk aan Kloof se spanredenaars met skitterende uitslae op nasionale vlak! Die uitslae van die ATKV

DigiSpanPraat-kompetisie lyk soos volg:

1. Chloé Collins, Aimée Collins, Zané van der Merwe en Marni Botha (graad 8) eindig nasionaal derde.

2. Je-Miné de la Rey, Tamia Stanczyk, Reuben Blignaut en Nicolas du Plooy (graad 8) eindig nasionaal eerste.

3. Laureanne Geertsema, Arnoliez Bothma, Juné Denysschen en Louize Smit (graad 9) eindig nasionaal eerste.

Page 16: Klofie Klets - klofies.co.za

MNR. EN MEJ. WATERKLOOF 2022

Ons kondig graag die top 40-finaliste van Mnr. en Mej. Waterkloof 2022 aan. Op Saterdag, 18 September, sal ‘n

buitepaneel onderhoude met hierdie groep leerders voer, waarna die top 10 seuns en top 10 dogters, wat aan ons

spogaand in Maart 2022 gaan deelneem, aangewys sal word. Die finaliste moet goeie ambassadeurs van die skool

wees. Daar sal van die wenners verwag word om ‘n uitnemende liefdadigheidsprojek reël.

Baie geluk aan hierdie veertig seuns en dogters. Baie sterkte met die volgende rondte.

SEUNS DOGTERS

1 Armand Myburgh 1 Amberleigh Jansen van Vuuren

2 Ben-Michael Theron 2 Ammé Möller

3 Connor Müller 3 Ané Hartzer

4 Craig Alberts 4 Anja du Preez

5 Diaan Louw 5 Anke van Staden

6 Edrich Doman 6 Chevanne Willemse

7 Guillaume Marais 7 Clarissa Broos

8 Herman Viljoen 8 Dané Janse van Rensburg

9 Juanco Maritz 9 Daniélle Swanepoel

10 Lorcan Faul 10 Eunice Scherman

11 Luka Kruger 11 Kira van Peer

12 Marco Grobler 12 Lara Resente

13 Martinus van der Merwe 13 Lika Booysen

14 Nico du Randt 14 Madri Janse van Rensburg

15 Phillip Naudé 15 Nadia Nel

16 Robert Breytenbach 16 Nadine van Wyk

17 Stefan Driemeyer 17 Nicola Wilson

18 Udét Momberg 18 Nicole Claassens

19 Ulrich Bester 19 Shawné Anderson

20 Zander Thirion 20 Tamlyn Wessels

MNR. EN MEJ. WATERKLOOF 2022

VENI (I CAME) VIDI (I SAW) VICI (I CONQUERED)

FINALISTE (TOP 20)

Page 17: Klofie Klets - klofies.co.za

KULTUUR-PRESTASIES 2021

Leerders wat vir kultuurmeriete kwalifiseer kan kultuurmerietevorms in die kultuurkantoor kom afhaal. Die kultuurkantoor

is in die Kultuurburo, onder die musieklokale; die ingang van die Kultuurburo is by die dome. Die voltooide merietevorms

moet teen 30 September, met afskrifte van bewyse, by me. Alma van der Walt by die kultuurkantoor ingehandig word.

Die vorm met bewyse kan ook per e-pos ([email protected]) ingestuur word.

Die prospektus met verdere inligting is op die skool se webblad beskikbaar.

VAKATURES BESKIKBAAR VIR

2022 KLOFIE-ORKES

Die volgende vakatures is vir die 2022-Klofie-orkes beskikbaar:

• Alle strykers (viool, tjello, kontrabas) (ons het nog een kontrabas beskikbaar om te verhuur)

• Tuba (een plek)

• Trompet (een plek)

• Tromboon (een plek)

• Klarinet (twee plekke)

• Fagot (twee plekke)

• Hobo (een plek)

• Saksofoon (drie plekke)

Die orkes beplan om in 2022 aan die nasionale orkeskompetisie in George deel te neem, asook aan verskeie plaaslike

Eisteddfods.

Die gala-aand wat jaarliks in ‘n teater saam met ‘n gaskunstenaar aangebied word, asook die Promenadekonsert en

deelname aan Tres Scholarum in die Aula, is verdere hoogtepunte.

Beginners word ongelukkig nie aanvaar nie. Alle orkeslede neem les, hetsy privaat of by die skool.

Kom, word deel van die beste skoolorkes in die land! Kontak me. Jo Ferreira (orkesbestuurder) in die

musiekdepartement om jou aansoekvorm te kry.

Page 18: Klofie Klets - klofies.co.za

Hoërskool Waterkloof se sport kook. Baie geluk aan elke speler

en afrigter!

# HOU KLOOF DOP

UITSLAGVORM: KRIEKET

Ligawedstryd teen Hoërskool Zwartkop - 2 September 2021

Span Afrigter Klofies Opponent Wen/

Verloor

o. 15B Vernon Harmse 152 vir vyf na 20 106 vir 20 Wen met 46 lopies

Beste kolwer(s): Jabu Mangena 47 in 25; Francois Botha 38 in 29 Beste bouler(s): Jabu Mangena vier vir sestien in drie

UITSLAGVORM: KRIEKET

Ligawedstryd teen Hoërskool Montana - 4 September 2021

Span Afrigter Klofies Opponent Wen/

Verloor

Eerstespan Cobus Pienaar en Rigardt Roos

430 vir nege na 50

142 vir tien Wen met 288 lopies

Beste kolwer(s): Hardus Coetzer 129; Stefan Driemeyer 95 Beste bouler(s): Khumo Thloaela drie vir agtien in vyf

SPORT

Page 19: Klofie Klets - klofies.co.za

UITSLAGVORM: KRIEKET

Ligawedstryde teen Hoërskool Garsfontein - 7 en 8 September 2021

Span Afrigter Klofies Opponent

Garsfontein o. 14B Wen/

Verloor

o. 14B Muller van der Nest 122/9 in twintig

137/8 in twintig Verloor met vyftien lopies

Beste kolwer(s): Ruan du Plessis 26 en Neil Badenhorst 23

Span Afrigter Klofies Opponent

Garsfontein o. 14A Wen/

Verloor

o. 14A Ruan Sadler en Jordan Hermann

198/10 292/10 Verloor met 94 lopies

Beste bouler: Jabu Mangena vier vir 64 in tien

UITSLAGVORM: RUGBY

Vriendskaplike wedstryde teen Helpmekaar Kollege

3 September 2021 (tuis)

Span Afrigters Klofies Opponent Wen/

Verloor

o. 17A Cobus van Dyk en Renier de Villiers 39 28 Wen

o. 17B Leon Coetzer 20 14 Wen

o. 15A Muller van der Nest 6 12 Verloor

o. 15B Muller van der Nest 10 19 Verloor

o. 14A SJ Naudé 20 30 Verloor

o. 14B SJ Naudé 38 0 Verloor

UITSLAGVORM: SEUNSHOKKIE

Wedstryde teen Midstream College

3 September 2021

Span Afrigter Klofies Opponent Wen/

Verloor

Seuns o. 17 Mark Lamprecht 1 2 Verloor

Seuns o. 16 Dean Lamprecht en Duan Viljoen 1 1 Gelykop

Seuns o. 16B Marnu Buys 1 1 Gelykop

Seuns o. 14A Michael Sinclair 1 0 Wen

Seuns o. 14B Tristan Venter 3 2 Wen

Page 20: Klofie Klets - klofies.co.za

UITSLAGVORM: DOGTERSHOKKIE

Vriendskaplike wedstryde teen Afrikaans Hoër Meisieskool, Pretoria

1 en 2 September 2021

Span Afrigter Klofies Opponent Uitslag

Jongspan 1 Omari Geyer 1 1 Gelykop

Jongspan 2 Anita Schmidt 0 0 Gelykop

o. 15A Izelle Prinsloo en Mariska van den Berg

2 2 Gelykop

o. 15B Liza Meyer 3 0 Wen

o. 14A Polite Setloboko 1 1 Gelykop

o. 14B Marlie Pringle 1 0 Wen

UITSLAGVORM: TENNIS

Toernooi te Hoërskool Voortrekker, Bethlehem

2 - 4 September 2021

SPAN OPPONENTE

(FINAAL) TELLING (FINAAL)

ALGEHELE POSISIE

Hoërskool Waterkloof Seuns 1

Hoërskool Waterkloof Seuns 2

Hoërskool Waterkloof Dogters 1

Hoërskool Waterkloof Dogters 2

Afrikaanse Hoër Seunskool

Afrikaanse Hoër Seunskool 2

Oranje Meisieskool

Afrikaanse Hoër Meisieskool

4 - 2

2 - 4

2 - 4

5 - 1

Eerste

Tweede

Vierde

Tweede

UITSLAGVORM: TENNIS

7 September 2021

Dogters o.15-liga

SPAN OPPONENTE TELLING UITSLAG

0. 15 A-span Die Hoërskool Menlopark 7-0 Wen

UITSLAGVORM: TENNIS

9 September 2021

Seuns o.15-liga

SPAN OPPONENTE TELLING UITSLAG

Hoërskool Waterkloof Afrikaanse Hoër Seunskool 7-0 Wen

Page 21: Klofie Klets - klofies.co.za

UITSLAGVORM: NETBAL

Ligawedstryde vs Die Hoërskool Menlopark

1 September 2021

Span Afrigter Klofies Opponent Wen/

Verloor

o. 18A Marlize Smit 36 11 V

o. 17A Janté Beukes 33 9 V

o. 16A Yolandi Collins 34 11 V

o. 16B Jo-marie Bekker 25 13 V

o. 15A Morné Viljoen 32 10 V

o. 15B Sumari Hall 11 20 W

o. 14A Anneri Stoop 15 4 V

o. 14B Imke van der Merwe 18 9 V

Die afrigters kondig graag die volgende aan na afloop van die wedstryde teen Die Hoërskool

Menlopark:

AFRIGTERS: SPELER VAN DIE WEDSTRYD

o.14A: Carmen Ludick

o.14B: Micke Eloff

o.15A: Charné Venter

o.15B: -

o.16A: Charné Botha

o.16B: Keira Ackerman

o.17A: Jay-Li Erasmus

o.18A: Lika Booysen

SPAN VAN DIE DAG:

D: Anje van Aardt (o.15B)

HD: Charné Venter (o.15B)

AV: Lizé Mostert (o.15B)

S: Shani Hugo (o.15B)

VV: Nalize Duvenhage (o.15B)

HV: Claudia Koen (o.15B)

V: Chrismarie Pohl (o.15B)

YSTER VAN DIE DAG: Sera Janse van Rensburg (o.14A)

POSISIES IN DIE D4-LIGA

o. 14A: Vyfde o. 16A: Sesde

o. 14B: Derde o. 16B: Derde

o. 15A: Sesde o. 17A: Vyfde

o. 15B: Tweede o. 18A: Sesde

Page 22: Klofie Klets - klofies.co.za

KLOFIE SKUT MAAK BOOGSKIETGESKIEDENIS MET

NASIONALE KLEURE

Baie geluk aan Joanè Coetzee, ‘n graad 9-leerder, wat die afgelope naweek geskiedenis gemaak het deurdat sy die

eerste Klofie-dogterskut geword het wat haar provinsiale- EN NASIONALE-boogskietkleure vir die Field event verower

het. Dit het sy reggekry toe sy nie net die Gauteng Ope in haar kategorie gewen het nie, maar ook haar persoonlike

beste telling na 500 punte tydens ‘n byeenkoms opgeskuif het.

Charl van Heyningen, ‘n graad 11-leerder, het ook al hierdie prestasie behaal en ons vertrou dat daar nog sommer baie

SUID-AFRIKAANSE SKUTTERS uit die sisteem gaan kom.

Baie dankie en baie geluk aan elkeen betrokke by die boogskiet. Al julle harde werk begin nou vrugte afwerp en ons

kan nie wag om te sien waarheen dié sportsoort op pad is nie.

Baie geluk, Joanè! Om Nasionale kleure te verdien verg baie harde werk en toewyding. Ons is saam met jou trots.

Skiet so voort!

Page 23: Klofie Klets - klofies.co.za

KLOFIE-RUITERS PRESTEER UITSTEKEND

TYDENS

GAUTENG PERDRYKAMPIOENSKAPPE

‘n Paar van die Klofie-ruiters het die afgelope naweek aan die Gauteng Perdrykampioenskappe deelgeneem. Hulle het

hulself uitstekend van hul hul taak gekwyt en nie minder nie as twaalf ruiters is gekies om Gauteng tydens die Nasionale

Byeenkoms, vroeg in Oktober, te verteenwoordig.

Dit laat ‘n Klofie-hart sommer baie lekker klop as mens sien hoe die leerders, ten spyte van COVID-uitdagings, steeds

presteer.

Die volgende ruiters het hulle Gauteng-kleure verwerf:

1. Anneri Vorster - Gauteng A (veertien dissiplines)

2. Carli Roux - Gauteng A (tien dissiplines)

3. Cheyanne Wilson - Gauteng A (een dissipline)

4. Danielle de Kock - Gauteng A (twee dissiplines)

5. Tymicka Grobler - Gauteng A (agt dissiplines)

6. Dian Roux - Gauteng A (vyf dissiplines)

7. Erin Muller - Gauteng A (vier dissiplines)

8. Hanri Visagie - Gauteng A (drie dissiplines)

9. Duané Havenga - Gauteng B (twee dissiplines)

10. Nedine Human - Gauteng B (twee dissiplines)

11. Stefan Cronjé - Gauteng B (een dissipline)

12. Sybrand Visagie - Gauteng B (twee dissiplines)

Baie geluk aan hierdie leerders! Julle is ware ambassadeurs vir die skool! Kloof is trots op julle en wens julle alles van

die beste toe vir die laaste groot kompetisie van die jaar.

Baie dankie aan elke mamma, pappa en afrigter wat die ruiters help om hierdie drome na te jaag.

Page 24: Klofie Klets - klofies.co.za

ALGEMEEN

DEURNAGSOKKIE 2021

Kaartjies SLEGS AANLYN op die Klofie-beursie onder buy #cashless > aanlyn kaartjies beskikbaar.

Indien jy nog nie jou Klofie-beursie afgelaai het nie is dit nóú die geleentheid om dit te doen!

www.klofiebeursie.co.za

Page 25: Klofie Klets - klofies.co.za

MATRIEKAFSKEID 2021

Page 26: Klofie Klets - klofies.co.za

Die sluitingsdatum vir hertoelating vir 2022 was 31 Augustus 2021. Die administrasiegeld van R1 500 per leerder vir

2022 is teen 31 Oktober betaalbaar.

Die administrasiegeld van R1 500 per leerder vir 2022 is teen 31 Oktober betaalbaar.

Die bedrag is deel van die jaarlikse skoolgeld vir 2022 wat tydens die Algemene Jaarvergadering wat in November 2021

plaasvind, vasgestel word.

Ouers wat aangedui het dat dit saam met hul debietorderpaaiemente afgetrek moet word, sal die verhoogde paaiemente

op 1 September en 1 Oktober sien.

Die bedrag kan ook kontant, met ‘n krediet-/debietkaart en elektronies inbetaal word.

Die verwysing wat u moet gebruik is u kind se leerdernommer / p-kode + AD2022.

POPI-BELEID

NEEM KENNIS!!

Höerskool Waterkloof verbind hom tot die beskerming van persoonlike inligting en is in die proses om al die nodige

kontroles te hersien om te verseker dat ons POPIA compliant is. Die skool is merendeels samewerkend weens die aard

van ons hantering van data van minderjariges.

Ons bevestig dat u reeds die skool toestemming gegee het om u kind se foto's op die skool se sosiale media platforms

te plaas en met erkende mediahuise vir publikasie te deel. Sou u in die toekoms van mening verander, moet u asseblief

vir mnr. Juan Nagel by [email protected] van u versoek in kennis stel sodat dit dienooreenkomstig bestuur kan

word.

HERTOELATING EN POPIA: AKADEMIESE

JAAR 2022

Page 27: Klofie Klets - klofies.co.za

SKOOLGELD 2021

1. Ouers moet jaarliks ‘n nuwe debietorder voltooi. Debietorders gaan deur Stratcol hanteer word.

Debietorders is op die toep, kommunikeerder en by die kantoor beskikbaar. Aftrekkings word vanaf Januarie

tot November op die 1ste / 15de / 25ste dag van elke maand vanaf u rekening verhaal.

2. Rekeningstate kan ook besigtig word op die Scadsys (Scadco) webblad. Die besonderhede om in te teken is

as volg:

GAAN NA DIE SCADCO WEBBLAD: www.scadco.co.za

* Klik op Login

* Klik op Parent/Account Holder

* Indien u nog nie op die stelsel geregistreer het nie, kan u die Register here ....-opsie kies en

ná registrasie die stappe hieronder volg

As u reeds op 'n vorige geleentheid geregistreer het, kan u die onderstaande stappe volg:

* Klik op Parent/Account Holder

* Sleutel die volgende velde in:

* Reference Number 0006

* Account Number (student number) (u kind se leerdernommer)

* Password wat uself geskep het of indien u nie die wagwoord kan onthou nie kan u die

reset password-opsie gebruik

Indien u enige probleme ondervind met die Scadco Webblad word u versoek om 'n e-pos aan

[email protected] te stuur.

ONBEKENDE DEPOSITO’S

NEEM ASSEBLIEF KENNIS!!

Die volgende inbetalings met foutiewe verwysings is in ons bankrekening inbetaal en kan nie geallokeer word nie:

Die persone verantwoordelik vir die inbetalings word versoek om die skool te kontak sodat ons die korrekte allokering

kan doen.

Page 28: Klofie Klets - klofies.co.za

HOE WERK DIE TOEGANG EN SKANDERINGSPUNTE? Lees asseblief noukeurig deur die volgende stappe.

Stap 1 → Voltooi die SCADSYS-vraelys by die huis.

• DIE LEERDER MOET ALLE VRAE OP DIE SCADSYS-VRAELYS REEDS IN DIE

OGGEND VOOR HY/SY DIE HUIS VERLAAT, VOLTOOI.

• Vul asseblief die vrae eerlik in. Enige oneerlikheid kan tot debietpunte of ‘n dissiplinêre verhoor lei.

• Indien alle vrae nee geantwoord word en die skermpie is groen, mag

die leerder skool toe kom.

• As enige van die vrae ja geantwoord word en die skermpie rooi is mag

die leerder nie skool toe kom nie.

Rooiskermpie, hoe nou?

Hier is moontlike redes vir rooiskermpies en wat om te maak:

• Die leerder het een of meer van die simptome (voel siekerig) en moes

ja op van die vrae antwoord. Die leerder moet die COVID-toets en

isolasieriglynedokument se instruksies volg. Die leerder moet self

met sy betrokke onderwysers reël om die werk via TEAMS te ontvang.

• Die leerder moes ja antwoord omdat hulle ‘n partytjie bygewoon het.

Stuur asseblief ‘n e-pos na [email protected] met die nodige

inligting: wie was by die partytjie, het enige iemand wat by die partytjie was simptome getoon, is daar

met of sonder maskers gesosialiseer. Verdere instruksie sal volg; tot dán mag die leerder nie skool toe

kom nie.

• Iemand in die leerder se gesin, of persoon wat in dieselfde huis woon, het positief getoets of wag tans vir

hul uitslae. Laat weet asseblief die leerders se graadhoof en stel [email protected] in kennis.

• Die leerder is geïdentifiseer as ‘n kontak van ‘n positiewe geval en moet kwarantyn. Meer oor kwarantyn

sal in die COVID-toets en isolasieriglynedokument gevind word.

• Die leerder het per ongeluk ja in plaas van nee op ‘n vraag geantwoord. Ons maak staat op die leerder

se eerlikheid. Indien dit werklik ‘n fout was, mag die leerder skool toe kom en die geval net by die hek

aanmeld.

• Enige navrae rakende rooiskermpies kan aan [email protected] gerig word.

COVID-19-NUUSFLITS

HOËRSKOOL WATERKLOOF COVID-19-PROTOKOL

TOEGANG- EN SKANDERINGSRIGLYNE

Page 29: Klofie Klets - klofies.co.za

GROENSKERMPIE, WAARHEEN NOU?

STAP 2 → Meld aan by die skanderingspunte:

DIE LEERDER MOET NA DIE REGTE SKANDERINGSPUNT BEWEEG: • Graad 8 en 9 → Die hek onder die afdakke, voor die Sportburo.

• Graad 10 → Agter die wagte se gazebo; julle kom by die sporthek se voetgangerhekkie in.

• Graad 11 → Die voetgangershek langs die hoofhek.

• Graad 12 → Onderdeur die boog by die kapelhek.

HOE WERK DIT BY DIE HEKKE? 1. Die leerder moet sy/haar voltooide SCADSYS-vraelys vir die persoon wat die

temperatuur neem by die hek, wys.

2. Let asseblief daarop dat geen skermskote (screenshots) aanvaar word nie.

3. Die skool het wi-fi by die hekke, maar tydens beurtkrag moet leeders asseblief data op

hulle fone hê —leerders kan nie meer die personeel se fone gebruik nie. ‘n IT-

personeellid sal beskikbaar wees vir dié wat hulp benodig.

4. Sodra die leerder ‘n temperatuurlesing ontvang, moet hy/sy dit op SCADSYS inlees en

na die persoon met die saniteermiddel beweeg.

5. Let wel, leerders wie se temperatuurlesing konstant bo 37,8 °C lees, sal voorgekeer

word. Indien die temperatuur geensins daal nie, sal die ouer in kennis gestel word om

die leerder te kom haal en dokter toe te neem (wees maar versigtig met verwarmers in

die voertuie).

6. Slegs as al die bogenoemde punte voltooi is, mag die leerder die skoolgronde betree.

DIE LEERDER SE SKERMPIE IS ROOI, MAAR MAG WEER TERUGKEER SKOOL TOE. HOE NOU GEMAAK?

• Indien ‘n leerder by die dokter was en ‘n doktersbrief het wat duidelik sê dit is NIE COVID-19 NIE, en/of die leerder wag nie vir uitslae nie, mag die leerder met sy/haar rooiskermpie na die hek met die doktersbrief in sy/haar hand beweeg.

• Indien die leerder se isolasieperiode verby is (die elfde dag na laaste kontak), mag die leerder met sy/haar rooiskermpie na die hek beweeg.

• Beide bogenoemde gevalle sal by die hek voorgekeer word, maar die leerder moet net verduidelik en hy/sy sal gehelp en toegelaat word om die skoolterrein te betree indien alles in orde is.

HOE KAN LEERDERS MAAK WAT MOET TOETS OF EKSAMEN SKRYF?

• KYK NA TOEKOMSTIGE KLETS OOR HIERDIE INLIGTING!!!

BELANGRIK OM TE ONTHOU: • Dra te alle tye jou masker. Selfs vanaf die sporthek tot by die sportveld. Indien die

leerder sy/haar masker verkeerd dra of selfs afhaal, sal die leerder met debietpunte gestraf word.

• Geen buff is meer by die skool toelaatbaar nie!

• Behou jou afstand van 1 m van ander mense.

• Was of saniteer jou hande gereeld.

Page 30: Klofie Klets - klofies.co.za

1) https://www.nicd.ac.za/wp-content/uploads/2020/11/Revised-DBE-guidelines-Management-of-COVID-in-schools_Sept2020.pdf 2) https://www.nicd.ac.za/wp-content/uploads/2020/07/NICD_DoH-COVID-19-Guidelines_Final_3-Jul-2020.pdf 3) https://www.knowledgehub.org.za/system/files/elibdownloads/2020-07/Guidelines%20-%20Contact%20Tracing%20for%20COVID-19.pdf

TOON COVID-19-SIMPTOME

• COVID-19-simptome (2): Hoes, seer keel, kort van asem, reukverlies, veranderde sin vir smaak, koors, kouekoors, abnormale hoofpyn, naarheid, braking, diarree, lyfseer, algemene swakheid, ongediagnoseerde sinusitussimptome * By die skool: gaan onmiddellik na die noodhulpkamer, dra jou masker en vermy kontak met ander. * By die huis: bly by die huis, MOENIE SKOOL TOE KOM NIE.

• In albei gevalle moet die individu wat simptome toon, hulle SCADSYS-vraelys eerlik voltooi.

• Indien die individu simptome by die huis toon, moet hulle asseblief die COVID-span daarvan per e-pos by [email protected] in kennis stel.

• Die individu moet ook dadelik sy/haar graadhoofde in kennis stel.

• Die individu moet dan eers vir ‘n mediese ondersoek gaan, óf ‘n COVID-19 toets laat doen (1).

• Toetsresultate wat aanvaar word, is die volgende: * COVID-PCR toets (Ampath of Lancet) * Rapid COVID PCR-antigeentoets (PharmaValue Elarduspark / Dis-chem)

• Die individu kan slegs onder die volgende omstandighede terugkeer skool toe: * Indien hy/sy ‘n doktersbrief wat aandui dat hulle nie COVID-19 het nie (ander gediagnoseerde

siekte), kan toon. * Indien hy/sy negatief vir COVID-19 toets en geen simptome toon nie. * Indien hy/sy nie ‘n doktersbrief of COVID-toets kan inhandig nie, moet hulle vir ’n tydperk van 10

dae isoleer. * Indien hy/sy, vandat die positiewe COVID-19-toetsresultaat beskikbaar is, vir ‘n tydperk van 10 dae (1) isoleer.

Die individu sal saam met die COVID-span die beskikbare vloeidiagram gebruik om alle individue waarmee hy/sy twee dae voordat hy/sy simptome begin wys het - of positief getoets het - in kontak was, te identifiseer.

HOË EN MEDIUM RISIKO-KONTAK • Indien jy as ‘n hoë/medium risiko kontak (3) geïdentifiseer word, sal die volgende stappe,

afhangende van waar jy jouself bevind, gevolg word: * By die skool: jy sal na die noodhulpkamer uitgeroep word. Hou jou masker aan, neem jou tas saam en vermy enige onnodige kontak. Verdere inligting sal aan jou gegee word, waarna jy huis toe gestuur sal word om in kwarentyn te gaan. * By die huis: jy sal gekontak word en van die situasie in kennis gestel word. Jy sal dan gevra word om in kwarentyn te gaan.

• In albei gevalle moet die individue hul SCADSYS-vraelys eerlik voltooi.

• Die hoë/medium risiko-kontakte moet dan vir tien (10) dae in kwarentyn by die huis bly (1). * Die individue moet die volle tien (10) dae in kwarentyn bly, ongeag of hul negatief toets of ‘n doktersbrief inhandig. * Indien leerders siek word en met ‘n ander siekte gediagnoseer word, moet hul nog

steeds hulle kwarentyntydperk voltooi.

• Die individu moet hul graadhoofde in kennis stel indien hul in kwarentyn geplaas word.

• Indien die individu simptome ontwikkel, moet die stappe, soos gesien in bostaande dokument, gevolg word.

HOËRSKOOL WATERKLOOF

COVID-19-PROTOKOL

COVID-TOETSE EN ISOLASIERIGLYNE

Page 31: Klofie Klets - klofies.co.za

SLUITKASSIES

Sluitkassies is vanaf 15 Februarie 2021 beskikbaar om te huur.

Die prosedures is as volg:

* Leerders betaal by me. Maryke Holtzhauzen in die finanskantoor.

* Die leerders neem die bewys van betaling na mnr. Morné Viljoen in klaskamer C 3.

* ‘n Leerder moet reeds weet wat die sluitkassie se nommer, wat hy/sy vir die jaar sal wil huur, is.

* Die leerder MOET ook reeds die slot by die skool hê waarmee hy/sy die kassie gaan toesluit.

* Dan sal die kassie oopgemaak word.

‘n Leerder wat ‘n sluitkassie huur, moet dit self by mnr. Morné Viljoen gaan aanmeld en kan nie ‘n ander leerder

namens hom/haar stuur nie.

KOSTES

Gewone sluitkassie - R150 ( is kleiner as die sport sluitkassies en is verspreid in skoolgebou)

Sportsluitkassies - R250 ( word agter die Sportburo gevind)

UITFASERING VAN SEUNSLANGBROEK

Die Bestuurs- en Uitvoerende Komitee van Hoërskool Waterkloof het die blou skoollangbroek uitfaseer en eerder die

grys langbroek, wat algemeen by klerehandelaars beskikbaar is, as deel van die seuns se skooldrag in te sluit. AL die

seuns MOET die grys langbroek dra.

Die grys langbroek vertoon beter saam met die skool se kortbroek.

Ouers moet asseblief nie meer die blou langbroek aankoop nie.

MY SCHOOL

Ouers kan by myschool.co.za registreer of die MySchool-toepassing op hul fone installeer.

Kies Hoërskool Waterkloof as begunstigde en elke keer wat die MySchoolMyVillageMyPlanet-kaart by onder andere

Builders Warehouse, Engen Quickshop en Woolworths gebruik word, word geld aan die skool teruggeskenk.

Page 32: Klofie Klets - klofies.co.za

FINANSIES: BORGE EN DONASIES

Hoërskool Waterkloof beskik oor Artikel 18 A-status. Dit beteken enige gewaardeerde borg/donasie wat aan die

skool geskenk word, is belastingaftrekbaar vir u besigheid.

Sodra die skool die borg/donasie ontvang, reik ons die sertifikaat uit.

Jy het hier as ‘n Druppel ingestap en na vyf jaar as Jong Volwassene jou laaste treë by Hoërskool Waterkloof gegee. Stap van vandag af nog ‘n paar treë saam met jou alma mater en help om Hoërskool Waterkloof dié wêreldklasskool te maak wat die leiding in opvoedende onderwys neem.

WaterkloofAlumni strewe daarna om oud-Klofies in voeling met Hoërskool Waterkloof te hou en die geleentheid aan oud-Klofies te bied om in kontak met mekaar te bly. Ons hou julle op hoogte van nuus van die skool en skep geleenthede waar oud-Klofies sosiaal met mekaar kan verkeer. Ons maak ook van julle vaardighede en kundigheid gebruik óf gee julle die geleentheid om dit met ander te deel.

Raak betrokke by Kloof!! Ons het julle almal nodig in ons strewe daarna om toonaangewend, toekomsgerig die toekoms in te gaan en van Hoërskool Waterkloof 'n wêreldklasskool te maak.

Ons sien uit om 'n pad saam met julle te stap. Registreer by die onderstaande skakel om so ‘n bydrae te maak tot die Klofie Fonds. Die doel van Klofie Fonds is om fondse te in vir Hoërskool Waterkloof en die fondse sal op meriete aangewend word nadat aansoek gedoen is vir fondse.

https://docs.google.com/forms/d/1Z538393EmKfUYzYvgd2UadqSJjwpP999v9OymtgrZ1I/edit

WATERKLOOFALUMNI: REGISTRASIE

WATERKLOOFALUMNI: FACEBOOKBLAD EN INSTAGRAMBLAD

AANDAG ALLE OUD-KLOFIES!! Of jy nou ‘n oudleerder of -onderwyser is, gaan “Like” die oud-Klofies facebookblad

en volg die oud-Klofies op die oud-Klofies Instagramblad. Bly só in kontak met die Klofie-familie.

KLOFIE BOEKWINKEL

Die Klofie Boekwinkel is Maandae EN Donderdae van 06:30 tot 13:30 oop. Maandae TOT Vrydae is die Klofie

Boekwinkel aanlyn en telefonies by www.klofieboekwinkel.co.za en 086 793 2858 beskikbaar.

KLOFIE KLEREWINKEL

Me. Christine Slabbert van die Klofie Klerewinkel sê dat die winkel bedags van 06:30 tot 14:30 oop is. Sy versoek dat

ouers asseblief ‘n afspraak MOET maak om die Klerewinkel te besoek. U kan haar by 082 487 5756 of tydens

kantoorure by (012) 347 1076 kontak.

Page 33: Klofie Klets - klofies.co.za

* Teen Desember 2021 moet al die ou sportklere uitfaseer wees.

KLOOF-AANLYN KLERE-AANKOPE

Page 34: Klofie Klets - klofies.co.za

KAPEL HOUSE RULES

Page 35: Klofie Klets - klofies.co.za

KLOOF-GELOOF: GEBEDSTOEP

Page 36: Klofie Klets - klofies.co.za