nasionale senior sertifikaat -...

25
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT LEWENSWETENSKAP JUNIE EKSAMEN JUNIE 2015 GRAAD 11 PUNTE: 150 TYD: 2½ URE Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye

Upload: others

Post on 22-Sep-2019

15 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

LEWENSWETENSKAP

JUNIE EKSAMEN

JUNIE 2015

GRAAD 11

PUNTE: 150

TYD: 2½ URE

Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye

Lewenswetenskap/Graad 11 2 MOD/JUNIE 2015 NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. 2. 3. 4.

Beantwoord AL die vrae. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK. Begin ELKE vraag se antwoord op ‘n NUWE bladsy. Nommer die antwoorde presies volgens die nommeringsisteem wat in die vraestel gebruik word.

5. 6. 7. 8.

Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan. Maak ALLE tekeninge met ‘n potlood en die byskrifte met blou of swart ink. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer daarvoor gevra word. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie.

9. 10. 11.

Moet NIE grafiekpapier gebruik nie. Jy moet ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik waar nodig. Skryf netjies en leesbaar.

Lewenswetenskap/Graad 11 3 MOD/JUNIE 2015 NSS

AFDELING A

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies

die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

(1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.8 D.

1.1.1 Watter van die volgende is nie ‘n beskrywing van ‘n virus nie? A. Is ‘n verpligte parasiet

B. Plant voort in lewende selle C. Bestaan uit DNS of RNS D. Het ‘n selkern wat met ‘n omhulsel omring word

1.1.2 ‘n Uitsonderlike eienskap van bakterieë is dat hulle … A. gewoonlik chlorofil bevat

B. oor geen kernmateriaal beskik nie C. lig benodig vir groei D. ‘n selulose selwand het

1.1.3 Watter van die volgende vorm nie deel van die gametofiet generasie in briofiete nie?

A. Sporogonium B. Kaliptra C. Parafises D. Anteridia

1.1.4 Biodiversiteit word die beste gedefinieer as die variasie … A. wat bestaan tussen die lewe van beide geslagte in ‘n enkele spesie.

B. wat geproduseer word onder die nakomelinge in ‘n kruising tussen twee lede van ‘n spesie. C. wat voorkom tussen lede van dieselfde spesie aangepas tot verskillende ekosisteme. D. wat voorkom in en tussen al die spesies in die wêreld

1.1.5 Mastikasie is die proses waartydens voedsel … A. ingesluk word

B. al langs die esofagus beweeg C. fygekou word in chym D. uitgeskei word as onverteerde reste

1.1.6 Die tydelike immuniteit wat moeders oordra aan hulle babas word …

immuniteit genoem.

A. passiewe B. maternale C. ingebore D. aktiewe

Lewenswetenskap/Graad 11 4 MOD/JUNIE 2015 NSS

1.1.7 Die strokiesprent hieronder illustreer die moontlike menslike impak op ons

omgewing.

Watter EEN van die volgende basiese vereistes vir menslike oorlewing word geproduseer deur die innoverende ontwerp, soos geïllustreer in die strokiesprent?

A Water B Teenliggaampies C Suurstof D Optimale liggaamstemperatuur

1.1.8 Watter EEN van die volgende is ‘n voordeel van radiale simmetrie? A kefalisasie kan nie ontwikkel nie B die dier kan reageer op stimuli in alle rigtings C beweging is lukraak en nie in ‘n spesifieke rigting nie D gespesialiseerde sensoriese organe kan nie ontwikkel nie (8x2) (16)

Lewenswetenskap/Graad 11 5 MOD/JUNIE 2015 NSS

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elkeen van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

1.2.1 Die ritmiese sametrekking van die spiere in die spysverteringskanaal wat

veroorsaak dat die voedsel deur die spysverteringskanaal beweeg.

1.2.2 Die eindproduk van proteȉenvertering. 1.2.3 Die versmelting van ‘n sperm en eiersel om ‘n sigoot te vorm. 1.2.4 Die struktuur wat gevorm word tydens die versmelting van ‘n spermsel en

eiersel in briofiete.

1.2.5 Die manlike deel van die dikotiele blom. 1.2.6 Organismes wat drie weefsellae het. 1.2.7 Die plantgroep wat naaksade het en wat keëls dra. 1.2.8 Die groen pigment wat stralingsenergie vasvang. 1.2.9 ‘n Vloeistof gevulde holte wat uitgevoer word deur die mesoderm. 1.2.10 Tipe voortplanting wat oorsprong gee aan geneties identiese

nakomelinge.

(1x10) (10)

Lewenswetenskap/Graad 11 6 MOD/JUNIE 2015 NSS

1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

1.3.1 ‘n Vitamiengebreksiekte in kinders wat gekenmerk word deur abnormale beenvormasie.

A: B:

Kanker Skeerbuik

1.3.2 Siekte wat deur ‘n protis veroorsaak word A: B:

Malaria Kanker

1.3.3 Die proses waartydens verteerde voedsel opgeneem word in die liggaam van die organisme

A: B:

Assimilasie absorpsie

1.3.4 Bakterieë wat hulle eie voedsel vervaardig A: B:

Chemosintetiese Fotosintetiese

1.3.5 Die doel van blomme A: B:

lok bestuiwers vorm vrugte

1.3.6 ‘n Verdeling van plante met ‘n vaatsisteem, sade en geen blomme

A: B:

Angiosperme Gimnosperme

1.3.7 ‘n Belangrike aanpassing vir fotosintese A: B:

dun mesofilselle dik mesofilselle

9x2 (18)

Lewenswetenskap/Graad 11 7 MOD/JUNIE 2015 NSS

1.4 Die onderstaande diagram is ‘n voorstelling van sellulêre respirasie in diere. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

1.4.1 Identifiseer stadiums 1, 2 en 3. (3) 1.4.2 Benoem die organiese komponente A en B. (2) 1.4.3 Noem die organelle waarin die stadiums 1 en 2 onderskeidelik plaasvind. (2) 1.4.4 Identifiseer produkte C en E. (2) 1.4.5 Noem die tipe sellulêre respirasie wat plaasvind tydens die afwesigheid

van suurstof.

(1) (10) TOTAAL AFDELING A [50]

Stadium

Stadium

Stadium

Lewenswetenskap/Graad 11 8 MOD/JUNIE 2015 NSS

AFDELING B Vraag 2

2.1 ‘n Leerling het ‘n eksperiment in sy klaskamer uitgevoer deur verskillende stappe te volg. Bestudeer die prosedure asook die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.

a. ‘n Plant is vir 3-4 dae in die donker geplaas. b. ‘n Styseltoets is uitgevoer deur een van die blare te verwyder. c. Die plant is weer vir 24 uur aan lig blootgestel soos aangetoon in die

onderstaande diagram.

d. Die blaar is getoets vir die teenwoordigheid van stysel.

2.1.1 Stel die hipotese van hierdie ondersoek. (2) 2.1.2 Waarom is die plant vir 3-4 dae in die donker gelaat? (1) 2.1.3 Noem die chemiese middel wat gebruik word om vir stysel in die blaar te

toets. (1)

2.1.4 Waarom sal deel B positief toets vir stysel? (1) 2.1.5 Noem die chemiese stof wat gewoonlik tydens die styseltoets gebruik word

om chlorofil uit die blare te onttrek.

(1) 2.1.6 Beskryf EEN manier hoe die geldigheid van die ondersoek verbeter kan

word. (2)

2.1.7 Stel die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek. (1) 2.1.8 Watter gevolgtrekking kan vanuit hierdie eksperiment gemaak word? (2) (11)

Alluminiumfoelie

Lewenswetenskap/Graad 11 9 MOD/JUNIE 2015 NSS

2.2 Bestudeer die dele van die lewensiklus van die varing en beantwoord die vrae

wat volg.

2.2.1 In watter afdeling word die varing geklassifiseer (spermatofiete of

pteridofiete)? (1)

2.2.2 Watter generasie (A of B), is beter aangepas vir ‘n terrestriële leefwyse? (1) 2.2.3 Stel of die volgende strukture (D of F) haploïed is? (1) 2.2.4 Identifiseer struktuur F. (1) 2.2.5 Verskaf TWEE redes waarom varings beter as mosse aangepas is om te

oorleef in droër streke.

(2) 2.2.6 Beskryf VYF aanpassings van windbestuifde blomme. (5) (11)

VERGROOT

Lewenswetenskap/Graad 11 10 MOD/JUNIE 2015 NSS

2.3 Die onderstaande diagram toon die evolusionêre verhoudings tussen diere.

2.3.1 Verskaf die wetenskaplike naam vir hierdie diagram. (1) 2.3.2 Volgens die diagram, noem EEN eienskap wat slegs deur die

Annelida en Chordata gedeel word en nie met Rondewurms nie.

(1) 2.3.3 Noem die tipe van simmetrie wat gevind word in Platwurms. (1) 2.3.4 Verduidelik TWEE voordele van ‘n deurlopende spysverteringskanaal

in die Annelida. (4)

2.3.5 Wat is kefalisasie? (2) (9)

Sponse

Cnidaria

Platwurms Rondewurms

Moluska Annelida

Artropoda Echinodermata Chordata

Pseudoseloom

Seloom

Deuterostoom Ontwikkeling

Protostoom Ontwikkeling Drie kiemlae Bilaterale simmetrie Weefsels

Meerselligheid

Lewenswetenskap/Graad 11 11 MOD/JUNIE 2015 NSS

2.4 Antibiotika is oneffektief teen virale siektes. 2.4.1 Waarom word antibiotika dan somtyds wel voorgeskryf vir pasiënte

wat virale infeksies het?

(2) 2.4.2 ‘n Pasiënt is ‘n 5-dag kursus van antibiotika gegee. Verduidelik

waarom dit so belangrik is dat die hele kursus van die antibiotika voltooi moet word, al voel hy/sy reeds beter.

(3) 2.4.3 Noem TWEE faktore wat bydra tot ‘n toename in bakteriële groei. (2) 2.4.5 Noem enige TWEE ekonomiese belangrikhede van Fungi. (2) (9) [40]

Lewenswetenskap/Graad 11 12 MOD/JUNIE 2015 NSS

Vraag 3 3.1 Die onderstaande tabel toon die aantal TB gevalle asook die aantal sterftes

aan TB regoor die wêreld in 2009.

STREEK AANTAL GEVALLE (1000S)

AANTAL STERFTES (1000S)

Afrika 3 900 430 Die Amerikas 350 20 Oostelike Mediterreense streek

350 99

Europa 560 62 Suid-oos Asië 4 900 480 Westelike Stille Oseaan

2 900 240

Globale totaal 14 000 1 300

3.1.1 Teken ‘n staafgrafiek deur gebruik te maak van die data vir elkeen van

die streke om die aantal sterftes in 2009 voor te stel.

(8) 3.1.2 Bereken die persentasies van die TB geïnfekteerde mense wat in

Afrika daaraan sterf. (3)

3.1.3 Watter streek het die hoogste aantal TB gevalle in 2009? (1) 3.1.4 Watter streek het die hoogste aantal sterftes in 2009? (1) 3.1.5 Waarom dink jy, het die Amerikas en Europa soveel minder TB gevalle

in vergelyking met die ander lande in die tabel?

(2) (15)

Lewenswetenskap/Graad 11 13 MOD/JUNIE 2015 NSS

3.2 Die meegaande diagram is ‘n voorstelling van ‘n struktuur geassosieer met die menslike spysverteringstelsel. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

3.2.1 Identifiseer die dele wat A en F genommer is. (2) 3.2.2 Gee die LETTER en NAAM van die deel waarin: (i) gal tydelik gestoor word (2) (ii) soutsuur voorkom (2) (iii) villi gevind word (2) (iv) oortollige aminosure gedeamineer word (2) 3.2.3 Noem TWEE funksies van gal. (2) 3.2.4 Verskaf die siekte wat veroorsaak sal word as gevolg van die

volgende: (i) wanneer ‘n persoon weier om te eet as gevolg van

sielkundige redes (ii) kinders wat ‘n dieet het wat baie hoog is in koolhidrate en

onvoldoende proteȉene

(2) 3.2.5 Noem die TWEE produkte van die vertering van vette wat geabsorbeer

word in G. (2)

(16)

Lewenswetenskap/Graad 11 14 MOD/JUNIE 2015 NSS

3.3 Die onderstaande diagram is ‘n voorstelling van fisiologiese prosesse wat

plaasvind in die blaar van ‘n groen plant.

3.3.1 Noem die sellulêre strukture wat deur A en B voorgestel word. (2) 3.3.2 Identifiseer gasse X en Y. (2) 3.3.3 Verduidelik TWEE belangrikhede van die biologiese proses by struktuur

A.

(4)

3.3.4 Noem energiedraer Z. (1) (9) [40]

AFDELING C Vraag 4

4.1 Beskryf die homeostatiese beheer van bloedsuiker in die mens en die toestand

wat ontstaan as gevolg van ‘n disfunksionele sisteem. Bespreek ook die

simptome en bestuur van hierdie toestand.

Inhoud: 17 Sintese: 3 [20] LET

WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, diagramme of tabelle nie.

GROOTTOTAAL 150

X

Organiese komponent Q

Gas Y (gasse vanuit atmosfeer)

Gas Y

A

B

z

Son

Stralings energie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

LEWENSWETENSKAP JUNIE EKSAMEN 2015

MEMORANDUM GRAAD 11

Punte: 150

Hierdie memorandum bestaan uit 10 bladsye

INSTRUKSIES EN BEGINSELS MET BETREKKING TOT NASIEN 1. Indien meer inligting as die puntetoekening gegee word – hou op merk

nadat die maksimum punte verkry is en trek „n kronkellyn en dui “maks” punte in die regterkantste kantlyn aan.

2. Indien, byvoorbeeld drie redes vereis en vyf word gegee – merk net die

eeerste drie ongeag daarvan of almal of sommige korrek / nie korrek is nie.

3. Indien die hele proses beskryf word terwyl slegs ‘n deel vereis word -

lees alles en krediteer die relevante dele.

4. Indien vergelykings vereis, maar beskrywings word gegee – aanvaar

indien die verskille / ooreenkomste duidelik is.

5. Indien tabuleering vereis word en paragrawe word gegee – kandidate sal

punte verbeur indien nie getabuleer nie.

6. As geannoteerde diagramme aangebied in plaas van beskrywings wat

vereis word – kandidate sal punte verbeur.

7. Indien vloeidiagramme ipv beskrywings aangebied word – kandidate sal

punt verbeur.

8. Indien die volgorde vaag en skakelings nie sin maak nie – krediteer waar

volgorde en skakelings korrek is. Waar volgorde en skakelings nie korrek is nie, moenie krediteer nie. As die volgorde weer korrek is, gaan voort om te krediteer.

9. Onherkenbare afkortings – aanvaar indien dit aan die begin van die

antwoord omskryf is. Indien dit nie omskryf is nie, moenie die onherkenbare afkorting krediteer nie, maar krediteer die res van die antwoord indien dit korrek is.

10. Verkeerd genommer – Indien die antwoorde die regte volgorde van die vrae

pas, is dit aanvaarbaar.

11. Indien die taal wat gebruik word die bedoelde betekenis verander –

moenie aanvaar nie.

12. Spelfoute – Aanvaar as dit herkenbaar is, met die voorbehoud dat dit nie iets

anders in Lewenswetenskappe beteken nie of as dit buite konteks is.

13. Indien gewone name gegee word in terminologie – aanvaar, indien dit by

die memobespreking aanvaar is.

14. Indien slegs die letter vereis word en slegs die naam word gegee (en

andersom) – geen krediet.

15. As eenhede van mate nie aangedui word – Memorandum sal afsonderlike punte vir eenhede aandui, behalwe waar dit in vraag gegee is.

16. Wees sensitief vir die betekenis van die antwoord, wat soms op

verskillende maniere aangebied word.

17. Opskrif - Alle illustrasies (soos diagramme, tekeninge, grafieke, tabelle ens.)

moet van „n opskrif voorsien word, behalwe waar dit in „n vraag gegee word.

18. Vermening van amptelike tale (terme en konsepte) – Slegs „n enkele

woord of twee wat in enige ander amptelike taal anders as die leerder se assesseringstaal waarin die meeste van sy/haar antwoorde aangebied word moet gekrediteer word, indien dit korrek is. „n Nasiener wat in die relevante amptelike taal vaardig is behoort geraadpleeg te word. Dit geld vir alle amptelike tale.

AFDELING A

VRAAG 1

1.1

1.1.1 D33

1.1.2 D33

1.1.3 C33

1.1.4 D33

1.1.5 C33

1.1.6 A33

1.1.7 C33

.1.1.8 B33 (8x2) (16)

1.2

1.2.1 Peristalse 3

1.2.2 Aminosure 3

1.2.3 Bevrugting 3

1.2.4 Sigoot 3

1.2.5 Androesium 3

1.2.6 Triploblasties 3

1.2.7 Gimnosperme 3

1.2.8 Chlorofil 3

1.2.9 Seloom 3

1.2.10 Ongeslagtelike voortplanting 3

(10x1) (10)

1.3

1.3.1 Geeneen 33

1.3.2 Slegs A 33

1.3.3 Slegs A 33

1.3.4 Beide A en B 33

1.3.5 Beide A en B 33

1.3.6 Slegs B 33

1.3.7 Slegs A 33

(7x2) (14)

1.4

1.4.1 1:Glikolise 3

2: Kreb‟s siklus 3

3: Oksidatiewe fosforilering 3

(3)

1.4.2 A: Glukose 3

B: Pirodruiwesuur 3

(2)

1.4.3 Stadium 1: Sitosol 3

Stadium 2: Mitochondrion 3

(2)

1.4.4 C: Koolstofdioksied 3

E: Water 3

(2)

1.4.5 Anaerobiese respirasie 3 (1) (10) [50]

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 2.1.1 Meer 3 stysel sal vorm in die area wat nie bedek 3is nie / bedek is OF Minder 3 stysel sal gevorm word in die area wat nie bedek3 is nie / bedek is OF Daar sal geen verskil 3 wees in die hoeveelheid stysel gevorm in die blaar 3

(2)

2.1.2 Om die plant/blare te ontstysel. 3 (1)

2.1.3 Jodiumoplossing 3 (1)

2.1.4 Fotosintese het plaasgevind 3 1)

2.1.5 Alkohol 3 (1)

2.1.6 Plant moet blootgestel 3 word vir meer as 24 uur 3 (2)

2.1.7 Stysel wat gevorm word 3 (1)

2.1.8 Lig 3 is noodsaaklik vir fotosintese 3 (2)

(11) 2.2 2.2.1 Pteridofiete 3 (1)

2.2.2 A3 (1)

2.2.3 F3 (1)

2.2.4 Anteridium 3 (1)

2.2.5 x Ongeslagtelike voortplanting is afhanklik van droë

weerstoestande 3

x Het egte wortels, stingels en blare 3

x Hulle beskik oor ware / egte vaatweefsel 3

(2)

2.2.6 x Blomme is gewoonlik klein 3

x Verminderde / min nektar 3

x Geen opvallende kroonblare 3

x Ligte, gladde en droë stuifmeelkorrels 3

x Lang en dun filament van die stuifmeeldrade 3

x Groot en taai stempel 3

(5)

(11)

2.3 2.3.1 Kladogram / Filogenetiese boom. 3 (1)

2.3.2 Deutrostoom ontwikkeling 3 (1)

2.3.3 Bilateraal 3 (1)

2.3.4 x Geen vermenging van voedsel 3 omdat dit slegs in een

rigting beweeg 3

x Dit laat toe dat vertering deurlopend 3 kan plaasvind 3

x Die spysverteringskanaal is gespesialiseerd in verskillende

streke 3 wat aangepas is om verskillende funksies 3 te

verrig 2x2

(4)

2.3.5 Konsentrasie van sintuig-/sinsorgane 3 in die kop 3 (2)

(9) 2.4 2.4.1 x Pasiënte met virale infeksies is vatbaar vir sekondêre

bakteriële 3 infeksies x Die antibiotika is bedoel om hierdie bakteriële infeksies te

behandel 3

(2)

2.4.2 x Indien die kursus van die antibiotika voortydig gestop word, sal sommige van die bakterieë oorleef 3

x Hulle muteer in nuwe bakterieë 3 x Wat weerstandig is vir die oorspronklik voorgeskrewe

antibiotika 3 x De pasiënt sal weer siek raak 3

Enige DRIE

(3)

2.4.3 x Optimum pH 3 en temperatuur x Vogtigheid 3 x Beskikbaarheid van voedingstowwe 3

Merk eerste TWEE

(2)

2.4.4 x Dien as ontbinders/hersirkuleringsproses 3 x Vorm simbiotiese verhouding met bakterieë 3 x Bron van voedsel 3 x Speel „n belangrike rol die die vervaardigingsproses 3

bv kaas, alkohol x Produksie van medisyne (Penisilien) 3 x Diere siektes3 x Bederf voedsel3 x Siektes van gewasse3 x Biologiese beheer3 Merk eerste TWEE

(2)

(9)

[40]

3.1

3.1.1 Die aantal sterfgevalle as gevolg van TB regoor die wêreld in 2009

3.1.2 4303 /39003 *100 = 11.033 % / 11% (3)

3.1.3 Suidoos Asië 3 (1)

3.1.4 Die Amerikas 3 (1)

3.1.5 Beter fasiliteite vir behandeling 3

Genoegsame hulpbronne 3

(2)

(15)

AAN

TAL

STER

FTES

IN 1

000d

e

AFRI

KA

DIE

AMER

IKAS

EURO

PA

SUID

-OO

S AS

WES

TELI

KE S

TILL

E O

SEAA

N

OO

STEL

IKE

MED

ITER

EEN

SE S

TREE

K

STREKE

3.2

3.2.1 A:Lewer 3

F: Pankreas 3 (2)

3.2.2 (i) D3 – galblaas 3 (2)

(ii) E 3– Maag 3 (2)

(iii) G3 - Dunderm 3 (2)

(iv) A3 - Lewer 3 (2)

3.2.3 Emulsifiseer vette 3

Help met die absorpsie van vette en vitamiene 3

Voorkom die ontbinding van voedsel 3

Neutraliseer sure afkomstig van die maag 3

Vergemaklik die beweging van voedsel 3 Merk eerste TWEE

(2)

3.2.4 (i) Anoreksia 3

(ii) Kwashiorkor 3

(2)

3.2.5 Vetsure 3

Gliserol 3

(2)

(16)

3.3

3.3.1 A: chloroplaste 3

B: Mitochondrion 3

(2)

3.3.2 X : Koolstofdioksied 3

Y: Suurstof 3

(2)

3.3.3 x Koolstofdioksied word gebruik gedurende die proses 3

dus beheer dit die koolstofdioksied vlakke in die

atmosfeer 3

x Sintese van organiese komponente 3, voorsien voedsel

3/ energie vir ander organismes

(4)

3.3.4 ATP3 (1)

(9) [40]

Vraag 4

x Homeostase is die vermoë van „n lewende organisme om „n konstante 3

interne omgewing 3 te handhaaf ongeag die veranderinge in die eksterne

omgewing

x Die konsentrasie van glukosevlakke in die bloed word beheer/gekontroleer

deur twee hormone, insulien 3 en glukagon 3 wat deur die Eilandjies van

Langerhans 3 in die pankreas 3 gesekreteer word

x Wanneer die bloedsuikervlak hoog 3 is, word die hormoon insulien

gesekreteer 3

x Insulien verhoog die tempo waarteen glukose geabsorbeer 3 word deur die

lewer3selle en die spier3selle

x Dit stimuleer die omskakeling van glukose in glikogeen 3en vet in die lewer

en spiere

x Wanneer die bloedsuikervlak laag 3is word die hormoon glukagon

3gesekreteer

x Glulagon stimuleer die omskakeling van gestoorde glikogeen 3in die lewer in

glukose 3

x Hierdie glukose word vrygestel in die bloed sodat die vlak van glukose kan

terugkeer na normaal.

x Wanneer die pancreas nie genoeg insulien kan afskei nie ontstaan „n

toestand bekend as diabetes mellitus3.

x Die liggaam kan nie die normale glukose vlakke beheer nie 3

x Wanneer die liggaam nie voldoende insulien kan sekreteer nie word pasiënte

met insulien 3 ingespuit

x Wanneer die liggaam nie genoeg 3 insulien afskei nie kan mense sekere

aanpassings maak in hul diëet 3 en leefstyl

x Die simptome van diabetes mellitus sluit in uitermatige dors, 3 naarheid, 3

gewigsverlies, moegheid, wonde wat nie genees nie, gereelde urinering

Assessering van die opstel

Kriteria Relevansie Logiese volgorde Omvattendheid / Begrip

Slegs inligting relevant tot Diabetes melitius en die simptome van die toestand word bespreek

Die hormonale beheer van bloedsuikervlakke word op „n logiese manier uiteengesit. Die simptome word gelys.

Die rol van die betrokke hormone in die handhawing van „n konstante bloedsuikervlak asook die simptome van diabetes word volledig bespreek.

Punte 1 1 1