news.hselspark.co.za  · web viewaan die einde van die les behoort jy in staat te wees om: die...

10
Directorate: Curriculum FET VAK EN GRAAD Lewenswetenskappe Graad 11 KWARTAAL 2 Kwartaal 2 (Week 7 en 8) ONDERWERP Sellulêre respirasie DOEL VAN DIE LES Aan die einde van die les behoort jy in staat te wees om: Die basiese terminologie soos glikolise, oksidatiewe fosforilering, aërobiese en anaërobiese respirasie ens. te kan definieer Die proses van respirasie te ken Die prosesse van aërobiese respirasie en anaërobiese respirasie te verstaan Die prosesse van aërobiese en anaërobiese respirasie te vergelyk BRONNE Papier- gebaseerde bronne Verwys na die volgende afdelings oor ‘selrespirasie’ in jou handboek: Oorsig van selrespirasie Beskrywing van die proses van selrespirasie Die rol van anaërobiese respirasie in die industrie Eksperimente oor sellulêre respirasie INLEIDING Hersien die afdeling van selstrukture in Graad 10. KONSEPTE EN VAARDIGHEDE Hieronder is ‘n lys van definisies van sommige van die terme wat jy in hierdie afdeling sal bestudeer. Gebruik jou handboek en onderstreep al die nuwe terme/woorde wat jy in hierdie afdeling oor sellulêre respirasie sal bestudeer. Gebruik die woordelys in jou handboek om die volgende terme/woorde te definieer. (Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan definieer tydens ‘n toets of eksamen). Mitochondrion – selorganel betrokke by sellulêre respirasie Aërobiese respirasie– tipe selrespirasie wat suurstof benodig Anaërobiese respirasie – tipe selrespirasie wat plaasvind in die afwesigheid van

Upload: others

Post on 21-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: news.hselspark.co.za  · Web viewAan die einde van die les behoort jy in staat te wees om: Die basiese terminologie soos glikolise, oksidatiewe fosforilering, aërobiese en anaërobiese

Directorate: Curriculum FET

VAK EN GRAAD Lewenswetenskappe Graad 11KWARTAAL 2 Kwartaal 2 (Week 7 en 8) ONDERWERP Sellulêre respirasieDOEL VAN DIE LES Aan die einde van die les behoort jy in staat te wees om:

Die basiese terminologie soos glikolise, oksidatiewe fosforilering, aërobiese en anaërobiese respirasie ens. te kan definieer

Die proses van respirasie te ken Die prosesse van aërobiese respirasie en anaërobiese respirasie te verstaan Die prosesse van aërobiese en anaërobiese respirasie te vergelyk

BRONNE Papier- gebaseerde bronne

Verwys na die volgende afdelings oor ‘selrespirasie’ in jou handboek: Oorsig van selrespirasie Beskrywing van die proses van selrespirasie Die rol van anaërobiese respirasie in die industrie Eksperimente oor sellulêre respirasie

INLEIDING Hersien die afdeling van selstrukture in Graad 10.

KONSEPTE EN VAARDIGHEDE

Hieronder is ‘n lys van definisies van sommige van die terme wat jy in hierdie afdeling sal bestudeer. Gebruik jou handboek en onderstreep al die nuwe terme/woorde wat jy in hierdie afdeling oor sellulêre respirasie sal bestudeer. Gebruik die woordelys in jou handboek om die volgende terme/woorde te definieer. (Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan definieer tydens ‘n toets of eksamen).

Mitochondrion – selorganel betrokke by sellulêre respirasieAërobiese respirasie– tipe selrespirasie wat suurstof benodigAnaërobiese respirasie – tipe selrespirasie wat plaasvind in die afwesigheid van suurstof Glikolise – fase tydens selrespirasie wanneer glukose tot pirodruiwesuur afgebreek word Oksidatiewe fosforilering – reeks van sikliese reaksies tydens selrespirasie wanneer energieryke waterstofatome en koolstofdioksied vrygestel word Melksuurfermentasie – anaërobiese respirasie wat in spierselle plaasvind Alkoholiese fermentasie – anaërobiese respirasie wat in gisselle plaasvind

Page 2: news.hselspark.co.za  · Web viewAan die einde van die les behoort jy in staat te wees om: Die basiese terminologie soos glikolise, oksidatiewe fosforilering, aërobiese en anaërobiese

Directorate: Curriculum FET

A ë ROBIESE RESPIRASIE Alle lewende organismes bestaan uit selle en selle verrig werk en daarvoor benodig hulle energie Selrespirasie vind plaas in die selle van plant- en dierselle Aërobiese respirasie vind plaas in die teenwoordigheid van suurstof Die proses van aërobiese respirasie kan voorgestel word deur die volgende vergelyking:

ensieme Glukose + suurstof (O2) Koolstofdioksied (CO2) + water (H2O) + ATP

Selrespirasie vind plaas in die mitochondria van selle. (Onthou dat jy die struktuur van die mitochondrion in Graad

10 bestudeer het) STRUKTUUR VAN ‘N MITOCHONDRION

Fases van aërobiese respirasie:Glikolise:

Glikolise vind plaas in die sitoplasma van die sel net buite die mitochondrion Glukose word afgebreek tot pirodruiwesuur Energieryke waterstofatome word vrygesteL en beweeg binne-in die mitochondrion ATP word tydens glikolise gevorm

Page 3: news.hselspark.co.za  · Web viewAan die einde van die les behoort jy in staat te wees om: Die basiese terminologie soos glikolise, oksidatiewe fosforilering, aërobiese en anaërobiese

Directorate: Curriculum FET

Krebssiklus:

Die Krebssiklus is ‘n reeks van sikliese reaksies wat binne die mitochondrion plaasvind Pirodruiwesuur wat die mitochondrion binnegaan word afgebreek na energieryke waterstofatome en

koolstofdioksied Die koolstofdioskied word as ‘n gas vrygestel

Oksidatiewe fosforilering

Oksidatiewe fosforilering vind plaas in die mitochondrion Die energie van die waterstofatome word gebruik om energieryke ATP te vorm Die waterstofatome kombineer met suurstof om water te vorm

Aktiwiteit 1:Gebruik die vloeidiagram hieronder om die verskillende fases van selrespirasie te beskryf nl. glikolise, Krebssiklus en oksidatiewe fosforilering.

ANA ë ROBIESE RESPIRASIE

Page 4: news.hselspark.co.za  · Web viewAan die einde van die les behoort jy in staat te wees om: Die basiese terminologie soos glikolise, oksidatiewe fosforilering, aërobiese en anaërobiese

Directorate: Curriculum FET

Vind plaas in die afwesigheid van suurstof Glukose word net gedeeltelik afgebreek en minder energie word vrygestel Melksuurfermentasie– anaërobiese respirasie wat in spierselle plaasvind. Pirodriuwesuur word omgeskakel na

melksuur Alkoholiese fermentasie – anaërobiese respirasie wat in gisselle plaasvind. Koolstofdioksied en alcohol (etanol)

word gevorm.

Aktiwiteit 2:Gebruik jou handboek om te beskryf hoe anaërobiese respirasie in spierselle en plante plaasvind.

Aktiwiteit 3Gebruik jou handboek om die rol van anaërobiese respirasie in die industrie te beskryf bv. maak van bier en bak van brood

VERGELYKING TUSSEN A ë ROBIESE EN ANA ë ROBIESE RESPIRASIE

Aërobiese respirasie Anaërobiese respirasieVind plaas in die teenwoordigheid van suurstof

Vind plaas in die afwesigheid van suurstof

Produkte is koolstofdioksied en water Produkte is melksuur (diere) of koolstofdioksied en etanol (plante/gisselle )

‘n Groot hoeveelheid energie word vrygestel

‘n Klein hoeveelheid energie word vrygestel

Page 5: news.hselspark.co.za  · Web viewAan die einde van die les behoort jy in staat te wees om: Die basiese terminologie soos glikolise, oksidatiewe fosforilering, aërobiese en anaërobiese

Directorate: Curriculum FET

Aktiwiteit 4:Bestudeer die eksperimente oor selrespirasie in jou handboek.

Vraag 1:1.1 ‘n Groep graad 11 leerders stel ‘n ondersoek op soos in die diagram hieronder voorgestel word.

1.1 Gee die doel vir die ondersoek. 1.2 Identifiseer (a) die deel wat gemerk A (b) TWEE funksies van die deel wat A gemerk is1.3 Gee ‘n geskikte gevolgtrekking vir hierdie ondersoek. 1.4 Hoe kan die leerders verseker dat die ondersoek geldig is?

Page 6: news.hselspark.co.za  · Web viewAan die einde van die les behoort jy in staat te wees om: Die basiese terminologie soos glikolise, oksidatiewe fosforilering, aërobiese en anaërobiese

Directorate: Curriculum FET

Vraag 2Die diagram hieronder verteenwoordig ‘n eksperiment waar die apparaat in ‘n warm plek in die laboratorium geplaas was vir ‘n sekere tyd. Die suikeroplossing is eers gekook en afgekoel voordat die gis bygevoeg is. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

2.1 Gee die doel van die eksperiment? 2.2 Noem EEN funksie van ELK van die volgende in hierdie ondersoek: (a) Kalkwater (b) Rubberprop (c) Suikeroplossing 2.3 Hoekom moet die suikeroplossing eers gekook word voordat die gis bygevoeg word? 2.4 Noem TWEE nuwe stowwe wat mag vorm in die suikeroplossing tydens die eksperiment.

Page 7: news.hselspark.co.za  · Web viewAan die einde van die les behoort jy in staat te wees om: Die basiese terminologie soos glikolise, oksidatiewe fosforilering, aërobiese en anaërobiese

Directorate: Curriculum FET

Vraag 3Die diagram hieronder stel die apparaat wat tydens ‘n ondersoek gebruik is. Die apparaat is in die donker gehou.

3.1 Gee die doel van hierdie ondersoek.3.2 Wat is die doel vir die volgende (a) Proefbuis B (b) Kalkwater3.3 Tabuleer die verwagte resultate in elk van die proefbuise. 3.4 Noem EEN faktor wat dieselfde gehou moet word in al die proefbuise in hierdie ondersoek.

Page 8: news.hselspark.co.za  · Web viewAan die einde van die les behoort jy in staat te wees om: Die basiese terminologie soos glikolise, oksidatiewe fosforilering, aërobiese en anaërobiese

Directorate: Curriculum FET

Algemene foute wat deur leerders gemaak word in eksamens: Leerders nie bekend met basiese terminologie. Leerders verstaan nie die instruksie werkwoorde in vrae nie bv. die verskil tussen beskryf en verduidelik. Leerders nie in staat om die korrekte byskrifte te verskaf by tekeninge/illustrasies nie. Leerders nie in staat om vrae te beantwoord oor eksperiment van selrespirasie Leerders nie in staat om vrae te beantwoord oor wetenskaplike ondersoeke bv. identifisering van veranderlikes,

skryf van afleidings/gevolgtrekkings ens.

AKTIWITEITE/ASSESSERINGS

Voltooi die aktiwiteite/vrae oor die afdeling van selrespirasie in jou handboek.

KONSOLIDASIE Definieer alle terme relevant tot die onderwerpe wat in hierdie les behandel is Werk deur die aktiwiteite/vrae in jou handboek oor die afdeling van selrespirasie

Let wel: Die kennis en vaardighede wat jy in hierdie afdeling bekom het, sal vir jou help om die volgende afdeling, beter te kan verstaan nl

Gaswisseling

WAARDES Deur selrespirasie te studeer en leer, sal jy ‘n waardering ontwikkel van die waarde en toepassing van kennis van hierdie onderwerp in die industrie bv. maak van bier en bak van brood.