nuusbrief julie 2011

4
Julie 2011 FCE nu us Liewe Gebedsondersteuners D ie afgelope tyd het ‘n paar gebeurtenisse saamgeval wat die mensdom opnuut laat bespiegel of besin het oor die eindtye. “Daar sal gerugte wees van oorloë, op baie plekke sal daar hongersnode en aardbewings wees” (Matt 24). Dit klink soos die nuus om 7. “Baie sal onder My Naam kom en sê: ‘Ek is die Christus’, en hulle sal mense mislei” (Mat 24). Niemand kon die advertensieborde miskyk, wat oral in die wêreld ge- pryk het met die voorspelling van die wegraping wat op 21 Mei 2011 sou plaasvind nie! D aar was groepe wat geleef het asof Harold Camping se voorspelling ‘n feit is, en alles wat hul besit, uitgeleef het. Ander was tipiese draadsitters wat die veilige opsie oopgehou het dat hul gereed sou wees vir wat ookal gebeur. Dan was daar diegene wat van die begin af sinies en afsydig was en onversteurbaar voortgeleef het, asof die wederkoms ‘n mite is. Persoonlik was ek opnuut gekonfronteer met die wete dat die wederkoms ‘n werklikheid is. Daar gaan ‘n dag aanbreek wat Christus gaan terugkom op die wolke. D aarom stel ek my dit ten doel om die Skrifte opnuut te ondersoek, maak ek erns met my persoonlike verhouding met my Here en bid ek dat ek deur Sy genade sal “volhard tot die einde toe.” God hou die verloop van die geskiedenis in Sy hand. Deur Christus sal Hy uiteindelik al sy vyande en die Satan verslaan. Die wat aan Hom getrou bly sal die nuwe hemel en die nuwe aarde beërwe. Jesus het sy dis- sipels vermaan om “altyd gereed” te wees, “want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie en Sy getroue en verstandige slaaf is dié een vir wie sy eienaar by sy tuiskoms so aan die werk sal kry. Gelukkig is hy!” (Mat. 24). M artin Luther het gesê: “As ek weet Jesus kom vannag, dan plant ek vandag nog ‘n appelboom.” FCE het ‘n mandaat gekry om dissipels te maak. FCE se gebedsondersteuners is ons medewerkers om hierdie opdrag so uit te voer dat Jesus met Sy wederkoms ons besig sal vind met die taak wat Hy aan ons toevertrou het. Kom ons “volhard in die geloof” en gaan die bruidegom tegemoet “met ons lampe vol olie!” (Matt. 25). Neels volhard tot die einde toe Sal ek die tekens van die tye herken? ek sterk genoeg kan staan teen die misleiding? ek die geloof in Christus as My Verlosser en Regverdige Regter bly behou? ek Hom herken, of is my beeld van Hom so verwronge dat Hy vir my onherkenbaar sal wees? die verwagtings wat ek van Hom het met Sy wederkoms, ooreenstem met wie Hy werklik is? Foundation for Cross- cultural Education Posbus 126, Wolseley, Suid Afrika, Oakstraat, Huis Weich, 6830 www.fce.org.za [email protected]

Upload: foundation-for-cross-cultural-education

Post on 28-Mar-2016

242 views

Category:

Documents


7 download

DESCRIPTION

fce_publications

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief Julie 2011

Julie 2011FCEnuusL i e w e G e b e d s o n d e r s t e u n e r s

Die afgelope tyd het ‘n paar gebeurtenisse saamgeval wat die mensdom opnuut laat bespiegel of besin het oor die eindtye. “Daar sal gerugte wees van oorloë, op baie

plekke sal daar hongersnode en aardbewings wees” (Matt 24). Dit klink soos die nuus om 7. “Baie sal onder My Naam kom en sê: ‘Ek is die Christus’, en hulle sal mense mislei” (Mat 24). Niemand kon die advertensieborde miskyk, wat oral in die wêreld ge-pryk het met die voorspelling van die wegraping wat op 21 Mei 2011 sou plaasvind nie!

Daar was groepe wat geleef het asof Harold Camping se voorspelling ‘n feit is, en alles wat hul besit, uitgeleef het. Ander was tipiese draadsitters wat die veilige

opsie oopgehou het dat hul gereed sou wees vir wat ookal gebeur. Dan was daar diegene wat van die begin af sinies en afsydig was en onversteurbaar voortgeleef het, asof die wederkoms ‘n mite is.

Persoonlik was ek opnuut gekonfronteer met die wete dat die wederkoms ‘n werklikheid is. Daar gaan ‘n dag aanbreek wat Christus gaan terugkom op die wolke.

Daarom stel ek my dit ten doel om die Skrifte opnuut te ondersoek, maak ek erns met my persoonlike verhouding met my Here en bid ek dat ek deur Sy genade

sal “volhard tot die einde toe.” God hou die verloop van die geskiedenis in Sy hand. Deur Christus sal Hy uiteindelik al sy vyande en die Satan verslaan. Die wat aan Hom getrou bly sal die nuwe hemel en die nuwe aarde beërwe. Jesus het sy dis-sipels vermaan om “altyd gereed” te wees, “want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie en Sy getroue en verstandige slaaf is dié een vir wie sy eienaar by sy tuiskoms so aan die werk sal kry. Gelukkig is hy!” (Mat. 24).

Martin Luther het gesê: “As ek weet Jesus kom vannag, dan plant ek vandag nog ‘n appelboom.” FCE het ‘n mandaat gekry om dissipels te maak. FCE se

gebedsondersteuners is ons medewerkers om hierdie opdrag so uit te voer dat Jesus met Sy wederkoms ons besig sal vind met die taak wat Hy aan ons toevertrou het. Kom ons “volhard in die geloof” en gaan die bruidegom tegemoet “met ons lampe vol olie!” (Matt. 25).

Neels

volhard tot die

einde toe

Sal ek die tekens van die tye herken? ek sterk genoeg kan staan teen die misleiding? ek die geloof in Christus as My Verlosser en Regverdige Regter bly behou? ek Hom herken, of is my beeld van Hom so verwronge dat Hy vir my onherkenbaar sal wees? die verwagtings wat ek van Hom het met Sy wederkoms, ooreenstem met wie Hy werklik is?

Foundation for Cross-cultural Education

Posbus 126, Wolseley, Suid Afrika,

Oakstraat, Huis Weich,

6830

ww

w.fc

e.or

g.za

[email protected]

Page 2: Nuusbrief Julie 2011

oDie onderwysers in ons land het ons nodig. Kom ons staan saam om hul

aan te moedig en te motiveer om hul onderwystaak as ‘n roeping en nie net as ‘n beroep te sien nie. Alles in die onderwys is daarop gemik om

ons kinders sekulêr-humanisties groot te maak; ons soek onderwysers wat ons kinders se gedagtes kan vorm rondom Christelike, Bybelse waarhede en beginsels, sodat hulle getrou tot die einde, kan help bou aan God se Koninkryk.Die derde “National Christian Teachers’ Convention” vind vanjaar in Bloem-fontein plaas vanaf 1 tot 4 Oktober 2011. Die tema van die konferensie is: “The Teacher: Surviving, Successful, Significant?” Ons weet dat hierdie konferensie, soos met die vorige twee, onderwysers opnuut sal inspireer, toerus en versterk vir hul groot taak as opvoeders van die volgende geslag.

Bring asseblief hierdie konferensie onder die aandag van die onderwysers in u omgewing. Moontlik kan u, u gemeente of selgroep ‘n onderwyser borg.

ns vier in September vanjaar FCE se 21ste herdenkingsjaar op Koti ni Eden. Ons gaan ook by hierdie geleentheid Koti ni Eden, ons nuwe Opleidingsentrum in Zambië, aan die Here toewy. Gert Basson en die feeskomitee is reeds besig met die reëlings. Ons vertrou die Here dat die personeel van FCE van oral oor die geleentheid sal kan bywoon. Daar heers groot opwind-ing omdat ons een begeerte het, en dit is om te getuig van dit wat die Here deur FCE doen.

Sonja de Beer was een van die eerste onderwysers wat in die beginjare die moed ge-had het om by FCE aan te sluit. Op daardie stadium het ons niks gehad om aan te bied nie, en sy het in gehoorsaamheid aan die Here ‘n geloofstap geneem. Sy getuig as volg:“Ek het 22 jaar gelede met FCE kennis gemaak toe die Here my vir sending geroep het. Ek was ‘n huishoudkunde-onderwyseres op ‘n klein dorpie in die Oos-Kaap, Steynsburg, toe die Here duidelik met my gepraat het. Ek het geen idee gehad waarheen om te gaan nie en het nog nooit van FCE gehoor nie. Ek was met Jannie wat by FCE betrokke is, bevriend. Op daar-die stadium het Neels en Anita de Jager uit hul onderwysposte bedank en in die geloof met hul kinders Stellenbosch te getrek om ‘n Christenskool te begin. Daar was niks – nie ‘n gebou nie, nie ‘n huis nie, nie duidelike riglyne oor wat hul moes doen nie – net ‘n seker wete dat die Here hulle geroep het. My ouers was baie skepties oor my skielike sendingroeping – mens gee nie jou beroep net sommer so op nie en ek het op die koop toe ‘n 3 jaar beursverpligting gehad.

Maar my roeping was duidelik – ek kon dit nie ignoreer nie. Ek het vasgehou aan Rom 4:18: ‘Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo…’ Ek het kinderlik geglo dat God sal sorg. In Desember 1990 het ek Stellenbosch toe gegaan. Met my aankoms is ek deur ‘n man, wat vir my baie na die Bybelse Abraham gelyk het, ‘n klein vroutjie, hul drie kinders en vier ander onderwysers, verwelkom. Ek kan net onthou dat die huis baie vuil was en dat ons vir weke geskrop en geskuur het. Dit was die begin van my dis-sipelskapopleiding – daar het ek geleer wat dit in die werklikheid beteken om ‘n dissipel te wees. Neels, Anita en hul kinders was vir my ‘n voorbeeld van om alles op te gee – hul huis, hul privaatheid, hul familielewe en saam met selfsugtige jongmense onder een dak te leef.

Ek kyk na 21 jaar saam met hulle terug na ‘die dae van klein dingetjies’. Soos Abraham het ons baie dae net God se stem gevolg, selfs al het ons nie geweet waarheen nie. Ons het vandag baie stories om te vertel, getuienisse van hoe God voorsien het. Die onderwysbestel is in daar-die tyd verander en ek het toe nooit nodig gehad om my beurs terug te betaal nie. Ek dank die Here dat ek in daardie tyd deel was van wat die Here deur Neels, Anita en Jannie gedoen het – my geloof is so versterk dat ek tot vandag toe nooit kon twyfel aan Hom nie.” (Sonja de Beer)

FCE 21 jaar feesvieringe

National Christian Teachers’ Convention

Kontak die FCE-kantore vir meer beson-derhede: [email protected] of besoek die webblad www.natctc.co.za.

Saterdag 1 Oktober tot Dinsdag 4 Oktober 2011

Bloemfontein

Come and see what the Lord has done!

FCE se nuutsteTydskrif en DVD, ‘En Route’ Beskikbaar vanaf 24 September 2011

Tydskrif Prys: R50DVD Prys: R100

Page 3: Nuusbrief Julie 2011

Come and see what the Lord has done!

NUUS VAN DIE VERSKILLENDE

Die hoofkantoor is ‘n miernes van bedrywighede. Die Redaksiespan was die afgelope maande betrokke by die skryf van FCE se Feesblad en ‘n FCE DVD met die titel: ‘EN ROUTE’ Dit sal in September beskikbaar gestel word.

Elma Britz en haar helpers is aktief in die gemeenskap betrokke: hulle besoek van die skole, bid saam met Ma’s wat Omgee, werk saam met die maatskaplike werkers en polisie en bedien die mense in die ouetehuis. Soos in elke dorp in die land, is die nood hier groot: tienerswangerskappe, dwelmverslawig, alkoholmisbruik, armoede en hongersnood is ‘n werklikheid. Dit is die Liggaam van Christus wat toegerus is en die opdrag gekry het, om betrokke te raak. Ons skakel by die bestaande hulporganisasies in om die las te help verlig en hoop te bring.

‘n Uitreikgroep van Port Elizabeth van die gemeente Volle Evangelie PE Noord, is besig om die koshuisgange te teël. Ons dank die Here vir hul diensbaarheid en bereidheid om hul vakansie op te offer om vir ons te kom help.

In Desember verlede jaar het ons ingetrek op Koti ni Eden en nou na 6 maande begin ons ons voete vind. Ons bly opgewonde oor hierdie stukkie ‘paradys’ wat die Here aan ons toevertrou het en ons WEET dat ALLES wat deur die afgelope tien jaar, daar tot stand gebring is, van die Here af kom.

Die bouwerk is steeds in volle swang: Jannie en Elise se huis is dak-hoogte. ‘n Organisasie uit Engeland het ‘n donasie gemaak waar-mee ons die fondasies van die enkelkwartiere vir die ongetroude personeel kan lê. Die kombuis kan ook nou ten volle toegerus word, omdat ‘n organisasie uit Duitsland vir ons finansies daarvoor beskik-baar gestel het. Met die hulp van Deon Veldsman en Josh Wood-house van Australië en Christian Abele van Duitsland is die elektrisiteit by die skool aangelê tot groot vreugde van almal. Dolf, Christof en Izak van Breedenet Worcester het die satelliet- en internetkabels en lyne in die kantoor kom lê en dit is wonderlik om in kontak met die an-der Opleidingsentrums en ons familie en vriende wêreldwyd te wees.

Die derdejaar onderwysstudente geniet die ruimtes van die nuwe klaskamers. Hulle kom in Augustus, saam met Hendrik en Carien Jansen, na Wolseley om voorberei te word vir hul fi-nale groot taak en in Desember ontvang hulle hul diplomas.

Jaco en Corrie van der Westhuizen en hul helpers, woeker op die plaas. Die mielie-oes is af en ons dank die Here vir ‘n goeie oes. Die bio-diesel laboratorium is weer opgerig en die bio-diesel wat ons self vervaardig, hou die kostes vir die pomp van die water laer. Die hoenders lê amper 700 eiers per dag. Die kwekery voorsien vrugte-bome wat ons aan boere verskaf. Die inkomste uit die kwekery word gebruik om die werkers op die plaas se salarisse te betaal. Die boorde het goeie lemoen- en piesangoeste opgelewer en die kombuis was dankbaar vir die vars vrugte wat met etes voorgesit kon word. Ons het ‘n winkel in Ibenga begin, waar van die plaasprodukte verkoop word.

Koti ni Eden hou skou: Gedurende Meimaand is ‘n skou vir die ge-meenskap gereël. Die boere se produkte is uitgestal, die vrouens

kon hul naaldwerkpogings ten toon-stel, die skoolkinders se kuns- en handwerkartikels was daar, nuwe ontwerpe het die lig gesien, soos bv. die miniatuur snoekertafel met albasters en ‘n geweer van hout en draad. Die boer van die jaar, die ontwikkelaar van die jaar en die werker van die jaar is ook aangekondig. Die sokker- en netbalwedstryde het groot byval gevind en man, vrou en kind vanuit die gemeenskappe was betrokke.

Daar was ‘n groot toename in malariagevalle vandat ons op Koti ni Eden ingetrek het. Yvette Maloney van die kliniek was op ‘n stadium baie bekommerd en ons het ons gebedsondersteuners gevra om te bid. Sy getuig as volg:“Ek is ‘n getuie van ‘n wonderwerk wat God hier op Koti ni Eden gedoen het. Een van ons personeel, bring haar dogtertjie na my toe. Sy was deur die nag koorsig en sy het haar op malariamedikasie gesit. Die dogter-tjie was wasbleek. Toe ek aan haar raak, begin sy krampagtige rukbe-wegings maak. Ek stuur die ma na buite en binne sekondes verander die gesiggie van bleek, na blou na grys en sy hou op om asem te haal.

My jarelange ondervinding tree onmiddellik in aksie, ek sorg dat haar lugweë oop is en ek begin met kunsmatige asemhaling – die hele tyd is ek bewus daarvan dat daar ‘n geveg aan die gang is en ek begin bid, terwyl ek werk. Deur die Here se genade is Rachael Greer, ‘n opgeleide verpleegster van Australië, aan my sy. Ons roep die Here in ons uur van benoudheid aan. Desiree le Roux kom binne en begin saam met ons intree. Ons ervaar die stryd tussen lewe en dood en ons bid soos die Heilige Gees ons lei, terwyl ons alles doen wat menslik moontlik is. Na wat vir ons soos ure gevoel het, begin die dogtertjie asemhaal en kon ek haar aan die suurstofmas-jien koppel wat ons ‘n rukkie vantevore van ‘n donateur ontvang het.

Wat hierdie getuienis nog kosbaarder maak, is die feit dat die Here my ‘n paar dae voor hierdie voorval, reeds voorberei het. Ek was besig met Mattheus en die gedeelte het gehandel oor Jesus wat mense op verskillende maniere gesondmaak. Ek haal net ‘n ge-deelte aan van wat ek daardie dag in my joernaal geskryf het: “I have much to give, I need you My obedient child to take up the author-ity that I have given you. Not your own things, driven by your own desires, but born from My Spirit. Move in the flow of My Spirit, be obedient – I want to do something. Know the strategy of your en-emy, be a watchman on the wall – I have everything in place that you need. You will not run and get weary if you wait upon Me”. Dit is presies wat ek in daardie uur in die kliniek beleef het: Ek het God in aksie gesien, ons was soos klei in Sy hande en ek staan verstom!”

WOLSELEY

ZAMBIE Koti ni Eden

OPLEIDINGSENTRUMS

Page 4: Nuusbrief Julie 2011

Kalungu is eweneens ‘n miernes van bedrywighede. Die meeste bouwerk is klaar, maar ons vertrou die Here vir finansies om die ‘Ontvangs-gebou’ en personeelhuis by die kampterrein klaar te bou. Dan is dit ook weer tyd om die ronddawels te begin opknap. Lydia en Reneé is aktief betrokke by die bediening van die vrouens uit die omliggende villages. Lydia het ook geletterheidsklasse met die vrouens begin. Tydens hierdie klasse gesels hulle oor die rol van die vrou in die huisgesin. Daar was onmiddellike reaksie toe die vrouens begin het om onder mekaar gebroke verhoudings te herstel. Van die vrouens het hul lewens aan die Here oorgegee en ‘n ander wat ‘n buite-egtelike verhouding gehad het, het dit bely en laat staan.

Carel Els is veral betrokke by die leiers van die kerke in die omgewing en van die kerke het deelgeneem aan die “Global Day of Prayer” op 12 Junie. Hulle gaan voort om die plaaslike Kerk te mobili-seer om saam te bid. Daar is ‘n toename in ‘witchcraft’ bedrywighede in die omgewing en dit kan net deur vas en gebed teengestaan word.

Georg en Karin Paul het met hul gesin na ‘n huis in ‘n village ver-skuif. Hulle het ‘n begeerte om die taal vinniger baas te raak, en hulle wil ook ‘n groentetuin vestig as voorbeeld vir die inwoners in die village om hul eie groentetuine tot stand te bring en te onderhou.

Bernie en sy helpers van Citrusdal-Clanwilliam het Kalungu se groentetuine onder besproeiing kom sit, en dit maak almal se taak net soveel ligter.

Intussen gaan die Dissipelskap- en Sendingopleiding voort en word die studente blootgestel aan die realiteit van sendeling wees en sendingwerk doen. Ons dank die Here vir die handjievol personeel wat al die bedrywighede moet organiseer, wat dikwels hul privaat-heid en familietyd moet prysgee, sodat ander opgelei kan word.

Die opleidingsentrum en King’s Highway Ruskamp in Malawi is nog in aan-bou. Sampie van Rens-burg, Danie van Wyk en hulle span het ure op die terrein deurgebring en die ablusie-geriewe is klaar ge-bou. Kampeerders kan bin-nekort hul tente kom opslaan by ‘n kragpunt, ‘n waterkraan en heer-like braaifasiliteite. Ons personeel bly nog in tente en ons vertrou die Here dat ons binnekort kan begin om geriefliker verblyf in te rig.

Soos wat ons die fondasies grawe vir die oprig van geboue, is ons terselfdertyd besig om geestelike fondasies te grawe in die gemeen-skap rondom die Opleidingsentrum. Dit neem baie geduld, uithou en aanhou om verhoudings te bou en vertroue te wen. Carel en Reneé Els het gedurende April- en Meimaand vir Moses en Regina gaan help en die ‘Firm Foundations”- kursus gaan aanbied. Dit het die pad oopgemaak om in die villages betrokke te raak. Regina werk met die vrouens en Moses hou byeenkomste met die leiers van die gemeenskap. Malinda en die kinders in haar klassie reik uit na die skool in Tekero en Cephas bied een maal per week skoolgereed-heidsprogramme aan. Jesaja is verantwoordelik vir die beplanning rondom die bouprojekte en beweeg baie rond om alles te organiseer.

In die begin was almal baie opgewonde en nuuskierig en toe het groot groepe mense by alles wat aangebied word, saamgedrom. Stadig word die getalle minder en diegene wat oorbly, is die mense wat bereid is om erns te maak en met wie ons ‘n dissipelskappad kan stap. Bid vir die span, dat hulle nie sal moedeloos word nie, maar dat hulle getrou sal bly en dat hulle sal volhard. Jesus het ook skares gehad wat agter hom aan-geloop het, maar dit is net ‘n handjievol van wie Hy dissipels gemaak het. Ons vertrou die Here vir die handjievol wat deur Sy Gees voorberei is.

KALUNGU MALAWI

DISSIPELSKAP-SENDINGOPLEIDINGPiet en Elma du Toit en Dalene Treptow bied die Dissipelskapkursus aan en die studente kom van Australië, Duitsland en Suid-Afrika. Wat ‘n wonderlike geleentheid om vir 3 maande lank, elke dag mense uit die Woord te onderrig en heen te wys na Christus, hul Verlosser en Saligmaker.

Ons bied jaarliks in Oktober ‘n verkorte weergawe van die kursus aan. Dissipelskap-sendingopleiding (verkort) (6 weke): Wolseley, 10 Oktober – 20 November 2011.Kontak die kantoor vir meer inligting: [email protected]

Winter Special1 June - 31 August 2011

King’s Highway Guest housesomerset west

R249 per person per night (DOUBLE ROOM)(2 or more consecutive nights, maximum 2 people per room only)

R317 per person per night (SINGLE ROOM)incl. breakfast & light supper(2 or more consecutive nights, 1 person per room only)

[email protected]

Tel: 021-851 5318

en winkelsBILTONGFABRIEK

HELP: Die kombuis in Koti ni Eden word toegerus. Op 24 Julie vertrek ‘n vragmotor van Wolseley met voorrade na Zambië. Ons is dringend op soek na: Plastiekhouers, plastiekemmers van alle groottes, roomysbakke (met deksels asseblief). Dit

kan afgelaai word by enige van die Biltongwinkels in Somerset-Wes, Strand of Tulbagh, of die King’s Highway Gastehuis in Somerset-Wes of by die hoofkantoor op Wolseley.

Biltong for Africa Lions Square, Winkel 103, 150 Hoofweg, Somerset-Wes

Bushveld Biltong & BraaiStrand, StrandstraatTel: 021 851 7188

BiltongfabriekTulbagh, MarkstraatSel: 079 899 9461