rooimier 7 - 2016
DESCRIPTION
Nuusbrief 7TRANSCRIPT
No. 7 Februarie 2016
Nuusbrief : Sentrale Volkskool Skoolhoof: Mnr LGH Welthagen Tel : 056 2125 731 Hillstraat 92 Kroonsta d
Uit die Hoof se
kantoor :
‘n Laerskooljuffrou vra haar klas om die volgende oggend aartappels in ‘n sakkie saam te bring skool toe. Een aartappel vir elke persoon wat hulle haat en dié se name moet dan ook aan hul aartappels toegeken word. Almal het aartappels ge-bring. Sommige net een, maar daar was kinders met twee, drie en selfs meer aartappels in hul sakkies. Hul opdrag was om die sakkie met aartappels vir die hele week, oral waar hul gaan, saam te dra. Soos die tyd verbygegaan het, het van die aartappels begin snaaks ruik soos dit begin verrot het. Van die kinders met meer aartappels het ook gekla dat hul sakkies swaar raak en dat hulle moeg is om dit rond te dra. Juffrou het hulle egter aangemoedig om die taak te voltooi en almal was baie bly toe die week eindelik verby is. Juffrou gee toe elkeen geleentheid om te vertel hoe hulle die taak gevind het. Sy hoor toe weereens hoe almal kla oor die verrotte aartappels se reuk wat hulle orals agter-volg en die feit dat die sakkie swaar begin raak het. Hulle het glad nie gehou van die taak nie. Sy sê toe aan haar klas: “Die
situasie is presies dieselfde as die swaar gevoel wat mens in jou hart dra as jy nie van sekere mense hou nie. Die haatgevoelens maak jou hart ongesond en jy dra al daardie negatiewe emosies saam met jou orals waar jy gaan. Julle het die aartappels vir ‘n week gedra, dink net hoe moeilik dit sal wees om sulke gevoelens vir ‘n leeftyd saam met jou rond te dra. Ons harte is baie sensitief en dit kort mooi gevoelens en gedagtes oor ander mense, om ons (en hulle) te laat glimlag en goed te laat voel oor onsself en die lewe. Vergewe die mense wat jou iets aandoen en laat al die negatiewe gedagtes oor hulle vry, sodat jou hart en siel met oorgawe kan glimlag vir die lewe. So maak mens meer plek vir mooi gedagtes om in jou hart pos te vat.” Die mense wat lief is vir ons, voed ons liefde. Die mense wat ons haat, benodig ons liefde. Want God is vir ons almal lief.
Geagte ouers, Indien daar emand is wat
belangstel om hul besighede te
adverteer by Sentrale
Volkskool, kontak my gerus.
Daar is kontakte beskikbaar vir
advertensieborde wat ons op
die heining rondom die skool wil
opsit.
Hoop om spoedig van u te
hoor.
Maretha Pelser : 082 576 6467
Neem net kennis dat daar op 29 Februarie geen netbaloefening sal wees nie omdat die
afrigters ‘n werkswinkel het. 1 Maart sal daar
geen rugbyoefening wees nie omdat die mans ‘n
werkswinkel het.
Aandag ouers,
Ons doen ‘n beroep op alle ouers om hulle skoolgelde
op datum te kry.
Baie dankie.
Wêreldbiddag vir Vroue : Vrydag om 07:30 in
die saal. (Madelein Fourie is die spreker) Mammas is ook welkom.
Liewe ouers Dit is amper weer daardie tyd van die jaar….. Ons jaarlikse Sportdag. 9 April 2016 – Hou hierdie datum oop! Alle ouers wat ons daardie dag kan help, stuur asseblief u naam en nommer na: 082 576 6467. Ek weet daar is nog nie ‘n program uit nie, maar ons wil net graag die ouers wat bereid is om te help se name op ‘n lys plaas. Ons sal nader aan die tyd, wanneer die programme uit is, tye deur-gee. Dit is ‘n dag om nie te mis nie! Maretha Pelser
27 Feb Vrystaat Atletiek in Bloemfontein Jubelfees by Sentrale Volkskool Nautilus by Fichardtpark Laerskool in Bloemfontein Brandfort Sportdag 29 Feb Tandemuis besoek die skool Netbal Reëlbespreking by Blouskool 1 Maart SBST vergadering Rugby reëlbespreking vir afrigters by Aurora in Welkom 3 Maart o/9, o/11 en o/13 Rugby oefenwedstryde teen Senekal – weg Boksmart by Griffons Stadion om 18:00 in Welkom 4 Maart Wêreldbiddag vir vroue (Madelein Fourie) Gr. 7 – Geografie toetsreeks begin 5 Maart IEC verkiesing by Sentrale Volkskool Welkom Gimnasium Skaakkampioenskappe 6 Maart IEC verkiesing by Sentrale Volkskool
Dillon Wilkinson
Eksamen Rooster : Maart - 2016
Ouers , ons sukkel weer die
afgelope ruk met goed wat
wegraak by die skool. Ons vra
dat julle asb. leerlinge se klere
& besittings deeglik sal merk.
Baie dankie.
Slaagvereistes : Grondslagfase :
Vlak 4 in Afrikaans (50%)
Vlak 3 in Engels (40%)
Vlak 3 in Wiskunde (40%)
Graad 4 - 6 :
Vlak 4 in Afrikaans (50%)
Vlak 3 in Engels (40%)
Vlak 3 in Wiskunde (40%)
Vlak 3 in twee van die oorblywende vakke (SW, LV, NW)
Jaarpunt tel 75% van promosiepunt en November eksamen tel 25%.
Graad 7 :
Vlak 4 in Afrikaans (50%)
Vlak 3 in Engels (40%)
Vlak 3 in Wiskunde (40%)
Vlak 3 in drie van die oorblywende vakke.
Vlak 2 in 2 vakke wat nog nie in ag geneem is. (SW, NW, TEG, LO, Skeppende kuns)
Promosiepunt en November eksamen tel 60%.
Maart Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7
4 Maart Geografie
7 Maart Geskiedenis Wisk 1 Wisk 1 Geskiedenis
8 Maart Wisk 1 NW Geskiedenis EBW
9 Maart Wisk 2 Wisk 2 Wisk 2 Wisk
10 Maart NW Geskiedenis NW NW
11 Maart Engels Engels Engels Engels
14 Maart Afrikaans Geografie Afrikaans Tegnologie
15 Maart Geografie Afrikaans Geografie Afrikaans
GRAAD 1 FONDSINSAMELINGSPROJEK
SATERDAG 12 MAART 2016 - TE KOPPIESDAM - A EN C SONE - OU PERDEKAMP
TYD: 07:00 - 15:00
HEK OPEN 05:00
INSKRYWINGSGELD R100 p/p
PRYSE
Swaarste Sak: R 1 500 + VERBLYF VIR 2
Grootste Karp: R 1 000 + AANDETE VIR 2
Grootste Baber: R 1 000
Grootste Moddervis: R 1 000
Grootste opruiming
vullissak: R 300
Klomp TROOSPRYSE!!! Lootjies gaan verkoop word @ R50 - SKAAP kan gewen word!!!
Kaartjies Beskikbaar: Kaartjies gaan by die Dam en by die skool (Juf Hester Hagen) beskikbaar wees!
Lizelle: 082 650 2457 E-pos adres: ALMAL IS WELKOM
Bud: 082 851 9479 [email protected]
Sterkte aan ons Nautilus leerlinge wat die komende naweek gaan deelneem. Senties is trots op julle!
Assesserings
Datum : Gr : Vak : Beskrywing :
29 Feb 4 WISK Hou dagboek en teken tye aan (Opdrag in
Inligting - en Kommunikasie leêr)
1 Maart 4 SW Geografietoets : (Bl. 4, 6, 8, 11 – 14)
2 Maart 4 NW Toets (Handb. bl. 16, 18-20, 22, 24-27, 3, Aktw.
in werkboek + Sleutelwoorde 1-25)
3 Maart 4 AFR Skryfwerk : Jy gaan ‘n nuusberig skryf.
Onderwerp sal in die klas gegee word. Lees
riglyne en wenke op Bl.19 in jou handboek. 1 Maart 6 ENG Language Test
2 Maart 6 WISK Toets (Tyd & en 2D vorms)
Uitslae : Saterdag 20 Februarie 2016 0/12 : Jaco Kleingeld (3’de in 70m Hekkies)
0/11 : Hanriëtte van Zyl (4’de in 100m) BJ Pelser (1’ste in 70m Hekkies & 5’de in Verspring)
0/12 : Margarete Zietsman (6’de in 75m Hekkies)
Emma Schutte (1’ste in 100m & 2’de 150m)
Gekies vir 0/12 NV Aflosspan
Mieke Jacobs (5’de in 150m Hekkies)
Joret Olivier (4’de in 1200m)
Ilani Klopper (2’de in Spiesgooi) Michiel Heyns (3’de in 150m Hekkies & 6’de in 75m Hekkies)
Janico van Coller (2’de in Verspring) Burger Marais (6’de in Spiesgooi)
0/13 : Mia – Marie Campher (5’de in 75m Hekkies)
Dendre Aucamp (1’ste in 80m Hekkies & 1’ste 200m Hekkies)
DJ Liebenberg (Deur op Tye vir 80m Hekkies, 200m Hekkies en
Skyfwerp)
Maandag, 29 Februarie is
Skrikkeldag ...
Trek jou snaaksste klere aan en wen ‘n prys.
Op skrikkeldag werk alles agterstevoor, onderstebo en sommer
verkeerd om. Betaal R10 by klasonderwyser.
Spookasem in die vierkant vir
R10.00
Ons wil net hartlik welkom sê aan die volgende
mense :
Oom Sakkie - Ons nuwe Faktotum
Juffrou Thelani - Ons nuwe Gr.3 Juffrou
Juffrou Wera - Nuwe student by Gr.1
BAIE WELKOM
Ons doen ‘n beroep op ouers om hul kruideniers aanlyn te
koop aangesien die skool elke maand ‘n persentasie van die wins gaan
kry. Ouers kan na www.bestelnet.co.za se webwerf toe gaan en gratis
aanlyn registreer. Op hierdie stadium kan ouers nog net nie-bederfbare
produkte teen goeie pryse bestel. U kan enige van die 1600 produkte
bestel deur net die naam van die produk in die soekblokkie te sit en dan
te “enter”. (Sit net u kind se klas ook in as u wil betaal) Die produkte word
in Kroonstad by Senties afgelaai en daar is geen vervoerkostes aan ver-
bonde nie. Ouers kan vir Mnr. Eben Smith by 0711039038 skakel vir
enige navrae.
AFBAKENING MAART 2016
Graad 4 Afrikaans Leer die aantekeninge wat Juffrou vir jou uitgedeel het (In jou Inligting – en kommunikasieleêr) Gaan deur Tema 1 – 5 in Jou Platinum handboek.
Engels Handboek : (Pg. 6, 8, 11, 16, 18, 24 – 26, 28, 34, 36, 41, 42 & Excercices in Workbook)
Wiskunde Handboek : (Bl.11, 47, 52, 53 & Hersiening + Aktiwiteite in werkboek)
NW Leer opsommings & Aktiwiteite & Sketse in werkboek.
SW Leer al die nuwe woorde en inligting op die volgende blaaie in jou Platinum handboek (Bl.4,6,7,8,9,10,11,12,15) Kyk na voorbeeld vraestel op Bl.20 & 21)
Graad 5 Afrikaans Kyk na al die taalwerk van tema 1 – 5, maar die klem val in die vraestel op gedigte. Leer veral Bl.7,8,9 in leerleêr baie goed. Ken tema 5 se woordeskat en idiome op Bl.10. Die taalwerk is
opgesom in die leerleêr. Kyk egter na handboek & skryfboek.
Engels Punctuation pg. 3. Personal pronouns pg. 7 and Proper nouns pg. 6. Possessive pronouns pg. 32. Simple present tense pg. 6, 16. Question forms pg. 24, 26. Capital letters. Pg. 3. Simple
past tense pg. 3, 10. Uncountable/ countable nouns pg. 21. Apostrophe pg. 32. Irregular verbs pg. 41. Male/Female pg. 4.
Wiskunde Tema 1 : Tel, rangskik, vergelyk en stel heelgetalle voor (Bl.4-7), Tema 2 : Getalsinne : Optel , aftrek, vermenigvuldig, deling en omgekeerde bewerkings (Bl.8 – 12), Tema 3 : Optel & Aftrek,
Afronding en skatting, Uitgebreide notasie en Omgekeerde bewerkings (Bl.14 – 17), Tema 4 : Numeriese patrone : Vloeidiagramme (Bl.18 – 20), Tema 5 :
Vermenigvuldiging en deling : (Lang maal en deel) Faktore en veelvoude, Woordsomme (Bl.22 & 25), Tema 6 : Tyd, lees, skryf, herlei en bereken tyd (Bl.28 – 31 & 34), Tema 7 : Datahan-
tering , tabelle, piktogramme en staafgrafieke (Bl.34 – 36 & 38), Tema 8 : 2 D vorms, veelhoeke en hoeke (Bl.42 – 45)
NW Platinum : Onderwerp 1 : Plante & diere op aarde (Bl.2,4,5), Soorte diere (Bl.10 – 12, 14), Onderwerp 2 : Diereskelette (Bl.16 – 20), Beweging (Bl.22 – 24,26), Onderwerp 3 : Raam &
Dopstrukture (Bl.28,30,36), Onderwerp 4 : Voedselkettings (Bl.38 – 41), Hoe werk ‘n voedselketting? (Bl.42,43,46), Onderwerp 5 : Lewensiklusse (Bl.48 – 51, 58) + Sleutelwoorde soos
afgebaken in klas. AFBAKENING SOOS ONDERSTREEP IN HANDBOEK.
SW GEOGRAFIE: Eenheid 1- Langvrae: Akt 3 Bladsy 6, Kortvrae: Bl: 4, 5, Eenheid 2, Langvrae: Akt 4 Bladsy 9, Kortvrae: Bl: 7, 8, Eenheid 3, Langvrae: Akt 6 Bladsy 14, Akt 7 Bladsy 15. Kortvrae: Bl: 10,
13, 15, 17, Eenheid 4, Kortvrae: Bl:18 & Voorbeeld van Kwartaal Assessering.
GESKIEDENIS : Eenheid 1, Langvrae: Bl. 90, Kortvrae: Bl: 89, 92, Eenheid 2, Langvrae: Bl. 95, Kortvrae: Bl: 93, Eenheid 3, Langvrae:Bl:96 , Eenheid 4: Langvrae: Bl.97,
Kortvrae: Bl:98, Eenheid 5, Kortvrae: Bl:99, Eenheid 6, Langvrae: Bl.103, Kortvrae: Bl:101, Eenheid 7, Kortvrae: Bl:105, 106, 107 & Voorbeeld van Kwartaal assessering
Graad 6 Afrikaans Platinum : (Bl.2, 7 – 9, 11, 12, 14, 20, 21, 24, 26, 31, 32, 33, 36, 38, 44, 45, 48, 50, 51, 54, 55, 56, 57, 60 &
Teikenwerkvelle), Oranje Handboek (Bl.140,141,144,145)
Engels FILE : 4 Types of nouns ( Pg. 1 – 4), Pronouns (Pg.8 – 13), Articles (Pg.15 – 17), Tenses (Pg.17 – 30), Revision (Pg.37), Verbs (Pg.41), Prepositions (Pg.42 – 43), Homophones (Pg.44) + PP”s
Platinum : (Pg.7,8,10,15,20,25,27,30)
Wiskunde Platinum handboek: Getalbegrip bl. 4,5,6,7. Getalsinne en Ekwivalente getalsinne bl. 8,9 en 11. Optel en Aftrek bl. 12 en 16. Breuke bl. 18, 20 en 21. Ekwivalente breuke bl. 22 en 23. Optel en aftrek van breuke
bl. 25. Hersiening bl. 27. Tyd bl. 30, 31, 32, 35. 2D vorms bl. 36, 37, 38, 39 en 43. Datahantering bl. 46, 48, 49,
52. Numeriese patrone bl. 54. Ekstra oefening lêer: Volgorde van bewerkings bl. 1,2. Opsomming bl. 4. Getalsinne bl. 5 en 6. Afronding bl. 7. Breuke opsomming bl. 9 en 11. Tyd bl. 13, 14, 15 en 16.
(Hersien assesserings en kyk na die oefeninge in jou werkboek.) NW Onderwerp 1 – 4 ; Bl1 – 45 (Lees die werk baie goed deur!!), Sleutelwoorde (Bl.2,3,12,21,28,32,37,40,41,44),
Sketse (Bl.2,4,22,45), Diagramme & Tabelle (Bl.8,16,23 & Aktiwiteit 2 Bl.43, 47), Sleutelbegrippe
(Bl.6,9,30,34,43), Langvrae : Bl.12, 18, 31 – 32, 35), Hersienings van onderwerpe (Bl.10,26,38,52), Kwartaal 1 – Toets (Bl.53 – 54)
SW GEOGRAFIE: Eenheid 1 : Kortvrae: Bl: 4, 5 , Eenheid 2 : Kortvrae : Bl: 7, 8, Eenheid 3 : Langvrae: Aktiwiteit 5 Bl 10, Kortvrae: Bl:10, Eenheid 4 : Langvrae: Akt 6 Bl 13, Kortvrae: Bl: 12,13, Eenheid 6 :
Kortvrae: Bl: 16,17, Eenheid 7 : Kortvrae: Bl: 19, 20, Eenheid 8 : Kortvrae: Bl: 21, 22, Eenheid 9 : Kortvrae: Bl: 23,
Langvrae; alle kaart vaardighede & Voorbeeld van Kwartaal Assessering, GESKIEDENIS : Eenheid 1 : Langvrae: Bl. 103, Kortvrae: Bl: 99, 100, 101, 102, Eenheid 2 : Kortvrae: Bl: 104, 105, 106, Eenheid 3 : Langvrae: Bl:
107, 108, Eenheid 4 : Langvrae: Bl.109, Kortvrae: Bl:110, Eenheid 5 : Kortvrae: Bl:111, Eenheid 6 : Langvrae: Bl.112, Eenheid 7 : Kortvrae: Bl:114, 115, 116, 117 & Voorbeeld van Kwartaal assesserings.
Graad 7 Afrikaans Platinum : (Bl.2, 8, 9, 12, 14, 15, 18 – 21, 24, 26, 30, 31, 32, 33, 36, 38, 39, 41, 42 – 45, 48, 54, 53, 55 – 57, 60 & Teikenwerkvelle), Afrikaans my Taal (Bl.51, 52, 185, 187)
Engels File : Punctuation Marks (Pg.1 – 4), Present indefinite tense (Pg. 5 – 8), Four types of sentences (Pg.10 , 11), Past indefinite tenses (Pg.12 – 15), Worksheets (Pg.16 & 17), Nouns (Pg.18 – 20), Countable &
Uncountable nouns (Pg.20 – 22), Different pronouns (Pg.23 – 29) & PP’s (Nr.1 – 30) Platinum : (Pg.4, 8, 10 & 11,
14, 24, 25, 26, 37, 40)
Wiskunde Tema 1 – 5 : Telgetalle: Eienskappe, bewerkings, afronding, woordprobleme, GGF, KGV, priemgetalle - Eksponente en Wortels - Meetkunde: Lyne, hoeke, vorms – eienskappe en konstruksies (Gebruik
jou aantekeninge asook Platinum handboek KWT 1 se werk en Dept werkboek om voor te berei)
NW Kennis afdeling 1 : (Bl.2 – 43, 56 – 62) – Leer die volgende bladsye nie (Bl.44 – 51, 53 – 55), Sketse (Bl.2- bo, 3 – Links onder, 30, 36 – Blom, 39 – onder), Diagramme (Bl.24 – bo, 29 – bo), Diagramme (Bl.24,
29), Sumatiewe Assesserings : (Bl.17 – 18, 34 – 35, 52 – 53 – bo, 62), Langvrae (Bl.6 – 7 : 7 Lewensprosesse, 9 :Koolstofdioksies, 11 : Water, 11 : grond , 12 :Bo) JULLE MOET AL DIE “HET JY GEWEET?” VIR
KORTVRAE LEER!!!!
SW Geografie : Module 1 : Kaartvaardigdhede, Eenhheid 1 : Plaaslike kaarte en straatkaarte bl.8 -10, Eenheid 2 : Sketskaarte en roetes bl 12-13, Eenheid 4 : Afstand en skaal , bl 16 – 19, Eenheid 5 :
Huidige gebeure bl 21-23 , Nuwe woorde (Alle onderstreepte werk en praktiese kaartwerk), Geskiedenis :
Module 2 : Koningkryk van Mali en die stad Timboektoe gedurende die 14de eeu. Eenheid 1 : Handel oor
die Saharawoestyn : bl 26 – 27 Eenheid 2 : Koninkryk van Mali bl. 29-32, Eenheid 3 : Die stad Timboektoe. bl.33
- 41 en (Alle onderstreepte werk ), Nuwe woorde , Langvrae soos deurgegee.
Tegnologie Hoofstuk 1 : Wat is tegnologie (Bl.1,7, 9 -14), Hoofstuk 2 : Inleiding tot grafiese kommunikasie (Bl.15 – 17, 20 – 22, 27 – 34, 42 – 44), Hoofstuk 3 : Bl.48 – 52 & Bl.57) SOOS AFGEBAKEN IN KLAS!!!
EBW Eenheid 1 : Langvrae: Bl. 8, 14, Kortvrae: Bl: 10-13, 15, Eenheid 2 : Langvrae: Bl. 17, Kortvrae: Bl: 19, 22, Eenheid 3 : Kortvrae: Bl: 24, 26, 27, 29, Eenheid 4 : Langvrae: Bl. 35, 37, Kortvrae: Bl: 32, 33, 36, 38