siektemonitering- en voorligtingstelsel vir … sa julie verslag 2014... · siektes kan nie as net...

15
Diensverskaffers en medewerkers 1. Voorwoord – Belang van siektemonitering. 2. Kry die entingsplan in plek en deel dit met jou kuddeveearts. 3. Bestuur van siektes wat altyd voorkom. Mankheid – opvolgbespreking omtrent die identifisering van die oorsake van mankhede. 4. Huidige siektetendense 5. Oproep vir registrasie en deelname aan die sisteem. SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR DIE SUID-AFRIKAANSE SUIWELBEDRYF ‘n Melk SA Projek Siektetendens-verslag: Julie 2014 IN DIE UITGAWE: Hierdie verslag is opgestel deur dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk in ondersteuning van die siektemonitering- en voorligtingstelsel vir die Suid-Afrikaanse Suiwelbedryf. Alle inligting in die verslag is gebaseer op die informele rapportering van veesiektes, en die kuddeveearts moet geraadpleeg word voor enige siektevoorkomings of –behandelingsaksies, wat gebaseer is op inligting vervat in die verslag, geneem word. Die verslag word voorsien aan melkbeesprodusente ter ondersteuning van beter kuddegesondheidsbestuur met die verstandhouding dat nòg die outeur/s nòg die organisasies betrokke enige regsaanspreeklikheid aanvaar ten opsigte van enige stelling, feit of aanbeveling wat in hierdie verslag vervat is. RuVASA Ruminant Veterinary Association of South Africa Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika

Upload: phungthuy

Post on 30-May-2018

232 views

Category:

Documents


3 download

TRANSCRIPT

Page 1: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

Diensverskaffers en medewerkers

1. Voorwoord – Belang van siektemonitering.

2. Kry die entingsplan in plek en deel dit met jou kuddeveearts.

3. Bestuur van siektes wat altyd voorkom. • Mankheid – opvolgbespreking

omtrent die identifisering van die oorsake van mankhede.

4. Huidige siektetendense 5. Oproep vir registrasie en deelname aan

die sisteem.

SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR DIE SUID-AFRIKAANSE SUIWELBEDRYF

‘n Melk SA Projek Siektetendens-verslag: Julie 2014 IN DIE UITGAWE:

Hierdie verslag is opgestel deur dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk in ondersteuning van die siektemonitering- en voorligtingstelsel vir die Suid-Afrikaanse Suiwelbedryf.

Alle inligting in die verslag is gebaseer op die informele rapportering van veesiektes, en die kuddeveearts moet geraadpleeg word voor enige siektevoorkomings of –behandelingsaksies, wat gebaseer is op inligting vervat in die verslag, geneem word.

Die verslag word voorsien aan melkbeesprodusente ter ondersteuning van beter kuddegesondheidsbestuur met die verstandhouding dat nòg die outeur/s nòg die organisasies betrokke enige regsaanspreeklikheid aanvaar ten opsigte van enige stelling, feit of aanbeveling wat in hierdie verslag vervat is.

RuVASA Ruminant Veterinary Association of South Africa Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika

Page 2: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

Tydsverloop is die beperkende en bepalende faktor ten opsigte van siektebeheer. Daarom vorm die korrekte tydsberekening die basis waarop ‘n kuddegesondheidsbenadering gebou word.

Alle siektetoestande volg ‘n ontwikkelingsproses wat so kort soos ‘n paar sekondes kan wees (bv. ernstige heupbesering van ‘n koei wat op ‘n gladde vloer gly) of solank soos ‘n paar jaar (bv. beesleukose wat oor ‘n baie lang tyd ontwikkel en dan skielik sekere diere ernstig aantas).

In meeste van die gevalle is die siekte aanvanklik nie maklik sigbaar nie, maar wanneer dit sigbaar word is daar gewoonlik ‘n baie beperkte periode van tyd waarin aksie geneem kan word ten einde groot produksieverliese te voorkom (sien sponssiekte op die volgende bladsy as voorbeeld).

Met soveel verskillende siektes wat moontlik probleme kan veroorsaak moet daar ‘n moniteringstelsel in plek wees waardeur die belangrikste siekte- tendense geïdentifiseer en sigbaar voorgestel kan word, sodat daar op die tydige voorkomingsaksies of vroeë doeltreffende behandeling gefokus kan word (sien bladsy vier vir ‘n voorbeeld van so ‘n uitbeelding).

Elke siekte volg ‘n verskillende ontwikkelings-

proses.

‘n Veearts bestudeer die ontwikkelings-proses van ‘n

siekte om voorkomings- of behandelings-

opsies te identifiseer.

1. Voorwoord Belang van siektemonitering.

SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR DIE SUID-AFRIKAANSE SUIWELBEDRYF

Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie.

Page 3: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak dring die liggaam binne deur klein wondjies.

sonder om skade aan te rig. Die bakterieë begin net vermeerder indien die groei-omstandighede reg is.

1-2 dae na kneusing Slegs mankheid en swelling van

ledemaat kan gesien word indien uiters goeie observasie gedoen

word.

Wanneer kneusings voorkom veroorsaak dit interne

wat die regte groei-omstandighede skep vir die

en die in die spiere.

Die gedeelte van die siekteontwikkelingsproses is nie sigbaar nie.

Voorstelling van ‘n siekte-ontwikkelingsproses wat so vinnig is dat dit net doeltreffend deur inenting beheer kan word – Sponssiekte as voorbeeld

Volgende dag

Vinnige dood van veral jong diere maar volwasse diere kan

ook vrek.

Die gifstof veroorsaak vinnige en erge skade aan lewensbelangrike organe soos die niere, longe, hart en brein.

Nadoodse ondersoek Veearts kyk vir tipiese tekens in

die spiere en onder die vel asook ander organe.

Veearts neem monsters om diagnose te bevestig..

Ontwikkeling van sponssiekte Gifstof wat gevorm word veroorsaak die vrekte.

Daar min kans vir behandeling.

Sluimerende infeksie Geen siektetekens kan gesien

word nie alhoewel die dier reeds besmet is met die organismes.

Bakterium

Die gedeelte van die siekteontwikkelingsproses is maklik sigbaar.

Gifstof (toksien)

Eerste

teke

n van

siekte

.

Page 4: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

Knopvelsiekte

Rooiwater

Bloubosluise

Meergasheer bosluise

Lewerslak

Rondewurms

Galsiekte

Hartwater

Sponssiekte

Mankhede

Jul Aug Sep Okt Nov Des Jan Feb Mar Apr Mei Jun

Jul Aug Sep Okt Nov Des Jan Feb Mar Apr Mei Jun

Luise en skurfte myte

Longontsteking

Drie-dae-stywesiekte

Longontsteking

Voorbeeld van hoe siektevoorkoms deur monitering per streek

uitgebeeld moet word. Dit word benodig vir die aanbeveling van

tydige siektevoorkomings- of vroeë behandelingsaksies. Dit gee ‘n

oorsig van siektetendense op ‘n maandelikse asook jaarlikse basis.

Page 5: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR DIE SUID-AFRIKAANSE SUIWELBEDRYF

Indien daar ‘n

bestaande entingsplan

vir elke melkboer

is, kan entstof-

behoefte op

streeks en nasionale

basis beplan

word vir die

melkberdyf.

2. Entingsplan

Soos bespreek in die vorige verslag is dit eerstens nodig dat elke melkboer ‘n inentingsplan in plek moet hê vir die volledige beheer van siektes wat doeltreffend deur inenting beheer kan word. Dit moet met die hulp van die kuddeveearts opgestel word, wat dan ook ‘n elektroniese afskrif daarvan het vir die beplanning en seisoenale bestelling van entstof.

Aantal Diere

250 Koeie wat seisoenaal kalf

Totaal Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des

Kalwers- Geboorte tot KI/dek

100

Multi-klostridiaal (2X) 200 100 100

Lam- en miltsiekte 100 100

Lamsiekte 100 100

Knopvelsiekte 100 100

Slenkdalkoors 100 100

Driedae-stywesiekte 100 100

Dragtige verse

75

Multi-klostridiaal 75 75

Lam en miltsiekte 75 75

Knopvelsiekte 75 100

Slenkdalkoors 75 100

Driedae-stywesiekte 75 100

Koeie

250

Multi-klostridiaal 250 250

Lam en miltsiekte 250 250

Knopvelsiekte 250 250

Slenkdalkoors 250 250

Driedae-stywesiekte 250 250

Entingsplan en die begroting vir entstof wat per maand benodig word sal verskil van kuddes wat seisoenaal kalf (soos hierbo waar net die heel basiese entstowwe ingesit is as voorbeeld) in vergelyking met kuddes wat reg deur die jaar kalf.

Page 6: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR DIE SUID-AFRIKAANSE SUIWELBEDRYF

Praktiese beginpunt (soos ook bespreek is in die vorige verslag) Melkbeesboere kan in praktiese terme sommer vandag begin met die eerste stap deur te bepaal hoeveel dosisse entstof benodig gaan word vir die inenting teen die 3 insekoordraagbare virussiektes aan die einde van die winter. Dit is inentings wat reeds deur die meerderheid van melkboere een maal per jaar gedoen moet word.

Die inligting word deurgegee aan die kuddeveearts wat die entstofbehoefte vir sy/haar praktyk-area sal bymekaarsit.

Die inligting van elke praktyk word dan weer deur Veearts Netwerk saamgestel om ‘n begroting van entstofbehoefte deur te gee na die vervaardigers van die entstof.

Indien hierdie aksie op ‘n nasionale basis uitgevoer kan word met die betrokkenheid van die meeste melkboere en hulle kuddeveeartse, het ons reeds ‘n basis daar gestel vir die vestiging en toekomstige uitbreiding van ‘n kuddegesondheids-benadering.

Aksie - Melkbeesboer: Stel ‘n entingsplan op wat

‘n aanduiding gee van watter entstowwe gedurende watter

maande benodig word soos in die voorbeeld

verskaf.

Aksie - Kuddeveearts: Entstof behoeftes per

streek word saamgevoeg deur die kuddeveearts en dan deurgegee na Veearts Netwerk vir die bepaling

van entstofbehoefte op ‘n nasionale basis.

Page 7: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR DIE SUID-AFRIKAANSE SUIWELBEDRYF

In die vorige verslag is daar ‘n eenvoudige skaal verskaf vir die bepaling van die aantal diere per bestuursgroep wat tekens van mankheid kan toon.

3. Bestuur van siektes wat altyd voorkom

Identifiseer die probleem (Bepaal die vlak van voorkoms)

Indien 5% of meer van die diere matige tot erge mankheid toon moet daar bepaal word wat die oorsaak/e van mankheid is. Daar is baie aanleidende faktore maar basies twee hoofoorsake wat vir behandelingsdoeleindes onderskei moet word.

Mankhede wat veroorsaak word deur infeksies.

Mankhede wat veroorsaak word deur omgewingsomstandighede en

ander oorsake

Oorsake van mankhede kan nie bepaal word deur net na die dier te kyk nie. Bepaling van die oorsake van mankheid kan net gedoen word wanneer die diere se pote opgetel word tydens roetiene hoefversorging of spesifieke ondersoek van mank diere deur die kuddeveearts.

Die beperkende faktor op baie melkbeesplase ten opsigte van die ondersoek en behandeling van mank diere, is dat daar nie ‘n fasiliteit is waar die dier se pote maklik opgetel kan word nie.

Page 8: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

Doelwit vir die ondersoek van ‘n mank dier.

Een persoon word benodig om die bees in die hanteringsgerief (drukgang) te kry en dan binne een minuut die poot op te tel vir ondersoek of behandeling.

Sien die webblad vir ‘n video wat ‘n voorbeeld gee van ‘n

uiters goeie hanteringsfasiliteit: www.lely.com › Home › Caring ›

Treatment box

In die volgende verslag sal die twee basiese oorsake van mankheid bespreek word.

Page 9: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR DIE SUID-AFRIKAANSE SUIWELBEDRYF

Bloubosluis- weerstand

word onderskat.

Die lente-

seisoen bied die beste

geleentheid om die

werking van dipmiddels te evalueer

wat gedurende die res van die seisoen

gebruik gaan word.

4. Siektetendense

Bloubosluise en weerstandbiedende bloubosluise. In die verslag gaan ons fokus op bloubosluise omdat die voorkoms selfs in die middel van die winter baie hoër is as wat normaalweg verwag word – sien die verspreidingskaart soos deur veeartse gerapporteer vir Junie 2014 (alle kaarte is ook beskikbaar op webwerf van Melk SA)

Page 10: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

Week 1 Begin van besmetting - Die klein bosluisies (larwes) is

nie maklik sigbaar nie want hulle is so groot soos ‘n

kopspeld se kop. Die dier se haarkleed kom nog glad voor.

Bosluislarwes broei uit die eiers op die grond wanneer dit warm genoeg is. Die larwes klim teen die gras op tot op die blare of grassade en wag vir beeste om verby te skuur en klim dan op die beeste. Hulle heg aan die vel en suig dan vol met bloed deur die klein gaatjies wat hulle met hulle bekdele gemaak het.

Week 2 Die volgende stadium van die

bloubosluis (nimfe) is nog steeds klein en nie geredelik sigbaar nie. Hulle is omtrent so groot soos ‘n vuurhoutjiekop. As die bees van naderby ondersoek word, kan hulle gesien word in die nekvel

area en die relatief haarlose area net bo en aan die agterkant van

die uier.

Na een week vervel die larf om ‘n nimf te vorm wat groter is en weereens sal aanheg en volsuip.

Daar moet onthou word dat daar steeds nuwe larwes ook die heeltyd op die bees klim wat sal bydra tot die totale aantal bosluise op die bees.

Hiedie gedeelte van die siekteproses is nie maklik sigbaar nie.

Week 3 Die plat volwasse bosluise is steeds

nie baie sigbaar nie. Die eerste volgesuigde bloubosluiswyfies

word baie sigbaar 3 weke nadat hulle as klein larwes op die bees

geklim het. Hierna sal daar op ‘n

daaglikse basis volgesuigde bloubosluiswyfies gesien word totdat

die beeste behandel word.

Teen week 3 vervel die nimf om ‘n volwasse bosluis te word. Wyfiebosluise is steeds plat en sal aanheg waar daar ‘n mannetjiebosluis is , wat baie kleiner is. Hulle paar en na paring (einde van week 3) sal die wyfiebosluis vinnig begin bloed suig en amper oornag volsuig. Die volgende dag val sy af om ongeveer 2 500 eiers op die grond te lê.

Ondersoek na behandeling.

‘n Doeltreffende behandeling beteken dat daar 1 week na behandeling geen

volwasse volgesuigde bloubosluiswyfies gesien word nie.

Hierdie gedeelte van die siekteproses is maklik sigbaar gedurende ‘n vroegoggend

weeklikse ondersoek van die beeste.

Tydperk van ontwikkeling = drie weke (21dae) totdat volgesuigde bloubosluiswyfies gesien word

Doeltreffende behandeling

’n Dipmengsel wat aangewend word moet al die

bloubosluise (van klein tot groot) wat op die dier

teenwoordig is ten tye van die behandeling dood, en tot

een week beskerm teen ‘n nuwe besmetting.

= Werklike grootte van ‘n larf

= Werklike grootte van ‘n nimf

= Werklike grootte van ‘n volgesuigde wyfie

Bloubosluise – uiteensetting van die parasiet se ontwikkeling op die bees

Page 11: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

Seisoenale voorkoms van bloubosluise Die voorkoms moet altyd verstaan word binne die konteks van ‘n jaar (vier seisoene) wat ‘n nat en droeë periode insluit.

Bloubosluise as ‘n eengasheerbosluis (kort lewensiklus) kan dan binne een nat seisoen meer as een volledige

lewensiklus voltooi (tot 3 soos uitgebeeld hieronder) en dus kan getalle baie vinnig opbou in teenstelling met

meergasheerbosluise.

Winter

Bloubosluiseiers oorleef

gedurende die winter en

broei uit sodra hulle

blootgestel word aan

genoeg hitte-eenhede

is.

Lente

Eerste generasie

bloubosluise voltooi die

gedeelte van die

lewensiklus op die bees

(3 weke) en produseer

eiers.

Somer

Volgende generasie

bloubosluise wat 10X

meer kan wees as die

eerste generasie voed

en produseer nog meer

eiers.

Herfs

Bloubosluisbevolking

behaal gewoonlik ‘n

hoogtepunt gedurende die

herfs en produseer

sodoende baie eiers vir

oorlewing van die parasiet.

Volgende Winter

Wanneer daar te min

hitte-eenhede is broei

eiers nie uit nie maar

oorleef tot

omstandighede weer

gunstig is.

• Bepaling van die doeltreffendheid van bosluisbeheer moet gedoen word wanneer die eerste

generasie bosluise die beeste besmet.

• Dit beteken dat beeste behandel moet word en dan moet hulle een week later deeglik

ondersoek word vir die teenwoordigheid van enige volgesuigde bloubosluiswyfies.

• Met die kennis van die lewensiklus soos uitgebeeld op die vorige bladsy is dit dan logies dat

daar geen volgesuigde bloubosluiswyfies teenwoordig moet wees nie.

• Indien daar wel volgesuigde bloubosluiswyfies teenwoordig is moet dit met die kuddeveearts

bespreek word sodat daar dan op ‘n ander doeltreffende dipmiddel of metode besluit word

voor die aanvang van die somer en herfs.

Page 12: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

Daar word voortgegaan met die oproep dat melkboere op die stelsel registreer sodat die toegewyde en interaktiewe kommunikasiekanaal direk tussen melkboere en hulle veeartse uitgebrei kan word.

Die oorhoofse doelwit bly steeds om die huidige siekteverspreidings-tendense op te dateer, bewustheid te stimuleer en om voorligting te doen omtrent die basiese ontwikkelingsproses van toepaslike siektes ten einde beter siektevoorkoming/behandelingsaksies te kan volg. Dit alles word in noue samewerking met die kuddeveeartse gedoen.

‘n Groot aantal melkboere het na ontvangs van die vorige siektetendens-verslag wel geregistreer. Dit was ‘n effens tydsame proses maar nou is alles in plek om melkboere onmiddelik te registreer nadat hulle ‘n e-pos gestuur het.

Melkboere wat wil registreer kan die volgende inligting verskaf en dit stuur na [email protected] 1. Naam en Van. 2. Telefoon / selfoon nommer. 3. E-pos adres 4. Waar boer u (naaste dorp)? 5. Wie is u kuddeveearts?

Melkboere kan ook direk met hulle kuddeveearts skakel wat hulle op die stelsel kan registreer en toegang gee.

SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR DIE SUID-AFRIKAANSE SUIWELBEDRYF

5. Oproep tot Registrasie

Tans is daar net meer as 100 veeartse wat maandeliks rapporteer. Daar is nog net 21 melkbeesboere wat direk na hulle veeartse rapporteer en ons wil dit graag uitbrei sodat daar in elke streek melkbeesboere is wat direk na hulle veeartse toe rapporteer.

Page 13: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

Gedurende Junie 2014 het 96 veeartse (lede van

die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-

Afrika) op die stelsel gerapporteer.

Dit is reeds ‘n reuse

onderneming deur die

veeartse self om op

hoogte te kom van die

voorkoms van siektes op

‘n streeks- en nasionale

basis.

Page 14: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

Sien die volle verslag op die webblad van Melk SA deur die volgende skakel te volg (www.milksa.co.za/content/project-reports). Dit gee ‘n oorsig van die

algemene siektetendense vir Junie 2014, soos gerapporteer deur die Herkouer Veearts Vereniging van Suid-Afrika (voorheen die Veegesondheid en

Produksiegroep van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging). Daar is ook kaarte wat ‘n aanduiding gee van die verspreiding van die

verskillende siektes soos gerapporteer gedurende Junie 2014.

Melkboere word aangemoedig om siekteprobleme direk met hulle kuddeveeartse te bespreek want die huidige

siekterapporte verteenwoordig nog nie die siekteprobleme wat spesifiek maandeliks deur

melkboere ondervind word nie. SIEKTEMONITERING- VOORLIGTINGSTELSEL VIR DIE SUID-AFRIKAANSE SUIWELBEDRYF

Maandelikse algemene siekteverslae en verspeidingskaarte soos gerapporteer deur die Herkouer Veearts Vereniging van Suid-Afrika. Dit verteenwoordig die landswye siekte- voorkoms soos gerapporteer deur veeartse vir alle diersoorte

Page 15: SIEKTEMONITERING- EN VOORLIGTINGSTELSEL VIR … SA Julie verslag 2014... · Siektes kan nie as net onvoorspelbare noodgevalle hanteer word nie. Die bakterieë wat sponssiekte veroorsaak

Kyk ook gerus na die kort video op die webblad van Melk SA wat die nodigheid van die siekterapporteringstelsel prakties toelig.