memorandum · web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. voorbeeld: r1 op elke liter...

34
PUNTE: 300 TYD: 3 uur Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief VOORBEELD EKSAMENVRAESTEL MEMORANDUM GRAAD 12 EKONOMIE JUNIE 2011

Upload: phamthuan

Post on 23-May-2018

260 views

Category:

Documents


5 download

TRANSCRIPT

Page 1: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

PUNTE: 300TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief

VOORBEELD EKSAMENVRAESTELMEMORANDUM

GRAAD 12

EKONOMIEJUNIE 2011

Page 2: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

MEMORANDUMAFDELING / SECTION A VRAAG / QUESTION 1

1.1 KORREKTE KEUSE / CORRECT CHOICE 1.3 PAAR / MATCHA B C

1.1.1 X1.1.2 X

1.1.3 X1.1.4 X

1.1.5 X1.1.6 X

1.1.7 X1.1.8 X

1.1.9 X1.1.10 X

1.1.11 X1.1.12 X

1.2 KORREKTE TERM / CORRECT CONCEPT

1.2.1 LEKKASIE

1.2.2 BELASTING

1.2.3 PRYSNEMER

1.2.4 RENTEKOERS

1.2.5 BETALINGSBALANS

[50]

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief

KOL. A KOLOM B

1.3.1 ENDOGENE FAKTORE

1.3.2 LEIDENDE

1.3.3 MARKMISLUKKING

1.3.4 OPENBARE KORPORASIES

1.3.5 OLIGOPOLIE

1.3.6 SOSIALE VOORDEEL

1.3.7 BETALINGSBALANS

1.3.8 APPRESIASIE

1

Page 3: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

VRAAG 2: LU 1

2.1 Kies die korrekte woord tussen hakies:

2.1.1 teenoorgestelde2.1.2 kapitaal2.1.3 BBP2.1.4 hulpbronne (4x2) (8)

2.2 Noem DRIE aannames in berekening van enkelvoudige vermenigvuldiger

Ons werk in ‘n geslote ekonomiePryse bly constant.Daar is onbenutte bronne in die ekonomie (3x2) (6)

2.3 Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae

2.2.1 Bereken die BBP teen markprys d.m.v. die produksie-metode

PRODUKSIE / PRODUCTION R mPrimere sektor / Primary sector 128

381

Sekondere sektor / Secondary sector 303

896

Tersiere sektor / Tertiary sector 798

132

BBP @ BASIESE PRICES / GDP @ BASIC PRICES 1 230 409

PLUS: Belasting op produkte / Taxes on products 146

738

MINUS: Subsidies op produkte / Subsidies on products (2 671)

BBP @ MARKPRYSE / GDP @ MARKET PRICES 1 374 476

(8)

2.2.2 Belasting op goedere word betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier.

Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die insette gebruik om die uitsette te produseerVoorbeeld: ‘n Belasting op die arbeid gebruik om die uitset te produseer (6)

2.2.3 Subsidies op goedere word betaal op die uitset wat geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke brood. Effek daarvan is om die produksiekoste en prys wat verbruiker betaal, te verminder. (4)

2.2.4 Dit is hoogs onwaarskynlik dat die verskillende metodes om BBP teen faktorkoste te bereken,

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief2

Page 4: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

dieselfde antwoord sal lewer, a.g.v. foute in die meting van verskillende waardes daarvan.Die residuele item word dus ingebring om te kompenseer vir die sodanige foute en om te verseker dat die verskillende metodes gebruik om BBP te bereken, dieselfde antwoord sal lewer. (2)

2.3 Bespreek die probleme van die openbare sektor

Aanspreeklikheid / Toerekenbaarheid Aanspreeklikheid beteken dat daar van 'n persoon vereis word om sy besluite, optrede en

uitgawes te verduidelik. Staatsondernemings is nie direk aan belastingbetalers aanspreeklik nie. Staatsdiensamptenare word aangestel as agente van die publiek. Hulle tree egter nie altyd in die publiek se belang op nie (eiebelang). Staatdiensamptenare hoef ook nie wins-en-verliesstate op te stel nie.

Doeltreffendheid Aanspreeklikheid waarborg nie doeltreffendheid nie. Rede vir ondoeltreffendheid: Burokrasie – amptenare fokus soms so baie op die reëls dat hulle nie ag slaan op die

kwantiteit en kwaliteit van die diens nie. Onbevoegdheid – waar amptenare nie die nodige vaardighede of vermoëns het om bepaalde

take uit te voer nie Korrupsie – die uitbuiting van 'n persoon se posisie vir eie gewin.

Assessering / Taksering van behoeftes In die privaatsektor dikteer die kragte van vraag en aanbod die pryse. Hierdie kragte dien as aanduiders wat die behoeftes van verbruikers kommunikeer. Ondernemings in staatsbesit word nie volgends hierdie kragte bedryf nie. Daar is geen ingeboude meganisme om verbruikersaanvraag oor te dra aan die

staatsdiensamptenare wat openbare maatskappye bestuur nie. Dit is baie moeilik vir ondernemings in staatsbesit om behoeftes te bepaal en hulle is

gevolglik geneig om openbare goedere en dienste te oor- of ondervoorsien.

Prysbepalingsbeleid Staat opereer nie binne die markstelsel van vraag en aanbod nie. Hulle moet die maatskaplike, ekonomiese, politieke en omgewingsituasies en publieke

sieninge in ag neem wanneer hulle pryse bepaal. Die pryse van goedere en dienste kan dus of onderskat of oorskat word. Nadat die staat die prys van produk of diens bepaal het, besluit hulle hoe om vir hierdie

produk of diens te betaal. Gebruikerstariewe – inwoners betaal self vir die gebruik van die diens, bv. televisielisensies Subsidies – staat betaal ‘n gedeelte van koste vir die voorsiening van die diens of produk, die

inwoners betaal dus minder (brood) Gratis dienste – primere hospitaaldienste is vir sekere inkomstegroepe gratis, en dan moet

die ander inkomstegroepe die las dra. Hierdie opsies kan die nadelig of voordelig inwerk op die land se ekonomie

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief3

Page 5: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

Semi-staatondernemings SBO’s (Staat-beheerde ondernemings) ontstaan a.g.v. nasionalisering of die noodsaaklikheid

vir dienslewering. ESKOM, YSKOR, SABC, SOEKOR, FOSKOR, POSKANTOOR, TELKOM, ARMSCOR,

TRANSNET (SAL, Portnet, Metrorail, Autonet) Redes vir ontstaan: Om afhanklikheid op ander lande te verminder Om ‘n noodsaaklike diens van nasionale belang te lewer Om die nodige infrastruktuur in die ekonomie te ontwikkel Omdat die private sektor nie oor die voldoende kapitaal beskik het nie. Baie van die groot SBO’s het eksklusiewe regte verkry en sodoende monopolieë gevorm. Van hulle het groot verliese gely ( Pos-en Telekommunikasiewese) wat ekstra finansiële druk

op staat geplaas het. Sommige het nie doeltreffend geopereer nie, en het ‘n addisionele las op die ekonomie van

SA geplaas. Ander het groot kapitaal nodig gehad om uit te brei en struktuurverandering aan te bring.

(4 x 4) (16) [50]

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief4

Page 6: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

VRAAG 3: LU 1

3.1 Dui aan watter stelling is WAAR of ONWAAR.

3.1.1 ONWAAR3.1.2 ONWAAR3.1.3 WAAR3.1.4 ONWAAR (4x2) (8)

3.1.5 Noem enige DRIE kragte wat ‘n sakesiklus kan ontketen.

Regerings- en sake-investerings Verbruikersbesteding Kredietuitbreiding Tegnologie Ekonomiese skokke (bv. natuurrampe of oesmislukkings) (3x2) (6)

3.2 Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae

3.2.1 ‘n Sakesiklus is die herhaaldelike patroon van uitbreiding en inkrimping in die vlak vanekonomiese aktiwiteit wat in ‘n land plaasvind. (2)

3.2.2 a) (i) Voorspoed / Opswaai b) (j) Piek / Kruin / Opbloei c) (k) Afswaai d) (l) Resessie e) (m) Trog f) (n) Herstel g) (o) Piek / Kruin / Opbloei h) (p) Tendenslyn (8x1) (8)

3.2.3 Volg (sloerende) ekonomiese aanwysers

Werkloosheidskoerse Getal kommersiële voertuie wat verkoop word Reële belegging in masjinerie en toerusting Aantal konstruksie-ure gewerk Eenheid arbeidskoste in vervaardiging Groothandelverkope van metale,masjinerie en toerusting

(3 x 2) [6]

3.2.4 Die lengte van die sakesiklus

Langer siklusse toon sterkte – vyf of meer jare geduurSiklusse kan verbyskiet – in terme van saamgestelde aanwysers.Voorbeeld: Inkrimping in die produksiegroei kan die vlak verbyskiet

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief5

Page 7: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

waar dit natuurlik behoort te stop. (4)

3.3 Gladstryking van die sakesiklus

Ekspansionistiese monetêre beleidHierdie beleid stimuleer ekonomiese aktiwiteit deur die geldvoorraad te vergroot.

Ekspansionistiese fiskale beleidHierdie beleid stimuleer ekonomiese aktiwiteit deur staatsbesteding (G) te verhoog ofdie vlak van belasting (T) te verlaag. Wanneer die ekonomie in ‘n ekspansionistiese faseis, kan die staat van beperkende monetêre beleid en beperkende fiskale beleid gebruikmaak om die ekonomiese opbloei te demp.

Beperkende monetêre beleidHierdie monetêre beleid poog om die vlak van ekonomiese aktiwiteit te verlaag deurdie geldvoorraad te verklein.

Beperkende fiskale beleidHierdie fiskale beleid poog om die vlak van ekonomiese aktiwiteit te verlaagdeur staatsbesteding (G) te verlaag en/of die vlak van belasting te verhoog.

(8x2) (16) [50]

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief6

Page 8: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE

4.1 Kies die korrekte alternatief tussen hakies.

4.1.1 Openbare4.1.2 meriete4.1.3 styging4.1.4 direkte belegging (4x2) (8)

4.1.5 Noem drie soorte wisselkoerse

Vry swewende Vaste Beheerde swewende

(3 x 2) (6)

4.2 Bestudeer die gegewens en beantwoord die vrae

4.2.1 Bereken die saldo van die lopende rekening. Toon alle berekeninge;

Items. Bedrae (R’mil)Goedere: UitvoereNetto gouduitvoereInkomste vir diensteOntvangs van inkomsteMin: Goedere: InvoereMin: Betalings vir diensteMin: Betaling van inkomsteLopende oordragte (netto inkomste +)Saldo op lopende rekening.

302 55926 66762 99724 456

-299 875-50 534-46 546-7 68912 035

(10)4.2.2 Waarom word netto gouduitvoere as ‘n aparte item gelys?

Omdat gouduitvoere een van die belangrikste uitvoerprodukte vir Suid-Afrikaen omdat dit groot inkomste vir ons land inbring. (2)

4.2.3 Bereken die saldo van die finansiële rekening. Toon berekeninge

Items. Bedrae (R’mil)Netto direkte beleggingsNetto portefeuljebeleggingsNetto ander beleggingsSaldo op finansiële rekening

-4 22720 55730 47246 802

(4)4.2.5 Omskryf ‘n betalingsbalans

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief7

Page 9: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

Dit is ‘n sistematiese opsomming van alle transaksies wat met die vloei van goedere,dienste en fondse oor internasionale grense verband hou.Die betalingsbalans sluit in lopende rekening, finansiële rekening, onaangetekendetransaksies en die amptelike reserwerekeninge. (4)

4.3 Bespreek die faktore wat die aanbod van buitelandse valuta kan beïnvloed.

VRAAG 5: LU 2

5.1 Dui aan of die stellings WAAR of ONWAAR is.

5.1.1 ONWAAR5.1.2 WAAR5.1.3 WAAR5.1.4 ONWAAR (4x2) (8)

5.1.5 Noem DRIE kenmerke van volmaakte mededinging

Groot getalle kopers en verkopersHomogeniteit van produkte in spesifieke mark Algehele vryheid van toetrede en uittrede tot die mark. Alle produksiefaktore is volkome beweeglik. Kopers en verkopers het volledige kennis van alle marktoestande. Daar is geen samespanning tussen verkopers nie.

(3x2) (6)

5.2 Lees die artikel en beantwoord die vrae wat volg

5.2.1 Jy kan die prys in finansiële tydskrifte of koerante kry. Dit word ook daagliks in televisie- en radio-uitsendings bekendgemaak. (2)

5.2.2 Onsekerhede in die wêreldekonomie wat die aanbod kan beinvloed, bv. oorloë of natuurrampe lei tot skommelings in die prys. Die groter vraag van Europa en die VSA in die kouer wintermaande veroorsaak ook skerp prysstygings. (3x2) (6)

5.2.3 Nee, daar is te min aanbieders van ru-olie. OF Die mark vir ru-olie is ‘n oligopolie. (4)

5.2.4 OPUL is ‘n organisasie van groot olieprodusente wat saamwerk om oliepryse en –produksie te beheer. Kwotas vir produksie word aan lidlande toegeken om 'n ooraanbod op die wêreldmark te voorkom. (4)

5.2.5 Ja. Dit is ‘n formele ooreenkoms tussen olieverskaffers (‘n oligopolie) waar daar min verskaffers/aanbieders is, om oliepryse te beheer. (4)

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief8

Page 10: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

5.3 Bespreek die eienskappe van oligopolieë

Soort produk mag homogeen wees of verskillend afhangende van die soortoligopolie

Toegang tot die mark is vry, maar moeilik. Daar is slegs ‘n paar besighede in diemark. Produsente het aansienlike beheer oor die pryse van produkte.

Interafhanklikheid van ondernemings in oligopolie. Slegs enkele ondernemings,wat deur ander beinvloed word, lok dan reaksie van mededingers uit.

Prysveranderings: Dit is meer gereeld om sodoende hulle markaandeel te vergroot

Koste-voordeel: Hulle opereer of d.m.v. prysvasstelling of ‘n kartel. Daardeur hethulle ‘n absolute koste-voordeel bo ander mededingers.

Hoë winste: Abnormale groot winste is die gevolg van gesamentlike besluitneming.(4 x 4) (16)

[50]

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief9

Page 11: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

VRAAG 6: LU 2

6.1 Kies die korrekte woord(e) tussen hakies

6.1.1 minimum6.1.2 prysdiskriminasie6.1.3 banksektor6.1.4 grenskoste (4x2) (8)

6.1.5 Noem DRIE belangrike eienskappe van ‘n monopolie

Slegs een onderneming/verskaffer/vervaardigerUnieke produk met geen substituteToetrede tot die mark is geblokkeerBesigheid het aansienlike beheer oor die prys van die produk (Enge 3x2) (6)

6.2 Lees die artikel en beantwoord die vrae wat volg

6.2.1 ‘n Koste-voordeel-ontleding (KVO) meet die verskil tussen die verwagte koste van die projek teenoor die verwagte voordele vir verbruikers uit die gebruik van die uitset. (2)

6.2.2 Om te evalueer of dit die moeite werd sal wees om voort te gaan met die ontwikkeling van die stadion. (2)

6.2.3 Eerstens: bepaal hulle die koste van produksie, insluitend die koste van negatiewe eksternaliteite.Tweedens: bepaal hulle die voordele vir die gemeenskap uit die benutting van die spesifieke projek (bedrag wat hul bereid is om te betaal) insluitend enige positiewe eksternaliteite).(4)

6.2.4 Koste om stadion te ontwerp en te bouGeleentheidskoste (as om hulpbronne eerder by ander projek te gebruik)Geraasbesoedelig wat byeenkomste by stadion kan veroorsaakVerkeersopeenhoping wat deur die ontwikkeling(bou)proses veroorsaak kan wordSkade aan die omgewing deur die bou van die stadionVerhoogde vlak van uitlaatgasse deur die vervoer na en van die stadionInformele handelaars wat hul bron van inkomste gedurende die bouproses sal moet inboet

(Enige 3x2) (6)

6.2.5 Verhoogde kapasiteit vir toeskouers by sport-/ander byeenkomsteVerbeterde fasiliteite vir sport- en ontspanningsbyeenkomsteWerkskeppingsgeleenthede met die bou van die stadionWerkskepping wat verband hou met die bedryf van die stadion Inkome wat geskep word vir ander ondernemings in die area (hotelle, restaurante)Geleenthede wat geskep word vir ontstaan van nuwe besighede in die omgewing

(Enige 3x2) (6)

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief10

Page 12: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

6.3 Vergelyk volmaakte markte en onvolmaakte markte

Gesamentlike maksimering van winste is groter onder ‘n paar ondernemings wat as kartel saamwerk as onder ‘n groot aantal maatskappye wat in regstreekste mededinging met mekaar is.

Die gesamentlike maksimering van winste onder maatskappye wat ‘n soortgelyke produk vervaardig, is groter as by maatskappye wat onderskeidende produkte vervaardig.

In n volmaakte mark word pryse bepaal deur die vrye werking van die markkragte van vraag en aanbod. Prysbepaling in ‘n oligopolie sal in die meeste gevalle die gevolg van ‘n gesamentlike besluit onder ‘n paar groot ondernemings wees.

Maksimering van winste is nie moontlik in volmaakte mededinging nie. Die verbruiker sal plaasvervangerprodukte koop of dieselfde produk goedkoper by ‘n ander verkoper koop. As gevolg van die beperking van produksie het die verbruiker nie daardie keuse in ‘n mark wat deur oligopolieë gekenmerk word nie.

In ‘n volmaakte mark is die vraagkurwe horisontaal vir die individuele onderneming omdat dit ‘n prysnemer is. Die vraagkurwe vir oligopolieë neig afwaarts.

Groot getalle kopers en verkopers teenoor een of enkele verskaffers wat die aanbod beheer Homogeniteit van produkte in spesifieke mark teenoor nie-homogene produkte terwyl

laasgenoemde produk-gesentreerd is nie noodwendig behoeftebevredigend is nie Algehele vryheid van toetrede en uittrede tot die mark. Toetrede vir kopers en verkopers is

volkome toeganklik en geen beperkings in vorm van wetlike, finansiële of ander hindernisse bestaan nie teenoor die gesamentlike sameswering van besighede in ‘n onvolmaakte mark om toetrede sover as moontlik deur “burokrasie) te bemoeilik.

Alle produksiefaktore is volkome beweeglik. Arbeid, kapitaal en ander produksiefaktore kan vryelik van een mark na die ander beweeg teenoor die skrale moontlikheid van beweeglikheid a.g.v. voorkoming van toetrede of die onnodige hoë standaarde van toetrede.

Kopers en verkopers het volledige kennis van alle marktoestande. As een firma sy pryse hoër as markpryse lig, sal kopers onmiddellik weet en koop by die firmas wat laer pryse vra teenoor die subtiele samespanning (kollusie) van onvolmaakte mark om noodwendige prysdiskriminasie te orkestreer..

Daar is geen samespanning tussen verkopers nie. Elke verkoper tree onafhanklik van die ander op teenoor die doelbewuste samespanning van die onvolmaakte mark sodat beter winsgewendheid van sekere ondernemings verseker kan wees.

(4 x4) (16)

[50]

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief11

Page 13: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

AFDELING C

VRAAG 7: LU 1 MAKRO-EKONOMIE

Die interaksie tussen firmas, huishoudings en die regering in ‘n geslote ekonomie kan met behulp van ‘n ekonomiesekringloop-diagram geillustreer en verduidelik word.Verduidelik hierdie stelling met behulp van ‘n diagram met byskrifte.

Inleiding‘n Ekonomiesekringloop-diagram is ‘n vereenvoudigde voorstelling van die werklikheid en kan gebruik word om te verduidelik hoe die deelnemers in die ekonomie met mekaar omgaan.

(3)

Ekonomiese kringloopmodel in ‘n geslote ekonomie‘n Ekonomiese kringloopmodel word hieronder getoon. Dit dui aan hoe die onderskeie deelnemers in ‘n geslote ekonomie met mekaar omgaan.

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief12

Page 14: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

Nota: Die model moet enige agt van die volgende aantoon:HuishoudingsFirmasRegering GoederemarkFaktormark Vloei van goedere en diensteVloei van besteding op goedere en diensteVloei van produksiefaktoreVloei van vergoeding vir produksiefaktoreVloei van belasting aan die regeringVloei van goedere en dienste verskaf deur die regering (Enige 8x2)

(16)

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief13

Page 15: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

Interaksie tussen die deelnemers in ‘n geslote ekonomieDie deelnemers in ‘n geslote ekonomie is huishoudings, firmas en die regering.

HuishoudingsHuishoudings, ook bekend as verbruikers, is die primêre ekonomiese deelnemers.Hulle besit (direk en indirek) die produksiefaktore, naamlik grond, arbeid, kapitaal en entrepreneurskap.Verbruikers het behoeftes wat deur die verbruik van goedere en dienste wat hul van die firmas in die goederemark koop, bevredig word.Hierdie vraag na goedere en dienste stimuleer ekonomiese aktiwiteit deur firmas en die staat aan te spoor om goedere en dienste te produseer.Verbruikers verkoop hul produksiefaktore aan firmas in ruil vir vergoeding, lone, huur, rente en wins,Wat hul dan gebruik as betaling vir aankope van firmas en die regering.(Enige 4x2) (8)

FirmasFirmas, ook bekend as sake-ondernemimgs of produsente, word deur wins gemotiveer.Hulle koop die produksiefaktore van die huishoudings in die faktormark.Hulle gebruik en organiseer die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer, wat hulle dan in die goederemark aan huishoudings verkoop. (Enige 3x2) (6)

RegeringDie regering, ook bekend as die staat, owerheid of openbare sektor, tree op om goedere en dienste te verskaf wat nie deur die firmas verskaf kan word nie.Die staat het ook sekere funksies en rolle om in die ekonomie te speel,byvoorbeeld beskermings-, maatskaplike- en ekonomiese dienste.Regerings ontvang inkomste van die huishoudings en firmas in die vorm van belastings en inkomse van staatseiendom en –ondernemings.Hul gebruik hierdie inkomste om te betaal vir die dienste wat hulle moet lewer aan huishoudings en firmas. (Enige 3x2) (6)

SlotHierdie bespreking het aangetoon dat die ekonomiese kringloopmodel gebruik kan word om die interaksie tussen firmas, huishoudings en die regering in ‘n geslote ekonomie te illustreer. (2)

Gebruik die onderstaande rubriek saam met bostaande antwoord om die leerder se respons te assesseer. (10)

RUBRIEK

Punte – met inleiding en slot Punte

1 – 15 116 – 30 331 - 45 5

[50]

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief14

Page 16: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

VRAAG 8: LU 1 MAKRO-EKONOMIE

NOODSAAKLIKHEID VAN DIE OPENBARE SEKTOR.Is dit belangrik dat daar ‘n openbare sektor moet wees?

SA dualistiese ekonomie (gemengde ekonomiese stelsel), i.e.Openbare sektor en Private sektorDie mark (ekonomiese aktiwiteite) kan nie totaal en al aan die private sektor oorgelaat word nie.Behalwe die ekonomiese stelsel wat SA gebruik, is daar ander redes vir die bestaan van die openbare sektor. (3)

1. Verskaffing van openbare goedere en dienste – private sektor wil nie verskaf nie Dit is nie-wedywerend in verbruik nie – Dit is goedere en dienste wat deur baie verbruikers

verbruik kan word, bv. straatligte, weermag.Die private sektor wil dit nie verskaf nie, omdat dit nie winsgewend is nie.

Nie-uitsluiting van individue in die verbruik nie. – Alhoewel nie almal munisipale belasting betaal nie, word openbare goedere en dienste, bv. straatligte, weermag (beskerm alle mense) tog geniet. Derhalwe word geen individu uitgesluit in die verbruik van die goedere en dienste nie.

Meriete goedere – noodsaaklike goedere of dienste wat meer in publiek se belang is as in private belang, bv. onderwys, biblioteke. Alle individue moet dit gebruik ongeag die inkomste wat hulle verdien. Omdat dit van maatskaplike belang is, sal die openbare sektor dit noodwendig verskaf.

Skadelike goedere – die mark verskaf te veel van hierdie goedere of dienste, bv. sigarette, dobbelary. Die openbare sektor sal inmeng in die verbruik en produksie in die vorm van belastingheffings, (verwys na die begroting van 2008/2009)

2. Eksternaliteite Dit is voordele of koste wat uit die lewering van goedere plaasvind sonder dat in die

markpryse gereflekteer word. Individue, wat nie direk by die verbruik of produksie van die goedere betrokke is nie, dra of

die koste of die voordele. Negatiewe eksternaliteite – bv. besoedeling en skade van omgewing. Die koste word aan ‘n

volgende persoon oorgedra. Bv. Fabrieke wat die lug erg besoedel, word dikwels beboet, maar om die omgewing te

herstel, word alle individue deel van die befondsing vir die bekamping van lugbesoedeling deur persentasie belastingheffing op goedere wat hulle van daardie fabrieke koop.

Die vervaardiger word subtiel gedwing of om sy produksie aan te pas, en indien hy uitsette verminder sal dit die openbare sektor dwing om die tekorte aan te vul.

Positiewe eksternaliteite – bv. voorsiening van onderwys en gesondheidsdienste. Die verskaffing van onderwys kan bydra tot die opheffing van die geletterdheid in die hele

gemeenskap. Die openbare sektor het ingemeng deur onderwys omdat die private sektor dit nie as ‘n winsgewende opsie gesien het nie.

3. Monopolieë en onvolmaakte kompetisie (mededinging) Marksituasies waar daar een verskaffer (verkoper) is van goedere en dienste, en talle

verbruikers, bv. Telkom. Eskom Dit stel die verskaffer in staat om pryse vas te stel na eie belang. Hulpbronne kan onnodiglik verkwis word. Verbruikers kan en sal noodwendig uitgebuit word.

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief15

Page 17: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

Hierdie marksituasie spreek van onvolmaakte kompetisie. Die openbare sektor sal d.m.v. wetgewing in die mark inmeng. Natuurlike monopolieë kan ook ontstaan. Hoe? Die kapitaalvereistes en die skaal van produksie kan so ontsettend wees dat die private

sektor nie die finansiële kapasiteit het of sal het om die goedere en dienste te lewer nie. Die openbare sektor (staat) sal noodwendig ingryp in die mark.

o Volmaakte kompetisieo In ‘n volmaakte mededinging sal die volgende situasie plaasvind:o hulpbronne word doeltreffend aangewend en o die verbruikers betaal die laagste moontlike pryse vir goedere en dienste, en o vraag en aanbod bepaal die prys.o Die situasie bestaan egter nie altyd nie, of nooit nie.o Om die nodige ewewig in prys gevra en prys aangebied te kry, veral vir noodsaaklike

goedere en dienste, sal die openbare sektor ingryp.

PRIVATISERING NASIONALISERINGProses waardeur staatsondernemings en staatsbates aan private individue oorhanding of verkoop word.Bv. Poskantoor

Die proses waarvolgens die staat beheer en eienaarskap van privaat bates en privaat ondernemings neem

ARGUMENTE VIR PRIVATISERING

1. Die koste verbonde aan die instandhouding en bestuur van staatsondernemings en staatsbates is beduidend. (baie)

Hierdie koste lei tot hoër belasting en groter staatskuld.Die oordrag van die ondernemings sal die las op belastingbetalers verlig en die staatskuld verminder.

2. Private ondernemings is doeltreffender as staatsondernemings.

Private ondernemings het winsmotief en spoor hulle aan om beter te doen.Staatsondernemings is burokraties ( te veel prosedures in plek voor resultate gesien word), ondoeltreffend, onverskillig, swak bestuur, onkreatief enlae produktiwiteits- en produksievlakke.Ekstra inkomste uit belasting van private ondernemings kan aangewend word om die staatskuld te verminder en die belastinglas van verbruikers en maatskappye te verlig.Die belastingbasis word vergroot, wat beteken die staat kry meer fondse om aan te wend.Private individue het ‘n groter aandeel in die ekonomie en sal die algemene welvaart van alle burgers sterker bevorder.Geleenthede vir swart ekonomiese bemagtiging kan net die “sneeubal-effek” het.

3. Staat fokus om dienslewering en nie winsbejagdheid.

Veroorsaak druk op die begroting.Maatreëls in plek om tekorte aan te vul.Las word na belastingbetalers afgeskuif.Staatskuld word groter, en hulle kan nie investeer nie.Dit benadeel dienslewering in gesondheid, onderwys, behuising.

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief16

Page 18: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

SlotAanvaar enige redelike slot (2)

Punte: 2 punte vir subopskrif of feit tot by aangeduide maksimum. (45)

RUBRIEK: (5)

Punte – met inleiding en slot Punte

1 – 15 116 – 30 331 - 45 5

[50]

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief17

Page 19: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

VRAAG 9: LU 2

Verduidelik die redes markmislukking. Gebruik toepaslike voorbeelde waar nodig.

InleidingDis onwaarskynlik dat volmaakte mededinging ooit in die werklike mark sal bestaan.Volgens die ekonomiese probleem kan ons nie aan al ons behoeftes en begeertes voldoen nie.Markmislukking kom voor wanneer die kragte van vraag en aanbod dit nie behoorlik funksioneer nie.Markte kan dus nie daarin slaag om optimale toekenning van hulpbronne te bewerkstellig nie. (3)

Liggaam

Redes vir markmislukkingDie volgende natuurlike en kunsmatige versperrings kan lei tot markmislukking in die praktyk.

EksternaliteiteEksternaliteite is die koste en voordele wat private koste en voordele in sosiale kostes en voordele verander. Dit is die ekonomiese newe-effekte (beide positief en negatief) wat geskep word a.g.v. spesifiege ekonomiese aksies.Voorbeeld:‘n Besluit om ‘n nuwe snelweg te bou kan ‘n positiewe invloed op nabygeleë residensiële gebiede hê. Die inwoners het nou vinnige en maklike toegang tot die snelweg, en dit kan dus minder tyd vat om by die werk/skool te kom of verkeersopeenhopings verminder.‘n Negatiewe uitwerking (eksternaliteit) van die snelwg kan wees dat die waarde van die eiendomme wat langs die snelweg lê, sal afneem a.g.v. geraasbesoedeling, skadelike uitlaatgasse en die feit dat voorheen afgesonderde huise nou blootgestel is. Omdat eksternaliteite dikwels bestaan in produksie en verbruik en omdat uitsette op private kostes en voordele gebaseer is,is dit ‘n beduidende oorsaak van markmislukking. (6)

Openbare goedereOpenbare goedere is goedere en dienste voorsien deur die staat.Hierdie goedere is ekonomiese produkte wat kollektief verbruik word, soos paaie, skole, die weermag en polisiediens. Die regering verskaf hierdie goedere/dienste vir kollektiewe verbruik en finansier dit deur algemene belasting.Die redes hiervoor is omdat openbare goedere die volgende twee eienskappe bevat : hulle is niemededingend en nie-uitsluitend.Gestel ‘n markmislukking het plaasgevind en die normale markkragte van vraag en aanbod kan nie die dienste lewer nie. Dit mag wees omdat die privaatsektor nie genoegsame aanvangskapitaal het nie of besluit het dat die spesifieke produksieveld (bv. museums, parke en biblioteke) nie winsgewend is nie.Hierdie goedere/dienste is egter miskien van strategiese of ekonomiese belang vir die landOf deel van die sosiale welsynsfunksie van die regering.Die staat kan dan die mark toetree as entrepreneur, verskaffer, organiseerder en koördineerder.(6)

Merietegoedere en niemerietegoedere Merietegoedere is goedere en dienste wat die regering glo mense sal onderverbruik, indien dit aan hulle oorgelaat word. Die staat voorsien hierdie goedere of dienste of gratis of subsidieer dit,bv. stedelike bus- of treinvervoer. Beide die privaat- en openbare sektor kan merietegoedere verskaf.Voorbeelde in SA is onderwys- en gesondheidsdienste.Daar word gereken dat die verbruik van merietegoedere positiewe eksternaliteite kan genereer, waar die maatskaplike gebruik van hierdie goedere of dienste die private voordele kan oorskry.Byvoorbeeld, goeie onderwys- gesondheidsdienste sal lei tot beter produktiwiteit in die werkplek, ‘n beter geletterdheidstandaard en ‘n hoër lewenstandaard. (6)

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief18

Page 20: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

Onvolmaakte mededingingIndien daar nie voldoende mededinging in die ekonomie bestaan nie, word groter en minder besighede die tendens.Dit mag lei tot die vorming van monopolieë en oligopolieë (en katelle) in die mark.Eskom is ‘n goeie voorbeeld van ‘n monopolie in SA, waar dit die enigste verskaffer van elektrisiteit is. Onvolmaakte mededinging is ‘n groot bedreiging vir verbruikers, omdat hulle nie net die voordeel van keuse van ‘n produk ontneem word nie,maar ook nie die voordele van mededinging,nl. laer pryse en beter gehalte goedere, kan geniet nie. (6)

Gebrek aan inligtingDie beskikbaarheid van inligting is deurslaggewend vir markkragte van vraag en aanbod om reg te funksioneer.Dit is belangrik vir die verbruiker om te weet waar om die nodige middele te vind om aan sy behoeftes te voldoen en vir die verskaffer om die regte verbruiker te vind.Die gehalte van ‘n land se kommunikasiestelsel bepaal die beskikbaarheid van inligting.(4)

Immobiliteit van produksiefaktoreBeteken dat vier produksiefaktore nie vry is om van een sakesektor na ‘n ander te beweeg nie.Die doeltreffende toewysing van hierdie vier produksiefaktore vereis dat natuurlike hulpbronne, arbeid, kapitaal en entrepreneurskapvry moet wees om naarkte te skuif waar opbrengs die grootste is. (4)

Onvolmaakte verspreiding van inkomste en rykdomProbleme kan ontstaan indien pryse nie die koste van produksie geredelik weerspieël nie.Wanneer pryse bv. te hoog is, kan rykdom onregverdig versprei wees.Een van die kenmerke van die SA ekonomie is die groot verskil tussen groepe se inkomste en rykdom. Dit kan lei tot ‘n wye gaping in die lewenstandaarde tussen groepe in ons land.Die staat kan besluit om in te gryp deur ‘n progressiewe belastingstelsel te gebruik, wat die belastingkoers laat toeneem wanneer belasbare inkomste toeneem.Die regering kan ook spesifieke beleide soos ‘n minimum loon vir huis-, plaas- enmynwerkers instel om hierdie onvolmaakthede te bekamp. (6)

Sommige gevolge van markmislukkingDit ontneem die verbruiker die keuse tussen produkte en dienste.Ontneem verbruiker die voordele van mededinging, laer pryse en beter gehalte produkte.Kan die lewenstandaarde van die mense wat nie die duurder produkte te koop nie, verlaag, bv. gehalte mediese sorg wat deur ‘n mediese fonds skema gedek word.Monopolieë en oligopolieë mag hul posisies in die mark misbruik, bv. maatskappye wat onlangs beboet is vir samespanning in die broodpryse.Hulle kan ook mededinging beperk en dit kan lei tot kunsmatige tekorte en dus hoër pryse.Onvoldoende mededinging mag groot maatskappye ook beinvloed om die politiek d.m.v. hul ekonomiese krag te beïnvloed. (8)

SlotDie Suid-Afrikaanse regering gebruik beleid en wetgewing om die groot ongelykheid in inkome te hanteer, maar ten spyte van hul pogings kom markmislukking steeds voor. (Enige relevante slot) (2)

2 punte vir elke feit tot maksimum insluiten die Inleiding and Slot (45)

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief19

Page 21: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

RUBRIEK (5)

Punte – met inleiding en slot Punte1 – 15 116 – 30 331 - 45 5

[50]

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief20

Page 22: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

VRAAG 10: LU 2 MIKRO-EKONOMIE

Bespreek die monopolie as markstruktuur en vergelyk dit kortliks met die volmaakte mark.

Inleiding

‘n Monopolie is ‘n markstruktuur waar daar slegs een produsent of verskaffer van ‘n produk of diens bestaan. (3)

Inhoud

‘n Monopolistiese besigheid het ‘n vraagkurwe wat na onder neig, in teenstelling met ondernemingwat ‘n horisontale vraagkurwe het.

In die mededingende mark sal die individuele onderneming ‘n passiewe prysnemer wees.In ‘n onvolmaakte mark sal die monopolie, as die enigste deelnemer, die prys bepaal.

In ‘n volmaakte mark vorm al die individuele ondernemings saam die bedryf, terwyl in diemonopolistiese mark die onderneming die bedryf ook is.

‘n Verbruiker sal minder as die prys hoog is in die monopolistiese mark en meer as dit afneem.In ‘n volmaakte ekonomie kan ‘n onderneming nie hul verkoopprys kies nieAs hulle die produk of diens bo die ewewigsprys lewer, sal hulle niks verkoop nie.As hulle onde die ewewigsprys verkoop, sal hulle minder geld maak as wat hulle sou hulle teendie ewewigsprys verkoop het.

“n Monopolie met dieselfde koste en vraag as ‘n onderneming in ‘n volmaakte mark sal ‘n laer uitseten ‘n hoer prys het.

In volmaakte markte sal ‘n volmaakte mededinger hoeveelhede lewer wat ekonomies doeltreffendis, terwyl ‘n monopolie minder doeltreffende hoeveelhede sal lewer om ‘n hoer prys te vra as diemarginale koste.

In ‘n volmaakte mark sal die produsent en die verbruiker se surplusse groter wees, terwyl diesurplusse van produsente en verbruikers in monopolieë kleiner sal wees.

In ‘n monopolistiese mark sal elke produsent ‘n produk verkoop wat van sy mededingers se produkteonderskei kan word. Produkdifferensiasie impliseer dat nie elke besigheid in ‘n monopolistiese marknie met ‘n volmaakte elastiese vraagkurwe te doen het nie.

As ‘n onderneming in ‘n onvolmaakte mark die verkoopprys vir sy produk verhoog, gaan hy van syklante aan sy mededingers verloor, maar nie almal nie a.g.v. handelsmerk-getrouheid.

In ‘n volmaakte mark, hoe minder die produk onderskei kan word, hoe meer elasties sal dieonderneming wees se vraagkurwe wees. In ‘n suiwer volmaakte mark met geen produkdifferensiasie nie. sal die vraagkurwe vir die produkte van daardie maaskappy volkomeelasties wees. Dit is omdat die kleinste styging in die verkoopprys al die ander mededingers in diemark ook sal lok.

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief21

Page 23: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

Slot Aanvaar enige redelike slot (3)

Kopiéreg voorbehou Blaai om asseblief22

Page 24: MEMORANDUM · Web viewword betaal wanneer die uitset geproduseer word. Voorbeeld: R1 op elke liter bier. Belastings op produksie is ‘n belasting gehef op die …

RUBRIEK (5)

Punte – met inleiding en slot Punte1 – 15 116 – 30 331 - 45 5

[50]

Kopiéreg voorbehou 23