€¦  · web view: lenin het dit soos volg gestel: “[die beleid] is afgedwing, nie deur...

12
Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 GESKIEDENIS – EERSTE VRAESTEL (ADDENDUM) NOVEMBER 2009 PUNTE: 150 TYD: 3 uur

Upload: others

Post on 17-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: €¦  · Web view: Lenin het dit soos volg gestel: “[die beleid] is afgedwing, nie deur ekonomiese behoeftes nie, maar deur militêre behoeftes, oorwegings en omstandighede.”

Province of theEASTERN CAPEEDUCATION

NASIONALESENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

GESKIEDENIS – EERSTE VRAESTEL

(ADDENDUM)

NOVEMBER 2009

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

Hierdie addendum bestaan uit 9 bladsye.

Page 2: €¦  · Web view: Lenin het dit soos volg gestel: “[die beleid] is afgedwing, nie deur ekonomiese behoeftes nie, maar deur militêre behoeftes, oorwegings en omstandighede.”

2 GESKIEDENIS – EERSTE VRAESTEL (NOVEMBER 2009)

VRAAG 1: WAT WAS LENIN SE EKONOMIESE BELEIDSRIGTINGS EN IN WATTER MATE HET HY ’N SOSIALISTIESE MODEL GEVOLG?

BRON 1A

Die volgende uittreksel beskryf Oorlogskommunisme:

Lenin het dit soos volg gestel: “[die beleid] is afgedwing, nie deur ekonomiese behoeftes nie, maar deur militêre behoeftes, oorwegings en omstandighede.”Die hoofkenmerke van Oorlogskommunisme was die totstandkoming van gesentraliseerde beheer oor alle produksie en verspreiding, insluitende die verpligte lewering van graan. Die volgende maatreëls is ingestel: Alle privaatbesit is afgeskaf en die nywerheidswese is onder staatsbeheer geplaas. Dissipline is weer in fabrieke ingestel, met ʼn terugkeer na “eenmansbestuur’, eerder as

beheer deur die werkers. Binnelandse paspoorte is ingestel om te voorkom dat fabriekswerkers na die platteland

terugkeer. Kospatrollies is in die landelike gebiede uitgestuur om graan van die

kleinboere te eis. Rantsoenering is ingestel, en die Rooi Leër het die meeste van die kos ontvang.

Bron: Friedman, M. et al, Verken die Verlede, Graad 11, bls. 115, 2006.

BRON 1B

Die gevolge van Oorlogskommunisme:

Bron: Friedman, M. et al, Verken die Verlede, Graad 11, bls. 116, 2006.

Party kleinboere het hul oeste verbrand en hulle vee vernietig eerder as om dit aan die staat oor te gee. Die voedseltekorte het gevolglik vererger. Daar was in die platteland kwaai botsings tussen die kleinboere en die gewapende kommanderingsgroepe. Honger werkers het die stede verlaat op soek na kos, wat beteken het dat nywerheidsproduksie ook afgeneem het. Daar was in 1921 ook ʼn ernstige hongersnood en droogte in die Benede-Voltagebied. Ongeveer vyf miljoen Russe het van honger omgekom.

Page 3: €¦  · Web view: Lenin het dit soos volg gestel: “[die beleid] is afgedwing, nie deur ekonomiese behoeftes nie, maar deur militêre behoeftes, oorwegings en omstandighede.”

(NOVEMBER 2009) GESKIEDENIS – EERSTE VRAESTEL 3

BRON 1C

Verhongerde kinders van kleinboere in 1921.

Bron: Shuters History, Grade 11, bls. 127

BRON 1D

Lenin se NEB was ʼn kompromie tussen kapitalisme en sosialisme. Die hoofkenmerke was, onder andere:

Die gedwonge kommandering van graan is beëindig. Dit is vervang deur ʼn “belasting in goedere” waar die kleinboere ʼn vaste gedeelte van hulle graan aan die staat moes oorhandig. Hulle kon die res op die mark verkoop. Boere is ook toegelaat om hulle grond uit te huur. Dit het gelei tot die opkoms van ʼn ryk boereklas – die Koelakke.

Alle nywerhede met minder as 20 werkers is gedenasionaliseer. Dit het gelei tot die opkoms van ʼn nuwe klas handelaars en fabriekseienaars – die Nepmanne.

Die staat het beheer oor die belangrike sektore van die ekonomie behou. Die Staatsbank is in 1921 geskep en het lenings en krediet-fasiliteite toegestaan. Die NEB het tot ekonomiese herstel gelei.

Bron: Friedman, M. et al, Verken die Verlede, Graad 11, bls. 117, 2006.

Page 4: €¦  · Web view: Lenin het dit soos volg gestel: “[die beleid] is afgedwing, nie deur ekonomiese behoeftes nie, maar deur militêre behoeftes, oorwegings en omstandighede.”

4 GESKIEDENIS – EERSTE VRAESTEL (NOVEMBER 2009)

VRAAG 2: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE GROOT DEPRESSIE VAN 1929, OP DIE LEWENS VAN MENSE, IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA?

BRON 2A

Hierdie bron verduidelik hoe maatskappye, die regering en Amerikaners geaffekteer was deur die Groot Depressie.

Op 29 Oktober het die mark ineengestort toe waardelose spekulering van aandele, selfs groot korporasies soos Du Pont en General Motors se aandele laat daal het. Dit alles was sleg genoeg, maar die effek was nie net beperk tot Wall Straat en die ruïnering van finansiers nie. Beheermaatskappye het ineengestort, fabrieke het hulle deure gesluit en banke het gestop om besigheid te doen. Miljoene het hul werk verloor. Belasting kon nie ingevorder word nie en daar was geen fondse vir welsyndienste en salarisse van onderwysers nie. “Die Groot Val” (The Great Crash) het verander in ʼn Groot Depressie. Teen 1932 het aandele pryse gedaal met 82 persent, opbrengs met 40 persent en salarisse met 60 persent. Twaalf miljoen mans was sonder werk.

Bron: Britain, Europe and the Modern World, 1972, bls. 54

BRON 2B

Die volgende twee uittreksels verduidelik die effek van die Groot Depressie op die lewens van die Amerikaanse mense:

Uittreksel 1:Geneem uit: Verken die Verlede, Graad 11, bls. 149

Bekende firmas is bankrot verklaar. Makelaars het selfmoord gepleeg deur van wolkekrabbers af te spring… Mense wat ek ken, was verpletter. Party het hulle huise te koop aangebied, wat nutteloos was omdat niemand enigiets gekoop het nie, of hulle het die huise toegespyker en weggetrek omdat hulle dit nie meer kon bekostig om daar te woon nie… ’n Ou egpaar wat naby ons woon het met die ineenstorting alles verloor… en hulle het dus selfmoord gepleeg.

Uittreksel 2Geneem uit: Oxford in Search of History, Grade 12, bls. 273

Duisende werkersklas-families het hul huise verloor omdat hulle nie langer huur kon betaal nie. In die strate van elke groot stad het werkers inmekaar geval en aan hongersnood en blootstelling gesterf. Elke koerant het verslag gedoen oor die selfmoord van hierdie werkers, gedryf deur desperaatheid en hongersnood.

Page 5: €¦  · Web view: Lenin het dit soos volg gestel: “[die beleid] is afgedwing, nie deur ekonomiese behoeftes nie, maar deur militêre behoeftes, oorwegings en omstandighede.”

(NOVEMBER 2009) GESKIEDENIS – EERSTE VRAESTEL 5

BRON 2C

Soos die werkloosheid toegeneem het, is meer en meer mense gedwing tot die broodlyn waar mense toustaan vir gratis brood. Karl Monroe, ʼn werklose verslaggewer beskryf sy ondervinding in ʼn broodlyn:

Geskrewe bron:

Moeg, honger en koud het ek uitgestrek op die bank en nieteenstaande die gebrek aan ʼn donserig matras en gerieflikheid het ek uiteindelik aan die slaap geraak. Die sole van my voete was geswel met blase, want my skoene was vir die laaste twee-en-sewentig uur nie uitgetrek nie soos ek die sypaadjies vir die laaste drie dae platgeloop het…Uiteindelik het ek in Vyf-en-Twintigste straat in die broodlyn gestaan waar die vroue van die Sosialistiese Party daagliks sop, koffie en brood uitgedeel het. Tot my verbasing het ek mans wat alle soorte in die broodlyn gevind – die meerderheid was geskoolde vakmanne wat dit onmoontlik gevind het om werk te kry. Een het my vertel dat hy ʼn siviele ingenieur was en het $8 000 per jaar verdien. Sedert hy ʼn jaar gelede sy werk verloor het, het hy van ʼn swak na ʼn nog swakker posisie beweeg, waar hy nou en dan ʼn werk gekry het, totdat hy gesink het tot die broodlyn…

Visuele bronHierdie is ʼn foto van werkers wat vir brood in New York in 1930, toustaan.

VERTALING:SLEGS VIR DIE WERKLOSES

TOEBROODJIES EN BIERKOSTELOOS

BRON: New Africa History, Grade 11, bls. 89

Page 6: €¦  · Web view: Lenin het dit soos volg gestel: “[die beleid] is afgedwing, nie deur ekonomiese behoeftes nie, maar deur militêre behoeftes, oorwegings en omstandighede.”

6 GESKIEDENIS – EERSTE VRAESTEL (NOVEMBER 2009)

VRAAG 3: WAT WAS DIE OORSPRONG EN AARD VAN AFRIKANER-EN SWART NASIONALISME EN IDENTITEITE IN SUID-AFRIKA GEDURENDE DIE 1930’s EN 1950’s?

BRON 3A

ʼn Uittreksel oor die konsep Afrikaner-nasionalisme aan die Afrikaner-Nasionalistiese party met hul aanvaarding van mag in 1948.

Afrikaner-nasionalisme was meer soos ʼn Europese vorm van nasionalisme in die sin dat dit op die vereniging van lede van ʼn bepaalde taalgroep gegrond was. In teenstelling met nasionalismes in Europa, was Afrikaner-nasionalisme egter op ras gegrond. Dit het nie almal wat Afrikaans gepraat het as lede van die Afrikanervolk aanvaar nie (want die meerderheid van die mense wat Afrikaans gepraat het, was mense van gemengde afkoms), maar net diegene wat wit was. Afrikaner-nasionalisme was dus ʼn eksklusiewe nasionalisme wat aanvanklik uit teenkanting teen Brittanje en Britse beheer oor die Afrikanervolk gevorm is. Gedurende die Anglo-Boereoorlog van 1899 – 1902 kon Afrikaners nie daarin slaag om hul vryheid te behou en Britse regering te vermy nie.

Bron: Friedman, M. et al, Verken die Verlede, Graad 11, bls. 198, 2006.

Page 7: €¦  · Web view: Lenin het dit soos volg gestel: “[die beleid] is afgedwing, nie deur ekonomiese behoeftes nie, maar deur militêre behoeftes, oorwegings en omstandighede.”

(NOVEMBER 2009) GESKIEDENIS – EERSTE VRAESTEL 7

BRON 3B

FOTO 1

Die Eeufees het die erfenis van Afrikaner nasionalisme beklemtoon, terwyl die Van Riebeeck fees gekonsentreer het om ʼn gemeenskaplike blanke geskiedenis. Die vlotoptog eindig met ’Ons Bou ʼn Nasie’. Die twee perde verteenwoordig die samekoms van die twee blanke nasies.

Bron: Botarro, J. et al, In Search of History, Grade 11, bls. 175, 2006

Page 8: €¦  · Web view: Lenin het dit soos volg gestel: “[die beleid] is afgedwing, nie deur ekonomiese behoeftes nie, maar deur militêre behoeftes, oorwegings en omstandighede.”

8 GESKIEDENIS – EERSTE VRAESTEL (NOVEMBER 2009)

FOTO 2:

ʼn Samekoms van Swartes, Kleurlinge en Indiërs, om te protesteer teen die amptelike Van Riebeeck feesvieringe in 1952. ʼn Gewilde slagspreuk was: ‘Niks om oor fees te vier nie’.

Bron: Botarro, J, et al, In Search of History, Grade 11, bls. 176, 2006

Page 9: €¦  · Web view: Lenin het dit soos volg gestel: “[die beleid] is afgedwing, nie deur ekonomiese behoeftes nie, maar deur militêre behoeftes, oorwegings en omstandighede.”

(NOVEMBER 2009) GESKIEDENIS – EERSTE VRAESTEL 9

BRON 3C

Nelson lewer getuienis oor Lembede se geloof in die filosofie van Afrikanisme.Lembede en Mandela was deel van die Jeug-delegasie wat Dr. Xuma, president van die ANC ontmoet het.

Lembede het gesê dat Afrika die swartman se kontinent is en dat dit van swartes afhang om hulself te bewys en te eis wat regmatig aan hulle behoort het. Hy het die idee van swart minderwaardigheidskompleks gehaat en het die idees wat hy genoem het, die aanbidding van die Weste en sy idees gekasty. Hy het beklemtoon dat hierdie minderwaardigheidskompleks die grootste struikelblok tot bevryding was. Hy het opgemerk dat wanneer swartes dieselfde geleenthede gegee was, hulle in staat was om net soos die blanke man te ontwikkel en het na Afrika helde soos Marcus Garvey, W.E.B.Du Bois en Haile Selasie verwys. “Die kleur van my vel is pragtig”, het hy gesê, “soos die swart grond van Moeder Afrika”. Hy het geglo dat swartes hulle selfbeeld moet verbeter voordat hulle suksesvolle massa-aksie kon loods. Hy het selfonderhoud en selfbeskikking verkondig en het sy filosofie ‘Afrikanisme’ genoem.

Bron: Deftereos, R. et al, Making History, Grade 11, bls. 206, 2006

BRON 3D

Yengwa (ʼn lid van die ANC-Jeugliga) verduidelik sy posisie oor die militante houding van die Afrikaniste.

Bron: Deftereos, R. et al, Making History, Grade 11, bls. 210, 2006

‘Dit was nie ʼn anti-wit ding nie. Ons het meer en meer bewus geword dat ons stryd nie teen die witman was nie – ons stryd was teen apartheid. Ons hele fokus was natuurlik oor die algemeen Swart-nasionalisme. Ons het Swart-nasionalisme gesien as ʼn verenigde mag en die dryfkrag om blanke onderdrukking omver te werp. Soos ons, ons eie filosofie van Swart-nasionalisme ontwikkel het, het ons ontdek dat ons gemeenskaplike doelstellings het – dit het nie saak gemaak of jy swart of wit was nie. Met ander woorde ons het beweeg na nie-rassisme.