1035s fisiologie sg v1 final - cemiswcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... ·...

20
1035S FISIOLOGIE SG PHYSIOLOGY SG (VRAESTEL 1) (PAPER 1) MAART/MARCH 2005 TYD/TIME: 3 UUR/HOURS PUNTE/MARKS: 300 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION 2005 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” FISIOLOGIE STANDAARDGRAAD (VRAESTEL 1) Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” – PHYSIOLOGY STANDARD GRADE (PAPER 1) Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n antwoordblad. This question paper consists of 17 pages and an answersheet.

Upload: trinhdan

Post on 09-Jun-2018

225 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1035S FISIOLOGIE SG PHYSIOLOGY SG (VRAESTEL 1) (PAPER 1) MAART/MARCH 2005

TYD/TIME: 3 UUR/HOURS PUNTE/MARKS: 300

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION

2005

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak”

FISIOLOGIE STANDAARDGRAAD (VRAESTEL 1)

Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

PHYSIOLOGY STANDARD GRADE

(PAPER 1)

Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n antwoordblad. This question paper consists of 17 pages and an answersheet.

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

2

INSTRUKSIES AFDELING A: Vraag 1

Beantwoord hierdie vraag op die ANTWOORDBLAD wat voorsien word. Totaal: 100

AFDELING B: Beantwoord AL VIER vrae in die antwoordboek. Totaal: 200 AFDELING A VRAAG 1 Beantwoord AL die onderafdelings van Vraag 1 (1.1 – 1.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD. Verwyder die ANTWOORDBLAD uit die middel van die vraestel en plaas dit in die antwoordboek. 1.1 VEELKEUSEVRAE

Vier moontlike antwoorde word vir elk van die vrae gegee. Dui die korrekte antwoord aan deur ‘n kruis (X) oor die ooreenstemmende letter op jou ANTWOORDBLAD te maak.

VOORBEELD: Speeksel word afgeskei in die A mond. B maag. C slukderm. D duodenum.

ANTWOORD

A

B

C

D

1.1.1 Watter deel van die brein word geprikkel as ‘n mens begin dehidreer?

A Hipotalamus B Medulla Oblongata C Pons Varolii D Serebellum

1.1.2 Watter een van die volgende hou GEEN verband met die gewaarwording

van smaak nie? A Chemoreseptore B Olfaktoriese selle C Proprioseptore D Omwalde papille

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

3

1.1.3 Watter een van die volgende is verantwoordelik vir die verandering van

die vorm van die lens van die oog? A Oogspiere B Suspensoriese ligamente C Spiere van die iris D Kornea

1.1.4 Die klein endokriene klier wat op ‘n ander endokriene klier geleë is, is die

A eilandjies van Langerhans. B byniere. C gonade. D paratiroïede.

1.1.5 In watter gedeelte van die nier kom die meeste liggaampies van Malpighi voor?

A Niersinus B Medulla C Korteks D Nierbekken

1.1.6 Die hormoon verantwoordelik vir die vrystelling van gal is

A gastrien. B enterogastrien. C sekretien. D cholesistokinien.

1.1.7 Die akson van ‘n neuron word omsluit en beskerm deur die

A laag van Malpighi. B miëlienskede. C knoop van Ranvier. D sinaps.

1.1.8 Die buis van Eustachius open in die

A farinks/keelholte. B binne-oor. C nierbekken. D dunderm.

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

4

1.1.9 Die vloeistof wat die embrio van die mens omring, is die

A chorionvloeistof. B limfvloeistof. C weefselvloeistof. D amnionvloeistof.

1.1.10 Watter stof word afgeskei as die bloeddruk onder ‘n sekere vlak daal?

A Eritropoïetien B Renien C Sekretien D Melanien

1.1.11 Watter EEN van die volgende is NIE ‘n funksie van die frontale lob van die brein NIE?

A Geheue B Interpretasie van reuk C Verbeelding D Denke

1.1.12 Die diagram verteenwoordig ‘n sensoriese neuron.

Watter EEN van die volgende dui die regte rigting van die impuls aan?

A 1,2,3 B 1,3,2 C 2,1,3 D 3,2,1

1.1.13 Watter metaboliese afvalproduk word deur die vel, longe en niere uitgeskei?

A Water B Koolstofdioksied C Ureum D Minerale soute

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

5

1.1.14 Watter EEN van die volgende strukture in die vel is gevoelig vir harde

drukking (vibrasies)? A Tasliggaampies van Meissner B Eindorgaan van Ruffini C Eindknop van Krause D Tasliggaampie van Pacini

1.1.15 Die sentrale senuweestelselvan die mens bestaan uit die

A brein en sy hoofsenuwees. B brein en hipofise. C brein en rugmurg. D brein, rugmurg en outonome senuweestelsel.

1.1.16 Die hormoon wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling van die plasenta, is

A estrogeen. B adrenalien. C testosteroon. D FSH.

1.1.17 Die twee hemisfere van die serebellum word verbind deur die

A corpus callosum. B medulla oblongata. C vermis. D Pons Varolii.

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

6

Vrae 1.1.18 en 1.1.19 het betrekking op die onderstaande diagram van die vroulike voortplantingstelsel.

1.1.18 Bevrugting van die menslike sekondêre oosiet vind gewoonlik plaas in

A 1. B 3. C 4. D 5.

1.1.19 Die embrio ontwikkel in

A 1. B 2. C 5. D 6.

1.1.20 Watter stof word gewoonlik totaal herabsorbeer uit die glomerulêre filtraat?

A Ureum B Kreatinien C Natriumchloried D Glukose

(20 x 2) = [40]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

7

1.2 Skryf die korrekte woord of fisiologiese term vir elk van die volgende beskrywings langs die ooreenstemmende nommer op die ANTWOORDBLAD neer.

1.2.1 Papille op die tong, grotendeels sonder smaakbekertjies 1.2.2 ‘n Stof wat die fluktuasie van die pH van die liggaamsvloeistowwe beperk 1.2.3 Die hormoon wat die effek het om anti-allergies en anti-inflammatories te wees 1.2.4 Die vermoë van die menslike oog om te fokus op voorwerpe op verskillende

afstande vanaf die oog 1.2.5 Die verbinding tussen twee senuweeselle 1.2.6 ‘n Versameling senuweeselliggame buite die brein of rugmurg 1.2.7 Die reseptore in die skeletspiere verantwoordelik vir die handhawing van spiertonus 1.2.8 Die stadium wanneer ’n onvolwasse individu in staat word om te kan voortplant 1.2.9 Die vorm waarin glukose in die mens se lewer gestoor word 1.2.10 Die oog wat sy vermoë om te akkommodeer verloor het

(10 x 2) = [20]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

8

1.3 Skryf die letter van die woord(e) in KOLOM B wat die beste geassosieer kan word met die stelling/beskrywing in KOLOM A, langs die betrokke nommer op die ANTWOORDBLAD. Elke term mag slegs een maal gebruik word. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Aantal servikale senuwees A urine 1.3.2 Inhoud van die nierbekken B epidermis 1.3.3 Beheer emosies soos liefde, haat, C jodium jaloesie D medulla oblongata 1.3.4 Die laag in die vel waaruit

hare ontwikkel E 31 paar

1.3.5 ‘n Noodsaaklike element vir alle F ATP aminosure

G oksipitale 1.3.6 Aantal kraniaalsenuwees

H 8 paar 1.3.7 Oorkruising van senuwees tussen

rugmurg en brein I hipotalamus

1.3.8 Noodsaaklik vir aktiewe herabsorpsie J dermis van stowwe

K 12 paar 1.3.9 Die gebied in die oog waar gesigskerpte

die beste is L stikstof 1.3.10 Die lob in die brein verantwoordelik M fovea centralis

vir sig N weefselvloeistof

(10 x 2) = [20]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

9

1.4 Bestudeer die volgende diagramme. A is ‘n neuron en B ‘n dwarsnit deur ‘n saadbuisie in die testis. Antwoord die vrae op die ANTWOORDBLAD.

Fig. 1.4A 'n Neuron in die perifere senuweestelsel

Fig. 1.4B Dwarssnit deur 'n saadbuisie in die testis 1.4.1 Gee die nommer wat elk van die volgende aandui: (a) Die strukture wat aktief betrokke is by proteïensintese (b) Die selle wat deur FSH gestimuleer word (c) Selle wat die haploïede getal chromosome besit (d) Selle wat kan regenereer as hulle beskadig word (e) Die struktuur wat daarvoor verantwoordelik is om ‘n impuls na

die selliggaam te gelei (5)

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

10

1.4.2 Skryf die nommer neer wat elk van die volgende strukture aandui:

(a) Neurilemma (b) Leydigselle (c) Dendriet

(d) Sertoli sel (e) Schwannsel (5) [10] 1.5 In elk van die onderstaande stellings is daar EEN FOUTIEWE woord. Skryf

die VERKEERDE en die KORREKTE woorde op die ANTWOORDBLAD langs die ooreenstemmende nommers.

1.5.1 Die ooggebrek miopie beteken dat die kornea onreëlmatig gekrom is. 1.5.2 Die hormoon prolaktien reguleer die konsentrasie kalsium in die bloed. 1.5.3 Seekos ryk aan stikstof is noodsaaklik vir die vorming van tiroksien. 1.5.4 Keratien in die vel absorbeer skadelike ultra-violet sonstrale. 1.5.5 Stapes in die ampullas help om balans te handhaaf.

(5+5) = [10]

TOTAAL AFDELING A: /100/

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

11

AFDELING B Beantwoord al VIER die vrae in die antwoordboek NOMMER die vrae duidelik. Begin die antwoord op elke nuwe vraag op ‘n nuwe bladsy. VRAAG 2 2.1 Bestudeer die diagram van die vel en beantwoord dan die

vrae.

Fig 2.1 Snit deur die vel van die mens 2.1.1 Gee byskrifte vir nommers 1 – 7. (7) 2.1.2 Noem die DRIE dele waaruit laag 1 bestaan. (3) 2.1.3 Gee DRIE funksies van nommer 6. (3) 2.1.4 Verduidelik wat by nommer 6 gebeur om homeostase te handhaaf as die

omgewingstemperatuur baie styg. (5) 2.1.5 Afgesien van nommer 6 is daar nog ander kliere in die vel. Noem DRIE van hierdie kliere wat in die vel voorkom en sê waar elke

soort klier aangetref word. (6) [24]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

12

2.2 Bestudeer die diagram van die menslike oog en beantwoord dan die vrae.

Fig.2.2 Snit deur die menslike oog 2.2.1 Gee byskrifte vir al die strukture wat 1 – 10 genommer is. (10) 2.2.2 Tabuleer 3 verskille tussen stafies en keëltjies. (6)

2.2.3 Gee die eienskappe van ‘n beeld wat op die fovea gefokus word. (3) 2.2.4 Noem enige TWEE oogdefekte wanneer die beeld nie behoorlik gefokus

is nie. (2) [21]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

13

2.3 Bestudeer die diagram van ‘n snit deur die oor van ‘n mens en beantwoord

dan die vrae.

Fig. 2.3 Snit deur die menslike oor

Gee vir elk van die volgende vrae slegs die betrokke NOMMER uit die diagram. Watter struktuur in die diagram: 2.3.1 handhaaf konstante lugdruk aan weerskante van die oordrom? 2.3.2 sal die gehoorwaarneming beïnvloed met ‘n verkoue? 2.3.3 verander klankgolwe (vibrasies) in golwe in die endolimf? 2.3.4 bevat die orgaan van Corti? 2.3.5 verhoog die intensiteit van vibrasies? [5] /50/

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

14

VRAAG 3 3.1 Onderstaande diagram illustreer ‘n gedeelte van ‘n osmoregulerende struktuur in die mens.

Bestudeer die diagram en beantwoord dan die vrae.

3.1.1 Wat beteken die term osmoregulering? (2) 3.1.2 Gee die naam van die makroskopiese osmoregulerende orgaan waarvan

die diagram deel is. (1) 3.1.3 Identifiseer struktuur B. (1) 3.1.4 Watter proses vind in deel 2 plaas? (1) 3.1.5 Noem die aanpassings van deel 2 om sy funksies te kan uitvoer. (5) 3.1.6 Deur watter proses gaan vloeistof deel A binne? (1) 3.1.7 Die volgende stowwe kom in deel 1 voor:

Bloedliggaampies, plasmaproteïene, glukose, aminosure, ureum, water, soute, bloedplaatjies (a) Noem DRIE van hierdie stowwe wat nie in 2 gevind word nie. (3) (b) Noem VIER van hierdie stowwe wat in 3 voorkom. (4)

3.1.8 Bespreek die rol van ADH nadat ‘n persoon baie water gedrink het. (6) [24] 3.2 Urine 3.2.1 Volg die pad van een molekule afvalstof vandat dit die nier binnekom

totdat dit die nier as deel van urine verlaat. Let daarop dat die volgorde van strukture baie belangrik is. (14) 3.2.2 Noem SES afvalprodukte wat in urine voorkom en gee die oorsprong

van elk. (12) [26]

/50/

Fig. 3.1: Osmoregulerende struktuur in die mens

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

15

VRAAG 4 4.1 Bestudeer die diagram van die manlike voortplantingsorgane van die

mens en beantwoord dan die vrae.

Fig. 4.1 ‘n Anterior aansig van die manlike voortplantingsorgane van die mens

4.1.1 Skryf byskrifte vir gedeeltes 1-10. (10) 4.1.2 Gee TWEE funksies van nommer 6. (2) 4.1.3 Gee EEN funksie elk van dele 8, 1, 4, 5. (4) 4.1.4 Verduidelik die samestelling van semen. (6) [22] 4.2 VROULIKE VOORTPLANTINGSTELSEL 4.2.1 Noem die VIER hormone wat betrokke is by die menstruele siklus en

gee een funksie van elk met betrekking tot die siklus. (8)

4.2.2 Verduidelik kortliks wat elkeen van die volgende terme beteken: (a) Ovulasie (2) (b) Oögenese (2) (c) Corpus luteum (2) [14]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

16

4.3 CHEMIESE KOÖRDINASIE 4.3.1 Gee die definisie van ‘n hormoon. (4) 4.3.2 Wanneer ‘n mens baie groot skrik, word ‘n hormoon afgeskei wat die

liggaam vir die “veg-of-vlug”- situasie voorberei. (a) Gee die naam van die hormoon wat afgeskei word. (1) (b) Watter klier stel hierdie hormoon vry? (2) (c) Gee VYF uitwerkings wat die hormoon op die menslike

liggaam sal hê. (5) [12] 4.4 Hieronder volg sekere siektesimptome. Skryf in elke geval (4.4.1 en

4.4.2) slegs die naam van die siekte neer.

4.4.1 Opgeswelde (vet) gesig en romp; hoë bloedsuikervlak; glukose in urine; verswakte spiere (1)

4.4.2 Gepigmenteerde areas op vel; lae bloeddruk; sout wanbalans; spierswakheid; naarheid; diarree (1) [2]

/50/

VRAAG 5 5.1 SENUWEEFSEL 5.1.1 Noem DRIE verskillende tipes neurone geklassifiseer volgens

funksie en gee die funksie van elk. (6) 5.1.2 Watter deel van die neuron is verantwoordelik vir elkeen

van die volgende funksies? (a) Neem impulse weg van selliggaam. (b) Stel impulse in staat om vinniger te beweeg. (c) Speel ‘n rol in proteïensintese. (d) Isoleer die akson sodat impulse teen ‘n hoë snelheid kan beweeg. (e) Gelei impulse na die selliggaam. (f) Voed en regenereer die neuron as dit beskadig word. (6) 5.1.3 Verduidelik hoe die oordrag van senuwee impulse by ‘n sinaps plaasvind. (6) [18]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2005 (1035S) FISIOLOGIE SG

17

5.2 SENTRALE SENUWEESTELSEL

Bestudeer die skets van ‘n snit deur die menslike brein en beantwoord dan die vrae.

Fig. 5.2 Snit deur die menslike brein 5.2.1 Gee die byskrifte van dele 1 – 6. (6) 5.2.2 Gee TWEE ooreenkomste tussen die gedeeltes 1 en 2 (2) 5.2.3 Tabuleer DRIE verskille tussen dele 1 en 2. (6) 5.2.4 Gee SES funksies van die hipotalamus. (6) [20] 5.3 PERIFERE SENUWEESTELSEL 5.3.1 Gee die NAAM en die AANTAL spinale senuwees wat by die

mens voorkom. (10) 5.3.2 Gee TWEE faktore wat die spoed van ‘n refleks kan beïnvloed. (2)

/50/

TOTAAL AFDELING B: /200/

GROOTTOTAAL: /300/

FISIOLOGIE SG MAART/MARCH 2005 PHYSIOLOGY SG ANTWOORDBLAD: AFDELING A ANSWER SHEET: SECTION A

EKSAMENNOMMER EXAMINATION NUMBER

VRAAG 1.1/QUESTION 1.1 VRAAG 1.3/QUESTION 1.3 VRAAG 1.4/QUESTION 1.4

1.1.1 A B C D 1.3.1 1.4.1 a 1.1.2 A B C D 1.3.2 b

1.1.3 A B C D 1.3.3 c

1.1.4 A B C D 1.3.4 d 1.1.5 A B C D 1.3.5 e

1.1.6 A B C D 1.3.6

1.1.7 A B C D 1.3.7 1.4.2 a 1.1.8 A B C D 1.3.8 b

1.1.9 A B C D 1.3.9 c

1.1.10 A B C D 1.3.10 d 1.1.11 A B C D e

1.1.12 A B C D 10 x 2 = [20]

1.1.13 A B C D 5 + 5 = [10] 1.1.14 A B C D VRAAG 1.5/QUESTION 1.5

1.1.15 A B C D VERKEERDE WOORD/ KORREKTE WORD/

1.1.16 A B C D WRONG WORD CORRECT WORD

1.1.17 A B C D 1.5.1

1.1.18 A B C D 1.5.2

1.1.19 A B C D 1.5.3 1.1.20 A B C D 1.5.4

1.5.5

20 x 2 = [40] 5 + 5 = [10] VRAAG 1.2/QUESTION 1.2 1.2.1

1.2.2

1.2.3

1.2.4 1.2.5

1.2.6 TOTAAL AFDELING A:

1.2.7 TOTAL SECTION A: 1.2.8

1.2.9

1.2.10 [100] 10 x 2 = [20]

FISIOLOGIE SG

FISIOLOGIE SG