aktiwiteit 7: ons lees gedigte - christelikemedia.org · 18 1. jy doen in die vak natuurwetenskap...

10
14 Aktiwiteit 7: Ons lees gedigte Die papwêreld Hier strek ‘n breë kaal woestyn, En daar ontstuimig bruis die see. Die strand maak hier ‘n wye baai en daar ‘n skiereiland of twee. Hier stapel ek ‘n reuse-berg waar wilde ongediertes woon, met huise, plase aan die voet, sy kruine spits met sneeu bekroon. En nou verander die toneel: Hier lê my plaas, so groot en fraai; my kraal kom hier teen hierdie bult. Daar, dink ek, sal ek koring saai. Ag, dis ‘n plaas uit duisend die! Daar’s volop water om te lei, sodat die saailand ryk en klam ‘n boer se hart laat lekker kry. Maar net as ek my damme maak en vorder met my boerdery, sien tant Kato my altyd raak, en knorrend sê sy dan vir my: “Frans, wil jy hê ek moet jou klap? Jy sit alweer jou pap en krap!” Elsa Niemeyer Opdrag Beantwoord nou die volgende vrae 1. ‘n Gedig het altyd ‘n naam. Ons noem dit die titel van die gedig. Wat is die titel van hierdie gedig? 2. Die skrywer van ‘n gedig noem ons die digter. Skryf die digter se naam neer. 3. ‘n Gedig word baie keer in dele verdeel. Ons noem hierdie dele strofes. Hoeveel strofes is daar in hierdie gedig? 4. Elke lyntjie van ‘n gedig noem ons ‘n versreël. Uit hoeveel versreëls bestaan die eerste twee strofes? 5. In gedigte kry ‘n mens baie keer rymwoorde. Skryf die woorde wat aan die einde van versreëls met mekaar rym in jou boek neer. 6. Skryf jou eie kort gediggie oor lekker pap of ontbyt.

Upload: others

Post on 18-Sep-2019

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

14

Aktiwiteit 7: Ons lees gedigte

Die papwêreld

Hier strek ‘n breë kaal woestyn,En daar ontstuimig bruis die see.Die strand maak hier ‘n wye baai

en daar ‘n skiereiland of twee.Hier stapel ek ‘n reuse-berg

waar wilde ongediertes woon,met huise, plase aan die voet,

sy kruine spits met sneeu bekroon.

En nou verander die toneel:Hier lê my plaas, so groot en fraai;

my kraal kom hier teen hierdie bult.Daar, dink ek, sal ek koring saai.Ag, dis ‘n plaas uit duisend die!

Daar’s volop water om te lei,sodat die saailand ryk en klam‘n boer se hart laat lekker kry.

Maar net as ek my damme maaken vorder met my boerdery,sien tant Kato my altyd raak,en knorrend sê sy dan vir my:

“Frans, wil jy hê ek moet jou klap?Jy sit alweer jou pap en krap!”

Elsa Niemeyer

Opdrag

Beantwoord nou die volgende vrae

1. ‘n Gedig het altyd ‘n naam. Ons noem dit die titel van die gedig. Wat is die titel van hierdie gedig?2. Die skrywer van ‘n gedig noem ons die digter. Skryf die digter se naam neer.3. ‘n Gedig word baie keer in dele verdeel. Ons noem hierdie dele strofes. Hoeveel strofes is daar in hierdie gedig?4. Elke lyntjie van ‘n gedig noem ons ‘n versreël. Uit hoeveel versreëls bestaan die eerste twee strofes? 5. In gedigte kry ‘n mens baie keer rymwoorde. Skryf die woorde wat aan die einde van versreëls met mekaar rym in jou boek neer.6. Skryf jou eie kort gediggie oor lekker pap of ontbyt.

15

Aktiwiteit 8: Ek ken my taal

Groepopdrag

• Gebruik ‘n supermark se advertensieblad en rangskik vinnig al die produkte in alfabetiese volgorde.

• Noem drie voorbeelde van rangskikking in die alledaagse lewe.

Voltooi die volgende opdragte skriftelik:

1. Rangskik die onderstreepte woorde in die leesstuk hierbo in alfabetiese volgorde.2. Rangskik die volgende Bokomo-produkname in alfabetiese volgorde:

graanvlokkies semelvlokkies vrugtevlokkieshawermout heuningvlokkies beskuit

3. Rangskik jou huisgesin se name alfabeties.

Bokomo gesondheid

By Bokomo verwyder ons nie ‘n greintjie vesel uit ons hawermout nie, sodat jy al die gesonde heilsame voordele kan smaak.

Voordele wat jou sal help om die moderne lewe se eise te bowe te kom, omdat Bokomo Hawermout so ietsie terugsit van alles wat in ons gejaagde lewe verloor. Om die waarheid te sê, as jy nie kan wag op die pad boontoe nie, is Bokomo Hawermout net die kitskos vir jou!

Bokomo Hawermout is nie net heerlik en gesond nie, dit is ook maklik om te maak. Dit neem ‘n paar minute met die konvensionele metode en nog minder in die

mikrogolfoond.

Begin die dag op ‘n hoë noot, met die veselryke voedsaamheid van Bokomo Hawermout. Jy sal in die

wolke wees daaroor!

Wanneer eet ‘n mens Bokomo?

Wanneer jy weet wat goed is vir jou!

16

Aktiwiteit 9: Woordvorming: samestellings

1. Bestudeer die onderstaande woorde en sê hoe dit gevorm is.

vrugtevlokkie heuningvlokkiesemelvlokkie koringkiem

2. Kyk goed na die prentjies hier onder. Kyk na die voorbeeld en stel dan nuwe woorde op dieselfde manier saam.

Voorbeeld:

3. Gebruik die volgende woorde om samestellings te vorm:

rekening kaas hoof broodjiepoeding oond mikrogolf liefde rugby tjek pyn hond

Het jy geweet?Wanneer ons ‘n nuwe woord maak deur twee of meer woorde bymekaar te voeg, noem ons dit ‘n samestelling. Samestellings kan met meer as twee woorde gemaak word, byvoorbeeld mikrogolfoond wat bestaan uit mikro + golf + oond.

17

4. Skryf die volgende samestellings in jou boek en gebruik ‘n kleurpotlood om dit duidelik te deel in die woorde waaruit dit saamgestel is:

mielieplant stampmielie mieliemeel

Aktiwiteit 10: Ek skryf my taal

Kies een van die volgende opdragte en skryf dit dan in jou boek: Dink aan ‘n baie lekker toebroodjie: (Jou skryfstuk moet min of meer uit ses tot agt sinne bestaan.)1. Beskryf ‘n uur in die lewe van ‘n toebroodjie. Laat die toebroodjie self sy verhaal

aan die bakker vertel.2. Skryf die gesprek wat tussen twee vlieë plaasvind wat besig is om om ‘n smaaklike

toebroodjie rond te vlieg.

Aktiwiteit 11: Opskrifte en datums

Opskrifte en datums is baie belangrik in ons lewe. Dink nou goed na oor die volgende datums en skryf dit neer.1. Jou verjaarsdag2. Kersfees3. Die dag wanneer die volgende vakansie begin.Is hierdie datums vir jou belangrik? Waarom?

Opdrag

Doen nou die volgende opdragte deur die datums en opskrifte te skryf:

ROOI ROSESarie

Die week se TV-programmeDie wonderlike wêreld van prinses Madelief

Het jy geweet?

•Ja, selfs in ons geskiedenis het gebeure op ‘n bepaalde datum plaasgevind.

• Die werk wat jy in jou verskillende vakke gaan doen, moet voorsien wees van ‘n datum en ‘n opskrif. Jy moet egter mooi dink, want die vakke se datums word op verskillende maniere geskryf.

18

1. Jy doen in die vak Natuurwetenskap en Tegnologie, ‘n les oor voëls op 20 Maart.2. Jy doen breuke in Wiskunde op 10 September.3. Jy doen natuurbewaring in Menslike en Sosiale Wetenskappe op 11 Februarie.4. Jy doen tussenwerpsels in Afrikaans op 3 November.5.1 Jou verjaarsdag5.2 Jou beste maat se verjaarsdag.5.3 Jou Afrikaanse onderwyser se verjaarsdag.5.4 Jou ouers se verjaarsdae.5.5 Die skoolhoof se verjaarsdag.6. Gebruik ‘n tydskrif om drie opskrifte en drie datums uit te knip en in te plak.

Aktiwiteit 12: Leestekens

Groepopdrag

leestekens in te vul.

Opdrag

1. Kyk weer na die advertensie “Bokomo Gesondheid”. Merk al die leestekens wat jy daar kan raaksien.

2. Die lees- en skryftekens is by die onderstaande grappies weggelaat. Jy’s mos ‘n slimkop, vul lees- en skryftekens in waar dit nodig is, deur dit korrek in jou skrif oor te skryf.

Was dit nou nie die opwindendste program wat ons nog ooit gesien

het nie

Mevrou is mevrou nog daar

19

3. Sny ‘n advertensie uit ‘n tydskrif en plak dit in jou boek. Soek drie samestellings in die advertensie en skryf dit neer.

4. Maak sinne waarin jy die volgende leestekens gebruik: ‘n punt; ‘n komma; ‘n vraagteken; ‘n uitroepteken.

Koos jy moet ‘n bietjie kyk - hierdie haardroër is nie so lekker nie

Hallo ek is die man heel agter in die tou. Sal u opskud asseblief

3 KM

1 KM

Het jy geweet?

• Net soos verkeerstekens die verkeer beter laat vloei, maak lees- en skryftekens dit mak-liker om te skryf en veral om dinge wat geskryf is te lees.

• Net soos ‘n stopteken ons laat stilhou, sê die punt vir ons die sin stop / eindig daar.• Die komma is soos ‘n spoedbordjie - hy sê jy moet stadiger lees en gou asem skep.

20

Aktiwiteit 13: Ons oefen ons spelling

Spelling:

Lees die leesstukkie aandagtig deur en doen dan elke dag die opdrag wat gevra word.

Maandag

Kyk na die volgende prentjies en skryf die meervoud en verkleinwoorde van elkeen in jou skrif neer.

Prentjies Verkleining Meervoud1.

Voëltjie Voëls

2.-------------------------- ----------------------------

3.---------------------------- -----------------------------

4.

--------------------------- ----------------------------

5.--------------------------- ---------------------------

Soggens vroeg, nog lank voor die son op kom, kraai die parmantige swart bantam-haantjie, die bantamhennetjie klap haar vlerke opgewonde. Daarna laat die rooi haan, die baas van die plaas, sy harde kraai hoor. Een, twee, drie! Almal is nou wawydwakker. Orals op die werf woel en werskaf dit nou. Dit piep-piep, koggel, kloek en kwaak. Elke dier maak sy eie geluid. Bekke, bekkies, snawels, snaweltjies, snoete en snoetjies - alles smeek en vra kos! Pa Vark en Ma Vark snork, vroetel en raas. Hul klein krulstertvarkies maak ô - ô en bedel kos. Van ver af hoor jy skape en lammers blêr. Ja, op die plaas is dit nou ‘n groot geraas. By Ma Koei staan haar

en bekyk die lug op soek na ‘n wolkie wat reën sal bring. Die voëls vlieg in die lug op soek na hul neste in die bome.

21

Dinsdag

In die leesstuk het julle gelees van al die diere op die plaas. Verdeel nou die volgende woorde in lettergrepe.

bantamhaantjie, bantamhennetjie, snaweltjies, krulstert, vroetel, lammers, skape

Woensdag

Soek in die leesstuk die twee woorde wat met kappies ( ^ ) geskryf word. Skryf hulle neer.

Daar is nog ander woorde wat met kappies ( ^ ) geskryf word. Lees die onderstaande sinne en plaas die kappie op die regte plek by al die onderstreepte woorde, deur die woorde eers in jou skrif te skryf.

Al die diere is baie opgewonde. Vandag het dit gereën en die wereld is sopnat. Op die plaaswerf le die druppels soos perels. Die diere wil nou net hul kos he, maar Boer is nerens te sien nie. Dit is ‘n storie, want dit bler, me en o - o die hele plaaswerf vol. Die varksoe drom saam by die troe, die blerende skape gaan le onder die brue. Boer bere nou eers die sker voordat hy uitstap na buite om die nuwe dag te groet.

Donderdag

In die leesstuk is daar ook deelteken - woorde ( ¨ ) gebruik. Soek hulle en skryf dit neer.

22

Vrydag

Lees die sinne en vul die gepaste ontbrekende klanke van die woorde in, deur die nommer met die volledige woorde neer te skryf. (Onthou die klanke wat jy invul moet deeltekens kry.)

1. Die v_____ls in die h_____ bome is lus vir die dr______ mieliepitte.2. Vr____r jare het die m______ boere hulle pl______ deur osse laat trek.3. Boere het die diere ge____nt teen siektes.4. Die vl____ vlieg in die varkhokke rond na die goeie r_____n.5. In die vr_____ oggend het al die diere lekker ge_____t.

Taalvasvat

Byvoorbeeld: Onder hierdie boom staan ‘n honger jakkals.

(eiename)Byvoorbeeld: Oom Dirk is ‘n Suid-Afrikaner en woon in Johannesburg, Gauteng.

Byvoorbeeld: Die skool begin op Dinsdag, 12 Mei.

geskryf.Byvoorbeeld: Slegs deur die genade van God, wat ons ontvang deur Jesus Christus ons Verlosser, kan ons voortbestaan op aarde.

2. Leestekens

Die punt (.): Ons skryf ‘n punt aan die einde van ‘n sin en na ‘n afkorting soos mnr. (meneer), mev. (mevrou), dr. (dokter), ensovoorts.Byvoorbeeld: Mnr. Tjaart is ons onderwyser.

Die vraagteken ( ?): ‘n Vraagteken word na ‘n vraag geskryf.Byvoorbeeld: Riaan vra: “Waarna kyk jy?”

Die uitroepteken (!): Ons skryf ‘n uitroepteken na ‘n uitroep of na woorde wat sê of

23

ons bly of hartseer is of seerkry. Dit dui gevoel aan.Byvoorbeeld: “Pas op !” skree Gerrie. “Eina!” sê Ruan toe die tee hom brand.

Die komma (,): Ons skryf ‘n komma• nadat ons iemand direk aanspreek of sy naam noem.

Byvoorbeeld: “Jan-Hendrik, wil jy nie saamkom nie?”

• wanneer ons ‘n lysie goed opnoem of tussen ‘n reeks naamwoorde, maar nie voor en nie.Byvoorbeeld: Al die gemsbokke, koedoes, leeus en olifante het vrede gemaak.

• voor maar en want en meeste voegwoorde.Hilgert soebat, maar Leendert wil nie kom nie.Marcel loop weg, want hy is moeg.

• na ja en nee aan die begin van ‘n sin.Byvoorbeeld: Ja, maar Chris wil nog nie kom nie.

3. Samestellings

• Ons kan twee of meer basiswoorde aan mekaar las om ‘n samestelling te vorm.• Samestellings word altyd vas geskryf.• Soms is dit nodig dat daar ‘n klank tussen die woorde ingevoeg word, om die

samestelling makliker uit te spreek. Ons noem die klank ‘n verbindingsklank.

Voorbeelde van samestellings

hoed van ‘n man = manshoed hok van ‘n hond = hondehok kamer van ‘n kind = kinderkamer spoor van ‘n bees = beesspoor hard soos klip = kliphard swart soos pik = pikswart sing-sing twee-uur Suid-Afrika