bloemnuus 20140124

11
VRYDAG 24 JANUARIE 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS HOPELIK KOM DIE REËN GOU: ’n Dorpie is Bloemfontein allermins meer. Die Mangaung-metro het immers meer as een miljoen inwoners. Richard Smith het dié foto van Naval Hill geneem terwyl die weerlig in die rigting van Leeuberg geslaan het. Daar is vandag ’n 30%-kans op 3mm reën in Bloemfontein, volgens weathersa.co.za. Foto: www.iandicreations.co.za Richard Smith is met dié foto ’n eetbewys van Rosie’s Brasserie in die Windmill-casino ryker. Stuur foto’s na [email protected]. Digitale foto’s moet minstens 1MB groot wees. Voorkeur word gegee aan foto’s wat in Bloemfontein geneem is. Vorige wenfoto’s verskyn op www.bloemnuus.co.za.

Upload: central-newspaper-group-bloemnuus

Post on 27-Mar-2016

272 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Bloemnuus 20140124

TRANSCRIPT

Page 1: Bloemnuus 20140124

VRYDAG 24 JANUARIE 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

HOPELIK KOM DIE REËN GOU: ’n Dorpie is Bloemfontein allermins meer. Die Mangaung­metro het immers meer as een miljoen inwoners. Richard Smith het dié foto van NavalHill geneem terwyl die weerlig in die rigting van Leeuberg geslaan het. Daar is vandag ’n 30%­kans op 3 mm reën in Bloemfontein, volgens weathersa.co.za. Foto: www.iandicreations.co.za

Richard Smith is met dié foto ’n eetbewys van Rosie’s Brasserie in die Windmill­casino ryker. Stuur foto’s na [email protected]. Digitale foto’s moet minstens 1 MB grootwees. Voorkeur word gegee aan foto’s wat in Bloemfontein geneem is. Vorige wenfoto’s verskyn op www.bloemnuus.co.za.

Page 2: Bloemnuus 20140124

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014

Hou bydié reëlsin forumsBLOEMNUUS se Facebook- enTwitter-blad, mobi-site enwebblad lok weekliks duisendelesers.

Dit is vir almal met ’nbelangstelling in dié weekliksekoerant en Bloemnuus wil graagvan jou hoor.Die doel van die forum is ’noop, veilige ruimte vir jonk enoud – daarom vra ons:S Neem jou eie privaatheid endié van ander in ag.S Hou jou plasings skoon,moenie lasterlike kommentaarlewer nie, moenie vloek nie envermy persoonlike aanvalle.S Hou by die onderwerp.S Dié blad is nie ’n plek virgemorspos, kettingbriewe ofadvertensieplasings nie en ditsal summier verwyder word.S Let asseblief daarop dat dieinhoud wat aanhangers op dieblad deel nie noodwendigBloemnuus se standpunte ofmenings weerspieël nie.S Bloemnuus is nie verantwoor-delik vir die inhoud vanwebskakels of foto’s wat anderdeel nie.S Bloemnuus behou die regvoor om enige kommentaar teverwyder of besoekers teblokkeer.

As jy kommentaar sien watjou pla of wat jy dink onvanpasis, kan jy Bloemnuus gerusverwittig.

Noem ook asseblief waar jydie kommentaar gesien het.

Jy kan ’n e-pos stuur [email protected] met diewoord “onvanpas” in dieonderwerpsveld.

Heel onder aan dié bladsy isdie adresse van ons forums.Gaan maak ’n bietjie ’n draaidaar.

PRENTJIEMOOI: Met besoek aan Italië het Alma Grové dié kleurryke foto op die Burano­eiland digby die waterstad Venesië geneem. Bloemnuus­lesers kan hul vakansiefoto’s [email protected] stuur.

’n Ou lekkerteBUURMAN sê daar moet ietsimmoreels wees omtrenttuisswembaddens.

Massas water met chloorvergiftig om dit helder te hou– in ’n land wat waterarm is?Waar mense, soos onlangs byBrits, deur doodskiet in die oëgestaar word omwille ’nemmer drinkbare water?

Ek luister geduldig naBuurman. Dan borrel dieander beswaar oor: “Bowen-dien, om ’n swembad blou tehou onder die Vrystaatsestofwolke is ’n onbegonnetaak. Amper soos daardierotsrollery, bergop, in diemite van Sisifus. Nes jy dinkjy kom bo, dons die spul metjou weer ondertoe in diedieptes van frustrasie.”

Hy sê hy het self ervaar dat’n tuinwerker nee gesê het vir

’n werkaanbieding toe hyhoor daar is ’n swembad opdie erf.

Ek onthou hoe ons askinders van tyd tot tyd dieronde leidam op my pa sehoewe buite Bloemfonteinvan modder en “paddaslyk”moes reinig. As jy wousaamswem, moes jy saam-skrop.

Eendag besluit Pa hy bou ’nnuwe dam. Reghoekig;binnekant blou uitgeverf. Lei-én swemdam. Eindelik sit onsop die wal en kyk hoe beginhy vol loop. ’n Halfuur laterstaan hy nog maar halflyf,maar ons kleintjies ghoef al.

Ouboet, van die universiteitaf tuis vir die somervakansie,verskyn op die wal toe diedam omtrent gelykvol is.Swaeltjieduik deur die lug.

Om sy lyf tot ’n “bom” saamte trek net voordat hy diewater tref.

Toe ons kleintjies ons weerkom kry, spoel ons in dieleivore weerskante van diedam af. Kaplaks, soos ’nkartondoos, het die vier blouenkelbaksteenmure oopgebars.

Pa moes herbou, dié keeraansienlik stewiger. Jare selekkerte was die gevolg. Sooste sien aan die kinderbaljaar-dery in Buurman se swem-bad, daar van waar ek en hyoor die heining heen weers-kant kou aan die vreemdetameletjie van omgewingslief-de en selfgelding.S Bernard Odendaal(ATKV-skryfskool van dieNoordwes-universiteit).S Spotprent: Frans Ester-huyse

Page 3: Bloemnuus 20140124

BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014 3

Today inhistory1878 – Cablecommunication isestablished betweenEngland and theCape.

1901 – Anglo BoerWar 2: EmilyHobhouse reportsthat she found 2 000women and childrenin shocking circum-stances in theconcentration campat Bloemfontein.

1901 – Mashonalandand Matabelelandare united asSouthern Rhodesia.

1931 – South Africanpolitician and authorof Jock of theBushveld, Sir PercyFitzpatrick, dies atthe age of 69.

1924 – The Russiancity of St Petersburgis renamed Lening-rad. The name hassince been changedback to St Peters-burg.

1961 – Elsa, thelioness, made famousby Joy Adamson’sbook Born Free diesin Kenya.

IN Januarie 1986 het DieVolksblad verskeie berigtegeplaas oor hoe lekker enlonend dit is om smiddaekoerante te verkoop of af telewer.Talle staatmaker-koerant-

verkopertjies het einde 1985met skool klaargemaak enwas nie meer beskikbaar nieomdat hulle gaan werk,verder studeer of weermagtoe is. Gevolglik was daarvakatures wat gevul moesword.Só word daar op 20

Januarie 1986 berig: Tweerekenaars, vyf fietse, tweebandopnemers, drie horlo-sies en ’n duur speeltrein isvan die artikels wat vierBloemfonteinse koerant-verkopertjies met hul“maandelikse inkomste”gekoop het.Die vier hardwerkende

seuns is Cornel Verwey(11) van Cleggsingel 1,Universitas, Annis Ander-son (13) van Besselsenstraat

45, Universitas, PW de Beer(14) van Benaderylaan 171,Fichardtpark, en FrancoisKühn van Sermuaid Mansi-ons 1, almal van Bloemfon-tein.Cornel verkoop al een jaar

lank koerante. Hy verkoopsy koerante in die Universi-tas-hospitaal.“Die mense in die hospi-

taal ken my al en sê ek moettog elke dag kom, anders kryhulle nie hul Volksblad nie,”sê hy.Hy het verlede jaar ’n

rekenaar van R700 en ’nbandopnemer van R30gekoop.Cornel werk drie tot vyf

uur per dag. Die lekkerstedeel van sy werk is om geld

te kry, sê hy.’n Bloemfonteiner wat al

ses jaar koerante in die stadaflewer, is Francois Kühn.Hy verdien gemiddeld R154per maand en lewer koeran-te in Fichardtpark af. Hyhet onder meer vir homtwee horlosies, ’n speeltreinvan R600 en twee BMX-fietsegekoop.Francois sê dit is baie

lekker om self jou geld teverdien. Hy het in 1985 symatriekeksamen afgelê engaan eersdaags die tuigneerlê.S Bloemfonteinse seunswat daarin belang stel omook op ’n gereelde grond-slag sakgeld uit koerant-verkope te verdien, kanmnr. Anton Muller by 7-3351bel.S Volksblad vier vanjaar sy110de verjaardag.Vir soortgelyke brokkiesuit die verlede, blaaidaagliks na bl. 2 vanVolksblad.

Hul koerantenes soetkoek

Toe/Nou

Bloemfontein het só gelyk rondom1900. President Brandstraat is intussen geteer,die bome het groter geword, die sandsteenmuur bokant die Bloemspruit is ver­vang met ’n staalheining en die Vrystaatse wetgewergebou is nie meer sigbaarvan hier nie omdat hoë geboue tussenin opgerig is. Wat wel nog dieselfde is,is die indrukwekkende hooggeregshofgebou wat in 1906 geopen is.

Uit dieargief

Page 4: Bloemnuus 20140124

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014

Johann Nell, dieBloemfonteinse skry-wer wie se boekSondag op ’n voëlplaasvan die rakke vlieg,was pas ’n negendekeer in Londen.

LONDEN het ’n reuk. En’n klankie. Sit my enigeplek geblinddoek en ek ruiken hoor dadelik dit isLonden. ’n Mengsel vandeurmekaarparfuum,roltrap-olie, rooibus-uitlaat-gasse, kloppende perdepoteen die geskuifel vanmiljoene voete. O ja, en:“Please mind the gapbetween the train and theplatform” (die dae van dieblikstem wat tot vervelenstoe “mind the gap” uitroep,is verby).

Wat doen ’n mens inLonden op jou negendebesoek? En as jy bevoorregis om ’n maand daar tekuier? Seker heelwat meeras die gewone toeris seblitsbesoek van drie of vierdae. Jy word slim enstraatwys.

Ek was sewe jaar laas inLonden. En Londen hetverander. Die gewonetoeristedinge staan nogdaar: die paleis, LondonEye, Big Ben, Westminster,St. Pauls, Madame Tus-sauds, Harrods en Hamley’s.Maar verander ’n stad sodramaties in sewe jaar dat’n mens dit met die eersteoogopslag gewaar? Met oopoë en ore, oral waar jygaan, met die underground,die bus of te voet, klinkEngelse skielik uitgedrukdeur duisende immigrante(hulle praat van migrants).

Nee, jy hoor bitter minAfrikaans. Trouens, ons hetdit net twee keer gehoor –elke keer op Heathrow-lug-hawe.

Daar is nou ander nuwetale op die straat: iets watklink soos Russies, Deens,Roemeens. Want die Engelsegrens is wawyd oopgegooivir migrants van veral dieOosbloklande en hullestroom in hul honderdedeur doeane.

Die gewone Brit is warmonder die kraag. In elkekoffiekroeg, klerewinkel,restaurant en teater, agterdie toonbank, hoor jy noufeitlik enige taal behalweEngels. Agter die Costa-toon-bank, die meisie skaars 18jaar, en haar Engelsswakker as my driejarigenefie op Prieska s’n. Maardie buitelanders wil werk.Skewe of geen Engels nie.Basta met die minimumloon, hoor ek die Britte kla,laat goedkoop arbeid danmaar kom. Hier word mosbenefits aan die werklosesbetaal.

’n Opspraakwekkendekoerant-artikel vertel van ’ngesin met tien kinders(almal uit die Oekraïne). Diewerklose ouers is op dieBritse benefit-stelsel en krymaandeliks ’n ysingwekken-de bedrag van £4 000(R68 000). Die bedrag wordmet £1 000 per maand gesny,en die ma verklaar oorlogteen die regering, want toeis haar Kersfees bederf,aangesien sy begroot het vir’n Kersgeskenk van £250 perkind (R4 250). Haar Kersfeessou dus, net aan geskenke,R42 500 kos. Daar is mos ’nspreekwoord oor iets van ’ngegewe perd se bek . . .

Londen is duur. Teen R17per pond (en dit stygsteeds), en vir ons gesin vanvier, is niks goedkoop nie.’n Daaglikse retoerrit stadtoe met die underground kosniks minder as £5 nie (R85).

Vir £1 en 40 pennies is dierooi bus ’n gerieflikealternatief, want ’n menssien die stad terwyl jy ry.

Ons het talle kere openige bus gespring net omdie stad te verken. Iets watjy nie met die undergroundkan doen nie.

Of los jou luiheid. Stap.Wanneer jy dit doen, besefjy skaam-skaam hoe nabyalles is: Die PiccadillyCircus is drie minute sestap van Leicester Square.Die paleis, Westminster enTrafalgar is alles bereikbaarbinne een oggend se flinkevoetslaan. En in die aandmoet jy behoorlik uitrus omdie volgende dag weer dieimmerbekende streets ofLondon aan te durf.

S THE tomb of Elizabethanpoet Edmund Spenser inWestminster Abbey is saidto contain unpublishedworks by his contempora-ries – including Shakespea-re – who threw manuscriptsinto his grave to honour hisgenius.

S Only six people died inthe Great Fire of London,but seven people died byfalling or jumping from themonument to the Great Fivebefore a safety rail wasbuilt.

S London has four UnescoWorld Heritage Sites: Towerof London, MaritimeGreenwich, WestminsterPalace which includesWestminster Abbey andSaint Margaret’s Church aswell as Kew’s Royal BotanicGardens.

S There are more than17 000 music performances ayear across London’s 300+venues including the O2Arena – the world’s mostpopular music venue for the

last five years running.S East London is the mostpopular film location in thecity, playing host toeverything from Oliver! toA Clockwork Orange andFull Metal Jacket. Thenaval buildings of Green-wich stood in for Washing-ton in Patriot Games.

S Before the 17 ft statue ofLord Nelson was erected ontop of the Trafalgar Squarecolumn in 1842, 14 membersof the memorial committeewho had commissioned thework held a dinner partyon the 170 ft-high plinth.

S Covent Garden is aspelling mistake. The areaused to be the garden for aconvent.

S There are more than 300languages spoken inLondon, more than in anyother city in the world.

S From the first performan-ce of Shakespeare at TheGlobe in 1599 there are nowat least 200 shows to choosefrom every day across WestEnd including current hits

Matilda and War Horse.S In 1995 a flock of star-lings landed on the minutehand of Big Ben and put thetime back by five minutes.

S Arsenal is the onlyfootball club to have itsown, eponymous Tubestation, even thoughLondon’s Arsenal was based

in Woolwich.S Cars are required bylaw to travel on theright-hand side of theroad in Savoy Court –this law was originallydecreed by Parliamentin 1902 in order for theatre-goers to be able to decampfrom their carriagesdirectly into the SavoyTheatre.

Londen roepmy terug

Somefacts

Alida, Wijbren, Mieke en Johann in Covent Garden. Foto’s: Johann Nell

DIE gehoor gee staande toejuiging ná Handel se Messias in die Royal Albert Hall.

AUDREY HEPBURN glimlag toe Wijbren vir haar ’n kus geein Madame Tussaud.

PAS OP waar jy trap as jy van die trein klim.

Page 5: Bloemnuus 20140124

BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014 5

WAT gebeur wanneerwaar in die groter Bloem-fontein? Bloemnuus segewilde Dagboek-blad isdie plek om te kyk.

Dit word ook opwww.bloemnuus.co.zagelaai.

As jy jou selfoongebruik om Bloemnuus telees, besoek bloem-nuus.mobi en kyk onder“My gemeenskap” virdagboek-inskrywings.

Stuur dagboekinskry-wings in die onderstaandeformaat (moenie volledigenuusverklarings stuurnie) na [email protected]. Dit is gratis.Die spertyd is Dinsdag om09:00.

VRYDAG 24 JAN.S Faan se trein, dierolprentweergawe van dietreffer-verhoogstuk deurPieter Fourie, oud-Vrysta-ter, begin vandag in teaterswys.S Zsa-Zsa van Zyl stalskilderye, sketse en beeld-houwerk tot 31 Januarie indie Moerby-galery uit watby Reitzstraat 67 geopenhet.S Aansoekvorms virstalletjies op die Vryfees sekunstemark is op vry-fees.co.za beskikbaar. Diesperdatum is 20 Maart endie kontakpersoon is AtieKamper by [email protected] Postma hou sykleure-atletiek op Pellies-park van 07:00 tot 14:00.S Leierskamp van Presi-dent Brand se leerlingraad.

SATERDAG 25 JAN.S Boeremark van 06:00 tot14:00, Langenhovenpark.S Die Vrystaat-tak vandie Boeremusiekgilde hou’n dansparty in die skool-saal van Rosenhof (agterLife-Rosepark-hospitaal).Verskeie orkeste sal optree.Daar sal vure wees om vleiste braai. Bel Mientjie(072-844-3667) of Henriëtte(082-578-7532).S Die son kom vanoggendom 05:39 op en sak teen19:15 oor Bloemfontein.S Nelson Mandela inKimberley, curated byAndrew Lamprecht (MainBuilding of Oliewenhuis):Andrew Lamprecht, current-ly senior lecturer in Theoryand Discourse at theMichaelis School of FineArt, has been invited by theOliewenhuis Art Museum tocurate an exhibition ofartworks from the perma-nent collections of theOliewenhuis Art Museum,the William Humphreys ArtGallery, Kimberley, and theJohannes Stegmann Galleryat the University of theFree State. Lamprecht hasbeen asked to “recontextua-lise these collections” andcurate an exhibition thatwill provide new meaning

to some of the works to beincluded.

SONDAG 26 JAN.S Free State Agility &Dog Training Club seopleidingsklasse vir honde-

spring en gehoorsaamheidvir alle honderasse beginom 15:00 by die LaerskoolSand du Plessis. Sosialise-ringsklasse vir jonghondjies van drie maandeaf word ook aangebied. BelGawie by 083-303-0222.SWeek van gebed beginby die Hugenoot-gemeenteom 18:30 in die kerkgebouen om 15:30 in Noorder-bloem. Dit duur totWoensdag 29 Januarie enword deur ds. Nico Mostertgelei. Die tema is Geseëndis die Vredemakers.

MAANDAG 27 JAN.S Koop ’n Huisgenoot enVolksblad by koerantver-kopers in Bloemfonteinteen slegs R20.

DINSDAG 28 JAN.S Bloemfontein-veerpyl-tjieklub se weekliksekluboefening om 19:00 byThe Old Shute, Longstraat1, Hilton. Almal is welkom.Carien Els, 072-992-3199.SWillem Postma hou van08:00 tot 13:00 sy kleure-ga-la by die UV se swembad.S Leerlinge van PresidentBrand kry offisiere-oplei-ding (Die Voortrekkers) om15:00. Om 18:00 is daar ’nkommandobestuursvergade-ring.

WOENSDAG 29 JAN.S Halfeindstryde van dieChan-sokkertoernooiword om 17:00 en 20:30 indie Vrystaat-stadion beslis.S Volksblad se nuweprojek gemik op tienersbegin vandag. SkoolBLUESis ’n interaktiewe strokies-prent en gaan elke Woens-dag in die koerant verskyn.Die hoofkarakters is PieterErasmus, John vanRooyen, Karin van Aswe-gen en Nthabiseng Dicha-be. Hulle is almal opFacebook en Twitter.Tieners bepaal SkoolBLUESse storielyn deur op diekarakters se Facebook-blaaie te post of hulle tetwiet – dis hulle wat sê watvolgende moet gebeur. Noginligting sal later bekend-gemaak word, maar gaanlike solank SkoolBLUES seFacebook-blad (www.face-book.com/vbskoolblues).

DONDERDAG 30 JAN.S The Purple ShallGovern, Mary Sibande,Standard Bank YoungArtist 2013 (Main Buildingof Oliewenhuis): The 2013Standard Bank YoungArtist Award winner for

Visual Arts, Mary Sibande,is celebrated for her practiceof employing the humanform as a vehicle throughpainting and sculpture toexplore the construction ofidentity in a postcolonialSouth African context. Sheattempts to critique stereoty-pical depictions of (particu-larly black) women in oursociety.

S President Brand sepreprimêre oueraand om18:00.S Donkermaan.

VRYDAG 31 JAN.S Beesstert (ox tail) enstampmielies – nes jououma dit sou maak. Oumase Kombuis, Tweede Laan,Westdene. Lita Kotzé,083-262-1165.

S Zsa-Zsa van Zyl stalskilderye, sketse en beel-houwerk tot vandag by dieMoerby-galery uit wat byReitzstraat 67 geopen het.

SATERDAG 1 FEB.S Riëtte van der Watt treein die Naval Ranch Pub andGrill, Andries Pretorius-straat 12, Navalsig, op.

VRYDAG 7 FEB.S Valentynsmark: Gesken-ke vir oud en jonk. Aflewe-ringsdiens beskikbaar virVrydag 14 Februarie.Plettenbergstraat 1, DanPienaar. Lita, 083-262-1165.S Corlea Botha sing inInnie Skuur. Kaartjies kosR100 en is te kry by KikiCorner (Langenhovenpark)en Music Inc. Navrae:[email protected].

WEDNESDAY, 12 FEB.S Free State Towns(Annex Gallery of Oliewen-huis): This photo exhibi-tion is a compilation of themost beautiful pictures ofthe Free State and itspeople by Philippe Burgerand Jan van der Merwe.

VRYDAG 21 FEB.S Vir die eerste keer inBloemfontein tree TommyDell en Manie Jacksonsaam op en wel om 20:00in die Aasvoëlklub. Virmeer inligting skakel082-481-8881. Dit word deurAfrikoon-Produksiesaangebied. Bloemnuus is ’nmediaborg.

MÔRE: Bloemfontein­veerpyltjieklub: klub­ en lederegistrasie om 13:00. Ope toernooi om 14:00 by The Old Shute, Long­straat 1, Hilton. Almal is welkom. Carien Els, 072­992­3199. Foto: http://gazomg.deviantart.com

Wat gebeur wanneer?

MÔRE: Ray Dylan sing in Innie Skuur in Langenhovenpark.Kaartjies kos R100 en is te kry by Kiki Corner of Music Inc.Vir meer inligting skakel 079­387­3614.

DONDERDAG 30 JAN.: VS­simfonieorkes. Solis: AntonNel speel van Mozart se kla­vier­concerto’s om 19:30 indieOdeion. Alex Fokkens di­rigeer. Dit kos R150 en R100vir groepe. Bespreek byComputicket.

Page 6: Bloemnuus 20140124

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014

STUUR ’n foto vanjou onlangse troue virgratis plasing inBloemnuus na [email protected] kleurfoto moetminstens 1 MB groot wees. Meldwatter fotograaf het vir wie waarafgeneem. Nog troufoto’s is opbloemnuus.co.za te sien.

Getroud

BJ en Cornia Meiring (Dewetsdorp). Foto: Elmer van Zyl

Ruan en Amoré van Aardt.Foto: Igno van Niekerk

Chris en Louise Jonker. Foto: Charlene Jonker Lavinne en Ronaldo Bruintjies (Kiepersol­rant). Foto: TM Photography

Daniel en Sarah Rademeyer.Foto: TM Photography

Marelize en Christo Jansen van Vuuren(Senekal).

Sarel en Chanel van Rensburg (Leopards and Lace).Foto: Elsa Vermeulen

Simon en Chantelle van der Bijl (Goose Hill).Foto: Freddie van Niekerk

Tian en Noreen Bothma.Foto: Liza Crawley

Page 7: Bloemnuus 20140124

BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014 7

SAdv. Theuns Engel-brecht (gebore 1938) segedenkdiens is in die NGkerk Heuwelsig gehou. Dieverassing het privaatplaasgevind.

S PG Roos, ’n oogkundige,het hom op 90-jarige ouder-dom vir Sotho-klasse aan dieUniversiteit van die Vrystaat(UV) ingeskryf.Bloemnuus het op sy

webblad, bloemnuus.co.za,gevra watter taal jy diegraagste sou wou aanleer.Die uitslae is: Sotho (64%),Frans (31%) en Chinees(5%). As jy reken jy het ’noulike idee vir só ’n peilings-vraag stuur ’n e-pos [email protected].

S Pres. Jacob Zuma isperdfris en gesond en reg virdie komende verkiesing, hetdie Presidensie in ’n verkla-ring gesê. Die president hetdie afgelope dae sy jaarliksemediese toetse ondergaan.

S Pierre Korkie, wat steedsin Jemen gyselaar gehouword, se ontvoerders sal nieweer uitstel verleen vir diebetaling van die losprys virsy vrylating nie.

Só sê prof. HusseinSolomon, terreurkenner enlektor in politieke wetenskapaan die UV. Pierre, ’nvoormalige onderwyser vanBloemfontein, se ontvoerdershet Saterdagoggend diespertyd vir die betaling vandie losprys van miljoenerande tot 8 Februarieuitgestel. Yolandé Korkie,Pierre se vrou, is reedsvrygelaat.

S Die volgende Bloemfontei-ners is in die afgelope daeoorlede: Esther (Toenkie)Matthew (geb. 1929), ElsieGrobbelaar (geb. 1935),Anna Sophia Britz (geb.1930), Estelle Middlecote(geb. 1946) en Jack HerbertWebster (48).

S Tate Makgoe, dieVrystaatse LUR vir onder-wys, het gesê die Vrystaatsal sy titel as die provinsiein die land met die bestematriekuitslae verdedig.

Met die Vrystaat – watvan 81% in 2011 tot 87% in2013 verbeter het, het dieLUR die nuwe matrieksaangemoedig om na onder-skeidings te mik en só sekerte maak hulle word totuniversiteit en kollegestoegelaat.

SAnje Venter, die Vrystaatse toppresterende matriku-lant, het ’n raadsmedalje vanhaar alma mater, die HoërMeisieskool Eunice, ontvang.

S Lesego Motsepe (40), watvoorheen in Isidingo gespeelhet, is dood in haar woonstelaangetref.

Dit is bevind sy is weens“natuurlike oorsake” dood.Dit is egter nie weens ’nMIV-verwante siekte nie. Sywas voor haar dood gesond.Motsepe (40) het op Wêreld-vigsdag in 2011 aangekondigsy is MIV-positief.

Sy het sedert 1998 met dievirus saamgeleef.

Motsepe was veral bekendom haar rol as Letti Matab-ne in Isidingo wat sy meeras tien jaar vertolk het.

Haar karakter is in 2008 in’n motorongeluk dood.

S Hoewel die Kovsie-krieket-span enkelinge verloor het,sal hy verskeie spelers watop skool nasionale kleurebehaal het en nou eerstejaar-studente is – soos dieNoordelikes se DriaanBruwer en Leus du Plooy,en Vrystaat se Sine Ntsho-na – kan oorweeg.

S Jean Cook is deur NakaDrotské by sy lostrio vir môrese Super-oefenwedstryd teendie OP Kings in Port Eliza-beth ingesluit. Cook, watverlede jaar vir die Bulleuitgedraf het, het die afgelopetyd in oefenwedstryde uitge-blink.

S Bryan Habana en sy vrou,Janine, verwag hul eersteling.Die paartjie woon nou inFrankryk waar Bryan vir dierugbyklub Toulon speel.

SAnnchen Richter, Bloem-fontein beauty and Miss EarthSouth Africa Ambassador, washonoured at the Annual MissEarth South Africa GalaEvent 2013 which took placeat Montecasino.

Richter was awarded aGreen Globe Award for herservice and dedication tothe Miss Earth South Africaorganisation and its projects.

This year, the organisationcelebrated the third anniver-sary of the annual GreenGlobe Awards which aregiven in recognition ofindividual and organisationalcommitment to the bettermentof the environment andchampioning women empo-werment and skills develop-ment within a South Africancontext. The ethos of theGreen Globe Awards isdirectly aligned to that of theMiss Earth South Africa: theempowerment of women inthe environmental sector andthe education of children asthe caretakers of tomorrow’sgreen economy.

NUWE SKOOLHOOF: Louis Smith is die nuwe skoolhoofvan die Laerskool President Brand. Hy was die hoof vandie Laerskool Sannieshof en is die opvolger van D.G.C.Potgieter. Louis is getroud met Marika en hulle het driekinders, Marli, Albert en Lienka. Foto: Jasper Herbst

AJ Wessels en Suné Olivier is verloof. Hulle trou op1 Maart.

Ds. Nico en Lizaan van der Walt is Sondag as predikants­paar van die NG gemeente Heuwelsig bevestig.

Annchen Richter, Bloemfontein beauty and Miss EarthSouth Africa.

Dié leerkragte het hulle vanjaar by die Laerskool WillemPostmaaangesluit. Hulle is van links, voor: Talita vanHeer­den, Loamie Kruger en Henrike Sabbagha; agter: Paul Al­drich.

Gerda Bardenhorst (links) en Portia Boleu is nuwe onder­wysers aan die Gekombineerde Skool Dr. Viljoen.

Foto: Martin Schwella

Wel & wee

Page 8: Bloemnuus 20140124

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014

CLOUDS of white butterflies arecurrently gracing the face ofSouthern Africa. This phenomenonis an annual event, especially inyears when conditions are favoura-ble. A big part of the endless flowof white butterflies is made up ofthe brown-veined white (Belenoisaurota, Pieridae family) whichhave become famous for their enmasse migrations in SouthernAfrica. What we do know, is thatthey move in the general directionfrom the south-western more aridparts of Southern Africa to themoister north-eastern parts, moreor less mid to late summer. Thereis no evidence of a migrationreaching Madagascar where thebutterfly is also found.In Southern Africa core populati-

ons of the brown-veined whitesoriginate from the Karoo andKalahari.These populations owe their

strength to the shepherd’s tree(Boscia albitrunca). The females layeggs on these trees before theymigrate. The mass of whitebutterflies probably plays animportant role in pollination, butthis is still poorly understood.Members of the LepidopteristsSociety of Africa are studying thebrown-veined white butterflies indetail. Reinier Terblanche includesthis butterfly’s landscape ecology inhis Ph.D study based at the

Stellenbosch University. He leads abutterfly ecology project for theDiamond Route (De Beers Group ofcompanies) at the Tswalu KalahariPrivate Game Reserve to find outmore about the life history,vegetation and landscape setting ofthe “breeding habitats” of thebutterfly. Specialists and citizen

scientists recently started to gatherdata for a project called the GreatLittle White Butterfly Migration, aninitiative of the Animal Demogra-phy Unit (University of Cape Town)and the Lepidopterists’ Society ofAfrica. It asks the public, as citizenscientists, to submit observationson the date of arrival of the

butterfly migration and numbersseen in order to better understandthe extent of the current migra-tion.(www.facebook.com/groups/WhiteButterflyMigration.)This project is part of the larger

project known as LepiMap whichencourages members of the publicto submit their photographic

observations of butterflies andmoths. These records are invalua-ble to science for understandingthe distribution and conservationstatus of our butterflies and moths.For up to date and factual

information please contact theLepidopterists’ Society of Africa onwww.lepsoc.org.za.

Helpmap butterfly migration

The butterflies probably plays an important role in pollination, but thisis still poorly understood.

Eggs of the brown­veined white (Belenois aurota, Pieridae family).

Zoem op insektevan omgewing in

REGS BO: ’n By soek na ietsiesoets by dié bos laventel.

Foto: Ann Posthumus

LINKS: Mieliekewers.Foto: Melanie Moolman

ONDER: Naaldekoker.Foto: Simonè de Meyer

REGS ONDER: “Ek het diewurm vroegoggend op ’n takkieraakgesien en gedog ek moetdie harige meneertjie op filmvasvang. Ek weet nie watterkant is voor en watter agter nie,maar dis ’n mooie knapie metdie ‘highlights’ in sy hare, is ditnie?” meen die fotograaf. DieNasionale Museum sê dit is ’nlarwe en sou daarna ’n mot of’n skoenlapper geword het.

Foto: Carin van Vuuren

BLOEMNUUS-LESERS het met hul kameras byderhand gaanloer hoe lyk van die insekte wat in hul omgewing woon.

Page 9: Bloemnuus 20140124

BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014 9

DrinkIQ, a brandhouseinitiative, gives some tipson how to drink in modera-tion and make sure thatyour party lives up to itspromise.S Plan for everything: Youknow how you are going toget to the party, and whatyou are going to wear. Butthe one thing that peopleforget is to plan how youare going to get homesafely. Always have cash setaside for your taxi ridehome; or get a designateddriver.S Eat before you drink:Drinking on an emptystomach can be a recipe fordisaster. Food will help toslow the absorption ofalcohol.S Pace yourself: Alcoholwill dehydrate you, so drinkplenty of water or softdrinks beforehand andduring the night.S Don’t ever accept drinks

from strangers: Make sureyou get your drinks fromthe barman directly, andmake sure you watch thebarman open the drink infront of you to ensurenothing is spiked.S Sip your drink: It’s allabout quality and notquantity. And your headwill feel better in themorning.S Know your limit: Avoiddrunkenness.S Respect the rights ofindividuals who do not wishto drink: It is consideredimpolite to attempt to getpeople to drink who do notwish to. They may abstainfor religious or medicalreasons, because they arerecovering alcoholics orthey just don’t like it.S Don’t drink and drive:Whatever you do, alwaysensure that you don’t drinkand drive.DrinkIQ suggests that if

you track how much alcoholyou drink, you are well onyour way to makingresponsible choices aboutalcohol.“DrinkIQ is an initiative

to get people to understandthe effect of alcohol,” saysZanele Njapha, sustainabili-ty manager at Brandhouse.“It is a resource designa-

ted to help South Africansmake responsible choicesabout drinking – or notdrinking.“Drinking responsibly is

about enjoyment. It’s aboutpleasure and sharing andabout getting together withfriends and family andsharing good times.”If you have an alcohol

dependence or suspectsomeone else needs help,you can call AlcoholicsAnonymous on the nationalhelpline: 086-143-5722 or visithttp://www.aasouthafri-ca.org.za/Home.aspx.

WENPAAR: Ademarie Haasbroek en Rynhard Rademeyer het aan die einde van verle­de jaar met ’n pragtige, ou, wit Mercedes­Benz by die Hoër Meisieskool Eunice sematriekafskeid opgedaag. (Sien ook advertensie onderaan die blad van John Wil­liams.) Die foto van die matriekpaartjie wat deur TM Photography geneem is, wasdie wenner van Bloemnuus seMatriekafskeid­fotokompetisie van 2013. Rynhard hetaan die Hoërskool Sentraal gematrikuleer. Foto: San-Mariè Vogel Photography

When to stop

Page 10: Bloemnuus 20140124

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014

Só sê ...HuibrieVersterDr. Huibrie Verster isalombekend as afrigteren dirigent van dieBloemfonteinse Kinder-koor. JENS FRIIS hetmet haar gesels.Wat behels aardse geluk?Aardse geluk is om te weet jy as

mens lewe so dat jy geluk inander mense se lewe bring deurjou optrede en gesindheid. Dat ’nmens deur hier te wees ’n verskilmaak. Vir my speel geloof in diéopsig ’n groot rol.

Wat is jou grootste tekortko-ming?Verstrooidheid.

Met watter tekortkominge inander mense kan jy saamleef?Ander mense is wie hulle is,

maar venyn en onegtheid maakdit moeilik om in sulke mense teglo. Ek hou van eienskappe soosopregtheid, onselfsugtigheid enmense wat liefde uitstraal.

Wat is jou kenmerkendsteeienskap?Dat ek baie lief vir kinders is.

Wat sou jy anders doen as jyjou lewe kon oorhê?Ek sou so graag veel vroeër in

my lewe meer empatie en lewens-wysheid wou gehad het – veraloor hoe om die ware innerlike vanmedemense te verstaan sonder omiets as persoonlik te beskou.

Wat is jou grootste uitspattig-heid?Boeke koop. Spanningsverhale

en goeie literatuur – ook uit anderlande.

Wie of wat is of was die liefdevan jou lewe?My gesin is die allergrootste

liefde in my lewe. Elkeen vanhulle: my man en vier kindershou my nederig deur hul uitge-sproke lewensfilosofieë waaroor ekdikwels dink en waaruit eklewenswaarhede neem. Vir hulleis ek net deel van hul bestaan enkritiek word nie in wol toegedraainie.Ek koester ook opregte vriend-

skappe.En Afrikaanse poësie, musiek

van alle genres en skilderkuns lêmy na aan die hart. Hierin neemek baie van my eie weerloosheid,nostalgie en begeertes waar.

As jy nou ’n reis na enige plekop aarde kon wen, waarheensou dit wees?Ek sou graag na Noorweë wou

gaan. Dit is ’n ongelooflik mooiland.

Wat is die mooiste pleknaam inAfrikaans?Dassiesfontein. Dit is die plaas

van my ouers wat reeds weg isvan dié aarde. ’n Padstal op dieN2 in die Wes-Kaap het dieselfdenaam.

Wat is jou gunsteling-versreël?W.E.G. Louw het iets geskryf

wat omtrent só klink: In diediepste van sy siel is daar ’n plekwaar elke mens in eensaamheidmoet kniel.Die verwonding van jou mens-

wees en die alleenheid daarvanwat niemand kan begryp nie, hethy só goed gestel.

Wat maak jou nostalgies?Dat dinge, foute en belewenisse

nooit weer oorgedoen, reggemaakof beleef kan word nie. Langenho-ven het geskryf: Met die waterwat verby is, sal jou meule nooitweer maal nie.

Wat gebeur ná die dood?Daar is by my geen twyfel nie

dat ons net hier op aarde vertoef:Die werklike lewe is beslis ná diedood.

Huibrie saam met familielede op haar pa, Jan Cilliers (middel met die kierie), se 100ste verjaardag. Regsvan hom staan Huibrie se ma, Alida Cilliers.

Dr. Boet Troskie en Huibrie by lede van die Bloemfonteinse Kinderkoor.Van links is Bernard Haasbroek, Filomena Goncalves en Loné du Toit.

Huibrie kry graad. Hier is sy by haar dogter Lida.

Huibrie se man, Pierre, en klein­kind Johan.

Kleinkind Janika Huibrie Pieterse.

Vriendin Trienkie Laurie en Huibrie.

Huibrie (middel) by Barry en Sybil Lessing.

Page 11: Bloemnuus 20140124

BLOEMNUUS, VRYDAG 24 JANUARIE 2014 11

VOLGBLOEMNUUSOP JOUSELFOON: Ditis spesifiek só ontwerp dat jy die koerantnou maklik op jou selfoon se skermpie kanlees: http://bloemnuus.mobi.

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

PERSOONLIK

1460

TE KOOP

TROETELDIERE

1660

CHIHUAHUA reuntjies. Wit entan R850. Worshondjies, swarttefies R600. Dapple reuntjie

R600. Ingeent. Navrae:057 3576196.

EIENDOMME

DUETS TE HUUR

3235

1-slk-tuinwoonstel te huurin Leviseurstraat vir verkieslikwerkende persoon. Gebruikvan lapa en swembad. R3 500per maand W&L ingesluit.Beskikbaar einde Februarie.Skakel Piet 082 336 2346.

HUISE TE KOOP

3275

Ehrlichpark: R600 000onderhandelbaar: 3slaapkamers, eet- en sit-kamer, badkamer, kom-buis, buitekamer mettoilet, motorhuis, baiegroot hoekerf, pallisa-deheining. Skakel Vin-cent 081 317 5600.

IT is time for the Fathersand Sons Coaching Series.Taking place at the Free

State Stadium in Bloemfon-tein on 8 February, thisspecial rugby experience isopen to boys and girls aged 6to 13.With what Toyota South

Africa started as cricketcoaching clinics, the Fathersand Sons concept was aninstant hit when it launchedback in 2010, says Toyotasenior manager: Promotionsand Sponsorship, MaryWillemse.“These hands-on coaching

clinics offer a uniqueexperience to eager young-sters as they are coached bycurrent players and pastheroes – a memorableopportunity and one that ischerished and spoken aboutlong after the day draws to aclose.”As the development of

rugby talent remains a key

focus for Toyota, the brandhas ensured that the event isa one of a kind as playerssuch as Adriaan Strauss,Heinrich Brüssouw, Pieter(Lappies) Labuschagne,Trevor Nyakane, CoenieOosthuizen, Sarel Pretoriusand Raymond Rhule will beparticipating in the day.With activities such as

video sessions and teamtalks, passing, tackling,kicking and set piece drills,as well as tours of the changerooms and media room; thisis most certainly an adventu-re few will want to miss.“We encourage all of our

young fans to come join uson 8 February from 08:30 to14:00. We’ve always been aunion who values our fansand this is a great way toopen the door to them,ensuring that they get toknow some of our playersbetter, as well as experiencethe behind the scenes

activities,” comments HaroldVerster – managing directorof Free State Rugby.As an extension to the

successful Toyota Cheetahspartnership this fun day outis available to all rugbylovers at a cost of R100 peradult and child couple andR50 extra per additional child– the package includes akiddies lunch pack andgoodie bag.The tickets are available at

the Toyota Cheetahs store atthe Loch Logan Waterfrontfrom today.For those not based in the

Free State, but eager toattend, an ‘Out of Towners’element is available wherebyfans can call through to theWaterfront-based Cheetahsshop (051-448-1707) andconfirm their bookings via acredit card payment.For more information visit

www.toyota.co.za orwww.fscheetahs.co.za.

Rugby fordads, sons

Zander Rasmussen en Nelius Volschenkvan die Laerskool President Brand is gekiesvir die Suid­Vrystaatse krieketspan.

Su­Mari Gouws van die Laerskool Presi­dent Brand het die Barkhuizen­trusttrofeeas die beste Vrystaatse atleet (laerskool­meisies) ontvang. Die geselligheid is deurVrystaat­skole­atletiek, in samewerkingmet die SP Barkhuizen­trust, aangebied.

GeanViljoen enCarmi vanNiekerk is aange­wys as die Laerskool Willem Postma sesportseun en ­meisie vir 2013.

Die Laerskool President Brand se veelsy­digste leerlinge vir 2013 was Ladene Lie­benberg (grondslagfase) en Bianca vanHuysteen (senior fase).

SOEK, KOOP, VERKOOP