bloemnuus 20131220

12
VRYDAG 20 DESEMBER 2013 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS Met dié uitgawe groet Bloemnuus tot op 17 Januarie 2014. Danica Soldo van Eye Candy Photography House het dié foto van Bloemnuus se redaksie- en advertensiespan op die trap van die appèlhof geneem. Hulle is van links, voor: Nico Gous, Karen Herbert, Jens Friis en Susna Pieters; agter: Tshidi Molefe, Carike Barnard, Charlene Afrika, Loreal Eloff, George Adams en Lavodia van Wyk. ’n Foto van die subkantoorwerknemers is op bl. 3. Foto: www.ecph.co.za / 074 885 4562 Gegroet tot 2014

Upload: central-newspaper-group-bloemnuus

Post on 30-Mar-2016

309 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Bloemnuus 20131220

TRANSCRIPT

VRYDAG 20 DESEMBER 2013 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

MetdiéuitgawegroetBloemnuus tot op17Januarie 2014. DanicaSoldovanEyeCandyPhotographyHousehetdié foto vanBloemnuusse redaksie­ en advertensiespan op die trap van die appèlhof geneem. Hulle is van links, voor: Nico Gous, Karen Herbert, Jens Friisen Susna Pieters; agter: Tshidi Molefe, Carike Barnard, Charlene Afrika, Loreal Eloff, George Adams en Lavodia van Wyk. ’n Fotovan die subkantoorwerknemers is op bl. 3. Foto: www.ecph.co.za / 074 885 4562

Gegroet tot 2014

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013

Seën in dié KerstydS “One can never have enoughsocks,” said Dumbledore. “AnotherChristmas has come and gone andI didn’t get a single pair. Peoplewill insist on giving me books.– J.K. Rowling, Harry Potterand the Sorcerer’s Stone

S The main reason Santa is sojolly is because he knows where allthe bad girls live. – George Carlin

S Our hearts grow tender withchildhood memories and love ofkindred, and we are better throug-hout the year for having, in spirit,become a child again at Christmas-time. – Laura Ingalls Wilder

S Vir ons is ’n Seun gebore, aanons is ’n Seun gegee; Hy sal heers,en Hy sal genoem word: Wonder-bare Raadsman, Magtige God,Ewige Vader, Vredevors.

– Jesaja 9:5

S Christmas is doing a littlesomething extra for someone.– Charles M. Schulz

S Kom, kinders, kom juignou met vrolik’ geskaloor wat daar gebeur hetin Bethlehems stal,waar Jesus, geborein heilige nag,die saligheid bringaan ’n wêreld wat wag.

– Hallelujalied 41

S Unless we make Christmas anoccasion to share our blessings, allthe snow in Alaska won’t make itwhite. – Bing Crosby

SWhen we recall Christmas past,we usually find that the simplestthings – not the great occasions –give off the greatest glow ofhappiness. – Bob Hope

S Let’s just say that on this day, amillion years ago, a dude was bornwho most of us think was magic.But others don’t, and that’s cool.But we’re probably right. Amen.– Homer Simpson

S Christmas is the one time ofyear when people of all religionscome together to worship JesusChrist. – Bart Simpson

S Christmas to a child is the firstterrible proof that to travelhopefully is better than to arrive.– Stephen Fry, presenter of QI

S Then the Grinch thought ofsomething he hadn’t before! Whatif Christmas, he thought, doesn’tcome from a store. What if Christ-mas...perhaps...means a little bitmore! – Dr. Seuss, How theGrinch Stole Christmas!

S I will honour Christmas in myheart, and try to keep it all theyear. – Charles Dickens

S I once bought my kids a set of

I stopped believing in Santa Clauswhen I was six. Mother took meto see him in a department storeand he asked for my autograph.– child actress Shirley Temple

My cat is the Christmas in my life; he brings that kind of joy every day.

batteries for Christmas with a noteon it saying, toys not included.– Comedian Bernard Manning(1930-2007)

S The US Supreme Court hasruled that they cannot have anativity scene in Washington, DCThis wasn’t for any religiousreasons. They couldn’t find threewise men and a virgin. – Jay Leno

S A lovely thing about Christmasis that it’s compulsory, like athunderstorm, and we all gothrough it together. – GarrisonKeillor, Leaving Home

S Elizabeth Eybers het só oorMaria geskryf:’n Engel het dit self gebring,die vreugde boodskap – en jyhet‘n lofsang tot Gods eer gesing,Maria, nooi uit Nasaret.Maar toe Josef van jou wou skeien bure agterdog jou pla,het jy kon dink, dat eenmaalsou hý

die hele wêreldskande dra?Toe jy soms met ’n glimlaglangs

jou liggaam stryk … die stilteinstaar…

wis jy met hoeveel liefde enangs

sou hý sy hellevaart aanvaar?

SWelkom o stille nag van vrede/onder die suiderkruis/... skenk ’nhelder somerfees/ aan hierdieland, o Heer – Somerkersfees,Koos du Plessis

S I felt overstuffed and dull anddisappointed, the way I always dothe day after Christmas.

– Poet Sylvia Plath

S And so this is Christmas . . .what have you done?

– John Lennon

BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013 3

Bloemnuus is op Facebook. Soek die blad en “like” dit – nes3 700 ander lesers vir wie Bloemfontein na aan die hart lê.

’n TOEGEWYDE SPAN: Die permanente lede van die subkantoor lê Bloemnuus uit en versorg dit taalkundig. Van links is JuanitaAdriaanse, Leolynn Smith, Inge Strydom, Theonie Kok, Willem Fritz, Adèle Dempers en Madré Marais. Danica Soldo van EyeCandy Photography House het dié foto vir Bloemnuus by die Bloemfonteinse stadsaal geneem. Vir pragfoto’s van Danica loerby www.ecph.co.za. Sy kan gebel word by 074­885­4562.

Blesbok in diewaterblompot

Bernard Odendaal

BUURMAN, wat by die belasting-gaarder werk, sê as ek dan Bolandtoe wil trek, moet ek waterblompotleer maak. ’n Tradisionele ene. Metskaaprib, -nek en -stertjies. Ertap-pels, surings.’n Vlek ontroering slaan in sy

stem deur. Netnou is ek onshinterland tot skande as iemanddaar wonder of ’n blikoor weet hoeslaan ’n mens waterblompot saam.En het ek nou al ’n ordintlike boekoor wyn onder oë gehad?“Verdomp,” kom dit. “Vir wat, ná

omtrent lewenslank in die Rosestad,die Groot Terugtrek suide toeaanpak?”Ek verduidelik van familie daar;

van kinders wat in daai gewestewerk.Natuurlik het ek familie hier bo

ook. En ek besef ’n mens trek nieagter jou kinders aan nie. Maar,weet jy, ek het baie letterkunde-vriende in die Wes-Kaap.Vas is ek. “Spesie wat nie in die

noorde voorkom nie?” Selfs Buur-man se neutraalste Jan Taks-stemkan nie die lem ironie wegsteek nie.Ek vertel hom in my skoolhoujare

was Duits mos eintlik my vak. Daarhet ek die aanwendsel gekry om te“ja?” (Duits vir “nè?”) as ek wou

weet of die klas my verduidelikingsvolg.Eenkeer, in ’n Afrikaansklas,

spook ons met die onderskeid tussenonpersoonlike en onbepaaldevoornaamwoorde. By albei wordiets/iemand onbepaald aangedui, ja?Dit en daar is onpersoonlik. Daarword vertel dit gaan maar bars hier.Ja?(’n) Mens, iemand, iets, niemand,

niks – tipiese onbepaalde voornaam-woorde. Iedereen behoort dit tog tesnap, ja? Ja?Gaan ’n hand op. “Meneer, daar

word gereken al sou mense honderdmaal sê nee, sal iemand nog altyd sêja.”“Nè?” vra Buurman en giggel.Ek sê hom daai klas se gemiddelde

IK was 127. Al het ek nie geweet vanverduidelik nie, het hulle vanverstaan.“Miskien moet jy Vrystaatse

blesbok pleks van skaap in diewaterblompot gaan invoer,” mymerBuurman.

SBernard Odendaal (ATKV-skryfskool van die Noordwes-Uni-versiteit)

Kort voortjailatyd

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013

HERMA GOUWS, bestuurdervan die Suid-AfrikaanseErfenisraad in die Vrystaat,het in Volksblad van 2 Augus-tus 2004 meer oor die geskiede-nis van die Tweetoringkerkvertel. Hier volg ’n uittreksel:“ ’n Gemeente van die NG

Kerk is reeds in November1848 in Bloemfontein gestig.Andrew Murray jr., seun vandie bekende Skotse predikantvan Graaff-Reinet, was dieeerste leraar. Hy is kort voorsy 21ste verjaardag in Mei 1849deur sy pa as eerste predikantnoord van die Oranjerivierbevestig.“Die eerste kerkgebou se

hoeksteen is op 6 Januarie1849 deur maj. Henry Warden,Britse resident en stigter vanBloemfontein, gelê.

“Terwyl die kerk in aanbouwas, is eredienste gehou in dieEerste Raadsaal, wat toe as skoolgebruik is. Die nuwe kerk is op 29Mei 1852 in die teenwoordigheidvan ongeveer 1 000 mense ingewy.“Dit was ’n eenvoudige T-vormi-

ge grasdakgebou aan die eindevan die dorp op dieselfde perseelas die huidige Tweetoringkerk.Dit het ’n kleivloer gehad, maaraanvanklik geen plafon enkerkbanke nie. Dit was ongepleis-ter weens ’n gebrek aan kalk en

probleme wat met die messelaarondervind is weens sy drankmis-bruik.“Die gebou het kort ná voltooi-

ing gebreke getoon. Die fonda-ment het ingegee, die sygewelsmoes verwyder word en diepreekstoel het inmekaargetuimel.Dit was ’n wonderwerk dat diekerkgebou die gemeente ’nkwarteeu sou dien.

Te klein“Met die groei van Bloemfon-

tein se bevolking het die eerstekerkgeboutjie te klein geword.“In 1872 is besluit om ’n nuwe

kerk te bou. ’n Kompetisie vir ’nkerkontwerp met ’n prysgeld van£100 is uitgeskryf. Agt inskry-wings is ontvang.“Die wenontwerp van die

argitek William Bennett Hays hetvoorsiening gemaak vir ’n gebouin die Middeleeuse Duitse stylmet twee torings van 106 vt.hoog.“Die aanvaarbaarste tender van

£33 500 vir die uitvoering vanHays se ontwerp in sandsteenwas egter bo die geldelikevermoë van die gemeente.Boonop was die boukommissiebewus daarvan dat ‘de zandsteenhier verkrijgbaar van zeertwijfelachtige waarde is’, het dieleraar, ds. Gustav Radloff, laterverklaar.“Gevolglik is besluit op ’n

gewysigde ontwerp van dieDuitse boumeester RichardWocke wat voorsiening gemaakhet vir ’n eenvoudiger engoedkoper gebou van £17 500 in ’n‘modern Romeinschen stijl’ watsitplek aan 810 mense konverskaf.“Die hoeksteen van die gebou

is op 10 Mei 1878 deur pres. J.H.Brand in die teenwoordigheidvan ’n reuseskare gelê.“In Desember 1876 lui ’n

verslag dat die ou kerk wilintuimel. Teen 1877 was die murevan die gebou só gebars dat ditmet twee stutte aanmekaargehoumoes word. Die ou kerk is vroegin 1878 gesloop en dienste is in ’npakhuis by Fichardt se winkelgehou.“Die inwyding van die nuwe

kerk op 7 Mei 1880 was diegrootste byeenkoms wat Bloem-fontein tot toe beleef het. Dieinwyding is bygewoon deurongeveer 6 000 mense, hoofsaaklikuit die platteland, wat om diekerk gekampeer het.”

’n Gedeeldegeskiedenis

Die toring van die Klipkerk.Foto’s: Jens Friis

Die twee kenmerkende toringsvan die Tweetoringkerk. To­rings van Hoop word nou in diékerk gehuisves.

LINKS: Die Tweetoringkerk be­staan uit ’n lang saalkerk watmet vleuels in ’n kruiskerk ver­ander is. Diepreekstoel vanma­honiehout is deur ErnstSchmidt, seun van ’n Duitsesendeling en ’n lidmaat van diegemeente, vir die geringe be­dragvan sowatR6 000gemaak.

TOE EN NOU: Dwars in Kerkstraat staan hierdie merkwaardige oukerk wat dekades die simbool van die Afrikaanse kerklike lewe inBloemfontein was.

TOE EN NOU: Nadat die kerk, wat eers hier gestaan het, gesloopis, is eredienste in die pakkamers van die ondernemingG.A. Fichardt,net oorkant die straat (sien gebou links), gehou. Die hoeksteen vandie nuwe kerkgebou is op 7 Mei 1878 deur pres. J.H. Brand gelê.

’n Onlangse voorbladberig vanBloemnuus oor ’n Kapenaarwat gesê het die Klipkerk setoring is kitsch, het hewigereaksie ontlok. Dié kerk isvir hulle pragtig, hetBloemfonteiners soos eenman gesê. Omdat diégemeente van die NG kerkBloemfontein (Tweetoringkerk)afgestig het, het die tweegemeentes tot 1919 ’ngedeelde geskiedenis. ONDER: ’n Paartjie beloof trou

aan mekaar in die Tweetoring­kerk.

BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013 5

Wat gebeur wanneerwaar in die groterBloemfontein? Bloemnuusse gewilde Dagboek-bladis die plek om te kyk.Dit word ook gelaai op

www.bloemnuus.co.za.As jy jou selfoon

gebruik om Bloemnuus telees, besoek bloem-nuus.mobi en kyk onder“My gemeenskap” virdagboek-inskrywings.

Stuur dagboekinskry-wings in die onderstaandeformaat (moenie volledigenuusverklarings stuur nie)na [email protected]. Dit is gratis.Die spertyd is Dinsdagom 09:00.

VRYDAG, 20/12

S Die son kom om 05:06op oor Bloemfontein en sakom 19:02.S As jy jou medemens wilhelp en nie weet waar om tebegin nie, kom word ’nBevriender-vrywilliger.Hulle gee emosioneleondersteuning. Skryf [email protected] ofbel Anna by 072-518-2700.Die Bevrienders se 24 uur-te-lefoonnommer is 051-444-5000.S Lees vorige uitgawes vanBloemnuus aanlyn by diekoerant se digitiale bewaar-plek/argief, bloemnuus.co.za.

S Kerkkantoor van die NGkerk Hugenoot sluit vandagom 13:30 en open opMaandag 6 Januarie om 08:00.

SATURDAY, 21/12S Solstice, 19:11.

MAANDAG, 23/12S Uitslae van matrieksword vandag tot 30 Desem-ber deur die departement,provinsiale departemente enUmalusi nagegaan.

DINSDAG, 24/12SNelson Mandela inKimberley: Kunswerke uitverskeie versamelings tot 19Januarie in Oliewenhuis.S Virgin Active-gims sluitom 18:00.

WOENSDAG, 25/12S Kersdag, openbarevakansiedag.S Christmas buffet lunch.De Oude Kraal CountryEstate & Spa, 051-564-0636.S Beperkte plek beskikbaar

vir Kersete by Truksvy opSoutpan. Bespreek by076-768-8726.S Die NG kerk Hugenootse Kersdagdiens vind om09:00 in dié kerkgebou op diehoek van Normandielaan enPicardystraat, Bayswater, plaas.Ds. Anneri du Toit sal ditlei. Om 10:15 sal Du Toitook ’n Kersdagdiens byNoorderbloem lei.SNG kerk Hospitaalpark,Mayostraat, se Kersdagdiensvind om 08:00 plaas.

DONDERDAG, 26/12SWelwillendheidsdag,openbare vakansiedag.

MAANDAG, 30/12S Uitslae van matrieksword tot vandag deur diedepartement, provinsialedepartemente en Umalusinagegaan.S Aansoekvorms virstalletjies op die Vryfees sekunstemark sal van vandag opvryfees.co.za beskikbaar wees.

Die sperdatum is 20 Maart.Skryf aan Atie Kamper [email protected].

S DINSDAG, 31/12NG Kerk Langenhoven-park: Middernagdiens om23:30.S Oliewenhuis Art Museumis pleased to present MyCountry: A collection of tenSouth African landscapes byone of South Africa’s leadingcontemporary realist painters,John Meyer.S Virgin Active-gims sluitom 18:00.SNG kerk Hospitaalparkse Oujaarsdiens vind reedsom 18:00 plaas sodatbejaarde lidmate dit ook kanbywoon.SNG kerk Hugenoot:Middernagdiens om 23:15.Dit word deur ds. NicoMostert gelei.

WOENSDAG, 1/1SNuwejaarsdag, openbarevakansiedag.

DagboekWie, wat en waar?

Kersfees, nes Nuwejaarsdag, val op ’n Woensdag.

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013

STUUR gerus ’n foto van jou troue virgratis plasing in Bloemnuus na [email protected]. Dit moet minstens 1 MBgroot wees. Meld watter fotograaf het virwie waar afgeneem. Nog troufoto’s is tesien op bloemnuus.co.za.

Getroud

Nerina en Deonne Cronjé (The Willows). Foto: Gerhard Steenkamp Photography

Denise en Etienne Coetzee (The Willows). Foto: Go Urban Photography

Anné en Johan Labuschagne (Goosehill). Foto: Go Urban Photography

Jessica en Darren Fry. Foto: Momentous FotografieChristy­Lee en Jacques Benson (Haldon Estate). Foto: Eye Candy Photography House

Braam en Ilana van Zyl (Helderwater).

BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013 7

SMartha Brynard van NoorderbloemI03 vier haar 91ste verjaardag op Dinsdag24 Desember.

S Dawid Rossouw (gebore 20 Junie 1940)van Westerbloem (vroeër van die plaasWestburn, Bloemfontein) is op Dinsdag 10Desember oorlede. Hy word deur sy vrou,Helene, asook sy dogter Ansolet Putter, ’nadvertensiekonsultant by Bloemnuus, endrie seuns, Dawie, Dirk en Hanno,oorleef.

S LJ du Plooy, orrelis van die NG kerkHospitaalpark, het ’n meestersgraad inorrel (cum laude) verwerf.

S Op Bloemnuus se webblad, www.bloem-nuus.co.za, word gereeld talle pryseweggegee.

Die volgende lesers het gewen:1. Olene Botha;2. Marizka Taljaard;3. Daphne Venter;4. Ilzè Stergos;5. Colinda Bothma;6. Stoffel Cilliers;7. Cecile Burger;8. Lizelle van Niekerk;9. Piet Smith;10. Charl van Niekerk;11. Malie Beukes;12. Karin van Niekerk Behrens; en13. Marie du Plooy.

S Vera Jacobs van Huis Deernis,Hippocratesweg 37, vier haar 90stegeboortedag op Maandag 23 Desember.

SHeinrich Brüssow, ’n Springbok-rugbyspeler, en Caroline Haasbroek,’n sanger en prokureursklerk, is indie Metodistekerk voor 253 gastegetroud.

S Philip Snyman, ’n Blitsbok, en Esteévan Wyk, ’n dokter wat haar internskapdoen, is getroud. Blitsbok-spanmaats watdie troue bygewoon het, is Kyle Brown,Stephan Dippenaar en Frankie Horne.

S Ina du Plessis van Huis Cecilia,Noorderbloem, het op 11 Desember 90 jaaroud geword.

SMarisela Letlatsa Mochali (32) vanLesotho is tot lewenslange tronkstrafgevonnis. Hy het van November totFebruarie verlede jaar ’n skrikbewindonder vroue in Bloemfontein gevoer toehy elf vroue in hul huise oorval, verkragen beroof het.

S Dofie van der Westhuizen van HuisVreugde, Roselaan 83, het op 10 Desember80 jaar oud geword.

S Christo Theron van Philipstraat opPhilippolis is oorlede enkele dae nadat hy’n beroerte gehad het.

S Louis Maree (70), ’n boer van Verkeer-devlei, is in die Vrystaatse hooggeregshof12 jaar tronkstraf opgelê omdat hyChankie Botsane, ’n onwettige haasjagter,op sy plaas doodgeskiet het. Aansoek omverlof tot appèl is toegestaan.

S Dié Bloemfonteiners is onlangs oorlede:Monica Hattingh (1977) en Otto leRoux (1937).

S Babs Groeneveld vier haar 99steverjaardag op 17 Januarie. Sy is ’ninwoner van Bayswater Village en eenvan die NG gemeente Hugenoot se oudstelidmate.

SWilna Snyman, veteraan-aktrise, hetMaandag ’n brons-eeufeesgedenkplaat bydie Vrouemonument in Bloemfonteinonthul en Emily Hobhouse se toespraakvoorgelees. Emily Hobhouse sou diemonument op 16 Desember 1913 amptelikmet ’n toespraak van vier bladsye onthulhet, maar sy moes weens siekte opBeaufort-Wes omdraai. Haar toespraak istoe voorgelees deur Charles Fichardt, ’nsakeman van Bloemfontein. Ilne Fourie,’n Bloemfonteinse dramaturg en aktrise,het ’n gebed geskryf en voorgedra.

Wel & wee

Die nuwe hoofleiers vir die Bloemfonteinse Kinderkoor vir 2014 is aangewys. Hulleis van links Talita Claassen (onderhoofmeisie), Filomena Goncalves (hoofmeisie) enKidennetse Moses (onderhoofmeisie).

Lettie Fouché se Kersspel is vanjaar deur die middelfase van dié skool aangebied.Maretha Maartens het die teks vir Die Lam geskryf. Daar was selfs ’n regte lammetjieop die verhoog.

Roerende fliekNico Gous

STUUR GROETE AAN MANNETJIESROUXPUNT UIT 5: 4REGISSEUR: Paul EilersAKTEURS: Laurika Rauch, Ian Roberts,Anna-Mart van der Merwe, Lizelle deKlerk, Elton Landrew

Laurika Rauch se bekende lied is dieskelet van hierdie fliek.

Lees die lirieke en jy kan raai wat gaangebeur, maar die intriges loop dieper aswat jy kan voorspel.

Dit is wat dié fliek so goed maak, diestorie is altyd die gehoor een voor.

Oom Frans (Roberts) en tante Koba (Vander Merwe) het Engela (De Klerk) op dieplaas Dwarsbult grootgemaak.

Engela kom kuier in die skoolvakansieom uit te vind oor haar ouers, maar opDwarsbult is geheime deel van die grondself. Soos die wyse sigeuner Toemaar, watin raaisels praat, sê: “Geheime is soosmelk, as jy dit te lank hou, raak dit suur.”Toemaar is een van drie besoekers op

Dwarsbult wat Engela se lewe onherroep-lik verander en oom Frans se obsessie metdie drie van Mannetjies verklaar.

Die eerste halfuur van die fliek vorderstadig, maar die lirieke van die lied biedleidrade wat jou sal boei. Die bekendemusiekblyspel is tot ’n drama vir diesilwerdoek verwerk. Regisseur Paul Eilers,ook die regisseur van die verhoogproduk-sie, het ’n wonderlike oog. Hy bied dieskoonheid van die Karoo verfrissend aanmet tonele wat jy wil raam.

Die toneelspel is uitstekend. Ian Robertsse hare lyk vreemd, maar is 100% boer.Anna-Mart van der Merwe, meer soosAnna Smart, draai die traankraan oop enwys weer hoekom sy ’n topaktrise is.Lizelle de Klerk vertolk Engela goed, maarlyk glad nie soos ’n skoolmeisie nie.

Elton Landrew as die enigmatieseToemaar steel elke toneel waarin hy ismet sy kwinkslae.

As jy van Roepman, Verraaiers of Paljasgehou het, sal jy hierdie fliek geniet.

Dis swaar, maar só ’n kragtoer vanemosie het jy lanklaas in ’n nederige 90minute fliek gesien.

Fliekresensent Nico Gous gee 4 uit 5 vir die fliek Stuur Groete aan Mannetjies Roux.

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013

KORINGSLAAI MET GRANAATSLAAI-SOUS en talle ander resepte is inKokkedoor te vind. Die boek bevat diebeste uit die gewilde televisiereeksKokkedoor en gaan oor die kos wat onsliefhet – van erfeniskos tot kookkos.

Vir Mynhardt Joubert is langtafelkosmeer as net mooi kos. Kos is pret, ditbou brûe en bring ons almal nader aanmekaar. Ná ’n goeie maaltyd is jy ’nbeter mens as daarvoor.Die koringslaai wys hoe kleurryk ons

erfeniskos kan wees deur ou gunstelingesoos koring, granate en turksvye te laatmaats maak.Dit lewer ses tot agt porsies.

KORINGSLAAIS 250 g gerolde koringS 3 ml soutS 125 ml streepspekvleisS 2 turksvye, geskil en in groot

blokkies gesnyS 60 ml granaatpitteS spekboomblaartjies (opsioneel)

GRANAATSLAAISOUSS 45 ml rooiwynasynS 20 ml olyfolieS 45 ml heuningS 15 ml suurlemoensapS 45 ml granaatsapS sout en swartpeper na smaak

KORINGSLAAIS Kook die koring sowat 40 minute

lank in ongesoute water tot sag. Drei-neer en geur met die sout.

S Bak die spekvleis tussen 20 en 25minute in ’n voorverhitte oond by 200 °Cof braai dit in ’n pan tot goudbruin enbros. Sny in kleiner stukkies.SMeng die koring, spekvleis, turksvye

en granaatpitte saam.

GRANAATSLAAISOUSS Klits al die bestanddele vir die slaai-

sous goed saam. Giet dit oor die koringslaaien meng goed.S Sprinkel die spekboomblaartjies oor.

Laat hullemaats maak

BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013 9

Misèremet tjorin stad

DIEGENE wat dit al beleef het,sal weet hoe vreesaanjaend dit is.’n Kar wat vrek op ’n Vrydagmid-dag met tjailatyd. In die middelstebaan by ’n verkeerslig in een vanons grootste stede. Of sagkensgestel, uitsny. Morsdood. En dit in’n vreemde stad. Jy kry dieprentjie, nê? Maar die aanloop totdaardie angswekkende oomblik inPretoria se middestad was nieminder erg nie. Ons – dit is ek enmy vrou en ons twee tienerseuns– is die Vrydagoggend lekkervroeg uit Bloemfontein om virfamilie in Pretoria te gaan kuier.Net voor Parys sê ek aan my

vrou: “Ai, die kar loop darem nogklopdisselboom vir sy jare. Voelkompleet of hy nou net uit dieboks kom. Sal maar ’n hartseer-dag wees as ons hom moetinruil.” Soos ons honde, is DieKar deel van die gesin en wordderhalwe hierna in hooflettersgeskryf vir sy moedige bydrae omtot die einde vas te byt. Ander-kant Parys gee Die Kar ’n ruk engaan staan. So asof hy uit diebloute snak na asem. Vat daremweer. Terug Parys toe. ’n Werk-tuigkundige maak hier skoon,vroetel daar en is effens bekom-merd oor die petrolpomp wat ekopmerk hy met koue water lawe.Fout kan hy nie werklik vind nieen daar gaat ons weer. Diehorlosie wys dit is middag. Dit isnie 100 jaar nie of die “ruk-en-staan” is weer daar. Gelukkigvermoed ons die petrolpomp kandie sondaar wees. ’n Bottel waterry ons altyd saam. Ons gooi. Ekdraai die sleutel. Nie eensBeethoven se Negende Simfoniekan so mooi klink soos ’n enjinwat inskop ná so ’n uitsny-sessienie. Met dié dat ons almalopgestres is oor die mankolieke-righeid van Die Kar in ’n Vrydag-middagsnelwegverkeer watdrasties begin toeneem, ry ons diepadvurk na Centurion en Rooi-huiskraal, waar die familie bly,mis. Heeltemal mis. Die volgendewat ons sien, is Pretoria se tronkwaar ons die stad aan diewestekant inry; skoon aan dieverkeerde kant vanwaar ons moet

wees. Navrae oor hoe om vandaarby ons bestemming uit te komlewer ’n skrikwekkende antwoordop. “Meneer, as jy nie die wêreldken nie, is daar net een uitweg,en dit is deur die middestadanderkant uit.”En toe gebeur dit! In die

oorweldigende middestad-vyfuur-verkeer met karre en lorries watal hoe meer uit systrate enparkeerterreine ongeduldig onder’n onbedaarlike getoet en skreeuinvloei om een magtige stroom tevorm, vrek Die Kar by diebesigste verkeerslig. In diemiddelste laan. Heel voor by diewit streep.Vir die tieners word alles nou

’n groot avontuur. Enjinkap weeroop, water oor die petrolpomp en’n paar minute wag terwyl, tipies,die bestuurders in die voertuieagter ons hul gesigte iesegrimmigtrek in hul poging om in diemalende verkeer verby te skuur.Jy sal dit nie glo nie. Tussen-

deur al die karre by die verkeers-lig kom ’n opgeskote wit meisieaangevleg, geklee in jeans en ’nvuil rooibont windjakker, om byons ’n aalmoesie te bedel. By ’nkar waarvan die enjinkapoopstaan en ’n oom wat opvallendopgesukkel is! ’n Oom wie sehartklop by die minuut toeneemoor die malende dreunendeverkeer rondom hom en ’ngroteske garagerekening watwaarskynlik voorlê. Ná die tydsou ek ’n bietjie sleg voel daaroor,maar my KYK in die hitte vanons omstandighede het die armebedelkind terstond verdryf. En dievraag: Hoekom bedel sy nie bydie talle karre wat niks makeernie? Dié tyd van die middagbeskaam die hoop dat een ofander werkswinkel tot onsredding voor die volgende oggendsou kom. Ons is Pretoria benoudanderkant uit, maar steeds in ’nverkeer wat kop-aan-stert beweeg.Gelukkig hou die motoriste by diereël om nie in die heel buitenstekantbaan te mag ry nie. Dit skepdie geleentheid om die noodligteaan te gooi en by almal verby tespoed totdat Die Kar weer ruk, enruk, en ruk en gaan staan. Danweer water gooi, wag en deur diegenade ’n entjie vorder. Senuter-gend! Daardie aand om 19:30 isons beproewing verby toe Die Karvoor die familie se woning totstilstand kom. Verlig klim ons uit,terwyl my broer bier in die handons tegemoet stap . . .

SOEKGROENGRAS: Hoewel goeie reën die afgelope paarweke oor Bloemfontein uitgesak het, is heelwatmeer reën nog nodig om die droogte in dele van die Bloemfontein­distrik te breek. Hier wei ’n trop skapeop die kikoejoe­grasperk van die De Oude Kraal­gasteplaas suid van Bloemfontein. Daar is môre ’n60%­kans op 5 mmse reën, dieselfde Sondag enMaandag ’n 60%­kans op 15 mm. Die aanvoelbare tempe­ratuur sal Sondag die hoogste wees wanneer dit 35 grade Celsius sal word.

Today inhistory1699 – Peter the Greatordered that the Russian NewYear be changed from 1September to 1 January.

1802 – The United States buysthe Louisiana territory fromFrance.

1852 – Sir George Cathcart,governor and commander-in-chief at the Cape (31 March1852 to 26 May 1854), isdefeated when he attacksMoshesh at Berea Mountain,Basutoland, with his force of2 500 regular troops. Heconcluded peace in accordancewith instructions from theBritish Colonial Office andreturned to the Cape Colony.

1868 – Born: Harvey Firesto-ne, industrialist and tyremaker.

1914 – Josef Johannes (Jopie)Fourie, rebel commandoleader in the 1914 Rebellion, isexecuted by a firing squadafter being found guilty ofhigh treason. His death causesan outrage in Afrikaans-speaking circles and is apotent factor in the rise of theNational Party.

1924 – Adolf Hitler is releasedfrom prison after serving lessthan one year of a five-yearsentence for treason.

1933 – The German govern-ment announces 400 000citizens are to be sterilizedbecause of hereditary defects.

1938 – First electronictelevision system is patented.

1941 – Balthasar Johannes(John) Vorster, former primeminister and president of SA,marries Martinie Steyn Malanin Worcester.

1952 – Prof. J.L.B. Smithreceives a cable from CaptainEric Hunt, stating that he hasa coelacanth at the ComoroIslands. Prime Minister D.F.Malan arranges for Smith tofetch the fish, travelling in amilitary aircraft.

1968 – Author John Steinbeckdies at the age of 66.

1994 – Ivan Lendl retires aftera 17-year tennis career.

Dis Kersfees!HIERDIE tyd van die jaar is vir myaltyd so spesiaal! Bo en behalwedie belofte van vakansie en rus isdaar altyd die tyd van die jaar ietsin die lug. Dit is asof almal meerlag. Die blink liggies in die winkelsby die winkelsentrums, dievriendelike Kersvaders met hulrooi pakke na wie die kindertjiesblinkoog staar en die spesialeKersliggies in ons mooi ou Bloem-fontein maak dat dié tyd van diejaar altyd spesiaal is.Maar dan besef jy ook weer – dis

Kersfees! Dis daardie tyd van diejaar: Oral gaan die eetplekke volwees as jy dalk “vinnig” wil gaanontbyt eet. Jy gaan in lang ryemoet staan as jy dalk net “gou” ietswil gaan koop. Die winkelsentrumsis soos ’n miernes. Benewens diedolheid moet daar vir die familieKersgeskenke gekoop en toegedraaiword. Die Kersetes moet beplanword en tussenin raak die swem-bad groen van die reën of die grasbrand dood van die son. Oral sienjy skielik die armoede en ellenderaak: Die ou oom op die straathoekin sy flenterklere, moeg en moede-loos; die misdaad, die padsterf-tes . . . Dan raak hierdie tyd niemeer so lekker nie. Die feestyd se“fees” raak allesbehalwe dít. Maardan kyk jy weer na die flikkerendeliggies, jy kyk weer in daardiespontane glimlaggie van die kindop Kersvader se skoot. Jy sien daarin die lang rye by die winkels niedie ongeduldige kyke raak nie,maar die paartjie wat blinkoogstaan met hul eerste Kersboom inhul waentjie. Jy sien die ou oommet die flenterklere en deurgetrap-te skoene nader aan jou motorruitwaggel en jou met ’n vriendelike

glimlag groet: “Merry Krismis!”.Dan besef jy Kersfees kom netbetyds om jou weer hoop te gee –amper soos daardie blikkie yskoueCoke nadat die gras gesny is.Jy het hoop dat volgende jaar

nog beter gaan wees, selfs al was2013 een van die bestes nog. Ietsvan die opgewondenheid van diefeestyd is aansteeklik te midde vanons seer en stukkende land enwêreld. In Kersliedere wat in diekerke en die winkels speel, hoorons weer die woorde – “vrede,hoop, liefde en vreugde”.Hierdie woorde moet nie net in

Kersliedjies en kerke gehoor wordnie. Die opgewondenheid in kindersse oë, die glimlag van Kersvader,Maria en Josef moet by elkeinwoner en besoeker wees. Vrede,hoop, liefde en vreugde vanmenswees, kindwees, van netWEES moet moet ook deur die oomop die straathoek ervaar wordwanneer hy smile en “MerryKrismis” groet.Mag Bloemfontein ware vrede,

ware hoop, ware liefde en warevreugde beleef. En of dit in dieblink van die Kersgeskenke offlikkerende liggies is of by dieBaba in die krip in die stal, magons in die tyd weer aan die brandgesteek word met daardie vierwoorde om te gaan LEEF...voluit,passievol, vir mekaar as Bloemfon-teiners en ook vir Bloemfontein!Mag hierdie Kersfees soos ’nyskoue Coke ná ’n lang dag viralmal en elkeen wees!’n Geseënde Christusfees en

feestyd vir almal!SNico van der Walt is ’njeugwerker van die NG kerkHeuwelsig.

Nico van der Walt op Tafelberg.

MAG jou motor jou veiligbring waar jy wil wees diévakansie. HANNES HAAS-BROEK vertel van die keertoe dinge vir sy gesin ver-keerd geloop het.

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013

NB-UITGEWERS wag van 1Januarie 2014 af inskrywings invir die Groot Afrikaanse Roman-wedstryd 2015. Die wedstryd biedaan skrywers die geleentheid omby die land se grootste en sukses-volste uitgewery te publiseer. Ditis boonop die omvangryksteromanwedstryd in die land metdie grootste beloning vir skry-wers. Prysgeld van altesaamR350 000 is op die spel en sluit ’nstewige debuutprys in:Wenner R200 000Naaswenner R70 000Derde prys R40 000Debuutprys R40 000Skrywers kan hul manuskripte

aan enige van NB-Uitgewers sefiksiedrukname voorlê: Tafelberg,Human & Rousseau, Queillerie ofKwela-Boeke. NB-Uitgewersonderneem om die wenmanu-skrip(te) te publiseer en het eersteopsie op alle manuskripte watingeskryf word. Met die debuut-prys wil NB-Uitgewers aan nuweAfrikaanse skrywers erkenninggee en hulle aanmoedig om metvolgehoue dissipline, uitstekendenavorsing en deursettingsvermoë’n trefferroman te skep en af terond.“Skryf in! Dis ’n waagstuk en ’n

bietjie angswekkend. Maar dit isook opwindend, en ’n aansporing,en wie weet – mev. Geluk is joudalk ewe goedgesind!” sê IngridWinterbach wie se roman Die

aanspraak van lewende wesens(Human & Rousseau) in 2012 asdie wenner van die Groot Afri-kaanse Romanwedstryd aangewysis.Hierdie roman het ook in 2013

die Hertzogprys vir AfrikaanseProsa en die M-Net- LiterêreToekenning in die kategorieAfrikaans ontvang, en is boonopaangewys as die wenner van dieW.A. Hofmeyr-prys vir die besteAfrikaanse literêre werk in allegenres en die Universiteit vanJohannesburg-prys in die katego-rie kreatiewe skryfwerk inAfrikaans.Chris Karsten, wat in 2012 as

die naaswenner aangewys is virsy roman ’n Man van min belang(Human & Rousseau), sê: “DieGroot Afrikaanse Romanwedstrydis die plek waar jy jou eie storiekan vertel in die geselskap vanander storievertellers, almalaangesteek deur die lekker geesvan die Afrikaanse woordboonop beloon met aansien,erkenning en ’n goeie gawe virjou harde werk.”Volgens die uitvoerende hoofbe-

stuurder van Media24 Boeke,Eloise Wessels, gee hierdiewedstryd erkenning aan ontluiken-

de én gevestigde skrywers.“Dit is ook ’n uitstekende

platform vir die ondersteuning,ontwikkeling en moontlikepublikasie van nuwe werk in

Afrikaans,” sê sy.Die Groot Romanwedstryd,

voorheen onder meer bekend asdie Sanlam/Insig Groot Roman-wedstryd en daarna die Sanlam-ro-manwedstryd, werf reeds sedert1990 nuwe talent onder aspirant-skrywers en moedig ook ervareskrywers aan om nuwe manu-skripte te voltooi.Vorige wenners van hierdie

wedstryd sluit in AlexanderStrachan, Erika Murray-Theron enDan Sleigh.Manuskripte vir die Groot

Romanwedstryd 2015 word van 1Januarie 2014 aanvaar en diesluitingsdatum is 1 September2014.Die wedstrydreëls en inskry-

wingsvorm kan by www.nb.co.zaafgelaai word. Skrywers kan ookhier besoek vir meer inligting oordie drukname.Alle manuskripte moet gepos

word na: Vir aandag: Danita vanRomburgh, NB-Uitgewers GrootAfrikaanse Romanwedstryd 2015,(voorkeurdruknaam), Posbus 879,Kaapstad 8000. Vir inligting oordie Groot Afrikaanse Romanwed-stryd 2015 skakel 021-406-3412 ofstuur ’n e-pos aan [email protected]

Wen met jou roman

Ingrid Winterbach

NB Uitgewers gee gereeld boekeweg op bloemnuus.co.za. Gooi ’noog daar.

PERSOONLIKE

DIENSTE

FINANSIEEL

1420

KRUIEKENNER

1435

DOCTOR MIRANITHINK ABOUT HOWMUCH YOU LOST TOMANY DOCTORSWITHOUT SUCCESS:Bring back lost lover, stopcheating and binding yourrelationship (same day).Financial problem, get ajob and win court cases.Manhood enlargement -any size you want.Lucky oil for gambling,lotto, horses and all kindsof betting.AND MANY MORE100% GUARANTEEDMONEY BACK.CALL 084 552 8315.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ROMMEL-

VERWYDERING

1860

VERVOER VAN meubels, bourom-mel en tuinvullis. Skakel 072 2887535.

TUIN- en huishoudelikevullisverwydering: VanafR250 per vrag. Skakel Thys 072391 3781.

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

3025

NISSAN BAKKIE: LWB,2007-MODEL. R65 000.051 451 9134/084 710 0330.

EIENDOMME

HUISE TE KOOP

3275

R495 000. Ongelooflikewinskoop: Groot ges-inswoning met baieekstra"s in Brandfort.Gertrud 083 708 4044Rawson Suid.2 Luukse erwe te koopin Clarens op GolfEstate: En oorkantGolfbaan R 640 000.Getrud 083 708 4044.Rawson Suid

BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013 11

Allan verruil Bfn vir Kaap

Allan Donald (middel) hier saam met Russell Domingo(links) en Gary Kirsten. Foto: Christiaan Kotze

Die Proteas berei in Bloemfontein voor vir hul vyfdaagse toets teen Bangladesj in 2008. Hier is AB de Villiers,Allan Donald en Jacques Kallis. Foto: Emile Hendricks

Die destydse Eagles­krieketspan wat die SuperSport­trofee in 2005 met die Natal­Dolfyne gedeel het. Van linksis, agter: Boeta Dippenaar, Sarel Cilliers (fiksheid), Dillon du Preez, Ryan McLaren, Cliffe Deacon, Corrie van Zyl(afrigter), Davey Jacobs en Gerhardus Liebenberg (12de man); middel: Thandi Tshabalala, Loots Bosman, Jona­than Beukes, Morne van Wyk (kaptein) en Victor Mpitsang; voor: Ryan Bailey en Allan Donald (hulpafrigter).

Foto: Charl DevenishAllan Donald hou vir Dale Steyn dopmet sy boulsessie in die nette.

Foto: Christiaan Kotze

Die bal waarmee Allan Donald sy 300ste toetspaaltjie laat kantelhet.

’n Foto uit die jare toet: Allan Donald, Aki Aresti, HansieCronjé en Gerhardus Liebenberg. Voor staan KennyAresti wat nou al 28 jaar oud is. Foto: Joe Venter

Vernon Philander praat met Allan Donald voor ’n Protea­wedstryd.Foto: Charles Pullen

ALLAN DONALD, boulafrigter van die Suid-Afrikaanse krieketspan, gaan Bloem-fontein om persoonlike redes vir die Kaap verruil. Donald het diep krieketspore inBloemfontein, waar hy gebore en getoë is, getrap.

MAG die Cheetahs in 2014 selfs ’n beter jaar beleef as vanjaar! Dié foto is geneem op die dag dat dieCheetahs die Blues in die Vrystaat­stadion lekker ver geklop het. Foto: Jens Friis

Dié segesbeïndrukin 2013RUFUS BOTHA deel vyfplaaslike sportgebeure van2013 wat hom nog lanksal bybly, omdat dit niealledaags in sy loopbaan assportskrywer gebeur nie.

S Om die puik sokkerspe-ler van die HoërskoolBrebner, Tyrone Mondi, sevaardighede op vanjaar seEngen-sokkertoernooi inBloemfontein te aanskouwas iets om oor huis toe teskryf.Hy is as speler van dié

toernooi aangewys. ’nGroot eer het hom boonopin 2013 te beurt geval toehy ’n beurs van R400 000voor 160 spelers van oordie wêreld heen van dieEngelse sokkerklub BoltonWanderers weggeraap het.Jy móét goed wees as een

van jou sterkste teenstan-ders sê: “Tyrone is diebeste skole-sokkerspelerteen wie ek nog gespeel heten gesien speel het”.Só het Tshegofatso

Mabaso (Grey) Mondi eertoegeswaai en die erken-ning sal my óók lankbybly – dit is voorwaargroot.SMy onderhoud met die12-jarige Tony August by sy

skool (Laerskool Bloemfon-tein) sal ek nooit vergeetnie.Die joviale jongman wie

se ouers albei oorlede is, sepositiewe uitkyk op dielewe is aansteeklik.August, wat een van die

leiers by ’n kinderhuisnaby sy skool is, hetvanjaar vir die VrystaatseCravenweekspan uitgedrafen ’n gemiddelde persenta-sie van meer as 70%behaal. Hy is ook ’n puikatleet.

S ’n Teleurstelling wat eknie sal vergeet nie, was toeek uit Lyon (Frankryk)verwittig is die puiknaelloper met ’n visuelegestremdheid, Jacques deBruyn, was op die wêreld-kampioenskapsbyeenkomsop die baan tydens ’noefensessie in ’n botsingmet ’n ander atleet betrok-ke. Hy is só erg beseer dathy in die hospitaal belandhet en nie kon deelneemnie.

S Die St. Andrew- (Saints)skool kon nie vir ’n betersportjaar gevra het tydenssy 150-jarige feesvieringnie. Dat Saints twee uit sesjunior sportmanne opgele-

wer het wat vanjaar deurdie Vrystaatse Sportmediavereer is vir hul uitsteken-de prestasies is ongekend.Hulle is die krieketspelersSine Ntsona en WilliamRedpath (judo). Saints isook die enigste skool in dieVrystaat wat ’n plek (13de)onder die top-20 krieketsko-le in Suid-Afrika konbehaal op die gesogteskolesport-webtuistewww.schoolsport-snews.co.za

S HTS Louis Botha seskitterende sportvertoningsop atletiek- en rugbygebiedwas vanjaar skitterend.Byvoorbeeld: LlewellynHein bereik die halfeind-ronde in die 200 m op diewêreld-jeugkampioenskaps-byeenkoms en Ox Nche enRafuoe Rampete word albeivir die Suid-AfrikaanseSkole-rugbyspan gekies.Maar hul o.19-sokker-

span, wat vriend en vyandverras het deur eers dieVrystaatse eindronde tewen en daarna die eindron-de te haal in die nasionaleKay Motsepe-bekertoernooi,was iets wat my lank salbybly. Dit was terloopssowat R750 000 in die LouisBotha-sportkoffer werd.

Verskynop diédatumsHIERDIE is Bloem-nuus se laasteuitgawe van 2013.Die eerste uitgawe

van die koerant isweer op Vrydag 17Januarie op straat.As jy ’n adverten-

sie wil plaas, belSusna Pietersvandag by 051-404-7798 of ná Maandag10 Januarie.In die tyd dat

Bloemnuus nieverskyn nie, salwww.bloemnuus.co.za en die koerantse Facebook-blad welbygewerk word.Gaan maak gerusdaar ’n draai.

Injuries a concernINJURIES in schools rugby in theKaroo region almost doubled thenumber of those in Super 12.This according to a study by

the Department of Sports Medici-ne at the University of the FreeState (UFS).The study, led by Dr Louis

Holtzhausen from the School ofMedicine, also found that a majorpart of rugby injuries at SouthAfrican schools are not monitoredand managed properly, whichalready led to frighteningconsequences.The study recorded approxima-

tely 250 injuries per 1 000 playinghours in the Karoo region asopposed to 167 injuries per 1 000playing hours during the Super 12Rugby Tournament.Holtzhausen says although

injuries are monitored andmanaged superbly at nationalschools rugby events, very little,and in some cases no attention,is given to the prevention,treatment and management ofinjuries during smaller events.Holtzhausen says 54 serious

rugby injuries were reported inSouth African rugby between2008 and 2011 of which 7% werefatal. About 26% of these led toquadriplegia and about 31%led to neurological defects.Neck injuries are easy to

identify, but traumatic braininjuries, including concussion,are often not diagnosed and/ormanaged correctly.“Injuries in schools rugby are

not always (fully) reported, butthe figure seems to be high.”

Gaan maak diévakansie ’n draai opbloemnuus.co.za.