bulle-tin uitgawe 9 2015
DESCRIPTION
Die amptelike nuusblad van die SAP TIN Eenheid Veterane BondTRANSCRIPT
UITGAWE 9 APRIL 2015
SAP TIN VETERANE BOND
SIELSKOS
Deur: Ilana Loubser
Beleef jy 'n storm?
Matteus 8:24 NLV
Matteus vertel, 'Jesus het toe in die skuit geklim en sy dissipels het Hom gevolg. Skielik het
daar 'n hewige storm oor die see opgekom...' (Matteus 8:23-24 NLV). Die storm waarin die
dissipels hulself bevind het moes hulle tot in hulle siele geskok het. Hier is 'n belangrike les
te leer. Deur aan boord met Jesus te gaan, beteken nie dat jy nooit 'n storm gaan beleef
nie. Jesus het gesê, '...In die wêreld sal julle swaarkry beleef...' (Johannes 16:33 NLV). Ten
spyte van God se belofte om ons te beskerm en ons voorspoedig te laat wees, sal jy steeds
dinge soos siekte, tekort en vrees moet hanteer.
Die verskil is: die ongelowige trotseer die storm sonder Christus, maar jy kan die storm met
vertroue die hoof bied omdat Jesus aan boord is. Beteken dit dat jy nooit paniek sal ervaar
nie? Definitief nie! Die dissipels het na die storm en na die slapende Redder gekyk en
gevra, '...Leermeester, skeel dit U niks dat ons besig is om te vergaan nie?' (Markus 4:38
NLV). Dit is hoekom vrees so dodelik is.
Dit veroorsaak ongeloof en tas jou geheue aan. Teen die tyd wat die storm plaasgevind het,
het die dissipels al gesien hoe Jesus '...elkeen onder die volk wat 'n siekte of kwaal gehad
het, gesond...gemaak [het]' (Matteus 4: 23 NLV). Vrees veroorsaak 'n tipe geestelike
amnesia. Dit laat jou vergeet wat Jesus gedoen het en hoe goed God is. Dis hoekom jy nie
aandag aan jou vrees moet gee nie en eerder jou geloof op God se Woord moet voed, want
geloof gaan jou deur die storm kry.
Matteus 8:27 nlv
Matteus skryf: 'Hulle gaan maak Hom toe wakker en sê: 'Here, red ons! Dis klaar met ons!'
Maar Jesus sê vir hulle: 'Waarom is julle so verskrik? Is julle geloof dan regtig so klein?'
Daarna het Hy opgestaan, die winde en die see streng aangespreek en daar het 'n groot
kalmte gekom. Die dissipels was oorweldig. 'Hy is ongelooflik!' het hulle gesê. 'Hoe is dit
moontlik dat selfs die winde en die see na Hom luister?' (Matteus 8:25-27 NLV). Jy sal
nooit vir Jesus ken, of weet wat Hy vir jou kan doen, totdat jy saam met Hom deur 'n storm
gaan nie. Dit is hoekom Hy storms as deel van jou reis beplan. Jesus het gevra, 'Waarom
is julle so verskrik?'
Hy leer ons dat vrees jou vreugde sal dreineer. Wanneer vrees jou lewe regeer, word
veiligheid jou god. Wanneer veiligheid jou god word, leef jy 'n risiko-vrye lewe. Diegene wat
vol vrees is, kan nie waarlik liefhê nie, want liefde is riskant. Hulle kan nie vrylik aan die
armes gee nie, want menslik gesproke is dit nie gewaarborg dat jy iets gaan terugkry
wanneer jy vrygewig is nie. As jy vol vrees is, kan jy nie droom nie, want wat gebeur as jou
drome nie waar word nie?
Geen wonder dat Jesus so 'n oorlog teen vrees voer nie. Die Evangelies lys omtrent 125
bevele wat deur Christus gegee is. Van hierdie bevele is een-en-twintig daarvan om nie
bang te wees nie. Die tweede algemeenste bevel, om God en jou naaste lief te hê, verskyn
net agt keer. As kwantiteit enige indikasie is, sien Jesus vrees as een van die mens se
grootste kwessies. Dis hoekom Hy soveel keer beveel het, en jou ook vandag beveel:
'Moenie bang wees nie!'
WERWING VAN NUWE LEDE EN ONDERSTEUNERS.
Almal word vriendelik versoek om nuwe lede vir die Bond te werf, bring die mense wat u
weet kwalifiseer aan boord sodat ons ons agtergrond en geskiedenis kan deel.
Ek het ook persoonlik onderneem om die ondersteunersgroep se werwing te hanteer
aangesien ek agtergekom het dat dit baie stadig groei.
Ek wil namens beide die uitgaande sowel as die nuwe bestuur elke lid bedank vir die
volgehoue ondersteuning en entoesiasme, sonder julle bestan ons Bond nie!
VORDERING EN STATISTIEKE
Aansoekvorms op aanvraag uitgestuur:- 499
Aansoekvorms teruggestuur en goedgekeur:- 104
Lede wat na goedkeuring betaal en as lede geregistreer is:- 84
Lede wat lidmaatskap vir 2015 hernu het:- 47
Aansoeke afgekeur wat nie aan toelatingsvereistes voldoen nie:- 5
UIT DIE PEN VAN DIE SEKRETARIS
DIE STERKTE VAN DIE BOND
Die totale sterkte van die bond is tans 69 na die draai van die TIN jaar en aansienlik
minder as voor einde Februarie. Dit word soos volg saamgestel:-
Bestuurslede 7
Erelede 4
Lede 49
Ondersteuners 11
Groete
Martin Loubser
Sittende, voor, van links na regs is
Willie Fouchè (voorsitter), Genl Johan Viktor en Ds
Jan du Preez (kapelaan).
VERSOEK VAN DIE REDAKTRISE
Ek wil almal vriendelik vra (ek sal selfs soebat as ek moet) om tog pen op papier te sit en julle
bosstories met ons te deel, ernstig of komies. Die maandblad sal niks anders as ‘n
inligtingsblad wees as dit nie vir die stories is wat lede maandeliks plaas nie. As jy nie ‘n
skrywer van formaat is nie, moet jy nie bekommer oor spelfoute en taalkonstruksies nie, die
regisseur (Martin Loubser), klap ‘n storie vinnig reg.
Vriendelike groete
Ilana Loubser
STORIES UIT DIE BOSBoet Meintjes se besoek aan St Helena
Op 2015-04-01 om 10:15 het ek die voorreg gehad om voet aan wal te sit te Jamestown, St
Helena Eiland. ‘n Eiland wat geleë is in die Suid Atlantiese Oseaan. Toe geleentheid hom
voordoen om St Helena te kan besoek het ek dit met albei hande aan gegryp, en die hoof
rede hoekom ek die eiland wou besoek is om die Boere Begraafplaas te besoek. Soos dit
deesdae uitgedruk word, die Boere Begraafplaas was op my "bucket list"
Die eiland St Helena beslaan 122 vk kilometer en die hoofstad /dorp is Jamestown met 'n
geskatte inwonertal van 850 en is geleë in 'n kloof met hoë kranse/berge aan die Ooste en
Weste kant van die dorp. Die inwonertal op die eiland is 'n geskatte 4,000. Die eiland is
ontdek in 1502 deur die Portugese, toe het die Hollanders dit besit en later het Brittanje dit
besit.
Die eiland se afgeleë ligging het beteken dat dit die perfekte plek was om sleutel prisoniere
na toe te verban, onder andere Napoleon Bonaparte en die 6, 000 Boere onderskeidelik,
van die Boere Oorlog 1899-1902.
(Foto van Jamestown vanaf die bopunt van
Jacobs Ladder. Het in die baai geland, bo in die
middel van die foto, met klein bootjies om aan
wal te kon gaan)
(Foto van Jamestown vanaf die land se kant)
Ons skip het anker gegooi in James Baai en ons is toe vervoer per kleiner boot na die eiland.
Toe ons voet aan wal sit was ek aangenaam verras, ek het altyd die beeld in my geestes oog
gehad van 'n nat/klam, winderige, bewolkte, reënerige, beboste plek. Groot was my verbasing,
St Helena was alles behalwe wat ek gedink het dit was, dit is 'n pragtige plek en die son het die
wit waks uit ons gebrand.
(Foto van die bootjies wat ons mee geland het)
Van die hawe af stap ons na die ingang tot Jamestown, verskeie stalletjies met snuisterye en
koffie winkeltjies begroet ons en omvou die strate. Toe staan ons voor die stadsboog (archway)
tot Jamestown, die ingangspoort lei tot die hoof plein in die dorp die "Grand Parade" en dan
"Main Street" Oral is winkels, voertuie, kafeetjies en selfs 'n video winkel.
' n Besienswaardigheid wat jou dadelik tref as jy op die plein staan is "Jacob's Ladder" aan die
Weste kant van die dorp. Die trappies gaan teen "Ladder Hill" uit, is 600 voet hoog en het 699
trappies. Ek moet meld die trappies is verskriklik steil, soos die plaaslike bevolking sê : "it is so
steep to climb the steps it breaks your heart, and when coming down it breaks your neck" Ek
het nie diemoed gehad om Ou Jacob se leer te klim nie, dit was net te warm het ek myself wys
gemaak.
Links uit "Main Street" loop "Napoleon Street". Dit word vertel dat dit die weg was wat Napoleon
Bonaparte gevolg/geloop het na sy woning op die eiland toe hy tot die eiland verban was. Ons
het toe nog so bietjie tyd verwyl in die dorp, winkeltjies in, winkeltjies uit, tot ons huurmotor
gearriveer het. Moet sê ek het die ou huurmotortjie met 'n lang oog uitgekyk, ek weet nie watse
maak die ou rooi karretjie was nie, maar dat dit oud was, was verseker. In Afrikaans het ons 'n
mooi woord wat dit as 'n rammelkas beskryf, en voorwaar die beskrywing doen die woord
gestand. Uit die voertuig klim 'n kort ou mollige dame, maar wat my getref het is die breë
glimlag op haar gesig. Die dame was die vriendelikheid vanself. Ek skat haar so om en by 60
jaar oud en kan die dame praat, sy is absoluut lopende kommentaar en 'n lewende
ensiklopedie.
Vertel die dame my toe, dat sy op die eiland gebore is en nog nooit die eiland verlaat het nie, jis
dit was vir my ongelooflik, dat haar wêreldjie so klein kan wees en weereens het ek besef hoe
bevoorreg en geseënd ek is om in my lewe verskeie lande, stede, dorpe en hawens te kon
besoek het. Ons klim toe in die karretjie / rammelkas. Met 'n gesukkel kry ek die passasiers
deur aan my kant toe, en daar trek ons teen 'n slakkepas die eerste bergpas uit. Die tante
vertel ons toe dat sy nie 'n bestuurder is wat hou van jaag nie, in my binneste is ek tog te bly sy
jaag nie, want sjoe die hele flippen eiland is net een bergpas op die ander, en ek glo nie jy kan
vinniger ry as 30 kilo's per uur ry nie al wou sy, en die strate is maar nou en as jy val sal jy ver
val. Jis en die tante praat en ek vra vrae, sy antwoord, en ons ry bult op en bult af.
Ons eerste stop is Plantation House wat gebou is in 1792 as 'n plattelandse woning vir die
Goewerneur van die eiland.
Ons tweede stop is Longwood House, Napoleon Bonaparte se laaste woning en ook waar hy
gesterf het. Napoleon is op die eiland begrawe maar in 1840 is sy oorskot teruggeneem na
Frankryk.
(Foto van Longwood House, Napoleon Bonaparte se laaste woning en ook waar hy gesterf het
Ons derde stop is die Boere Begraafplaas. Ons ry stadig met 'n smal lowergroen boomryke
teerpad met digte struike aan beide kante van die pad. Toe stop ons bestuurder en ek vra aan
haar by watter besienswaardigheid ons nou gestop het. Die gedeelte van die eiland is lower
groen en bebos waar ons, ons self bevind het, sy het my toe verwittig dat ons by die "Boer
Cemetery" was. Dit is toe dat ek 'n naambord opmerk wat net sê "Boer Cemetery" op so kort klip
pilaartjie/paaltjie.
My persoonlike opinie vir wat dit werd is, daar word nie baie gewag gemaak van die begraafplaas
nie, die gras is gesny maar niks spesiaals nie. .
Die Boere Krygsgevangenes wat in die konsentrasiekamp gesterf het is in die begraafplaas
begrawe. Daar is ongeveer 200 grafte. Hulle is begrawe teen 'n heuwel en die grafte lê horisontaal
teen die heuwel. Aan die voet van die grafte is daar twee rooi marmer Gedenknaalde met die
oorledenes se name daarop gegraveer.
Groot was my verbasing toe ek 'n naamgenoot van my, op een van die Gedenknaalde opgespoor,
'n ene IJ MEINTJES. Ek sal dit voorwaar my taak moet maak en navors of die persoon en ek familie
van mekaar was.
(Foto van my naamgenoot)
Om die grafte so eensaam daar teen die heuwel te sien lê, het meegebring dat baie emosies oor
my spoel. Hierdie manne is ver van hul vroue, kinders en geliefdes op 'n ver eiland begrawe.
Wat was hul laaste gedagtes voor hul, hul laaste asem uitgeblaas het.Wat was die laaste woord of
woorde of naam wat hulle geuiter het, ons sal beslis nooit weet nie.
Wat ek wel weet is dat baie van die manne in die begraafplaas nooit deur hul geliefdes besoek
sou word nie, daar nooit 'n blom deur 'n geliefde op 'n graf geplaas sou word nie, daar sal nie 'n
traan by 'n graf gestort word nie, dis net die lowergroen bome en struike wat oor die grafte waak.
Hierdie manne is ver, baie ver van hul Vaderland en hulle sal nooit terugkeer nie, hulle sal vir ewig
lê in die vreemde.
Ons as Afrikaners moet hierdie manne in ons gedagtes en harte bewaar want huistoe, sal hulle
nooit kom nie, nie in my leeftyd in elk geval nie. . Ek het by die dame verneem dat die plek waar
die konsentrasiekamp geleë was, nou 'n hotel gebou gaan word en dat die plaaslike bevolking
gladnie geneë is met die besluit nie. Daar gaan nog ' n gedeelte van ons geskiedenis.
Dis tyd om te gaan, ek moet my landgenote en 'n naamgenoot agterlaat. Of ek ooit weer hier
verby sal kom? ek glo nie, maar as my maters ooit die geleentheid kry om hier verby te kom, kyk
mooi, julle sal my spore op die grond sien. As ek nie meer daar is nie dink ook aan my asseblief.
Ons vertrek van die begraafplaas terug na Jamestown. Die ou dame sit haar tjorrie in eerste rat
en daar gaan ons berg af, moet nie dink daar word ratte verwissel nie, O-nee ons bly in eerste rat
en rem-rem met die ratkas gaan ons berg af. Sy verduidelik vir my dat bestuurders die heeltyd
rem trap wanneer hul berg af gaan. Dit is baie gevaarlik seg sy, die remme word warm en
wanneer hulle moet rem is daar geen remme en dan is botsings onvermydelik. Sy, sê sy, bly net in
eersre rat, moet sê die arme ou enjin het maar siekerig geklink met die rem en alles wat daarmee
gepaard gaan. Ten eindelaaste stop ons by die hawe. Dit was 'n ongelooflike rit, nou nie baie
vinnig of skrikwekkend nie maar baie insiggewend en leersaam, danksy die vriendelike ou dame,
sy is voorwaar 'n juweeltjie vir die eiland St Helena en 'n geskiedenisboek op bene.
Ons sê ons vaarwels, sy gaan terug na haar klein wêreldjie en ek gaan aan om die wêreld te
verken.
Dit was nou 'n mooi dag en ek voel baie bevoorreg en baie geseënd.
TIN Groete,
Hervestiging van die beeldegroep.
Louis Lubbe
25 April 2015. Vroegdag daag die manne op. Hulle het verneem en hulle weet wat hulle te
wagte is - of so dink hulle - totdat hulle een vir een by die groepie aansluit wat alreeds daar is.
Die arms is afgebreek, die geweer is weg van die regop beeld en die ander knielende een lê
omgegooi so entjie daarvanaf. Daar heers ‘n ietwat vreemde atmosfeer.Toe die aanvanklike
ontnugtering by die aanskoue van die deels vernietigde kunswerk verwerk is, tree ‘n gevoel
dankbaarheid in dat daar nog heelwat van die beeldhouwerk behoue gebly het.
Daar is nie haat in die groepie oudpolisiemanne en dienende polisiemanne se gemoed teenoor
die persoon of persone wie verantwoordelik is vir hierdie afstootlike daad nie, inteendeel hulle is
vanoggend hier bymekaar om te red wat oor is van die kunswerk en om te verskuif na ‘n
onbekende toekoms - maar sekerlik na ‘n veiliger plek as die Polisie vervoermuseum.
Toe die sonstrale oor die rooidakke skyn en op die binnehof val begin die gekap van hamers,
die beitels, die gwala en die “jackhammer” opklink teen die hoë geboue wat die plek omvou.
Hamer… beitel…hamer beitel…hamer… jackhammer…jackhammer…jackhammer! Elkeen kry
‘n beurt en stadig maar seker word die staalbasis onder aan die voete van die staande beeld
blootgelê. Stukkie vir stukkie.
Na drie ure se sweet is die beeld van meer as ‘n ton reg om gekantel te word.
“Maak daadie toue aan die Casspir se hak vas…! gou manne die ding is swaar…!die buitebande
is in posisie…! laat hy kom, laat hy kom… ! stadig nou, stadig …stadig nou… ! Henk jou voete is
in die pad as hy val...sak,sak ,sak… ! hy is nou twee voet van die band af… !die staal pyp onder
sy voet het nou net uitgebreek…daar is niks wat ons nou aan dit kan doen nie…amper daar,
amper daar!” Daar’s hy manne… op die grond!!
Van die balkon van een van die hoe geboue kyk iemand van bo af wat se geraas hier
onder aangaan, maar nooit sal hy weet watter verhaal agter hierdie beelde lê nie.
Gelukkig is Buks van Staden die beeldhouer nie hier vandag om te sien hoe sy
kunswerk verniel is nie.
Op 1 April 1987 is die beeldegroep op Maleoskop ( eertydse teeninsurgensie
opleidingsbasis van die SA Polisie) ingehuldig tesame met die ererol van makkers wat
tydens aksie gesneuwel het. Met die sluiting van Maleoskop is die beeldegroep
oorgeplaas na die SA Polise vervoermuseum in Pretoria en dit hier waar die
“reddingspoging” plaasvind. “Nou moet ons vat manne. Almal wat nie ‘n gekrokte rug
het nie moet vat… right daar gaat ons…passop vir die randsteen…stap wyd om die
Casspir…net ‘n entjie nog, oueuns…net ‘n entjie …!” Veertien manne en ‘n vrou stap
voetjie vir voetjie na die sleepwa wat daar eenkant staan en wag vir sy besonderse
vrag. Sommige van die manne is al in hul laat sestigs en sommige in hul veertigs en
so paar tussenin. Jonk en nie meer so jonk nie maar almal het iets in gemeen – die
bewaring van ‘n spesiale standbeeld wat almal herinner aan hul dae tydens die
Bosoorlog in SWA, Caprivi en Rhodesië.
Uiteindelik is beide die beelde op die sleepwa...en toe die agterste klap gegrendel
word waai daar ‘n reukie van ‘n braaivleisvuurtjie tussen die museum-voertuie deur
wat Henk se seuns so tussendeur aan die gang gekry. Baie spesiaal dat Henk, sy pa,
sy vrou Elsabe en hul seuns almal daar was… en sommer een van die seuns so
meisie op die koop toe. Henk van Heerden, jy het die onmootlike reggekry – en dit is
om die standbeeld ons s’n te maak. Groot dank ook aan jou kollegas wat ook agter
die skerms gehelp het die onderhandelings.
Indien U ’n donasie wil maak onthou om die rekening naam te
gee as U ’n kontant betalning maak by Capitec.
DITJIES EN DATJIES OP FACEBOOK
HIERDIE MAAND SE VERJAARSDAE
MEI
2 Rudi van Wyk
082 569 8510
6 Les Nel
082 571 2852
12 Chris Bellis
021 988 0115
15 Pine Pienaar
082 337 8624
16 Stephen Sander MC Loubser
083 679 6060 074 456 7452
22 Elmar Louw
083 290 1177
24 Dicks Dietrichsen
082 875 0018
26 Louis Lubbe
082 859 0764
31 Blackie Swart
083 307 0291
HULDE AAN HULLE WAT DIE HOOGSTE
PRYS BETAAL HET
MEI05 1969 Konstabel LJH Lemkuhl
22 1971 Konstabel WP Dobbin
22 1971 Konstabel JJ Henning
09 1972 Konstabel CA Jacobs
28 1979 Adjudant Offisier G David
01 1980 Luitenant JP Engelbrecht
07 1980 Konstabel JA Du Plessis
19 1982 Adjudant Offisier PH Bezuidenhout
STAANDE EN NUTTIGE INLIGTING VIR NUWE
LEDE
Dra van die seremoniele drag.
Soos vervat in die Grondwet Par 5.3
BELANGRIKE EN NUTTIGE INLIGTING
BESTUUR
Voorsitter: Willie Fouchè Sel: 083 654 8791 epos: [email protected]
Onder Voorsitter: Dicks Dietrichsen Sel: 082 875 0018 epos: [email protected]
Sekretaris: Martin Loubser Sel: 084 990 2025 epos: [email protected]
Tessourier: Sean Clayton Sel: 084 447 3487 epos: [email protected]
Kommunikasie: Henk van Heerden Sel: 082 770 5574 epos: [email protected]
Addisionele lede:
Elnic Steenkamp Sel: 072 184 7703 epos: [email protected]
Robbie Cooke Sel: 082 781 7571 epos: [email protected]
EREPRESIDENT
Johan Viktor (Genl) Facebook geslote groep (slegs vir TIN lede)
https://www.facebook.com/groups/535440839915941
http://za.linkedin.com/pub/tinveteraan-bond/a1/494/548/
Facebook Page
https://www.facebook.com/coinveteransleague
Indien daar enige iemand is wat in die boek belangstel en ‘n kopie wil aanskaf kan hulle die
skrywer direk kontak by:
082 859 0764
(011) 803 6348
Die prys van die boek is R 350.00
VAN OVAMBOLAND TOT MASJONALAND
Stuur insette, stories, foto’s en ander plasings
na [email protected] voor die 25ste van
elke maand.
Redaktrise – Ilana Loubser Sel: 084 579 1269
Regisseur – Martin Loubser