jacobsdal primêre skool

6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 2 21 28 Januarie 2022 KWYTSKELDING VAN SKOOLGELD: Aansoeke vir kwytskelding van skoolgeld sluit op Maandag, Maandag, 7 Februarie 2022 om 14:00. VAKANTE ONDERWYSPOS: (ADVERTENSIE) Daar is ‘n vakante onderwyspos (Intermediêre Fase) by ons skool beskikbaar. Sien asseblief die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is. Versprei dit asseblief aan moontlike kandidate. MASKERS: Elke leerder moet sy/haar eie masker aanhê voordat die skoolterrein betree mag word. Die skool kan nie aan u kind ‘n masker verskaf nie! Leerders moet ook n ekstra masker in sy/haar tas hê vir ingeval sy/haar maskertjie breek. Ons gaan u ongelukkig moet skakel om vir u kind ‘n masker te bring. SKOOLDRAG: Daar is leerders wat nie die korrekte skooldrag aanhet nie. Ouers moet asseblief sorg dat hulle kinders vanaf Maandag, 24 Januarie korrek geklee skool toe kom. Daar sal op Woensdag, 26 Januarie inspeksie deur die onderwysers gehou word. AFSKEURSTROKIES/VORMS NUUSBRIEF 1: Baie dankie aan die ouers wat al hulle kinders se vorms en afskeurstrokies klaar ingehandig het!!! Die volgende belangrike afskeurstrokies/vorms van Nuusbrief 1, wat u nog nie ingehandig het nie, moet asseblief almal op Maandag, 24 Januarie by die klasonderwysers ingehandig word: SMS-strokies (Kontant saam met die strokie asb. U moet elke jaar herregistreer en betaal.) Medisynebriefie vir skool en koshuis. (Indien u nie die strokie inhandig nie, moet ons u ongelukkig skakel om u kind te kom haal.) Kroniese medikasievormpie (Slegs Ritalin en Concerta) Brilvormpie Ontvangserkenningsvorm vir die 6 dokumente wat u ontvang het. Mediese besonderhede (Skoolvorm vir uitstappies en sport) Departementele gesondheidsvorm (Voltooi asb. volledig en merk duidelik indien u nie van hierdie dienste gebruik wil maak nie.) Boksmart rugbyvorm (Slegs seuns wat hierdie jaar rugby wil speel) Ons onderwysers kontroleer alles deeglik totdat alles ingehandig is. Alle betalings word by die klasonderwysers gedoen, tensy anders vermeld. JAKKIES SPORTSAK: [AFSKEURSTROKIE] Ouers wat vir hulle kind/ers skoolsportsakke wil bestel, kan die afskeurstrokie invul en dit met die geld na die klasonderwysers stuur. Kostes: R320.00 per sak. Sluitingsdatum vir bestellings: 4 Februarie 2022 KLEREWINKEL: NB!! NB!!! KLEREWINKELTYE: Die klerewinkel se tye het ‘n bietjie verander. Dit is van nou af soos volg: Maandae: 7:30 9:30 en Vrydae: 11:00 12:45 Baie welkom aan ons nuwe klerewinkelbestuurder: Liezel Roodt WINTERSKLERE: [BESTELVORM] Daar word slegs een bestelling vir 2022 se wintersklere geplaas en ouers het tot Vrydag, 18 Februarie 2022 kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Hou in gedagte dat die korrekte wintersdrag verpligtend is vir al ons leerders. Voorbeelde van al die klere is in die Klerewinkel beskikbaar en leerders kan aanpas om seker te maak dat die korrekte nommers bestel word. Die Klerewinkelbestuurder neem geen verantwoordelikheid vir nommers wat verkeerd bestel is nie. Doen asseblief alle bestellings met die bestelvorm wat by die nuusbrief ingesluit is. (Bestelvorms sal ook by die klerewinkel beskikbaar wees.) (Telefoniese, epos of met whattsapp-bestellings sal nie aanvaar word nie.) NB: GEEN BESTELVORM, GEEN BESTELLING. Ouers mag met Liezel Roodt (klerewinkelbestuurder) ‘n skriftelike afbetalingsooreenkoms aangaan en die klere oor 3 maande, of minder (Maart/April/Mei) afbetaal. Aansoeke moet asseblief na die volgende eposadres gestuur word: [email protected] Alle gelde moet betaal wees voordat klere aan ouers oorhandig sal word. KOSTES: ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG: 1 Skoolbaadjie: (Opgestopte Windjakker) 22 - 32 R520,00 34 - 44 R560,00 2 Sweetpakbaadjie: 22 - 32 R400,00 34 - 44 R440,00 3 Sweetpakbroek: 22 - 32 R260,00 34 - 44 R300,00 MERK ASSEBLIEF DADELIK U KIND SE KLERE!

Upload: others

Post on 20-Jul-2022

14 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 2 21 – 28 Januarie 2022 KWYTSKELDING VAN SKOOLGELD: Aansoeke vir kwytskelding van skoolgeld sluit op Maandag, Maandag, 7 Februarie 2022 om 14:00.

VAKANTE ONDERWYSPOS: (ADVERTENSIE) Daar is ‘n vakante onderwyspos (Intermediêre Fase) by ons skool beskikbaar. Sien asseblief die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is. Versprei dit asseblief aan moontlike kandidate.

MASKERS: Elke leerder moet sy/haar eie masker aanhê voordat die skoolterrein betree mag word. Die skool kan nie aan u kind ‘n masker verskaf nie! Leerders moet ook ‘n ekstra masker in sy/haar tas hê vir ingeval sy/haar maskertjie breek. Ons gaan u ongelukkig moet skakel om vir u kind ‘n masker te bring.

SKOOLDRAG: Daar is leerders wat nie die korrekte skooldrag aanhet nie. Ouers moet asseblief sorg dat hulle kinders vanaf Maandag, 24 Januarie korrek geklee skool toe kom. Daar sal op Woensdag, 26 Januarie inspeksie deur die onderwysers gehou word.

AFSKEURSTROKIES/VORMS – NUUSBRIEF 1: Baie dankie aan die ouers wat al hulle kinders se vorms en afskeurstrokies klaar ingehandig het!!! Die volgende belangrike afskeurstrokies/vorms van Nuusbrief 1, wat u nog nie ingehandig het nie, moet asseblief almal op Maandag, 24 Januarie by die klasonderwysers ingehandig word:

SMS-strokies (Kontant saam met die strokie asb. U moet elke jaar herregistreer en betaal.)

Medisynebriefie vir skool en koshuis. (Indien u nie die strokie inhandig nie, moet ons u ongelukkig skakel om u kind te kom haal.)

Kroniese medikasievormpie

(Slegs Ritalin en Concerta)

Brilvormpie

Ontvangserkenningsvorm vir die 6 dokumente wat u ontvang het.

Mediese besonderhede

(Skoolvorm vir uitstappies en sport)

Departementele gesondheidsvorm

(Voltooi asb. volledig en merk duidelik indien u nie van hierdie dienste gebruik wil maak nie.)

Boksmart rugbyvorm (Slegs seuns wat hierdie jaar rugby wil speel)

Ons onderwysers kontroleer alles deeglik totdat alles ingehandig is.

Alle betalings word by die klasonderwysers gedoen, tensy anders vermeld.

JAKKIES SPORTSAK: [AFSKEURSTROKIE] Ouers wat vir hulle kind/ers skoolsportsakke wil bestel, kan die afskeurstrokie invul en dit met die geld na die klasonderwysers stuur. Kostes: R320.00 per sak. Sluitingsdatum vir bestellings: 4 Februarie 2022

KLEREWINKEL: NB!! NB!!! KLEREWINKELTYE: Die klerewinkel se tye het ‘n bietjie verander. Dit is van nou af soos volg: Maandae: 7:30 – 9:30 en Vrydae: 11:00 – 12:45 Baie welkom aan ons nuwe klerewinkelbestuurder: Liezel Roodt

WINTERSKLERE: [BESTELVORM] Daar word slegs een bestelling vir 2022 se wintersklere geplaas en ouers het tot Vrydag, 18 Februarie 2022 kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Hou in gedagte dat die korrekte wintersdrag verpligtend is vir al ons leerders.

Voorbeelde van al die klere is in die Klerewinkel beskikbaar en leerders kan aanpas om seker te maak dat die korrekte nommers bestel word. Die Klerewinkelbestuurder neem geen verantwoordelikheid vir nommers wat verkeerd bestel is nie. Doen asseblief alle bestellings met die bestelvorm wat by die nuusbrief ingesluit is. (Bestelvorms sal ook by die klerewinkel beskikbaar wees.) (Telefoniese, epos of met whattsapp-bestellings sal nie aanvaar word nie.)

NB: GEEN BESTELVORM, GEEN BESTELLING.

Ouers mag met Liezel Roodt (klerewinkelbestuurder) ‘n skriftelike afbetalingsooreenkoms aangaan en die klere oor 3 maande, of minder (Maart/April/Mei) afbetaal. Aansoeke moet asseblief na die volgende eposadres gestuur word: [email protected] Alle gelde moet betaal wees voordat klere aan ouers oorhandig sal word.

KOSTES:

ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG:

1 Skoolbaadjie: (Opgestopte Windjakker)

22 - 32 R520,00 34 - 44 R560,00

2 Sweetpakbaadjie: 22 - 32 R400,00 34 - 44 R440,00

3 Sweetpakbroek: 22 - 32 R260,00 34 - 44 R300,00

MERK ASSEBLIEF DADELIK U KIND SE KLERE!

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL

GROOT ASSEBLIEF!

Ouers wat klere het van hulle kinders wat dalk te klein geword het en bereid is om dit vir ons klerebank te skenk, kan dit asb. klerewinkel toe stuur. ONS SAL DIT BAIE WAARDEER!

NB: Hou asb. u kwitansie as bewys van u bestelling. U moet dit toon voordat u u kind se klere mag ontvang.

Klerewinkel se bankbesonderhede: Jacobsdal Primêre Skool, FNB Rekeningnommer: 525 6134 7174 (selfde as skoolrekening)

LOOTJIEKOMPETISIE: Ons herinner leerders en ouers aan ons Jagpakketkompetisie met baie lekker pryse wat gewen kan word. Sluitingsdatum vir kompetisie: 28 Februarie 2022. Leerders wat die meeste lootjies verkoop kan die volgende kontantpryse wen: Meeste lootjies verkoop: R4 000.00 kontant! Tweede meeste verkoop: R2 500.00 kontant! Derde meeste verkoop: R1 250.00 kontant! Elke leerder het ‘n boekie met 10 kaartjies ontvang wat asseblief verkoop moet word. ‘n Lootjie kos R50. Hierdie fondsinsameling word gehou om dringende instandhouding by ons skool en koshuis se geboue en toerusting te doen.

MONDELING / REDENAARSKOMPETISIE / ATKV: Neem asseblief kennis van al die onderwerpe (graad 4 – 7 leerders) vir mondeling (Afrikaanse periode) en ook vir die redenaarskompetisies: GRAAD 4 & 5:

Weervoorspelling

Hande

Op die verhoog Gr 4 & 5 (enige een!)

Boeke

Patrone ATKV onderwerpe

Groen GRAAD 6 & 7:

Remme

Boererate of dokter toe?

Humor Gr 6 & 7 (enige een!)

Digitaal ATKV onderwerpe

Applous

Indien ‘n leerder belangstel om aan die ATKV se redenaarskompetisie deel te neem, moet die gemerkte onderwerpe gekies word. Kontak juffrou Elza vir volledige inligting. Ouers rig self hulle kinders af en vervoer hulle self na die kompetisies.

LEERDERDEELNAME: BUITEMUURS: Die Sportkomitee vergader Woensdagmiddag om die Sone atletiekspan, asook die Interskole swemspan saam te stel. Volgende week se buitemuurs sal soos volg plaasvind: Maandag – Geen buitemuurs (Kleurgala) Dinsdag – Slegs tweekamp en klubswem Woensdag – Slegs klubswem Donderdag – Normaal soos op rooster. Onthou atletiekoefening is slegs vir atlete wat vir die Sone-span gekies is. (Sal volgende week bekend gemaak word.) KLEURATLETIEK: Ons OLK het hard gewerk om lekker eetgoed aan ons beskikbaar te stel. Baie dankie aan almal van julle, asook ouers wat ingespring het om te help! Dankie aan JOS wat lekker roomys verkoop het! Baie geluk aan Liané Bann met ‘n suksesvolle byeenkoms en dankie aan ons ouers wat as beamptes wat diens gedoen het. Julle is vir ons kosbaar! Sanet en haar werkers het ons terrein mooi skoon en netjies gemaak en alles voorberei vir die byeenkoms. Baie dankie vir julle harde werk. Lennie Wilkinson en sy werkers het ook ingespring en gehelp met ons terrein. Baie dankie daarvoor!

Junior Victor Ludorum: CG Combrink - 892 Junior Victrix Ludorum: Zarah Faber - 760 Senior Victor Ludorum: Ignus Jacobs - 1853 Senior Victrix Ludorum: Claire Combrink - 2446 Baie geluk aan hierdie atlete! KLEURGALA: Ons kleurgala vind op Maandag, 24 Januarie om 13:00 plaas. Inskrywings is klaar gedoen en gekontroleer. Geen laatinskrywings sal toegelaat word nie. Beamptes moet asseblief om 12:45 aanmeld. Beamptes trek wit hempies en navy broeke aan. Die skool verdaag Maandag om 12:30 vir alle grade.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL

LET WEL: Swem SA vereis ongelukkig dat slegs ouers wat ten volle ingeënt is swemgalas mag bywoon. Ouers moet asseblief met die skakel op die whatsappgroepe registreer om die gala by te woon. Daar sal weer ‘n heerlike kosstalletjie van die OLK wees en die roomyswa van JOS sal ook daar staan. Ondersteun hulle assebief.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Ninke Jacobs (seergekry) Ons siek kinders en ouers

ONS DANK ONS HEMELSE VADER

VIR ONS GRAAD 12’S BY LANDBOUDAL

BAIE GELUK LANDBOUDAL!

100% SLAAGSYFER VIR DIE 38STE JAAR!!!

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL

BESTELVORM:

WINDJAKKERS EN SWEETPAKKE

Naam van leerder: Graad: _____

Klas: _____

Nommer: Bedrag:

Windjakker: (Opgestopte baadjie)

Pryse Nr 22 – 32: R520

Nr 34 – 44: R560

Sweetpakbaadjie: Pryse Nr 22 – 32: R400

Nr 34 – 44: R440

Sweetpakbroek: Pryse Nr 22 – 32: R260

Nr 34 – 44: R300

Naam van leerder: Graad: _____

Klas: _____

Nommer: Bedrag:

Windjakker: (Opgestopte baadjie)

Pryse Nr 22 – 32: R520

Nr 34 – 44: R560

Sweetpakbaadjie: Pryse Nr 22 – 32: R400

Nr 34 – 44: R440

Sweetpakbroek: Pryse Nr 22 – 32: R260

Nr 34 – 44: R300

TOTALE BEDRAG: Elektroniese betalings: Rekening naam: Jacobsdal Primêre Skool Rekening nr.: 525 6134 7174 (FNB) Verwysing: Kind se naam en van + klere Stuur bewys van betaling na: [email protected]

AFSKEURSTROKIE: BESTELLING VAN SPORTSAK

OUER: ______________________________________ LEERDER: _____________________________ GR.: _______ LEERDER: _______________________________GR.: _______ EK WIL GRAAG _____ (AANTAL) SPORTSAK/KE @ R320.00 ELK BESTEL. TOTALE BEDRAG INGESLUIT: ____________

HANDT: ____________________ DATUM: _________

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL

VAKATURE BESKIKBAAR

LEERKRAG: (Posvlak 1)

BEHEERLIGGAAMAANSTELLING

POSBENAMING: Intermediêre Fase & Senior Fase

MINIMUM VEREISTES: Erkende onderwyskwalifikasie

SACE registrasie

VAKKE: Afr gr 6, Wisk gr 4, LO + Robotika en Kodering Gr 7

AANBEVELINGS: Goed tweetalig. Rekenaarvaardig.

Vermoë om opdragte doeltreffend en stiptelik uit te voer

Goeie organisasie en beplanning

Goeie en aanvaarbare waardes

Sport- en kultuurvaardighede

Geen kriminele rekord

Ondervinding gaan in u guns tel!

Opleiding in Robotika en Kodering

KONTRAK: Jaarliks

DIENSAANVAARDING: Dinsdag, 5 April 2022

SALARISPAKKET: R11 500,00 per maand

(Geen verdere voordele)

HANDIG DIE VOLGENDE IN OF EPOS NA [email protected]

Aansoekbrief en volledige CV

Afskrifte van kwalifikasies en ID dokument

Sluitingsdatum: Maandag, 28 Februarie 2022

Indien u binne een week, na sluiting van die aansoeke, niks van ons

gehoor het nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL