skryfvaardigheid - holy cross schoolskryfvaardigheid waar begin jy? om goed te kan skryf, het jy...

28
SKRYFVAARDIGHEID LENTESKOOL - Roosmaryn Schwartz Elke dag is soos ‘n bladsy in die boek van die lewe. Skryf dus net daarop wat jy later wil lees . . .

Upload: others

Post on 17-Mar-2021

11 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

SKRYFVAARDIGHEID

LENTESKOOL - Roosmaryn Schwartz

Elke dag is soos ‘n bladsy in die boek van die lewe.

Skryf dus net daarop wat jylater wil lees . . .

Page 3: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

# Dink BUITE die boks . . .

# Wees kreatief;

# Kyk nuut na iets wat bekend is.

Page 4: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

SKRYFVAARDIGHEID

WAAR BEGIN JY?

Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van:

• verskillende soorte tekste,

• ʼn uitgebreide woordeskat,

• spelreëls en

• punktuasie

• JY GAAN Dié KENNIS NA SKOOL IN DIE PRAKTYK GEBRUIK!!

Page 5: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

WAT MOET JY WEET VOORDAT JY BEGIN SKRYF?

• DINK:

Voordat jy enige skryfstuk aanpak, moet jy eers daaroor dink.

• BEPLAN & ORGANISEER:

Mens lewer beter werk as jy eers goed beplan en jou gedagtes organiseer.

• NAVORSING:

Soms moet jy eers navorsing oor ‘n onderwerp doen voordat jy daaroor kan

skryf.

Page 6: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

DINK

TEIKENLESER & DOEL

Vir wie skryf jy?

Waarom skryf jy?

TOON & VORMDie teikenleser en doel sal die TOON

daarvan bepaal, bv. lighartig / pleitend / humoristies / ernstig / sentimenteel

Die VORM : sekere skryfstukke vereis ‘n bepaalde vorm, bv. die formele brief / ‘n koerantberig / ‘n onderhoud of dialoog

SKRYFSTYLDit is die MANIER waarop jy skryf;

Die SKRYFSTYL sal afhang van jougeaardheid, die doel en

teikengroep.

Page 7: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

BEPLANNING

SKRYF EERS AL DIE IDEES NEER WAT BY JOU OPKOM

Party mense dink makliker in prentjies.

Kry dan eerder twee foto’s en skryf ’n storie oor hulle.

Of plak jou breinkaart vol foto’s om jou te help om aan idees te dink.

Gebruik ’n breinkaart.

Begin in die middel met ’n idee.

Skryf dan vyf goed rondom dit neer wat kangebeur.

Van watter idee hou jy die meeste?

Gebruik daardie idee en skryf nog vyf goed neerwat daarna kan gebeur.

Uiteindelik het jy ’n hele storie uitgedink.

Page 9: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

ORGANISEER

Titel

Inleidingsparagraaf

Hoofgedagte

Logies

Slotparagraaf

Page 10: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

NAVORSING

➢Boeke is ‘n goeie bron van kennis – LEES LEES LEES !

➢Woordeboeke is belangrik vir die

korrekte spelwyse, betekenis, sinonieme

en vele meer;

➢Koerante en tydskrifte is ‘n goeie bron

van idees en voorbeelde;

➢Die internet bied ‘n magdom kennis.

Page 11: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

VRAESTEL 3 – AFDELING ADie skryf van die opstel

Page 12: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

WAT MOET ONS WEET? DIE SKRYFRESEP -

1. Wees POSITIEF – jy gaan ‘n goeie skryfstuk lewer.

2. PARAGRAWE – skryf ‘n treffende inleiding en ‘n nog beter slot. Die inleiding en slot

moet bymekaar aansluit. Wissel paragraaflengtes af.

3. UITHEFFINGSTEGNIEKE – soos voorplasing, agterplasing, alleenplasing wanneer jy ‘n

woord of gedagte wil beklemtoon. ‘n Woord of ‘n sin kan ook aangewend word as

pararaaf vir beklemtoning. Bv. Vanaand voel ek so eensaam. Alleen.

4. Skryf KORT SINNE. Dit skep atmosfeer en lees maklik. Wissel sinslengtes af.

Gebruik verskillende soorte sinne. Vra ‘n vraag, dit betrek die leser.

5. Effektiewe HERHALING vir beklemtoning. Bv.Ek het gestap en gestap en gestap …

6. Gebruik treffende VERGELYKINGS – dit gee sprankel en trefkrag aan skryfwerk.

Bv.Sy oë was so troebel soos skottelgoedwater na ‘n Sondagmiddagete.

Page 13: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

DIE SKRYFRESEP –

7. Korrekte LEESTEKENGEBRUIK is belangrik. Uitroeptekens, stippels en aandagstrepe

moet effektief aangewend word. Te veel leestekens is net so verkeerd as om te min

te gebruik.

8. Gebruik ELLIPS so:

- om afwagting te skep Bv.Ons het gaan stap. En toe gebeur dit …

- om pousering aan te dui Bv.Al die kleure van die reënboog: groen, geel, rooi, blou …

- vir dramatiese spanning te skep Bv.Ek het daar gesit.Stoksielalleen …

9. IDIOME, spreekwoorde en idiomatiese benamings verryk skryfwerk.

10. SINTUIGLIKE WAARNEMING – span al jou sintuie in.

Bv.’n Koue rilling kruip teen my rug af en ek sien die haat in sy oë.

11. OORSPRONKLIKHEID – probeer ‘n nuwe oorspronklike benadering, iets anders.

12. TYD – kies die verlede tyd of die teenwoordige tyd en bly daarby.

Page 14: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

WOORDE WAT VERKEERD GESPEL WORD:

vir ewig, want nie van nie, onbeskof, waardeer, respekteer,

gewoonlik, gunsteling, sommige, restaurant, onmoontlik,

interessant, somer, onmiddellik, op pad, verseker / vir seker

Nog foute:

Saam my vriende X Saam met my vriende

Saam met hom praat X Met hom praat

Page 15: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

FORMAAT VAN DIE OPSTELINLEIDING

o Een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel

word.

o Behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.

LIGGAAM

o Verskeie paragrawe waarvan die 1ste sinne die

hoofgedagte bevat.

o Daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die

hoofgedagtes.

o Die laaste sinne bevat die samevatting van die

hoofgedagte.

SLOT

o Die laaste paragraaf wat die opsomming van die

skrywer se mening/standpunt insluit of skrywer se

finale standpunt/mening weerspieël.

Page 16: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

DIE INLEIDINGSPARAGRAAF

• Treffend bv. ‘n gedig

• Kort ±15 tot 25 woorde

• Vraagsinne / ellips / uitroepe / ontkenning

trek die leser se aandag en sit hom aan die

dink

• Gepaste woordkeuse – leser vorm prentjie

• Wissel sinslengtes – kort sinne skep spanning

• Moenie te veel sê in inleidingsparagraaf nie

• LOK die leser om verder te WIL lees…

Page 17: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

Wat kan ek doen om my skryfvaardigheid te verbeter?

Skryf die volgende sin meer treffend oor:

Ek gaan nie weer saam met Ma dorp toe nie.

• Ek weer saam met Ma dorp toe gaan? Moenie glo nie!

• Weer saamgaan? Nee, ek gaan nie weer saam dorp toe nie!

• Dorp toe gaan saam met Ma? Nie ek nie!

• Nie weer nie! Ek gaan nie wéér saam met Ma dorp toe nie.

Page 18: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

DIE SLOTPARAGRAAF

• Moet blywende indruk op leser laat

• Moet opstel as geheel afsluit

• Gee ‘n samevatting van die inhoud

• Moet by inleidingsparagraaf aansluit

• Is die hoogtepunt van die opstel

• Moet ‘n verrassende ontknoping/oplossing hê

• Kort en kragtig

• ARGUMENTERENDE/BEREDENERENDE OPSTEL moet ‘n

duidelike/oortuigende gevolgtrekking hê wat jou

perspektief ondersteun

Page 19: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

OEFEN DIE INLEIDENDE- & SLOTPARAGRAAF

INLEIDENDE PARAGRAAF

✓ ±15 tot 25 woorde

✓ LOK die leser om verderte WIL lees…

Bestudeer die skets …

SLOTPARAGRAAF

✓ Kort en kragtig

✓ Moet by inleidingsparagraafaansluit

✓ Moet opstel as geheelafsluit

Page 20: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

VISUELE PRIKKELS…

Hoe maak ek?

Kies die gepaste prikkel

Skryf al die moontlikhede(fisies/abstrak/tipe teks) waaraan jy kan dink as jy na die prikkel kyk, neer.

Let op jou woordeskat.

Dink byvoorbeeld aan hoe die prikkel jou laat voel,wat jy alles sien,hoor of ruik - beskrywing

So maak jy. . .

Let op die elemente in die prikkel, bv. beelde,woorde, lettertipes,lettergrootte,lyftaal, gesigsuitdrukkings en beweging.

Besluit watter tipe opstel jygaan skryf, bv. Verhalend, beskrywend ens.

Beplan soos op die gebruiklike manier.

Page 21: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

HOE SIEN HUL AFDELING A NA?

❖ Die kandidaat hoef nie aan al die beskrywers te voldoen nie;

❖ Die INHOUD en STYL korreleer gewoonlik;

❖ INHOUD: WAT word gesê?

Stel jou voor jy lees die opstel hardop.

Wat sal ek gee as ek dit net sou hoor?

[Kyk spelfoute dus mis]

❖ TAAL: HOE word dit gesê?

❖ STRUKTUUR: Paragrawe, hoofletters, samehangend,

een woord sin, een sin paragraaf,

ontwikkel logies

Page 22: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

VRAESTEL 3 – AFDELING BDie onderrig en nasien van die langer transaksionele teks

Page 23: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

Transaksionele skryftekste behels:

• óf ʼn reaksie op ʼn respons bv. ʼn vriendskaplike brief om dankie te sê vir

iets of ʼn formele brief aan die pers waarin

jy jou opinie oor ʼn saak uitspreek;

ʼn dialoog

• óf ʼn uitlokking tot ʼn reaksie bv. ʼn toespraak waar die gehoor kan

saamstem met die spreker of hom uitjou

wanneer hulle nie saamstem nie.

• Funksionele taalgebruik word hier gebruik;

• Is gerig op ʼn bepaalde teikengroep;

• Die kommunikasie-aspek staan hier voorop om die boodskap op die mees effektiewe manier oor te dra.

Page 24: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

WAT SÊ KAV/CAPS?

Page 25: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

DIE ADRES VAN DIE SKRYWER• Dit word in die regterkantste boonste hoek in blokvorm geskryf.

• Geen leestekens word gebruik nie.

• Die naam van die straat en die woord straat, weg, laan, ens. is een woord, bv. Kerkstraat 4

• Voor die datum word ʼn reël nie oopgelaat nie.

• Skryf die datum voluit.

• Voorbeeld: Eikelaan 12

• Kroonstad

• 2520

• 13 Mei 2017

• Straatname wat syfers is, word soos volg geskryf:Negendelaan 8 of Kortstraat.

‘’Power point’’- aanbieding

Page 26: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

NEEM DITPRAKTYK

TOE. . .

Page 27: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

OEFEN IN DIE SKRYFJOERNAAL . . .

• Beplan deur ‘n volldedige KOPKAART te trek;

• Die FORMAAT moet korrek geoefen word;

• Skryf die transaksionele teks;

• Gebruik die regte hoeveelheid woorde;

• Maatassessering – onderwyser noem al die

praktiese punte / formaat ens.

• Inhoud bly by onderwerp;

• Beeldspraak/ idiomatiese taalgebruik;

• VRA: Is die opdrag uitgevoer?

Is dit formeel genoeg?

Page 28: SKRYFVAARDIGHEID - Holy Cross SchoolSKRYFVAARDIGHEID WAAR BEGIN JY? Om goed te kan skryf, het jy kennis nodig van: • verskillende soorte tekste, •ʼn uitgebreide woordeskat, •

DAAR IS GEEN WAARBORG DAT DIE LEWE NET ALTYDMOOI EN PERFEK SAL WEES NIE, MAAR DAAR SAL ALTYDIETS MOOIS WEES OM RAAK TE SIEN TE MIDDE VAN DIE

STORMS WAT LOSBARS, AS JY KIES OM DIT RAAK TE SIEN . . .

Baie dankie.

Mag jy kreatiewe stories skryf.