14 weke - durbanville gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek...

56
Die goeie en mooi lewe 14 weke

Upload: others

Post on 26-May-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

Die goeie en mooi lewe14 weke

Page 2: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by
Page 3: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

Inhoudsopgawe

Wat behels die 14 weke? 4

Inleiding 8

Sewe weke van Lydenstyd1. Die goeie en mooi lewe (kleingroep) 10

2. ’n Lewe sonder oordeel (kleingroep) 14

3. ’n Lewe sonder woede (kleingroep) 18

4. ’n Lewe sonde wellus (kleingroep) 22

5. ’n Lewe sonder leuens (kleingroep) 26

6. ’n Lewe vol foute (kleingroep) 30

7. Groot Lydensweek (gemeente byeenkomste) 34

Sewe weke van Opstandingstyd1. Paasfees 35

2. ’n Koninkrykslewe (kleingroep) 36

3. ’n Lewe sonder hoogmoed (kleingroep) 40

4. ’n Lewe sonder gierigheid (kleingroep) 44

5. ’n Lewe sonder bekommernis (kleingroep) 48

6. Seën dié wat julle vervloek (kleingroep) 52

7. Pinkster (Pinksterdienste) 56

Page 4: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

4

Wat behels die 14 weke?

1. AgtergrondDie hart van die Christelike geloof is om die drie-enige God eerstehands te leer ken en om te leer om eerstehands saam met die drie-enige God te leef.

In hierdie proses word ons innerlik getransformeer. Hierdie innerlike transformasie lei na groter emosionele gesondheid, waarin ons van ons wonde genees word, sodat ons al hoe meer as heel en vry mense kan leef.

En dit loop alles uit op diens aan ons naaste en die skepping, dit wil sê om medewerkers te wees van God se nuwe wêreld.

In Durbanville Gemeente is ons voortdurend met hierdie proses besig:2009 40 dae met Jesus2010 40 dae: Jesus maak ons heel2011 40 dae: Jesus stuur ons

2012 Die goeie en mooi God2013 Die goeie en mooi lewe2014 Die goeie en mooi gemeenskap

Hierdie herhalende proses behels ’n inoefening van ons gemeente se visie: a) dissipels van Jesus (eerstehandse leef met God)b) groei saam (heelmaking en vernuwing)c) in diens van God se nuwe wêreld (diens en getuienis)

Ons lewe saam met God is nie ’n lineêre reis, van punt A na B nie, maar meer van ’n spiraalbeweging. Ons lewe saam met God raak dieper en voller en vryer, tot diens aan ons naaste en die skepping. Ons is oor en oor besig om dieselfde visie in te oefen.

2. GeloofsgewoontesOns gaan in die 14 weke ’n paar geloofsgewoontes inoefen. Hierdie geestelike dissiplines is eeue-oue wyshede. Dit is verhoudingsgewoontes wat van groot belang is vir ons lewe saam met God.

Jan Johnson het ’n mooi manier om die belang van geloofsgewoontes in ons lewe te beskrywe: “We do the connecting, God does the perfecting.” Deur die geloofsgewoontes stel ons ons oop vir God. Ons skep spasie vir God om in en deur ons te werk. Dit is nie die

Page 5: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

5

geloofsgewoontes wat ons verander nie, slegs God kan ons verander. Daarom moet alle wettiese beklemtoning van geloofsgewoontes as selfhelp-projekte afgewys word. Ons as gemeente gaan mekaar hiermee help. Dit is die doel waarvoor ons hier is, naamlik om mekaar te ondersteun in ons reis saam met God. Ons leer en groei saam in ons verhouding met God en in ons daaglikse lewe saam met God. Daarom gaan ons in ons kleingroepe en families vir mekaar terugvoering gee oor hoe ons die oefeninge beleef.

3. ’n Voorstel vir kleingroepeSommige kleingroepe vind dit moeilik om vir 14 weke aaneenlopend bymekaar te kom, veral tydens die skoolvakansie. Daarom is die 14 weke so uiteengesit, dat kleingroepe ’n “breek” in die middel van die proses kan maak.

Met Groot Lydensweek kan kleingroepe aansluit by die verskillende byeenkomste in ons gemeente (sien onder). Tydens die skoolvakansie kan kleingroepe ’n breek neem van die proses, terwyl hulle steeds op hulle eie of in hulle familie die teks van die week lees. Met Pinkster kan kleingroepe ook aansluit by ons gemeente se Pinksterdienste.

Dit sal beteken dat kleingroepe vir ses weke bymekaarkom, dan ’n breek maak vir twee weke, en daarna vir vyf weke bymekaarkom.

4. Ouers en kindersTerwyl ons besig is met hierdie 14 weke reis, is ons kinders in junior en senior kategese besig met dieselfde reis, maar op ’n eenvoudiger vlak. Die kinders kry ook ’n 14 weke gids. Hulle lees elke week dieselfe teksgedeeltes en oefen dieselfde geloofsgewoontes in.

Ouers met jonger kinders word aangemoedig om elke week saam met hulle kinders hul 14 weke boekie te bestudeer en hulle te help met die aktiwiteite.

Gesinne kan elke week tydens ete of huisgodsdiens die teks van die week lees (gebruik gerus die volgende Bybelvertalings: Die Bybel vir Almal / Die Bybel@kinders ). Deel met mekaar hoe julle vaar met die geloofsgewoonte vir die week. Gesinne kan ook aan die einde van die dag die daaglikse nadenke saam doen.

Die kinders moenie alleen die vragies beantwoord nie. Elkeen moet ’n beurt kry. Dit is baie belangrik vir kinders se geloofsvorming dat hulle sal hoor hoe hulle ouers hul geloof probeer uitleef in die alledaagse lewe. As ouers eerlik kan praat oor hul pogings (en mislukkings!) om die geloofsgewoonte vir die week uit te leef, gaan hulle kinders se geloof ontsettend baie daarby baat.

Page 6: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

6

5. Sewe weke Lydenstyd en sewe weke OpstandingstydDie grootste fees van die kerk is Paasfees. Die 14 weke is so verpak dat dit bestaan uit sewe weke voor Paasfees, met ander woorde Lydenstyd, en sewe weke na Paasfees, met ander woorde Opstandingstyd. In hierdie tyd gaan ons, saam met mekaar, onsself oopstel om deur God heelgemaak en vrygemaak te word, om verander en vernuwe te word, sodat ons lewens al hoe meer God se goedheid en mooiheid sal weerspieël.

Ons nooi jou uit om deel te neem aan ons Gemeente se viering van Paasfees:

Groot Lydensweek:

25 – 27 Maart Kuns: Nuwe lewe Kunskompetisie vir skole uitgestal in Gemeentesentrum

Ma, 25 Maart, 18:00 Kruisstap ’n Stap tot bo op een van Durbanville se heuwels

Di, 26 Maart, 19:00 Musiekuitvoering “Die Broers” tree op, met voordrag deur Johan Rademan, in die Kerkgebou

Wo, 27 Maart, 19:00 Laaste Avondmaal Brood-en-wyn ete in ’n kelder (Besprekings)

Do, 28 Maart, 19:00 Donkerdiens: Orreluitvoering Winand Grundling speel “14 stasies van die kruis” in die Kerkgebou

Paasfees:

Goeie Vrydag, 29 Maart 09:00 Familiediens (Nagmaal) 09:15 Klassieke diens (Nagmaal)

Paassondag, 31 Maart 09:15 Paasfeesdiens (Doop)

Ma, 1 April 10:00 Opstandingsfees Kaaskoek, sjokoladekoek en vonkelwyn Paaseierjag en springkasteel vir kinders

Page 7: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

7

6. Lectio DivinaDie Bybel wil gelees en gehoor word as die lewende stem van God. Daarom moet ons luisterend, wagtend lees. Lectio Divina is ’n ou luistermetode vanuit die vroeë kerk, wat ons hiermee kan help.

Vloei van Lectio Divina:1. Lees die teks rustig deur. Probeer verstaan wat jy lees. Moet egter nie vashaak by

dinge wat jy nie verstaan nie.2. Lees die teks ’n tweede keer deur: •Leesluisterend,wagtend,omJesussestemvirjoutehoor. •Isdaar’nwoord,beeldofsinwatvirjouuitstaan? •Gaan“sit”indaardiewoord,beeldofsin,enhoorwatdieGeesvirjouwilsê. (Bestee 75% van jou tyd aan punt 2)3. Doen ’n kort gebed waarin jy antwoord op wat jy gehoor het.4. Skryf neer wat jy gehoor het. (Jy sal nie elke dag iets hoor nie – dit is normaal.)

7. BronHierdie gemeentegids is gebaseer op ’n reeks boeke van James Bryan Smith, wat ook in Afrikaans vertaal is:The good and beautiful God Die goeie en mooi GodThe good and beautiful life Die goeie en mooi leweThe good and beautiful community Die goeie en mooi gemeenskap

Hierdie gids is net ’n inleiding tot hierdie materiaal. Individue of kleingroepe wat dieper wil delf in die materiaal, word aangemoedig om die boek: The good and beautiful life of Die goeie en mooi lewe aan te koop.

Kleingroepe word aangemoedig om in die tweede helfde van die jaar die boek te gebruik vir kleingroepmateriaal. Die boek is baie meer omvattend as hierdie inleidende gids.

Aangesien hierdie onderwerp nie net gaan oor informasie nie, maar oor die transformasie van ons lewens, sal dit baie sinvol en verrykend wees vir kleingroepe en individue om in die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens.

Kontak gerus Lux Verbi.BM by 021 406 3033 / www.luxverbi-bm.com, of vind die boek in ’n boekwinkel of aanlyn-winkel. Of plaas ’n bestelling by die kerkkantoor.

Page 8: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

8

Inleiding

Wat is ’n goeie en mooi lewe?

In hierdie reis gaan ons herontdek wat ’n goeie en mooi lewe behels, veral vanuit Jesus se Bergrede in Matteus 5-7.

Ons moet in gedagte hou dat die Bergrede begin met die Saligsprekinge: • “GeseëndisdiéwatweethoeafhanklikhullevanGodis...”• “Geseëndisdiéwattreur...”• “Geseëndisdiesagmoediges...”• “Geseëndisdiéwathongerendorsnawatregis...”• “Geseëndisdiéwatbarmhartigis...”• “Geseëndisdiéwatreinvanhartis...”• “Geseëndisdievredemakers...”• “Geseëndisdiéwatvervolgword...”• “GeseëndisjullewanneerdiemensejulleterwillevanMybeledigenvervolgen valslik al wat sleg is van julle sê.”

Hierdie reis is op geen manier ’n sukses-teologie of prestasie-teologie nie. Dit is ook nie ’n nuwe wettisisme, moralisme of selfhelp-kursus nie. Dit behels juis om ons eie gebrokenheid en beperkinge te omhels en eerlik daarmee om te gaan.

Die goeie en mooi lewe waarvan ons in hierdie reis praat, is nie die kunsmatige, beeldskone en skynbaar gelukkige lewe van skatryk “celebrities” nie. Die proses wil ons help om heeltemal nuut te dink oor wat “goed” en “mooi” is. Lydenstyd kan ons hiermee help. Jesus se goeie en mooi lewe het nie vir Hom voorspoed, sukses en roem gebring nie, maar dit het op ’n kruis geëindig.

Lydenstyd help ons om advertensies se weergawes van die “goeie en mooi lewe” te ontmasker en dit te sien vir wat dit werklik is: onwaar en oneg! Die goeie en mooi lewe lê nie in die vervulling van ons verbruikersbehoeftes nie, al dink ons soms so en al probeer die wêreld hard om ons daarvan te oortuig. Die lewe is in Hom wat gesê het: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.”

Dit is belangrik om in Lydenstyd te onthou dat Jesus se lydenspad loop deur alleenheid, verwerping, verloëning, uiterste onreg en uiterste lyding. Om saam met die lydende Here die volgende weke te stap, ontvang ons die uitnodiging om eerlik met ons eie pyn en seer om te gaan. Ons natuurlike neiging is om dit ten alle koste te ontken en te vermy.

Lydenstyd nooi ons uit om in ons gebrokenheid, verwerping en verontregting, in ons eie lyding ín te beweeg en dit te omhels. Wanneer ons dit doen, sal ons ervaar dat die

Page 9: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

9

gekruisigde Here ons presies daar – in ons gebrokenheid, pyn en seer – ontmoet en aanraak.

Lydenstyd help ons om EERLIK na ons lewe te kyk en om eerlik na die wêreld te kyk. Lydenstyd nooi ons uit om nie van die “dood” in ons eie lewe of van die dood in ons samelewing, weg te hardloop nie, maar om die lydende Here in ons eie lyding en in die lyding van die wêreld te ontmoet.

Dood en verlies neem verskillende vorme aan: afdanking by die werk, die verlies van ons finansiële sekuriteit, die kankerdiagnose, die verbrokkeling van verhoudinge, die verslawing van ons kind, die moord op ons geliefde. Lydenstyd nooi ons uit om nie die dood in ons wêreld te ignoreer nie, maar om dit juis te herken, te onthou en te midde daarvan na Jesus, die Gekruisigde, te draai.

Die God van Jesus ontmoet ons nie in glorie nie, maar aan ’n kruis. Dit is aan die kruis wat dit duidelik word hoe diep hierdie God by ons nood en pyn betrokke raak. Lydenstyd nooi ons uit om eerlik om te gaan met die lewe, ook met ons eie lewe, want Jesus het in ons doodsbestaan afgedaal en die dood op Hom geneem. Hy ken die dood.

Opstandingstyd help ons weer om verder te sien as die kruis, en om verder te sien as ons eie gebrokenheid en beperkinge. Jesus se opstanding uit die dood gee vir ons hoop dat al lyk ons lewe soms net sleg en lelik, kan God dit nog steeds gebruik in die herskepping van die nuwe aarde. Geen lewe is so sleg en so lelik, dat God dit nie kan gebruik in diens van die nuwe wêreld nie.

Dieselfde krag wat Jesus uit die dood laat opstaan het, is in ons lewens aan die werk (Efesiërs 1:19-20), en daarom is daar geen mislukking, geen terkortkoming of gebrek wat so erg en finaal is, dat God nie iets goed en mooi met ons lewe kan maak nie.

Selfs die dood kan nie die goedheid en mooiheid van ons lewe vernietig nie. Te midde van alles wat sleg en lelik is in die wêreld en in ons lewe, gee Jesus se opstanding vir ons hoop dat die slegte en lelike uiteindelik sal moet swig voor die goeie en die mooie.

Paasfees: Lydenstyd en Opstandingstyd, die kruis en die leë graf, help ons om met nuwe oë te kyk en met ’n nuwe verstaan die “goeie en mooi lewe” te leef. In die lig van Paasfees, is ons realisties én hoopvol. Ons val nie meer so maklik vir die advertensies se wanvoorstellings van ’n “goeie en mooi lewe” nie, maar ons word ook nie meer so maklik ingesuig deur die siniese berigte wat alles as sleg en lelik wil afmaak nie. Ons is realisties, maar hoopvol. Eerlik, maar vol vertroue.

Mag die goeie en mooi God ons help om in hierdie Paasfeestyd die goeie en mooi lewe opnuut raak te sien, maar nog meer, om die goeie en mooi lewe met hernude eerlikheid en hoop uit te leef.

Page 10: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

10

Almal wil gelukkig wees. Niemand probeer met opset om hulle lewe te vernietig nie. Geen jongmens sê: “Ek wil graag eendag my hele lewe verwoes deur verkeerde keuses” nie. Almal wil ten diepste ’n goeie en mooi lewe lei.

En tog... En tog is ons lewens in baie opsigte alles behalwe goed en mooi. Oordeel, woede, wellus, leuens, vyandiggesindheid, hoogmoed, gierigheid en bekommernis – hierdie dinge wat Jesus aanspreek in die Bergrede – raak soms so deel van ons alledaagse lewenswyse, dat ons dit nie eers meer agterkom nie.

Baie van die aaklige dinge in ons lewe, is weens omstandighede buite ons beheer. Maar, as ons eerlik met onsself is, sien ons dat dit nie net die wêreld om ons is wat soms sleg en lelik is nie, maar dat daar ook baie sleg en lelik in ons is. Dikwels is ons nie besig om ’n goeie en mooi invloed op die wêreld te hê nie, maar is die wêreld besig om ’n slegte en lelike invloed op ons te hê.

Die goeie en mooi lewe word nie beskerm in hierdie wêreld nieDie lewe waarvan Jesus in die Bergrede praat, is nie ’n lewe wat beskerm word van al die slegte en lelike omstandighede in die wêreld nie. Daarom, as Jesus aan die einde van die Bergrede ’n gelykenis vertel van twee persone wat huise gebou het – die een op sand en die ander op rots – dan sê Hy dat albei se huise deur storms gegaan het. Die persoon wat sy huis op rots gebou het – op die woorde van Jesus – was nie gevrywaar van storms nie, maar sy huis het bly staan te midde van die storms.

Dit is baie belangrik om te verstaan dat die goeie en mooi lewe, steeds ’n lewe is in ’n wêreld vol slegte en lelike dinge. Die goeie en mooi lewe – die lewe wat gebou is op Jesus se woorde – kan egter bly staan te midde van die stormagtige wêreld, sonder om net so sleg en lelik soos die omringende wêreld te word.

Die goeie en mooi lewe werk nie op die beginsel van beloning nieDie goeie en mooi lewe is nie ’n beloning of seëninge wat God vir ons sal gee as ons die “regte” dinge doen nie. Die goeie en mooi lewe werk nie soos ’n ouer wat vir sy kind sê: “As jy nou mooi stil sit in die kerk, dan gee Mamma vir jou ’n lekkertjie na die tyd” nie.

Die Bergrede is nie dinge wat jy kan doen, sodat God jou sal beloon met ’n goeie en mooi lewe nie. Die Bergrede is soos ’n kaart wat die werklikheid beskryf. Dit wil ons help om die werklikheid te sien vir wat dit is. Soos wat ’n kaart jou help om jou weg te vind op die regte aarde, so wil die Bergrede ons help om ons weg te vind in die regte lewe. Dit is nie ’n skattejag, waarin daar ’n beloning aan die einde is, as jy al die regte draaie gemaak het nie. Dit is ’n padkaart wat jou help om die omgewing beter te navigeer in die reis van die lewe.

Lydenstyd: Week 1 • 11-17 Februarie 2013

Die goeie en mooi lewe

Page 11: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

11

Ons almal ken seker die verhaal van die twee skepe wat op mekaar afgestuur het. Albei kapteins het onwrikbaar daarop aangedring dat die ander skip moet uitdraai. Totdat die een “kaptein” verduidelik het dat hy nie op ’n skip is nie, maar in ’n vuurtoring. As die ander kaptein nie vinnig uitdraai nie, gaan sy skip op die rotse eindig. Jy kan nie stry met die werklikheid nie.

As jy jou kind leer motor bestuur en daar is ’n stopstraat in die pad, dan sê jy nie vir jou kind: “As jy by die stopstraat stop, sal ek jou beloon met iets lekkers” nie. Nee, jy sê: “By die stopstraat móét jy dood stop, anders ry ’n ander motor ons dood, of jy ry iemand anders dood.” As ons die werklikheid reg verstaan, het ons nie belonings nodig om ons te motiveer om die regte ding te doen nie. Die werklikheid is genoeg motivering.

Die goeie en mooi lewe bestaan uit ’n klomp klein keusesDie goeie en mooi lewe bestaan nie uit een groot keuse nie, maar uit ’n reeks klein keuses. As jy dink aan iemand wat sy lewe verwoes het, sal jy besef dat daardie persoon waarskynlik nie op ’n dag ’n groot besluit gemaak het om sy lewe te vernietig nie. Niemand wil ’n slegte en lelike lewe lei nie, wil graag die verkeerde dinge doen nie. Dit is die elke dag se klein en gevaarlike keuses, wat die een lei na die volgende een, wat die persoon uiteindelik gebring het by ’n punt waar sy lewe sleg en lelik is. Hierdie klomp klein twyfelagtige keuses word meestal gemaak, omdat iemand besig is om ’n verkeerde “padkaart” van die lewe te gebruik.

Ons het die regte padkaart nodig vir ’n goeie en mooi leweDie meeste verkeerde keuses wat ons maak, word gemaak omdat ons eerlikwaar glo hierdie keuse gaan lei tot ’n “gelukkige” lewe, maar êrens het ons ’n foutiewe padkaart van die werklikheid in die hande gekry. Iets of iemand het ons oortuig dat weerwraak ’n effektiewe metode is om jou vyande af te weer, of dat die bevrediging van al jou begeertes jou gelukkig gaan maak. Iets of iemand het ons laat dink dat witleuentjies ’n goeie strategie is, of dat meer besittings groter sekurtiteit gee.

Hierdie “padkaarte” wat ons deur die loop van ons lewe bymekaargemaak het, is egter nie baie akkurate weergawes van die werklikheid nie. Meeste van hierdie oortuigings het ’n stukkie waarheid in, maar daar is gate in die padkaart. Daar is inligting omtrent die werklikheid, wat nie gegee word nie. Die kaart is onvolledig. En gevolglik beland ons in die moeilikheid as ons hierdie padkaarte volg.

Met die aanbreek van Lydenstyd op As-Woensdag, word ons herinner dat die weg na ’n goeie en mooi lewe, ’n kruisweg is. Wat vir die wêreld “goed” en “mooi” is, is dikwels dinge wat nie op die lang duur ons lewe mooier of beter maak nie. En wat vir die wêreld “sleg” en “lelik” lyk, is dikwels die dinge wat op die lang duur ons lewe goed en mooi maak.

Lydenstyd: Week 1 • 11-17 Februarie 2013

Die goeie en mooi lewe

Page 12: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

12

1. Lectio Divina teks vir die weekMatteus 7:24-29

2. Geloofsgewoonte vir die weekSkryf ’n brief vir GodSkryf ’n brief vir God, wat begin met die woorde: “God, die lewe wat ek graag wil hê...”

Probeer om vir God, in soveel detail as moontlik, die tipe lewe te beskryf wat jy graag wil lei.

Bewaar die brief op ’n veilige plek, sodat jy dit oor ses maande of ’n jaar weer kan lees. Dan kan jy sien watter veranderinge God reeds in jou lewe begin maak het.

3. Daaglikse nadenke• Waarhetjyvandagietsgoedofmooigesienofervaar?• Waarhetjyvandagietsslegoflelikgesienofervaar?

Notas:

Lydenstyd: Week 1 • 11-17 Februarie 2013

Die goeie en mooi lewe

Page 13: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

Notas:

13

Gesprek in kleingroep en/of familie

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Matteus 7:24-29

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: ’n brief vir God (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weeklikse nadenke

•Waarhetjyietsgoedofmooigesienofervaar? •Waarhetjyietsslegoflelikgesienofervaar?

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

Lydenstyd: Week 1 • 11-17 Februarie 2013

Die goeie en mooi lewe

Page 14: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

14

Liefdelose toleransie’n Lewe sonder oordeel beteken nie om alle mense se sondes te verduur of te tolereer nie. Liefdevolle verdraagsaamheid is ’n bate. Liefdelose toleransie, daarenteen, is om op ’n afstand te bly staan en te kyk hoe iemand anders sy/haar lewe vernietig, sonder die moed of die wil om te help. Toleransie spruit dikwels uit ’n liefdelose houding, of uit die siniese standpunt dat mense nie regtig kan verander nie. Toleransie sê: “Ek sal jou uitlos om te doen wat jy wil, solank jy my uitlos om te doen wat ek wil.”

Veroordeling help niemand nieAs ons uit liefde iemand wil reghelp, moet ons egter die regte metode gebuik. Jesus kom leer ons in die Bergrede dat oordeel nie die beste manier is om mekaar te help nie. Om die waarheid te sê, in meeste gevalle versterk dit mense net in hulle optrede, want ons oordele dwing ander om hulself te regverdig en te verdedig.

Die “balk” in ons oog, wanneer ons die “splinter” uit ander se oog wil uithaal, is oordeel. Die oordeel waarmee ons kyk na ander se foute, is die balk in ons oog, wat maak dat ons hulle nie kan help om die korreltjie stof uit hul oog uit te kry nie. Om iemand te probeer help met oordeel, is soos om ’n baie klein splintertjie uit iemand se voet te probeer haal met ’n groot kole-tang. Dit gaan nie werk nie. Jy gaan net die splinter dieper indruk.

As Jesus sê dat ons nie ons pêrels vir die varke moet gooi nie, dan wil Hy nie sê dat ons nie kosbare dinge met “varkerige” mense moet deel nie. Jesus verduidelik dat ’n vark nie gehelp word deur pêrels nie, want ’n vark kan nie pêrels eet nie. Net so word mense nie gehelp deur jou pêrels van wysheid, as dit in die vorm van oordeel kom nie, want dit is onverteerbaar. Geen mens kan wyse raad inneem, as dit in die vorm van oordeel aangebied word nie.

Dink maar net hoe jy voel wanneer iemand anders jou oordeel: jy is dadelik op jou agterpote en probeer om jou optrede te verdedig en te regverdig. Gevolglik is jy nie oop om jou eie foute raak te sien en te verander nie.

Om iemand te oordeel is afbrekend en in elk geval oneffektief. Vreemd genoeg, dink ons dikwels dat mense gehelp kan word deur ons oordeel, deur hulle baie duidelik te wys op hulle foute, terwyl ons almal eerstehands ervaar dat ander se oordeel oor ons nie behulpsaam is nie. Die eerste (en waarskynlik die moeilikste) stap van groei, is altyd om self jou eie foute raak te sien en te erken. As iemand anders op ’n veroordelende wyse jou foute vir jou kom uitwys, help dit jou nie om self tot daardie insig te kom nie.

Die hartseerste is sekerlik wanneer ons hierdie fout met ons kinders maak. Vanuit ons opregte besorgdheid vir hulle, wil ons hulle graag reghelp. Maar ons gebruik die verkeerde metode: ons gebruik oordeel. Ons wys al hulle foute vir hulle uit. En dit help hulle nie. En

Lydenstyd: Week 2 • 18-24 Februarie 2013

’n Lewe sonder oordeel

Page 15: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

15

Lydenstyd: Week 2 • 18-24 Februarie 2013

’n Lewe sonder oordeeltog weet ons hoe dit voel as ’n ouer foutvind met alles wat jy doen: dit help jou nie om te groei nie, maar dit laat jou eerder vernederd, veronreg en kwaad voel. Daarom sê Paulus met besondere wysheid in Kolossense 3:21: “Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie.”

Baie dikwels wanneer ons mense oordeel, het dit veel minder te make met ons opregte besorgdheid oor hulle, as wat dit gaan oor onsself. Ons eie vrese vir ons kinders, ons eie skuldgevoelens teenoor ons geliefdes, ons eie gevoel van minderwaardigheid teenoor ander mense, ons eie vrees om aansien in die gemeenskap te verloor – meestal is dit hierdie dinge wat maak dat ons oor ander oordeel, eerder as ’n opregte poging om hulle te help.

Die goue lewensreëlMaar hoe kan ons dan mense help? Wel, Jesus gee leidrade in Matteus 7:7-11. As ons vra, soek en klop, sal ons ontvang, vind en sal daar vir ons oopgemaak word. Met ander woorde, as ons aanvaar dat ons nie al die antwoorde, oplossings en wysheid het nie, en ons is bereid om saam met ander daarvoor te vra, te soek en te klop, in gebed, in afhanklikheid van God, sal ons mekaar kan help.

Jesus gee in Matteus 7:12 vir ons die goue lewensreël dat ons moet optree teenoor ander mense soos wat ons graag wil hê dat mense teenoor ons moet optree. Niemand van ons wil gehelp word deur iemand wat vir ons net vertel wat ons alles verkeerd doen nie. Ons wil gehelp word deur iemand wat langs ons staan, wat begryp waardeur ons gaan, en wat ons ondersteun wanneer ons sukkel met sekere dinge in ons lewe. Vra jouself af: “Hoe sal ek voel as iemand dít aan my doen, so met my praat, so na my kyk...?”

As ons ons eie gebrokenheid kan aanvaar, as ons eerlik kan wees met mekaar oor ons eie vrese, skuldgevoeloens en gevoelens van minderwaardigheid, as ons ons maskers afhaal en met al ons beperkinge en tekortkominge langs mekaar kom staan, kan ons begin om mekaar werklikwaar te help.

Lydenstyd herinner ons dat ons nie alleen stap op die kruisweg nie. Ons stap saam met Jesus, die Gekruisigde, en ons stap saam met mekaar. Wanneer ons ons gebrokenheid en seer op hierdie pad omhels, en eerlik is met mekaar daaroor, kan ons begin om mekaar te ondersteun en te help, sonder enige vrees vir veroordeling.

As ons op hierdie manier die kruisweg saam met mekaar stap, bewus van ons eie swakhede, sal ons weet dat die heel beste ding wat ons vir mekaar kan doen, is nie om mekaar se foute uit te wys nie, maar om langs mekaar te staan, sonder antwoorde of oplossings, en saam te vra, te soek en te klop.

Page 16: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

16

Lydenstyd: Week 2 • 18-24 Februarie 2013

’n Lewe sonder oordeel

1. Lectio Divina teks vir die weekMatteus 7:1-12

2. Geloofsgewoonte vir die week’n Week sonder skinderEen van die maklikste maniere waarop oordeel oor ander gevoed word in ons lewe, is deur te skinder.

Skinder is om negatief te praat van iemand wat nie deel van die gesprek is nie.

Somtyds is die lyn tussen skinder en ’n gesprek oor iemand waaroor jy opreg besorg is, baie fyn. Daarom is dit goeie oefening om vir ’n week te probeer om glad nie oor iemand te praat as daardie persoon nie in die vertrek is nie – maak nie saak wat oor daardie persoon gesê word nie.

Jy hoef nie elke keer as daar oor iemand gepraat word, die gesprek te stop nie. Onthou, jy is besig met ’n oefening vir jouself. Maar jy kan versuim om aan die gesprek deel te neem. Dikwels kan jy wegloop van die gesprek af. As iemand negatief oor iemand praat, kan jy iets positief van die persoon noem. Of jy kan sê: “Kom ons bespreek dit met hom as hy hier is.”

3. Daaglikse nadenke• Waarhetjyvandagietsgoedofmooigesienofervaar?• Waarhetjyvandagietsslegoflelikgesienofervaar?

Notas:

Page 17: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

Notas:

17

Lydenstyd: Week 2 • 18-24 Februarie 2013

’n Lewe sonder oordeel

Gesprek in kleingroep en/of familie

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Matteus 7:1-12

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: ’n Week sonder skinder (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weeklikse nadenke

•Waarhetjyietsgoedofmooigesienofervaar? •Waarhetjyietsslegoflelikgesienofervaar?

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

Page 18: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

18

Lydenstyd: Week 3 • 25 Februarie – 3 Maart 2013

’n Lewe sonder woedeWoede: geregverdig of nie?Hoekom het God die mens gemaak met die vermoë om kwaad te word? Is woede per definisie ’n sonde? Nee, daar is so iets soos geregverdigde woede (“righteous anger”), wanneer dit woede is oor die dinge wat ’n onreg is in God se oë. Ons behoort ontsteld te word, kwaad te word oor onreg. Maar meestal word ons nie kwaad oor onreg nie. Die oorsaak van ons woede is in meeste gevalle baie meer selfgesentreer.

Toe word ek kwáád...Woede is nie ’n primêre emosie nie; dit is ’n sekondêre emosie. Dit beteken dat ons eers iets anders voel of dink, vóórdat ons kwaad word, eers ander emosies ervaar wat lei tot woede (al gebeur dit so vinnig dat ons dit nie eers agterkom nie).

Die primêre emosies waaruit woede spruit, is meestal: 1) Onvervulde verwagtinge (hartseer / teleurstelling / ongelukkigheid)2) Vrees (angs / onsekerheid / gevoelens van onbekwaamheid)

En woede raak veral erg as hierdie twee primêre emosies gekombineer word! Byvoorbeeld: Jy het ’n middagete-afspraak met ’n vriend om 12:00. Teen 12:20 het jou vriend nog nie opgedaag nie.

Jy ervaar die eerste emosie: die teleurstelling van jou verwagtinge. Jy het so uitgesien daarna om lekker saam met jou vriend te kuier, en nou is hy/sy laat. Jy was so opgewonde oor hierdie afspraak, en nou gebeur dinge nie soos wat jy dit verwag het nie. Jy is teleurgesteld. Jy is hartseer.

Later begin jy ’n tweede emosie ook ervaar: vrees. Vrees dat julle gejaagd julle kos sal moet bestel en nie lekker sal kan gesels nie. Vrees dat jy laat gaan wees vir jou volgende afspraak. Vrees dat jy dalk nie werklik belangrik is vir hierdie vriend nie. Vrees dat ander mense of dinge belangriker is vir jou vriend as jy. Vrees dat jy eintlik geen ware vriende het nie...

En met die kombinasie van hierdie twee primêre emosies, skop die sekondêre emosie in: woede. Jy dink woedend by jouself: “Hierdie persoon het geen respek vir my nie! Hierdie persoon ag nie my tyd as kosbaar nie!” En so werk jy jouself op tot by kookpunt.

reageer impulsiefSelfs wanneer ons woede baie vinnig kom, soos in die geval van ’n motor wat onverantwoordelik voor jou insny en jy onmiddelik op jou toeter druk en skreeu en tekens wys, was daar ook denke tussen hierdie gebeurtenis en jou reaksie.

Page 19: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

19

Lydenstyd: Week 3 • 25 Februarie – 3 Maart 2013

’n Lewe sonder woedeHierdie denke is die vals persepsies wat lê aan die hart van ons woede. In die geval van die motor wat voor jou inry, is dit waarskynlik iets soos: “Niemand bestuur meer ordentlik nie! Almal ry soos maniakke!” Sulke vals persepsies word dikwels gekenmerk deur woorde soos “almal”, “altyd”, “alles”, “niemand”, “niks”, “nooit”. Dit is die veralgemenings wat ons glo, wat maak dat ons onsself sien as ’n slagoffer van ons omstandighede, en dat ons dink ons het geen ander keuse as om kwaad te word nie.

Tel tot tien...Inderwaarheid kan ons altyd kies hoe ons wil reageer op ons omstandighede. As ons die oer-oue raad volg en die vermoë ontwikkel om, wanneer ons begin kwaad word, eers tot by tien te tel voor ons reageer, en dan te ondersoek wat die primêre emosies of onderliggende oortuiging is wat hierdie woede veroorsaak, kan ons beheer kry oor ons woede.

Om kwaad te word, is nie die grootste probleem nie. Ons almal word kwaad. Dit is normaal en menslik. Die vraag is: wat doen ons met ons woede? Ons woede kan ons eintlik help om te verstaan watter emosies in ons hart leef, en watter vals narratiewe nog in ons gedagtes vashaak.

Vals en ware narratiewe Woede gee vir ons ’n geleentheid om die vals narratiewe waarvolgens ons onnadenkend lewe, raak te sien en om hulle te vervang met Jesus se koninkryksnarratief. Byvoorbeeld:

Vals narratief KoninkryksnarratiefEk is alleen. Jesus is by my.Ek moet altyd in beheer wees. Jesus regeer.As ek ’n fout maak, is alles tot niet. Almal maak foute. God gebruik ons foute.Die lewe moet altyd regverdig wees. Net God is regverdig.Ek moet altyd perfek wees. My krag lê in my swakheid.

Lydenstyd is by uitstek die tyd in die kerklike jaar wanneer ons ons vals perspektiewe oor die lewe moet kruisig, sodat dit vervang kan word met ’n koninkryksperspektief. Woede kan ons hiermee help. In plaas daarvan om net ons bes te probeer om nie kwaad te word nie, moet ons ’n bietjie stilstaan by ons woede en onsself afvra: Wat lê agter my woede? Waarvoor is ek EINTLIK kwaad? Watter verwagting wat ek gehad het, is nie vervul nie? Wat vrees ek? Watter dinge glo ek oor myself of ander, wat dalk onwaar is?

Lydenstyd wil ons help om in voeling te kom met die “donker” kante van ons lewe: ons woede, maar nog meer, die hartseer en vrese wat agter ons woede lê. Die oorwinning oor woede kom nie deur dit te probeer vermy nie, maar deur daarby stil staan, en te vra: Here, wat wil U vir my hierdeur kom leer?

Page 20: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

20

1. Lectio Divina teks vir die weekMatteus 5:21-26

2. Geloofsgewoonte vir die weekSabbatsrusNeem een dag in die week om regtig te rus.

Jy mag dalk dink dat om te rus niks met woede te maak het nie, maar geloofsgewoontes werk meestal op ’n indirekte manier.

Om ’n dag te neem waarin daar gerus word, is om jou vertroue te plaas in God en om beheer af te gee.

’n Dag van rus is ’n teenvoeter vir ons onvervulde verwagtinge en ons vrese, want dit help ons om weer raak te sien wat ons alles het om voor dankbaar te wees, en dit help ons om te vertrou op God se voorsiening.

3. Daaglikse nadenke• Waarhetjyvandagietsgoedofmooigesienofervaar?• Waarhetjyvandagietsslegoflelikgesienofervaar?

Notas:

Lydenstyd: Week 3 • 25 Februarie – 3 Maart 2013

’n Lewe sonder woede

Page 21: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

Notas:

21

Gesprek in kleingroep en/of familie

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Matteus 5:21-26

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Sabbatsrus (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weeklikse nadenke

•Waarhetjyietsgoedofmooigesienofervaar? •Waarhetjyietsslegoflelikgesienofervaar?

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

Lydenstyd: Week 3 • 25 Februarie – 3 Maart 2013

’n Lewe sonder woede

Page 22: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

22

Lydenstyd: Week 4 • 4-10 Maart 2013

’n Lewe sonder wellusMeestal bevind jongmense, maar ook volwassenes, hulleself tussen twee verwarrende narratiewe aangaande seksualiteit. Die een kant van die saak, wat hulle tradisioneel in die kerk gehoor het, is: “Alle seksuele begeertes is sleg.” Die ander kant, wat hulle in die mediawêreld hoor, is: “Alle seksuele begeertes is goed.” Albei hierdie kante is eensydig en tot ’n mate vals.

Die kerk se storie Die kerk kry hierdie siening grotendeels vanaf die briljante en invloedryke teoloog van die 4de en 5de eeu, Augustinus. Uit sy bekende werk, Confessions, is dit duidelik dat Augustinus ’n seksverslaafde was, wat geweldig geworstel het met sy seksuele begeertes. In sy teologie het Augustinus seksuele begeerte beskryf as die bron van alle kwaad, en selfs gesê dat die oorspronklike sonde deur seksuele omgang oorgedra word. Volgens Augustinus se teologie is alle vorme van seksualiteit sondig, en is ’n selibaatlewe die enigste manier om heilig te lewe.

Met die reformasie het daar stelselmatig die ontdekking gekom dat ’n seksueel aktiewe lewe ook ’n heilige lewe kan wees, en dat seksuele omgang in ’n huwelik nie net ter wille van voorplanting is nie, maar ook ter wille van die verhouding, verryking, welsyn en genot.

Nietemin het die Protestantse tradisie grotendeels Augustinus se negatiewe houding teenoor seksualiteit aangeneem, en kon ons tradisie ook nie daarin slaag om ’n positiewe seksuele etiek te ontwikkel nie, maar gehou by ’n negatiewe etiek wat net sê wat ’n mens nié mag doen nie.

Die slegste gevolg van hierdie negatiewe siening is die oorverdowende stilte wat in die kerk begin heers het rondom hierdie sentrale aspek van die lewe. Anders as die Bybel wat geen doekies omdraai oor seksualiteit nie, en wat wonderlik positief daaroor kan praat, soos in die boek Hooglied, wat uitsluitlik oor seksualiteit handel, is dit ’n taboe onderwerp in die kerk. Hierdie stilte beteken dat Augustinus se negatiewe siening in die kerk voortleef, al word dit nie hardop gesê nie. Deur stil te bly, impliseer die kerk dat ons saamstem met Augustinus.

Richard Foster verduidelik in sy boek “Money, sex and power” dat die kerk maak asof net getroude mense seksuele wesens is. Die kerk help nie jongmense, enkellopendes, geskeides, bedlêende siek mense of bejaardes hoe om positief en verantwoordelik met hul seksualiteit om te gaan nie.

Die wêreld se storieDie mediawêreld se weergawe is net mooi omgekeerd. Alle seksuele begeertes word as goed gesien, en daar kan nie genoeg daarvan gepraat, gesing en gewys word nie. Die enigste beperking is dat die begeerte wedersyds moet wees, maar verder is dit

Page 23: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

23

Lydenstyd: Week 4 • 4-10 Maart 2013

’n Lewe sonder welluseintlik onnatuurlik om nie aan elke begeerte uiting te gee nie. Hierdie sieining kom nie uit die 20ste eeu nie, maar is so oud soos die mensdom self. Daar is niks nuuts aan losbandigheid nie!

Waar lê die balans?Albei hierdie persepsies bevat ’n stukkie waarheid, maar albei is vals. Seksuele begeerte kan lei tot slegte en skadelike gevolge soos die kerk sê, maar seksuele begeerte as sodanig is nie sleg nie – dit is Godgegewe. Seksuele begeerte is inderdaad natuurlik, menslik en ook goed, soos die mediawêreld sê, maar dit is beslis nie goed vir die mens om gehoor te gee aan elke seksuele begeerte nie.

Paulus stel dit raak in 1 Korintiërs 6:12-13: “Daar is mense wat sê: ‘Alles is my geoorloof.’ Ja, maar nie alles is heilsaam nie. ‘Alles is my geoorloof,’ sê hulle. Ja, maar ek gaan my nie deur enigiets laat verslaaf nie. Hulle sê ook: ‘Kos is vir die maag, en die maag vir kos.’ Goed, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. ’n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here is.”

Jesus se woorde in die Bergrede oor seksuele begeerte is al dikwels misverstaan en is al misbruik om die kerk se negatiewe siening te versterk. Wat ons moet verstaan, is dat mans byna nooit aangekla is vir egbreuk in Jesus se tyd nie. Mans kon met enige vrou omgang hê, of trou met soveel vrouens as wat hulle wil, maar as ’n vrou omgang gehad het met iemand anders as haar man, kon sy die doodstraf kry. Jesus spreek die mans hieroor aan, en sê dat mans ook egbreuk pleeg in hulle hart, al is al die papierwerk in orde.

Jesus beveel nie aan dat mans letterlik hulle oë uitsteek of hulle hande afkap nie. Jesus maak ’n absurde argument, wat sy gehoor laat lag het, om hulle te help om dieper te dink. Dit is nie eintlik jou oog of jou regterhand wat die probleem is nie, dit is jou hart. Jy pleeg nie egbreuk met jou liggaam nie. Jy pleeg egbreuk met jou hart, as jy nie jou begeertes onderdanig stel aan God nie.

Die “kyk” na ’n vrou, waarna Jesus verwys, is nie seksuele aangetrokkenheid as sodanig nie. Die probleem is nie die “eerste” kyk nie; dit is die “tweede” en die “derde” kyke. Dit is om van iemand anders ’n objek te maak. Vir mans is dit meestal die objektifisering van ’n vrou se liggaam. Vir vrouens is dit eerder die objektifisering van ’n ideale persoonlikheid.

Lydenstyd help ons om te verstaan dat ’n goeie en mooi lewe nie lê in die vervulling van elke begeerte nie. Daarom het die kerk deur die eeue in Lydenstyd gevas. Om somtyds goeie en mooi dinge, Godgegewe dinge, op te offer, herinner ons om nie die goeie en mooi dinge te begeer ter wille van hulleself nie. Ons moet die goeie en mooi dinge in die lewe in diens stel van ’n goeie en mooi lewe.

Page 24: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

24

1. Lectio Divina teks vir die weekMatteus 5:27-32

2. Geloofsgewoonte vir die weekMedia-vasDie media is nie boos nie. Maar die media is verreweg die mees invloedryke draers en verspreiders van die skadelike narratief dat alle seksuele begeertes goed is. Daarom kan dit behulpsaam wees om van die media te vas.

Probeer om vir ’n week te vas van alle media:• TV• Radio• Tydskrifteenkoerante• Flieks• Internet• iPod’senMP3-spelers• iPad’senTablette• Video-speletjies

(Indien jou werk vereis dat jy e-pos gebruik, kan jy dalk jou internetgebruik beperk tot e-posse, maar dinge soos Facebook uitsny.) Jy mag dalk dink jy gaan dit nie oorleef nie. Maar as jy dit oorleef, mag jy dalk ontdek dat jy ook kan oorleef sonder om aan ander begeertes toe te gee.

3. Daaglikse nadenke• Waarhetjyvandagietsgoedofmooigesienofervaar?• Waarhetjyvandagietsslegoflelikgesienofervaar?

3. Notas

Lydenstyd: Week 4 • 4-10 Maart 2013

’n Lewe sonder wellus

Page 25: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

Notas:

25

Gesprek in kleingroep en/of familie

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Matteus 5:27-32

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Media-vas (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weeklikse nadenke

•Waarhetjyietsgoedofmooigesienofervaar? •Waarhetjyietsslegoflelikgesienofervaar?

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

Lydenstyd: Week 4 • 4-10 Maart 2013

’n Lewe sonder wellus

Page 26: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

26

19-25 Maart 2012

Lydenstyd: Week 5 • 11-17 Maart 2013

’n Lewe sonder leuensAlmal dink dis verkeerd om te jok. En almal jok. Niemand hou daarvan as iemand vir jou leuens vertel nie. En tog jok ons daagliks vir mekaar.

Volgens ’n studie deur Robert Feldman, jok ons gemiddeld 3.3 keer in ’n gesprek van 10 minute. Sonder om ’n oog te knip, vertel ons witleuentjies soos:• Ja,ekhetdieboekgelees• Ja,onsmoetgoubymekaaruitkom• Hyisin’nvergadering• Syisnietuisnie• Nee,daardieroklaatjounievetlyknie• Nee,daarisniksmeerkoekiesoornie• Ekkomnou

En dit sluit nie eers in wanneer ons oneerlik is oor dinge soos die volgende nie:• Verskoningsbriefiesvirdieskoolofwerk,wathalwewaarhedeofprontuitleuens

bevat• CV’swataangedikwordomkeuringtebevorder• Onwettigeaflaaiofkopieringvanfilms,TV-reekse,musiekenvideo-speletjies• Rekeningevirkliëntewatuitgebreiwordmetwerkwatniegedoenisnie• Versuimomverkeersboetestebetaal• Belastingvorms:Aftrekkingswatniewerklikeuitgawesisnie,ofdieverswygingvan

sekere inkomstes

As jy vir mense uitvra oor watter waardes hulle die heel belangrikste ag, sal eerlikheid meestal genoem word. En terselfdertyd jok en kul ons daagliks, sonder om eers daaroor sleg te voel. Hoe is dit moontlik?

Die vals narratief wat ons glo, is dat dit nodig is om te jok om in hierdie wêreld te oorleef. Mense sal saamstem dat dit verkeerd is om te jok, maar tog voel dat die einddoel (oorlewing), die middele (leuens) heilig. Jy moet jok as jy nie wil ondergaan of agterbly in hierdie lewe nie. So regverdig ons daagliks ons leuens.

Twee sterk dryfvere vir ons oneerlikheid is:

1. VreesOns is bang dat ons nie gaan oorleef as ons konsekwent die waarheid praat nie. Ons vrees dat ons dit nie gaan maak in hierdie ingewikkelde wêreld as ons doodeenvoudig, naïef eerlik is nie.

Ons vertel leuens om beter te lyk in die oë van ander. Ons jok omdat ons vrees dat mense minder van ons gaan dink of minder van ons gaan hou as hulle die waarheid omtrent ons

Page 27: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

27

19-25 Maart 2012

Lydenstyd: Week 5 • 11-17 Maart 2013

’n Lewe sonder leuensweet. En dit raak ’n bose kringloop, waarin ons verdere leuens vertel om die eerste leuens in stand te hou, of uit vrees dat ons op ons aanvanklike leuens uitgevang gaan word.

2. begeerteOns jok dikwels om iets te kry wat ons graag wil hê. Dit kan so klein wees soos ’n vals laggie vir’nflougrappie,omdatjygraagdieanderpersoonsegoedkeuringenaanvaardingwilhê. Of dit kan so ver gaan soos om oneerlik te wees in ’n werksaansoek, omdat jy graag die werk wil hê.

Die rede waarom ons dit doen, is omdat ons die vals narratief glo dat ’n gelukkige lewe, ’n goeie en mooi lewe, verkry word deur alles te kry wat ons hart begeer. In hierdie vals lewensuitkyk is ek die middelpunt van my wêreld. Ek moet jok om te kry wat ek graag wil hê, en ek moet ook jok om te vermy wat ek vrees.

Laat julle ‘ja’, ‘ja’ wees en julle ’nee’, ’nee’Dit sê Jesus pragtig vir ons in die Bergrede. Hy sê nie dat dit verbode is om ’n eed te sweer nie, maar Hy sê dat ’n eed nie eers nodig behoort te wees vir diegene wat in die koninkryk van God lewe nie, want jy kan hulle op hulle woord neem. Jesus verbied nie enige kontrakte nie, maar sê dat sy volgelinge se woord so goed soos ’n kontrak behoort te wees.

Diegene wat leef in die koninkryk kan dit waag om die waarheid te praat. Ons hoef nie te vrees dat ons dit nie gaan maak nie, want God sorg vir ons (Matteus 6:32). En ons hoef ook nie meer alles te kry wat ons hart begeer nie, want ons begeer allereers die koninkryk van God en sy geregtigheid (Matteus 6:33). Ons kan dit waag om die waarheid te praat, want ons is nie uitgelewer aan die wêreld nie.

Sensitief, maar eerlikSommige mense gebruik “absolute eerlikheid” as ’n verskoning om onsensitief te wees en ander seer te maak met hul woorde. Dit is natuurlik nie Jesus se bedoeling nie. Ons moet ook in gedagte hou wat Jesus gesê het oor “oordeel” en om aan ander te doen soos jy graag wil hê hulle aan jou moet doen. Waarheid moet in diens staan van liefde.

Nietemin is ons soms te versigtig om eerlik die waarheid te praat. Soos met “oordeel”, het ons leuens selde te make met ons opregte besorgdheid vir die ander persoon. Meer dikwels jok ons vanweë ons eie vrees vir verwerping en ons begeerte om aanvaar te word.

Lydenstyd help ons om te onthou dat ’n goeie en mooi lewe meer inhou as om te kry wat jy begeer en om te vermy wat jy vrees. Om te jok is baie effektief om te kry wat jy in hierdie wêreld wil hê, en om weg te bly van dit wat jou bang maak. Maar om met leuens te leef, help ons nie om ’n goeie en mooi lewe te lei in God se koninkryk nie. Jy kan dalk die wêreld as wins verkry deur oneerlikheid, maar wat help dit as jy jou lewe in die proses verloor? (Markus 8:36)

Page 28: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

28

1. Lectio Divina teks vir die weekMatteus 5:33-37

2. Geloofsgewoonte vir die weekDag van stilte’n Ou gebruik in die kerk, en veral in kloosters, is ’n dag van stilte. Dit is goeie oefening om beter beheer oor ons tong te kry, en goed te dink voor ons praat.

NB: Waarsku jou geliefdes voor jy dit doen, sodat hulle nie bekommerd of suspisieus raak nie.

Dag sonder leuens Indien ’n dag van stilte onmoontlik is, probeer ’n dag leef sonder enige leuens – klein of groot.

Indien jy jouself uitvang dat jy jok, sê dadelik: “Jammer, wat ek nou gesê het, is nie waar nie. Die waarheid is...”

Jy sal verbaas wees dat meeste mense dit positief ontvang.

3. Daaglikse nadenke• Waarhetjyvandagietsgoedofmooigesienofervaar?• Waarhetjyvandagietsslegoflelikgesienofervaar?

Notas:

Lydenstyd: Week 5 • 11-17 Maart 2013

’n Lewe sonder leuens

Page 29: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

Notas:

29

Gesprek in kleingroep en/of familie

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Matteus 5:33-37

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Dag van stilte / Dag sonder leuens (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weeklikse nadenke

•Waarhetjyietsgoedofmooigesienofervaar? •Waarhetjyietsslegoflelikgesienofervaar?

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

Lydenstyd: Week 5 • 11-17 Maart 2013

’n Lewe sonder leuens

Page 30: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

30

Moedeloos probeer?Op hierdie punt van die 14 weke kan dit maklik gebeur dat ons mismoedig raak, omdat ons nog daagliks misluk. Die proses maak ons oë oop om raak te sien hoeveel oordeel, woede, wellus en leuens daar in ons daaglikse lewe teenwoordig is, en dit kan ons wanhopig laat voel.

Soos wat ons vorder op hierdie reis, raak ons meer en meer bewus dat ons lewe nie so goed en mooi is as wat ons dalk gedink het nie, en dat daar nog ’n klomp aspekte is waaraan ons moet werk. Dit kan oorweldigend voel, en maak dat ons die handdoek wil ingooi. Miskien oorweeg jy dit om eerder nou die reis te stop, voordat jy nóg meer slegte en lelike dinge in jou lewe ontdek.

Ons moet egter onthou dat Jesus nie besig is om ’n nuwe wet op te stel nie. Jesus is nie besig om voorwaardes vir die koninkryk van God op te noem nie. Hy bedoel nie dat ons eers al hierdie dinge moet regkry, voordat Hy ons sal seën met ’n goeie en mooi lewe, as ’n soort beloning vir ’n foutlose lewe nie.

Die koninkryk vir die “beste” mense?In Jesus se tyd is dit algemeen aanvaar en geleer deur die rabbi’s dat die koninkryk van God net bedoel is vir die “beste” mense in die samelewing, wat in daardie tyd beteken het: net Jode, net mans, net baie godsdientige mense, net gesonde mense en net ryk mense.

Jesus se openingswoorde van die Bergrede verwerp hierdie denke geheel en al:• “GeseëndisdiéwatweethoeafhanklikhullevanGodis...”• “Geseëndisdiéwattreur...”• “Geseëndisdiesagmoediges...”• “Geseëndisdiéwathongerendorsnawatregis...”• “Geseëndisdiéwatbarmhartigis...”• “Geseëndisdiéwatreinvanhartis...”• “Geseëndisdievredemakers...”• “Geseëndisdiéwatvervolgword...”• “GeseëndisjullewanneerdiemensejulleterwillevanMybeledigenvervolgen

valslik al wat sleg is van julle sê.”

Jesus sê die koninkryk van God is oop vir almal. Almal is uitgenooi om deel daarvan te wees. Dit is nie net bedoel vir die “beste” en die “belangrikste” mense in die samelewing nie. Jy hoef nie alles in jou lewe uitgesorteer te hê, voordat jy die koninkryk van God kan betree nie. Dit is nie net die mense wat (skynbaar!) alles reg doen en geen foute maak, wat in die koninkryk van God kan leef nie.

Lydenstyd: Week 6 • 18-24 Maart 2013

’n Lewe vol foute

Page 31: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

31

Lydenstyd: Week 6 • 18-24 Maart 2013

’n Lewe vol fouteDie koninkryk is vir afhanklikes!God regeer oor almal, oor Jode en Grieke, oor mans en vrouens, oor godsdienstige mense en doodgewone mense, oor gesondes en siekes, oor rykes en armes. En in God se koninkryk is dit juis die kleinstes, die swakstes, die siekes en die laastes, wat die belangrikste geag word. Die Koning het nie gekom vir dié wat gesond is nie, maar vir dié wat siek is.

Dikwels is dit juis die mense wie se hele lewe agtermekaar en uitgesorteer is, mense wat fisies en finansiëel onafhanklik is, wat nog nie begryp hoe afhanklik hulle van God is nie. Hulle dink hulle kan op hulle eie regkom, op hulle eie voete staan en self hulle lewe beheer. Hulle dink as hulle net nie groot foute maak nie, sal alles in hulle lewe goed en mooi uitwerk. En daarom het die swakkes en die siekes, die armes en die versukkeldes, eintlik ’n voorsprong, want hulle begryp rééds hoe afhanklik hulle van God is.

Paulus: die voorbeeld Paulus sê in Filippense 3 dat hy alle rede gehad het om te dink dat sy lewe goed en mooi is, uitgesorteer en agtermekaar is, onberispelik en foutloos is. Maar toe hy gekonfronteer word met die Koning oor die aarde, Jesus, het hy ontdek dat alles wat hy voorheen as ’n bate beskou het, eintlik waardeloos is.

Eerder as om op sy “goeie en mooi” lewe, sy godsdienstig foutlose lewe te vertrou, het Paulus nou net een begeerte, en dit is om met sy hele lewe op Jesus Christus te vertrou, om een te word met Jesus in sy lyding, in die verwagting dat hy saam met Jesus ’n nuwe lewe sal leef.

Wat Jesus van ons vraDie gedagte dat ons lewe foutloos moet wees, die gedagte dat ons lewe teen hierdie tyd sonder enige oordeel, woede, wellus en leuens moet wees, het nie eers vir een oomblik by Jesus opgekom nie.

Jesus verwag nie dat ons lewens foutloos moet wees nie. Jesus weet dat ons daagliks foute maak. Jesus wil ons help om uit ons foute te leer. Al wat Jesus van ons vra, is om nie weg te kyk van ons foute, ons tekortkominge en gebreke nie, maar om dit eerlik in die oë te kyk. Jesus vra van ons om ons kruis op te neem, en saam met Hom ín ons gebrokenheid ín te beweeg, eerder as om daarvan weg te hardloop. Dit is wat dit beteken om “aan Hom gelyk te word in sy dood,” soos Paulus sê.

Met Groot Lydensweek om die draai, mag ons die moed hê om nie weg te hardloop van ons lyding nie, maar om saam met Christus ín ons lyding ín te beweeg, in die verwagting dat ons saam met Hom sal opstaan in ’n nuwe lewe, ’n goeie en mooi lewe.

Page 32: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

32

Lydenstyd: Week 6 • 18-24 Maart 2013

’n Lewe vol foute

1. Lectio Divina teks vir die weekFilippense 3:4-14

2. Geloofsgewoonte vir die weekSpeelAs ’n mens speel, is daar nie foute nie. Of eintlik is daar foute, maar die foute is deel van die spel. Die foute is iets waaroor ons kan lag en wat die spel meer genotvol maak.

Probeer om in hierdie week speletjies te speel. Dalk speletjies saam met jou kinders. Dalk bordspeletjies saam met vriende of familie.

Dikwels is ons net so kompeterend en ernstig oor speletjies as oor ons daaglikse lewe. Maar probeer om weer die pret in die spel te herontdek. Wees bly saam met die wenner. En huil saam met die verloorder. En onthou om te lag!

Soos wat foute deel van elke speletjie is, so is foute ook deel van die lewe. Om weer ’n bietjie te speel, kan ons help om nie ons foute so ernstig op te neem nie.

Die koninkryk van God is nie in die moeilikheid vanweë ons foute nie. God regeer. Die koninkryk van God is op koers.

Die persoon wat te bang is om foute te maak, sal dit nooit waag om saam te speel nie. Maar God nooi ons uit om saam te speel.

3. Daaglikse nadenke• Waarhetjyvandagietsgoedofmooigesienofervaar?• Waarhetjyvandagietsslegoflelikgesienofervaar?

Notas:

Page 33: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

Notas:

33

Gesprek in kleingroep en/of familie

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Filippense 3:4-14

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Speel (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weeklikse nadenke

•Waarhetjyietsgoedofmooigesienofervaar? •Waarhetjyietsslegoflelikgesienofervaar?

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

Lydenstyd: Week 6 • 18-24 Maart 2013

’n Lewe vol foute

Page 34: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

34

Lydenstyd: Week 7 • 25-31 Maart 2013

Groot Lydensweek

Lectio Divina tekste vir die week:Goeie Vrydag – Filippense 2:5-11Paassondag – 1 korintiërs 15:1-11

Groot Lydensweek: 25 – 27 Maart Kuns: Nuwe lewe Kunskompetisie vir skole in Gemeentesentrum

Ma, 25 Maart, 18:00 Kruisstap ’n Stap tot bo op een van Durbanville se heuwels

Di, 26 Maart, 19:00 Musiekuitvoering “Die Broers” tree op, met voordrag deur Johan Rademan, in die Kerkgebou

Wo, 27 Maart, 19:00 Laaste Avondmaal Brood en wyn-ete in ’n kelder (Besprekings)

Do, 28 Maart, 19:00 Donkerdiens: Orreluitvoering Winand Grundling speel “14 stasies van die kruis” in die Kerkgebou

Paasfees:Goeie Vrydag, 29 Maart 09:00 Familiediens (Nagmaal) 09:15 Klassieke diens (Nagmaal)

Paassondag, 31 Maart 09:15 Paasfeesdiens (Doop)

Page 35: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

35

OPstandinGstyd: Week 1 • 1-7 aPriL 2013

Paasfees

Lectio Divina teks vir die week:1 korintiërs 15:19-26

Opstandingsfees:Maandag, 1 April, 10:00 in Gemeentesentrum • Kaaskoek,Sjokoladekoekenvonkelwyn• Paaseierjagenspringkasteelvirkinders

Page 36: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

36

OPstandinGstyd: Week 2 • 8-14 aPriL 2013

’n KoninkryksleweHemel toe?Hoekom het Jesus aarde toe gekom? Wel, die meeste van ons sal antwoord: “Jesus het aan die kruis kom sterf vir ons sonde, sodat ons hemel toe kan gaan.” Op ’n manier klink dit dus asof Jesus aarde toe gekom het, net om te kom sterf, en ons weer saam met Hom te vat hemel toe.

Ons geloofsbelydenisse skep dieselfde indruk. Die Apostoliese Geloofsbelydenis sê: “En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, wat gebore is uit die maagd Maria...” en direk daarna volg: “...wat gekruisig, gesterf het en begrawe is.” Jesus se hele lewe en alles wat Hy vir ons kom leer het oor die koninkryk van God, is geheel en al afwesig in hierdie bewoording.

Hemel op aardeDie goeie nuus van die evangelie is soveel meer as net verlossing van ons sonde om hemel toe te gaan. Jesus het nie in die eerste plek aarde toe gekom om ons hemel toe te vat nie, maar om die hemel aarde toe te bring. Jesus se eerste begeerte is nie om jou in die hemel te kry nie, maar om die hemel in jou in te kry.

Jesus het deur sy lewe op aarde kom wys dat Hy die Koning is en dat Hy waarlik regeer, nie net in die hemel nie, maar ook op die aarde. Byna al Jesus se gelykenisse gaan oor die koninkryk van God. En byna elke gelykenis wat handel oor die koninkryk van God, verduidelik dat die koninkryk hier in ons midde is, want die Koning is hier in ons midde, al besef ons dit nie.

Ons lees dat Jesus van dorp na dorp gegaan het en aangekondig het dat die koninkryk van God naby gekom het. En as Jesus sy dissipels uitgestuur het, het Hy hulle ook uitgestuur om aan te kondig dat die koninkryk van God aangebreek het. Ná Jesus se opstanding, bly die boodskap dieselfde. As die opgestane Jesus aan sy dissipels verskyn, leer Hy hulle oor die koninkryk van God.

Jesus het aarde toe gekom om God se heerskappy oor die aarde weer te kom bevestig, sodat ons sal besef dat ons nie uitgelewer is aan die magte van hierdie wêreld nie, maar dat ons lewe onder die Koningsheerskappy van Jesus. Dit beteken dat ’n hele nuwe manier van lewe moontlik is – ’n koninkrykslewe. Jesus het hierdie koninkrykslewe voordurend met sy eie lewe gedemonstreer en dit vir sy volgelinge geleer.

Die koninkryk hier en nouDeur sy opstanding en hemelvaart het Jesus sy gesag as Koning oor die aarde volkome bevestig, en sy oorwinning oor alle magte – selfs oor die finale mag, die dood – kom bewys.

Page 37: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

37

OPstandinGstyd: Week 2 • 8-14 aPriL 2013

’n KoninkryksleweJesus se opstanding en hemelvaart beteken nie dat die lewe hier op aarde onbelangrik raak nie. Jesus het ons nie verlaat toe Hy opgeneem is in die hemel nie. Jesus het sy troon bestyg as die Koning oor hemel en aarde. Dit beteken dat niks ons meer kan terughou om ’n koninkrykslewe te leef nie.

In Matteus 28, net voor sy hemelvaart, sê Jesus vir sy dissipels: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Ons maak ’n fout as ons dink dat die koninkryk van God op ’n ander plek en ’n ander tyd sal plaasvind. Ja, eendag as die hemel aarde toe kom, en God die aarde nuut maak, sal Jesus se Koningsheerskappy volledig erken word op aarde.

Maar ons bid nou reeds daagliks dat God se koninkryk, God se wil, op aarde sal geskied soos in die hemel. En ons vra daagliks vir die brood, vergifnis en verlossing wat ons nodig het om ’n koninkrykslewe te leef. (Ons Vader-gebed in Matteus 6:9-13.)

Al word Jesus se Koningsheerskappy nog nie op aarde erken nie, leef ons, die kerk, reeds onder sy Koningsheerskappy en daarom reeds in die koninkryk. Ons leef vandag in die koninkryk van God, hier op aarde.

Kriteria vir ’n goeie en mooi leweOm hier en nou in die koninkryk van God te lewe, beteken om ’n koninkrykslewe te leef – om ’n goeie en mooi lewe te leef. In die gewone wêreld word ’n “goeie” en “mooi” lewe gewoonlik gemeet aan uiterlike omstandighede: voorspoed, gesondheid, sukses, prestasie, erkenning en roem.

Maar in die koninkryk van God word die goeie en mooi lewe gemeet aan die kwaliteit van die lewe self, ten spyte van die uiterlike omstandighede. In Matteus 5:20 sê Jesus dat as sy volgelinge se geregtigheid nie verder strek as die Fariseërs nie, sal hulle nie in die koninkryk ingaan nie. ’n Lewe wat “mooi” en “goed” in ander se oë lyk, is nie noodwendig mooi en goed in God se oë nie.

Opstandingstyd herinner ons dat die koninkryk van God reeds aangebreek het. Die eerste dag van God se nuwe aarde het reeds gebreek op Paassondag. Te midde van uiterlike omstandighede wat alles behalwe goed en mooi is, kan ons reeds vandag ’n koninkrykslewe begin leef, ’n goeie en ’n mooi lewe, omdat die opgestane Heer regeer oor alle magte, en elke dag by ons is om ons te help.

Page 38: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

38

1. Lectio Divina teks vir die weekHandelinge 1:1-3

2. Geloofsgewoonte vir die weekGasvryheid Toe Abraham vreemde gaste genooi het om in sy tent te kom rus en te skuil van die warm son, het hy ontdek dat dit die Here Self is wat by hom kom eet.

Toe die Emmausgangers ’n vreemdeling innooi om by hulle te oornag, het hulle ontdek dat dit die opgestane Here Jesus is wat by hulle aan tafel sit.

Gasvryheid help ons om ’n koninkrykslewe te leef, waarin ons nie in ’n kompetisie om oorlewing met ons medemens is nie, maar die oorvloed van die lewe met mekaar deel.

Probeer om vreemde mense – nuwe bure, nuwe kollegas of nuwe kerkbywoners – oor te nooi vir tee of vir ’n ete.

Gasvryheid gaan nie daaroor om mense te probeer onthaal en hulle te beïndruk nie. Dit gaan daaroor om jou huis oop te maak, in nederigheid en eenvoud, en iemand te verwelkom.

3. Daaglikse nadenke• Waarhetjyvandagietsgoedofmooigesienofervaar?• Waarhetjyvandagietsslegoflelikgesienofervaar?

Notas:

OPstandinGstyd: Week 2 • 8-14 aPriL 2013

’n Koninkrykslewe

Page 39: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

Notas:

39

Gesprek in kleingroep en/of familie

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Handelinge 1:1-3

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Gasvryheid (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weeklikse nadenke

•Waarhetjyietsgoedofmooigesienofervaar? •Waarhetjyietsslegoflelikgesienofervaar?

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

OPstandinGstyd: Week 2 • 8-14 aPriL 2013

’n Koninkrykslewe

Page 40: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

40

OPstandinGstyd: Week 3 • 15-21 aPriL 2013

’n Lewe sonder hoogmoedEk is waardevol omdat...Die vals narratief waarvolgens ons dikwels leef en wat lei tot hoogmoed, is die een wat sê: “My waarde word bepaal deur dit wat ander mense van my sê of dink.” Dit word vanaf ’n baie jong ouderdom by ons ingeprent. In ons ouerhuis, in die skool, op die sportveld, oral waar ons gaan, leer ons dat as ons dinge “reg” doen, as ons presteer, as ons sukses behaal, word ons beloon en geprys, asook aanvaar en liefgehê.

Die vals narratief dat ons waarde bepaal word deur dit wat ander mense van ons sê of dink, word om elke hoek en draai van die lewe bevestig. Maak nie saak hoeveel keer mense, selfs ons eie ouers, vir ons sê dat hulle ons onvoorwaardelik liefhet nie, ons sien die teleurstelling in hulle oë as ons misluk, en die vreugde in hulle oë as ons sukses behaal.

(On)voorwaardelike liefdeAlmal wil liefgehê word, en in hierdie wêreld is liefde altyd voorwaardelik. As jy nie so kan optree dat mense van jou hou en jou bewonder nie, het jy nie waarde nie.

Selfs in die kerk gee ons erkenning aan die mense wat nie sigbare “foute” maak nie en wie se lewens in ons oë “goed” en “mooi” is. Ons oordeel en verwerp maklik diegene wat nie hou by die ideale prentjie van ’n Christelike lewe nie.

Ouers kom seker die naaste daaraan om hul kinders onvoorwaardelik lief te hê, maar ons kan dit ook nie help om groter deernis te voel vir ons kinders as hulle “reg” optree, en teleurgesteld of gefrustreerd te raak as hulle aanhoudend die “verkeerde” dinge doen nie.

En ons kan amper nie anders as om dieselfde oor God te dink nie. Een sielkundige het deur die loop van sy loopbaan vir elke persoon wat na hom toe kom, dieselfde vraag gevra: “Wat dink jy is God se eerste gedagte as Hy aan jou dink?” Waarop die meeste mense geantwoord het: “God is teleurgesteld in my.”

Met ander woorde, ons dink dat God se liefde ook voorwaardelik is. Ons dink dat ons net waarde het in God se oë, wanneer ons geen foute maak nie.

Godsdienstige hoogmoed En dit lê die fondasie vir hoogmoed, want dan is ons in die versoeking om te soek na God se liefde en aanvaarding, om te soek na ons eie waarde, deur middel van ’n goeie en ’n mooi lewe. In plaas daarvan om ’n goeie en mooi lewe te lei, net omdat dit goed en mooi is, gebruik ons dit as ’n instrument om liefde, aanvaarding en eiewaarde te vind.

Hoogmoed is veral ’n versoeking vir godsdienstige mense. ’n Opregte strewe na ’n goeie en mooi lewe, kan mooi aan die buitekant wees, maar aan die binnekant totaal skeeftrek,

Page 41: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

41

OPstandinGstyd: Week 3 • 15-21 aPriL 2013

’n Lewe sonder hoogmoedas die versoeking van hoogmoed aan die werk is. Wanneer ons strewe na die goeie en mooi lewe ’n subtiele verandering ondergaan, en ons deur ons goeie en mooi dade begin soek na die aanvaarding of erkenning van ander mense, of selfs van God, is hoogmoed ons ondergang.

Dit is moeilik om hoogmoed in ons lewe raak te sien, want dit kruip agter goeie en mooi deugde weg. Die Fariseërs was nie slegte mense nie. Hulle was baie toegewyde mense, wat goeie en mooi lewens gelei het. Maar wat hulle nie kon raaksien nie, was dat hoogmoed daardie goeie en mooi lewens van die binnekant af opgevreet en uitgehol het.

Hoogmoed bekruip ons subtielAs jy kyk na die volgende voorbeelde, sal jy aanvanklik dink dat daar niks daarmee verkeerd is nie. En daar is inderdaad iets mooi en goed in hierdie optrede. Maar as jy mooi daaroor nadink, sal jy sien dat die saadjie van hoogmoed reeds daarin lê.

Hoogmoed kan op ’n baie subtiele manier daarin skuil,• asonsietsregkryof’nprestasiebehaal,enonsdadelikanderdaarvanvertel;• asonsnieonsswakhedeenmislukkingsmetanderwildeelnie;• asonsingesprekkevoorgeeomnederigtewees,maareintlikwilhêdatdieander

persoon van ons moet hou, en daarom ons prestasies ongemerk in die gesprek probeer inbring;

• asonsso‘terloops’namelaatvalvanbelangrikeofbekendemensemetwieonskennisgemaak het;

• asonsiemandhelpofdiensbaaris,enditoorvertel;• asonstrotserisoponskinderswanneerhullevoorandermensepresteer,as

wanneer hulle net voor ons presteer.

Hoogmoed is nie ’n verkeerde daad nie, maar ’n verkeerde motiefAs Jesus hoogmoed aanspreek in die Bergrede, verwys hy na hulp aan armes, gebed en vas. Al drie hierdie dinge is goeie en mooi dade. Daar is niks daarmee verkeerd nie. Maar ’n verkeerde motief, hoogmoed, die begeerte om deur hierdie dade erkenning te kry, kan agter hierdie goeie en mooi dade skuil.

Opstandingstyd herinner ons dat die beste en mooiste daad, Jesus se opstanding uit die dood, agter geslote deure plaasgevind het. En die oomblik toe Jesus se volgelinge Hom herken, toe verdwyn Hy weer uit hulle gesigsveld.

Opstandingstyd herinner ons dat net as ons lewe soos ’n koringkorrel is wat in die grond val en sterf, kan ’n koninkrykslewe daaruit gebore word. As ons saam met Christus sterf, en alles wat voorheen waardevol was, laat vaar, kan ons saam met Christus opstaan, en in Hom alleen ons volkome waarde vind (Filippense 3:7-10).

Page 42: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

42

1. Lectio Divina teks vir die weekMatteus 6:1-8, 16-18

2. Geloofsgewoonte vir die weekDiensbaar in die geheim Probeer om iemand se las ligter te maak, deur iets diensbaar vir hulle te doen.

En probeer dit doen sonder dat hulle dit agterkom.

Kyk of jy in hierdie week vyf sulke klein dade van diens in die geheim kan doen.

As jy “uitgevang” word, sê maar net: “Ek wou jou graag help,” en moenie te veel daarvan maak nie.

Vrouens doen dikwels ’n klomp diensbare dinge in hul huis, wat ongesiens verbygaan. Vir ’n vrou sal hierdie gewoonte dalk beteken om ’n ander vrou uit te help: jou buurvrou, ’n vriendin of jou moeder.

3. Daaglikse nadenke• Waarhetjyvandagietsgoedofmooigesienofervaar?• Waarhetjyvandagietsslegoflelikgesienofervaar?

Notas:

OPstandinGstyd: Week 3 • 15-21 aPriL 2013

’n Lewe sonder hoogmoed

Page 43: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

Notas:

43

Gesprek in kleingroep en/of familie

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Matteus 6:1-8, 16-18

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Diensbaar in die geheim (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weeklikse nadenke

•Waarhetjyietsgoedofmooigesienofervaar? •Waarhetjyietsslegoflelikgesienofervaar?

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

OPstandinGstyd: Week 3 • 15-21 aPriL 2013

’n Lewe sonder hoogmoed

Page 44: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

44

OPstandinGstyd: Week 4 • 22-28 aPriL 2013

’n Lewe sonder gierigheidGeheg aan materiële dinge?Hoekom is dit so dat ’n mens so opgewonde kan wees oor ’n nuwe besitting, soveel so dat jy dit net met handskoene wil hanteer, jy verbied enige iemand anders om daaraan te raak en jy hou dit op jou bedkassie langs jou bed as jy gaan slaap, maar na ’n paar maande of ’n jaar, is jy gereed om dit in die drom te gooi?

Die rede hiervoor is nie omdat ons te lief is vir materiële dinge nie. As ons regtig lief was vir materiële dinge, sou ons dit nooit ooit in ’n drom gegooi het nie. Nee, ons is nie lief vir besittings nie. Ons is lief vir die manier waarop besittings ons oor onsself laat voel.

Net so ook is ons nie lief vir geld as sodanig nie (ons is nie lief vir die fisiese note en munte nie), maar vir die gevoel wat kom saam met die geld.

Die gevoel Geld, of besitting, laat ons voel: “Ek is ... veilig ... invloedryk ... suksesvol ... gelukkig.” En daarom, sodra ’n besitting nie meer daardie gevoel vir ons gee nie, is ons gereed om dit in die drom te gooi en ’n nuwe een aan te skaf, wat ons weer so sal laat voel. Of as hierdie werk en hierdie inkomste ons nie meer so laat voel nie, is ons gereed om te bedank en ’n nuwe werk met ’n beter inkomste te soek, wat ons weer so sal laat voel.

In meeste gevalle koop ons nie dinge om te oorleef nie. In meeste gevalle koop ons dinge vir die (vals) beloftes wat dit inhou. Hierdie seep gaan maak dat mans my aantreklik vind. Hierdie deoderant gaan maak dat dames van my hou. Hierdie alarmstelsel gaan maak dat niemand by my inbreek nie. Hierdie motor gaan my beskerm teen ongelukke. Hierdie TV gaan vir my groter genot bring. Hierdie vakansie gaan my waarlik laat ontspan. Selfs alledaagse benodigdhede, soos melk en eiers, kan (vals) beloftes inhou, as hulle by die “regte” winkel gekoop word en hulle volgens “spesiale” prosesse voorberei word.

Die probleem Die probleem is natuurlik dat die gevoel nooit bly nie, want geen geld en geen besitting kan ons op die lang duur veilig, invloedryk, suksesvol of gelukkig maak nie. Tydelik, ja, in die wêreld se oë, ja, maar vanuit ’n koninkryksperspektief, in God se oë, is ons net waarlik veilig, invloedryk, suksesvol en gelukkig, as ons lewe binne die koninkryk van God, in afhanklikheid van Jesus se heerskappy en met vertroue in die Vader se voorsiening.

Maar al is die gevoel nooit standhoudend nie, word die vals narratief tog bevestig, want elke keer as ons daardie nuwe besitting aanskaf, voel ons: “Nou is ek ... veilig ... invloedryk ... suksesvol ... gelukkig.” Al hou dit net vir ’n oomblik, word die vals sekuriteit oor en oor bevestig deur hierdie sterk gevoel wat saam met die geld en die besittings kom. Omdat ons daagliks met geld werk en besittings aanskaf, word die vals narratief dat materiële dinge ons veilig, invloedryk, suksesvol en gelukkig kan maak, daagliks bevestig. Dit raak

Page 45: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

45

OPstandinGstyd: Week 4 • 22-28 aPriL 2013

’n Lewe sonder gierigheidamper soos ’n verslawing. Elke keer wat jy geld verdien of besittings aanskaf, word daar dopamien (’n chemiese stof in jou brein wat jou gelukkig en tevrede laat voel) vrygestel, en voel jy weer goed oor jou lewe.

Die rol van die verledeSomtyds is daar ’n traumatiese ervaring in ons verlede wat die vals narratief versterk. Suze Orman, ’n finansiële kundige, het as kind gesien hoe haar pa se besigheid afbrand. Haar pa het in die brandende gebou ingehardloop, en met sy kaal hande die vuurwarm kasregister van metaal uitgedra, en in die proses sy hande verbrand. Suze Orman het daardie dag ’n vals narratief aanvaar: geld moet ten alle koste bewaar word. Sy sê dat sy van daardie dag af dit haar hoogste prioriteit in die lewe gemaak het om soveel as moontlik geld te verdien en te spaar.

Spandabelrig teenoor suinigGierigheid is nie net ’n probleem vir diegene wat verslaaf is aan die gevoel van meer en meer geld; meer en meer besittings nie, maar ook vir dié wat spaar en spaar en spaar en dit amper onmoontlik vind om geld uit te gee, of weg te gee. Suinigheid en spandabelrigheid is twee kante van dieselfde munt: gierigheid.

Suinigheid en spandabelrigheid spruit uit vrees. Dit spruit vanuit die vrees dat ons nie veilig is nie, die vrees dat ons nie beheer het oor ons omstandighede nie, die vrees dat ons nie waarde het nie, die vrees dat ons alleen is in die wêreld.

Waar jou skat is, daar sal jou hart ook weesIn Jesus se tyd het ’n “ongesonde oog” verwys na ’n suinige, jaloerse, afgunstige persoon. As ons met so ’n oog na die wêreld kyk, wat heeltyd raaksien hoeveel minder ons as ander mense het, kan ons hele lewe donker word.

Weereens kom wys Jesus dat die probleem by ons hart lê. Dis die vrese en begeertes van ons hart, die vrees dat ons alleen in die wêreld is, die begeerte om veilig, waardevol, belangrik en gelukkig te wees, wat maak dat geld en besittings oor ons lewe begin regeer. En wanneer geld en besittings oor ons lewe begin regeer, dan is dit ons afgod. Dan word ons besluite en keuses in die lewe nie bepaal deur die koninkryk van God nie, maar deur geld en besittings.

Opstandingstyd herinner ons dat alle magte onderwerp is aan die Koningsheerskappy van Jesus. Aan Hom is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. En ons is nooit alleen nie, want Jesus is by ons. Daarom hoef ons nie bang te wees nie. Daarom kan ons op die Vader se voorsiening vertrou. Daarom kan ons hartsbegeertes verander, sodat ons allereers die koninkryk van God en God se wil begeer, bo alle ander dinge.

Page 46: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

46

1. Lectio Divina teks vir die weekMatteus 6:19-24

2. Geloofsgewoonte vir die weekGee vyf besittings wegProbeer om hierdie week vyf besittings weg te gee.

Moenie iets wat heeltemal afgeleef is, vir ’n arm persoon gee nie.

Probeer eerder om iets wat nog in ’n goeie toestand is, vir ’n vriend of kollega te gee, wat dit baie sal waardeer en goed kan benut.

Opwinning Ons almal ken herwinning, maar wat is opwinning? Dit is om iets wat oud of stukkend is, reg of heel te maak. Dit is om iets kreatief en nuut met ou besittings te maak, eerder as om dit net weg te gooi of te herwin.

Byvoorbeeld: Gebruik ou motorbande om ’n klein kruietuin daarin te maak. Opwinning kan opwindend wees!

3. Daaglikse nadenke• Waarhetjyvandagietsgoedofmooigesienofervaar?• Waarhetjyvandagietsslegoflelikgesienofervaar?

Notas:

OPstandinGstyd: Week 4 • 22-28 aPriL 2013

’n Lewe sonder gierigheid

Page 47: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

Notas:

47

Gesprek in kleingroep en/of familie

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Matteus 6:19-24

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Gee vyf besittings weg / Opwinning (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weeklikse nadenke

•Waarhetjyietsgoedofmooigesienofervaar? •Waarhetjyietsslegoflelikgesienofervaar?

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

OPstandinGstyd: Week 4 • 22-28 aPriL 2013

’n Lewe sonder gierigheid

Page 48: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

48

OPstandinGstyd: Week 5 • 29 aPriL – 5 Mei 2013

’n Lewe sonder bekommernisbekommernis = besorgdheid?Bekommernis is nie dieselfde as besorgdheid, versigtigheid of omsigtigheid nie. Bekommernis is: ’n uitermate vlak van besorgdheid gebaseer op ’n onvanpaste hoeveelheid vrees. Besorgdheid, versigtigheid en omsigtigheid is om aandag te gee aan die dinge wat binne ons beheer is. Bekommernis is om aandag te gee aan vrese wat buite ons beheer is.

’n bietjie beheerDie vals narratief wat ons glo wanneer ons ons bekommer, is dat bekommernis pyn en seer kan voorkom. Die teenoorgestelde is egter waar. Bekommernis is magteloos om pyn en seer te voorkom. Dikwels bring ons bekommernis juis pyn en seer in die lewens van ons geliefdes oor wie ons ons bekommer.

Byvoorbeeld: ’n pa wat hom bekommer dat sy dogtertjie gaan seerkry op die klimraam, kan vanuit sy bekommernis haar aanhoudend waarsku en vermaan om versigtig te wees. In die proses kan hy haar so angstig en onseker maak, dat sy alle selfvertroue verloor en miskien nie meer op die klimraam wil klim nie, of dalk juis afval, omdat sy bewerig en bang is. Bekommernis raak dikwels ’n selfvervullende profesie.

Bekommernis gee vir ons ’n valse gevoel van beheer oor dinge wat buite ons beheer is. As jy niks aan ’n situasie kan doen nie, is daar darem een ding wat jy kán doen, en dit is om jou daaroor te bekommer. Bekommernis gee vir jou iets om te doen. Nou voel dit darem of die situasie nie heeltemal buite jou beheer is nie, want jy sit baie energie daarin om jouself daaroor te bekommer.

buite beheerDie ironie is egter dat ons bekommernis laterhand buite ons beheer kan raak. Angs en vrees kan die oorhand oor ons kry, soveel so dat ons mettertyd nie sonder medikasie en professionele hulp daarvan ontslae sal kan raak nie. Vrees is ’n geweldige sterk mag, en as ons te veel ruimte gee vir vrees in ons lewe, deur ons te bekommer, kan vrees begin om oor ons lewe te regeer.

As ons nie ons klein bekommernisse in die kiem smoor nie, kan ons later vind dat ons vrese te magtig vir ons is – en dat ons nie sonder hulp van buite af uit daardie donker gat kan kom nie. (Dit is waarom daar ondersteuningsgroepe is, soos ons gemeente se Angs- en Depressiegroep.) Sommige mense is ook van nature meer geneig om angstig te raak, en is kwesbaar wat dit aanbetref.

Die vals narratief dat bekommernis pyn en seer kan verhoed, kan nie verder van die waarheid af wees nie. Bekommernis veroorsaak pyn en seer. Dit is ongesond vir ons liggame. Dit kan lei tot angs en depressie. Dit beskadig verhoudings. Dit steel ons lewensvreugde. Dit het ’n negatiewe effek op ons verhouding met God.

Page 49: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

49

OPstandinGstyd: Week 5 • 29 aPriL – 5 Mei 2013

’n Lewe sonder bekommernisAs Jesus ons lewe vergelyk met die blomme in die veld en die voëls in die lug, vir wie God die Vader daagliks sorg, dan sê Jesus nie dat die mens net moet terugsit en wag op God se voorsiening nie. Voëls werk baie hard om hulle neste te bou en hulle kinders te voer. Blomme gebruik baie energie om te groei en te blom. Maar nie blomme of voëls verbrand enige energie daarin om hulleself te bekommer nie. Bekommernis is ’n vermorsing van energie. Niks kan deur bekommernis vermag word nie, behalwe om noodsaaklike lewensenergie te verspil.

Sleutel vir die leweIn Matteus 6:33 gee Jesus die sleutel tot die hele Bergrede, die sleutel tot ’n goeie en mooi lewe: Soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Hierdie “soek” kan ook vertaal word met “beywer”, “begeer” of “streef”. Hierdie woord is ook gebruik om “aanbidding” aan te dui, met ander woorde, die diepste verlange, die hoogste prioriteit in jou lewe.

Dit gaan daaroor om jou hele lewe, jou grootste vrese en jou diepste begeertes, ondergeskik te stel aan die Koningsheerskappy van God oor jou lewe. Dit beteken nie om al jou vrese te laat vaar en al jou begeertes prys te gee nie. Dit beteken nie om niks te vrees, of niks te wil hê nie. Dit beteken dat al jou vrese en begeertes, al jou strewes en verlange, ondergeskik gestel word aan God se Koningsheerskappy oor jou lewe.

Die goeie en mooi lewe beteken nie dat ons “goeie” en “mooi” dinge soos kos en klere moet prysgee, en dit nie meer mag geniet of waardeer nie. Maar dit beteken dat ons ons nie meer daaroor bekommer nie, want ons stel al ons begeertes en vrese ondergeskik aan die Koningsheerskappy van God oor ons lewe.

Stel die regte dinge eersteDit beteken dat elke “goeie” en “mooi” ding nou in diens moet staan van ’n goeie en mooi koninkrykslewe. Ons lewe staan nou nie meer in diens van “goeie” en “mooi” dinge, soos kos en klere, nie. Ons goeie en mooi lewe staan in diens van God en sy koninkryk. God en sy koninkryk, staan nie in diens van ons lewe nie.

Opstandingstyd herinner ons dat more, dat die toekoms, veilig is in God se hande, want Jesus het opgestaan uit die dood en elke mag is aan Hom onderwerp. Aan die einde sal Christus se oorwinning volkome wees en sal sy koninkryk en sy geregtigheid seëvier.

Daarom hoef ons nie more se moeilikheid vandag ook te hanteer nie. Ons kan net vandag se moeilikheid aanvat. En ons kan vir God vra om vandag vir ons te gee wat ons nodig het om deur hierdie dag te kom. 2 Petrus 1:3 sê: “Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien.”

Page 50: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

50

1. Lectio Divina teks vir die weekMatteus 6:25-34

2. Geloofsgewoonte vir die weekGebedIn Filippense 4:6-7 sê Paulus: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”

Gebed is die manier waarop ons ons begeertes ondergeskik stel aan God se heerskappy. God vra nie dat ons ons begeertes (en vrese) vermy of ignoreer nie, maar dat ons dit bekend sal maak aan Hom.

Maak ’n lys van al jou begeertes (en vrese) en dra dit in gebed aan God op.

3. Daaglikse nadenke• Waarhetjyvandagietsgoedofmooigesienofervaar?• Waarhetjyvandagietsslegoflelikgesienofervaar?

Notas:

OPstandinGstyd: Week 5 • 29 aPriL – 5 Mei 2013

’n Lewe sonder bekommernis

Page 51: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

Notas:

51

Gesprek in kleingroep en/of familie

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Matteus 6:25-34

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Gebed (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weeklikse nadenke

•Waarhetjyietsgoedofmooigesienofervaar? •Waarhetjyietsslegoflelikgesienofervaar?

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

OPstandinGstyd: Week 5 • 29 aPriL – 5 Mei 2013

’n Lewe sonder bekommernis

Page 52: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

52

OPstandinGstyd: Week 6 • 6-12 Mei 2013

Seën dié wat julle vervloekOnmoontlike opdrag?Deur die eeue het gelowiges geworstel met Jesus se opdrag in die Bergrede om ons vyande lief te hê. Tog is dit presies wat Jesus gedoen het: Hy het sy vyande liefgehad, gebid vir die mense wat Hom gekruisig het, en sy lewe vir ons, sondaars, vyande van God, afgelê.

Wat ons moet begryp, is dat die liefde waarvan Jesus hier praat – agape – is nie ’n gevoel nie. Hierdie liefde is om die beste te wil hê vir die ander persoon. Met ander woorde, Jesus vra nie dat ons ’n warm liefdevolle gevoel in ons harte sal hê vir mense wat ons vervolg, vervloek, mishandel, aanrand of aanval nie. Maar Jesus vra dat ons die beste vir daardie mense sal begeer.

“Hurt people hurt people”Ons moet onthou dat mense mekaar seermaak vanweë hulle eie seer. Mense wat seergekry het, maak ander mense seer. Om ons vyande lief te hê, beteken om verder te sien as die seer wat hulle aan ons doen. Dit beteken om hulle eie seer raak te sien en vir God te vra dat Hy hulle sal genees.

Dit beteken nie dat jy moet toelaat dat iemand aanhou om jou seer te maak, of dat jy onreg moet tolereer nie, maar dat jy die beste sal begeer vir almal, die oortreders en die slagoffers. Oortreders se wonde is net so diep as hulle slagoffers se wonde. Oortreders en slagoffers het God se genesing nodig.

Draai die ander wang...Liefde vir ons vyand beteken nie om onreg oor te sien nie. Jesus is juis besig om mense te leer van die koninkryk van God en God se geregtigheid, wat die hoogste prioriteit in ons lewe moet wees (Matteus 6:33).

As Jesus sê dat sy volgelinge die ander wang moet draai as hulle op een wang geslaan word, dat hulle hul onderklere ook moet gee as hul bokleed gevra word, dat hulle ’n soldaat se goed twee myl moet dra as hy jou beveel om dit een myl te dra, dan is die optrede wat Jesus beskryf telkens baie uitdagend, dog liefdevol.

Elke keer sê Jesus dat sy volgelinge iets moet doen wat die oortreder se onregverdige optrede in die openbaar aan die lig gaan bring, wat hom onkant gaan betrap, en wat hom ’n bietjie in die verleentheid gaan stel oor sy ongeregtigheid, maar op ’n liefdevolle manier.

Het jy al gesien wat gebeur as iemand volspoed op ’n deur afstorm om die deur uit die kosyn uit te breek met sy skouer, maar op die laaste oomblik maak iemand die deur oop? Die aanvaller se momentum laat hom in die huis in tuimel, waar hy, met ’n gesig wat bloedrooi is van verleentheid, van die grond af moet opstaan.

Page 53: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

53

OPstandinGstyd: Week 6 • 6-12 Mei 2013

Seën dié wat julle vervloekJesus se voorbeeldJesus se optrede in die tuin van Getsemané is sekerlik een van die beste voorbeelde van hoe Jesus se woorde in die praktyk gedoen moet word. Toe die soldate kom om Jesus gevange te neem, en Judas vir Jesus verraai, het Jesus vir Petrus gekeer om te begin baklei, en Malchus se oor wat deur Petrus afgekap is, genees.

Maar Jesus het nie sy kop laat sak en in skaamte Homself laat weglei nie. Hy het sy kop regop gehou, sy verraaier in die oë gekyk, en gevra: “Judas, verraai jy My met ’n soen?” Ook die ander mense wat hom in hegtenis geneem het, het Jesus in die oë gekyk en gevra: “Ek was elke dag saam met julle in die tempel, maar julle kom in die donker om my te arresteer?” Voor die Joodse Raad en voor Pilatus, het Jesus sy kop regop gehou, sy onskuld uitgewys, maar sonder om in ’n geveg gewikkel te raak. Selfs op die kruis het Jesus nog gebid vir sy vervolgers.

Wees volmaakAs Jesus sê ons moet “volmaak” wees soos die Vader “volmaak” is, dan moet ons nie dink aan volmaaktheid as foutloosheid, soos in die Griekse filosofie nie. Dit is nie ’n Wiskundige volmaaktheid nie. Die Joodse begrip wat Jesus hier gebruik, verwys na ’n volwassenheid, ’n volgroeidheid, na ’n voltooiing.

Weerwraak kan ons nooit bring by ’n punt van volwassenheid en voltooiing nie, want die bose kringloop van weerwraak hou nooit op nie. Geweld stook geweld, en so bly ons vasgevang in die ongeregtigheid van die wêreld.

Al wat die bose kringloop van geweld en weerwraak kan stop, is onverwagse, onvanpaste, verbasende dade van liefde, wat niemand gedink het moontlik is nie. Soos Nelson Mandela wat gaan koeksisters eet het by tannie Betsie Verwoerd, weduwee van die argitek van apartheid.

Maak die onmoontlike moontlikOpstandingstyd herinner ons dat om te sterf nie die ergste ding is wat met ons kan gebeur nie. Jesus se opstanding uit die dood bevestig dat al het sy goeie en mooi lewe – sy liefde vir sy vyande – uiteindelik ’n kruisdood vir Hom beteken, nietemin kon sy vyande se haat nie sy liefde oorwin nie, want Hy het weer opgestaan.

Opstandingstyd herinner ons dat die onmoontlike moontlik is, dat ons selfs ons vyande kan liefhê. Dit herinner ons dat liefde wen. Haat sal tot niet gaan, maar liefde sal bly. Haat wen dikwels op die korttermyn, maar op die lang duur, sal liefde wen.

Page 54: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

54

1. Lectio Divina teks vir die weekMatteus 5:38-48

2. Geloofsgewoonte vir die weekbid vir jou kompetisieDink aan ’n persoon of ’n instansie wie se sukses jou minder suksesvol sal maak, of minder suksesvol sal laat voel.

Miskien ’n besigheid wat in dieselfde bedryf is as jou besigheid. Miskien iemand in jou kantoor, met wie jy in kompetisie is vir ’n bevordering. Of miskien ’n vriend met wie jy jouself dikwels vergelyk. Dalk is daar iemand wie se kind gedurig in kompetisie is met jou kind op die sportveld of in die akademie.

Bid hierdie week vir daardie persoon of instansie. Vra vir God om die persoon of instansie ryklik te seën. Bid dat God die goeie, die beste, in daardie persoon of instansie sal laat waar word.

Let op na dit wat die Here in jou hart doen, terwyl jy bid vir jou kompetisie.

3. Daaglikse nadenke• Waarhetjyvandagietsgoedofmooigesienofervaar?• Waarhetjyvandagietsslegoflelikgesienofervaar?

Notas:

OPstandinGstyd: Week 6 • 6-12 Mei 2013

Seën dié wat julle vervloek

Page 55: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

Notas:

55

Gesprek in kleingroep en/of familie

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Matteus 5:38-48

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: bid vir jou kompetisie (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weeklikse nadenke

•Waarhetjyietsgoedofmooigesienofervaar? •Waarhetjyietsslegoflelikgesienofervaar?

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

OPstandinGstyd: Week 6 • 6-12 Mei 2013

Seën dié wat julle vervloek

Page 56: 14 weke - Durbanville Gemeente€¦ · die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul lewens. Kontak gerus Lux Verbi.BM by

56

OPstandinGstyd: Week 7 • 13-19 Mei 2013

Pinkster

Lectio Divina teks vir die week:Matteus 5:3-16

Dienste: Do, 9 Mei, 19:00 Hemelvaartdiens in Kerkgebou

So, 12 Mei, 19:00 Pinksterdiens in Kerkgebou

Ma – Do, 13-16 Mei, 19:00 Pinksterdienste in Kerkgebou Kinderpinkster in Gemeentesentrum Sop na die dienste in Gemeentesentrum

Vr, 17 Mei, 19:00 Pinkster-ete

So, 19 Mei, 19:00 Pinksterfees (Nagmaal) in Kerkgebou