29 january 2016

12
342 29 Januarie/January 2016 6 STANDERTON - Maandae het vir baie persone ‘n blou kleur, maar vir werknemers van Telkom was dit donkerblou. Daar is deur die nag van 24 Januarie kabels van meer as 600 m verwyder. Boewe het op die hoek van Mulderstraat en Nelson Mandelaweg die Telkom-kabels geknip en verder af in Nelson Man- delaweg, rivier se kant toe, drie diep gate gegrawe om toegang tot die kabels te verkry. Die kabels is daar ook geknip en verwyder. Volgens inligting bevat een van die kabels meer as 1 000 pare dunner kabels. Die geskatte waarde van die kabels kan meer as R200,000 beloop. Die skakelbeampte van Telkom kon nie die omvang van die skade en die hoeveel- heid huishoudings en besighede wat geaffekteer word bevestig nie. JD Telkom geknip Een van die gate wat deur skelms gegrawe is om sowat R200,000 se Tel- kom-kabels te verwyder. Boewe het Sondagnag drie diep gate gegrawe om toegang tot Telkom-kabels te verkry. Daar word geskat dat meer as 600 m se kabels met ‘n geraamde waarde van R200,000 gesteel is. Teen druktyd is daar vasgestel dat Laerskool Kalie de Haas een van die instansies is wie se kommunikasie hierdeur beïnvloed word.

Upload: kosmosnuus-cosmos-news

Post on 25-Jul-2016

285 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

All the local news for the week of 29 January 2016

TRANSCRIPT

Page 1: 29 January 2016

342

29 Januarie/January 2016

6

STANDERTON - Maandae het vir baie persone ‘n blou kleur, maar vir werknemers van Telkom was dit donkerblou. Daar is deur die nag van 24 Januarie kabels van meer as 600 m verwyder. Boewe het op die hoek van Mulderstraat en Nelson Mandelaweg die

Telkom-kabels geknip en verder af in Nelson Man-delaweg, rivier se kant toe, drie diep gate gegrawe om toegang tot die kabels te verkry. Die kabels is daar ook geknip en verwyder. Volgens inligting bevat een van die kabels meer as 1 000 pare dunner kabels.

Die geskatte waarde van die kabels kan meer as R200,000 beloop. Die skakelbeampte van Telkom kon nie die omvang van die skade en die hoeveel-heid huishoudings en besighede wat geaffekteer word bevestig nie. JD

Telkom geknip

Een van die gate wat deur skelms gegrawe is om sowat R200,000 se Tel-kom-kabels te verwyder.

Boewe het Sondagnag drie diep gate gegrawe om toegang tot Telkom-kabels te verkry. Daar word geskat dat meer as 600 m se kabels met ‘n geraamde waarde van R200,000 gesteel is. Teen druktyd is daar vasgestel dat Laerskool Kalie de Haas een van die instansies is wie se kommunikasie hierdeur beïnvloed word.

Page 2: 29 January 2016

29 Januarie/January 2016 2 Kosmosnuus / Cosmos News

Adres / Address:H/v Beyers Naudé en KrugerstraatC/o Beyers Naudé & Kruger Street

E-pos/E-mail:[email protected]

Kantoor/Office: 017 712 6165Sel/Cell: 076 411 2028Faks/Fax: 017 712 1708

Redakteur/Editor: Teresa Odendaal - 082 417 0171 [email protected]

Sub-redakteur / Sub editorJannie Degenaar- 082 608 7219 JD [email protected]@cosmosn.co.za

Admin/FinansiesCarla Goosen017 712 6165 [email protected]

Joernaliste / Reporters:David Maretlane - 071 715 2793 DM [email protected] Kruger - 082 824 7188 [email protected]

Bemarking/Marketing: Teresa Odendaal - 082 417 [email protected] Goosen - 017 712 [email protected]

Geklassifiseerde ads/ Classified ads 017 712 6165 [email protected]

Grafiese Ontwerpers/ Grapic Designers: Riana De Beer - [email protected]

Digital/ Digitaal: Proof reader / ProefleserHannes van Oudtshoorn

Reg no: 2009/019454/23

Al le mater iaal wat in die Kosmosnuus geplaas word, het-sy d i t redaks ioneel , advertens ies , u i t leg , foto ’s , i l lustra -sies, ens. is, bly die uitsluitlike eiendom van die Kosmosnuus.S k r i f t e l i ke t o e s t e m m i n g m o e t v e r k r y w o r d i n d i e n e n i -ge afskrif of kopie daarvan gemaak wil word. Posbus 4202, Standerton 2430 of skakel Teresa Odendaal by 082 417 0171.Foute moet voor die volgende publikasie aangemeld word. Geen verantwoordelikheid vir foute op telefoniese advertensies word aanvaar nie. Geen herdruk van advertensies a.g.v. tipografiese foute, wat nie die waarde verminder nie. Indien ‘n advertensie opgestel word, en nie aanvaar word nie, sal daar ‘n heffing van 30% wees. Kosmosnuus word weekliks deur Paarl Coldset gedruk.

KOPIEREGWAARSKUWING:

Cosmos News is printed by Paarl Coldset.Cosmos News is also BEE verified and ABC certified.

Bankbesonderhede:Banking details: Standard Bank, Cosmos NewsRek/Acc no: 330 230 042Takkode/Branch code: 05 2943 44

Award Recipient

In minder as ‘n week het twee vragmotors in Walter Sisulurylaan in nat weer geknipmes. Die tweede vragmotor het Dinsdag, 19 Janu-arie, na ‘n ligte bui reën by die drierigting-stop net verby Vaalrivier Spesiale Skool se hek op die padoppervlak begin gly, geknipmes en aan die regterkant van die pad tot stilstand gekom. Niemand is in die voorval beseer nie. Die eerste geval was Donderdag, 14 Januarie toe ‘n vragmotor geknipmes en die begraafplaas se ingang net-net gemis het.

This wall at the Standerton Police Station fell over, opening a portion of the storage camp where damaged SAPS and impounded vehicles are kept. According to the Spokesperson, Captain Hlatswayo, it is assumed that soil movement may be the reason why the wall fell. No injuries were reported and the only damage was to the wall itself. Hlatswayo also said that it was being taken care of and will soon be repaired.

VREDE - Die polisie in Vrede het ‘n 58-jarige man in hegtenis geneem op ‘n aanklag van die besit van dagga. Polisiebeamptes het Sondag, 24 Januarie, die R103 buite Vrede patrolleer toe hulle ‘n verdagte Hilux Bakkie met Gauteng-nommerplate opgemerk het. Die bakkie is van die pad getrek en deursoek. Daar is op ‘n kombers agter op die bak afgekom en toe die beamptes dit oplig het hulle 20 groot sakke dagga met ‘n beraamde straatwaarde van R60 000 ontdek.

Die bestuurder van die bakkie is in hegtenis geneem en daar is op die bakkie beslag gelê. Die bestuurder is vermoedelik van Newcastle afkomstig en sal Maandag, 1 Februarie, in die Vrede-landdroshof verskyn. JD

A resident in Kruger Street, Standerton, had a huge fright when she wanted to clean her son’s bathroom. She opened the toilet bowl and found, what she thought at that stage was a snake, in the water. She contacted Cosmos News and it was found that it was an earthworm. The resident is very concerned about how an earthworm can land in the water supply to her house.

Tweede vragmotor knipmes

Bakkievrag dagga in Vrede gevind

Down the wormhole

The wall came tumbling down

Page 3: 29 January 2016

3 29 Januarie/January 2016 Kosmosnuus / Cosmos News

SAKHILE - A telephonic tip-off led members of the K9 Unit to a house in Sakhile where it was reported that the occupants are selling drugs. When the unit searched the house they found dagga and heroine and the suspect informed the police officers that they are selling the drugs.

The suspects were informed of their rights and taken to the Sakhile police holding sells, from where they appeared in the Standerton Magistrate’s Court on Thursday, 14 January. The case was postponed until 28 January. JD

STANDERTON - Lede van die publiek het AfriForum Standerton Donderdag, 21 Januarie, verwittig dat daar ‘n treknet regoor die Vaalrivier gespan is. Hilell Coetzer, die voorsitter van die Standerton-tak, Bronwen Pretorius en Manuel Coutinho het dadelik na die rivier gegaan om die net te verwyder.

Met hulle aankoms was dit ‘n gespook om die anker punte weerskante van die rivier op te spoor, maar die net-

spanners was almal een voor en het die net reeds ver-wyder. Al wat gevind kon word is die lyn waaraan die net gehang word. Onwettige treknethengelaars span ge-woonlik die net na sonsondergang en verwyder dit weer met sonsopkoms. Hulle los egter die ankertou sodat die net later weer daaroor gespan kan word.

Coetzer het nog ‘n ankertou slegs meters van die eerste een opgemerk en die tou is óók verwyder. JD

SAKHILE - Two cases of housebreaking and theft were reported to the Sakhile Police Station. In both instances flat screen television sets and DVD players were stolen. A laptop, amplifier, food and a pair of Adidas sport shoes were also stolen.

Two cases of business robbery are also under investigation. In one instance a firearm was used and in the other case the culprits made use of knives and a hammer. Cash, cellphones, air-time and cigarettes were stolen.

The Sakhile Police also arrested a drug dealer with dagga worth R110 (18.16 grams) and Nya-ope (Heroin 3.86 grams) worth R510 in his pos-session. Four cases of assault with the intent to do grievous bodily harm are also under investi-gation. In the first case a man was beaten with a grass cutter. The second case happened when a man took a starter pack and cellphone from a woman and insisted on sexual favours. When she declined he kicked and hit her until another man came to her rescue.

The third case happened when a woman bit her boyfriend’s lower lip when he expected a kiss. She did not let go and the boyfriend sus-tained a serious bite wound. The fourth case un-der investigation is of a man who was stabbed in his neck and shoulder.

Sakhile SAPS urges the community to report all criminal activities. JD

AfriForum verwyder nette

Hierdie skuilplek van ‘n treknethengelaar is ontdek. Die vonds is rég langs een van die ou treinbrug se pilare gemaak en heelwat tou, kratte waarin die vis gepak kan word, klere en handlyne is hier gevind. Die inwoner was egter nie ‘tuis’ toe die foto geneem is nie en daar word vermoed dat hy op die vlug geslaan het toe AfriForum opdaag.

Die ankertou waar ‘n onwettige treknet aan gespan word was duidelik sigbaar gewees en is deur AfriForum Standerton verwyder.

No rest for Sakhile Police

Tip-off leads to drug dealer’s arrest

Page 4: 29 January 2016

29 Januarie/January 2016 4 Kosmosnuus / Cosmos News

STANDERTON - Her age has never been an obstacle for her and after more than five decades, at long last, Mama Gumbi is the proud owner of a valid driver’s license at the ripe age of 52. She has always dreamed about sitting behind the wheel of a car. Her dream came true in January when she passed the test with flying colours and became one of the oldest persons to take the driver’s test. She is the wife of the local and well known pastor SD Gumbi of the Assembly of God Church in Sakhile.

In a short statement, she said: “Today my dream has come true. For many years I was struggling to move around in the absence of my husband and children.

Although there was a fleet of cars in the yard, I used to travel a long distance from home in order to travel further with the help of public transport. I am grateful that at my age the mission has been accomplished.” DM

STANDERTON - Vanaf Sater-dag, 30 Januarie, sal die Môre-mark en die gewilde Car Boot Sale saamsmelt. Hierdie twee gewilde projekte word voor-taan gelyktydig by die George Hofmeyr-skoolgronde aange-bied en sal elke laaste Saterdag van die maand gehou word.

Die eerste markdag sal op 30 Januarie wees, daarna op 27 Februarie, 26 Maart, 30 April,

28 Mei en 25 Junie. Die pu-bliek word aangeraai om hier-die datums solank in hul dag-boeke aan te teken.

Indien jy items soos netjiese tweedehandse klere of gebruikt e artikels wil verkoop, is jy welkom om dit by die Car Boot Sale te gaan verkoop. Vir meer inligting kan Louise Coe-tzee geskakel word by 082 851 2598. JD

It’s so surprising that the President of the EFF, Julius Malema’s words always make people angry. Yet his words have never had a negative impact or badly affected our economy, with everyone lashing out at him saying he’s a threat to our democracy and he’s on the verge of destroying the country.

The big boss, President Jacob Zuma’s words dropped our Rand so much that every sector is now saying that the President, who is considered by all to be unfit to hold

office, is now a threat to our democracy and business.What a shame that our people are backstabbing only

those who open our eyes, but fail to react to the real danger that our democratic country is facing.

Bad leaders are always given a period to celebrate their wickedness and we have witnessed that in Lekwa Municipality. In the end the result is their own demise.

However, as individuals, we have to pay close attention to the power of words. Cedric ‘Jomo’ Dhlamini (sic)

Elke loot in my wat nie vrug dra nie sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg sodat dit nog meer vrugte kan dra. (Johannes 15:2)Die Japannese boomsnoeiers is iets om te aanskou. Voordat daar aan ʼn boom gesnoei word, moet die seisoen eers in ag ge-neem word. As die tyd reg is, word die boom met die uiterste sorg gesnoei. Elke takkie en elke blaartjie word sorgvul-dig geweeg en bekyk binne die geheel. Maar wanneer die meestersnoeier se werk klaar is, kan die boompie die wêreld weer met trots in die oё kyk. Soms het elkeen van ons ʼn be-hoorlike snoei nodig.

Ons lewe lewens van oordaad. Ons eet te veel, praat soms te veel (meestal oor ons-self); sommiges drink te veel, maar meestal verberg ons ons eie klein sondetjies tussen die blare van ons geestelike tuintjie. Weereens is dit die Woord wat ons ʼn les in tuinbou gee. Snoei is ʼn noodsaaklike

deel van tuinmaak. Ons sukkel almal met ʼn paar diepgekoes-terde (en geheime) sondes soos onredelike jaloesie, oneer-likheid, oormatige woede, af-guns, haat, inhaligheid, wellus – noem maar op.

Om gesnoei te word is een van daardie pynlike oefeninge wat ons liewer wil vermy. In Johannes 15:2 word ons eg-ter daaraan herinner dat snoei vrugbaarheid vermeerder: “Elke loot in My wat nie vrug-te dra nie, sny Hy af; maar el-keen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.” Dit klink na ʼn harde uitspraak, maar dit gaan ge-paard met God se trou.

As die Meestersnoeier sny God met wysheid en insig om-dat Hy weet waarvan ons ge-maak is en waartoe ons in staat is.

Hy snoei ons met die oog op ʼn baie meer vrugbare lewe. Moet dus nie wegskram vir die snoeiskêr nie. Wees eerder dankbaar daarvoor.

Geloof met ʼn snykant Words have power

Môremark en ‘Car Boot Sale’ smelt saam

Mama Gumbi gets driver’s license at last

Mama Gumbi, wife of well-known Pastor SD Gumbi, next to her new car. She has just received her driver’s license after more than five decades.

Page 5: 29 January 2016

5 29 Januarie/January 2016 Kosmosnuus / Cosmos News

NASIONAAL - Eskom het aange-dui dat dié staatsbeheerde instelling die elektrisiteits toevoer na verskeie munisi-paliteite landswyd gaan sny – te midde van ’n hangende aansoek om ’n verklarende en verbiedende bevel wat AfriForum en AfriSake in Desember 2015 teen Eskom bekom het wat dié elektrisiteitverskaffer verbied om enige dorp se elektrisiteits-toevoer te sny.

AfriForum het onder andere ook die ministers van openbare ondernemings, finansies, energie, asook samewerkende regering en tradisionele sake, asook die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) tot die aansoek gevoeg wat Eskom verbied om elektrisiteitstoevoer te sny. Enige kennisgewing wat Eskom nou aan munisipaliteite stuur wat meld dat Es-kom van plan is om elektrisiteitstoevoer te sny, is dus onregmatig omdat die saak sub judice is.“Eskom is kwaadwillig in sy op-trede wanneer daar kennisgewings oor die beplande sny van elektrisiteitstoevoer ge-stuur word en gewone mense se krag dan afgesny word omdat twee staatsliggame nie hulle finansiële huis in orde kan kry

nie. Eskom teiken nou gewone verbrui-kers, terwyl hulle eintlik die staat vir dié agterstallige gelde verantwoordelik moet hou,” het Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regering, gesê.

Waar munisipaliteite nie hulle rekeninge aan Eskom betaal of hul skuldooreenkom-ste nakom nie, behoort die partye die saak met arbitrasie of mediasie op te los. Byko-mend kan nasionale tesourie agterstallige munisipaliteite se billike aandeel (equi-table share) weerhou en dié miljoene aan Eskom oorbetaal.

Nóg AfriForum, nóg AfriSake neem die dreigemente ligtelik op. Beide organisasies is tans die enigstes wat met hofstukke ge-reedstaan om Eskom te stuit en die staat tot verantwoording te roep. Die organisasies daag Eskom uit om hul dreigemente uit te voer – beduidende regskostes is aangegaan om regsekerheid te kry en die organisasies se hofaansoek bevat ook ’n bestraffende kostebevel teen Eskom. Lede van die pu-bliek kan hulle steun aan die hofsaak gee deur die woord KRAG na 45344 te SMS. Elke SMS kos R1. (Marcus Pawson, Hoof: Plaaslike regering) JD

STANDERTON - The Pan Africanist Congress of Azania (PAC) started a petition demanding that the delivering of electricity be removed from Lekwa and that Eskom must provide it directly to residents. In the petition letter it is stated that Lekwa Local Municipality purchases electricity from Eskom and sell it to residents at a profit and should it be supplied directly by Eskom, it will be cheaper to residents.

Lekwa Local Municipality has dismally failed to service its Eskom accounts. It has put residents at the risk of blackouts should Eskom resolved to disconnect electricity to Lekwa Local Municipality. Lekwa Local Municipality’s maintenance of electricity is very poor. Residents experience constant disruption of the supply of electricity. Point four on the list states that Lekwa Municipality switches off the electricity of people using prepaid meters for owing rent, but once electricity is bought directly from Eskom, no disconnection will happen because of rent owed.

According to the PAC leader in Lekwa, Bheki Buthelezi, they will aim to collect 10 000 signatures on their petition lists during the month of February and these petition lists will then be handed over to the Lekwa Local Municipality and Eskom. Bheki can be contacted on 076 2000 727 should you wish to add your name to the list.

According to a front page article in the Beeld of Friday 22 January, Lekwa Municipality, under which Standerton falls, is the biggest culprit in the province and owes Eskom more than R206 million. In an Eskom letter to the Municipality, the electricity supply may be cut should the municipality fail to pay the whole outstanding amount before April 2016, or at least make an acceptable offer to settle this amount. The guilty municipalities have until 31 January to make a plan to settle outstanding accounts, otherwise (so they state) the electricity supply will be cut from 1 February.

These electricity cuts will have a severe impact on residents as it will take place during peak hours, between 06:00 and 09:00, 12:00 and 14:00 and again from 18:00 until 22:00. Eskom said that they feel sorry for the innocent people that will suffer due to these times of blackouts, but that it is a last resort and will be the only way to get the municipality to pay the outstanding amount.

The only other municipality in the province that received a similar letter was the Albert Luthuli municipality (Carolina), who owes Eskom R33 million. As emails and telephone calls from the Cosmos News to the Lekwa Local Municipality are being ignored, no comment from their side is available and the community must wait and see what their plan of action will be. JD

PAC demands that Eskom supply electricity directly

Eskom word uitgedaag om dreigemente uit te voer

Besoek gerus ons blog by: www.kosmosnuus.wix.com

Page 6: 29 January 2016

29 Januarie/January 2016 6 Kosmosnuus / Cosmos News

BETHAL - Die gemeenskap van Bethal weet nie meer waar om hulle neuse weg te steek vir die onaangename reuk as hulle ver-by Bethal Traders ry nie.

“My besigheid bestaan al ‘n jaar lank en die reuk wil net nie verbeter nie. Die pro bleem begin by die storting van rioolwater wat onderdeur die brug verby Bethal Traders in Melawerestraat op die R35 vloei. Munisipale amptenare was eenkeer daar om na die saak om te sien maar het nooit teruggekom met ‘n oplossing vir die probleem nie. Jy kan jouself maar net indink hoe die riool wat deur die son gebak word, moet ruik.”

Die gemeenskap sê dat dit nie is hoe hulle wil hê besoekers die dorp moet sien en ruik as hulle deur Bethal gaan nie. Mnr Joep Joubert sê hy voel nie meer trots op sy dorp nie en voel skaam as klante hom vra wat die skerp

reuk is. Daar was al baie klagtes oor die onaange-

name reuk. ‘n Ander groot problem is die swak toestande van al die munisipale strate in Bethal waaraan daar ook niks gedoen word nie. Die rioolstank is al sedert September 2015 problematies en daar is alreeds baie be-sighede wat klante verloor het as gevolg van die onaangename reuk. Mnr Joubert, van Bethal Traders, wil net hê dat die munisipalit-eit gehoor moet gee aan die klagtes van die gemeenskap.

Elke dorp het maar sy ‘skerp’ reuke en om dit te voorkom moet die gemeenskap en die dorp se munisipaliteit saam werk. Bethal se mense bid nie net vir reën om die droogte te verlig nie, maar weet ook dat die rou riool-stank verlig sal word en dat die riool moontlik sal wegspoel. Marli Kidson

Neuse toegedruk vir Bethal se riool

Mnr Joep Joubert van Bethal Traders is slegs een van menige inwoners en besighede wat deur die rou rioolvuil in die spruit, wat deur Bethal vloei, geraak word. Volgens Joubert het hy reeds van sy klante as gevolg van die stank verloor.

Page 7: 29 January 2016

7 29 Januarie/January 2016 Kosmosnuus / Cosmos News

ERMELO - It takes hard work and deter-mination, coupled with teamwork, to be the top achiever in the education fraternity. This was the recipe for success of Lekwa West Circuit who, for the second consecutive year, scooped the top award in the Gert Sibande District for their matric pass rate of 2015. This heart warming revelation came out dur-ing an exclusive interview with the Circuit Manager, Ms YB Mahomed.

The Circuit emerged victorious during the district award ceremony to recognize excel-lent performance by circuits, schools, educa-tors, and learners. The glamorous function was held on Thursday, 14 January, at Ermelo Netherland Park School. Gert Sibande Dis-trict consists of 18 circuits. Lekwa-west achieved 90.2% in 2015, 10.4% higher than the 2014 pass rate of 79.8%. Lekwa-West is also ranked sixth of 68 circuits in the prov-ince.

The Circuit also has a significant achieve-ment in their subject pass rate of 80%. Math-ematics 83%, Physics 84% and Accounting 90% which placed them in second position

- with Steve Tshwete District in first place in the province. Ms Mahomed praised Azalea Combined School for their uphill trend from a 44% pass rate in 2013 to 83% in 2015.

Thute-Thebe Secondary School in Exten-sion 7 has also attracted the attention of the circuit manager, taking into account that the school is in the heart of a poverty stricken community where some families are headed by children.

The Circuit Manager paid tribute to the edu-cators and learners who worked hard through-out the year with the firm intention and will to succeed. She also acknowledged the col-lective effort by parents who supported the intervention mechanism by the Circuit Office to roll out winter and spring classes. Ms Ma-homed stated: “Indeed working together as a team has paid dividends. I am proud of eve-rybody for their work and determination. This is my third year as the circuit manager and I have no doubt that more achievements are on the horizon as long as we maintain our stand-ard.” The Circuit was awarded with a trophy and certificate for a job well done. DM

PROVINCIAL - Mpumalanga government departments have spent over R3 million of taxpayers’ money to pay salaries of officials who have been placed on precautionary suspension. This was revealed in reports obtained during the last financial year, indicating that R3,462,769.45 was spent on 39 officials who have been sitting at home enjoying the benefits.

The majority of these officials have been at home for over 60 days and some for over 400 days. This is in complete violation of the Disciplinary Codes and Procedure for Public Service Policy, which stipulates that a Precautionary Suspension must not exceed 60 days.

This further proves the disregard this government has for law and order as the Policy provides for the transfer of employees who are under investigation to other departments pending the outcome of their disciplinary hearings. This move could have eliminated the unnecessary expenditure.

There is an urgent need for a plan to address wasteful spending on suspensions, which means improving discipline management and ultimately reducing the number of suspensions. Suspensions not only strain the public wallet, but also have a negative impact on service delivery. If posts are not vacated by suspended employees, they cannot be filled. This means that other employees have to shoulder additional responsibilities.

This also hampers the chances of skilled unemployed South Africans to occupy such positions. This year, 2016, is our chance as South Africans to take a stand and start bringing the change we need to move forward. (James Masango MPL) JD

Ms Mahomed proudly holds up the awards for best cir-cuit in the Gert Sibande District.

Lekwa West Circuit scoops top award Millions paid to suspended Mpu’ government officials

NATIONAL - On Saturday, 30 Janu-ary, all roads will be leading to the FNB Stadium near Soweto in Johannesburg when the two Soweto giants will be locking horns in the much anticipated Soweto derby.

The soccer match between the defend-ing PSL champions, Kaizer Chiefs and Confederation of African Football Fed-eration (CAF) finalists, Orlando Pirates, always produces fireworks.

Both teams will come into this clash like wounded tigers following the week-end losses they both suffered. Orlando Pirates who sits in the unusual number eleven position, with 16 points after 13 marches was beaten 1-0 by Jomo Cos-mos. While their rivals, Kaizer Chiefs, (who are currently in position four with 25 points after 14 matches) were ham-mered 2-1 by Platinum Stars on Sunday.

Bragging rights are at stake between the two rivals.

The current form of any team does not have any bearing when it comes to the Soweto Derby. It is always an ex-plosive encounter and fans from both sides always go out in thousands to fill up the 90 000 seat FNB Stadium to see who the champions will be. The two gi-ants last met on competitive grounds in 2015. Orlando Pirates then emerged as the “Boss of Soweto”. The match kicks off at 15:00 on Saturday. DM

Bragging rights at stake

Page 8: 29 January 2016

29 Januarie/January 2016 8 Kosmosnuus / Cosmos News

SPERTYDDEADLINE

Neem asb kennis: Alle geklassifiseerde advertensies moet asb per faks, per e-pos of per hand gelewer word. Geen telefo-niese advertensies word geplaas nie. Die spertyd vir geklassifi-seerde advertensies is Maandae 14:00.GEEN ADVERTEN-SIE SAL GEPLAAS WORD SONDER BETALING NIE! _______________Please take note: All classified adverts must be submitted by fax, e-mail or by hand. No telephonic adverts will be published. The deadline for classified adverts are Mondays 14:00.NO ADVERTISE-MENT WILL BE PLACED WITH-OUT PAYMENT!

ALGEMEENGENERAL

Rubber Coat ing Solutions: Lek of roes jou dak? “RUB-BERISE” dit! Water-en-roesdigtheid op verskeidenheid van oppervlaktes gewaar-borg. NUUT: Wa-terdig jou huis mure met “RUBBER” verf. Beskikbaar in groot verskeidenheid kleure. Skakel George Foley 082 646 3630.

Sharky’s Seafood. Big variety of seafood available. Special on smoked snoek (only while stocks last). c a l a m a r i r i n g s , c a l a m a r i s t e a k , haddock, wide selec-tion of hake, mus-sel meat, salmon, soles, smoked tuna, braai snoek and more. Visit us at 45 A Beyers Naudé, Standerton. (Cosmos News pre-mises).

DIENSTESERVICES

Hidro Kleen. Skoon-maak van matte, los matte, blinders, sit-stelle en hardevloere. Diepreiniging van huise. Valet van voer-tuie. Skakel ons vir spesiale aanbiedinge. Tel: 017 712 2499. Sel: 082 406 3190 / 084 299 3654.

________________A B C D r i v i n g School . Specia l i -sing in code 8, 10, 14. Pre-employment assesment for em-ployment purposes. All areas. Phone 082 939 8136 / 082 260 3093.

________________AM Cooling her-stel en installeer van: Yskaste, vrieskaste, koelkamers, vries-kamers, lugreëlings, industriële wasma-sjiene, tuimeldroërs, en skottelgoedwas-masjiene. Verkoop ys - troues en partytjies. Skakel Martin 081 529 7150 Susan 082 052 3348.

________________M r. S o u n d f o r all your car sound, DSTV and home theatre installations, including TV and radio repairs. Shop 1, Toristo Centre, Beyers Naudé St , Standerton, 017 712 3642 or 082 799 4276.

________________Is u veilig? Ska-kel Mac 083 363 9044 vir diefwering, ve i l igheidshekke , Spaanse rootyster, 10 mm en 12 mm ge-draaide vierkantyster en algemene klein werkies.

________________Afdakke, betonmure, Beta Fence en pali-sades. enige struktuur of groottes. All mate-riaal is A-graad SABS. Vir kwotasies skakel Roeline 082 800 1136/ Jaco 063 525 1611/ Herman 083 289 7031.

________________ K l a v i e r s t e m e n repa rasies. Koop en verkoop van tweede-handse klaviere. Ska-kel Kobus by 082 893 4099/ 013 243 0702.

HUIS & HAARDHOME

IMPROVEMENTSBella Blinds. Ve-netian, aluminium & w o o d b l i n d s , 25 mm and 50 mm, all your inside win-dow requirements. Re pairs to all blinds. Phone Bel la , 072 390 7490 or 017 714 1262. Fax 086 615 9985.

_______________ Phi l r i B l inds & Aw n i n g s . We d o all kinds of blinds, inside and outside. We do Vene t i an , a luminium, wood blinds, vertical, bam-boo & awnings at affordable prices. We also repair blinds. P h o n e R i k a 0 7 2 372 4191. Fax 086 639 4844.

MEUBELVERVOERFURNITURE REMOVAL

Klopper Meubelver-voer. Groot en klein meubelvragmotors beskikbaar vir enige meubelvervoer. Eie-naartoesig en drywer met vriendelike diens. Skakel Conrad Klop-per - 082 774 6952. [email protected].

MOTORDIENSTEMOTORING

Standerton Brake & Clutch. New and reconditioned clutch kits. Reconditioning of truck & tractor pres-sure plates. New brake drums and discs or yours machined while you wait. Cnr Prin-cess & Coligny Street, Standerton, Phone 017 712 6491.

VERMAAK ENTERTAINMENT

Royal Kids Parties, Standerton. Your one stop party shop. All party accessories, b a l l o o n s , d e c o r, castles, tents, gaze-bos, pinatas. Jum-ping castles R250. We deliver in Stan-derton. Phone San-ta 082 331 0036.

WENDY HUISEWENDY HOUSES

AB Wendys. Pallet-wood wendys, knotty pine & log cabin hou-ses for sale. Each room comes with door, win-dow, zinc roof and wooden floor. Waz oil treated. Prices for pallet wood wendys 2 m x 2 m - R3 500. 3 m x 3 m - R4 000. 3 m x 4 m - R4 700. 3 m x 6 m - R7 500. For more information phone Erick 073 650 0108.

________________Awesome Wendys. We do Wendy houses at a very low price. Log cabin, knotty pine and pallet wood. Pri-ces for pallet wood 2 m x 2 m - R 3 000, 3 m x 3 m - R 3 500, 3 m x 4 m - R 4 200. We move Wendy houses from point A to B . 5 yea r s guarantee. Phone Sam 073 091 6680.

TE HUURTO LET

Bachelors woonstel beskikbaar vanaf 1 Februarie 2016. Water en ligte ingesluit - R3 100 per maand + R1 500 deposito. Bediende 1 keer ‘n week (slegs skoon-maak). Geen troetel-diere. Skakel 082 454 7460.

________________Plaashuis te huur op die Vrede-pad, 30km buite Stander-ton. 4 Slaapkamer, 2 badkamer, dubbel motorhuis. Slegs die huis is te huur en geen grond vir boerdery doeleindes nie.R3 500 per maand. Skakel Jessica 082 399 8323.

________________Netjiese 2 slaapka-mer woonstel te huur in Meyerville met motor afdak, dadelik beskikbaar @ R 3 300 per maand. Voorafbetaalde krag-meter. Water rekening uitgesluit. Netjiese, veilige omgewing. Nie geskik vir kinders en diere nie. Deposito R 2 000. Skakel 072 374 8647.

MOTORDIENSTEMOTORING

JF Auto Interior, Standerton.Uphol-stery, automotive, fu rn i tu re , canvas covers, roof linings and carpets. For more information phone Jacques 072 117 0389 or Francois 072 543 5938.

EKSTRA KLASSEEXTRA CLASSES

Fisiese Wetenskap Ekstraklasse vir gr. 10 - 12. Begin Fe-bruarie 2016. Skakel Chrisna Adendorff by 083 435 1229.

GESOEKWANTED

Speenkalwers ge-soek vir kontantko-per. Skakel 082 780 3772.

BOERDERYFARMING

Die Plaasmeule. 50kg heel mielies R230. 50kg ‘Crushed’ R250 en 20kg ‘Crushed’ R90. 20kg sorghum R95 en 50kg sorghum R230. Sonneblom teen R170 per 20kg. Kantoor-ure: Maandae tot Saterdae vanaf 14h00 tot 18h30. Skakel 082 301 2518.

SPORT

Judo klasse. Maan-dae en Woensdae 18:00 - 19:00. NG We s S t a n d e r t o n kerksaal, h/v Charl Cilliers- & Kruger-straat. Skakel Harold vir meer inligting 082 040 8156.

STANDERTON - Maboka Tsotetsi is a 17-year-old Grade 12 pupil of Stanwest Combined School. She was inaugurated as the Junior Cluster Commander in 2015 after obtaining the highest mark on a written essay where she competed with other Grade 11 pupils from different schools in Lekwa. She has been conducting her duties and obligations with distinction amongst the youth. She is currently serving her last term in office as Junior Cluster Commander.

Speaking at a gathering during the closing of Sixteen Days of Activism in Sakhile, the young and passionate leader fired from all cylinders when she told parents that they have relinquished their responsibility to guide and motivate their children to be responsible citizens and stay away from the ills that befall our society. She said parents leave everything to the teachers. The same parents then call the young people “the lost generation”.

She told the young people not to read too much into their rights. According to her, rights come with responsibility. She stated that young people are wasting their youths and are not very concerned with their futures. Drugs and alcohol abuse has become a prestige to the young people. Some have dropped out of school due to ill discipline. Tsotetsi appealed to her peers to stay away from drugs and alcohol and focus on education which is the most effective tool to tackle poverty and ensure a bright future. The Junior Cluster Commander will be doing road shows in 2016 to mobilize the young people to take a stand against crime. DM

Junior Cluster Commander addresses problems

Junior Cluster Commander, Maboka Tsotestsi (left) with Councillor Busi Sikhonde. Tsotetsi addressed the audience about the apostasy of the youth and how they should become more motivated in expanding their own futures.

Page 9: 29 January 2016

9 29 Januarie/January 2016 Kosmosnuus / Cosmos News

Die kleuters van Haas Das Pre-Primêre Skool het van oor-tot-oor geglimlag toe hulle aan die begin van die skooljaar aan twee nuwe onderwysers voorgestel is. Elmarie Green (links) en Sumaré Diedericks het vanjaar, ná jare van studentwees, by Haas Das se dinamiese span aangesluit. Me Green gee vir die gr RR-seniors (4- tot 5-jariges) klas, terwyl me Diedericks haar talente tot die gr RR-juniors (3- tot 4-jariges) verleen.

Passie en toewyding is twee van die kerneienskappe waaroor enige goeie onderwyser moet beskik en dit blyk asof die splinternuwe personeel van Standerton Akademie daarvan oorloop. Hulle sien uit om ‘n verskil in die leerlinge se lewens te maak en beoog om hul nuwe poste met oorgawe uit te voer. Van links na regs is mnr Steve Swanepoel (hoof) – die doring tussen die

STANDERTON - Die skote het Saterdag, 23 Januarie, in Sasolburg geklap soos wat die atlete van Laerskool Standerton dinge met Laerskool Lichtenburg, Laerskool Risiville, Laerskool Emfulenipark, Laerskool Goudkop, Laerskool La Hoff, Laerskool Heidelberg, Laer Volkskool Heidelberg en Laerskool Kroonheuwel op die bekende DP de Villiers Stadion tydens die jaarlikse Super 8-byeenkoms uitgespook het.

Die Stannie-atlete het nie op hulle laat wag nie en die algehele derdeplek met nagenoeg 40 goue-, silwer- en bronsmedaljes ingepalm. Wat die individuele uitslae betref, het drie van die skool se atlete nuwe rekords opgestel en het twee atlete spesiale trofeë vir hul Laerskool Kalie de Haas het Vrydag, 22 Januarie, hul jaarlikse

interhuisbyeenkoms aangebied waaraan die skool se atlete met oorgawe deelgeneem het met die doel om in die skool se 2016-span opgeneem te word. MC Roux het ómtrent vir opslae gesorg toe hy twee rekords in die o-12-ouderdomsgroep verbeter het – spiesgooi (23,9 m) en 75 m-hekkies (14,28 sekondes). Hy het eersteplekke in die volgende items behaal: 100- en 150 m-wedloop, 75- en 150 m-hekkies, verspring, hoogspring en spiesgooi. (Foto: Suretha van Rooyen)

Laer- en Hoërskool Balfour het pas hul leerlingraadslede vir 2016 bekendgestel. Dit is ‘n groot verantwoordelikheid, maar die skool het volle vertroue in hierdie groepie leerlinge. Agter, van links na regs, is Emma Commins, Nikita Viljoen, Paul Ras, Delmarie Strydom, Fatso Molobi, Eduard Olivier en Justin Robbertse. Voor is Nalisia Richards, Juan Viljoen, Jana Bothma, Donovan Pretorius en Christiaan Botha.

Roux vat ráák

Nuwe jaar, nuwe leiers

Familiar faces...

Haas Das sê welkom

Nuut by Akademie

Stannies laat die Superrekords spat

Laerskool Standerton het vir hope aksie in die Super 8-atletiekbyeenkoms in Sasolburg gesorg. Die skool se atlete het nagenoeg 40 medaljes ingepalm, drie rekords verbeter en twee spesiale trofeë ingeoes. Van links na regs is Zandré van Wyk (beste meisie hekkie-atleet van die byeenkoms), mnr Rudi Hamman (hoof) en Matthew Burger (beste seunshoogspringatleet van die byeenkoms).

spogprestasies ontvang – Matthew Burger vir die beste seunshoogspringatleet van die byeenkoms en Zandré van Wyk vir beste meisie hekkie-atleet van die byeenkoms.

Taylor Ritchie en Erin Brouwer het met 7,7 m en 11,92 m, onderskeidelik, die gewigstootrekord in hul onderskeie ouderdomsgroepe verbeter, terwyl Quein Joubert die 1 200 m-wedloop in ‘n rekordtyd van 4:08.40 sekondes voltooi het. Die volgende atlete het almal gouemedaljes verower: Beandri Claassens (70 m-hekkies), Louw de Wet (hoogspring, 75- en 150 m-hekkies), Ané Prinsloo (80 m, 100 m en verspring), Juné Lombard (70 m-hekkies), Taylor Ritchie (gewigstoot), Teninké van Niekerk (80 m en 100 m), Quein Joubert (1 200 m), Sethu Moloi (70 m-hekkies), Lunanga Ndikumane (80 m), Zandré van Wyk (150 m-hekkies), Kedo Mashego (75 m-hekkies), Erin Brouwer (gewigstoot), Mpho Mageleni (150 m), Christelle de Vos (75 m-hekkies), Claire Ritchie (gewigstoot), Matthew Burger (hoogspring) en Jacobus Cronjé (80 m-hekkies).

Laerskool Standerton het nog ‘n paar byeenkomste om aan deel te neem voordat hulle kragte met verskeie skole in die omgewing tydens die jaarlikse Prestige-byeenkoms, oftewel Interlaerbyeenhoms, in Februarie gaan meet.

Met die afgelope naweek se briljante uitslae, blyk dit of daar nog gróót dinge vir die skool voorlê. DK

Is this face familiar to you? This is 36-year-old Dumisani Ngema originally from Ladysmith. He sells flowers at the four-way stop in Beyers Naudé Street. He gets up early every Tuesday morning to go to the flower market in Johannesburg to get fresh flowers to sell. Something you probably did not know about Dumisani, is that he has been selling flowers in Standerton for 13 years to support his family. He says he was never able to get any other work. He loves selling flowers to the community of Standerton and brings smiles to the faces of many loved ones who receive these flowers.

rose – en mee Theresa Lötter (gr 2), Eulise Parsons (gr 7) en Marietjie Pretorius (gr 4).

Page 10: 29 January 2016

29 Januarie/January 2016 10 Kosmosnuus / Cosmos News

Hoërskool Ermelo het hul atletiekseisoen Dinsdag, 19 Januarie, met hul jaarlikse interhuisbyeenkoms afgeskop en hope talent gewin wat hul nou toespits om vir die Interhoërbyeenkoms voor te berei. Kelly-Anne Bourn is as die senior victrix ludorum aangewys, terwyl Willie Greyling (bo) as senior victor ludorum pronk in aksie. Die volgende byeenkoms waaraan Hoërskool Ermelo deelneem sal Vrydag, 29 Januarie, in Secunda gehou word.

STANDERTON - Die atletieksei-soen van 2016 het Vrydag, 22 Januarie, amptelik vir Hoërskool Standerton in Witbank afgeskop toe die skool se fikse atlete swaarde met Hoërskool Generaal Hertzog en Hoër Volkskool Heidelberg gekruis het.

Dit was die eerste van vyf byeenkom-ste waarin die atlete hul tande vir die Interhoër - waaraan verskeie topskole in die Hoëveld jaarliks meeding - kon slyp.

Ná ure se naelbyt-atletiek het Moeder Natuur die laaste sê gehad toe Vrydag se byeenkoms net voor 21:00 uitgereën het. Hoërskool Standerton was op daar-die stadium eerste op die telbord en is dus as die algehele wenners bekroon.

Die Standerton-atlete het met die louere weggestap toe hulle met agt

trofeë beloon is – Donovan Uys (beste senior naelloopatleet, seuns), Karissa van Wyk (beste hekkie- en verspring-atleet, meisies), Siyabonga Madlopa (beste senior hekkie-atleet, seuns), Jo-han Geyser (beste gewigstootatleet, seuns), Siyabonga Tshabalala (beste senior middelafstandatleet, seuns), Mi-chael Crumplin (beste spiesgooi-atleet, seuns) en Siyabonga Khoza wat as die senior victor ludorum van die byeen-koms aangewys is.

Hoërskool Standerton sal volgende aan ‘n byeenkoms in Secunda deelneem en enigeen is welkom om dit Vrydag, 29 Januarie, by te woon. Hou Hoërskool Standerton se Facebook-bladsy gerus vir meer inligting dop. (Uitslae deur Brendan Coetzee) DK

Twee van Hoërskool Oosterland se hengelaars het ty-dens die Desembervakansie aan die Suid-Afrikaanse varswater-oewerhengelkompetisie in Bloemhof deelge-neem en die katrolle laat sing. Megan Momberg is in die Suid-Afrikaanse jong-vrouespan opgeneem, terwyl Dirk Nel ‘n plek in die SAVOF (Suid-Afrikaanse Vars-water Oewerhengel Federasie) se A-span losgeslaan het.

Hoërskool Standerton skop atletiekseisoen stérk af

Hoërskool Standerton het Vrydag, 22 Januarie, aan ‘n atletiekbyeenkoms in Witbank deel-geneem en as algehele wenners uit die stryd getree. Agter, van links na regs, is die atlete wat met trofeë huis toe is – Siyabonga Tshabalala (middelafstande), Donovan Uys (naellope) en Johan Geyser (gewigstoot). Voor is Siyabonga Madlopa (hekkies), Karissa van Wyk (hekkies en verspring) en Siyabonga Khoza (senior victor ludorum).

Erries sorg vir kookwateratletiek

SA’s vir Secunda-twee

Laer- en Hoërskool Vrede het vanjaar twee nuwe personeel-lede tot hul dinamiese span gevoeg. Me Monique Kimmins (links) is aangestel as kantoorsekretaresse, terwyl me Danolien Kemp haar talente tot die onderwysspan sal verleen. Sy bied fisiese wetenskap vir die se-niorleerlinge aan.

Kemp en Kimmins maak kennis

Page 11: 29 January 2016

11 29 Januarie/January 2016 Kosmosnuus / Cosmos News

STANDERTON - Ná haar pragoorwinning in die vroue-afdeling van die Mug of Mugs-kompetisie vroeër hierdie maand, het niemand gedink dat Patrizia Lombard haar manlike teenstanders volgende sou laat les opsê nie.

Dit was die afgelope naweek se uiteinde toe hierdie kranige speler haar 15 manlike teenstanders in Saterdag, 23 Januarie, se IPS-kompetisie geklop het. Sy het ‘n totaal van 44 punte verower en Jaco Sutherland, die naweek se tweedebeste speler, met 10 punte verbygesteek. Rowan Brink was derde met 34 punte.

Die ander spelers se tellings was as volg: Pieter Bakker (33), Quintin Martin (32), Aldo Arnaldi (32), Johan Brink (29), Koos van Wyk (28), Frans Cronjé (28), Deon Grimsell (27), Pieter Bester (27), Daan Naudé (27), Louis Gravett (27), Attie Mouton (25), Lourie Nel (25) en Henk Botha (24). DK

VOLKSRUST - Hoërskool Volksrust se ster-perderuiter, Tisha Willemse, het die afgelope Desembervakansie heelwat hooi op haar vurk gehad toe sy haar skool en provinsie tydens twee gesogte kampioenskappe verteenwoordig het en as Suid-Afrika se topruiter aangewys is.

Haar segetog het Saterdag, 12 Desember 2015, in Beaufort-Wes afgeskop toe sy as deel van KwaZulu-Natal se A-span aan die junior interprovinsiale ‘tent pegging’-kampioenskap deelgeneem het. Haar provinsie het met die algehele tweedeplek weggestap en die volgende prestasies in die volgende afdelings behaal: ‘n tweedeplek in Indiese Gelid Lans,

STANDERTON - On Tuesday, 19 January, six runners of Standerton Marathon Club completed the 8 km time trial. They were Thulani Nkosi (39,17), Kobus Green (43,00), Shaun de Jager (43,00), Fanyana Amos Ndinisa (45,11), Paseka Piet Tsotetsi (46,20) and Phehello Jacob Tsotetsi (55,47).

The 4 km trial was finished by Isaiah Dlamini (16,04), Lennox Mfenqa (18,17), Marike Janse van Vuuren (22,25), Anton Hall (22,53), Moses Ndlovu (23,02), Joseph Khumalo (23,07) and Makoma Moila (24,05). JD

STANDERTON - Standerton Bootklub het op 22 en 23 Januarie hul sesde beste bootdag en -nag kompetisie aangebied. Altesaam 12 ywerige boothengelaars het met sewe bote vanaf Vrydagmiddag 15:00 gehengel en die wind, reën en donderweer Vrydagaand op die dam trotseer.

Saterdag om 15:00 was inweegtyd en hengelaars en belangstellendes het verbaas gestaan toe Tokkie Brits, Ulrich Venter en Johannes Nkutha op die boot Myne Kantoor by die inweegstasie opdaag.

Ulrich weeg 89 visse met ‘n gewig van 244.36 kg in, Johannes weeg 51 vis met ‘n gewig van 144.96 kg in en Tokkie weeg 107 visse met ‘n allemintige gewig van 270.64 kg in. Myne Kantoor word aangewys as die beste boot van die kompetisie met 247 visse met ‘n gesamentlike massa van 656.96 kg.

Dit gee ‘n gemiddeld van een vis ongeveer elke vyf minute oor die 24-uur hengeltyd. Ván die visse wat nog sterk genoeg was is weer vrygelaat. Die teikenspesies was karp, baber en modderbekke en die hengelaars het verskeie vis van elke spesie ingeweeg. Altesaam 565 visse word ingeweeg met ‘n gesamentlike gewig van 993.6 kg. JD

Standerton Gholfklub se ligaspan het Saterdag, 23 Januarie, teen Volksrust op Volksrust se bane gespeel. Hulle speel gelykop, vier-elk, en as in ag geneem word dat dit ‘n wegwedstryd was, het hulle baie goeie resultate behaal. Agter, van links na regs, is Gerrit Coetzee, André Burger, Nico Lombard en Theuns Adendorff (kaptein). Voor staan Joré Nortjé, Hannes Vermaak, Damien Brink en Johann Jansen van Rensburg.

Time trial resultsLigaspan speel gelykop

Myne Kantoor, beste boot

Johannes Nkutha, Tokkie Brits en Ulrich Venter op die boot Myne Kantoor is na afloop van die sesde beste boot dag-nag kompetisie as die beste boot aangewys. Na die 24-uur hengelsessie weeg die drie hengelaars saam 247 visse van 656.96 kg in.

Lombard neem die louere

Quintin Martin was een van die 16 plaaslike gholfspelers wat aan Saterdag se IPS-kompetisie by Standerton Buiteklub deelgeneem het. Hy het met ‘n telling van 32 punte klaargemaak. Hier is hy in aksie by die eerste putjie.

Volkie-ruiter, nommer een in SA

Tisha Willemse het haar vernuf as Hoërskool Volksrust se ster-perderuiter die afgelope vakansie gestalte gedoen, toe sy as die nommer een-meisieruiter van die jaar aangewys is en tot die nasionale Proteaspan verkies is.

Indiese Gelid Swaard en ‘n derdeplek in Seksie Lans en Seksie Swaard.

Tisha het daarna aan die 49ste Suid-Afrikaanse junior ‘equestrian tent pegging’-kampioenskap wat tussen 14 en 15 Desember 2015, deur die Beaufort-Wes Tent Peggingklub aangebied is, deelgeneem. Vier-en-tagtig junior o-19-ruiters van regoor die land het mekaar die stryd in vier volseksie-items, twee halfseksie-items en vier enkelitems aangesê.

‘n Seksie bestaan uit vier ruiters wat saam moet ry en hul penne gelyk moet optel, waar ‘n halfseksie uit twee ruiters bestaan wat saam beoordeel word. Tisha, ‘n lid van die Newcastle Majubaklub, het Volksrust verteenwoordig en sowaar skoonskip gemaak. Sy is die enigste meisie wat ‘n volle totaal van 192 uit 192 op haar perd, Blanko, ingepalm het. Sy is gevolglik as die nommer een-meisieruiter van die jaar aangewys en tot die nasionale Proteaspan verkies. Haar uitslae is as volg: eerstepelekke in Enkel Lans, Enkel Swaard en Ring-en-Pen en tweedeplekke in Indiese Gelid Swaard en Seksie Swaard. Sy is ook met die victrix ludorum- en bestman-meisietoekenning vir haar uitstekende vertoning beloon.

Wat volgens die kenners heel besonders is, is dat hierdie bekwame ruiter in drie van die vier enkelitems koning gekraai het. Sy het ook net een pen tydens die hele kompetisie met die laaste item se uitry verloor. Dít wil definitief gedoen wees. DK

Page 12: 29 January 2016

29 Januarie/January 2016 12 Kosmosnuus / Cosmos News

Terrence du Plooy (voor) met sy marlyn van 140 kg en Jaco Loretz (agter) met sy marlyn van 120 kg. Dié twee hengelaars het geskiedenis gemaak deur twee marlyne gelyktydig te vang en tot by die boot te bring sodat die vis gemerk en vrygelaat kon word.

Hengelaars maak geskiedenisSTANDERTON - Hengelaars van Standerton Bootklub het vanaf 9 tot 14 Januarie na Sodwana aan die KwaZulu-Natalse noordkus gereis om te gaan diepsee-hengel. Nicky Momberg (jnr), op sy boot Nitro, het die ywerige hengelaars op die regte lyne geneem en vier swart marlyne is gevang. Die marlyne is almal gemerk en weer vrygelaat.

Thomas Gleeson bring ‘n marlyn van 80 kg boot toe,

Terrance du Plooy katrol een van 140 kg nader, Jaco Loretz uitoorlê ‘n 120kg marlyn en die kaptein, Nicky Momberg (jnr) kry ook ‘n kans om een van 70 kg boot toe te bring. Jaco Loretz vang ook ‘n Greater Amberjack van 18.7 kg.

Terrence du Plooy en Jaco Loretz maak egter geskiedenis deur elk gelyktydig met ‘n swart marlyn aan die hoek te sit. Dit is bevestig dat dit die eerste keer in die geskiedenis is dat

twee marlyne gelyktydig op dieselfde boot aan die hoek is en albei visse (140 kg en 120 kg) is gemerk en weer vrygelaat. Gewoonlik verloor hengelaars met so gelyktydige vangs een of albei visse.

Lede van die publiek wat in diepsee-hengel belangstel kan die diepsee-koördineerder, Bart Swart, by 072 537 3390 skakel vir meer besonderhede. JD

Thomas Gleeson (middel-agter) met sy swart marlyn van 80 kg. Nicky Momberg (jnr) was die kaptein met Johan Griesel, Nick Momberg (snr) en Basil Pearson saam op die boot.

Bootkaptein en hengelaar, Nicky Momberg (jnr) met sy swart marlyn van 70 kg. Hierdie visse is almal gemerk en weer vrygelaat.