jacobsdal primêre skool - jakkies.comjakkies.com/nb04.docx  · web viewindien daar oop bane is by...

Download JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB04.docx  · Web viewIndien daar oop bane is by sommige items waar ander skole nie ... Daar word gevra wat hierdie skool vir ons

If you can't read please download the document

Upload: ngonhi

Post on 06-Feb-2018

269 views

Category:

Documents


41 download

TRANSCRIPT

JACOBSDAL PRIMRE SKOOL

JACOBSDAL PRIMRE SKOOLNUUSBRIEF: 4 7 - 14 Februarie 2014

OUERS:

FINANSIES:

Aansoek om kwytskelding vir 2014 het reeds op 7 Februarie gesluit.

Daar is nog uitstaande aansoeke wat voor of op 10 Februarie ingehandig moet word.

Ouers wat wil aansoek doen om koshuisgelde maandeliks te betaal moet dit skriftelik doen asseblief.

REDENAARS:

Die onderwerpe vir ons eerste Redenaarskompetisie is as volg:

GRAAD 4 EN 5: GRAAD 6 EN 7:

1. Stokperdjies 1. Grappe

2. Verbeel jou 2. Ren

3. Talente 3. ESKOM / Elektrisiteit

4. Musiek 4. n Bekende persoon

Hierdie onderwerpe word deur al die leerders van gr 4 7 gebruik om mondeling in die klas te praat.

GEMSBOK KIDZ - RUGBY KLINIEK:

As gevolg van die feit dat die kliniek oorspronklik oor twee dae sou plaasvind en dit toe na een dag verkort is, het ouers R50 per kind te veel betaal. Hierdie ekstra R50 sal op u kind se skoolfondsrekening as n debiet aangebring word. Indien u n probleem daarmee het, kan u die finansile kantoor kontak.

OUERVERGADERING:

Die notule van die afgelope Ouervergadering word by die nuusbrief ingesluit vir ouers se kennisname.

BYBELPROJEK:

Klasse moet onthou van hulle pienkblik-geldjies vir die Bybelprojekkompetisie wat op Maandag, 17 Februarie sluit. Die pienk blikke is in juffrou Elza se klas.

JEUGSKOU:

Inligting oor die Jeugskou wat op Woensdag, 19 en Donderdag, 20 Februarie plaasvind word by die nuusbrief ingesluit. Ouers moet asseblief kennis neem dat ons graag al die leerders betrokke wil h. Geen buitemuurs sal op daardie twee middae plaasvind nie.

KOSHUIS: [AFSKEURSTROKIES]

Ons wil koshuisouers vra wat hulle dink van die installering van kameras by die koshuis en die aanstel van n sekuriteitswag. Ons wil ook weet of u as koshuisouer bereid is om finansieel by te dra tot die projek. Vul asseblief die strokie in en stuur op Maandag, 10 Februarie aan die klasonderwysers.

Hiermee nooi ons belangstellendes om te tender vir die bou van n staalafdak by die koshuis. Kontak asseblief vir Pieter Groenewald indien u belangstel. (0823226945)

Dagskoliere by die koshuis: Die Koshuiskomitee is besig om n beleid voor te berei vir dagskoliere wat eet en studie by die koshuis. Dit sal eersdaags aan ouers beskikbaar gestel word. Ons vra ouers wat dagskoliere koshuis toe stuur om asseblief die afskeurstrokie in te vul en op Maandag, 10 Februarie terug te stuur na die klasonderwysers. Ouers van dagskoliere moet kennis neem van die volgende:

Die koshuis kan nie verantwoordelikheid neem vir u kind se tuiswerk, die veiligheid van sy eiendom of beserings wat u kind by die koshuis kan opdoen nie.

U kind moet streng hou by die rels van die koshuis.

Verdere inligting of navrae kan by die Koshuisvader of Superintendent verkry word.

Koshuisouervergadering se notule is aan elke koshuiskind uitgedeel. Neem asseblief kennis van hierdie belangrike inligting.

OUERVERENIGING: [AFSKEURSTROKIE]

PANNAR EXTRAVAGANZA:

Op Donderdag,13 Februarie is ons Ouervereniging verantwoordelik vir die verskaffing van verversings by die Pannar Extravaganza en benodig ouers om te help vanaf 8:00 tot 17:00. Dit vind op Nicky du Plooy se plaas, Soetmelksvlei, langs Holpan skool plaas.

Vul asselbief die afskeurstrokie in as u hulle op daardie dag kan help.

(U is welkom om net vir n uur of twee ook te kom help.)

Ons maak staat op u ondersteuning!

Charmain van Niekerk 0720677995

LEERDERDEELNAME:

FICHARDTPARK EN MOTHEO/XHARIEP ATLETIEK:

Sterkte aan ons atlete wat aan die Fichardtpark Atletiekbyeenkoms deelneem op Vrydag, 7 Februarie. Atlete wat Motheo/Xhariep atletiek toe gaan het programme ontvang. Hulle kan solank busgeld inbetaal.

INTERSKOLE GALA / VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE:

Swemmers wat vir die Interskolegala gekies is, het n inligtingstukkie gekry. Hierdie gala vind op Maandag, 10 Februarie plaas en vier ander skole kom teen ons deelneem. Slegs swemmers wat op ons gala in die 50m items presteer het, is vir die span oorweeg. Slegs 25m items gaan plaasvind. Indien daar oop bane is by sommige items waar ander skole nie swemmers ingeskryf het nie, sal ekstra swemmers van ons skool ingeskryf word. Beamptes is reeds bevestig en moet om 14:15 aanmeld. Indien u enige navrae het kan u met Wilco kontak maak.

Swemmers wat vir die Vrystaat Swemkampioenskappe gekies is, het elkeen n inligtingsbrief ontvang met n afskeurstrokie oor swemklere, inskrywingsfooie en busgeld wat op Maandag, 10 Februarie by mnr Wilco ingehandig moet word.

TWEEKAMP: [AFSKEURSTROKIE]

Tweekampatlete kan vir die Suid-Vrystaat Tweekampkampioenskappe wat op Dinsdag, 18 Februarie in Bloemfontein plaasvind, inskryf. Die hardloopitems vind om 14:00 by Pelliespark (UV gronde) plaas en die swemitems by die Kovsie swembad. Vul asseblief die afskeurstrokie in en stuur op Maandag, 10 Februarie saam met jou inskrywingsgeld van R60 na die klasonderwysers. Geen laatinskrywings gaan aanvaar word nie. Busgeld van R50 is vooraf betaalbaar.

TENNIS:

Die 0/11 en 0/13 seuns en dogters se daag open op Maandag, 10 Februarie en sluit op Donderdag, 17 April. Die voorlopige rangleer is op die drukbord geplaas. Spelers wat wil daag moet hulle wedstryde by juffrou Tersia registreer. Spelers het almal daagrels ontvang.

GIMNASTIEK:

Ouers kan kennis neem van die volgende datums:

21 Junie: Bloemfontein kompetisie / 26 Julie: Bloemfontein kompetisie

2 Augustus: Vrystaat Kampioenskappe

29 Augustus: Sone Kampioenskappe - KZN

SKAAK:

Sterkte aan ons skaakspelers wat aan die kwalifiserende skaaktoernooi deelneem op 7 en 8 Februarie in Bloemfontein.

WRELDKENNIS OLIMPIADE:

Graad 6- en 7-leerders kry die geleentheid om vir die Wreldkennis Olimpiade in te skryf wat op 22 Mei hier by die skool geskryf word. Leerders kan tot 18 Maart hulle inskrywingsfooi van R15 by juffrou

Tersia inbetaal.

ALGEMEEN:

KOEKIEVERKOPING:

Baie dankie aan ons graad 1-mammas wat heerlike eetgoed en kontant gestuur het. Die klas het n pragtige bedrag van R1305,00 ingesamel.

.

PW Tait

SKOOLHOOF

(GEBEDSLYS:Scholtz-gesin (Oupa oorlede)Vorster-gesin (Ma in rehabilitasie)ONS IS DANKBAAR VIR DIE HEERLIKE RENWAT GEVAL HET!)

(Hykie Berg kom ons skool besoek op Woensdag, 5 Maart om 19:00 in die skoolsaal. Kostes: R20 Volwassenes R10 Kinders Hou solank hierdie datum oop en moet dit nie mis nie!AFSKOP VAN ONS WAARDEPROJEK)

(Op versoek van ouers)

LEERKRAGTE:VERJAARDAG:

Schalk Meintjes

1 Februarie

Naomi van Eck

10 Februarie

Maryna Scholtz

15 Februarie

Elza van Wyk

26 Februarie

Karin Page

15 Maart

Tersia Mostert

18 April

Delene Da Camara

9 Oktober

Marisan Jacobs

1 November

Phoeb Corbett

8 November

Rina van Zyl

29 November

Madeleine Koorzen

30 November

Marietjie Badenhorst

26 Desember

Pieter Tait

31 Desember

( Valentynsdans 14 Februarie 2014Aangebied deur: Kammaland Pre-Primr en WintershoekKaartjies:Volwassene: R100 (Steakete)Kinders (2 12jr): R50 (Hamburger)Kaartjies by Kammaland te koop.Beperkte aantal kaartjies beskikbaar)

(AFSKEURSTROKIE: SV TWEEKAMPKA MPIOENSKAPPENAAM VAN OUER: _________________________________________ NAAM VAN ATLEET: _____________________________________ GEBOORTEDATUM: ________________________WIL INSKRYF VIR DIE SUID-VRYSTAAT TWEEKAMPKAMPIOENSKAPPEOP DINSDAG, 18 FEBRUARIE.INSKRYWINGSGELD VAN R _______ HIERBY INGESLUIT.EK VERVOER SELF MY KIND NA BLOEMFONTEIN: EK BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN: OUER SE HANDTEKENING: __________________________ BUSGELD VAN R50 VOORAF BETAALBAAR)

(AFSKEURSTROKIE: PANNAR EXTRAVAGANZANAAM EN VAN: _____________________________________ EK/ONS KAN MET DIE PANNAR EXTRAVAGANZA OP 13 FEBRUARIE BY DIE STALLETJIE HELP.EK/ONS KAN IN DIE VOLGENDE TYDGLEUF HELP: ________ TOT _______ HANDTEKENING: _____________________ KONTAKNOMMER: ___________________)

(AFSKEURSTROKIE: SEKURITEIT BY KAREEHOF KOSHUISNAAM EN VAN: _________________________________ IS: TEN GUNSTE / NIE TEN GUNSTE (Onderstreep die toepaslike)VAN DIE INSTALLERING VAN KAMERAS BY DIE KOSHUIS EN/OF DIE AANSTELLING VAN N SEKURITEITSWAG.EK/ONS IS BEREID OM DIE VOLGENDE FINANSILE BYDRAE VIR HIERDIE PROJEK TE MAAK:R _______ HANDTEKENING: _____________________ DATUM: ___________________)

(AFSKEURSTROKIE: DAGSKOLIERE IN DIE KOSHUISNAAM VAN OUER: _________________________________________ NAAM VAN DAGSKOLIER: _____________________________________ GEBOORTEDATUM: ________________________WIL GRAAG VAN DIE VOLGENDE DIENSTE BY DIE KOSHUIS GEBRUIK MAAK:ETES: STUDIE: TOESIG: (merk die toepaslike)OUER SE HANDTEKENING: __________________________ DATUM: _____________________)

(AANDETE) (MIDDAGETE) (ONTBYT)

NOTULE VAN DIE OUERVERGADERING GEHOU OP 3 FEBRUARIE 2014 OM 17:30

1. OPENING:

1.1 Mnr Tait open die vergadering met skriflesing en gebed.

2. VERWELKOMING:

2.1 Mnr Tait heet alle ouers welkom en bedank hulle vir hulle

teenwoordigheid.

3. KONSTITUERING:

3.1 Mnr Tait vra almal om die persensielys te teken. Die vergadering word as gekonstitueer verklaar.

3.2 Verskonings: H Esterhuizen, Mnr en mev Theron, Danie Delport, Danie Noeth en Lanie Steenkamp.

4. AGENDA:

4.1 Waardegedrewe skool:

Die stelsel word hierdie jaar gemplementeer. Daar gaan meer op

waardes as op rels gefokus word. In plaas van negatiewe straf en

praat word gekonsentreer op positiewe denke en waardes. Daar is

reeds van 2009 af beplan vir hierdie stelsel en die volgende

waardes is gedentifiseer:

Christenskap

Gehoorsaamheid

Hulpvaardigheid

Selfrespek

Vriendelikheid

Respek

Hierdie waardes kan egter nie sonder die ondersteuning van ons ouers toegepas word nie. Waardes word immers tuis aangeleer. Daar word gevra wat hierdie skool vir ons ouers werd is en hoe die skool gaan voortbestaan in hierdie moeilike tye? Ons moet daarna strewe om dieselfde waardes tuis en by die skool toe te pas anders word leerders verwar. Die skoolomgewing is nog altyd dieselfde maar oueropvoeding het oor die laaste tyd baie verander. Ouers moet kinders leer om verantwoordelikheid vir hulle dade te aanvaar en klaar te maak waarmee hulle begin het. Hierin het kinders ouers se ondersteuning en aanmoediging nodig. Die skool, ouers en onderwyser se beleid moet hard en duidelik praat anders gaan daar niks gebeur nie. Die volgende is reeds by die skool begin:

Waardebepalings

Slagspreukebordjies oral op die terrein.

Jakkieman is ingespan

n Beloningstelsel is ingestel. Waarde- badges word deurlopend uitgedeel. n Jakkieklub word op die been gebring en n leerder word lid van die klub as hy/sy n goue toekenning ontvang.

Die volgende is in n beplanningsfase:

n Waardetuin met 7 pilare wat 7 waardes verteenwoordig. n Positiewe beeld word deur die waardetuin uitgestraal.

Waardevlag

Foto-album vir die Jakkieklub

Jakkievakansiedag waardes toepas

Bosberaad met ouers spreker

Hykie Berg kom op 5 Maart by ons kuier en dit sal die afskop vir die waardeprojek in ons skool verteenwoordig. Ons vra ons ouers se teenwoordigheid en ondersteuning van hierdie projek.

4.2 Ondersteuning vir leerders en ouers:

4.2.1 Mev Rina van Zyl verduidelik aan ouers watter berading by die skool gedoen word. Die volgende persone is ook hierby betrokke:

Ds Elize Stander kom Woensdae vanaf 10:30 tot 12:30 skool toe hoofsaaklik om ons leerders geestelik sterk te maak. Sy doen trauma hantering en swak selfbeeld.

Mev Barbara Bosch, n afgetrede maatskaplike werkster, kom Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 10:30 tot 12:30 skool toe om ook berading aan ons kinders te bied.

Mev Joubert is n terapeut/sielkundige wat ook dienste soos skolastiese toetse, spelterapie, huweliksberading ens. kan verrig. Haar kontakbesonderhede is per nuusbrief deurgegee.

Departement Geestesgesondheid is ook by ons skool betrokke by name, Elmarie Menezes en Elaine Shaw. Hulle doen baie opheffingswerk in die woonbuurt veral met mense wat fisies swaarkry, asook mishandeling en ander sosiale probleme.

Die Departementele skoolsielkundige Hannelie Lubbe besoek ons skool gereeld. Ouers verwys leerders na haar en sy doen met ouers se toestemming berading met hierdie leerders. Sy verwys leerders vir verdere berading indien nodig. Hannelie Swartz is die Departementele Spraakterapeut en doen ook spraakterapie by ons skool. Erna Liebenberg is by die Inklusiewe afdeling betrokke en sien om na die akademiese probleme wat ons leerders ondervind.

FAMSA besoek ons skool weekliks en individuele leerders word deur hulle gemonitor.

VCSV word een maal n week aangebied. Alle leerders is welkom om dit by te woon.

JKJA word een maal n week vir al ons leerders deur gewillige ouers aangebied. Pastoor Chris Morey van die Woord en Lewe gemeente is ook by die graad 4 7 leerders betrokke.

Win win parenting-kursus word vir ouers aangebied. Daar is n versoek dat dit weer later in die jaar aangebied moet word. Dit is belangrik dat ons ouers hierdie werkswinkel sal bywoon.

Soos ouers kan sien is die skool se ondersteuningsbasis vir ons kinders baie groot en ondersteunend en alle dienste, behalwe mev Joubert sn, is gratis. Alle terugvoering oor leerders wat probleme ondervind word konfidensieel gehou en enige vermoede word ondersoek.

4.2.2 Hulpfonds:

n Hulpfonds is gestig deur die vrywillige bydraes van sommige ouers. Hierdie diens maak ons skool anders. Hier ken ons elke kind se behoefte en kan ons deur die hulpfonds ons behoeftige kinders voorsien van klere, tasse, skoene ens. Die skool probeer om hierdie leerders te ondersteun. Die Ouervereniging doen moeite om behoeftige leerders op hulle verjaardae spesiaal te laat voel deur vir hulle n klaspartytjie te rel. Kontak gerus vir Charmaine en haar span indien u van so n leerder bewus is. Maak n bydrae en maak so n verskil.

4.3 Leerders:

4.3.1 Ons skoolgetalle was 201 vir 2013 se begin en is tans 223. Ons skool is werklik gesend. Ons ontvang baie afvlerkkinders wat baie verander hier by ons.

4.3.2 Skoolgereedheidstoetse: Die graad 1-klas is in die tweede week van die kwartaal getoets en daar is bevind dat Kammaland Pre-Primr n gemiddeld van 84% handhaaf en ander kleuterskole 78%. Dit is vir ons skool voordelig om leerders van n goeie kleuterskool te ontvang. In April/Mei word graad 1s weer geevalueer. Ouers moet fokus op dinge wat hulle kinders skoolgereed maak. Kinders kan tussen 12 en 14% vorder indien dit gedoen word. Ons kinders sukkel met ouditiewe vaardighede. Hulle leer nie om klaar te luister na n opdrag nie. Televisie maak kinders lui om te luister. Sosiale vaardighede is ook n probleem asook die maak van regte keuses.

4.3.3 Redenaars: Mev Marisan Jacobs verduidelik dat leerders in graad 1 tot 3 in die klassituasie geleer word om te redeneer. Maklike onderwerpe wat vir hulle bekend is word gekies bv. om hulleself aan die klas voor te stel. Sy vra ouers om leerders van graad 4 tot 7 met redenaars/mondeling te help. Vaardighede moet ontwikkel word. Leerders kan dit nie op hulle eie behartig nie. Die onvoorbereide afdeling by redenaarskompetisie gaan verander word aangesien leerders te veel spanning ervaar. Graad 4 en 5 gaan voortaan nie meer onvoorbereid praat nie.

4.3.4 Swaar tasse: Leerders mag tasse op waentjies sleep. Ongelukkig is boeke noodsaaklik en belangrik.

4.4 Personeel:

4.4.1 Mnr Tait heet die nuwe Sportorganiseer, mnr Wilco van der Merwe welkom by ons skool. Hy is in die diepkant ingegooi en ons vra ouers se begrip en ondersteuning.

4.4.2 Mev van Zyl het aan die einde van 2013 afgetree, maar is steeds betrokke by ons skool en is weer deur die Beheerliggaam as RO onderwyseres aangestel.

4.5 Akademie:

4.5.1 Mnr Tait vra ouers om van die begin van die jaar af aandag aan hulle kinders se akademie te gee. Dit help nie om aan die einde van die jaar te wil begin werk nie. Dit is dan te laat. Die slaagvereistes is verlede jaar aan ouers deurgegee en ouers moet daarop let dat dit baie verander het. In vakke soos Wiskunde en Afrikaans en Engels moet sekere standaarde behaal word. Slaagvereistes moet goed deur ouers bestudeer word. Navrae kan by die skool gedoen word indien u onseker is. Graad 7 se slaagvereistes het verander vir 2014. Waar dit verlede jaar 30% was, het dit verhoog na 40% en 50%, afhangende van die verskillende vakke. Ouers moet toesien dat leerders bewus is van die nuwe slaagvereistes. Afrikaans is veral baie belangrik en nie maklik om deur te kom nie. Leerders moet veral daarop fokus om van die begin af hard daarin te werk.

4.5.2 JNA-uitslae: Ons JNA-uitslae lyk goed. Baie vraestelle is swak gemerk met foutiewe memorandums en uitslae is eers baie laat in die jaar ontvang. Van die uitslae skets n onakkurate prentjie, veral in graad 2. Ons kan ongelukkig niks daaraan doen nie.

4.5.3 Handboeke: Bestelling van handboeke bly n probleem. Die skool ontvang net n sekere hoeveelheid vanaf die Departement. Ons wag nog vir die res van die handboeke wat deur die Departement verskaf moet word. Ouers moet asseblief die skool kontak indien u n probleem ondervind.

4.5.4 Begin- en uitkomtye: Graad 1 3 het n 25-uur skoolweek en graad 4 7 moet vir 27 ure en 30 minute skoolgaan. Die res van die skoolure word gevul met JKJA, kooroefening en administratiewe periodes. Periodetye is met die eerste nuusbrief aan ouers verskaf.

4.6 Ouervereniging:

4.6.1 Mnr Tait noem dat hy jammer is oor die min ouers wat betrokke raak by die ouervergadering. Ouerbetrokkenheid is vir ons skool van kardinale belang.

Hy voel dat die Ouervereniging die hart van die skool is. Neem dit weg dan gaan baie belangrike dinge soos die verkoop van verversings, samesyn en saamwerk verlore.

In 2013 het die Ouervereniging R86000,00 vir die skool deur 8 Ouervereniginglede ingesamel. Hierdie insameling verlig die finansile druk van ouers deurdat skoolgeld afgehou word. n Klein groepie doen die werk en n groot groep ouers trek die voordeel. Hierdie groepie ouers doen die werk vrywillig met onkostes uit hulle eie sakke. Hierdie las raak net te veel vir die komitee en hulle sien later nie meer kans vir die werk nie. Dit is heeltemal te verstane.

Mnr Tait doen n beroep op al ons ouers om die Ouervereniging te help waar hulle kan. Los hulle af om ook net hulle kinders te kan sien deelneem. Al is dit net vir n uur! Hy bedank die komitee vir hulle onbaatsugtige diens en vra ouers vir hulle ondersteuning.

Mnr Peet Steenkamp noem dat al die ouers eintlik op die Ouervereniging is, die komitee doen net die beplanning.

4.6.2 Gedrag van ouers: Ouers word gevra om te alle tye volgens ons

waarderaamwerk op te tree. Raak asseblief rustig langs die sportveld. Moenie op afrigters, skeidsregters

of spelers skree nie. Positiewe aanmoediging het veel meer

waarde.

4.6.3 Nuusbriewe: Die nuusbrief is ook op ons webtuiste beskikbaar.

Vul asseblief getrou die afskeurstrokies in. Teken asseblief die nuusbriefkontrolebladsy getrou anders kom u kind in die moeilikheid.

4.6.4 Afwesighede: Ouers van afwesige leerders is self verantwoordelik vir die inhaal van verlore skoolwerk. Huiswerk vir elke dag is na skool in die personeelkamer vir graad

4 7 leerders beskikbaar. Tandarts- en doktersafsprake moet

liefs in die middae en vakansies gerel word. Agterstallige werk

raak net te veel vir leerders.

4.7 Finansies:

4.7.1 Mnr Peet Steenkamp spreek sy dank uit teenoor nuwe ouers wat besluit het om hulle kinders by ons in te skryf.

Skoolfonds word maandeliks vir elf maande van die jaar gehef. Ouers is welkom om die volle bedrag aan die begin van die jaar te betaal. Afslag word op eenmalige betalings by die skool en koshuis gegee.

Skoolgeld moet voor die sewende van elke maand betaal word. n Vriendelike brief word vir agterstallige ouers gestuur wat opgevolg word deur n 10-dae brief indien fooie nog nie betaal is nie. Indien dit deur ouers gegnoreer word, word die volle bedrag vir invordering oorhandig.

Hy vra ouers om n positiewe kultuur te handhaaf met die betaling van skoolgeld. Indien u kontakbesonderhede verander moet u dit by die skool aanmeld.

Agterstallige busgeld word op die skoolrekening aangebring aangesien daar nie n aparte rekening daarvoor bestaan nie. Om misverstande te voorkom moet bus- of vervoergeld elke week getrou betaal word.

Nuwe ouers moet kennis neem dat slegs die kind wat saam met sy eie ouer ry nie vervoergeld betaal nie. Indien u ander kinders vervoer moet daardie kinders vervoergeld by die kantoor inbetaal. Ouers kan hierdie vervoergeld agterna by die finansile kantoor opeis om u met petrolgeld te help. Geen vervoergeld word direk deur n kind aan n ouer betaal nie. Ons doen n beroep op ouers om hierdie stelstel, sonder uitsondering, te volg.

Koshuisgelde moet altyd op datum wees. Ouers kan geskakel word om u kind/ers te kom haal indien koshuisgeld nie op datum is nie. Volgens die SASW mag koshuisgelde van n leerder oorgeplaas word na agterstallige skoolgeld. Die rekening is dan by die koshuis agterstallig.

Ouers moet seker maak dat klubsport nie druk plaas op u finansile verpligtinge ten opsigte van skoolfonds nie.

Aansoeke vir kwytskelding sluit op Vrydag, 7 Februarie. Ouers kan relings met die Finansile komitee tref indien u n krisis beleef. Hulle is nie onredelik nie.

4.7.2 Wiskunde klub: Mnr Schalk Meintjies en mev Maryna Scholtz gaan die Wiskunde klub as n buitemuurs bedryf. Aan die begin is sekere kriteria nodig bv. die top drie presteerders van elke graad. Dit is nie wiskunde ekstraklasse nie. Die klub se doel is om leerders n liefde vir wiskunde aan te kweek. Ons sal sien hoe dit werk en herevalueer aan die einde van die kwartaal. Nuwe leerders word ook in ag geneem met aansluiting by die wiskundeklub.

4.8 Wintersklere:

4.8.1 Ouers moet hulle kinders se wintersklere voor 14 Februarie bestel. Langmousporthempies kan aangekoop word vir die winter. Dit sal R180 en R200 elk kos, afhangende van die grootte.

4.9 Koshuis:

4.9.1 Baie welkom aan Sakkie en Linda Jansen van Vuuren wat ons nuwe koshuisouers is. Ons is dankbaar dat dit tans baie goed gaan in die koshuis.

4.9.2 Mev Hetmarie Geldenhuys noem dat die getalle in 2013, 58 leerders was. Getalle het in 2014 gegroei tot 66 leerders. Diefstal is ongelukkig deel van koshuislewe. Dit is baie moeilik om te keer en ouers is welkom om met voorstelle te kom om dit te beperk. Leerders moet self hulle besittings en geld oppas en sorg dat hulle kaste te alle tye gesluit is. Dit is al wat werk. n Voorstel is gemaak om kameras in die koshuis aan te bring. Dit is n baie duur projek en nie altyd effektief nie. Daar moet vooraf begroot word vir so n duur projek. Die koelkamer is nou die koshuis se eerste prioriteit. Koshuisouers word gevra om te kom met voorstelle vir fondsinsamelings. Onkostes is geweldig groot en beperkte fondse is beskikbaar.

Koshuisleerders moet uitgeteken word by die koshuis indien ouers hulle wil kom haal. Toestemming moet vooraf verkry word.

4.9.3 Ouers moet asseblief versigtig en stadig in die straat tussen die skool en koshuis ry. Kinders hardloop tussen karre deur en word nie altyd betyds gesien nie. Ouers mag nie op die Zebra-strepe parkeer nie. Hou asseblief daardie spasie oop vir voetgangers.

Mnr Tait bedank almal vir hulle teenwoordigheid en vra ouers om elkeen nog n ouer saam te bring vir die volgende vergadering.

Hy bedank die Ouervereniging vir die verversings en nooi ouers uit om dit saam met die personeel te geniet.

Die vergadering verdaag.

Jeugskou

19 en 20 Februarie 2014

14:30 tot 17:30

PROGRAM:

Woensdag, 19 Februarie

AKTIWITEITE:

LEERKRAGTE:

PLEK:

GR:

TYD:

Tegnologie

Tersia / Karin / Schalk

Klaskamer 22

R - 1

14:15 - 15:15

2 3

15:15 - 16:00

4 5

16:00 - 16:45

6 7

16:45 - 17:30

Kuns

Marisan / Naomi / Marietjie

Skoolsaal

6 7

14:15 - 15:15

R - 1

15:15 - 16:00

2 3

16:00 - 16:45

4 5

16:45 - 17:30

Donderdag, 20 Februarie

AKTIWITEITE:

LEERKRAGTE:

PLEK:

GR:

TYD:

Papiervou (Origami)

Delene / Maryna / Pieter

Wiskunde laboratorium

R - 1

14:15 - 15:15

2 3

15:15 - 16:00

4 5

16:00 - 16:45

6 7

16:45 - 17:30

Blommerangskikking

Rina / Madeleine / Elza

Sportkamer

6 7

14:15 - 15:15

R - 1

15:15 - 16:00

2 3

16:00 - 16:45

4 5

16:45 - 17:30

NEEM ASSEBLIEF KENNIS VAN DIE VOLGENDE:

Leerders kry geleentheid om besondere vaardighede te ontwikkel

dus moedig ons leerders aan om ALMAL in te skryf.

Inskrywings: R10 per leerder (Sluit deelname in alle aktiwiteite in)

Sluitingsdatum vir inskrywings: Maandag, 17 Februarie.

Laatinskrywings (vanaf Dinsdag, 18 Februarie): R20!

Klasse wissel net een maal in n middag volgens bostaande rooster.

n Klas het 45 minute om die aktiwiteit te voltooi.

Beoordeling word deur onpartydige persone gedoen.

Elke leerder kry n unieke nommer wat met n kleurplakker op sy/haar artikel geplak/gedruk word.

Leerders neem in sivvies deel.

Leerders gaan volgende week volledige inligting en instruksies oor elke afdeling ontvang.

Ouers en leerders moet asseblief voorberei vir die Jeugskou. By sommige aktiwiteite verskaf die skool

die benodigdhede en by ander moet die kind sekere benodigdhede saambring.

Die kriteria waarop die artikel beoordeel word sal ook vooraf beskikbaar wees.

Geen buitemuurs sal op daardie twee dae plaasvind nie

Die eerste 3 plekke in elke ouderdomsgroep kry pryse. Prysuitdeling: Vrydag, 21 Februarie tydens saalperiode. Alle artikels sal op daardie Vrydag in die saal uitgestal word vir ouers om te besigtig.

BIOLINK

Konsentrasie is die sleutel to prestasie

Wat is BioLink?

BioLink is n alternatiewe metode tot medikasie om konsentrasie en fokus te verbeter, maar nog s veel te meer, om kinders te help om selfvertroue te verkry deur bioterugvoering aktiwiteite en oefeninge. Dit verbeter geheue, help hulle vinniger werk en harder konsentreer.

Hoe werk dit?

BioLink is gekondisioneerde oefeninge wat help om suurstof in die bloed te vervoer na die areas van die brein wat dit benodig. Die hooffokus van hierdie oefeninge is om konsentrasie te verbeter. BioLink maak gebruik van konsentrasie-toerusting en is die enigste verskaffer van PlayAttention toerusting op die Afrika-kontinent.

Hoe word die vordering gemeet?

Verskeie toetse om aandag en konsentrasie te meet, word na afloop van n sekere hoeveelheid sessies gedoen. Dit is n rekenaartoets wat reaksietyd, konstantheid, die gebrek aan konsentrasie en impulsiwiteit meet. Dit word die TOVA-toets genoem. n Verslag word aan die ouers gegee sodat hulle hul kind se vordering kan volg.

Konsentrasie kan gemeet word

Beter konsentrasie en fokus = beter punte

BioLink is uniek

Dit lewer gelukkige kinders met hope selfvertroue

Vordering word wetenskaplik gemeet

BioLink lewer toppresteerders

Kinders voltooi hul huiswerk nou in die helfte van die oorspronklike tyd

BioLink is vir enigiemand

Getuigskrif

Te danke aan BioLink presteer Erik nou vir die eerste keer binne sy vermons. Vroer was dit n stryd om klastake te voltooi en Erik het dit moeilik gevind om te konsentreer binne klasverband. Die geringste geraas het sy aandag afgetrek. Nou kan Erik voluit fokus op sy take en word dit binne die tydsgrens voltooi. Boonop behaal hy nou tussen 90 en 100% vir sy werk waar dit vroer tussen 70 en 80% was.

Nicolette Janse van Rensburg (tevrede ma)

BioLink kom Jacobsdal toe en is baie opgewonde om hierdie wonderlike diens aan ons ouers en kinders te kan lewer. Moenie hierdie ideale kans mis om u kind die geleentheid te gee om deel van BioLink te word nie.

Indien u sou belangstel en meer inligting verlang, skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688 of 053591 0757 of stuur n e-pos na [email protected]. Skakel reeds nou al om u plek te verseker!!!