shot vb vir issuu

2
Kry ‘n coach—kry ‘n voorsprong! shot deur Jimi le Roux LEWENSBEGELEIER/GEESTELIKE BEGELEIER © 2014 Jimi le Roux | www.jimileroux.com | Alle regte voorbehou Wat is lewensbegeleiding? Dit help jou om te besef wie en wat jy is, Dit help jou om die verlede uit te sorteer, Dit help jou om jou verhoudings te hanteer, Dit help jou om effektief te wees, Dit help jou om vir die toekoms te beplan... ...sodat jy met meer sukses en sin kan lewe. Lewens- begeleiding gee jou ‘n voorsprong in die lewe! Jimi le Roux [email protected] Hallo daar! Ek is ‘n gekwalifiseerde en geregis- treerde life coach. Maar ek was ook (en is nog steeds) ’n predikant vir meer as 20 jaar. Dan het ek ook gekwalifiseer as ‘n onderwyser, kan jy glo! Skoolvoorligting, was my vak, nogal… My eie kinders is op die oomblik studente. Maar genoeg van myself. Hier is my voorstel: Ek stuur aan jou ‘n weeklikse e-pos soos hierdie, met temas wat gaan oor liefde en seks, werk en geld, verhoudings met jou ouers en onderwysers, jou emosies, jou toekomssulke dinge. Ek sal regtig probeer om dit relevant, prakties en kort en kragtig te houeen blad se inligting alleen. Jy lees dit deurmeeste kere!en probeer iets leer. Stoor dit op jou rekenaar. Dis al! Daar is geen huiswerk nie en niemand check op nie. Jy kan ook enige-tyd vir my skryf. Kliek net op my adres hierbo, of druk Reply, en vra gerus wat jy wil: geestelike vrae, verhoudingskwessies, emosionele problemnet wat jy wil (behalwe nou seksuele dinge...) Ek is natuurlik nie ’n kenner op alles nie, maar kan darem ‘n 100% vertroulike (en dis ‘n be- lofte) oor gee en antwoord soos ek kan. Jy kry ‘n persoonlike life coach kry, op ‘n manier! Wat dink jy? Ek moet iets duidelik stelons benadering is Christelik. Ek sal nooit druk op jou toepas om iets spesifieks te glo of te doen nie, maar van ons temas sal gaan oor ’n verhouding met God. Jy kan egter daaroor ook vir my skryf! Dis maar net wie ek is. Ek hou van hierdie vers: Ek is tot alles in staat deur Hom wat vir my krag gee. Fil 4:13 # 00 # 00 Kry ‘n coach

Upload: jimi-le-roux

Post on 14-Mar-2016

221 views

Category:

Documents


7 download

DESCRIPTION

'n Voorskou van Padlangs se jeugprogram SHOT.

TRANSCRIPT

Page 1: Shot vb vir issuu

Kry ‘n coach—kry ‘n voorsprong!

shot deur Jimi le Roux LEWENSBEGELEIER/GEESTELIKE BEGELEIER © 2014 Jimi le Roux | www.jimileroux.com | Alle regte voorbehou

Wat is lewensbegeleiding?

Dit help jou om te besef wie en wat jy is, Dit help jou om die verlede uit te sorteer, Dit help jou om jou verhoudings te hanteer, Dit help jou om effektief te wees, Dit help jou om vir die toekoms te beplan... ...sodat jy met meer sukses en sin kan lewe. Lewens-begeleiding gee jou ‘n voorsprong in die lewe!

Jimi le Roux [email protected] Hallo daar! Ek is ‘n gekwalifiseerde en geregis-

treerde life coach. Maar ek was ook (en is nog

steeds) ’n predikant vir meer as 20 jaar. Dan het ek ook gekwalifiseer

as ‘n onderwyser, kan jy glo! Skoolvoorligting, was my vak, nogal…

My eie kinders is op die oomblik studente. Maar genoeg van myself.

Hier is my voorstel: Ek stuur aan jou ‘n weeklikse e-pos soos hierdie, met temas wat

gaan oor liefde en seks, werk en geld, verhoudings met jou

ouers en onderwysers, jou emosies, jou toekoms—sulke dinge.

Ek sal regtig probeer om dit relevant, prakties en kort en kragtig

te hou—een blad se inligting alleen.

Jy lees dit deur—meeste kere!— en probeer iets leer. Stoor dit

op jou rekenaar. Dis al! Daar is geen huiswerk nie en niemand

check op nie.

Jy kan ook enige-tyd vir my skryf. Kliek net op my adres

hierbo, of druk Reply, en vra gerus wat jy wil: geestelike vrae,

verhoudingskwessies, emosionele problem—net wat jy wil

(behalwe nou seksuele dinge...) Ek is natuurlik nie ’n kenner op

alles nie, maar kan darem ‘n 100% vertroulike (en dis ‘n be-

lofte) oor gee en antwoord soos ek kan.

Jy kry ‘n persoonlike life coach kry, op ‘n manier! Wat dink jy?

Ek moet iets duidelik stel—ons benadering is Christelik. Ek sal nooit druk op jou toepas om iets spesifieks te glo of te doen nie, maar van ons temas sal gaan oor ’n verhouding met God. Jy kan egter daaroor ook vir my skryf! Dis maar net wie ek is. Ek hou van hierdie vers:

Ek is tot alles in staat deur Hom wat vir my krag gee. Fil 4:13

# 00 # 00 Kry ‘n coach

Page 2: Shot vb vir issuu

Vat God se hand van vriendskap.

# 01 Verhouding met God

shot deur Jimi le Roux LEWENSBEGELEIER/GEESTELIKE BEGELEIER © 2014 Jimi le Roux | www.jimileroux.com | Alle regte voorbehou

God kan nie bewys word nie—

...altans, nie op die wetenskaplike manier nie. God kan nie ondersoek of uitgepluis word nie. Hy pas nie onder enige mens se mikroskoop in—of in enige-iemand se gedagtes in nie. Hy is groter as dit alles. Dis sinneloos om te vra vir bewyse vir God. Hy kan egter beleef word—miljoene en miljoene mense beleef Hom as ‘n alledaagse realiteit. Hulle leef hulle vreugde en vrees, hulle hoop en hel, saam met Hom. Dalk is dit ‘n bewys van hoe werklik God is.

Jimi le Roux [email protected] ‘n Verhouding met God is moontlik en dis wonder-

lik! Volgens die Bybel is Jesus Christus die pad na

God toe (Joh 14:6): as ons Hom aanneem as Verlosser word ons

kinders van God (Joh 1:12). Dis eintlik ‘n baie radikale besluit wat

ons hele lewe kan verander! Om ‘n kind van God te wees beteken dat

ons doen wat Hy sê, nie noodwendig wat ons wil doen of wat ander

van ons verwag nie. Dis om beheer aan Hom te gee, om Hom te ge-

hoorsaam in alle opsigte. Die volgende sal jou daarmee help:

Besluit eenmalig dat jy die Here wil dien en bid dit in ‘n een-

voudige gebed. Die spesifieke woorde maak nie so saak nie,

dis meer jou bedoeling wat tel. Skryf die datum in jou Bybel;

Jy kan maar seker wees dat jy ‘n kind van God is (1 Joh

5:13). GLO dit net omdat die Bybel dit belowe—moenie te

veel staatmaak op jou gevoelens wat dit betref nie. Soms voel

ons na aan God en ander kere ver. Emosies is baie wispelturig;

Groei geestelik deur gereeld met God te praat en deur Bybel

te lees. Elkeen bid op sy eie manier—daar is nie net een manier

nie. Wat Bybellees betref, daar is ook baie hulpmiddels, bv.

dagstukkieboeke. Skakel ook by ‘n kerk of jeuggroep in.

Om as ‘n kind van God te leef, is die moeite werd. Ons is ge-maak vir ‘n verhouding met God en bly soekend en onvervuld tot ons Hom gevind het! As ons aan die Here behoort, belowe Hy dat ons vir ewig en ewig veilig by Hom sal wees. Die beste van alles is dat ons in Hom die beste Vriend het wat enige mens in die lewe kan hê! Hy het jou werklik lief—Hy sê:

Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. Joh 15:9

# 01