sig - october 2015 new - durbanville gemeentedurbanvillegemeente.co.za/uploads/sig/49.pdfh/v kerk en...

6
SIG UITGAWE 2 OKTOBER 2015 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Atel Streicher 'n Groep van vyf leerders het Woensdagoggend, 2 September, by die sopkombuis in Durbanville aangemeld ter uitvoering van hulle Lewens- oriënteringsopdrag, naamlik om 'n gemeenskapdiens- bydrae te maak. Volgens die jongmense, het hulle daar opgedaag vol geesdrif, maar gespanne vir die onbekende. Die dames van die Katolieke kerk het die groepie onder hul wakende oë vrye teuels gegee om die sopkombuis vir die oggend te laat funksioneer. Hulle het dus ingespring met brode aandra, sop opwarm, opskep en uitdeel, tot opruim en geselstyd met almal wat daar was. Die vrymoedigheid van Lunette van der Walt om met gebed te open en die geesdrif van die tieners, het ons aangegryp. Met dankbare harte is die groepie huis toe – wat 'n beter tyd om ons mense iets te laat verstaan van die Seisoen van Menswaardigheid as juis dié tipe betrokkenheid? DURBANVILLE JEUG leer ons Menswaardigheid KERKBESONDERHEDE H/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville 7551 [email protected] www.durbanvillegemeente.co.za 021 975 6370 082 779 3356 021 976 7109 Ma, Di, Do en Vr: 08:00 - 14:00 Wo: 08:00 - 16:00 NG Gemeente Durbanville ABSA Durbanville Tjekrekening: 1410580019 Voeg asb verwysing by bv. Naam/MDO durbanville gemeente Tinus van Zyl Met ons reeks Menswaardigheid en Armoede en Versorg- ing, het aspekte soos die volgende op die voorgrond ver- skyn: Wat maak jou waardig om deur ander mense gere- spekteer te word? Waarin lê jou waarde as mens? Hoekom sal mense jou raaksien, na jou luister, jou omarm en liefhê? Ons almal wil hê dat daar iemand sal wees wat na ons verhaal sal luister, 'n geliefde wat ons sal omarm. Somtyds is dit hierdie begeerte, wat soveel skade in ons lewe berokken. Wanneer ons nie lewensvreugde in onsself kan vind nie, maar voortdurend opsoek is na ander mense wat ons begeertes sal bevredig, is ons op 'n gevaarlike pad wat kan lei na ongesonde verhoudings en selfs verslawing in verskillende vorme, want daardie behoefte kan nooit deur ander mense bevredig word nie. Die regte plek om te soek na Menswaardigheid is by God. Dit is eers wanneer ons ontdek dat God ons alreeds raaksien, na ons luister, ons alreeds liefhet en omarm, dat ons ons waarde as mense kan ontdek. Dan kan ons vir ons medemens waardigheid gee, eerder as om ons eie menswaardigheid by hulle te soek. Daarom is dit so wonderlik om 'n bundeltjie gebede te kry as deel van die Seisoen van Menswaardigheid, wat ons help om ons waarde as mense in die eerste plek by God te soek en te vind. Dit help ons om ook ander se menswaardigheid raak te sien, want ons kyk nou na hulle deur God se oë. Mag hierdie gebede ons help om ons eiewaarde as mense in dié God te vind. Hierdie gebedsgidse is beskikbaar by CLF by 021 873 6964 of [email protected] Bid vir MENSWAARDIGHEID INHOUDSOPGAWE Tinus van yl kry verantwoordelikh Z Sinodale ede ... 02 Gys & Thea gaan op ‘n nuwe reis ............................. 02 Pierre Joubert, kerkraadsvoorsitter .......................... 02 Redakteur gesels ... ................................................... 02 Sê dit, skryf dit, deel dit ........................................... 02 Die hemel ís .............................................................. 03 Ons roeping ............................................................... 03 Lidmate presteer ....................................................... 03 Hoe vorentoe, Durbanville Gemeente??? ................ 03 Vrae wat Belydenisklas oor God, godsdiens en die Hemel vra .................................................................. 03 re#imagine Matriekfees Noordhoek ....................... 03 November is Dankbaarheidsmaand ......................... 04 Gebedskursus maak deure oop ................................ 04 Dissipelskapkursus ................................................... 04 Ons praat oor Armoede & Ongelykheid .................. 04 Vroueaande - Wat gebeur daar? ............................... 04 Steakbraai ................................................................. 04 Retrait ....................................................................... 04 60 Plus tel .................................................................. 05 Tweeling word 95 ...................................................... 05 Program vir Seniormaand ........................................ 05 “Joy” van die middeljare ........................................... 05 Dagboek vir 4de kwartaal ......................................... 06 Sinode se besluit oor selfdegeslagverhoudings ........ 06 Verhoudings: “Trap versigtig!” ................................. 06 Resep: Sjokolade- en karamelvierkante ................... 06 ADVERTEER IN SIG EN SPAAR R200 SO! Ons SIG-advertensies kos R250 vir ‘n besigheidskaartjie-grootte. Bespreek en betaal jou spasie in SIG vir al 4 uitga- wes 2016 en spaar R200. Koste vir 4 advertensies dus R800.

Upload: others

Post on 03-Nov-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SIG - October 2015 new - Durbanville Gemeentedurbanvillegemeente.co.za/uploads/sig/49.pdfH/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville 7551 ontvangs@durbanvillegemeente.co.za

SIGUITGAWE 2 OKTOBER 2015

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Atel Streicher'n Groep van vyf leerders het Woensdagoggend, 2 September, by die sopkombuis in Durbanville aangemeld ter uitvoering van hulle Lewens-oriënteringsopdrag, naamlik om 'n gemeenskapdiens-bydrae te maak.

Volgens die jongmense, het hulle daar opgedaag vol geesdrif, maar gespanne vir die onbekende. Die dames van die Katolieke kerk het die groepie onder hul wakende oë vrye teuels gegee om die sopkombuis vir

die oggend te laat funksioneer. Hulle het dus ingespring met brode aandra, sop opwarm, opskep en uitdeel, tot opruim en geselstyd met almal wat daar was.

Die vrymoedigheid van Lunette van der Walt om met gebed te open en die geesdrif van die tieners, het ons aangegryp.

Met dankbare harte is die groepie huis toe – wat 'n beter tyd om ons mense iets te laat verstaan van die Seisoen van Menswaardigheid as juis dié tipe betrokkenheid?

DURBANVILLE JEUG leer ons Menswaardigheid

KERKBESONDERHEDEH/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550

Posbus 107, Durbanville 7551

[email protected]

www.durbanvillegemeente.co.za

021 975 6370 082 779 3356 021 976 7109

Ma, Di, Do en Vr: 08:00 - 14:00

Wo: 08:00 - 16:00

NG Gemeente Durbanville

ABSA Durbanville

Tjekrekening: 1410580019

Voeg asb verwysing by bv.

Naam/MDO

durbanville gemeente

Tinus van ZylMet ons reeks Menswaardigheid en Armoede en Versorg-ing, het aspekte soos die volgende op die voorgrond ver-skyn: Wat maak jou waardig om deur ander mense gere-spekteer te word? Waarin lê jou waarde as mens? Hoekom sal mense jou raaksien, na jou luister, jou omarm en liefhê?

Ons almal wil hê dat daar iemand sal wees wat na ons verhaal sal luister, 'n geliefde wat ons sal omarm.

Somtyds is dit hierdie begeerte, wat soveel skade in ons lewe berokken. Wanneer ons nie lewensvreugde in onsself kan vind nie, maar voortdurend opsoek is na ander mense wat ons begeertes sal bevredig, is ons op 'n gevaarlike pad wat kan lei na ongesonde verhoudings en selfs verslawing in verskillende vorme, want daardie behoefte kan nooit deur ander mense bevredig word nie.

Die regte plek om te soek na Menswaardigheid is by God. Dit is eers wanneer ons ontdek dat God ons alreeds raaksien, na ons luister, ons alreeds liefhet en omarm, dat ons ons waarde as mense kan ontdek. Dan kan ons vir ons medemens waardigheid gee, eerder as om ons eie menswaardigheid by hulle te soek.

Daarom is dit so wonderlik om 'n bundeltjie gebede te kry as deel van die Seisoen van Menswaardigheid, wat ons help om ons waarde as mense in die eerste plek by God te soek en te vind. Dit help ons om ook ander se menswaardigheid raak te sien, want ons kyk nou na hulle deur God se oë.

Mag hierdie gebede ons help om ons eiewaarde as mense in dié God te vind.

Hierdie gebedsgidse is beskikbaar by CLF by 021 873 6964 of [email protected]

Bid vir MENSWAARDIGHEID

INHOUDSOPGAWETinus van yl kry verantwoordelikhZ Sinodale ede ... 02Gys & Thea gaan op ‘n nuwe reis ............................. 02Pierre Joubert, kerkraadsvoorsitter .......................... 02Redakteur gesels ... ................................................... 02Sê dit, skryf dit, deel dit ........................................... 02Die hemel ís .............................................................. 03Ons roeping ............................................................... 03Lidmate presteer ....................................................... 03Hoe vorentoe, Durbanville Gemeente??? ................ 03Vrae wat Belydenisklas oor God, godsdiens en die Hemel vra .................................................................. 03re#imagine Matriekfees Noordhoek ....................... 03November is Dankbaarheidsmaand ......................... 04Gebedskursus maak deure oop ................................ 04Dissipelskapkursus ................................................... 04Ons praat oor Armoede & Ongelykheid .................. 04Vroueaande - Wat gebeur daar? ............................... 04Steakbraai ................................................................. 04Retrait ....................................................................... 0460 Plus tel .................................................................. 05Tweeling word 95 ...................................................... 05Program vir Seniormaand ........................................ 05“Joy” van die middeljare ........................................... 05Dagboek vir 4de kwartaal ......................................... 06Sinode se besluit oor selfdegeslagverhoudings ........ 06 Verhoudings: “Trap versigtig!” ................................. 06Resep: Sjokolade- en karamelvierkante ................... 06

ADVERTEER IN SIG EN SPAAR R200 SO!

Ons SIG-advertensies kos R250 vir ‘n besigheidskaartjie-grootte. Bespreek en

betaal jou spasie in SIG vir al 4 uitga-

wes 2016 en spaar R200. Koste vir

4 advertensies dus R800.

Page 2: SIG - October 2015 new - Durbanville Gemeentedurbanvillegemeente.co.za/uploads/sig/49.pdfH/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville 7551 ontvangs@durbanvillegemeente.co.za

REDAKSIE: Andrew Kok Mariëtte Steyn Lezjé v Zyl Jackie Pretorius Cindy vd Merwe Atel Streicher

ONS MENSE Andrew Kok

Vir my voel dit of SIG nou skielik ‘n gemeenteblad vir gemeentelede geword het. ‘n Nuusbrief waarin talle lidmate deel is van die skryf van die storie en vertel van hul eie gemeentebetrokkenheid.

Soos ek hier sit en ons SIG proeflees, het ek ‘n groot dankbaarheid teenoor elkeen wat deelgeword het van hierdie SIG en ons hoor en lees nou waar soveel lidma-te Jesus se opdrag uitvoer. Hier is die mooiste stories van betrokke lidmate – van ons Jeug af tot by ons Seniors. Ek is oorweldig deur alles waarmee ek toege-gooi is en dis so jammer dat mens dele moet sny omdat die bladsye net te min is – ek moes omtrent die snoeiskêr inlê om aan elkeen ‘n regverdige plekkie in die SIG-son te gee.

Geniet ons SIG en skryf vir ons. Dis julle wat die gemeentewiel laat draai en julle skryf ons gemeente-stories. Dankie vir elkeen se bydrae. Lees van ons gemeente-aktiwiteite (p2 & 4) en hoe mense dit ervaar het, ons Jeug en ons Seniormaand. Ons nuwe kwar-taalprogram is op p6 en lees ook hier oor die sinode se wending rondom selfdegeslagverhoudings.

Die laaste weke van die jaar drup nou soos draairoom-ysstortsels in die sand en ons snel nou einde se kant toe. Byt vas en pluk elke dag!

Redakteur gesels ...

REDAKSIE: Andrew Kok Mariëtte Steyn Lezjé v Zyl Jackie Pretorius Cindy vd Merwe Atel Streicher

Tinus is by die Sinodesitting in Mei verkies as Ringsvoorsitter van Durbanville Ring. Die rol van ringe is om gemeentes pastoraal te begelei en saam te stap op die weg na ware gestuurdheid.

Hy is verder ook verkies as die nuwe voorsitter van die ring-leiersforum. Die doel van hierdie forum is om aan alle voorsitters

van ringe 'n ruimte te gee waar hulle met mekaar kan gesels en sake op die agenda van die Moderamen kan plaas.

By die eerste Moderamenvergadering van hierdie ter-myn, het daar 'n vakature op die Moderatuur (die dag-bestuur) ontstaan en Tinus is verkies as 'n addisionele lid. Sy verantwoordelikhede in hierdie rol is om die ringe te verteenwoordig en seker te maak dat die gaping tussen die Sinode en gemeentes oorbrug word.Baie geluk Tinus!

TINUS VAN ZYL KRY SINODALE VERANTWOORDELIKHEDE

Tydens Gys se tyd in die besigheidswêreld in Windhoek ervaar hy ‘n geroepenheid om teologie te gaan studeer. In 1981 behaal hy sy B.Th. en in 1992 ook 'n M.Th. Dit was by Tygerberg Hospitaal waar hy die jong Thea Moolman, ontmoet het. Uit dié huwelik is Elzeth, Bys, Lafras en Gys gebore.

Die werk waarop Gys nou gaan fokus is gebore tussen 2000 en 2003 tydens 'n stropingsproses wat daartoe

gelei het dat hulle Jesus herontdek het. Vanuit hierdie herontdekking het sekere uitdagings wat die geloofs-gemeenskap (plaaslik en wêreldwyd) in die gesig staar, vir hul duidelik geword.

In 2009 begin hulle met geestelike begeleiding van predikante, geloofsreise vir gemeentes en individue, begeleidingskursusse, publikasies en onderrig.

Tans voel hulle hul geroepe om die span uit te bou met mediese, sielkundige en geestelike spesialiste, om so-doende mense op 'n holistiese manier te kan bedien en ook 'n Retraite-plek te vestig waar voortgegaan kan word met die werk wat tans verrig word.

Gys tree 28 Februarie 2016 af. Ons bid hulle ook die seën van die Here toe op die nuwe bedieningspad.

Gys & Thea gaan op ‘n nuwe reis

Na Pierre se studies op Stellenbosch vir sy BCom-graad en sy klerkskap betree hy die sakewêreld as reken-meester en later finansiële direkteur. Hy was in diens van talle groot maatskappye en tree af by Lithotech. Dit was veral die evolusionêre verbetering van finansiële beheerstelsels wat oor jare sy belangstelling geprikkel het.

Hy is getroud met Anne-Marie en hulle het twee getroude kinders, Rozanne en Pikkie. Die Jouberts woon nog al die jare in Durbanville en kuier graag saam met vriende rondom die braaivleisvure – solank daar rugby is en die vleis nie te gaar nie.

Verder reis hulle graag, ook die moeilik bekombare plekke waar mens in eenvoud kamp en naby aan sy

skepper in die natuur kan wees.

Sy droom vir die gemeente is een van 'n gestuurde gemeente, waar elke lidmaat graag betrokke wil wees en 'n bydrae wil maak. Daar moet met entoesiasme en kragdadigheid uitgereik kan word na buite ons grense en gemaksones om so diensbaar te wees in die Koninkryk van die Here.

Pierre se wens is dat in 'n vinniger, meer komplekse wêreldse omgewing, die kerkraad in stille afhanklik-heid die leiding van die Here sal soek en die kreati-witiet waarmee hul geskape is, gebruik om leiding te gee en besluite te neem en veral buite die boks te dink. Hiervoor is daar leiers nodig wat bereid is om in nederigheid, maar met entoesiasme hul insette te lewer. Hy sien die rol van die kerkraad ook om in liefde ondersteunend te wees vir die kerkkantoor en leraars.

Ons as gemeente wens Pierre sterkte toe met die nuwe verantwoordelikhede en bid Hom Gods rykste seën toe.

Pierre Joubert, kerkraadsvoorsitter

Kontaknommer:021 975 9730

Ure:Maandag tot Sondag

07:30 – 20:00E-pos:

[email protected]

2

Ek wil net sê Gordon en ek het lekker gelees aan die nuwe SIG. Hartlik geluk daarmee! Ek het gehoor in die voorpor-taal Sondag die mense sê hulle hou van die formaat en baie nodige en interessante artikels!! – Esther Blackaller

Die redaksie en bestuur verdien opregte dank en waardeering vir die pragtige nuwe kerk-koerant, met pitkos soos vante-vore, maar met interesante nuus daarby, in 'n profesioneel versorgde uitleg. Doen so voort! – Pierre Joubert

Ek is baie beïndruk met die nuwe SIG. Dit lees baie mak-liker. Hou van die artikels wat daarin is. Daar is tot 'n resep in! Namens De Rust aftreeoord is daar groot waardering vir die afkondigings wat weekliks op 'n Vrydagoggend deur die kerkkantoor afgelewer word. – Ellen Smit (De Rust Aftreeoord)

SÊ dit, SKRYF dit, DEEL dit

Hello André,N a v ons gesprek vertel ek graag dat ek weer Gys se LEER LEEF SAAM MET JESUS-kursus bygewoon het. Ek het dié afgelope tyd baie by die Here gehoor en ek deel graag hierdie met julle:

Ek moes kleintyd altyd hoor ek gaan haal die storie agter die bult – en dikwels steeds. So ek gaan probeer om dit nie nou te doen nie. Die rede vir my storie se ver gaan haal, was om-dat ek mense wou saamvat op my ervaringsreis.

Die Here het my dié week kom wys ons moet elkeen ons eie ervaring hê – op ons eie manier, op ons eie tyd en wanneer ons reg is om te luister. Die kerk of gemeente en elkeen van ons moet net die geleenthede aanhou skep en geleenthede wat geskep word benut.

Durbanville Gemeente was die laaste 10 jaar my gesin se tuiste. Hier het ek ongelooflik baie gegroei. Ek het ook won-derlike mense wat my gehelp het met my reis hier. Ek het gehoor en geluister wat die Here deur Gys en andere vir my kom oopsluit het. Ek is baie dankbaar dat ek die tweede keer die kursus saam met Gys kon deurmaak. Die Here sluit weer hierdeur nog nuwe dinge vir my oop.

Ek het die laaste tyd nogal bang geword, want dit het gevoel dat die dinge wat aan die gebeur is in ons gemeente (en wat my so opgewonde gelaat het) die risiko loop om uitmekaar te val. Paula wat die vroueaande begin het, is weg, Steyn is weg as Voorsitter, Christie is beroep net na 'n nuwe wending tov die benadering van die jeug begin het, Helma maak klaar by die Omgeediens en Gys maak ook klaar by ons Gemeente. Die vroue, behalwe een, wat my met die vroueaande gehelp het, het nie meer hulle weg oopgesien daarvoor nie. Alles val uitmekaar – of wel, so het ek begin dink.

Die Here het deur die onlangse retraite saam met Gys en die laaste week, vir my kom sê dis nie daardie kernmense wat dinge laat gebeur nie. Dis Hy. Ek moet nie bang wees nie. Ek moet aanhou geleenthede skep vir die vroue om by sy voete te kom sit (Lukas 10:38 – 42 en Matt 28:9). Elkeen moet egter self die pad saam met Hom stap, self hoor, self luister en self ervaar.

My gebed is dat die Gemeente sal stilraak, sal hoor, sal luister, sal ervaar en werklik saam met Jesus sal leef! Ons moet die geleenthede hiervoor skep en aangryp.

Anne Smit

WENBRIEF

Ruim 4-slaapkamerhuis, 8 beddens.Praguitsig oor die see. Slegs 1 uur vanaf DurbanvilleGroot buitedek. Naweke en vakansies beskikbaar.

Kontak Du Toit Viljoen 082 891 2433

HUIS TE HUUR IN ROOIELS

Page 3: SIG - October 2015 new - Durbanville Gemeentedurbanvillegemeente.co.za/uploads/sig/49.pdfH/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville 7551 ontvangs@durbanvillegemeente.co.za

JEUGLezjé van Zyl het vir Tinus gevra om die vrae wat die

Belydenisklas oor God, godsdiens en die Hemel vra,

te beantwoord:

Aan die einde van elke jaar kom matrieks van regoor die land bymekaar vir 'n week van son en see, kuier, ontspan, vriende maak en sommer net "chill" naby die natuur en naby God. Moenie hierdie ongelooflike ervaring misloop nie!

Vir meer info en om die inskrywing digitaal te voltooi, sluit aan by ons Facebook groep by: https://www.facebook.com/groups/noordhoekimaginematriekfees2015/ Epos vir [email protected] of skakel hom by 083 856 1951.

29 Nov - 6 Des 2015

Matthys CarstensDaar is soms ‘n twyfel in ‘n mens, veral tydens die tienerfase, wanneer jy meer volwasse oor sake begin dink, oor of die hemel ‘n werklikheid is. Ek het self baie oor hierdie idee geworstel, totdat’n vriend na my toe gekom het met ‘n boekie genaamd: “Heaven is for Real” deur Todd Burpo en Lynn

Vincent. Nog nooit sou ek kon dink dat’n klein geel boekie my uitsig op die lewe so kon omkeer nie ...

Die boek vertel ‘n ware verhaal uit die oogpunt van ’n pa oor sy seuntjie wat op vierjarige ouderdom ‘n appendisektomie ondergaan het. Na wat net ‘n wonderwerk kon wees, kom die seuntjie, Colton, lewend uit die operasie. ‘n Paar maande later begin hy egter oor onbegryplike dinge praat. Colton vertel vir sy ouers dat hy hemel toe was tydens die operasie en vir Jesus, God, sy oorlede oupa en ongebore sussie ontmoet het. Colton vertel stories oor wat hy gesien het presies soos wat dit in die Bybel staan en oor meer dinge waarvan hy nie voorheen geweet het nie.

Dié ware verhaal sal beslis jou hartsnare roer en opnuut hoop gee vir die lewe – en hoop is die enigste ding kragtiger as vrees!

Die hemel ís!

Belydenisklaslast seen today at 3:43 PM

Dien alle godsdienste dieselfde God,

net in verskillende vorme?11:30 AM

Wat maak jou waardig om gered te word?12:09 PM

As redding beteken dat ons nou al in 'n

verhouding met God leef, is 'n hemel dan

nog nodig? 12:13 PM

Gaan ons mekaar kan herken in die hemel?1:00 PM

In die atmosfeer om ons. Dis nie 'n ander

wêreld nie. Dit is God se dimensie in hierdie

wêreld. 11:45AM

Ek weet nie. Maar dis interessant dat Openbaring

praat van die nuwe stad op die nuwe aarde. Ons

keer dus nie terug na die tuin van Eden nie, maar

ons werk aktief aan 'n nuwe wêreld! 1:36 PM

Niks nie. Ons word uit genade alleen gered.12:10 PM

Gaan almal hemel toe, of net Christene?

Wat van goeie mense wat nie Christene is

nie? En wat van slegte Christene? 12:00 PM

Ja.

As hierdie lewe ons enigste hoop was, sou ons

selfsugtig gelewe het. Omdat ons 'n hoop het wat

verder strek, kan ons ons lewe prysgee vir God se

nuwe wêreld wat op pad is. 12:20 PM

Goeie vraag.

Ons mag nie oordeel nie. Net God sal oordeel.

Maar ons glo dat Jesus die ware lewe gee, en

ons wil dit met almal deel.12:03 PM

Nee.

Ons glo dat die God van die Bybel die enigste,

ware God. God is nie net óns God nie, maar

die God van alle mense, ook van hulle wat nog

nie vir God ken nie. 11:38 AM

Waar is die hemel?11:40 AM

Ja!

Ons hoop is nie om 'n druppel in die oseaan of 'n

wolkie in die lug te wees nie. Ons hoop is die

opstanding van die vlees. Dit is 'n fisiese,

liggaamlike lewe. 1:02 PM

Het die hemel strate van goud, of is dit net

simboliese taal sodat mense dit kan verstaan?1:30 PM

Hoe vorentoe, Durbanville Gemeente???

Lidmate PresteerBeide Jac en Wentzel Kriek het gedurende 2014 gekwa-lifiseer vir die SA Nasionale span in MMA (Mixed Martial Arts*). Hulle is as lede van die SA-span, na die VSA in Junie/ Julie 2015, vir deelname in die "US Open ISKA World Martial Arts Championship", in Orlando, Florida. Ongeveer 6500 deelnemers uit 64 lande neem deel. Wentzel het 'n silwer medal-je verower in Jiu-Jitsu, as-ook 'n 5de plek in MMA (kick-boxing). Jac het 'n goue medalje en twee 5de plekke behaal in MMA.

Jac, ‘n kerkraadslid, is een wat ook sy dissipelskap uitleef in die gemeente en gemeenskap van Durban-ville. Waar daar gewerk, gedoen en gedien moet word, kan jy maar weet hy’s daar!

André van WykWaarheen is ons kerkraad oppad as dit kom by hul fokus? • Eredienste • Verhoudings • Barmhartigheid • Dissipelskap Die Bestuurspan het die afgelope ses maande vanuit hierdie vier fokusareas na al ons bedieninge gekyk.

Hiermee 'n kort opsomming van die beplanning:1. Omgeediens – die behoefte het ontstaan om al ons gemeente se barmhartigheidswerk, insluitend netwerkbedieninge, BADISA, Omgee-diens en gemeenskapsbetrokkenheid vanuit een kantoor te koördineer.

2. Seniors – Grotendeels verskil ons senior lidmate se behoefte aan dis-sipelskap en verhoudings, m a w hul geestelike versorging, van die res van die gemeente daarin dat hulle nog graag persoonlike aandag spesifiek met 'n predikant wil behou. Die voor-stel tans op die tafel is om 'n pastorale kontrakpos te skep, waar die dominee eksklusief senior lidmate se versorging behartig. 3. Tieners – Ons gemeente het tans 'n groot leemte as dit kom by ons tieners. Hierdie bediening moet fokus op verhoudings en tweedens om 'n spesifieke dissipelskappad te stap. Die voorstel is om so spoedig moontlik weer 'n Jeugwerker aan te stel en ook te kyk na ander vorme van eredienste.

4. Junior jeug – Tans is daar baie tevredenheid met die samestelling van die huidige Familiediens. Ons fokus ook op die bou van vertrouensverhoudings met kategete oor verloop van 'n paar jaar, materiaal word ontwikkel en gebruik met die oog op dissipel-skaptoerusting aan ons kleintjies.

3

Ons ROEPING

Tinus van ZylOns roeping is om dissipels van Jesus te wees, wat saam met mekaar en met die breër kerk, in diens te staan van God se nuwe wêreld. Hoe kry hierdie roe-ping konkrete gestalte in die lewens van ons lidmate?

Hierdie visuele voorstelling probeer om ons roeping duidelik uit te pak en te illustreer.

Die eenvoudigste manier waarop ons as Kerkraad kon formuleer wat dit beteken om 'n dissipel van Jesus te wees, is as volg: Om daagiks saam met Jesus te lewe en te doen wat Hy sê, daar waar jy is. In jou huis, skool, werk, aftreeoord, vriendekring en in jou ontspanning.

Ons eredienste nooi mense met gasvryheid in, maak nie saak waar jy op jou reis is nie, vorm hulle en stuur hulle uit om tot 'n seën vir die wêreld te wees.

Deur egte verhoudings, waarin ons eerlik kan wees oor ons eie tekortkominge en gebreke, groei ons saam op hierdie pad van heelmaking en transformasie.

Ons oefen saam geloofsgewoontes in en kry voort-durende toerusting. Ons reik uit na ons gemeenskap en dien die mense om ons met liefde en omgee.

Mag die Here ons daagiks deur die Heilige Gees lei en versterk, sodat ons mekaar kan bemoedig, opbou en begelei in ons daaglike wandel met Jesus.

Help ons doelwitte

Eredienste wat innooi, vorm en stuur

Bou egte verhoudings

Efektiewe steun- dienste

Gee om vir ons gemeenskap

Toerusting

N

vir geloofsgroei

eem deel aan

• God’n Veilige ruimte om en mekaar se gemeenskap te ervaar

• gevorm deur die WoordWord en sakramente

• seën vir die Word geseën om ’n wêreld te wees

• Finansies: Gereelde terugvoer aan Gemeente

• DVK: Bestuur hulpbronne van Gemeente efektief, doeltrefend en ekonomies

• Eiendomme: Selfondersteunend en inkomste-genererend

Leef daagliks deur o.a.:God se liefde

• reik na alle mense,Uit te ook buite die kerk

• Ophe�ngswerk

• Gemeenskapsbetrokkenheid

• Versorging van behoeftige lidmate

• Bediening van gasvryheid

Inoefening van geloofsgewoontes:

• Lectio Divina en daaglikse nadenke

• Skakel in by verantwoordbaarheidsgroepe.

• lering en vormingVoortdurende

• tuis in kleingroepeKom

• dissipelskapOefen en groei saam in

• neem eienaarskapJonk en oud en verbind tot ons gemeentevisie

• Nooi vriende in die proses in

Leef ons Waardes

Verbind aan Christus

(eenheid)

Liefde vir mekaar

(versoening)

’n Hart vir die wêreld

Om

(geregtigheid)

daagliks saam met

te lewe en te doen wat

Hy sê, daar waar

ESUSJ

jy is

Streef na

Dissipels van Jesus,saam in diens van God se nuwe Wêreld

Page 4: SIG - October 2015 new - Durbanville Gemeentedurbanvillegemeente.co.za/uploads/sig/49.pdfH/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville 7551 ontvangs@durbanvillegemeente.co.za

DURBANVILLE WOEL

4

André van WykVrydagaand 18 September het ons gemeente weer die vure aangesteek en lekker saamgekuier.

Byna 200 steaks is oor die kole gebraai en 'n 100 kinders het burgerpakkies geëet. Daar is gesellig gekuier, stories uitgeruil, nuwe vriendskappe gevestig en die World Cup openingseremonie is op die Big Screen gekyk. Voorwaar 'n lekker aand!

Dankie Karin, Annelize, Alta, Cherié, Christina, Elize, Nielene, Louise, Zané en ook aan Jean en die span braaiers vir al jul harde werk!

Steakbraai

Anne SmitDie benadering tot ons vroueaande is om 'n plek of geleentheid te skep waar die vroue kan kom rus en soos Maria in Lukas 10:38 – 42 by ons Here Jesus se voete kom sit. Ons nooi die vroue uit om te kom stil-word by Hom te midde van die week se dolle gejaag en te kom hoor wat Hy vir jou wil sê deur die gaste se getuienis. Dis ook sommer 'n bietjie van 'n kuierge-leentheid en ons wissel dit af met praktiese aande. So het ons onlangs vir Karen Smit gehad wat haar

storie met ons kom deel het en vir soveel inspirasie gesorg het 17 September was ‘n “werk”-aand en die prinsipale van die Fisantekraal créches en Edith Fehrson kon kom vertel van die ongelooflike werk wat hulle daar doen. Vroue word aangemoedig om vir die kinders plakboeke en plakkate te maak wat kleure, letters, vorms, ens uitbeeld om hulle ryp te maak vir Gr R.

Vroueaande - Wat gebeur daar?

Hermien van der MerweDie kursus het ons geneem deur verskillende gebeds-vorme en struktuur gegee aan tyd saam met die Here. Gebed is 'n reis na binne en 'n reis na bo.

Elke sessie is begin deur die saamlees van 'n Psalm; dan 'n 'Wandel in die Woord' waar ons saam 'n spesifieke teksgedeelte bestudeer het. Dr Andries het daarna 'n bespreking oor die gebedstipe gedoen en elke sessie is afgesluit deur die inoefening van die spesifieke gebed.

Dr Andries het ons geleer om ons harte uit te stort voor God. Ons het Psalm 77 bestudeer waarin die Psalmdigter roep en soek na die Here.

Saterdagoggend is begin met 'n gebed van oorgawe en verbintenis rondom Matteus 26, waar Jesus doodsbe-noud gebid het tot sy Vader in die tuin van Getsémane.

In die volgende sessie, het ons m.b.v. Psalm 98 geleer om jouself te gee in aanbidding …“Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag!...

Aanbidding is die hart se begeerte om God te eer. Ons het praktiese riglyne gebruik om ons te lei in gebed, om te beweeg van 'n bewuswording van die omgewing of natuur, na danksegging en dan na die grootmaak van God se Naam deur aan al Sy karaktereienskappe te dink.

Die laaste sessie het gehandel oor die gebed van die hart – die kern van die menswees en egte intimiteit met God n a v Efesiërs 3.

GEBEDSKURSUS MAAK DEURE OOP

Zaretha KingIn die Jeuglokaal na 'n vinnige koffie het ons eerste sessie afgeskop met ‘n eie “storie” wat ons moes skryf. Dit moes in minder as 3 minute saamvat jou pad voor, na en saam met die Here. ’n Interessante ervaring en ook 'n groot voorreg om te hoor waarmee die Here in ons elkeen se lewens besig is!

In die tweede sessie het ons die Ontdekkingsbybel-studiekursus (DBS = Discovery Bible Study process) gevolg met Genesis 2:4-24. Nadat ons die verhaal twee keer gelees het, moes ons die verhaal oorvertel en ook die volgende met die groep deel:•Wat leer jy hieruit oor God?•Wat leer jy hieruit oor jouself en ander mense?•Wat kan jy hieruit leer om toe te pas of te

gehoorsaam?•Vir wie gaan jy hierdie verhaal vertel?

Ook met hierdie selfde proses en vrae kry ons die doelwit dat ons die Bybel saam met iemand moet lees.

Ons kon deel waaroor ons dankbaar, bekommerd of angstig is, sodat die ander vir ons kan bid. Dit is presies wat ons dan ook moet doen wanneer ons na ander uitreik – vra, luister en bid.

Dankie aan ons sendelinge!

Dissipelskapkursus

Jackie PretoriusDie skrywer G. K. Chesterton skryf dat ons die geloofsge-woonte van dankbaar moet aanleer deur "taking things with gratitude and not taking things for granted.”

Dit is natuurlik so dat alles aan God behoort, die aarde en die volheid daarvan. God kies ons as mense om deur ons te werk. Hy kies ons as mense om sy koninkryk te finansier.

Rentmeesterskap is die

manier hoe ons verskillende fasette van ons lewe en omgewing bestuur. Dit het te doen met ons verantwoordelikheid vir iets wat nie aan ons behoort nie.

In Durbanville Gemeente het ons gewoonlik die gebruik om elke jaar November te gebruik om deur 'n spesiale Dankoffer wat ons gee, te ver-klaar dat ons nie aan onsself behoort nie, maar aan God, dat ons nie vir onsself leef nie, maar vir God. Dit is 'n tyd om opnuut voor God te kom stil word en 'n geleentheid om te antwoord op God se roepstem. Koevertjies sal weer beskikbaar wees tydens eredienste OF bydraes kan direk by die kerkkantoor inbetaal word OF per EFT.

November is DANKBAARHEIDSMAAND

ONS MIKPUNT VIR 2015 IS

R1 275 000.00

100%

50%

10%

RetraitPierre JoubertOns groep is op 'n wonderlike, informele en rustige manier begelei deur ds Gys. Almal het dadelik op hulle gemak gevoel en daar word hoegenaamd geen druk op enigiemand geplaas om bv te “perform”, opinie te gee, harte te ontbloot of “derms uit te ryg” wat spanning kan veroorsaak nie.

Die Lectio Divina-metode van “luister” na 'n teksge-deelte uit die Woord, word soveel meer effektief in die rustige omgewing. As deel van die “gemeenskap van gelowiges” is daar 'n atmosfeer wat positief inwerk – soveel beter as alleen.

Kort videos van Dallas Willard met toeligting en ‘n bespreking het ‘n nuwe, ryker verstaan vir die ver-stand EN die hart gehad.

Sondag was ons sessie op 'n pragtige Durbanville-plaas. Ek wil dit hoogs aanbeveel as 'n móét vir “Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld”.

Die Akademie vir Dramakuns

bied bekostigbare drama klasse

aan vir oud en jonk.

Alle ouderdomme is welkom.

Vir meer inligting, skakel

Thomas van Niekerk by 079 590 5935

Gini of genie: Ons praat oor Armoede en OngelykheidWillem van SchalkwykOns weet nie wat die Gini-koëffissiënt (die verskil tussen ryk en arm binne een land) was in die klein Chinese dorpie waar Aladdin gebly het nie. Ons weet wel dat die genie hom uit sy armoede verlos het.

Tydens die gesprekreeks in Augustus, leer ons baie. Tinus van Zyl doen moeite om 'n besondere reeks te fasiliteer deur 'n paneel belese sprekers bymekaar te kry om die onderwerp in te lui. Ons kry perspektiewe vanuit die ekonomie (Jac Laubscher), die teologie (Nico Koopman), die politieke wetenskap (Amanda Gouws) en die maatskaplike werklikheid van Badisa (Averell Rust). En die prentjie wat voor ons ontvou op daardie eerste aand lyk nie mooi nie.

Maar ons hou moed. Miskien het Jac Laubscher beter (selfs goeie?) nuus wanneer hy die volgende twee Sondae praat.

Jac is goed voorbereid en lê die ekonomiese feite vir ons uit:• Suid Afrika se Gini-koëffisiënt is die hoogste in die

wêreld; • Meer as die helfte van die bevolking in Suid-Afrika

is arm;• En vele ander. Maar u kry die punt: Dinge lyk

maar sleg.Of dit nou die sakesektor is, die kerk of die staat – die taak lyk intimiderend. Eintlik onmoontlik.

En dan hoor ons op die laaste aand van iemand wat sy hart vir die Here gee en dwelms oorwin, iemand anders wat leer om te bak en so haar nood verlig, 'n derde en 'n vierde wat verby hulle eie armoede kyk en met speelskole 'n verskil maak.

En dan weet ons: Die evangelie is nie 'n feeverhaal nie.

Page 5: SIG - October 2015 new - Durbanville Gemeentedurbanvillegemeente.co.za/uploads/sig/49.pdfH/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville 7551 ontvangs@durbanvillegemeente.co.za

5

SENIORMAAND

Wat 'n voorreg om die twee opgeruimde en positiewe tweeling dames, Anna Schelhase en Elize Malan van De Rust Aftree- oord te ontmoet. Hulle het hul 95ste verjaardag op 27 Julie 2015 gevier.

Hulle erken dat dit groot genade is om hierdie ouderdom te bereik en die feit dat hulle lief is vir hul Here en naby aan Hom leef. Hul lewens getuig daarvan dat die meetsnoere vir hulle op lieflike plekke val.

Hul goeie sin vir humor is onmisbaar in die alledaagse lewe. Hulle geniet die mooi tuin by De Rust en hou soms piekniek hier. Selfs 'n duifpaar geniet die vrede op tannie Anna se stoep waar hul broei. Elaine Johnson, tannie Anna se versorger en Doris, tannie Elize se versorger, is “mens-engele”, wat toesien dat hul mevroue goed versorg word.

Tweeling word 95

Van links na regs: Anja, Lize (kleindogter), Lourentia (dogter), haar ma tannie Elize, William, tannie Anna, Elaine en Noluwo.

“60 Plus Tel”Esther BlackallerDit is 'n voorreg om gedurende Oktober-aand eer te bring aan ons ouer lidmate. Op 1 Oktober 2015 het

stedie hele wêreld die 25 herdenking van Interna-sionale Dag vir Ouer Persone gevier.

Die tema hierdie jaar is “60 Plus Tel”.Ons dink na en waardeer die rol wat elkeen van ons seniors vertolk het en steeds doen, miskien nou net in 'n ander hoedanigheid. Meeste van ons is deel van 'n familie of ondersteuningsnetwerk wat bydra om 'n goeie lewenskwaliteit te handhaaf. Ander van ons is dalk nie. Ons wil veral 'n beroep doen, daar in jou omgewing, dat jy asb bewus sal word van ouer per-sone wat moontlik eensaam en afgesonder is, om op 'n manier uit te reik na hulle en dit onder ons aandag te bring. Ons wil daarop fokus om die selfbeskik-

kingsreg van elke senior persoon te versterk. Ons moet onthou dat verskillende generasies mekaar sinvol kan dien deur mekaar met respek en geduld te behandel. Om met omgeeharte, klein gebare te doen.

“Steek jou hande uit na Hom, Hy wat nooit misvat of laat los nie, wat gewandel het op die golwe, wat op die wolke kom.” Lina Spies uit Eerste Treë, Oorstaanson (1982)

PROGRAM VIR

SENIORMAAND4 Oktober Klassieke diens Biddag vir Seniors

11 Oktober Klassieke diensGetuienis: Bettie Collins

18 Oktober Familiediens Getuienis: Van SchalkwyksHoe ervaar jy die Here se betrokkenheid in jou lewe / in die proses van natuurlike veroudering.

ONTHOU die tee, koffie en cup-cakes by die gemeentesentrum!!!!

21 Oktober De Port'uurgroep byeenkoms

25 Oktober Klassieke diensKoor tree op tydens erediens. Die boodskap is VERSORG MEKAAR.

Lekker!!! Lekker!!!27 Oktober GemeentesentrumBrunch met wors, roereiers, pap en Sheba, brood en konfyt, vrugtesap, hand melktertjies, koffie en tee met Hennie vd Merwe en sy Boere-orkes

Oktober is Seniormaand kom deel dit met jou vriende.

Mariëtte Steyn JA ... Dis natuurlik moeilik om oor die middeljare te gesels, want ek kan nie meer lekker onthou hoe dit was toe ek in my middeljare was nie. Die rede hiervoor: ek hoor nou die dag dat ‘n mens se middeljare so tussen 45 en 55 is en daarna is jy oud. Nou ja, ‘n klomp van ons is dan nou al oud, maar ek het nog altyd die siening gehad dat ‘n verjaarsdag maar net ‘n getal is: 20; 30; 40 60, 80? Wat maak dit eintlik saak wat die getal is?

• As ‘n mens hier in jou 20’s of 30’s is, is dit die jare van:Gorgeous dates, Tyd van enorme kredietkaarte, groot werkspromosies, ens. ‘N GROOT DING IN HIERDIE TYD is jy moet dit geniet, want dit hou nie baie lank nie.

• As jy in jou 40’s/50’s/60’s kom, is jy in die “crucial tyd”Jy hou op gemorskos eet, hou nie meer heelnag partytjies nie – hopelik nie!, betaal jou rekeninge betyds, ens,

Dis seker ‘n mens se WONDERLIKSTE TYD! Jy’s so uitgesorteer en meestal gelukkig met wie en wat jy is. Dis wanneer jy vir jouself vrae vra soos: “Is dit wat ek doen NODIG? Is daar ‘n Goeie rede voor? Is dit Lekker? INDIEN jy JA sê: DOEN DIT DAN.

HOE DAN MET OUERWORD?• Geniet jou middeljare of wat jy dit ookal wil noem met humor. Dit het baie waarde: Dit bevorder jou breinkrag en maak jou spiere sterk, bring harmonie en keer dat jy hard en koud word, verbeter jou immuunsisteem en voorkom infeksies, verminder stres, genees liggaam en gees en vertraag die oudwordproses.

• Onthou: “Change your ACT. Kry jou ACT together.”

• Gelukkiger mense is gesonder mense.Tree op soos jy wil wees en jy sal agterkom dat jou liggaam reageer soos jy wil hê – ‘n Huppel in jou stap!

• Gebruik jou TYD VIR NUWE DINGE. Dink aan iets wat jy nooit gedink het jy sou doen nie, bv Speel BRUG, skryf kinderstorieboeke vir jou

kleinkinders, slaap halfuur later as jy wil. Geniet jou lewe en leef voluit.

• Geniet jou KLEINKINDERS want dit is God se manier om op te maak vir oudword.

Ek deel graag hierdie grappie: “Seuntjie sê vir Ouma dat sy pa gesê het hulle gaan toertjies doen noudat sy kom kuier het. Sy vra toe: Hoe so? Hy sê hy’t gehoor sy pa sê vir sy ma dat as haar ma kom kuier, gaan hy teen

die mure uitklim en sy hare uit sy kop uit trek. LEEF SO DAT JOU KINDERS NIE WIL TOERTJIES DOEN AS JY KOM KUIER NIE.

• Baie mense sê die lewe is a partytjie. Jy kom daar aan nadat dit begin het en loop weer voor dit klaar is. Maar my boodskap is: “Geniet die partytjie terwyl jy daar is.”

Albert Schweitzer het eenmaal gesê:

“JOY” VAN DIE MIDDELJARE

Daar is geen suiwerder godsdiens

as diens aan jou medemens nie.

Om uit liefde vir God te werk

vir die gemeenskap se

welsyn is die hoogste

geloofsbelydenis.

Esther Blackaller

Page 6: SIG - October 2015 new - Durbanville Gemeentedurbanvillegemeente.co.za/uploads/sig/49.pdfH/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville 7551 ontvangs@durbanvillegemeente.co.za

Atel StreicherLewer 16Berei ‘n dag vooraf vir makliker hanteer

Onderlaag:250 ml (1 k) koekmeelblom125 ml (½k) klapper125 ml (½ k) suiker125 g botter of margarien, gesmelt

Bolaag:80 ml ( k) gouestroop

125 g botter of margarien2 blikke (385 g elk) kondensmelk

Afronding: 200 g melksjokolade, gesmelt

Metode: 1. Voorverhit oond tot 180°C. 2. Meng al die bestanddele van die onderlaag saam.

Druk vas in `n vierkantige bakplaat van 20 x 20 cm wat met bakpapier uitgevoer en gespuit is. Bak sowat 10 minute.

3. Plaas stroop, botter en kondensmelk in’n kastrol, verhit tot dit begin kook en roer heeltyd. Na sowat 8 minute kry dit `n karamelkleur. Verwyder en gooi oor onderlaag.

4. Plaas in oond en bak sowat 15 minute of tot goudbruin. Laat goed afkoel. Verwyder uit pan en giet gesmelte sjokolade oor.

5. Laat in koelkas tot gestol. Sny in blokkies.

DAGBOEK VIR DIE 4DE KWARTAAL Sjokolade- en karamelvierkante

AKTUEEL

4 – 9 Oktober 2015 NG Kerk Algemene Sinode

17 – 18 Oktober 2015 Geloofsreis Retraite 4

21 Oktober De Port'uurgroep byeenkoms

27 Oktober 2015 Ontbyt vir Seniors

29 Oktober Durbanville/Bergsig

Seniorgroep Afsluiting

29 November 2015 Kersprogram

VERHOUDINGS: ”Trap versigtig!”Petrus Theron

“Wees aan niemand iets verskuldig nie behalwe om mekaar lief te hê”

(Rom 13: 8)

“I relate therefore I am.” (Prof. Charl Vorster)

In die vorige artikel is geskryf dat babatjies sterf wanneer hulle die hoogste gehalte voedsel ontvang maar menslike kontak moet ontbeer. Daar is genoem dat geen mens in isolasie kan leef en oorleef nie. Ons is van mekaar afhanklik vir ons menswees. En tog het ons meer nodig as maar net mense om ons.

Eensaamheid te midde van 'n skare mense, of in 'n huwelik, is 'n welbekende ervaring vir vele. Die sleutel tot optimale geestesgesondheid en psigiese welsyn is die aard en gehalte van die verhoudinge waarin ons staan. Veral die aard daarvan. Of dit nou huweliksmaats, ouers en kinders, gesinslede, kollegas of vriende is, dit gaan oor hoe ons met mekaar omgaan en mekaar hanteer; die wyse waarop ons met mekaar praat; hoe ons ons behoeftes deur hierdie “gepraat” probeer bevredig en ons ingesteldheid op mekaar se behoeftes.

Moderne sielkundiges is dit eens dat die behoefte aan liefde 'n fundamentele menslike behoefte is. Die tweede

gebod lui nie verniet: “Jy moet jou naaste liefhê”, nie. Mense deur die eeue heen leef hiervan: om liefde te ontvang en te gee. Maar die verhoudings waarin ons staan, laat ons ongelukkig ook kwesbaar. Intermenslike verhoudinge is 'n potensiële mynveld waar soms “versigtig getrap” moet word, omdat dit 'n bedreiging vir ons geestesgesondheid kan wees. Potensieel, omdat dit ook 'n emosioneel veilige hawe kan wees.

Carl Rogers (1902-1987), naas Sigmund Freud (1856-1939), sekerlik een van die mees invloedryke sielkun-diges van die 20ste eeu, het baanbrekerswerk gedoen, veral op die gebied van psigoterapie en die omstandig-hede waaronder mense ontwikkel en gedy. Een van die konsepte waarvoor hy bekend geword het, is onvoorwaar-delike positiewe agting.

Positiewe agting is die behoefte aan liefde en emosio-nele warmte, om

• êrens te behoort.

• begryp en gerespekteer te word.

• aanvaarding, goedkeuring en selfs bewondering in 'n verhouding te ervaar.

• na geluister te word. Onverdeelde tyd en aandag veral deur die belangrike mense in 'n persoon se lewe. Sonder enige “if, ands and buts”. Onvoorwaardelik.

Die onvoorwaardelikheid van positiewe agting, of dan liefde, is die moeilike deel. Voorwaardelike positiewe agting, sê Rodgers, is maklik en stel geen besondere eise

nie. Dit kom as 't ware vanself. “Ek aanvaar en respek-teer jou slegs in soverre jy die tipe mens is wat ek wil hê jy moet wees.” Slegs dan! Dis die maklike deel. Soos om jouself lief te hê. Die immergewilde tweede deel van die tweede gebod.

Dit is maar een van die talle wyses waarop inter-persoonlike verhoudings mynvelde raak. Waar kinders probeer om ten alle koste aan hul ouers se standaarde en idees omtrent wie en wat hulle moet wees te voldoen. Waar lewensmaats “versigtig trap”, versigtig oorweeg wat hulle sê, berekenend en altyd op hulle hoede is. Nooit weet wanneer die volgende land-myn geaktiveer word nie en daarom vol angs en span-ning maskers dra en vals en onvervulde lewens lei. Wat ons dan, wanhopig, probeer regdokter deur pille te sluk.

Ons het meer nodig as net maar mense om ons.

6

DESIGN A PRINT 021 975 9648

Sinode se gesprek oor

SELFDEGESLAGVERHOUDINGSNa aanleiding van die oop gesprek van die sinode die afgelope week, skryf Tinus van Zyl hieroor in die Sinodenuus. Ons deel dit graag met julle:

Oom Hannes se StorieNa die Sinode se respekvolle, dog emosionele en intense oop gesprek oor selfdegeslagverhoudings, vra oom Hannes vir my: “So wat sê jy van al dié dinge?” “Nee, ek weet nie, Oom. Wat sê Oom?” gooi ek die vraag terug.“Dis baie moeilik,” skud oom Hannes* sy kop. En toe begin hy 'n storie vertel .

In 1992 het hy en sy vrou 'n wyk oorgeneem. Die vorige wyksouderling het hulle gewaarsku dat hulle moet oppas vir die "snaakse" mense op die hoek van die straat, skuins oorkant hulle huis. Hulle het nietemin gaan aanklop en twee pragtige jong dames ontmoet. Die vrouens was regtig "mooi kinders van Here", sê oom Hannes. Hulle was elke Sondag in die erediens en het elkeen getrou hulle tiendes vir die gemeente gegee. Na so ses maande het die twee dames vir oom Hannes en sy vrou erken dat hulle in 'n verhouding is. "Wat maak dit saak?" was oom Hannes en sy vrou se spontane reaksie. "Julle is mos lief vir die Here Jesus, nie waar nie?" En daarmee was die saak afgehandel.

Oor jare het hierdie paartjie by oom Hannes en sy vrou kom braai, hulle het saam geëet en op Sondae saam die Here aanbid. Toe die dames uit die wyk uittrek, het hulle versoek dat oom Hannes en sy vrou hulle wyksouderlinge bly. Op 'n dag het die paartjie se verhouding begin verbrokkel. En hulle het elkeen op oom Hannes en sy vrou se skouers kom huil. Maar genadiglik het die verhouding herstel, en nou nog, jare later al, bly hulle vandag op 'n ander dorp, oorval hulle vir oom Hannes en sy vrou as hulle hierdie liewe oom en tannie raakloop. * nie sy regte naam nie

HOU DIE GEMEENTEBULLETIN DOP VIR GESPREKSESSIES RAKENDE HIERDIE AANGELEENTHEID!!!

Cindy van der Merwe