bulle-tin uitgawe 15 2016

40
UITGAWE 15 Maart / April 2016 SAP TIN EENHEID VETERANE BOND SIELSKOS Deur: Ilana Loubser

Upload: ilana-loubser

Post on 31-Jul-2016

237 views

Category:

Documents


11 download

DESCRIPTION

Die amptelike nuusblad van die SAP TIN Eenheid Veterane Bond

TRANSCRIPT

Page 1: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

UITGAWE 15 Maart / April 2016

SAP TIN EENHEID VETERANE BOND

SIELSKOS

Deur: Ilana Loubser

Page 2: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Hoe om God se Woord te aktiveer (1)

Kolossense 3:16 NLV

Die kruks van 'n suksesvolle lewe is om die regte besluite en keuses te maak. Paulus skryf.

'Laat die rykdom van alles wat Christus ons leer, julle leefstyl bepaal.' As jy dit doen, sal jy 'n

wen-strategie vir die lewe hê. Jy moet egter die volgende doen:

1) Lees jou Bybel. Jy hoef dit nie alles te verstaan nie; dis nie 'n intellektuele oefening nie. As

jy dit egter met gebed lees, gee dit aan jou krag en wysheid want, 'Die woord van God is

vol lewenskrag en energie... Dit sny diep tot binne-in ons innerlikste wese..." (Hebreërs 4:12

NLV).

2) Mediteer oor God se Woord. Dit beteken dat jy die woorde moet herkou. Laat jou geestelike

spysvertering God se Woord prosesseer totdat die voedingstowwe deel word van jou, en

jou krag, energie en rigting gee.

3) Glo dit. '...die woord wat uit my mond kom...sal [dit] doen wat Ek verwag...' (Jesaja 55:11

NLV). Daar is net een ding wat God se Woord kan kortsluit - ongeloof. '...hierdie blye

boodskap...het hulle egter niks gebaat nie omdat hulle die boodskap ... nie geglo het nie'

(Hebreërs 4:2 NLV). Die deur word oopgemaak wanneer jy die boodskap aanhoor, maar jy

loop eers deur die deur wanneer jy dit glo en die belofte aktiveer.

4) Ontvang dit. Dit maak nie saak hoe sterk jy aan God se beloftes en sy voorneme om dit

aan jou te gee glo nie, dit is nie joune totdat jy dit in geloof ontvang het nie. 'Daarom

verklaar Ek vir julle, alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God

daarmee vertrou' (Markus 11:24 NLV). Glo dus dat jou antwoord op pad is, en wees sterk in

jou geloof tot dit arriveer.

Page 3: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Hoe om God se Woord te aktiveer (2)

1 Johannes 5:14 NLV

Terwyl jy wag dat God se Woord in jou lewe verwesenlik word, doen hierdie drie dinge:

1) Verbaliseer dit. Die effektiefste manier om te bid is om God se Woord hardop te spreek. Die

patriarge, profete en psalmskrywers het God gereeld deur gebed aan sy beloftes herinner, vol

vertroue dat Hy hulle sou nakom. Die onfeilbare waarborg van God se wil is sy Woord. 'Dit is

die vrymoedigheid wat ons voor God het, dat wat ons ook al volgens sy wil vra, Hy na ons

luister. As ons dan met die wete leef dat Hy na ons luister, na wat ons ook al vra, weet ons ook

dat Hy die versoek wat ons gevra het, sal toestaan'

2) Johannes 5:14-15 NLV). God reageer áltyd op sy Woord!

3) Wees gehoorsaam. God se plan is nie net dat ons sy Woord, so belangrik soos dit is, sal bid

nie, maar ook dat ons dit sal gehoorsaam (Jakobus 1:22). Gehoorsaamheid - geloof in aksie -

bring ons in lyn met God, en Hy reageer deur sy beloftes aan ons te vervul.

4) Deel dit. Ouers en grootouers, 'Jy moet jouself heelhartig verbind aan die gebooie wat ek

vandag vir jou gee. Herhaal hierdie woorde oor en oor vir julle kinders. Praat daaroor by die

huis en wanneer julle op pad is, wanneer julle lê of wanneer julle opstaan' (Deuteronomium

6:6-7 NLV). Jy hoef nie 'n gekwalifiseerde onderwyser te wees nie, net 'n opregte oorverteller.

Dit sal vrugte in die lewens van jou familie, vriende, kollegas en bure afwerp, wanneer jy God

se Woord deel, en jou eie begrip daarvan sal ook toeneem.

Page 4: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Deur: Martin Loubser.

UITBREIDING EN VERANDERING VAN SEREMONIËLE DRAG

Aangesien daar aanvanklik net op Facebook oor die aangeleentheid kommunikeer is het ek by

wyse van bulle-TIN 14 alle lede ingelig oor die uitbreiding van ons seremoniële drag. Aangesien ek

steeds baie navrae moes antwoord kommunikeer ek weer die aangeleentheid en gebruik dan ook

die geleentheid om ‘n verandering in ons drag aan te kondig.

Daar is ‘n 50 Jarige gedenk lapelwapen (sien foto regs)

vervaardig en aan lede wat op die Koevoet seremonie

was uitgereik. Dit word op die linkerlapel onder die TIN

lapelwapen gedra as ‘n permanente toevoeging tot die

Bond se drag. Die koste vir die lapelwapen beloop R50-00.

Daar is ook ‘n naamplaatjie vervaardiging (sien foto links)

en aan lede wat op die Koevoet seremonie was uitgereik.

Dit word op die regterbors gedra as ‘n permanente

toevoeging tot die Bond se drag saam met eenheids

en kwalifikasie kentekens. Die koste vir die naamplaatjie

beloop R70-00.

BESTUURSKOMMUNIKASIE DEUR DIE VOORSITTER

BELANGRIKE INLIGTING AAN LEDE: STAND VAN DIE BOND

Page 5: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Bestellings vir die lapelwapen en naamplaatjie moet asseblief aan my persoonlik gestuur word by

[email protected] aangesien die korrekte spelling van jou voornaam en van belangrik is

voordat dit aan die verskaffer gestuur word. Ons gaan nie hierdie stukke bestel alvorens lede die

bedrag van R120=00 vir die twee items oorbetaal het nie.

Inbetaling vir hierdie items moet gedoen word in die BOND se besigheidsrekening voordat enige

bestelling geplaas word:-

Bank: FIRST NATIONAL BANK

Tak: Pretoria

Takkode: 230145

Naam van rekening: Saptinvetbond

Tipe rekening: Cheque

REKENING NOMMER: 62558278315

REKENING HOUER: RL van Onselen (Tessourier)

Na ‘n versoek van lede wat van mening was dat die huidige

kenteken wat op die beret gedra word die voorkoms en dus

ook die beeld van ons bond oneer aandoen, het die bestuur

besluit om die huidige petwapen wat op die beret gedra

word te vervang met die enemmel petwapen wat BAIE beter

vertoon. Die kenteken is vervaardig en ek het op 2 Mei 2016

die petwapens ontvang. Hierdie petwapen word GRATIS

uitgereik aan lede wie reeds seremoniële drag aangekoop het.

(sien foto regs)

Page 6: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

LEDEGELD VIR 2016/17

Alle lede is persoonlik herinner daaraan dat lidmaatskap 29 Februarie 2016 hernu moes word.

Daar is steeds lede wat nog nie hulle lidmaatskap hernu het nie. Neem asseblief die

vrymoedigheid om my te kontak as jy dit finansieel nie kan bybring nie sodat ons vir jou ’n plan

kan maak. Die aangeleentheid sal vertroulik hanteer word. ONS WIL NIEMAND VERLOOR

NIE!

Net om u geheue te verfris; jaarlikse ledegeld vir lede is R250-00 en vir ondersteuners is

R150-00

Dit is belangrik om te onthou dat as jy na 28 Augustus 2015 aangesluit het, jy reeds opbetaal is

vir 2016/17.

Ledegeld word ook in die BOND se besigheidsrekening inbetaal soos hierbo vermeld.

BOND DASSE

Almal wat seremoniële drag aangekoop het en nog nie ‘n das ontvang het nie; met die

toevoeging van die 50 jr lapelkenteken en die naamplaatjie het ek besluit om die dasse terug te

hou totdat hierdie lede ook ‘n naamplaatjie en lapelwapen het. Met die ontvangs van die nuwe

petwapen gaan ons nou in alle erns begin om dit te pos. Lede is reeds in kennis gestel dat die

dasse gepos gaan word op die Bond se onkoste aangesien die “dasse kwessie” buite beheer

van die bestuur en die lede was en die Naamplaatjie, lapelwapen en nuwe petwapen dus nou

saam met die dasse gepos sal word om die lede die koste te spaar.

Page 7: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

ALGEMENE JAARVERGADERING

Die algemene jaarvergadering het op 12 Maart 2016 by die IPA huis in Pretoria plaasgevind en is

deur 33 lede bygewoon. Die vergadering was baie vrugtevol en is as ‘n reuse sukses wat die bond

se voortbestaan en ontwikkeling betref, beleef. Daar is oudergewoonte ook agterna heerlik saam

gekuier. Ek doen verslag oor die belangrikste besluite en besprekings vir die dag:-

• Daar is eenparig besluit om twee ondersteunerslede met die verkiesing van die nuwe bestuur

as bestuurslede te verkies.

• Die bestuur vir 2016/2017 is eenparig as volg verkies:

Voorsitter – Martin Loubser

Onder Voorsitter – Elnic Steenkamp

Sekretaris – JP Swanepoel

Kommunikasie koördineerder – Henk van Heerden

Tessourier – Robert van Onselen

Addisionele lid – Henry Visagie

Addisionele lid – Werner Wasserman

Ondersteuners lid – Ilana Loubser (Admin)

Ondersteuners lid - Johannes Wolmarans (Projekte)

• Daar was klagtes van die lede dat SAVA (South African Veterans Assosiation) wat in Brittanje

gebaseer is ons groepfoto’s op sosiale media gebruik om hulle lidmaatskap te propageer. Lede

het dit onomwonde duidelik gemaak dat TIN lede, en veral dienende lede, nie met SAVA

geassosieer wil word nie. Die algemene gevoel is dat hulle regse politieke ideologieë nie by ʼn

veterane bond tuishoort nie en direk in stryd is met ons grondwet en doelstellings. Die voorsitter

word getaak om die aangeleentheid met dringendheid te hanteer.

Page 8: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

• Volledige bankstate van beide die besigheidsrekeninge van die Bond asook die Beeldefonds

is aan alle lede voorgelê en as korrek en gesond goedgekeur.

ENIGE FOUTIEWE INBETALINGS DEUR LEDE GEMAAK

Besigheidsrekeninge van beide die Bond en die Maleoskop Beeldefonds se besonderhede is

deur ALLE moontlike media beskikbaar veelvuldige kere gekommunikeer. Daar word gevind dat

daar steeds lede is wat in die Capitec rekening, wat ondersoek word sedert Julie 2015,

inbetalings maak. Die bestuur wil dit duidelik maak dat ENIGE INBETALING IN ENIGE

CAPITEC REKENING beskou sal word as of dit nie bestaan nie, dit sal u verantwoordlikheid

wees om dan die situasie reg te stel en die bestuur aanvaar GEEN VERDERE

verantwoordelikheid hiervandaan verder vir inbetalings wat in ‘n verkeerde rekening gemaak

word nie.

Beide die besigheidsrekeninge is FNB (FIRST NATIONAL BANK) rekeninge wat geopen is

ingevolge die grondwet en soos voorgeskryf vir die registrasie as nie-winsgewende organisasie

en word volgens die reëls van ‘n besigheid bedryf. Die Capitec rekeninge was bloot geopen om

van die grond af te kom totdat daar genoeg fondse was vir die opening van

besigheidsrekenings.

U word DRINGEND versoek om asseblief, wanneer u inbetalings maak u naam en van of

minstens dan u identiteitsnommer te gebruik as verwysing. Daar word talle betalings gemaak

waar hierdie verwysing ontbreek en dit maak dinge moeilik as ons nie weet wie die betaling

gemaak het nie.

Heelwat lede, almal wat by ABSA is, het onlangs betalings gemaak en die korrekte

rekeningnomer gebruik MAAR dit by FIRSTRAND BANK inbetaal. Navrae het getoon dat dit

dieselfde bank is maar die betalings wys NIE op ons bankstate nie. Maak asseblief seker dat die

keuse FIRST NATIONAL BANK gebruik word wanneer elektroniese oorplasings gemaak word.

Page 9: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

VERANDERING VAN PERSOONLIKE INLIGTING

Die bestuur word gedurig pakslae gegee deur lede wat geen kommunikasie van ons ontvang nie

net om later uit te vind dat e-pos adresse of telefoon nommers verander het.

Die bestuur kommunikeer minstens een keer per maand met elke lid persoonlik oor een of ander

aangeleentheid. Dit is elke lid se eie verantwoordelikheid om die bestuur te verwittig van enige

veranderings in e-pos adresse, woon adresse, pos adresse en kontaknommers.

MINIATUUR MALEOSKOP BEELDEGROEP.

Die miniatuur weergawe van die Maleoskop beeldegroep trek nou al by nommer 60 en word

hierdie beeldjies letterlik die hele wêreld vol versend. Van hulle is nog op bestelling maar meeste

pryk op hulle spesiale plek in hulle nuwe eienaars se huise.

Onthou dat die beeldjie ʼn “limited edition” gaan wees! Daarom moet daar, Indien daar nog

enige belangstelling is om so ʼn beeldjie te bekom, so gou as moontlik met Henk van Heerden by

[email protected] kontak gemaak moet word vir bestellings en om teleurstelling te vermy.

Tot nou toe het ons dit net gesirkuleer onder ons eie veterane en Maleoskop lede en as daar nie

meer belangstelling onder ons eie lede is nie gaan ons die res van die reeks verder oopgooi.

Bank: FIRST NATIONAL BANK

Tak: Pretoria

Takkode: 230145

Naam van rekening: SAPTIN BEELDFONDS

Tipe rekening: Cheque

REKENING NOMMER: 62557586256

REKENING HOUER: RL van Onselen (Tessourier)

Page 10: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

MILITÊRE FEES – 2 MEI 2016 – VOORTREKKER MONUMENT.

Die herstel en hervestiging van ons beelde is ʼn hartseer saak wat almal na aan die hart lê. Die

onkoste om die beelde te herstel en hervestig kan nie slegs deur donasies bekom word nie. Die

bestuur bedryf verskeie projekte, meestal in die vorm van die ontwerp vervaardiging en verkoop

van memorabilia. Daar gaan ʼn magdom werk in hierdie projekte in en word alles deur die bestuur

self gedoen.

Op 2 Mei 2016 het ons ons tafel reeds 07:00 opgeslaan en ons items wat met moeite en oorleg

laat maak, betaal en aangery is uitgestal. Met sononder, na ʼn laaaaaaaaang dag het ons

opgepak met seer lywe, dowwe koppe en ʼn breë glimlag. Ons is trots om te sê dat ons

R8000=00 in wins by die saldo van die Maleoskop beeldefonds kon voeg.

ʼn Skedelbeeldjie met die bond se beret is deur Mike Franks wat al ons beeldjies maak geskenk

vir ʼn lotery. Die uitloot van die beeldjie het R800-00 ingebring.

Page 11: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

KOEVOET GEDENKDIENSOp 2 April 2016 was die SAP TIN Eenheid Veterane Bond weer baie mooi verteenwoordig by

die jaarlikse Koevoet Veterane Bond se gedenkdiens by die Voortrekker Monument waar hulle

soos vele ander hul gestorwe makkers vereer en onthou het.

Ds Jan du Preez

(kapelaan van beide

Koevoet en TIN

Eenheid Veterane

Bonde)

het die seremonie

begin met skriflesing,

boodkap en gebed.

Dicks Dietrichsen was

oudergewoonte weer

die seremoniemeester

en het die seremonie

met trots voortgesit.

Gedurende die seremonie is daar ook

hulde gebring aan lede van die Koevoet

Veterane Bond wat tydens 2015 en

2016 gesterf het. Een van hierdie lede

is Oom Willie Fouchè wat die SAP TIN

Eenheid Veterane Bond se stigters

Voorsitter was. Sy weduwee, kinders en

kleinkinders het aan hom hulde gebring

met ‘n krans van herinnering teen die

Koevoet muur.

Page 12: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Die vaandels is tydens die seremonie hanteer deur Marius van der Westhuizen van die Koevoet

Veterane Bond en Martin Loubser (Voorsitter) van die SAP TIN Veterane Bond.

Tradrisioneel was die vaandels gestryk tydens die speel van die Laaste Taptoe. ‘N twee minute

stilte het gevolg om diè te onthou wat die hoogste prys betaal het. Na twee minute stilte is die

vaandels weer gelig tydens die speel van die Oggendsinjaal.

Die krans namens die

SAP TIN Eenheid

Veterane Bond is gelê

deur Schalk Vorster.

Die krans namens die

Voormalige TIN Eenheid

is gelê deur Johan Viktor

(Genl.)

Page 13: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Daar is geleentheid gebied vir ander mense om kranse en blomme te lê

Page 14: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Die SAP TIN Eenheid Veterane Bond se manne is almal bymekaar geroep om ouder gewoonte

‘n groepfoto te neem

Na afloop van die seremonie het die TIN manne en dames lekker gesellig verkeer saam met ons

Koevoet kamerade by die Blikkantien.

Page 15: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

BYDRAES INGESTUUR DEUR LEDE

EERSTE INDRUKKE VAN GRENSDIENS IN RHODESIË

Deur: Elnic “Stoney” Steenkamp

Ek is al baie keer gevra wat my eerste indrukke was as n jong man van skaars agtien wat Rhodesië

toe moes gaan om te gaan oorlog maak. Dit is eintlik moeiliker om die vraag nou op n meer

gevorderde ouderdom te antwoord as wat dit dalk daardie tyd sou wees. As mens jonk is, is jy

lewenslustig, voorvarend, dapper en dink jy nie aan die dood nie. Daardie tyd het ons die

“conveyer belting” op die Bedford se bakke geplaas, sandsakke vol gemaak en bo-op gesit en

water in die wiele gepomp sonder om werklik te dink dat daardie water, belting of sandsak die

verskil tussen lewe en dood vir jou kon beteken tydens n landmynontploffing.

Ek onthou die eerste vlug vanaf die Waterkloof Lugmagbasis in Pretoria na n sekondere vliegveld

buite Salisbury baie goed. Dit was as plaasseun van Kenhardt se wêreld, die eerste keer dat ek in

enige vliegtuig gevlieg het, trots om jou land te gaan verdedig. Dit was ‘n trotse gevoel om daar

tussen jou ander makkers met FN waarvan die magasyn vewyder was in volle webbing en

kamoefleerdrag te sit. Dit was ‘n amperse anti-klimaks om in Salisbury af te klim met geen siel in sig

om jou te verwelkom nie. Net n doodse warmte met sonbesies wat gil teen die knellende droogte

van middel 1973 en dan die rit in die Bedfords na Inkomo barakke toe waar ons die volgende twee

weke opleiding sou kry by die Rhodesian Light Infantry.

Page 16: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Die rit vanaf Salisbury na die oostelike Zambesi-vallei kan ek ook baie goed onthou. Die klompie

Rhodesiers, veral dames, wat in Bindura langs die pad gewag het met warm tee en koffie asook

toebroodjies en koeldrank was die eerste tekens dat ons welkom was daar, ook dan die kompanie

bevelvoerder en voorrademan van die vorige groep wat agter gebly het om ons eers bietjie rond te

wys. Hulle het die pad byster geraak oppad na ons basis met die gevolg dat ons baie laat deur

Sipolilo in die vallei af gesak het. Die grootsheid van die Zambesi vallei sou ek eers later beleef toe

ek in daglig vanaf Centenary kom en met die Mavuradonna gebergtes afsak in die vallei in. Die

majestieuse gebergtes en die vallei waarvandaan jy op daardie punt nie eens die rivier kon sien

nie, wat nog te sê die anderkant van die vallei.

Ons was skaars in die vallei toe die werklikheid van ons doel daar ons eers tref. Die konvooi is tot

stilstand gebring en ons kon die gat bekyk waar ‘n insurgent hom minute tevore self opgeblaas het

met n landmyn wat klaarblyklik vir ons gestel was. Die stuk arm sonder sy hand wat so skuinsweg

in n nabygeleë boom hang, netjies met die waai van die arm by die elmboog om die takkie

gedrapeer.

‘n Uur of twee later is die konvooi gestop met die opdrag “Ons is hier manne, kry uit jul kooigoed en

maak jou tuis vir die nag”. Daar was niks, nie n tent nie, nie n stretcher nie, niks. Ek kon darem

aflei dat ons op n effense hoogte was wat mens nie eintlik n koppie kon noem nie, Binya Hills, ‘n

basis wat ek met my volgende bos trip baie goed leer ken het. So is ons maar in ons slaapsakke in

om te rus vir die tydjie van die nag wat oor was, net om die volgende oggend eerste lig geroep te

word om ons eerste klaarstaan sessie te hou. Die klaarstaan het behels dat met eerste en laaste lig

elke dag alle lede van n kompanie op die buitense perimeter van die “basis” of in gevestigde

basisse, die buitenste walle en shangers gereed moet staan vir moontlike aanvalle.

Page 17: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Ek onthou ook baie goed my eerste indrukke die volgende oggend van die basis, wat eintlik maar

niks was nie. Ons seksie was gelukkig, ons het net die eerste dag help basis bou en sandsakke

volgemaak voordat ons na die Kandeya Tribal Trust Land bo-op die escarpment ontplooi as as n

“kit bag” groep.

Gevare? Ek dink baie min van ons jong lede het aan enige gevaar gedink…. miskien die ouer

manne met gesinne en die manne wat teen hul sin daar was. Gelukking het ek vir al my bos trips

vrywillig gegaan so ek was nooit gedwing of teen my sin in Rhodesië ontplooi nie. Noudat ek

heelwat ouer is dink mens aan wat sou kon gebeur het in sekere situasies, die “of”, die “as”, en die

“sê nou maar”, maar dit het nooit ter sprake gekom daardie jare vir ons as jong manne wat, soos

ons geglo het, ons land buite ons landsgrense gaan verdedig het nie.

Bang gewees? Ek kan nie aan enige vrees dink gedurende daardie tyd nie. Miskien het die

ongekende adrenalienvloei daardie menslike gevoel onderdruk of miskien was ek maar vrek bang

maar het dit so goed onderdruk omdat ek dit nie wou wys nie, ek kan egter glad nie vrees van

daardie tyd onthou nie. Ja, nou, jare na die tyd gaan daar af en toe koue rillings langs my ruggraat

af as ek dink wat kon gebeur het. Ek dink in sekere situasies het die adrenalien die bangheid weg

gedokter, dit is hoekom vrees miskien eers later ingeskop het.

Tsetsevlieë? Ek onthou die vreeslik plaende en bytende blindevlieë beter as die tsetsevlieë. Hulle

het sommer sulke swerms op jou rug kom sit en jou deur jou kamoefleerhemp gebyt. Hulle het ook

eiers in jou vel onder jou klere gelê waar daar dan later sulke geel wurmagtige goed uitgekom het.

Wat ek van die tsetsevlieë onthou is die sogenaamde “tsetsefly checkpoints”. Ek was in my tyd

deur twee sulke beheerpunte in Noord-Oos Rhodesië.

Page 18: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Ek dink hulle was opgestel voordat jy van die plato af in die Zambesi Vallei ingegaan het by

Sipolilo en meer na die ooste toe in die Mkumbura omgewing. Die konvooi is gestop en dan

was daar twee manne wat elke voertuig oral aan die buitekant ondersoek het. Een met n gif

spuitkannetjie spuit spuit en n ander met n vangnet vang vang die wat klaar gespuit is.

Hierdie was my eerste kennismaking met Rhodesië as ‘grensvegter”. Ek sou daarna nog vier

Rhodesiese ekskursies geniet om vir n totaal van 18 maande in my eerste 30 maande in die

Suid-Afrikaanse Polisie, grensdiens in Rhodesië te kon verrig.

ONS EIE IRON MAN – 2016

Die redaksie van die bulle-TIN het TIN Veteraan Blackie Swart versoek om vir ons ‘n bydrae te

stuur oor sy deelname aan die pas afgelope Iron Man kompetisie aangesien dit ‘n gebeurtenis

is waaroor bitter min mense verslag kan doen en komende van ‘n lid van ons eie TIN familie

maak dit heelwat meer uniek.

Blackie Swart doen as volg verslag:-

Soos versoek, ‘n kortlikse weergawe van my afgelope deelname aan die Iron Man kompetisie;

Waar en hoe die Iron Man begin het:-

Daar was vir jare hierdie debat tussen atlete wie die sterkste is, wie die meeste uithouvermoë

het of watter sport eenvoudig moeiliker as die ander is. In 1978 besluit daar toe ‘n klomp

ouens, die meeste uit die Amerikaanse militêre magte, om dit vir eens en vir altyd agter die blad

te kry.

Page 19: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

In Hawaii waar hul gestasioneer was, is verskeie sport byeenkomste gehou waaronder die Waikiki

Roughwater Swim (3.86 km), die Around-Oahu Bike Race (185 km; oorspronklik ‘n 2 dag event) en

die Honolulu Marathon (42.2 km). Hulle het die drie events bymekaar gegooi en ‘n sekere

Kommandant John Collins het gou ‘n paar handgeskrewe reëls opgetrek en dit vir die deelnemers

gegee. Op die laaste bladsy was daar groot geskryf en ek haal aan:- “Swim 2.4 miles! Bike 112

miles! Run 26.2 miles! Brag for the rest of your life"! So ontstaan hierdie event met die eerste

wentyd van ongeveer 12 ure, gedoen deur “Navy Seals” en allerhande weermag spesialiste. Dit

groei tot waar dit vandag is met die “World Championship” wat gehou word in Kona-Hawaii.

My deelname:-

Ek doen my eerste Iron Man in die laat tagtigs onder vaandel en borgskap van Isuzu Iron Man in

Gordonsbaai met ongeveer 50 deelnemers en kom 24ste met ‘n tyd van 12 uur 59 minute maar die

event word net daarna gestop agv sanksies en allerhande politieke nonsens. Ek hou nie op oefen

nie en bly nogsteeds aan die hardloop en fietsry en kry weer die geleentheid om in 2007, 2008,

2009 die vol Iron Man te doen as “age Grouper” wat beteken jy neem deel in jou ouderdoms

katagorie. Ek begin agterkom die kniee wil nie meer so aanmekaar die lang “endurance events”

doen nie en ek begin dus konsentreer op die korter half Iron Man kompetisies.

Aan die begin van die jaar vra twee jong atlete my of ek hul sal afrig vir ‘n Iron Man en so begin ek

saam met hul oefen waarna hul my ompraat om ook weer in te skryf. Siedaar…. met die bietjie

oefening wat ek toe saam met hul kry maak ek die 2016 “African Championship” klaar in net oor die

16uur. Die event begin om 7 uur in die oggend met die opvolg dissipline van swem, fiets en

marathon in daardie volgorde. Die afsny tyd om klaar te maak is 12 uur middernag. Dit is ‘n lang

dag op die voete! Die twee atlete wat ek afrig, beide van hulle uitstekend, behoort volgende jaar hul

merk te maak in Suid Afrika en sal ek ten minste een van hulle by Wêreld Kampioenskappe in Kona

kan inskryf.

Page 20: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Blackie Swart - Iron Man 2016

Page 21: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

UIT DIE BOEK

VAN OVAMBOLAND TOT MASJONALAND

DEUR LOUIS LUBBE

BLADSY 91

Page 22: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Indien daar enige iemand is wat in die boek belangstel en ‘n kopie wil aanskaf kan hulle die

skrywer direk kontak by:

[email protected]

082 859 0764

(011) 803 6348

Die prys van die boek is R 350.00

VAN OVAMBOLAND TOT MASJONALAND

Page 23: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

DITJIES EN DATJIES OP FACEBOOK

Page 24: Bulle-TIN uitgawe 15 2016
Page 25: Bulle-TIN uitgawe 15 2016
Page 26: Bulle-TIN uitgawe 15 2016
Page 27: Bulle-TIN uitgawe 15 2016
Page 28: Bulle-TIN uitgawe 15 2016
Page 29: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

VERJAARSDAEMEI

2 Rudi van Wyk 082 569 8510

6 Les Nel

Johan van der Walt

082 571 2852

082 550 4196

9 Jacqulette Meintjes 083 715 9465

12 Chris Bellis 021 988 0115

15 Wollie Wolmarans

André Pienaar

072 487 2341

082 337 8624

16Stanley de Wit

Stephen Sander

MC Loubser

[email protected]

083 679 6060

074 456 7452

17 Tami Pillay 061 139 8991

19 Daniël Swart 078 851 5255

22 Elmar Louw 083 290 1177

24 Dicks Dietrichsen 082 875 0018

26 Louis Lubbe 082 859 0764

27 Hein Truter 083 264 6565

31 Blackie Swart 083 307 0291

Page 30: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

VERJAARSDAE

JUNIE

1 Anthony da Costa 082 344 0215

8 Adriaan Rosslee 079 883 1458

9 Gert Nel

Piet Kierie Fourie

082 319 9602

082 650 5313

11 Henk Kotze

Jan du Preez

073 620 7428

082 604 2757

12 Dennis Parsons 072 155 3808

14 Henry Visagie 079 268 4303

20 Robert van Onselen 079 826 8468

26 Clarke van Dyk

Pieter Erasmus

060 963 7534

082 82 6667

Page 31: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

HULDE AAN HULLE WAT DIE HOOGSTE

PRYS BETAAL HET

MEI1 1980 Lt. JP Engelbrecht

7 1980 Const. JA Du Plessis

19 1982 AO PH Bezuidenhout

22 1971 Const. WP Dobbin

28 1979 AO G David

Page 32: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

MALEOSKOP BEELDEFONDS

Help ons om ons geskiedenis te restoureer.

Elke bietjie help!!!

Page 33: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

MINIATUUR MALEOSKOP BEELDJIES

ʼn Bêrekoop opsie is beskikbaar teen 3

maandelikse paaiemente van R500-00 elk.

Hou in gedagte dat hierdie beeldjies ʼn

BEPERKTE UITGAWE is.

Page 34: Bulle-TIN uitgawe 15 2016
Page 35: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Bestel by:-

072 407 0786

[email protected]

Horlosies R150-00

HORLOSIE

Page 36: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Bestel by Johannes Wolmarans

072 487 2341 [email protected]

Patches R 50-00

PATCHES

CAMO Patches R 70-00

Page 37: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Bestel by Henk van Heerden

082 770 5574

[email protected]

TIN wyn bottels R 70-00

TIN bekers R 80-00

TIN plakkers R 5-00

Maleoskop wyn bottels R 70-00

TIN Braaitange R 200-00

TIN PLAKKERS, BEKERS, WYN EN TANGE

Page 38: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

BELANGRIKE EN NUTTIGE INLIGTING

BESTUUR

Voorsitter: Martin Loubser Sel: 084 990 2025 epos: [email protected]

Onder Voorsitter: Elnic Steenkamp Sel: 071 643 1704 epos: [email protected]

Sekretaris: JP Swanepoel Sel: 072 111 3797 epos: [email protected]

Kommunikasie: Henk van Heerden Sel: 082 770 5574 epos: [email protected]

Tesourier: Robert van OnselenSel: 079 826 8468 epos: [email protected]

Addisionele lede:

Werner Wassermann Sel: 072 665 6815 epos: [email protected]

Henry Visagie Sel: 079 268 4303 epos: [email protected]

Ondersteunerslede:

Wollie Wolmarans Sel: 072 487 2341 epos: [email protected]

Ilana Loubser Sel: 084 579 1269 epos: [email protected]

KAPELAAN

Jan du Preez (Genl, Ds, Dr) Sel: 082 604 2757 epos: [email protected]

EREPRESIDENT

Johan Viktor (Genl)

Facebook geslote groep (slegs vir TIN lede)

https://www.facebook.com/groups/535440839915941

Linkedin

http://za.linkedin.com/pub/tinveteraan-bond/a1/494/548/

Facebook Page (vir almal)

https://www.facebook.com/coinveteransleague

Page 39: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

KENNISGEWING DEUR DIE REGISEUREk wil dit onomwonde duidelik stel dat die redaksie GEEN verantwoordelikheid neem vir

die korrektheid van die inhoud van jou plasing nie. By ontvangs van jou inset doen ek

die nodige taalversorging en sal maksimum dalk uitbrei op afkortings en TIN terme sodat

ons leke lesers ook verstaan. Dit klink dalk na ʼn snaakse versoek maar moenie plasings

stuur as jy dit nie gepubliseer wil hê nie.

Plasings wat jy op Facebook maak is openbare inligting en sekere plasings word as ʼn

reël van ons groep afgetrek en in die blad geplaas vir diegene wat nie op ons Facebook

groep is nie. As jy ʼn probleem hiermee het moet jy my asseblief laat weet, ons sal jou

versoek respekteer.

Martin Loubser

VERSOEK DEUR DIE REDAKTRISE

Ek wil almal vriendelik vra (ek sal selfs soebat as ek moet) om tog pen op papier te sit

en julle bosstories met ons te deel, ernstig of komies. Die blad sal niks anders as ʼn

inligtingsblad wees as dit nie vir die stories is wat lede tweemaandeliks plaas nie. As jy

nie ʼn skrywer van formaat is nie, moet jy nie bekommer oor spelfoute en

taalkonstruksies nie, die regisseur (Martin Loubser), klap ʼn storie vinnig reg.

Ilana Loubser

Page 40: Bulle-TIN uitgawe 15 2016

Stuur insette, stories, foto’s en ander plasings

na [email protected] voor die 20ste van

JUNIE 2016.

Redaktrise – Ilana Loubser Sel: 084 579 1269

Regisseur – Martin Loubser Sel: 084 990 2025