goeie dag vriende · maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf stelsel nie. na...

12
1 Maart 2017 | Vol.25.2 1 Goeie Dag Vriende Dit is alweer sulke tyd -Veiling op Arcadia! Ons is baie bly om te hoor dat die droogte gebreek is in meeste dele van ons land – die Here se Genade is groot! Jammer om te hoor van die Wes Kaap en dele van die Karoo wat nog baie reën kort. Ook hier op Arcadia lyk dit soos ʼn lushof. Die beeste en die weiding is so mooi soos dit kan wees. Hierdie is weer ʼn “lang” Nuusbrief en baie dankie as u tyd kan afstaan om dit te lees. Soos gewoonlik deel ons graag met u iets uit eie ondervinding wat vir ons werk – ons hoop u vind dit van waarde. Enige kommentaar word verwelkom – ons leer elke dag nog steeds! HOE OM LIGGAAMSVET TE GEBRUIK OM KOEI VRUGBAARHEID TE VERHOOG Baie boere frons en wonder hoekom ons op Arcadia ons bulle soveel later as die gemiddelde Hoëveld boer by ons koeie sit. Sekere boere sit al op 1 September bulle in, party op 1 Oktober en die meeste op 1 November. Ons begin ons dekseisoen die laaste vyf jaar op 15 Desember – dus heelwat later as ons medeboere. Ons het ook aanvanklik op 1 November bulle bygesit maar na 25 jaar op die Hoëveld het ons stelselmag al later begin dek. Dit was nie ʼn maklike besluit nie – een van die grootste bekommernisse is laer speengewigte. Elke maand wat ‘n kalf vroeër gebore word is dit ‘n 25 - 30 kg swaarder kalf – maar teen waer koste? Na baie oplees, deelneem aan ʼn besprekingsgroep en eie waarneming van die voordele van “later in die lente begin kalf” is ons dekdatum nou op 15 Desember – ons behoort eintlik op papier nog twee weke later te begin dek maar met al die vakansie dae tot en met 2 Januarie, werk “vanaf” 15 Desember vir ons goed. Ons begin kalfdatum is dus vanaf die laaste week in September. Ons almal weet hoe belangrik vrugbaarheid is vir ons finansiële oorlewing - hoe meer kalwers ons aankry – hoe meer kan ons verkoop en hoe beter kan ons selekteer. Ek wil graag met u die konsep deel wat u beseng dramaes kan verhoog en terselfdertyd ook u kostes gaan verlaag. Dit is heeltemal natuurlik en dit gee vir u die beste van twee wêrelde. Hierdie konsep berus op “DIE KOEI SE LIGGAAMSVET (KONDISIE) MET OF TYDENS KALWING. Dit is algemene kennis dat ‘n brandmaer koei (kondisietelling van 1 – 1,5 uit 5) gaan sukkel om beset te raak (vir ‘n koei om binne 365 dae te kalf het sy 82 dae tyd om beset te raak nadat sy gekalf het – as die draggheidstydperk op 283 dae geneem word.) So ‘n maer koei kan tot 180 dae neem voor sy weer beset raak! Liggaamsvet met kalwing het ‘n groter effek op herkonsepsie as liggaamsvet met paring. Dit is ook interessant dat klein verskille in liggaamsvet ‘n groot verskil kan maak op besengspersentasies. So daar is dus ‘n groot korrelasie tussen liggaamsvet met kalwing en vrugbaarheid by die tyd van paring. Soos ons weet is koeie nie dadelik gereed na kalwing om “bul te vat” nie. Na kalwing is daar ‘n onvrugbare periode waarin die koei moet herstel van die kalwingproses – in hierdie tyd moet die baarmoeder “gesond” word en terug krimp na normaal, so ook is daar ander hormonale afskeidings wat moet verander van voor kalwing tot by haar eerste hie siklus. Die lengte (dae) van hierdie onvrugbare periode hang af van hoe vet die koei was met kalwing. Meeste mense glo verkeerdelik dat vrugbaarheid en toename in kondisie gedurende die dekseisoen die grootste faktor is m.b.t. goeie konsepsie – dit speel wel ‘n rol – maar vêr meer belangrik is hoeveel vet die koei gehad het met kalwing. Kyk gerus na die volgende werk wat gedoen is: Kondisietelling by Kalwing Onvrugbare Periode (in dae) 1-2 89 dae en langer 2.5 ongeveer 70 dae 3 ongeveer 52 - 59 dae 3.5 – 4 ongeveer 31 dae Dit is ook bewys dat die eerste siklus na kalwing wel vrugbaar kan wees maar eintlik is die tweede siklus – 21 dae later – jou beste siklus en kans vir konsepsie. Die aanbeveling is dus dat jou teelseisoen moet begin na die onvrugbare periode plus een siklus. In die perfekte wêreld – waarin niemand van ons is nie – word ‘n 42 dae dekseisoen aanbeveel (dit beteken nie dat ons nie daarna kan strewe nie!) Dit kom daarop neer dat jou koeie so vroeg as moontlik binne jou dektyd moet bul vat – die koeie wat later kalf het doodgewoon nie genoeg tyd om beset te raak nie. Met ‘n dekseisoen van 60 of 90 dae geld dieselfde beginsel.

Upload: others

Post on 01-Dec-2019

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Goeie Dag Vriende · maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf stelsel nie. Na kalwing, as die reste op is, dan begin die probleem van kostes aan die een kant en die

1

Maart 2017 | Vol.25.2

1

Goeie Dag VriendeDit is alweer sulke tyd -Veiling op Arcadia! Ons is baie bly om te hoor dat die droogte gebreek is in meeste dele van ons land – die Here se Genade is groot! Jammer om te hoor van die Wes Kaap en dele van die Karoo wat nog baie reën kort. Ook hier op Arcadia lyk dit soos ʼn lushof. Die beeste en die weiding is so mooi soos dit kan wees. Hierdie is weer ʼn “lang” Nuusbrief en baie dankie as u tyd kan afstaan om dit te lees. Soos gewoonlik deel ons graag met u iets uit eie ondervinding wat vir ons werk – ons hoop u vind dit van waarde. Enige kommentaar word verwelkom – ons leer elke dag nog steeds!

HOE OM LIGGAAMSVET TE GEBRUIK OM KOEI VRUGBAARHEID TE VERHOOG

Baie boere frons en wonder hoekom ons op Arcadia ons bulle soveel later as die gemiddelde Hoëveld boer by ons koeie sit. Sekere boere sit al op 1 September bulle in, party op 1 Oktober en die meeste op 1 November. Ons begin ons dekseisoen die laaste vyf jaar op 15 Desember – dus heelwat later as ons medeboere. Ons het ook aanvanklik op 1 November bulle bygesit maar na 25 jaar op die Hoëveld het ons stelselmatig al later begin dek. Dit was nie ʼn maklike besluit nie – een van die grootste bekommernisse is laer speengewigte. Elke maand wat ‘n kalf vroeër gebore word is dit ‘n 25 - 30 kg swaarder kalf – maar teen watter koste?

Na baie oplees, deelneem aan ʼn besprekingsgroep en eie waarneming van die voordele van “later in die lente begin kalf” is ons dekdatum nou op 15 Desember – ons behoort eintlik op papier nog twee weke later te begin dek maar met al die vakansie dae tot en met 2 Januarie, werk “vanaf” 15 Desember vir ons goed. Ons begin kalfdatum is dus vanaf die laaste week in September.

Ons almal weet hoe belangrik vrugbaarheid is vir ons finansiële oorlewing - hoe meer kalwers ons aankry – hoe meer kan ons verkoop en hoe beter kan ons selekteer.

Ek wil graag met u die konsep deel wat u besetting dramaties kan verhoog en terselfdertyd ook u kostes gaan verlaag. Dit is heeltemal natuurlik en dit gee vir u die beste van twee wêrelde.

Hierdie konsep berus op “DIE KOEI SE LIGGAAMSVET (KONDISIE) MET OF TYDENS KALWING.

Dit is algemene kennis dat ‘n brandmaer koei (kondisietelling van 1 – 1,5 uit 5) gaan sukkel om beset te raak (vir ‘n koei om binne 365 dae te kalf het sy 82 dae tyd om beset te raak nadat sy gekalf het – as die dragtigheidstydperk op 283 dae geneem word.) So ‘n maer koei kan tot 180 dae neem voor sy weer beset raak! Liggaamsvet met kalwing het ‘n groter effek op herkonsepsie as liggaamsvet met paring.

Dit is ook interessant dat klein verskille in liggaamsvet ‘n groot verskil kan maak op besettingspersentasies. So daar is dus ‘n groot korrelasie tussen liggaamsvet met kalwing en vrugbaarheid by die tyd van paring.

Soos ons weet is koeie nie dadelik gereed na kalwing om “bul te vat” nie. Na kalwing is daar ‘n onvrugbare periode waarin die koei moet herstel van die kalwingproses – in hierdie tyd moet die baarmoeder “gesond” word en terug krimp na normaal, so ook is daar ander hormonale afskeidings wat moet verander van voor kalwing tot by haar eerste hitte siklus. Die lengte (dae) van hierdie onvrugbare periode hang af van hoe vet die koei was met kalwing.

Meeste mense glo verkeerdelik dat vrugbaarheid en toename in kondisie gedurende die dekseisoen die grootste faktor is m.b.t. goeie konsepsie – dit speel wel ‘n rol – maar vêr meer belangrik is hoeveel vet die koei gehad het met kalwing.

Kyk gerus na die volgende werk wat gedoen is:

Kondisietelling by Kalwing

Onvrugbare Periode (in dae)

1-2 89 dae en langer2.5 ongeveer 70 dae3 ongeveer 52 - 59 dae

3.5 – 4 ongeveer 31 dae

Dit is ook bewys dat die eerste siklus na kalwing wel vrugbaar kan wees maar eintlik is die tweede siklus – 21 dae later – jou beste siklus en kans vir konsepsie. Die aanbeveling is dus dat jou teelseisoen moet begin na die onvrugbare periode plus een siklus. In die perfekte wêreld – waarin niemand van ons is nie – word ‘n 42 dae dekseisoen aanbeveel (dit beteken nie dat ons nie daarna kan strewe nie!) Dit kom daarop neer dat jou koeie so vroeg as moontlik binne jou dektyd moet bul vat – die koeie wat later kalf het doodgewoon nie genoeg tyd om beset te raak nie. Met ‘n dekseisoen van 60 of 90 dae geld dieselfde beginsel.

Page 2: Goeie Dag Vriende · maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf stelsel nie. Na kalwing, as die reste op is, dan begin die probleem van kostes aan die een kant en die

2

ARCADIA NUUS/NEWS Werk wat gedoen is m.b.t. koeie wat beset was 90 dae na kalwing het die volgende gewys:

Kondisietelling by Kalwing % Besetting van koeie1-2 15%2.5 30%3 80%

3.5 – 4 95%

Sodra die kondisietelling 4,5 en 5 was (baie vet) het die konsepsies afgeneem tot 75% koeie beset na 90 dae.

Dit is nie die einde van die storie nie! Om bogenoemde resultate te verkry moet koeie ook gewig toeneem net voordat hulle kalf. M.a.w. ‘n koei in goeie kondisie voor kalwing behoort nie gewig te verloor in die dae voor en om kalwing nie omdat sy in hierdie kritieke tyd baie meer energie nodig het. As sy net van haar gestoorde vet afhanklik is gaan dit nog steeds langer vir haar neem om in eerste siklus te kom. Hierdie maak sin uit die feit dat liggaamsvet ‘n fantastiese bron is om te verseker dat die koei genoeg energie-reserwes het om haar self “gesond” te kry, na haar kalf te kyk en weer dragtig te raak. As sy nou gewig verloor – gaan haar instink inskop en sy eerder vir haar self en haar kalf sorg – voor sy weer gaan begin siklus.

Ons dink baie keer dat ons kan “regmaak” deur skraal koeie goed te laat optel voor die dekseisoen – ongelukkig werk dit nie so goed nie! Onthou die horlosie begin tik as die kalf gebore word – jy kan nie die horlosie terug draai nie. Die probleem hier is dat die koei die manier hoe sy vet as energie gebruik, prioritiseer. Sy gebruik eers energie vir haar eie onderhoud en baarmoeder involusie, dan gebruik sy geweldig energie om genoeg melk vir haar kalf te produseer en ʼn goeie ma te wees. Eers as aan al hierdie energie behoeftes voldoen is – sal sy begin gewig optel.

Terwyl die koei dragtig is, is dit redelik maklik vir haar om gewig op te tel. Dragtigheid gebruik energie, maar nie soveel dat daar nie genoeg oor is vir haar om kondisie op te tel nie. As die koei eers gekalf het – verander haar energie balans drasties. Dit is dan amper onmoontlik vir haar om genoeg kalorieë in te neem om melk te produseer en in gewig toe te neem. Om hierdie behoeftes “uit ‘n sak” vir haar te gee – is glad nie winsgewend nie.

Dink maar gerus hoeveel energie-lek ons gee vir die koeie wat voor die lente of in die vroeë lente kalf (voor die gras begin groei het) – dit vreet aan ons wins! Dit is moeilik om die balans te vind tussen vroeg kalf in ‘n goeie kondisie en nog steeds gewig op te tel na kalwing. Hier dink ek aan boere wat oesreste het – die koeie kalf wel in ‘n goeie kondisie – maar onthou die res van die storie – na kalwing..... Dit kan werk – maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf stelsel nie. Na kalwing, as die reste op is, dan begin die probleem van kostes aan die een kant en die “baklei” teen die natuur om die koeie in goeie kondisie te hou (verkieslik gewig te laat toeneem) aan die ander kant.

Daar is ‘n ander strategie om oorwinteringskoste te sny, koeie goedkoop te laat gewig toeneem voor hulle kalf, al die kalorieë te voorsien wat benodig word vir laktasie en om vrugbaarheid en konsepsie te verhoog: sonder dat dit jou enige iets meer

gaan kos aan ekstra voer of lekke – inteendeel, dit gaan jou minder kos.

KALWING GEDURENDE DIE GROEIPERIODE VAN DIE GRAS – DIT IS DIE ANTWOORD VIR

LAE KOSTE KOEI – KALF PRODUKSIE.As ons ons kalfseisoen net ‘n bietjie aanskuif – kom ons kyk wat gebeur:

As jou koeie 4 tot 6 weke NA die groeiseisoen begin kalf, is hierdie koeie in ‘n totaal ander situasie as die koeie wat VOOR die groeiseisoen kalf. Hierdie koeie wat later kalf het ten minste 6 weke van uitstaande kwaliteit, welige en goedkoop weiding beskikbaar voordat hulle kalf. Omdat hulle nie lakteer nie – selfs al kom hulle skraal uit die winter uit – het hulle heeltemal genoeg tyd en nie soveel energie nodig, om in ‘n 3,5 of 4 kondisie punt te kom voor hulle kalf!

‘n Kondisie punt van 3,5 - 4 beteken ‘n korter onvrugbare periode. Konsepsie sal daarom baie beter wees en jy sal nie ‘n fortuin bestee aan wintervoer om hierdie hoë konsepsies te bereik nie.

Daar is dus ‘n groot voordeel m.b.t. vrugbaarheid as jy aanskuif na kalwing gedurende die groeiperiode. Meeste van jou koeie gaan tussen 30 en 60 dae na kalwing beset raak. Jy kan ‘n meer uniforme kalf groep verwag omdat meeste kalwers binne twee maande van mekaar gebore word. Beter bestuur m.b.t. observasie, onthoring, kastrasie, entings, bemarking ens. is dus moontlik.

Soos vroeër genoem – beter konsepsie beteken beter seleksie en minder uitskot van oop koeie. Meer kalwers beteken jy kan jou beste verse hou, dit teen ʼn laer koste produseer – en dit gaan jou netto inkomste verhoog. Dit is al wat ons sal laat oorleef.

Melkproduksie gaan nie ernstig benadeel word nie – jy het nog die meeste van die somertyd oor. Kalwers gebore in welige veld is baie gesonder as kalwers gebore in klein kampies waar hooi bale gevoer word. Modder, koeie wat saamdrom om bale, laat snerpende koues ens. is sleg vir ʼn jong kalf. Meer liggaamsvet by die koeie beteken meer biesmelk – daarom is jou laat kalwers baie keer meer gesond as jou vroeë kalwers. Omdat die koeie in goeie kondisie gekalf het – produseer hulle ook meer melk vir die volgende vier maande. So jou kalwers groei vinniger – omdat jou koeie vetter is!

Omdat jou koeie tyd het om kondisie op te tel voor kalwing het jy minder oorwinteringskostes. Ons koeie kom deur die winter sonder ‘n enkele baal voer (in hierdie koue Hoëveld – waar voer maak aan die orde van die dag is). Met spaar veld wat ons laat rus vanaf einde Januarie kry ons dit al vir jare reg – en net 14 dae later bulle insit maak ‘n GROOT verskil. Koeie kan tot 20% van hulle liggaamskondisie verloor terwyl hulle dragtig deur die winter gaan – maar dan moet jy weet waar en watter kampe hulle gaan vreet om daardie gewig weer aan te sit voor hulle kalf. Ons het wel nou beperkte oesreste, maar later hieroor.

A.g.v. kompensatoriese groei is diere wat vir ‘n kort periode (3-4 maande) gewig verloor het ongelooflik doeltreffend om nutriënte effektief te gebruik en terug te bons om na 6 weke van goeie, groen, vars weiding hulle kondisie dramaties te

Page 3: Goeie Dag Vriende · maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf stelsel nie. Na kalwing, as die reste op is, dan begin die probleem van kostes aan die een kant en die

3

Maart 2017 | Vol.25.2verbeter. Ons sal wel as ons ‘n ernstige koue front of sneeu sien aankom, bale uitsit op Arcadia – maar op die ander plase het ons nie eers een baal hooi nie. As die front oor is – word daar nie weer bale uitgesit nie.

As jy gedurende die groeiseisoen kalf, kan jy later speen as die tradisionele metode. Soos genoem – die koeie kan maar gewig verloor – hulle gaan dit mos weer optel in die somer VOOR hulle kalf. Ons het ook begin om nie meer ons kalwers te speen nie (ons weeg wel op die regte speen datum) maar jaag dan die kalwers weer saam met die koeie. Soos wat die weidingskwaliteit afneem sal die dragtige koeie hulle kalwers self speen. Ons doen dit ook reeds vir ‘n paar jaar – en dit werk! Geen speenskok, geen drade word gebreek, geen stres op ma en kalf nie.

Soos Kit Pharo vir ons gesê het “Who wean the Kudu calf?” – of ons ander wildslammers? Ons het al so laat gespeen (ons het nie geweet waar om met die speenkalwers heen te gaan nie!). Die koeie het soveel dae terug geskuif m.b.t. hulle kalfdatum (20 tot 50 dae vroeër, gemiddeld skuif koeie 30 dae terug). Ek het aktief self gekyk en laat kyk of die ouer kalf saam met die nuwe kalfie suip – ons het dit nog nie een keer gesien nie. As jy later speen – kom jy later in die mark en jou speenkalf kan vir die Kersmark verkoop word aan die voerkraal, teen ‘n beter prys. As jy die kalwers nóg later kan speen – speen hulle wanneer die koeie in daardie wonderlike groen weiding ingaan. Dan benut hulle ook kompensatoriese groei en jy verkoop hulle dan as 280 – 300 kg, goedkoop groot gemaakte “long weaners” wat reeds “ge background” is vir die Voerkrale.

Soos bo genoem volg ons reeds hierdie praktyk met Arcadia Bonsmaras – dit werk verseker! Dit werk veral beter met vroegryp beeste wat blitsvinnig vet aansit sodra die groen gras kom. So die regte genetika speel verseker ʼn groot rol in hierdie bestuur milieu. Beeste met kapasiteit, matige bespiering en goeie aanpassingsvermoë werk oor die hele wêreld in ekstensiewe dele.

‘n Bespreking van 25 van die 72 bulle wat op 12 April 2017 aangebied word:

LOT 3: AG14-306

This bull has exceptional depth, a beautiful masculine head, strong bone, good scrotum, good sheath and generally good capacity and width. He has a dark red color and is a good son of AG08-210. With regards to the bull’s breeding values, he is 108 on Birth Weight Direct, Wean Maternal is 120, ADG 113, FCR 116, Shoulder Height is 88, in other words, he is not going to breed large framed animals. His Scrotum Circumference is 110, his Cow Value is 121, probably one of the best bulls on this trait on auction. Further back in his pedigree, he is related to TBR91-704 thus to AGB140. On his mother’s side, he comes

from a bull of Wynand Basson, MMJ03-52 and also from AGJ8. His mother is a special good and beautiful cow, she is still active in our herd and you will see her on our Information Day. She had seven calves with an average of 354 days ICP over 7 calves, which is outstanding. She has sold a bull to Gerrie Roos of Delmas and a cow to Stan Lipschitz from Oudtshoorn.

LOT 4: AG14-434

Hierdie is ook ‘n uitstekende bul wat ons baie van verwag. Hy wys goeie diepte, uitstekende vel en haar, perfekte skrotum en skede, baie sterk kop en bek, goeie toplyn en ‘n groot agterkwart. Hy is mooi breed oor sy skouers, op sy rug en breed deur sy draaibene. ‘n Trotse houding en wat bouvorm betref, is hierdie bul ook een van die beste bulle op die veiling. Teelwaarde-gewys, matig op Geboortemassa, Speen Direk op rasgemiddeld, op Speen Maternaal (Melk) 113, Na-speense Groei 109, GDT van 105, VOV 106 en Skrotum-omtrek 104. Hy het ‘n Ouderdom Eerste Kalf Indeks van 121. Waarlik ‘n bul wat se Teelwaardes saam loop met sy goeie bouvorm. Sy vader is AG08-409 wat weer kom uit die goeie bul LAR03-398 van Oom Laurence en Derek Ralfe wat vir ons baie goed geteel het. Sy moeder het op 23 maande die eerste keer gekalf, vir ons reeds 4 kalwers gegee met ‘n gemiddelde Speen-indeks van 104 oor 4 kalwers. Sy is nog ‘n jong koei en ons hoop sy gaan vorentoe nog ‘n groot rol in ons kudde speel.

LOT 6: AG13-024

Hierdie is regtig ‘n besonderse bul!! Dit is die tipe wat ek dink enige stoet groot spronge vorentoe kan laat maak m.b.t. bouvorm. Hy het ‘n uitstekende toplyn, baie goeie diepte, perfekte testis, baie goeie skede, baie goeie bene en kloue, ongelooflike sterk kop, oogbanke, baie goeie bek-omtrek en sterk onderkaak, sterk skof-ontwikkeling en goeie vel en haar. Wat bouvorm betref, is hierdie bul een van die heel bestes wat ons nog ooit geteel het. Hierdie bul se Teelwaarde Indekse op Geboorte Direk is 131, Geboortegewig Maternaal 112, op Melk is hy 106 en op Koeiwaarde 110. Die gemiddelde geboortemassa van sy kalwers is 29kg (meeste uit eerste kalf koeie). Hierdie bul kan beslis onder normale bestuurs-omstandighede op verse gebruik word, maar ons het hom die laaste twee dek seisoene van ons heel beste koeie gegee. Sy pa is AG09-751 wat ook op hierdie veiling aangebied word as Lot 21. AG13-24 se kalwers het baie goeie toplyne en is net so goed gebou as hyself met net so ‘n kompakte en diep bouvorm. Ons het reeds 20 van sy se kalwers

Page 4: Goeie Dag Vriende · maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf stelsel nie. Na kalwing, as die reste op is, dan begin die probleem van kostes aan die een kant en die

4

ARCADIA NUUS/NEWS aangebied vir keuring met ‘n 100% keuringspersentasie. Sy ma se gemiddelde TKP is 380 dae op 8 kalwers met ‘n gemiddelde Speen-indeks van 99. Die bul het verder ‘n baie interessante stamboom. Hy is glad nie verwant aan AG98-338 nie. Aan die vaderskant kom sy oupa van Fourie Scheepers. Aan moederskant uit ‘n bekende bul van Wouter van Amstel, LA90-195 en uit GBN004 van Gerhard Brönn. Ek dink hierdie bul kan jy met groot vrymoedigheid op enige Bonsmara-kudde wat bespiering kort, regte bouvorm, diepte en kapasiteit nodig het, gebruik. Hy kan jou baie tyd spaar! Ons behou een semen aandeel van AG13-24 – die semen is reeds getap. Hy het ook reeds drie ander semen aandeelhouers. Onthou ‘n bul kan sonder toestemming 10 aandeelhouers hê. As u meer aandele of semen wil verkoop moet u hom laat goedkeur as ʼn KI bul – hy was reeds hiervoor goedgekeur want ons het hom ook in die embrio projek gebruik.

LOT 8: AG AG11-231

Hierdie is ‘n bul wat ons met groot sukses gebruik het vir korrektiewe paring op koeie wat laag was op Teelwaardes. Wat bouvorm betref, is hy ‘n groter raam-bul, tipe 3½ na tipe 4 uit 5. Hy het ‘n baie goeie houding, altyd trots met goeie lengte en diepte, sterk bek en kop, goeie skede en goeie bene en kloue. Die growwe hare in sy nek is een van die tekens van sekondêre manlike geslagseienskappe, so ook sy goeie skof en wakker oë en ore. Die bul het ‘n baie mooi lang kruis, perfekte stertaanhegting asook ‘n baie lang stert. Hierdie bul se Teelwaardes: Speen Direk 113, op Speen Maternaal 109, Na-speen Groei 116, GDT 130, VOV 124, Skrotum-omtrek 111 – met goeie akkuraatheid. U kan sien waarom ons hom gebruik het vir korrektiewe paring. Ons het alreeds 64 kalwers van hom geregistreer met ‘n gemiddelde geboortemassa van 35kg. 100% van beide sy bul en verskalwers is reeds goedgekeur. Sy vaar is AG07-745, wat kom uit die Frikkie Kruger bul, WAT00-200. Laas genoemde is ‘n BG96-125 seun. Sy moeder het ‘n gemiddelde TKP van 373 dae op 7 kalwers. Sy is ‘n 8 punt koei en is m.a.w. pragtig met ‘n gemiddelde Speen-indeks van 102 op 6 kalwers. Sy is nog steeds in ons kudde en produseer baie goed. Sy het ‘n bul verkoop aan Prof Gerhard Cronjé. Kom kyk gerus hoe sy en haar kalf lyk op ons Inligtingsdag op 1 April 2017.

LOT 10: AG14-403

Wat die meeste uitstaan van hierdie bul is sy besonderse balans, toplyn, mooi trotse houding, kort skede, goeie

skrotum, sterk bene, mooi diepte en goeie vel en haar. Hierdie is regtig ‘n bul wat ook ‘n bydrae in enige kudde kan lewer. Sy Teelwaardes is uitstekend, op Geboortemassa Direk 113, op Melk 101, op Volwasse Massa 101 m.a.w. mooi medium-raam beeste. Die bul se skrotum-omtrek is 99 en Koeiwaarde van 105. Teelwaarde-gewys is hierdie bul baie gebalanseerd. Die bul se pa is AG11-038 wat nou by Adv. Gerhard Strydom loop, hy kom uit die bul AG06-27. Aan moederskant kom hy uit AG09-310 wat ‘n AG02-251 seun is wat weer uit AG98-338 uitkom. AGJ8 is ook in die moeder se stamboom. Sy moeder is nog steeds in ons kudde, sy het al 7 kalwers gehad met ‘n gemiddelde TKP van 370 dae. Sy het al ‘n bul verkoop aan Wessel Wessels van Komatipoort wat boer naby Ficksburg. ‘n Baie goeie ouma van haar is verkoop aan Keith Keating van Tensmar Bonsmaras.

TOR05-216Voordat ek die volgende bulle bespreek wil ek noem dat ons hierdie jaar heelwat bulle uit die bul, TOR05-216 gaan aanbied. Om herhaling te voorkom gee ek nou inligting oor dié bul en sal dan net telkens na hierdie paragraaf verwys. TOR05-216 is ‘n baie goeie bul wat ons by Oom Manie en Mikie du Toit gekoop het. Hy is geteel deur David Cock en Ingemar Heurlin. Hy kom uit die bekende bul AG01-051 wat verkoop is aan Edward Hansen van Namibië. Sy moeder is AG92-184 (die moeder van AG98-338). AG01-051 se vaar was AG96-59 wat stam uit GBN4 en een van ons beste Farmers Weekly koeilyne. TOR05-216 is van Arcadia na Thinus Maritz. Soos u kan sien, het TOR05-216 se gene wyd gaan draai – Vrede, Namibië, Lady Grey, Humansdorp, Vrede en Vaalwater – en orals goed gedoen. Sy seuns kom nou ook sterk deur by ons – hierdie is ʼn beproefde bloedlyn!

LOT 12: AG14-017

A type 2½ bull with good capacity, tight sheath and perfect scrotum. He also has a strong head and muzzle, good quality hide and hair and a strong back. If you are looking to breed muscling, width and early maturing type – have a good look at this bull. He is a son of TOR05-216. 4,54% line bred to AG98-338. With such a good pedigree and line breeding, he must have good prepotency. His Breeding Values are just below or on breed average which cannot be a mistake. His mother first calved at 21 months, running with her 10th calve and is still active in our herd. We sold a heifer from her to Nyama Bonsmaras and a bull to Manie and Wessel Bothma of Komativallei Bonsmaras.

Page 5: Goeie Dag Vriende · maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf stelsel nie. Na kalwing, as die reste op is, dan begin die probleem van kostes aan die een kant en die

5

Maart 2017 | Vol.25.2

LOT 7: AG13-316

Hierdie bul het ‘n besonderse houding, diepte, perfekte skrotum, skede, goeie toplyn, mooi skofontwikkeling, verdonkering en swart pigment. Sy vaar ADV10-68 het ek en Fourie Scheepers van my Pa gekoop. ADV10-68 teel vir ons baie goed, veral goeie groei en bouvorm. LOT 7 het dus ook goeie Teelwaardes: 104 op Geboortemassa Direk, 118 op Speen Direk, 118 op Na-speense Groei, 124 op GDT, Voeromsetverhouding 113, Skrotum-omtrek 124, Koeiwaarde van 121 en Produksiewaarde 131. As jy enigsins groei soek, kyk gerus na hierdie bul, hy behoort ‘n groot bydrae te lewer. Sy moeder is nog steeds aktief in ons kudde. Sy het 7 kalwers gehad met ‘n gemiddelde TKP van 374 dae. Sy het ‘n bul verkoop aan Johan Engelbrecht en dit is ‘n koei wat vorentoe vir ons nog baie goed gaan doen. Sy het ‘n 8 punt op visueel tydens haar keuring gekry, so ek dink jy kan met ‘n groot gerustheid hierdie bul oorweeg. Hy behoort vir u kalwers met goeie bouvorm en met baie groei te teel.

LOT 14: AG12-062

Hierdie is netso ‘n vroegryp, kort op die been, bonkige bul – en hy weeg nou 865kg. Die moderne neiging in die wêreld is nou om vroegryp, goed bevleesde diere te teel wat hulle kondisie in alle omstandighede baie goed hou. Hierdie bul het besonderse vel en haar, mooi swart pigment, uitstekende toplyn, baie goeie diepte, goeie skrotum, uitstekende skede, sterk bek en kop en sterk bene. Op bouvorm is hy baie naby aan ideaal. Meer die Bos Taurus-tipe as Sanga (Bos Indicus) - tipe maar ‘n bul wat ‘n groot rol in enige kudde kan speel. Die bul se geboortemassa is mooi op gemiddeld, sy Speengewig Direk is 120, Na-speense Groei 115, Voeromsetverhouding 129 en Skrotum-omtrek 115. Soos u kan sien, ‘n bul met goeie syfers wat kan groei “dat die biesies bewe”! ‘n Koeiwaarde Indeks van 107. Hierdie bul is ook deur Gert Nel van Germar Bonsmaras gebruik. Hy het 83 kalwers by hom en by ons verwek met ‘n gemiddelde geboortemassa van 32 kg. Die bul se vaar is AG07-742 wat afstam uit die bekende bul, BG96-125. Sy ma is ‘n dogter van AG03-256 wat goed gedoen het by Paul Maré, Benjamin Bosch, Joggie Briedenhann en Chris Welman. Sy moeder het op 22 maande die eerste keer gekalf. Sy is verkoop aan Lucas Msisa, van Vrede en sy het ook ‘n dogter verkoop aan Cassim Hassim van Trichard.

LOT 16: AG11-272

A deep dark red bull with good hide and hair. Despite the dark red color he still shows very good darkening. Excellent top line, good scrotum, good sheath, strong bone, good rump and tail setting, alert posture, dark pigment, strong head, legs and hooves - a bull that we also used. He was as a young bull used by Johan de Klerk and he confirmed that his calves were very good. The bull has outstanding breeding values - Birth Direct of 116 and as expected from a calving ease bull, he did not have such good growth but still perfectly acceptable. His Scrotum Circumference is 114, which is great, his Index on Calving Ease is 117. Please have a good look at this bull if you think calving ease bulls have to be small and mediocre! The bull descends from the famous Bokkie van der Merwe bull EI98-080 and line bred to BG96-125. What makes this bull quite unique is that he has no AG98-338 blood anywhere in his pedigree. The bull’s mother was sold to Ronnie Coleman of Namibia. He bought about 30 cows (and four bulls) from us over the years. It is really good to see how well the Vrede cattle adapted to his farm – adjacent to the desert. She also sold bulls to Chalmar Beef, Bremer Swanepoel, Max Mervits and Flip Kleynhans of Stilbaai and Oom Chris Bredenkamp of Bultfontein. This cow really did well for us - 369 days ICP over 6 calves before she went to Namibia. With good homework and our inputs, you will always found cows like this on our Production Sale.

LOT 17: AG14-009

Moet asseblief nie ‘n fout maak en dink omdat hierdie bul ligrooi is hy noodwendig ligrooi kalwers gaan teel nie. Op gewone Bonsmara rooi koeie behoort hy mooi normale rooi kalwers te gee. Kyk na die breedte tussen hierdie bul se oë. Dit beteken breedte regdeur die bul se liggaam. Kyk ook hoe breed is sy bek, sy sterk rug, baie goeie diepte en kapasiteit, goeie skede, bene en goeie hakke. Regtig ‘n bul met mooi bouvorm wat baie mooi uitgedraai het. Hierdie bul is ook beter as rasgemiddeld met ‘n Geboorte Direk Indeks van 105, Geboorte Maternaal 114 en Speen Maternaal 105. Wat my betref tipiese kalfgemak -syfers d.w.s sy syfers is om rasgemiddeld – glad nie sleg nie maar ook nie te hoog nie. Weer ʼn kalfgemak bul wat glad nie “klein en verpot” is nie. Die bul se VOV is 102. Sy ma kalf reeds op 25 maande gekalf, sy loop nou met haar 8ste kalf. Sy het ‘n gemiddelde TKP van 375 dae, gemiddelde Speen-indeks van 104 op 7 kalwers – regtig ‘n uitstaande koei wat vir ons baie goed gedoen

Page 6: Goeie Dag Vriende · maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf stelsel nie. Na kalwing, as die reste op is, dan begin die probleem van kostes aan die een kant en die

6

ARCADIA NUUS/NEWS het. Hierdie bul moet u definitief nie miskyk omdat sy kleur effens aan die ligte kant is nie.

LOT 18: AG13-559

U kan gerus mooi na hierdie bul kyk! Sy diepte, kapasiteit, houding, breedte en manlikheid is absoluut besonders. Nog ʼn ligrooi bul maar as hierdie bul donkerrooi was, sou hy definitief een van die grootste gunstelinge op vanjaar se veiling gewees het. Hy wys mooi verdonkering, goeie kwaliteit gladde haar, baie goeie skede, perfekte skrotum en goeie bene en kloue. Hierdie is ‘n bul wat u met vrymoedigheid kan oorweeg. Ons dink hierdie bul gaan baie goed teel. Die ou storie van ‘n ligte bul teel gewoonlik donkerder kalwers as wat hy is en ‘n donker bul ‘n bietjie ligter – ons sien dit jaar vir jaar. As kopers huiwerig is oor hierdie kleur – vat die kans om teen ʼn billike prys ʼn uitstaande bul te bekom. Hierdie bul se vader is verwant aan AG98-338 en aan moederskant is hy verwant aan ‘n bul van Gavin Bristow wat ook vir ons baie goeie vel en haar geteel het. Hier is werklik baie diepte in hierdie bul se stamboom. Op Teelwaardes is die bul soos volg: Speen Direk 107, Speen Maternaal 108, Na-speense Groei 105, Volwasse Massa 103 m.a.w. die koeie gaan nie te groot word nie en ‘n GDT van 102. Sy moeder is net so ‘n mooi koei wat ‘n 8 punt gekry het tydens keuring. Sy het vir ons 8 kalwers gegee met ‘n gemiddelde Speen-indeks van 106 oor 8 kalwers m.a.w. hier is baie melk van beide vader- en moederskant. Sy het 2 bulle verkoop aan Oom Willie Lemmer van Hartbeesfontein en aan Jan de Jager van Bethal.

LOT 19: AG11-224

‘n Bul met ‘n besondere stamboom. Hy is ingeteel op die bul LAR01-176, wie se pa AG07-48 was. Daar is ook AG99-104 in sy stamboom wat baie goed gedoen het, ook AG96-233, ‘n bul wat weer baie goed gedoen het vir Carl Gutter van Brandfort. Hierdie bul se pa, AG07-361, is aan Keith Keating (Tensmar Bonsmaras) verkoop en het die hoogste prys op ons Produksie Veiling van 2013 behaal. Van sy seuns is onder andere by Frans en Bart Seevinck van Thlagameng wat baie goed doen in karkaskompetisies. Een van die seuns van AG07-361, het hierdie jaar die Nasionale Karkas Kompetiesie gewen – baie geluk Frans! AG11-224 het besonderse diepte, baie goeie skrotum, skede, goeie bene en kloue. ‘n Sterk kop en bek, mooi vel en haar en ‘n los keelvel - ‘n bul wat vir ons baie mooi diep kalwers teel. Die gemiddelde geboortemassa van

sy kalwers is 34kg - baie mooi matige geboortemassas.

Sy Teelwaardes is gemiddeld – wat reg is. Op Geboorte Direk, Melk en Skrotum-omtrek is dit 101, 99 en 101 onderskeidelik. 17 uit 19 van sy bulkalwers is goedgekeur, m.a.w. 90% goedkeuringspersentasie wat baie goed is. Sy moeder is nog steeds aktief in ons kudde, sy loop nou met haar 7de kalf, gebore in 2016. Sy het ook ‘n baie goeie punt gekry met keuring en speen 6 kalwers teen 101 gemiddeld.

LOT 20: AG14-111

This is definitely the bull with the most capacity on this, our 25th Production Sale. He is absolutely early maturing (but still weighing 750 kg – you do not have to compromise on weight if you select for early maturity). When we look at modern world trends, this is the type of animal for a low-cost cow/calf production system. His daughters should be early maturing, taking early bull and keep their condition (better than the average) through each season. Have a good look at LOT 20, if you want to breed depth and capacity in your herd. You may have already good muscling but lacks depth and capacity – this may be the bull for those cows! His sire is the very proven bull, AG09-751 also on Sale as Lot 21. His mother was also sold to Ronnie Coleman of Namibia (bought “sight unseen”) at our Production Sale in 2015 – same group that are doing so well in Namibia. The bull’s breeding values on birth Mass Direct is 102, Birth Weight Maternal 113 to Wean Direct on breed average, to Wean Maternal 110 Post wean Growth 105, ADG 104 and Cow Value 108. Do not shy away from this bull and think he is too small, we think he is going to breed just the right type – in one generation.

LOT 21: AG09-751

Hierdie is ‘n besonderse bul wat ons lank gebruik het, 128 kalwers van hom is reeds geregistreer. Ons het hom ook in die vooraf genoemde embrioprogram gebruik. Hy is ook die pa van die baie goeie bul AG13-24 wat as LOT 6 op die veiling is (netso ook die vaar van LOT 20). AG09-751 het baie goeie lengte en diepte, goeie skede, baie goeie vel en haar, ‘n baie goeie kop wat hy aan sy nageslag oordra, sterk oogbanke, sterk onderkaak en sterk bene en kloue. Kyk gerus na hierdie bul – ‘n uitstekende beproefde bul! Sy kalwers het ‘n gemiddelde geboortemassa van 35kg. Hy kom uit ‘n baie goeie bul van Fourie Scheepers wat hyself ook gebruik het, CEF04-431. Aan sy moederskant kom hy ook uit AGK66 wat weer kom uit AGE0048. Hierdie bul het ook besonderse Teelwaardes, Geboortemassa Direk is mooi op gemiddeld, Geboortemassa Maternaal 125, Melk

Page 7: Goeie Dag Vriende · maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf stelsel nie. Na kalwing, as die reste op is, dan begin die probleem van kostes aan die een kant en die

7

Maart 2017 | Vol.25.2117, Na-speense groei 106, GDT op gemiddeld - 97, Skrotum-omtrek op gemiddeld - 97 en Koeiwaarde 108. Voorwaar ‘n bul met uitstekende Teelwaardes veral baie goeie melk. Ons verwag dat sy nageslag nog ‘n groot rol in ons kudde gaan speel. Sy moeder het vir ons 11 kalwers gegee en sy het verse verkoop aan Gerrit van Zyl en André van der Heyde. Verder het sy ‘n baie goeie bul (AG07-138), wat ook in ons eie kudde gebruik is, verkoop aan Koos Odendaal van Aliwal Noord en ander bulle aan Thinus Maritz en Frits Walters. Sy is later self as “Golden Oldie” verkoop aan Thinus Maritz van Vaalwater.

LOT 23: AG14-012

A dark red, 3 years old bull. Length, muscling, alert, very good topline, very good sheath, big scrotum, good and deep hind quarters – with muscle down to his hocks. A well-developed hump and a strong jaw and head. This bull is also a son of TOR05-216. On his mother’s side, he comes from LAR01-176 which in turn comes from AG97- 48 – he was a very striking bull (the Ralfe’s always buys the best!). Birth Weight Direct - 108 Wean Maternal - 102, his other Breeding Values about on Breed average. A bull that we would use on heifers - consider it. His birth weight was 34 kg. His mother once again an outstanding cow, 21 months at first calf. She had 10 calves and an average ICP 372 days, average weaning index of 102 on 9 calves. Please come and have a look at this cow at our Information Day - truly a beautiful cow. We sold a son of her to Rohan Meintjes of Klerksdorp and we have four of her daughters active in our herd.

LOT 25: AG14-292

Weereens ʼn bul om mooi na te kyk! Hy het ‘n perfek gevormde skrotum, skede 100% en baie mooi manlikheid. Die growwe hare in sy nek is sekondêre manlike geslagseienskappe – hy is natuurlik familie van LOT 14! Hierdie bul is ‘n manlike bul met baie goeie balans, die regte hoeveelheid bespiering, goeie breedte en goeie kloue. Hierdie harige skof van hom kom al 4 generasies vêr. Die bul se Pa is nou by André van der Heyde in die Springbokvlakte, AG11-263 - hy het net so ‘n maanhaar op sy skof. Sy Pa is weer AG07-745 wat ‘n ook baie duidelike maanhaar gehad het op sy skof. Hy stam weer af van die bul WAT03-085 van Frikkie Kruger, wat ook sulke growwe hare op sy skof gehad het. Hierdie is ‘n baie aantreklike eienskap en is absoluut ‘n teken van manlikheid. Anél sien altyd hierdie lyn raak – en is elke keer opgewonde daaroor. Aan moederskant sien ons baie goeie diere, AG02-251 en AG92-046. Dit is bulle

wat ‘n groot rol in ons kudde gespeel het. Teelwaarde-gewys is hierdie bul op Speengewig Direk 115, op Speen Maternaal 113, Na-speense Groei 109, GDT 111, VOV van 108, Skrotum-omtrek van 99 wat op rasgemiddeld is en ‘n Koeiwaarde van 111. So Teelwaarde-gewys en bouvorm-gewys is hierdie bul in die kol. Sy moeder weereens ‘n top koei en nog steeds aktief in ons kudde. Sy het al 7 kalwers gehad met ‘n gemiddelde TKP van 365 dae. Gemiddelde Speen-indeks van 111 op 6 kalwers. Sy loop nou met ‘n somerkalf waarna u gerus kan kom kyk. Sy het die eerste keer gekalf op 31 maande en nog nooit oorgeslaan nie. Met so ‘n moeder en vader lyn is AG14-292 ‘n bul wat, as ‘n totale pakket, u aandag behoort te trek.

LOT 27: AG14-108

Wat ‘n mens dadelik opval van hierdie bul is sy baie goeie bespiering, baie goeie vel en haar, mooi sterk kop en bek, mooi droë skede, goeie skrotum, goeie bene en kloue en goeie toplyn. Die belangrikste eienskap van hierdie bul is sy bespiering - iets waarmee baie Bonsmara-koeie en kalwers beter op kan wees. In die eerste generasie behoort u al ‘n positiewe resultate m.b.t bouvorm te sien. Teelwaardegewys mag dit dalk wees dat hierdie bul ‘n bietjie swaarder as gemiddelde kalwers gaan teel. Hyself het 34kg geweeg by geboorte. Sy Geboortegewig Maternaal is 133, sy Speengewig Direk is 108, die res van sy Indekse lê om die Ras gemiddeld. Oogspier-oppervlakte van 117 en TKP van 114. Wat sy stamboom betref, kom hy uit die bul wat ons baie goed gebruik het van Benjamin Bosch, WBB08-049 wat weer ‘n seun is van AG02-172 wat hulle “varkie” genoem het – omdat hy so “dik” en altyd vet was. Ons het regtig goeie kalwers gekry van hierdie bul van Benjamin, hy het ook vir ons verse maklik oopgemaak en was ‘n goeie bul om te gebruik. Aan moederskant is hy relatief onverwant aan ons ouer bloedlyne. Hy kom uit die Fourie Scheepers bul CEF04-431 asook uit Wesson van Rensburg se RCO99-110. Sy moeder is AG09-486, ‘n koei wat al 5 kalwers gegee het. Sy is nog aktief in ons kudde en u sal haar kan sien tydens die Inligtingsdag. Gemiddelde TKP van 370 dae oor vyf kalwers. Sy is ʼn goeie voorbeeld van die Inleiding van hierdie brief – sy het haar kalfdatum met 42 dae terug geskuif – net omdat sy op die regte tyd en in die regte kondisie gekalf het.

LOT 28: AG12-556

In spite of his very light red color, we used this bull on our own Stud cows – this is how much we think of

Page 8: Goeie Dag Vriende · maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf stelsel nie. Na kalwing, as die reste op is, dan begin die probleem van kostes aan die een kant en die

8

ARCADIA NUUS/NEWS him! We have 150+ young bulls per year to choose from – and he made the cut! Our old story – do not buy an average “red” bull if you can buy a very good light red bull (for usually less!). This bull shows the classic darkening pattern, incredibly good muscling and conformation and a perfect straight back. Gerrit van Zyl also used him and send me some photos – all of them, “normal” red! The average birth mass of his calves is 35 kg. AG12-556 has a perfect scrotum, short sheath, very good head and muzzle. His strong legs muscling and width is exactly the way we want it. We know that color has more to do with fashion and personal preference than functional efficiency, in fact this bull’s color is actually, with scientific backup, better than dark red for reflecting ultra violet rays. His breeding values are almost on par with Breed Average – perfect. His mother’s ICP is 370 days over four calves, she is still active in our herd and her wean ratio is an average of 98 over 4 calves. The father of this bull, AG08-409 (DNA verified - as all our animals) is still going strong and is really breeding very well. We sold him to Nyama Bonsmaras from Malawi. Interesting is that we sold 15 bulls two years ago to them, in Malawi – now that they see the calves – their order is 50 bulls for 2017! The Bonsmara is really a worldwide breed!

LOT 30: AG14-229

‘n Bul met ‘n mooi agterkwart, mooi kruis en stertaanhegting. Goeie skede, baie mooi diepte en kapasiteit, sterk kop en bek en ‘n goeie houding. Sy vaar is TOR05-216 – wat 11 seuns op hierdie Veiling het – kyk asb. na die paragraaf wat oor hom geskryf is. Hierdie bul is 5.3% lyn geteel op die koei AG92-184 – een van die mooiste koeie wat ons nog geteel het. Goeie erfdwang is hier ʼn baie sterk moontlikheid en as hy dogters soos sy moederlyn teel (wat gewoonlik gebeur) gaan sy koper groot glimlag! Al sy Teelwaardes is ongeveer gemiddeld, behalwe op VOV is dit 112. Hierdie bul se moeder het op 28 maande die eerste keer gekalf. Sy het 12 kalwers by ons gehad met ‘n gemiddelde Speen-indeks van 102 oor 11 kalwers. Sy het al bulle verkoop aan Chris Visser van Vryburg en verse aan Stan Lipschitz en Nyama Bonsmaras.

LOT 32: AG14-084

What is striking about this bull is his balance and his profile. His depth, width, very good scrotum, good sheath, strong muzzle, good hump, thick neck and good length of body all contribute to above. On overall conformation, he is also one

of the best bulls on Sale. The bull’s sire is also TOR05-

216. He is 6,54% line bred to AGJ8 and AG92-184, as previously mentioned prepotency runs with these line-bred animals. It is a big advantage if a bull breed the same type over and over again. With such a bull a good breeder can work much more efficiently doing corrective mating. His Breeding values are all on par with the outlier - Feed Conversion which is 122. This bull’s mother AG02-245, is now fifteen years old and still in our herd. She gave us 12 calves with an average ICP 387 days and an average weaning index of 103 to 11 calves. She calved the first time at 22 months - this is truly an exceptional cow. She is also offered as part of our Platinum cows at this Sale and she will be running with a calf. I discussed the offer from Platinum cows later under the section on Females in the Auction. We sold bulls from her to Nyama Bonsmaras and AG09-074 to Oom Gert and Pieter van Niekerk of Kimberley, where he did well.

LOT 34: CEF10-450

Hierdie bul het ons gekoop op ‘n veiling van Fourie Scheepers en ons het hom uitsluitlik gebruik op verse. Die bul het nou te groot en swaar geword en ek sal hom nie aanbeveel vir verse nie, alhoewel sy Teelwaardes nog baie reg is. Jy sal baie vreugde kry om hom op koeie te gebruik wat vir jou ligte kalwers sal teel. Hierdie bul het ongelooflike diepte en kapasiteit. Baie mooi bespiering, mooi verdonkering, vel en haar, goeie skede, goed gevormde skrotum, goeie kloue en breedte. Hy het regtig vir ons baie goed gedoen. Die gemiddelde geboortemassa van hierdie bul se kalwers is 31kg, wat baie, baie goed is. Die bul se Teelwaardes is uitstekend - op Speen Direk 123, op Melk 112, GDT 112, VOV 113 en Koeiwaarde ook 113. Hierdie is regtig ‘n bul wat ons met groot vrymoedigheid aanbeveel en goed gebruik het. Sover is ook 100% van sy kalwers goedgekeur.

LOT 37: AG13-434

Ons is nou nie in Hartwater wêreld nie maar ons het baie Bloubosluise!! Ongelooflik opvallend van hierdie bul was dat ek opgemerk het dat elke keer as ons met hom werk of ek hom in die veld gesien het hy GEEN bosluise op hom gehad het nie – terwyl die ander bulle in dieselfde kamp altyd matig tot baie bosluise gehad het – afhangende van die seisoen. Ons probeer glad nie dip op Arcadia nie of hoogstens een keer per jaar – om ons beeste soveel as moontlik immuniteit teen Rooiwater te laat kry. Hierdie tyd in Maart/April is die bosluis lading op sy hoogste – en ons verloor wel beeste aan

Page 9: Goeie Dag Vriende · maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf stelsel nie. Na kalwing, as die reste op is, dan begin die probleem van kostes aan die een kant en die

9

Maart 2017 | Vol.25.2

Rooiwater – maar minder as 0.05%. Dit is meer as wat dit ons sou kos om te dip, te blok en te immuniseer maar ons kom nou al jare aan met hierdie praktyk – en probeer so beeste te teel wat nie Rooiwater kry nie. Ek het nog nooit ‘n dier soos hierdie opgemerk wat op ons plaas, totale weerstand teen bosluise het nie. Prof Jan Bonsma het ons as telers vyftig jaar gelede gevra om vir hierdie eienskap te selekteer. Ons is self skuldig dat ons dit nie spesifiek gedoen het nie. Ek wonder waar ons sou staan m.b.t. hierdie goeie eienskap as ons wel daarvoor aktief geselekteer het? Toevallig?? is hierdie bul ʼn meer Sanga tipe – is dit dalk die rede vir bogenoemde?

Kyk gerus na sy goeie vel en haar, goeie groei Teelwaardes en goeie balans. Sy moeder het op 25 maande die eerste keer gekalf en vir ons 6 kalwers gegee met ‘n gemiddelde TKP van 366 dae. As u hierdie bul op koeie met goeie melk gebruik en in wilde wêreld met baie bosluise boer – kan hy dalk hierdie goeie eienskap vir u teel.

LOT 40: AG14-286

A bull with attitude, depth, short sheath, good scrotum, very good top line, broad across the back, showing just enough muscle, alert posture, right size, type 3. His sire is AG10-069. I have great confidence that this bull will breed depth and capacity. The reason is his background. The following bulls in his pedigree had tremendous depth and capacity – AG06-27, AG96-233, CEF05-503 and AG98-12. EBV-wise, this bull is moderate on Birth Weight, 115 on Birth Weight Maternal, on Wean Maternal 109, scrotum circumference is 102. His mother is still active in our herd. She had 5 calves had with an ICP 365 days, average weaning index of 103 over 4 calves and she is now with her fifth calf. You can see her also at our Information Day – 1/4/17.

LOT 41: AG14-037

‘n Bul wat ook goeie bouvorm het, goeie lengte, baie goeie vel en haar, goeie verdonkering, donker pigment, perfekte skede, baie goeie skrotum, sterk bene en kloue en ‘n bul wat ook sy stempel in enige kudde behoort af te druk. Hierdie bul se pa is TOR05-216. Aan moederskant kom hy uit dieselfde ouma as AG92-282 wie se dogters so goed by ons, Gert Nel en Ian Lourens gedoen het. Ons het 29 embrio-kalwers op die grond van AG92-282. Op Geboortemassa Direk is hierdie bul 111 - wat beteken dat ons hom met vrymoedigheid sou gebruik het op verse. Ons het sy moeder (ʼn suiwer geteelde AG koei)

gekoop van Gert van Rensburg van Grootvlei. Sy het by ons baie goed gedoen en vir ons 10 kalwers gegee met ‘n TKP van 377 dae en ‘n gemiddelde geboortemassa van 33kg. Sy is later verkoop aan Gerrit en Christelle Bezuidenhoudt van Warmbad. Hier weereens baie diepte in hierdie stamboom. Ons het ook uit hierdie koei vroulike diere verkoop aan Stanley Dewing en Vennote van Sewester Bonsmaras by Hartbeesfontein, aan Keith Keating van Tensmar Bonsmaras en ‘n bul aan Burkhard Herrmann van Frankfort.

LOT 72: AG11-813

Hierdie is ’n bul wat ons ook gebruik het vir korrektiewe paring m.b.t. Teelwaardes. Hy is uitstekend op groei, melk en skrotum omvang. Meeste telers het top koeie wat skraal is op bogenoemde teelwaardes maar tog so vroulik en vrugbaar. Eerder as om hierdie goeie koeie met lae teelwaardes te verkoop – paar ons hulle reg – met sulke bulle soos LOT 72. Hy vertoon baie mooi diepte en kapasiteit en ‘n groter raam vir hierdie koeie wat gewoonlik aan die fyn en klein kant is. ‘n Bul met diepte, breedte, goeie skede, baie goeie skrotum, kloue en toplyn. Kyk gerus weer baie mooi na hierdie bul. Ek dink elke teler moet ʼn bul met sulke goeie Teelwaardes in sy bul battery hê – om bogenoemde koeie reg te teel. Die gemiddelde geboortemassa van hierdie bul se kalwers is 36kg. Sy vaar is VV08-492, ‘n bul wat ek saam met Keith Keating gekoop het op Reivilo. AG11-813 se moeder is ‘n goedgekeurde embrioskenker, ‘n baie mooi koei en sy het ook ‘n 8 punt gekry met haar keuring. Sy het op 24 maande gekalf, en is nog steeds aktief in ons kudde. Ons het embrio’s van haar gespoel vir Brasilië en Colombia – regtig ‘n koei wat uit goeie voorouers kom. Ons sien, behalwe die VV diere, AG98-338, AGH1, AG91-220 wat ‘n GBN4 dogter is.

DIE VROULIKE DIERE OP DIE VEILINGDie aanbieding koeie en verse is van uitstaande gehalte en ons ondervinding en die van ons kopers is dat “AG” - koeie in ander kuddes oor die algemeen goed vaar, spesifiek t.o.v. die bouvorm van hul kalwers en hulle aanpassing.

Die Arcadia Produksie Veiling, het behalwe vir die bulle, ook ‘n goeie naam van goeie vroulike diere teen billike pryse. U sal nie u tyd mors om te kom kyk nie. Die kommersiële diere sal goed inskakel by enige kudde. U kan verseker wees dat hierdie koeie, stoet en kommersieel, geharde diere is wat op natuurlike veld kan gedy. Hulle sal beslis by u werk! Hulle is almal “AG” geteel en het op Arcadia grootgeword. Alle vroulike diere (kommersiële diere ingesluit) is TB en BM vry getoets – ‘n baie belangrike gesondheid voordeel wat u nie oral kry as u kommersiële diere aankoop nie.

Golden (Platinum) OldiesWe will have 30+ of these old cows on Sale. The reason why I think ”Platinum” is because they are between 13,5 and 15,5 years old – they have done us proud! Most of them

Page 10: Goeie Dag Vriende · maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf stelsel nie. Na kalwing, as die reste op is, dan begin die probleem van kostes aan die een kant en die

10

ARCADIA NUUS/NEWS were embryo donors in 2015 and 2016. We exported embryos to Colombia (1000), Argentina (400) and Brazil (400). They will be on Sale with either a calf or will be pregnant. They have remarkable records! We have sold bulls from most of them and all of them have between one and 6 active daughters in our herd. Over the years, we have sold animals from them to the value of R1.5 million. Because of their age, we do not expect them to go for too much – this is an opportunity for a young breeder to get some proven genetics. It may also be an opportunity for someone who want to flush them again for embryos. Breeders who can look well after them can with good care get another two to three calves from them. Our “Golden Oldies” in the past did us proud where ever they went.

GRATIS VERVOER VAN U AANKOPE TOT OP OF NABY U PLAAS. (Al is dit net een dier)

Ons gaan dit weer vanjaar vir u maklik maak om diere op ons veiling te bekom en u hoef u nie te bekommer oor die vervoer nie. Ons sal vir u die vervoer doen – op ons koste. U het geen kopseer van vervoer reëlings en hoe die diere by u op u plaas afgelaai word nie.

Met die huidige brandstofpryse en vervoerkoste is hierdie ‘n voordeel wat u definitief kan oorweeg en waar u boer behoort geen invloed op u keuse om die Veiling by te woon of nie, te hê nie. Ons kry van tyd tot tyd vrae oor waarom ons nie vir ons kopers promosie artikels soos kussinkies, pette, baadjies, truie, sleutelhouers, penne ens. gee nie. Ons voel egter dat ons kopers ‘n baie groter voordeel kry deur die gratis vervoer van hulle aankope. Hierdie promosie artikels sal ons ’n tiende van die prys van die vervoer kos. Anél het in elk geval vir u almal ‘n geskenkie voorberei!

Consider buying a bull 100km from your farm - this can cost you more than R2 500 for that bull extra - just on transport.

Baie van ons kopers kom sover as 400km en verder – hulle spaar ±R10 000 en meer per bul.

Ons wil aanbeveel dat u, u diere “in transito” verseker - want die vervoer word gratis maar op u eie risiko gedoen.

Transportation of animals that are not insured is at the Buyer’s own risk.

U neem eienaarskap oor van die diere sodra die hamer val – soos by enige ander Veiling.

INLIGTINGSDAG: Saterdag 1 April 2017Ons hou vanjaar ons jaarlikse Voor Veilings Inligtingsdag op Saterdag, 1 April 2017 om 11H00 hier op die plaas Arcadia waar die Veiling gaan plaasvind. Die dag sal soos in die verlede begin met verversings, waarna ±25 bulle dan individueel vertoon en bespreek sal word. Ons Inligtingsdag neem jaarliks eintlik maar die vorm van ‘n Boeredag aan, met die voordeel dat u ook die veilingsbulle, hul moeders en ander nageslag kan sien, sou hulle nog in die kudde wees. Ons bespreek funksionele doeltreffendheid van beide bulle en koeie en wys u op sterk en swak punte van die diere. Ongeag of u ‘n stoet- of kommersiële boer is en ongeag met watter ras u boer, die funksioneel doeltreffende kenmerke van ‘n bees bly dieselfde.

Ons rig dus ‘n uitnodiging aan elkeen wat belangstel, of weet van vriende of bure wat sou belangstel, om

gerus die dag by te woon. Dit is altyd leersaam om tussen beesboere te kuier en ook ander telers se beeste te sien en opinies te hoor.

Die bulle sal na afloop van die bespreking in krale beskikbaar wees vir verdere besigtiging. Ook die moeders wat nog in die kudde is, sal met dieselfde lotnommer as haar seun gemerk en op die werf wees vir besigtiging. Sy kan dan beoordeel word t.o.v. haar tipe, uier en spene, haar volgende kalf, bene en kloue en haar algemene voorkoms.

Another advantage of this Information Day or any other visit before the sale is that we as breeders can have a discussion with you about the bull/s you have in mind. We will give our opinion about your choice and we can discuss the possible application of the bull in your herd. This could probably help you to make a better well-informed decision. All the females on sale will also be in pens to examine. Lunch will be served.

Ons wil dit egter beklemtoon dat u ons enige ander dag, wat vir u geleë is kan besoek, indien u nie die Inligtingsdag kan bywoon nie. U is enige tyd welkom en ons ontvang u graag hier op Arcadia.

Vir veral mense wat van ver af kom - U is baie welkom om die dag VOOR die Veiling deur te kom en die diere hier rustig deur te kyk. Daar sal middag- en aandete op die plaas bedien word. Kontak asseblief vir Anél op 072 384 8822 vir oornagreëlings.

‘n Spesiale uitnodiging word weer gerig aan ons Namibiese telers, vriende en kliënte. Noudat ons weer diere na u kan stuur sal dit vir ons ‘n eer wees om u hier te ontvang soos in die verlede. Hier is verseker bloedlyne wat nie in Namibië beskikbaar is nie. Ons weet ook ons bloedlyne doen baie goed daar in u droë wêreld. Ons gaan agteroor buig m.b.t. die transport en afhangende van hoeveel diere Namibië toe gaan, sal ons ons kant bring – al is dit net een dier – dan ten minste vry vervoer tot by Upington, soos vir ons SA kliënte. As ons ‘n trok kan volmaak Namibië toe – dan laai ons ook gratis op u plaas af.

GENERAL:All animals are tested and certified free of TB and CA. All the bulls will be fertility tested and negative for Trichomonas and Vibrio. Certificates will be available on the day of the sale.

Alle diere is geënt teen Milt-, Spons- en Knopvelsiekte. Die diere loop op Rooiwater en Galsiekteveld en elkeen is Multimin en Vitamien A, D en E gespuit.

Die dragtigheid status van die koeie en verse sal op die dag van die veiling beskikbaar wees met dragtigheid sertifikate.

Hartwater : Ons beveel die Pernell metode aan. Dit werk verseker en is maklik. Ons kry gereeld kopers uit Hartwater gebiede. Ons weet van geen diere wat dood is, geaborteer het of onvrugbaar geraak het in die immunisasie proses nie. Sodra u koop uit hierdie gebiede – stuur ons dadelik vir u die metode aan.

Vir kopers wat versekering wil reël, Dawie van der Linde van PSG Makelaars sal beskikbaar wees. Ons beding namens u vir u die beste premies binne ons vermoë. Indien diere vir ‘n paar dae moet oorstaan, is dit in orde. Kopers wat van die aanbod

Page 11: Goeie Dag Vriende · maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf stelsel nie. Na kalwing, as die reste op is, dan begin die probleem van kostes aan die een kant en die

11

Maart 2017 | Vol.25.2van gratis vervoer gebruik wil maak, se diere sal oor ‘n periode van ongeveer 10 dae afgelewer word of soos met u persoonlik gereël. Ons sal na u diere omsien en goeie weiding en water beskikbaar stel, maar dit sal op die koper se risiko wees.

TUISBLY OPSIE ++ STAY AT HOME OPTIONBUY SIGHT UNSEEN / KOOP ONGESIENS:

Satisfaction guaranteed / Gewaarborgde tevredenheid.

Ons wil weer vanjaar hierdie konsep aan u voorhou wat u moontlik reeds teen hierdie tyd ken en waarvan heelwat van u al van gebruik gemaak het. Dit is die koop van diere op ons veiling sonder dat u die diere gesien het. U kan moontlik nie die veiling bywoon nie, veilings is vir u vreemd of spannings vol of u het ander verpligtinge of bly dalk baie ver van Vrede af - vir diegene wat in die kategorieë val, kan dié konsep uitstekend werk. Die feit wat dit die beste kan illustreer is voorbeelde waar boere al herhaaldelik 1, 2, 8, 10 en ook al in totaal aan een boer, 49 bulle (in hierdie geval oor 3 transaksies uit die hand uit) ongesiens van ons gekoop het. U skakel ons, verkieslik ten minste een week voor die veiling, vul die ingeslote vorm in en beskryf die tipe bul/le of vroulike diere waarin u belangstel en stel u prysklas. Ek bespreek die diere met u en bie vir u op die beste dier/e volgens u beskrywing en ons mening, wat aan u behoeftes sal voldoen. U kan natuurlik ook iemand nomineer wat namens u bie. Ons het nog NOOIT misbruik van ‘n aanbod gemaak nie – inteendeel ons kan verwysings gee waar ons bulle vir kopers gekry het teen die helfte van die prys wat hulle bereid was om te betaal.

U sal na afloop van die veiling in kennis gestel word of u bod suksesvol was. U betaal dan die tersaaklike bedrag in Vleissentraal se rekening en u aankope word dan gratis na u plaas vervoer.

Transito versekering op die diere moet uitgeneem word om moontlike dood of besering te dek - ons kan dit vir u op die veiling doen. Sodra die diere by u arriveer, besluit u of u tevrede is met die koop of nie. Indien u nie tevrede is nie, is u onder geen verpligting om die diere te aanvaar nie. Skakel ons dadelik sodat ons die probleem kan bespreek. Volle tevredenheid word gewaarborg, anders stuur u die diere op ons koste dadelik terug, met die trok waarmee die diere daar gearriveer het. Faks of stuur ingeslote vorm aan ons, verkieslik nie later as 10 April 2017 nie.

Daar is ook goeie selfoon opvangs op die plaas - u kan dus per selfoon ook bie. Reël net vooraf met myself of met die afslaers sodat ons u kan skakel sodra ons by u verkose lotnommer kom.

FINANSIERINGFinansiering is beskikbaar vir vooraf gekeurde kliënte. Kontak ons op die laatste teen Woensdag, 5 April 2017, in hierdie verband - sodat die maatskappy wat dit reël die nodige dokumentasie kan voorberei en die goedkeuring kan gee. ‘n Maand of twee uitstel vir boere met oeste op die lande of kalwers of skape wat voor die winter nog verkoop gaan word – kan heel moontlik gereël word.

DIE AG GENE VEILINGHierdie Veiling van 12 April 2017 is die beste geleentheid om die Genetika te bekom van diere wat u op toekomstige AG

Gene Veilings wil verkoop. Indien u van hierdie konsep hou en wil deelneem aan die AG Gene Veiling – skaf nou die ouers aan van die bulle en koeie en verse wat u beplan om in te skryf vir die toekoms. As u meer inligting oor hierdie Veiling wil hê – kontak my gerus.

OORNAGREËLINGSOns het 28 slaapplekke op die plaas en sal graag mense wat die veiling bywoon ook hier wil akkommodeer. Daar moet net asseblief vooraf met ons gereël word. Skakel asseblief vir Anél op 072 384 8822.

Die volgende gastehuise in Vrede kan aanbeveel word, hulle is skoon en netjies met vriendelike eienaars.

Waterfront GastehuisAnnie van der WaltSel: 0722906041

Vrede HotelTel: 058 913 3637Die Hotel is oorgedoen, baie luuks en netjies.

Glen B+B Marietjie JordaanTel: (058) 9131950Sel: 082 873 5389

Welgevonden B+B Estelle du Toit Tel: 058-9131624Sel: 082 417 3087

LIGGING VAN DIE VEILING:Vanaf Vrede neem die Memel/Newcastle teerpad (R34) en draai ± 15 km vanaf Vrede links op die eerste S993 pad. Volg die pad vir 6 km. Draai links, ry nog 3 km, draai regs. Volg die wegwysers.

Vanaf Memel, neem die Memel/Vrede (R34) teerpad vir ±40km. Draai regs op die tweede S993 pad. Volg die pad vir 6 km, draai links, ry 3 km en dan regs. Volg die wegwysers.

GPS Ko-ordinate: S27° 28’ 975 ’ E29° 17’ 413’Stel asb. u GPS in op “vinnigste roete” NIE op “kortste roete” nie. Daar is ’n kortpad maar u gaan deur die gramadoelas ry!

Ons nooi u hartlik uit om ons Inligtingsdag en Produksie veiling by te woon. Al is u nie van voorneme om diere te koop nie, woon gerus ons Inligtingsdag en / of Veiling by en kuier lekker saam met ons.

Belangrik/Important: Should you want to receive a catalogue please SMS the word - catalogue and you e-mail or postal address to 082 564 8912 or send your request to [email protected] with “Catalogue” in the subject line or alternatively visit the website of the Bonsmara Association at www.bonsmara.co.za click on Sales catalogues and click on Arcadia Bonsmaras.

Indien u ‘n katalogus benodig, SMS asseblief die woord - katalogus en u e-pos of posadres na 082 564 8912 of stuur u versoek na [email protected] met “Katalogus” in die onderwerplyn” of besoek die webwerf van die Bonsmara Genootskap by www.bonsmara.co.za en klik op Veiling katalogusse dan op Arcadia Bonsmaras.

Mike Killassy: 082 3788112 – ons afslaer. Ons kom nou al vir langer as 30 jaar saam – baie dankie Mike! Dankie vir jou moeite om die katalogus so goed te bestudeer en op hoogte te wees van die diere. Ons kopers weet

Page 12: Goeie Dag Vriende · maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf stelsel nie. Na kalwing, as die reste op is, dan begin die probleem van kostes aan die een kant en die

12

ARCADIA NUUS/NEWS presies wat aangaan, wie die bieërs is en waar lê die bod – hier is geen “funny business” nie! Dit is nog altyd die standaard op Arcadia en sal so bly.

BORGEBaie dankie aan ons borge wat ons oor baie jare ondersteun het en baie goeie diens aan ons gelewer het – u kan hulle gerus ook ondersteun.

ABSA Bank – Angelique van Dyk – 058 624 2500. Ons eerste en enigste bankiers vandat ons drie generasies terug met Bonsmaras begin boer het. Michelle en die hele Harrismith tak gee vir ons uitstekende diens.

Molatek - Gavie Gertenbach 082 773 8402. Molatek se Melasse meel is ‘n kritiese bestanddeel van ons bulmeel.

Saamstaan Voere – Dewald Vosloo 083 564 5105. Saamstaan Voere het ‘n pasmaak bulmeel mengsel vir ons ontwikkel waarmee ons baie tevrede is. Saamstaan se Winter lekke en Somer lekke is net sulke goeie produkte en net so gewild.

V.K.B. – Linda Smale 087 358 8810. Hierdie mense is altyd bereid om die ekstra myl te stap.

LANDBANK - Lampies Jonker 083 708 9139. T.s.v. al die negatiewe dinge in ons land bly ons nog baie positief en dink ‘n belegging in landbou grond klop meeste ander beleggings – m.b.t. tot kapitaalgroei, inkomste potensiaal en dan nog die leefstyl daarby. Ons kry baie goeie diens van die Bethlehem Landbank kantoor

PSG Makelaars – Dawie van der Linde 082 888 1506 – ons volg die enkele probleme op en die terugvoer van ons kliënte is dat hulle uitstekende diens kry – teen van die beste tariewe.

Afrivet - Jannie de Klerk 082 564 3139. Ek gebruik amper uitsluitlik Afrivet produkte en is baie tevrede daarmee. Dankie ook vir goeie diens en pryse Jannie.

Mortimer Toyota Newcastle – Rowan Bernstein 082 451 6417 – ons laat al ons voertuie by hulle diens en ons kry uitstekende diens van hulle.

Vleissentraal – Anton Vos, Besturende Direkteur, Wessel Meyer 082 800 4913 van die Ermelo Tak, Sonet Coetzee, Johny Muller en ander personeel – baie dankie vir 30 jaar saam met Vleissentraal. Min ander Families kan dit kleim. Eintlik kom ons as familie nog baie langer saam – my Oupa Arthur was ʼn stigterslid van Vleissentraal.

Vriendelike groete

Arthur en Anél de Villiers en die Arcadia Span

Sel: 082 564 8912 • Huis/Kantoor: 058-913 2049 Fax: 058 913 1808 of 086 763 7873 Vonkpos: [email protected]

Webblad: www.arcadiabonsmara.com

Arcadia Bonsmaras

ARCADIA BONSMARASBUY SIGHT UNSEEN KOOP ONGESIENS

NAAM: PLAASNAAM & NAASTE DORP:

POSADRES: TEL: FAKS: SEL:

Ek stel belang in: BULLE: VROULIKE DIERE: My koeikudde is: (merk asb) Bonsmara stoet / Bonsmara kommers / BrahXBrits / BrahXkontinentaal / Sanga kruisings / Gemengde kruisings

Bulrasse wat ek die afgelope 3 jaar gebruik het:

Ek bemark kalwers deur: (merk asb) Voerkrale / Verkoop as tollies / Voer Self / Maak as osse groot

Ek beplan om die bul(le) te gebruik op: (merk asb)Kleinraam verse / Grootraam verse / Koeie

Nommer die volgende eienskappe soos dit vir u belangrik is:1 - baie belangrik 2 - minder belangrik 3 - minste belangrik

Kalfgemak Raamgrootte Groei Melk Bespiering Kleur

Ander eienskappe wat vir my belangrik is:My ideale raamgrootte: Klein / Medium / GrootHou u vervaningsverse: Ja / NeeEk verkies: Ligrooi / Donkerrooi / Enige skakering van rooiEk verkies bulle uit die volgende Vaders:

Ek verkies Lot no(s): Ek wil nie meer as R per bul spandeer nie, R per vroulike dier spandeer nie

Ek het die bul(le) of vroulike diere nodig voor:

Arthur de Villiers Tel: 058 913 2049

Fax: 058 913 1808 of 086 763 7873 Sel: 082 564 8912

Vonkpos: [email protected]