trans20180711021028 pm...trans h derde uitgawe 2018 in hierdie uitgawe • hoofbeampte se boodskap...

12
TRaNS healt h Derde uitgawe 2018 IN HIERDIE UITGAWE • Hoofbeampte se boodskap • Ken u ABC’s – maak tyd om u hart lief te hê • Bloeddruk • Hou u hart elke dag gesond • 10 eenvoudige maniere om u oë gesond te hou • Mondhigiëne • Oktober is Borskanker- bewustheidsmaand • Veiligheid met vrugte en groente • Maak u veters vas – gaan stap • Lag • Aanhaling • Belangrike kontakbesonderhede Welkom by die derde uitgawe van TransHealth vir 2018. WEN GROOT PRYSE SIEN BLADSY 12

Upload: others

Post on 17-Feb-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: TRaNS20180711021028 PM...TRaNS h Derde uitgawe 2018 IN HIERDIE UITGAWE • Hoofbeampte se boodskap • Ken u ABC’s – maak tyd om u hart lief te hê • Bloeddruk • Hou u hart

TRaNShealthDerde uitgawe 2018

IN HIERDIE UITGAWE

• Hoofbeampte se boodskap

• Ken u ABC’s – maak tyd om u hart lief te hê

• Bloeddruk

• Hou u hart elke dag gesond

• 10 eenvoudige maniere om u oë gesond te hou

• Mondhigiëne

• Oktober is Borskanker-bewustheidsmaand

• Veiligheid met vrugte en groente

• Maak u veters vas – gaan stap

• Lag

• Aanhaling

• Belangrike kontakbesonderhede

Welkom by die derde uitgawe

van TransHealth vir 2018.

WEN GROOT PRYSE

SIEN BLADSY 12

Page 2: TRaNS20180711021028 PM...TRaNS h Derde uitgawe 2018 IN HIERDIE UITGAWE • Hoofbeampte se boodskap • Ken u ABC’s – maak tyd om u hart lief te hê • Bloeddruk • Hou u hart

HO

OFB

EA

MP

TE

SE

BO

OD

SKA

P

2

Hoe kan u u risiko verminder?A: Aspirien: Praat met u gesondheidsorgverskaffer

om te sien of dit vir u kan werk om elke dag aspirien te neem.

B: Bloeddrukbeheer: Hoë bloeddruk is een van die hoofoorsake van hartsiekte en beroertes. Een in drie Suid-Afrikaners wat 15 jaar oud en ouer is het hoë bloeddruk. Werk saam met u gesondheidsorg-verskaffer om uit te vind of u hoë bloeddruk het.

C: Cholesterol: Hoë cholesterol raak een in vier Suid-Afrikaanse volwassenes. U kan uitvind of u hoë cholesterol het deur ‘n bloedtoets te neem. U gesondheidsorgverskaffer kan stappe voorstel wat u kan neem om hoë cholesterol te verhoed of om u vlakke te verminder as dit hoog is.

S: Sigarette: Rook verhoog u risiko vir hartsiekte. Indien u ‘n roker is, probeer so gou moontlik ophou; as u nie rook nie, moenie begin nie.

Hartsiekte is een van die hoofoorsake van sterftes. Die goeie nuus is dat dit verhoed kan word as mense gesonde keuses maak en hul gesondheidstoestande bestuur.

Welkom by die derde uitgawe van TransHealth vir 2018. Winter is ‘n tyd vir gemak, goeie kos en warmte. Soos die koue weer posvat, wil ons u aanmoedig om na u gesondheid om te sien en warm te bly.

Transmed het sy Algemene Jaarvergadering in Junie 2018 gehou. Dankie aan al die lede wat die moeite gedoen het om dit by te woon.

September is Mondhigiëne- en Hartbewustheidsmaand en in hierdie uitgawe fokus ons op hierdie twee temas.

In die lig van Borskankerbewustheids-maand in Oktober verskaf ons besonderhede oor die verskillende maniere waarop borskanker opge- spoor kan word en wie ‘n risiko daarvoor loop.

Ons moedig u aan om deel te neem aan die kompetisie in hierdie nuusbrief – u kan een van ons groot pryse wen.

Ons vertrou dat u hierdie nuusbrief sal geniet en wil u herinner daaraan dat dit belangrik is om u gesondheid te handhaaf en te verbeter.

Ons verwelkom enige voorstelle wat u dalk het oor artikels of inligting oor lidvoordele wat u wil hê ons moet publiseer in toekomstige nuusbriewe.

Stuur asseblief u terugvoering en voorstelle na [email protected] of na Voorstelle, Posbus 32931, Braamfontein 2017.

Joune in goeie gesondheid

Vriendelike groete

PETRUS WASSERMANN

HOOFBEAMPTE

KEN U ABC's – MAAK TYD O M U HART LI E F TE H Ê

Page 3: TRaNS20180711021028 PM...TRaNS h Derde uitgawe 2018 IN HIERDIE UITGAWE • Hoofbeampte se boodskap • Ken u ABC’s – maak tyd om u hart lief te hê • Bloeddruk • Hou u hart

32

WAT IS BLOEDDRUK?Bloeddruk is die drukking van u bloed teen die wande van u are. Elke keer as u hart klop, pomp dit bloed in die are in. U bloeddruk is die hoogste as u hart klop en die bloed pomp. Dit word sistoliese druk genoem. Wanneer u hart tussen kloppe rus, daal u bloeddruk. Dit word diastoliese druk genoem.

U bloeddruktelling bestaan uit hierdie twee nommers. Die sistoliese nommer kom gewoonlik voor of bo-oor die diastoliese nommer.

HOE WEET EK OF MY BLOEDDRUK HOOG IS?Hoë bloeddruk het gewoonlik geen simptome nie. Die enigste manier om uit te vind of u hoë bloeddruk het is dus om gereeld bloeddruktoetse by u gesondheid-sorgverskaffer te kry. U verskaffer sal ‘n meter, ‘n stetoskoop of elektroniese sensor en ‘n bloeddrukmansjet gebruik. Vir die meeste volwassenes sal bloeddruklesings in een van vier kategorieë val:

• Normale bloeddruk, wat beteken: u sistoliese druk is minder as 120; EN u diastoliese druk is minder as 80

• Prehipertensie, wat beteken: u sistoliese druk is tussen 120 en 139; OF u diastoliese druk is tussen 80 en 89

• Vlak 1 hoë bloeddruk, wat beteken: u sistoliese druk is tussen 140 en 159; OF u diastoliese druk is tussen 90 en 99

• Vlak 2 hoë bloeddruk, wat beteken: u sistoliese druk is 160 of hoër; OF u diastoliese druk is 100 of hoër

By kinders en tieners vergelyk die gesondheidsorgverskaffer die bloeddruklesing met die normale lesing vir ander kinders wat dieselfde ouderdom, lengte en geslag is.

Mense met diabetes of chroniese niersiekte behoort hul bloeddruk onder 130/80 te hou.

HOEKOM MOET EK BEKOMMERD WEES OOR PREHIPERTENSIE EN HOË BLOEDDRUK?Prehipertensie beteken dat u waarskynlik hoë bloeddruk gaan kry, tensy u stappe neem om dit te verhoed.

Wanneer u bloeddruk oor tyd hoog bly veroorsaak dit dat die hart harder pomp en oortyd werk, wat kan lei tot ernstige gesondheidsprobleme soos hartaanvalle, beroertes en hart- en nierversaking.

WAT IS DIE VERSKILLENDE SOORTE HOË BLOED-DRUK?Daar is twee hoof soorte hoë bloeddruk: primêre en sekondêre hoë bloeddruk.

• Primêre of essensiële bloeddruk is die algemeenste soort hoë bloeddruk. Vir die meeste mense wat hierdie soort bloeddruk kry ontwikkel dit oor tyd soos u ouer word.

• Sekondêre hoë bloeddruk word veroorsaak deur ‘n ander mediese toestand of die gebruik van sekere medisyne. Dit raak gewoonlik beter na u die oorsaak behandel of die gebruik van die medisyne wat dit veroorsaak staak.

September is die eerste amptelike

maand van lente en ook Hartbewustheids-

maand. Omdat hoë bloeddruk een van die

hoofoorsake van hartsiekte is, lees meer

oor hoe om hierdie belangrike aspek van u

gesondheid onder beheer te hou.

VERVOLG 0P BLADSY 4

BLOED-DRUK

Page 4: TRaNS20180711021028 PM...TRaNS h Derde uitgawe 2018 IN HIERDIE UITGAWE • Hoofbeampte se boodskap • Ken u ABC’s – maak tyd om u hart lief te hê • Bloeddruk • Hou u hart

Hier is ‘n paar wenke om u te help om elke dag u hartgesondheid te verbeter:

4

WIE LOOP DIE RISIKO OM HOË BLOEDDRUK TE KRY?Enigiemand kan hoë bloeddruk kry, maar daar is sekere faktore wat u risiko kan verhoog:

• Ouderdom – Bloeddruk is geneig om met ouderdom te styg.

• Ras – Hoë bloeddruk is meer algemeen onder swart volwassenes.

• Gewig – Mense wat oorgewig is of aan vetsug ly is meer geneig om prehipertensie of hoë bloeddruk te kry.

• Geslag – Voor die ouderdom van 55 is mans meer geneig as vroue om hoë bloeddruk te kry. Na die ouderdom van 55 is vroue meer geneig as mans om dit te kry.

• Lewenstyl – Sekere lewenstylgewoontes kan u risiko vir hoë bloeddruk verhoog, soos om te veel sodium in te neem en nie genoeg kalium nie, ‘n gebrek aan oefening, om te veel alkohol te drink en te rook.

• Familiegeskiedenis – ‘n Familiegeskiedenis van hoë bloeddruk verhoog die risiko van prehipertense of hoë bloeddruk.

HOE KAN EK HOË BLOEDDRUK VERHOED?U kan help om hoë bloeddruk te verhoed deur ‘n gesonde lewensstyl te handhaaf. Dit beteken:• Volg ‘n gesonde dieet. Om te help om u

bloeddruk te beheer moet u die hoeveelheid sodium wat u inneem beperk en die hoeveelheid kalium in u dieet vermeerder. Dit is ook belangrik om voedsel te eet wat minder vet bevat, sowel as genoeg vrugte, groente en volgrane.

• Kry gereeld oefening. Oefening kan u help om ‘n gesonde gewig te handhaaf en u bloeddruk afbring.

Doen enige oefening wat u hart harder laat klop en u meer suurstof laat gebruik as gewoonlik.

• Handhaaf ‘n gesonde gewig. Om oorgewig te wees of aan vetsug te ly kan u risiko om hoë bloeddruk te kry verhoog. Om ‘n gesonde gewig te handhaaf kan u help om hoë bloeddruk te beheer en verminder u risiko om ander gesondheids-probleme op te doen.

• Beperk alkoholinname. Om te veel alkohol te drink kan u bloeddruk opstoot. Dit dra ook ekstra kalorieë by, wat gewigstoename kan veroorsaak. Mans behoort nie meer as twee drankies ‘n dag te drink nie en vroue slegs een.

• Moenie rook nie. Rook stoot u bloeddruk op en plaas u onder groter risiko om ‘n hartaanval of beroerte te kry. Indien u nie rook nie, moenie begin nie. Indien u rook, praat met u gesondheidsorgverskaffer vir hulp om die beste manier te vind om op te hou.

• Beheer stres. Om te leer hoe om te ontspan en stres te hanteer kan u u emosionele en fisiese gesondheid verbeter en hoë bloeddruk verlaag Stresbestuurs-tegnieke sluit in oefening, musiek luister, konsentreer op iets kalm of vreedsaam en meditasie.

Indien u alreeds hoë bloeddruk het is dit belangrik om te verhoed dat dit erger raak of dat daar komplikasies ontstaan. U behoort gereelde mediese sorg te ontvang en u voorgeskrewe behandelingsplan te volg.

Sorg mooi vir u hart.Bron: https://medlineplus.gov/howtopreventhighbloodpressure.html

Hou u hart elke dag gesond

• Ondergaan gereelde gesondheidstoetse.

• Hou gesonde peuselhappies byderhand.

• Kry genoeg slaap.

• Verloor gewig.

• Wees aktief.

VERVOLG

BLOED-DRUK

Page 5: TRaNS20180711021028 PM...TRaNS h Derde uitgawe 2018 IN HIERDIE UITGAWE • Hoofbeampte se boodskap • Ken u ABC’s – maak tyd om u hart lief te hê • Bloeddruk • Hou u hart

54

Wanneer dit by u gesondheid kom is dit belangrik om u dokter gereeld te besoek om seker te maak u liggaam is gesond. Wat van u oë? Hulle is nie die eerste ding waaraan ons dink nie, maar hulle is net so belangrik.

Sig is een van die kosbaarste geskenke wat ‘n persoon kan hê.

• Ondergaan ‘n omvattende gedilateerde oogondersoek. ‘n Gedilateerde oogondersoek is die enigste manier om baie algemene oogsiektes soos gloukoom, diabetiese oogsiekte en ouderdomsverwante makulêre degenerasie vroeg op te spoor.

• Ken die geskiedenis van u familie se ooggesondheid. Dit is belangrik om te weet of enigiemand gediagnoseer is met ‘n siekte of toestand, aangesien baie van hulle oorerflik is. Dit sal help om vas te stel of u ‘n hoër risiko loop om ‘n oogsiekte of -toestand te kry.

• Eet reg om u sig te beskerm. Om ‘n dieet te volg wat ryk is in vrugte en groente en veral donker blaargroente soos spinasie of krulkool (kale) is ook belangrik om u oë gesond te hou. Navorsing toon ook dat daar ooggesond- heidsvoordele is aan vis eet wat hoë vlakke van omega-3-vetsure bevat, soos salm, tuna en heilbot.

• Handhaaf ‘n gesonde gewig. Om oorgewig te wees of aan vetsug te ly kan u risiko verhoog om diabetes en ander sistemiese toestande, soos diabetiese oogsiekte of gloukoom, te ontwikkel, wat kan lei tot verlies van sig. As u sukkel om ‘n gesonde gewig te handhaaf, praat met u dokter.

• Dra beskermende brille. Beskermende brille sluit in veiligheidsbrille, veiligheidskilde en sigskerms wat spesiaal ontwerp is om die korrekte beskerming vir ‘n sekere aktiwiteit te voorsien.

• Hou op rook of moet nooit begin nie. Rook is so sleg vir u oë as wat dit vir die res van u

liggaam is. Navorsing koppel rook aan ‘n verhoogte risiko om ouderdomsverwante makulêre degenerasie, katarakte en optiese senuwee-skade te kry, wat alles tot blindheid kan lei.

• Dra u sonbril. Sonbrille is ‘n groot modebykomstigheid, maar hul belangrikste doel is om u oë teen die son se ultravioletstrale te beskerm. Wanneer u ‘n sonbril koop, soek ‘n bril wat 99 tot 100 persent van beide UV-A- en UV-B-radiasie blok.

• Gee u oë ‘n blaaskans. Indien u baie tyd voor ‘n rekenaar deurbring of op slegs een ding konsentreer, kan u soms vergeet om u oë te knip en u oë kan moeg word. Probeer die 20-20-20-reël: Elke 20 minute, kyk vir 20 sekondes ongeveer 20 voet (sewe meter) voor u. Dit kan help om moegheid te verminder.

• Maak u hande en kontaklense behoorlik skoon. Om die risiko van infeksie te vermy, was altyd u hande deeglik voor u u kontaklense insit of uithaal. Maak seker dat u u kontaklense ontsmet soos aangewys en vervang hulle wanneer dit tyd is.

• Wees veilig in die werkplek. Daar word van werkgewers vereis om ‘n veilige werksomgewing te bied. Wanneer beskermende brille vereis word as deel van u werk, maak ‘n gewoonte daarvan om te alle tye die toepaslike soort te dra en moedig medewerkers aan om dieselfde te doen.

Bron: https://nei.nih.gov/health/healthyeyes

• Ondergaan gereelde gesondheidstoetse.

• Hou gesonde peuselhappies byderhand.

• Kry genoeg slaap.

• Verloor gewig.

• Wees aktief.

EENVOUDIGE MANIERE OM U OË GESOND TE HOU

10

Page 6: TRaNS20180711021028 PM...TRaNS h Derde uitgawe 2018 IN HIERDIE UITGAWE • Hoofbeampte se boodskap • Ken u ABC’s – maak tyd om u hart lief te hê • Bloeddruk • Hou u hart

6

WAT IS GOEIE MONDHIGIËNE?Goeie mondhigiëne lei tot ‘n mond wat gesond lyk en ruik. Dit beteken:• u tande is skoon en sonder stukkies kos• tandvleis is pienk en is nie seer of bloei nie

wanneer u borsel of vlos nie• ‘n slegte asem bly nie ‘n probleem nie.

Indien u tandvleis seer is of bloei wanneer u borsel of vlos of as u asem permanent sleg ruik, gaan sien u tandarts. Enige van hierdie toestande kan op ‘n probleem dui.

U tandarts of higiënis kan u help om tegnieke vir goeie mondhigiëne aan te leer en om areas van u mond te identifiseer wat ekstra aandag gedurende borsel en vlos benodig.

HOE WORD GOEIE MONDHIGIËNE GEHANDHAAF?Om goeie mondhigiëne te handhaaf is een van die belangrikste dinge wat u vir u tande en tandvleis kan doen. Gesonde tande sal u nie net laat goed lyk en voel nie, maar dit maak dit ook moontlik om behoorlik te eet en praat. Goeie mondhigiëne is belangrik vir u algehele welstand.

Daaglikse voorkomende sorg, insluitend om behoorlik te borsel en vlos, sal probleme stop voor dit ontstaan en is baie minder pynlik, duur en kommerwekkend as om toestande te behandel wat toegelaat is om te ontwikkel.

Tussendeur gereelde besoeke aan die tandarts is daar eenvoudige stappe wat elkeen van ons kan neem om die risiko van tandbederf, tandvleissiekte en ander tandprobleme aansienlik te verminder. Dit sluit in om:

• twee keer ‘n dag deeglik te borsel en een keer ‘n dag te vlos

• ‘n gebalanseerde dieet te volg en versnaperings tussen maaltye te beperk

• tandheelkundige produkte, insluitend tandepasta, wat fluoried bevat te gebruik

• u mond met ‘n fluoried-mondspoelmiddel uit te spoel as u tandarts u vra om dit te doen

• seker te maak dat u kinders wat jonger as 12 is gefluorideerde water drink of ‘n fluoried-aanvulling neem indien u nie in ‘n gefluorideerde area woon nie.

Bron: https://www.colgateprofessional.com/patient-education/articles/what-is-good-oral-hygiene

September is Mondgesondheidsmaand. Om goed vir u mond, tande en tandvleis te sorg is op sigself ‘n waardige doelwit. Goeie mond- en tandhigiëne kan slegte asem, tandbederf en tandvleissiektes verhoed. Wanneer u goeie mondhigiëne het, sal dit ‘n positiewe uitwerking op u algehele gesondheid hê.

Mond -HIGIËNE

Page 7: TRaNS20180711021028 PM...TRaNS h Derde uitgawe 2018 IN HIERDIE UITGAWE • Hoofbeampte se boodskap • Ken u ABC’s – maak tyd om u hart lief te hê • Bloeddruk • Hou u hart

76

OPSPORINGSMETODESDaar is baie maniere om borskanker op te spoor. Hierdie metodes is ontwerp om lewens te red deur borskanker vroeg op te spoor sodat dit doeltreffend behandel kan word.

Een keer ‘n maand – selfondersoekeVolwasse vroue van alle ouderdomme word aangemoedig om ten minste een keer ‘n maand ‘n bors-selfondersoek te doen.

Veranderinge om op te let wanneer u ‘n bors-selfondersoek doen:

• ‘n knop of verdikking in of naby die bors of armholtes

• ‘n verandering in die grootte of vorm van die bors

• ‘n dimpel of rimpel in die vel van die bors

• die nippel word omgekeer (draai in die bors in)

• abnormale afskeiding vanuit die nippel• skubberige, rooi of geswelde vel op die

bors, nippel of die donker area om die nippel

• die vel van die borste lyk of voel na lemoenskil.

Onthou om u borste gereeld na te gaan, op dieselfde tyd elke maand, en onthou om u armholtes na te gaan.

Kliniese ondersoek‘n Kliniese ondersoek behels ‘n deeglike ondersoek van die hele bors-area, insluitend borste, nippels, armholtes en die area onder die sleutelbeen.

VERVOLG 0P BLADSY 8

Vroeë opsporing is die sleutel tot die genesing van

borskanker. Almal behoort die simptome en tekens van hierdie toestand te ken.

OKTOBER IS BORS-KANKER- BEWUSTHEIDS- MAAND

Page 8: TRaNS20180711021028 PM...TRaNS h Derde uitgawe 2018 IN HIERDIE UITGAWE • Hoofbeampte se boodskap • Ken u ABC’s – maak tyd om u hart lief te hê • Bloeddruk • Hou u hart

Mammogramme‘n Mammogram is ‘n X-straal van die bors. Mammogramme word gebruik om te soek vir borskanker in vroue wie geen tekens of simptome van die siekte toon nie. Hierdie soort mammogram staan as ‘n siftingsmammogram bekend. Siftingsmammogramme sluit gewoonlik twee X-strale van elke bors in wat geanaliseer word deur ‘n radiografis vir bewyse van gewasse.

Magnetiese resonansbeelding (MRB)Dit is ‘n manier om met magnetiese velde ‘n beeld van die binnekant van die liggaam te maak.

UltraklankHierdie metode gebruik klankgolwe om ‘n gedeelte van die liggaam te omlyn. ‘n Ultraklank van die borste word gebruik om te sien of ‘n borsklont met vloeistof gevul is (‘n sist) en of dit ‘n soliede klont is. ‘n Ultraklank vervang nie die behoefte aan ‘n mammogram nie, maar word dikwels gebruik om abnormale resultate van ‘n mammogram na te gaan.

Biopsie‘n Biopsie is die verwydering van ‘n klein monster weefsel uit die bors of limfvate om onder ‘n mikroskoop ondersoek te word. Analise deur ‘n patoloog sal help om beide die aanwesigheid van borskanker en die soort vas te stel, wat sal help om die toepaslike behandelingsplan te bepaal.

VERMINDER U RISIKO

Alhoewel u nie kanker kan voorkom nie, is sekere gewoontes wat u risiko kan verminder om:

• ‘n gesonde gewig te handhaaf• fisies aktief te bly• baie vrugte en groente te eet• ‘n nie-roker te wees• alkohol-inname te beperk.

Bron: Cancer Association of South Africa – CANSA

OKTOBER IS BORSKANKERBEWUSTHEIDSMAAND

8

VERVOLG

IS DAAR ‘N RISIKO VIR U?

U het ‘n groter kans op

borskanker as:Hoekom?

U is ouer as 50 Die kanse om borskanker te kry raak hoër soos u ouer raak. Alhoewel die meeste vroue oor 50 jaar oud is as hulle gediagnoseer word, word vroue in hul 20’s en 30’s toenemend met borskanker gediagnoseer.

U het ‘n nabye familielid met borskanker

U risiko vir borskanker is hoër as u ouma, ma, suster of dogter bors- of ovariële kanker gehad het. Die risiko is selfs hoër as ‘n familielid dit voor die ouderdom van 50 gehad het. Vra u gesondheid-sorgverskaffer oor genetiese berading.

U het ‘n persoonlike geskiedenis van kanker en is daarvoor behandel

Vroue wie hoë dosisse chemoterapie of radiasieterapie aan die bors (insluitend die borste) voor die ouderdom van 30 ontvang het, het ‘n groter risiko van borskanker. Studies toon dat hoe jonger die vrou is wanneer sy behandeling ontvang, hoe hoër die risiko is dat sy later in die lewe borskanker kan kry.

U borsweefsel is baie dig

Vroue wie se mammogramme ‘n groter area van digter weefsel as dié van vroue van dieselfde ouderdom het, loop ‘n groter risiko vir borskanker. ‘n Ultraklank kan vereis word, aangesien digte borsweefsel dit kan moeilik maak om moontlike gewasse op te spoor.

U het nog nooit geboorte gegee nie of u eerste bevalling was na die ouderdom van 35

Vroue wat nooit kinders gehad het nie, loop ‘n hoër risiko vir borskanker. Swangerskap verminder ‘n vrou se totale aantal menstruele siklusse in ‘n leeftyd, wat moontlik die rede daarvoor is.

U gebruik, of het onlangs, geboorte- beperkingspille (mondelingse voorbehoed- middels) gebruik

Studies het bevind dat vroue wat mondelingse voorbehoedmiddels gebruik ‘n groter risiko loop om borskanker te kry as vroue wat dit nooit gebruik het nie. Die risiko word minder as vroue dit vir 10 jaar of meer nie gebruik nie.

U is postmeno-pousaal en gebruik kombinasie- hormoonver- vangingsterapie (HVT) (kombinasie van estrogeen en progestien)

Die risiko vir borskanker is die hoogste gedurende die eerste twee tot drie jaar na kombinasie-HVT geneem is. Kombinasie-HVT verhoog die waarskynlikheid dat die kanker in ‘n gevorderder toestand gevind sal word, moontlik omdat dit die doeltreffendheid van mammogramme verminder deur borsdigtheid te verhoog. Hoër dosisse van kombinasie-HVT verhoog die risiko van borskanker meer as laer dosissie kombinasie-HVT. Die risiko vir borskanker word vyf jaar na kombinasiebehandeling gestaak word, verminder.

U drink twee of meer standaard alkoholiese drankies per dag

Daar is ‘n duidelike verband tussen die gebruik van alkohol en ‘n verhoogte risiko van borskanker. Die risiko raak hoër hoe meer alkohol gebruik word. Diegene wie twee of meer standaard drankies ‘n dag drink het amper twee keer die risiko van vroue wie geen alkohol drink nie. Uitermatige alkoholgebruik kan ook die risiko verhoog om kanker van die mond, keel, slukderm en lewer te kry.

Vetsug Vetsug is al gekoppel aan borskanker. Studies toon dat ‘n gebrek aan fisiese aktiwiteit die risiko van kanker verhoog.

met vrugteen groente

Page 9: TRaNS20180711021028 PM...TRaNS h Derde uitgawe 2018 IN HIERDIE UITGAWE • Hoofbeampte se boodskap • Ken u ABC’s – maak tyd om u hart lief te hê • Bloeddruk • Hou u hart

DAAR IS STAPPE WAT U KAN NEEM OM

GESOND TE BLY EN U VRUGTE EN

GROENTE VEILIGER TE MAAK OM TE EET,

VAN DIE WINKEL TOT BY U TAFEL.

VRUGTE EN GROENTE-VEILIGHEID BY DIE WINKEL OF MARK• Gaan dit na vir kneusplekke.• Kies vrugte en groente wat nie kneus- of

beskadigde plekke het nie, tensy u beplan om dit gaar te maak.

• Hou vooraf-gesnyde vrugte en groente koud.• Kies vooraf-gesnyde en verpakte vrugte en

groente wat gevries of op ys gehou word.

Hou dit apart• Hou vrugte en groente apart van rou vleis,

pluimvee en seekos in u winkeltrollie en inkopiesakke.

VRUGTE EN GROENTE-VEILIGHEID TUIS

Was• Was u hande voor en na u vrugte en groente

voorberei.• Was of skrop alle vrugte en groente onder

lopende water voor u dit eet, sny of gaarmaak.

• Dit is nie nodig om vrugte en groente wat reeds gewas is weer by die huis te was nie.

Hou dit koud• Sit gesnyde, afgeskilde of gaar vrugte en

groente so spoedig moontlik of binne twee ure in die yskas. Sit dit binne een uur in die yskas as die temperatuur buite bo 32°C is.

• Gebruik ‘n yskas-termometer om seker te maak die temperatuur bly 4°C of minder.

Hou dit apart• Stoor vrugte en groente weg van, en nie langs

of onder, rou vleis, pluimvee en seekos nie. Hierdie items kan sappe drup wat dalk kieme bevat.

• Gebruik ‘n aparte snyplank vir vrugte en groente wat nooit vir die sny of voorbereiding van rou vleis, pluimvee of seekos gebruik word nie.

• Was snyplanke, tafeloppervlakke en gereedskap met warm, seperige water voor en na u vrugte en groente voorberei.

8 9

Vrugte en groente voeg voedingstowwe tot u dieet wat help om u te beskerm

teen hartsiekte, beroertes en sommige soorte kanker. Deur groente, vrugte, neute en ander produkte bo voedsel wat hoog in kalorieë is te kies kan u boonop u gewig beheer. Maar soms

bevat rou vrugte en groente skadelike kieme soos Salmonella en Listeria wat u

en u gesin kan siek maak.

met vrugteen groenteVeiligheid

Page 10: TRaNS20180711021028 PM...TRaNS h Derde uitgawe 2018 IN HIERDIE UITGAWE • Hoofbeampte se boodskap • Ken u ABC’s – maak tyd om u hart lief te hê • Bloeddruk • Hou u hart

10

Om gereeld te gaan stap kan u help om:• u bene en spiere sterker te maak• u gemoed te verbeter• u balans en koördinasie te verbeter• ‘n gesonde gewig te handhaaf• u sirkulasie te verbeter• u bloeddruk te reguleer• u hartgesondheid te verbeter.

Lag lank, hard en dikwels. Hierdie pryslose medisyne is pret, gratis en maklik om te gebruik.

Humor is aansteeklik. Die klank van ‘n

uitbundige lag is veel meer aansteeklik as

enige hoes, snuif of nies.

Maak u veters vas

– gaan

Fisiese aktiwiteit hoef nie ingewikkeld te wees

nie. Iets so eenvoudig soos om elke dag te

gaan stap kan u help om ‘n gesonder lewe te lei.

Wanneer u saam lag bind dit mense en maak hulle gelukkiger en meer intiem. Lag veroorsaak ook gesonde veranderinge in die liggaam. Humor en om te lag versterk u imuunstelsel, gee u energievlakke ‘n hupstoot, verbeter u gemoed, reguleer bloeddruk en beskerm u teen die skadelike gevolge van stres.

LAG

Die grootste geskenk wat u u vriende en familie kan gee is ‘n gesonde u.

Aanhaling

stap

Page 11: TRaNS20180711021028 PM...TRaNS h Derde uitgawe 2018 IN HIERDIE UITGAWE • Hoofbeampte se boodskap • Ken u ABC’s – maak tyd om u hart lief te hê • Bloeddruk • Hou u hart

@NAVRAE [email protected]

BANKBESONDERHEDE EN LIDMAATSKAP [email protected]

KOMPLIMENTE [email protected]

KLAGTES [email protected]

APPÉLLE [email protected]

EISE [email protected]

EX GRATIA [email protected]

VOORSTELLE [email protected]

EKSTERNE DIENSVERSKAFFER VIR DIE STATE PLUS NETWORK-PLAN [email protected] UNIVERSAL HEALTHCARE:

BELANGRIKE EPOSADRESSE

BELANGRIKE KONTAKBESONDERHEDE

VRYWARING: Die inligting en artikels in hierdie nuusbrief dien nie as mediese raad of as gronde vir ‘n mediese eis vir enige produk van hoegenaamd enige aard namens die uitgewer, Fonds, Administrateur of die verspreider nie. Raadpleeg ‘n gekwalifiseerde gesondheidsorgverskaffer vir die diagnose of behandeling van enige siektes of mediese toestande.

DIENS STATE PLUS NETWORK

STATE PLUS OWN CHOICE EN PRIVATE NETWORK

Kliëntediens- departement

Universal Healthcare0861 686 [email protected]

0800 450 [email protected]

Lidmaatskap en bydraes 0800 450 010 0800 450 010

Voorafmagtiging vir hospitalisasie en grootskaalse mediese prosedures

Universal Healthcare0861 686 278

0800 225 151

Siekteprogramme Universal Healthcare0861 686 278

0800 225 151

Ambulansmagtiging 0800 115 750 0800 115 750

MIV-programme Universal Healthcare0861 686 278

0861 888 300

24-uur gesondheids-advieslyn

0800 115 750 0800 115 750

Optiese dienste Universal Healthcare0861 686 278

State Plus Own ChoicePPN 0860 304 060Private Network0800 450 010

KPMG-bedroghulplyn 0800 200 564 0800 200 564

HealthSaverPrivate Network0800 450 [email protected]

11

Page 12: TRaNS20180711021028 PM...TRaNS h Derde uitgawe 2018 IN HIERDIE UITGAWE • Hoofbeampte se boodskap • Ken u ABC’s – maak tyd om u hart lief te hê • Bloeddruk • Hou u hart

WENTOETS U KENNIS VAN DIE INHOUD VAN HIERDIE UITGAWE VAN TRANSHEALTH

ANTWOORDE

1. _______________________________________________________________________2. _______________________________________________________________________3. _______________________________________________________________________4. _______________________________________________________________________5. _______________________________________________________________________

OPLOSSING VAN VORIGE KOMPETISIE:

EERSTE PRYSMEV GJ KLEYNGELD

TWEEDE PRYSMEV S FOURIE

DERDE PRYSMNR JL NEL

1. Watter metode gebruik klankgolwe om ‘n gedeelte van die liggaam te omlyn?2. Wat veroorsaak gesonde veranderinge in die liggaam?3. Noem die oogondersoek wat die enigste manier is waarop oogsiektes soos

gloukoom opgespoor kan word?4. Wat is een van die kosbaarste geskenke wat ‘n persoon kan hê?5. Wanneer is Hartbewustheidsmaand?

Wen groot pryse deur die vrae hieronder te beantwoord. U sal die antwoorde in hierdie uitgawe vind. Die eerste korrekte inskrywing sal R2 000 wen. Die volgende twee korrekte inskrywings sal elk R1 000 wen.

U kan van die volgende kanale gebruik maak om u antwoorde aan te stuur:

Pos: Toets u Kennis-kompetisie, Posbus 32759, Braamfontein 2017Epos: [email protected]: 011 381 2041/42

U inskrywingsvorm moet Transmed Mediese Fonds teen nie later nie as 8 Oktober 2018 bereik.

1. Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens2. Ouderdom, geslag, genetika of vetsug3. Ja4. Sewe tot nege ure5. Volmagvorm

Geluk aan die wenners van die Toets u Kennis-kompetisie van die tweede uitgawe van TransHealth vir 2018.

WENNERS VAN DIE TOETS U KENNIS-KOMPETISIE:

Bepalings en voorwaardes: • Slegs lede van Transmed Mediese Fonds en hul geregistreerde afhanklikes mag aan die kompetisie deelneem. • Laat inskrywings sal nie vir die trekking oorweeg word nie. • Let asseblief daarop dat inskrywings gepos, gefaks of per epos aan Transmed gestuur mag word Wenners sal telefonies in kennis gestel word en hul name sal in die TransHealth-tydskrif gepubliseer word. Transmed mag die publikasie van die foto’s van die wenners vereis. • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie. • Inskrywing vir die kompetisie dui op aanvaarding van alle reëls.

VOLLE NAAM:

FISIESE ADRES:

POSADRES:

EPOSADRES:

LIDMAATSKAPNOMMER:

SELFOONNOMMER:

TEL (H): TEL (W):

VORIGE WENNERS