destinata.co.zadestinata.co.za/wp-content/uploads/2019/08/afr_22.docx  · web viewjy moet jou werk...

6
INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: Afdeling A: Opstel (50) Afdeling B: Langer transaksionele tekste (25 x 2) 2. Beantwoord EEN vraag uit Afdeling A en TWEE vrae uit Afdeling B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin elke afdeling op ‘n nuwe bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. ‘n kopkaart, diagram, vloeidiagram, sleutelwoorde, ens.), redigeer en jou skryfstukke proeflees. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ‘n streep deur die beplanning as jy jou finale weergawe klaar oorgeskryf het. 7. Daar word aanbeveel dat jy jou tyd as volg bestee: Afdeling A: 80 minute Afdeling B: 70 (35 x 2) minute 8. Nommer elke skryfstuk soos wat dit in hierdie vraestel genommer is. AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 3 GRAAD 12 MEI 2018 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR

Upload: others

Post on 12-Jan-2020

17 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: destinata.co.zadestinata.co.za/wp-content/uploads/2019/08/afr_22.docx  · Web viewJy moet jou werk beplan (bv. ‘n kopkaart, diagram, vloeidiagram, sleutelwoorde, ens.), redigeer

INSTRUKSIES EN INLIGTING:

1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:Afdeling A: Opstel (50)Afdeling B: Langer transaksionele tekste (25 x 2)

2. BeantwoordEEN vraag uit Afdeling A en TWEE vrae uit Afdeling B.

3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

4. Begin elke afdeling op ‘n nuwe bladsy.

5. Jy moet jou werk beplan (bv. ‘n kopkaart, diagram, vloeidiagram, sleutelwoorde, ens.), redigeer en jou skryfstukke proeflees. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word.

6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ‘n streep deur die beplanning as jy jou finale weergawe klaar oorgeskryf het.

7. Daar word aanbeveel dat jy jou tyd as volg bestee: Afdeling A: 80 minute Afdeling B: 70 (35 x 2) minute

8. Nommer elke skryfstuk soos wat dit in hierdie vraestel genommer is.

9. Voorsien ELKE skryftuk van ‘n gepaste TITEL/ OPSKRIF. Let wel: Die titel / opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die getal woorde getel word nie.

10.Skryf netjies en leesbaar in BLOU ink.

Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye

AFRIKAANS HUISTAALVRAESTEL 3

GRAAD 12

MEI 2018

PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR

Page 2: destinata.co.zadestinata.co.za/wp-content/uploads/2019/08/afr_22.docx  · Web viewJy moet jou werk beplan (bv. ‘n kopkaart, diagram, vloeidiagram, sleutelwoorde, ens.), redigeer

Afrikaans Huistaal / V3 GRAAD 12 MEI 2018

AFDELING A: OPSTELVRAAG 1Kies enige EEN van die volgende onderwerpe en skryf 400 – 450 woorde daaroor:

1.1 Ek kan dit nie langer verduur nie! [50]

1.2 Begin ou opstel met die volgende frase:

WAAROM HET EK NIE EERDER GELUISTER NIE? [50]

1.3 Rekenaarliefde. [50]

1.4 Moet ons skole permanent beman word deur lede van die polisie? [50]

1.5 Ek het ‘n nota gekry met die woorde: Maak dat jy wegkom terwyl jy nog kan! [50]

1.6 Stop die aarde – ek wil afklim! [50]

1.7 Bestudeer die prente hieronder en skryf 'n OPSTEL oor EEN. Skep jou eie titel. Skryf die nommer en jou eie titel neer.

1.7.1

Bladsy 2 van 6

Page 3: destinata.co.zadestinata.co.za/wp-content/uploads/2019/08/afr_22.docx  · Web viewJy moet jou werk beplan (bv. ‘n kopkaart, diagram, vloeidiagram, sleutelwoorde, ens.), redigeer

Afrikaans Huistaal / V3 GRAAD 12 MEI 2018

[Bron: Woman and home]

[50]

1.7.2

[Bron: Woman and Home][50]

1.7.3

Bladsy 3 van 6

Page 4: destinata.co.zadestinata.co.za/wp-content/uploads/2019/08/afr_22.docx  · Web viewJy moet jou werk beplan (bv. ‘n kopkaart, diagram, vloeidiagram, sleutelwoorde, ens.), redigeer

Afrikaans Huistaal / V3 GRAAD 12 MEI 2018

[Bron: Gallo images/Getty images][50]

TOTAAL AFDELING A: 50AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG 2

Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180–200 woorde oor elk. Skryf die nommers neer.

2.1 FORMELE BRIEF

Bladsy 4 van 6

OOS-RAND STEREO 93.9 FMhet nou ‘n pos beskikbaar vir ‘n dinamiese persoon as aanbieder van ons splinternuwe musiekprogram spesiaal vir jong mense!

Rig aansoeke aan:

Die DirekteurOos-Rand StereoPosbus 999SPRINGS0260

Page 5: destinata.co.zadestinata.co.za/wp-content/uploads/2019/08/afr_22.docx  · Web viewJy moet jou werk beplan (bv. ‘n kopkaart, diagram, vloeidiagram, sleutelwoorde, ens.), redigeer

Afrikaans Huistaal / V3 GRAAD 12 MEI 2018

Skryf ‘n FORMELE BRIEF aan die Direkteur van Oos-Rand Stereo waarin jy aansoek doen om bogenoemde betrekking.

[25]

2.2 HULDEBLYK

Een van julle matriekleerlinge is onverwags oorlede in ‘n motorongeluk. Jy is gevra om ‘n huldeblyk te lewer by die gedenkdiens. Skryf die huldeblyk wat jy gaan lewer, neer. [25]

2.3 TYDSKRIFARTIKEL

Realiteitstelevisie word dikwels gekenmerk deur goedkoop sensasie.

Bladsy 5 van 6

Vereistes:Ouderdom: 18-28 jaarDuidelike stemVolkome tweetalig (Afrikaans en Engels)Besondere kennis van - en liefde vir moderne musiekOndervinding in die hantering van klankGoeie interpersoonlike verhoudingeBeskikbaar oor naweke en vakansiedae

Sluitingsdatum:30 Julie 2018Kandidate op die kortlys sal genooi word om ‘n stemtoets af te lê.

Page 6: destinata.co.zadestinata.co.za/wp-content/uploads/2019/08/afr_22.docx  · Web viewJy moet jou werk beplan (bv. ‘n kopkaart, diagram, vloeidiagram, sleutelwoorde, ens.), redigeer

Afrikaans Huistaal / V3 GRAAD 12 MEI 2018

Skryf ‘n tydskrifartikel waarin verskillende standpunte oor realiteits-televisieprogramme bespreek word. [25]

2.4 ONDERHOUD

Jy is ‘n verslaggewer vir jou skoolkoerant. Jy het die geleentheid om ‘n onderhoud te voer met Fanie Viljoen, skrywer van die immergewilde “Onderwêreld”. Skryf die onderhoud tussen jou en die skrywer neer. [25]

2.5 TOESPRAAK

Skryf ‘n toespraak waarin jy ‘n beroep op die algemene publiek doen vir verdraagsaamheid teenoor mense wat aan vigs lei.

[25]

AFDELING B: 25GROOTTOTAAL: 100

Bladsy 6 van 6