in u lig, sien ons die lig ps. 36:10 · 2019. 9. 10. · graad 4 en 5 juffrou henriette v.d. linden...

12
In U lig, sien ons die ligPs. 36:10 Ligstraal nommer 43 ~ Winter-uitgawe

Upload: others

Post on 01-Apr-2021

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: In U lig, sien ons die lig Ps. 36:10 · 2019. 9. 10. · Graad 4 en 5 Juffrou Henriette v.d. Linden Hierdie kwartaal was ‘n baie besige kwartaal by die graad 4 en 5’s. Ons het

“In U lig, sien ons die lig” Ps. 36:10

Ligstraal nommer 43 ~ Winter-uitgawe

Page 2: In U lig, sien ons die lig Ps. 36:10 · 2019. 9. 10. · Graad 4 en 5 Juffrou Henriette v.d. Linden Hierdie kwartaal was ‘n baie besige kwartaal by die graad 4 en 5’s. Ons het

Bladsy 1 Winter-uitgawe

Hierdie kwartaal was ‘n baie spesiale kwartaal. In die eerste maand van hierdie kwartaal het ons begin met die viering van Paasfees en afgelope week Maandag mog ons die kwartaal

afsluit met ons Paas- tot Pinksterfees. Wat ‘n pragtige boodskap waarmee ons hierdie hele kwartaal besig kon wees. Jesus Christus, ons Messias, ons Verlosser, het Homself

verneder en mens geword om vir ons sondes aan die kruis te sterf. Hy het egter nie dood gebly nie, maar Hy het die dood oorwin en lewe! In sy Woord mag ons lewende getuies hê van mense wat Jesus gesien en aan Hom gevat het, naamlik Maria Magdaléna, die

Emmaüsgangers, Thomas en die Here se apostels. Hy het selfs voor die oë van sy apostels geëet om te wys dat Hy nie ‘n spook is nie, maar ‘n regte mens is met ‘n menslike liggaam.

Veertig dae na sy opstanding het Hy hemel toe gegaan. Hy het ons egter nie alleen gelos nie, maar sy Trooster, sy Heilige Gees belowe wat tien dae daarna op die Pinksterfees uitgestort is.

Handelinge 2:3-4a “Toe is deur

hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen

van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees.”

Vandag lewe Jesus in elkeen van

ons se harte. Laat ons uitgaan en hierdie blye boodskap aan elke mens gaan vertel: “Want so lief

het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,

sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” - Johannes

3:16.

Skrifoordenking Juffrou Christine Mars

Olyfboompies Juffrou Anita Zielman

‘n Opwindende kwartaal is verby. Ons mag met dankbare harte terugkyk op ‘n kwartaal waar die Here ons beskerm het en naby was. Verkoue en griep het hoogty gevier hier by

die Olyfboompies, maar ons mag die kwartaal afsluit met ‘n vol klas gesonde kinders.

Hierdie kwartaal was daar ‘n paar hoogtepunte gewees. Die heel eerste hoogtepunt was die nuwe (laaaang) gras waar “in” ons uiteindelik kon speel. Ons sê baie dankie vir oom Riaan

van Alten en al die mense wat dit moontlik gemaak het. Ons speel nou elke dag op die gras.

Ander hoogtepunte sluit in: Juffrou het verjaar - dit voel al soos ‘n leeftyd terug :) - Ons het ons eie brood gebak en botter gemaak!

Dan het ons Afrika/tentjie-dag gehad. Dit was ook die “lekkerste dag ooit”. Die maats het

volgens die tema “ mense van Suid-Afrika” aangetrek. Ons het tente opgeslaan en huise “gemaak” van groot kartonbokse. Elkeen het sy eie worsie gebraai en sy eie worsbroodjie

Page 3: In U lig, sien ons die lig Ps. 36:10 · 2019. 9. 10. · Graad 4 en 5 Juffrou Henriette v.d. Linden Hierdie kwartaal was ‘n baie besige kwartaal by die graad 4 en 5’s. Ons het

Nommer 43 Winter-uitgawe Bladsy 2

gemaak. Ons het heerlik daaraan gesmul en die nag-ereg was marshmallow-braai!

Ons het die kwartaal afgesluit met die wonderlike

Paas-Pinkster boodskap.

Geniet die vakansie. Bly warm, ry veilig en rus lekker uit.

Sien julle DV volgende

kwartaal!

Graad 1 Juffrou Christine Mars

Ons het weer aan die einde van ‘n pragtige kwartaal gekom. Ek dank die Here vir sy sorg

in die afgelope kwartaal. Die graad 1’s het geleer dat daar verskillende boerderye is en

dat al die produkte wat ons in die winkel kry van verskillende plase af kom. Na aanleiding van hierdie temas het ons heerlike “Franse

braaibroodjies” gemaak. Ons het geleer wat die nut van verskillende diere is en die oulikste

voëltjies gemaak. Verdubbeling, halvering en enige somme tot 20 draf ons maklik kaf. Ons lees ook al baie mooi! Vra gerus vir enige van

Page 4: In U lig, sien ons die lig Ps. 36:10 · 2019. 9. 10. · Graad 4 en 5 Juffrou Henriette v.d. Linden Hierdie kwartaal was ‘n baie besige kwartaal by die graad 4 en 5’s. Ons het

Liewe Ligstraallesers

Watter groot voorreg om te kan beleef dat die kleinste GLB klas - graad 2 – met soveel diversiteit inmekaar skakel. Dit is so lekker om hierdie klas se juffrou te wees, elkeen met

sy uniekheid en gawes. Geniet van hierdie ses graad 2 kinders se gunstelinge!

Nicci Miené Cobus Mienke

Roland Dalton

Graad 2 Juffrou Annelies Roos

Bladsy 3 Winter-uitgawe

Naam

Nicci Roland Miené Cobus Mienke Dalton

Kleur

Groen Pers Ligte Blou Blou Pers Groen

Vak

Somme Wiskunde Bybel Somme Kuns Speel

Sport

Boogskiet Sokker Handbal Tennis Harkloop

Sokker

Kos

Cheese-burger

Pietsa Lezanje Pizza Brokelie “Pie”

Seisoen

Somer Somer Somer Winter Somer Somer

Sjokolade

Koek Luncs Baar

Lint Pipermint

Ero Munt

Vakansie

Langnaweek Plaas

B.P.K Onrus See Kolsberg

Oom Pieter se plaas

die graad 1’s om vir julle ‘n lekker slaaptydstorie te lees. Julle het hard gewerk en verdien ‘n heerlike vakansie. Ons sien mekaar weer DV 9 Julie 2019.

Page 5: In U lig, sien ons die lig Ps. 36:10 · 2019. 9. 10. · Graad 4 en 5 Juffrou Henriette v.d. Linden Hierdie kwartaal was ‘n baie besige kwartaal by die graad 4 en 5’s. Ons het

Graad 3 Juffrou Hester Rousseau

Seer blase en nuwe skoolskoene wat die voete druk is lankal vergete. Die begin van die kwartaal en die aanpassing van somerdrag na wintersdrag voel nog soos gister. Die tweede

kwartaal het egter verby gevlieg. Elke dag het ons die Here se nabyheid ervaar, Hy het ons beskerm en gelei. Die graad 3’s het hard gewerk en lekker gespeel. Ons het baie geleer oor

die diereryk en daar het ‘n verskeidenheid diere by ons kom kuier. Knaagdiere soos hasies en marmotte en Anja se hond (soogdier). Dan was daar die dag toe ons weekdiere behandel het, sjoe... slymerig! Elke leerder het ‘n slak (of meer) gebring en weer die middag tuis vrygelaat

— mnr. Erik se opdrag. Ons het die reptielpark by Stodels besoek en lekker daar piekniek gehou. Elke graad 3 het ook ‘n Afrikaanse en Engelse feite mondeling oor ‘n reptiel of

“mammal” van eie keuse aan die klas voorgedra. Dit was ‘n opwindende kwartaal en ons sien uit na die derde kwartaal.

Liefde van al die graad 3’s

Nommer 43 Winter-uitgawe Bladsy 4

Graad 4 en 5 Juffrou Henriette v.d. Linden

Hierdie kwartaal was ‘n baie besige kwartaal by die graad 4 en 5’s. Ons het baie interessante dinge gedoen en geleer. Die leerlinge in graad 4 het ‘n baie leersame

mondeling gehad oor enige plant of boom en die nut van die plante. Die graad 5-groep het weer mondeling gepraat oor kruie. As ek so luister na die leerders, dan besef ek net weer

hoe wonderlik die Here die Skepping gemaak het.

Die kinders was ook baie besig op die sportveld met al die wintersporte wat aangebied word. Hulle het sokker, netbal en hokkie by die skool gespeel en dan is daar nog sokker by die klub, swem, judo, dans en kuns wat hulle nog verder besig hou. Sjoe, dankie aan ons

mammas en pappas wat altyd bereid is om ons rond te ry na al die buitemuurse aktiwiteite.

Ons het ook in die Wetenskapklas die onderwerp, planete, behandel. Dit was baie interessant en die leerders het die mooiste planete gemaak. Gedurende die Kuns- en

Page 6: In U lig, sien ons die lig Ps. 36:10 · 2019. 9. 10. · Graad 4 en 5 Juffrou Henriette v.d. Linden Hierdie kwartaal was ‘n baie besige kwartaal by die graad 4 en 5’s. Ons het

Tegnologieperiodes het tannie Elmien hard gewerk om die Moeder- en Vadersdaggeskenke betyds klaar te kry!

Die Graad 4’s het ook hulle eerste toetsreeks agter die rug, dit was nogals spanningsvol vir

hulle en hulle was baie bly toe dit die dag klaar is – ek glo die mammas wat gehelp het met die leerdery was net so dankbaar toe dit verby is.

Aan die einde van die tweede kwartaal kan ons terugkyk en so dankbaar wees teenoor die

Here dat Hy ons elke dag alles

gegee het wat ons nodig gehad het, van gesondheid en

akademiese vermoë tot die

broodjies in ons kosblikke! Ons het ‘n wonderlike

God en Vader!

Geniet die heerlike Junie-

vakansie met sy laatslaap-oggende en pannekoeke op

koue dae!

Bladsy 5 Winter-uitgawe

Page 7: In U lig, sien ons die lig Ps. 36:10 · 2019. 9. 10. · Graad 4 en 5 Juffrou Henriette v.d. Linden Hierdie kwartaal was ‘n baie besige kwartaal by die graad 4 en 5’s. Ons het

Nommer 43 Winter-uitgawe Bladsy 6

Graad 6 en 7 Mnr. Erik v.d. Linden

In die tweede kwartaal word daar altyd hard gewerk. Die afleidings soos swem, atletiek en liedjies oefen, is iets van die verlede en ons kan voluit op die akademie fokus. Dit is ge-

woonlik nie te moeilik nie, want die werk is baie interessant. In die laaste weke voor die groot eksamen het ons meer geleer van ons pragtige kontinent Afrika, en die verskillende

landvorme en habitatte wat dit besonders maak, soos die Sahara-woestyn, die Nyl en die Skeurvallei. Natuurlik het ons eers op Google Earth gaan kyk hoe dit uit die ruimte lyk en daarna het ons dit nog beter bestudeer deur na ‘n paar natuurfilms te kyk. In Geskiedenis

het ons klaargemaak met die Difaqane (Shaka, Mzilikazi en Mosjesj) en gevorder tot diep in die Groot Trek. Blinkoog het ons gesit en luister na die avontuurverhale van die eerste

Blanke pioniers van ons land. Voorwaar mense wat hare op hul tande moes gehad het. Net om met ‘n geweer te perd, vir maande aaneen, te trek, het die seuns (en sommige meisies) na daardie dae laat verlang. Ons reis is onderbreek deur die eksamen. Iets wat vir som-

mige van die graad 6e nogals soos ‘n berg voor hulle gelê het. Maar dis nou verby. Dit was glad nie so erg nie... En almal het met vlieënde vaandels geslaag. Nou is dit vakansie!

Volgende kwartaal gaan nog interessanter wees.

Die GLB--Forum bedank allmal wat deel was van die potjiekos kompitisie.

Geluk aan die span: Veni- Vidi-Vici, wat weg gesstap het met die prys!

Page 8: In U lig, sien ons die lig Ps. 36:10 · 2019. 9. 10. · Graad 4 en 5 Juffrou Henriette v.d. Linden Hierdie kwartaal was ‘n baie besige kwartaal by die graad 4 en 5’s. Ons het

Bladsy 7 Winter-uitgawe Ligstraal

Paas-Pinksterfees en muntlegging

Page 9: In U lig, sien ons die lig Ps. 36:10 · 2019. 9. 10. · Graad 4 en 5 Juffrou Henriette v.d. Linden Hierdie kwartaal was ‘n baie besige kwartaal by die graad 4 en 5’s. Ons het

Nommer 43 Winter-uitgawe Bladsy 8

Die muntlegging is hierdie jaar gegou vir Geopende deure.

Page 10: In U lig, sien ons die lig Ps. 36:10 · 2019. 9. 10. · Graad 4 en 5 Juffrou Henriette v.d. Linden Hierdie kwartaal was ‘n baie besige kwartaal by die graad 4 en 5’s. Ons het

Bladsy 9 Winter-uitgawe

WHY PLAY IS IMPORTANT Play has been defined as any activity freely chosen, intrinsically motivated, and personally directed. It stands outside ‘ordinary’ life, and is non-serious but at the same time absorb-ing the player intensely. It has no particular goal other than itself. Play is not a specific be-

haviour, but any activity undertaken with a playful frame of mind. Psychiatrist Stuart Brown writes that play is ‘the basis of all art, games, books, sports, movies, fashion, fun,

and wonder – in short, the basis of what we think of as civilization.’ (Brown 2009). As the noted play theorist Brian Sutton-Smith remarked, the opposite of play is not work, but de-pression.

All types of play, from fantasy to roughand-tumble, have a crucial role in children’s devel-

opment. Play is the lens through which children experience their world, and the world of others. If deprived of play, children will suffer both in the present and in the longterm. With supportive adults, adequate play space, and an assortment of play materials, children

stand the best chance of becoming healthy, happy, productive members of society.

PLAY AND THE BRAIN A behaviour that is present in the young of so many species must have an evolutionary ad-

vantage, otherwise it would have been eliminated through ‘natural selection’. What might be the advantages of play? Play increases brain development and growth, establishes new neu-

ral connections, and in a sense makes the player more intelligent. It improves the ability to perceive others’ emotional state and to adapt to ever-changing circumstances. Play is more frequent during the periods of most rapid brain growth. Because adult brains are also capa-

ble of learning and developing new neural circuits, adults also continue to play.

Play theorist Brian Sutton-Smith believes that the human child is born with a huge neuronal

over-capacity, which if not used will die. ‘Not only are children developing the neurological foundations that will enable problem solving, language and creativity, they are also learning

while they are playing. They are learning how to relate to others, how to calibrate their muscles and bodies and how to think in abstract terms. Through their play children learn how to learn. What is acquired through play is not specific information but a general mind

set towards solving problems that includes both abstraction and combinatorial flexibility where children string bits of behaviour together to form novel solutions to problems re-

quiring the restructuring of thought or action… A child who is not being stimulated, by be-ing ... played with, and who has few opportunities to explore his or her surroundings, may fail to link up fully those neural connections and pathways which will be needed for later

learning.’ (Sutton-Smith 1997).

In play we can imagine situations never encountered before and learn from them. Toy aero-

planes preceded real ones.

Neuroscientist Jaak Panksepp found that play stimulates production of a protein, ‘brain-

derived neurotrophic factor’, in the amygdala and the prefrontal cortex, which are respon-

Page 11: In U lig, sien ons die lig Ps. 36:10 · 2019. 9. 10. · Graad 4 en 5 Juffrou Henriette v.d. Linden Hierdie kwartaal was ‘n baie besige kwartaal by die graad 4 en 5’s. Ons het

Nommer 43 Winter-uitgawe Bladsy 10

sible for organising, monitoring, and planning for the future. In one study, two hours a day of play with objects produced changes in the brain weight and efficiency of experimental

animals (Panksepp 2003, Rosenzweig 1976).

Play has immediate benefits, such as cardiovascular fitness, and long-term benefits, includ-

ing a sense of morality. An article in the American Psychological Association Monitor on Psychology examines the positive effects and utter necessity of play. The most common

theory is that juveniles play at the skills they will need as adults.

Some newer thinking proposes it is more than that. Play seems to have some immediate

benefits, such as aerobic conditioning and fine-tuning motor skills, as well as long-term benefits that include preparing the young for the unexpected,

and giving them a sense of morality. How? Learning to play successfully with others requires ‘emotional intelligence,’ the ability to understand another’s emotions and inten-

tions. Play helps to level the playing field and promotes fairness. Justice begins with healthy social play

(Azar 2002).

Paediatrician Dr. Ari Brown stressed that

unstructured play time is the best way to stimulate

the developing brain. ‘When babies are engaged in

unstructured free play with toys, they are learning to

problem-solve, to think creatively, and develop

reasoning and motor skills,’ she said. ‘Free play also

teaches children how to entertain themselves, which

is certainly a valuable skill.’

(American Academy of Pediatricians 2011).

PLAY AND CHILD DEVELOPMENT

Play is essential to development because it contributes to the cognitive, physical, social,

and emotional well-being of children and youth. Play also offers an ideal opportunity for parents to engage fully with their children. Despite the benefits derived from play for

both children and parents, time for free play has been markedly reduced. Children today receive less support for play than did previous generations in part because of a more hur-ried lifestyle, changes in family structure, and increased attention to academics and en-

richment activities at the expense of recess or free play.

What are the benefits of play in a child’s life? According to play therapist O. Fred Don-

aldson, a child who has been allowed to develop play resources receives many enduring ad-vantages. She develops a universal learning skill. Play maximises her potential by developing

creativity and imagination. Play promotes joy, which is essential for self-esteem and health. The learning process is self-sustained based as it is on a natural love of learning and playful engagement with life. (www.originalplay.com/ develop.htm)

YOU CAN DISCOVER

MORE ABOUT A PERSON

IN AN HOUR OF PLAY

THAN IN A YEAR OF

CONVERSATION.

Plato

Page 12: In U lig, sien ons die lig Ps. 36:10 · 2019. 9. 10. · Graad 4 en 5 Juffrou Henriette v.d. Linden Hierdie kwartaal was ‘n baie besige kwartaal by die graad 4 en 5’s. Ons het

Emotional-behavioural benefits of play

Play reduces fear, anxiety, stress, irritability

Creates joy, intimacy, self-esteem and mastery not based on other’s loss of esteem

Improves emotional flexibility and openness

Increases calmness, resilience and adaptability and ability to deal with surprise and

change

Play can heal emotional pain.

Social benefits of play

Increases empathy, compassion, and sharing

Creates options and choices

Models relationships based on inclusion rather than exclusion

Improves nonverbal skills

Increases attention and attachment

Physical benefits

Positive emotions increase the efficiency of immune, endocrine, and cardiovascular

systems

Decreases stress, fatigue, injury, and depression

Increases range of motion, agility, coordination, balance, flexibility, and fine and gross

motor exploration

A review of more than 40 studies found that play is significantly related to creative problem solving, co-operative behaviour, logical thinking, IQ scores, and peer group popularity.

Play enhances the progress of early development from 33% to 67% by increasing adjust-ment, improving language and reducing social and emotional problems (Fisher 1992).

As the developmental biologist Jean Piaget observed, ‘We can be sure that all happenings,

pleasant or unpleasant, in the child’s life, will have repercussions on her dolls’ (Piaget 1962).

Hierdie is geneem uit ‘n publikasie met die naam: “Play in Children’s development, health and well-being”.

Geskryf deur: Jeffrey Goldstein (Utrecht Universiteit)

Februarie 2012

Indien u belangstel in die volledige publikasie (10 afdeling oor die belangrikheid van spel) is u welkom om Juffrou Anita Zielman te kontak.

Ligstraal nommer 43 ~ Winter-uitgawe