o orkom vrees en ontmoediging - precept south africa€¦ · tensy anders aangedui is alle kaarte...

32
KAY ARTHUR O orkom Vrees en Ontmoediging BOB VEREEN DAVID LAWSON Kopiereg materiaal

Upload: others

Post on 27-Sep-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

KAY ARTHUR

O orkom Vrees en

Ontmoediging

BOB VEREENDAVID LAWSON

Kopiereg materiaal

Page 2: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat JyBegin . . .”-inleidende gedeelte, aangepas en saamgevat uit The New Inductive Study Bible, Kopiereg © 2000 deur Precept Ministries International.

Omslagontwerp deur Koechel Peterson & Associates, Inc., Minneapolis, Minnesota

This work is a translation from the original New Inductive Study Series,Overcoming Fear and Discouragement, authored by Kay Arthur, David Lawson & Bob Vereen. Published by Precept Ministries South AfricaEugene, Oregon 97402www.harvesthousepublishers.com© 1999 Precept Ministries International

Nuwe Induktiewe StudiereeksOorkom Vrees en OntmoedigingGepubliseer deur Precept Ministries South Africamet toestemming van Harvest House PublishersPosbus 539, Howard Place, 7450, Suid-AfrikaTel: +27 (0)21 531-1836Webtuiste: www.precept.org.zamet toestemming van Harvest House PublishersEugene, Oregon 97402www.harvesthousepublishers.com© 2016 Precept Ministries International

ISBN 978-1-62119-598-6

Harvest House Publishers behou die reg om sy eie publikasies in hierdie streek te versprei en verkoop.

Skrifaanhalings geneem uit die Bybel in Afrikaans 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953.

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer of oorgedra word in enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies, sonder die skriftelike verlof van die kopiereghouers nie. Dié beperking sluit in foto-afdrukke, opnames of enige ander stelsel van berging en opsporing van inligting.

Gedruk deur Bevan Group, Kaapstad

Kopiereg materiaal

Page 3: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Inhoudmmmm

Waarmee is Ek Besig? � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 5

Voordat jy Begin . . . � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 7

ESRA

Herbou die Tempel en Herstel die Volk � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 19

Week EenMaak Dit Regtig Saak wat Ek Kies? � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 21

Week TweeVrygestel om Terug te Keer � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 33

Week DrieOorwin Vrees, Moedeloosheid en Frustrasie � � � � � � � � � � � � � � � 43

Week VierWaar is U, o God? � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 53

Week VyfWat is die Prys van Sonde? � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 61

NEHEMIAOorwin Vrees en Ontmoediging � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 69

Week EenKen God en Sy Beloftes � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 71

Week TweeBewapen Jouself met die Swaard van die Gees � � � � � � � � � � � � 79

Week DrieKen die Vyand se Aanvalstrategie � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 87

Kopiereg materiaal

Page 4: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Week VierOnthou God se Goedheid � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 93

Week VyfGee ag op wat God gedoen het � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 99

ESTERBestem vir ’n Tyd soos Dié � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 109

Week EenLeef Godvrugtig in alle

Lewensomstandighede � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 111

Week TweeWanneer alles Duister en Hopeloos Lyk � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 121

Week DrieDeur Mense Verdruk of

in die Handpalm van ’n Magtige God? � � � � � � � � � � � � � � � � � � 127

Persoonlike Aantekeninge � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 135

Kopiereg materiaal

Page 5: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

O O R K O M V R E E S E N O N T M O E D I G I N G

Waarmee Is Ek Besig?••••

Jy staan op die punt om ’n studie te begin wat nie alleen jou benadering tot God se Woord nie, maar ook jou begrip daarvan, totaal sal omkeer. Dít is deurgaans die getuienis van almal wat hierdie reeks gebruik.

Die Nuwe Induktiewe Studie Reeks is die eerste reeks van sy soort. Deur middel hierdie studiereeks kan die student met behulp van 15-25 minute daaglikse studie sistematies, boek vir boek, deur die Bybel werk. Jy leer om die teks waar te neem en self te ontdek wat dit sê. Hoe meer jy leer om die teks noukeurig waar te neem en jouself te vergewis van die konteks waarbinne ’n spesifieke gedeelte geplaas is, hoe nader sal jy beweeg aan ’n akkurate en onbevooroordeelde interpretasie van God se Woord. Dít sal jou op sy beurt help om die waarheid van God se Woord korrek toe te pas — en te ontdek hoe jy gaandeweg daardeur verander word.

Terwyl jy deur die reeks werk, moet jy in gedagte hou dat dit ’n induktiewe oorsig van die verskillende boeke van die Bybel is. Die doel van hierdie reeks is om jou te help om’n volledige oorsig oor die volle raad van God te verkry, sodat jy beter in staat sal wees om toe te laat dat die Skrif die Skrif interpreteer, en dat jy die waarheid binne die konteks van die Bybel, boek vir boek, en in totaliteit, sal verstaan.

Indien jy graag jou studievaardighede wil uitbrei en verskerp, wil ons twee dinge voorstel. Skaf, om mee te begin, die boek, The New How to Study Your Bible, deur Kay Arthur, aan. Maak

5

Kopiereg materiaal

Page 6: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Waarmee is ek besig?6

verder gebruik van die opleiding wat by die Precept Ministries Opleidingsentrum aangebied word.

Die Opleidingsentrums is dwarsoor die VSA en Kanada, verskeie ander lande en ook hier in Suid-Afrika, te vinde. Die lengte van klasse kan wissel tussen twee uur en vyf volle dae, afhangende van die kursus waarop jy besluit. Ongeag jou keuses, sal jy aansluit by duisende ander wat absoluut verstom is deur die manier waarop dit hul verhouding tot Hom verryk en hul begrip van sy Woord verdiep het. Vir meer inligting oor die Precept Ministries Opleidingsentrum, skakel (021) 531 1836, besoek ons webtuiste by www.precept.org.za, of vul die kaartjie aan die einde van hierdie boek in en pos dit aan Posbus 539, Howard Place, 7450, Suid-Afrika.

Ons weet nie of jy al ooit enige van die boeke in ons Nuwe Induktiewe Studie Reeks gebruik het nie, daarom erken ons sommer van meet af aan dat die lees van instruksies soms moeilik, en selde genotvol is! Meestal is jy haastig en gretig om te begin. Sodra jy dan vasbrand, het jy geen ander keuse as om die instruksies aan te durf nie! Ons verstaan dit — ons hou ook nie van details nie. Lees egter “Voordat Jy Begin . . .” voordat jy begin. Dit vorm ’n essensiële deel van ’n deeglike begin! Dit is maar net ’n paar bladsye — wat jou geweldig baie sal help.

Kopiereg materiaal

Page 7: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

O O R K O M V R E E S E N O N T M O E D I G I N G

Voordat Jy Begin . . .••••

EERSTENSTerwyl jy die boeke Esra, Nehemía en Ester bestudeer, het jy,

buiten hierdie boek, nog vier dinge nodig.

1. ’n Bybel waarin jy gewillig is om te merk. Die merk van dieteks is essensieel, omdat dit ’n integrale deel van die leerproses vorm en jou sal help om te onthou wat jy geleer het. ’n Ideale Bybel vir hierdie doel is die 1953- of 1983 groot-druk uitgawe van die Afrikaanse Bybel. Die groter, maklik leesbare druk maak die merkwerk makliker en die kantlyne laat ruimte vir aantekeninge.

Hierdie Bybels bevat geen kommentare nie en is ook nie saamgestel op grond van spesifieke teologiese standpunte nie. Hulle dien slegs as hulpmiddels wat jou toelaat om die waarheid self te ontdek deur die induktiewe studiemetode. Induktiewe Bybelstudie beteken bloot dat die Bybel self die primêre studiebron is. [Die verskillende tabelle en kaarte wat deel van hierdie studie uitmaak, is ontleen aan die New Inductive Study Bible (NASB)].

Ongeag die Bybel wat jy gebruik, sal jy verplig wees om daarin te merk, wat ons bring by die tweede item wat jy benodig . . .

2. ’n Fynpunt, vierkleurige balpuntpen of fynpuntpenne vanverskillende kleure waarmee jy in jou Bybel kan skryf.

3. Kleurpotlode of ’n Pentel-potlood met agt verskillendekleure lood (verkrygbaar by Precept Ministries Suid-Afrika, Tel. +27 (0)21 5311836, [email protected] of www.precept.org.za.

7

Kopiereg materiaal

Page 8: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Voordat Jy Begin8

4. ’n Aantekeningboek vir die uitvoer van opdragte enneerskryf van jou insigte.

TWEEDENS

1. Wanneer jy hierdie boek bestudeer, sal jy spesifiekeinstruksies vir daaglikse studie ontvang. Dié studie behoort tussen 15 en 25 minute per dag in beslag te neem. Hou egter in gedagte dat, hoe meer tyd jy aan die studie wy, hoe groter die geestelike dividende, en hoe dieper die vlak van jou intimiteit met die Woord van God en die God van die Woord. Indien jy die studie binne klasverband doen en die lesse te veeleisend vind, doen eenvoudig wat binne jou vermoë is. Om ’n bietjie te doen, is beter as om glad niks te doen nie. Wat Bybelstudie aanbetref, moet jy nie ’n alles-of-niks mens wees nie.

’n Woord van waarskuwing: Hou in gedagte dat jy enige tyd dat jy met God se Woord besig raak, ’n meer intensiewe oorlogsveld van die duiwel (ons vyand) betree. Waarom? Omdat elke gedeelte van die Christen se wapenrusting op een of ander manier met die Woord te doen net. Die vyand wil verhoed dat jy vir die oorlog voorbereid sal wees. Vandaar die oorlogvoering! Onthou dat ons enigste aanvalswapen die swaard van die Gees, naamlik die Woord van God, is. Dit is genoeg om die vyand die nekslag toe te dien.

Om te studeer of nie te studeer nie, is eerstens ’n kwessie van keuse en daarna een van dissipline. Dit is ’n hartsaak. Bewapen jouself vir die oorlog! En onthou, jy is verseker van oorwinning.

2. Terwyl jy elke hoofstuk lees, moet jy oefen om die inhoudte deurdink deur die 5 W’s en H-vrae te vra: wie, wat, wanneer, waar, waarom en hoe. Die stel van vrae soos dié en die vind van antwoorde daarop, help jou om vas te stel presies wat God se Woord sê. Wanneer jy die teks met die 5 W’s en H-vrae ondervra, maak jy gebruik van vrae soos die volgende:

a. Wie is die hoofkarakters?

Kopiereg materiaal

Page 9: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Voordat Jy Begin 9

b. Wat is die strekking van die hoofstuk?c. Wanneer vind hierdie gebeurtenis of lering plaas?d. Waar vind dit plaas?e. Waarom doen of sê die person dit?f. Hoe het dit gebeur?

3. Die “wanneer” van gebeure of lering is baie belangriken moet op ’n maklik herkenbare manier in jou Bybel gemerk word. Ek doen dit deur ’n horlosie soos dié in die kantlyn van my Bybel langs die vers waarin die tyd-frase voorkom, te teken. Jy kan ook die verwysings na tyd met een spesifieke kleur inkleur of onderstreep. Om jou te help onthou, moet jy op jou sleutelwoord-bladwyser (wat volgende in hierdie seksie verduidelik sal word) aandui hoe jy beoog om verwysings na tyd in elke hoofstuk te merk.

4. Daar sal aan jou sekere sleutelwoorde uitgewys wordwat jy dwarsdeur die studie moet merk. Dít is waarvoor jy die kleurpotlode of –pen nodig het. Dit mag wel ’n bietjie tydrowend voorkom, maar jy sal ontdek dat dit ’n waardevolle studie-hulpmiddel is. As jy die gewoonte aanleer om jou Bybel te merk, sal jy vind dat dit ’n betekenisvolle verskil aan die doeltreffendheid van jou studie en wat jy as gevolg daarvan onhou, sal maak.

’n Sleutelwoord is ’n belangrike woord wat herhaaldelik deur die skrywer gebruik word om sy boodskap aan sy lesers oor te dra. Sekere sleutelwoorde sal dwarsdeur die boek voorkom, terwyl ander net in sekere segmente of hoofstukke gekonsentreer sal wees. Wanneer jy ’n sleutelwoord merk, moet jy ook die sinonieme daarvan (woorde wat binne die konteks dieselfde betekenis het) en alle betrokke voornaamwoorde (hy, sy, haar, dit, ons, hulle, jy, julle) op dieselfde manier as die sleutelwoord merk. Op versoek van sommige mense sal ons mettertyd, gedurende jou daaglikse opdragte, aan jou voorstelle vir die merk van sleutelwoorde maak.

Kopiereg materiaal

Page 10: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Die merk van woorde vir maklike identifikasie kan met kleur, simbole, of ’n kombinasie van die twee gedoen word. Kleure is egter makliker om te onderskei as simbole. Wanneer ek simbole gebruik, hou ek dit baie eenvoudig. In die boek Ester is een van die sleutelwoorde byvoorbeeld Jood. Jy kan ’n Dawidster soos dié oor die woord Jood trek en dit blou inkleur. Indien ’n simbool gebruik word om ’n sleutelwoord te merk, is dit die beste as die simbool op een of ander manier die betekenis van die woord oordra.

Wanneer jy met hierdie nuwe onderneming begin, stel ons voor dat jy ’n kleur-koderingstelsel ontwerp vir dié sleutelwoorde wat jy besluit om dwarsdeur jou Bybel te merk. Dit sal daartoe bydra dat jy, wanneer jy vlugtig na die bladsye van jou Bybel kyk, die woorde onmiddellik sal herken.

Wanneer ek die lede van die Goddelike Drie-Eenheid merk (wat ons nie elke enkele keer doen nie), gebruik ons ’n driehoek om die Vader voor te stel. Daarná kleur ons dit geel in. Met die driehoek as basis merk ons die Seun só: Jesus en die Heilige Gees só: Gees. Ons vind egter dat, wanneer jy elke enkele verwysing na God en Jesus merk, die bladsye van jou Bybel oorvol raak. Aangesien die Heilige Gees minder dikwels genoem word en baie mense nie ’n deeglike begrip van Hom het nie, is dit nietemin goed om alle verwysings na die Gees van God te merk. Jy sal natuurlik verwysings na God meestal in die Ou Testament teëkom, maar ons wou graag hê jy moes weet wat om te doen wanneer jy ander boeke van die Bybel bestudeer.

Wanneer ’n mens sleutelwoorde begin merk, vergeet jy maklik hoe jy ’n betrokke woord gemerk het. Gebruik gerus die onderste gedeelte van die geperforeerde kaartjie agter in hierdie boek om die sleutelwoorde op te skryf. Merk die woorde op dieselfde manier waarop jy beoog om hulle in jou Bybel te merk en gebruik die kaartjie dan as ’n bladwyser. Maak een bladwyser vir woorde wat jy dwarsdeur jou Bybel wil merk en ’n ander een

Voordat Jy Begin10

Kopiereg materiaal

Page 11: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Voordat Jy Begin 11

vir die spesifieke boek van die Bybel wat jy op ’n gegewe tyd bestudeer. ’n Ander opsie is om die merkstelsel wat jy beplan om dwarsdeur jou Bybel te gebruik, op ’n blanko bladsy in jou Bybel self te skryf.

5. Omdat plekke in historiese boeke baie belangrik is endit die “waar” van gebeurtenisse aandui, sal jy dit nuttig vind om plekke wat jy gedurende jou studie mag teëkom, op ’n onderskeidende manier te merk. Probeer om elke verwysing na tyd met ’n dubbele groen lyn te onderstreep (gras en bome is groen!). Ons stel voor dat jy ’n nota op jou sleutelwoord-bladwyser aanbring om jou te herinner om geografiese plekke te merk. Daar is ’n kaart by hierdie studie ingesluit. Dit sal jou help om die plekke in Esra, Nehemía en Ester na te slaan sodat jy jou van die geografiese konteks daarvan kan vergewis.

6. Tabelle bekend as die ESRA OORSIGWERKBLAD,NEHEMÍA OORSIGWERKBLAD en ESTER OORSIGWERK-BLAD kan aan die einde van elke studiegids gevind word. Wanneer jy die studie van elke hoofstuk van hierdie boeke voltooi het, skryf jy die hooftema van daardie hoofstuk op die ooreenstemmende tabel. ’n Hoofstuktema is ’n kort beskrywing of opsomming van die hooftema of belangrikste onderwerp, lering of gebeurtenis wat in daardie hoofstuk behandel word.

Wanneer hoofstuktemas aangedui word, is dit die beste om woorde uit die teks self te gebruik en dit so kortliks moontlik te doen. Maak seker dat jy dit op so ’n wyse gebruik dat die verskillende hoofstukke van mekaar onderskei kan word. As jy dit só doen, sal jy makliker onthou waaroor elke hoofstuk handel. Daarbý sal dit jou voorsien van ’n handige bron indien jy iets vinnig en sonder veel moeite wil naslaan.

As jy die gewoonte ontwikkel om die OORSIGWERK-BLAAIE in te vul namate jy deur ’n betrokke studie vorder, sal jy oor ’n volledige sinopsis van die boek beskik teen die tyd dat jy die studie voltooi.Indien jy ’n New Inductive Study Bible

Kopiereg materiaal

Page 12: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Voordat Jy Begin12

het, sal jy presies dieselfde tabelle in jou Bybel vind. Indien jy die hoofstuktemas op die tabelle in jou Bybel, sowel as op die toegelate lyn aan die begin van elke hoofstuk in die teks skryf, sal jy altyd ’n vinnige sinopsis van die hoofstuk sowel as vn die boek byderhand hê.

7. Begin jou studie met gebed. Moenie daarsonder begin nie.Waarom nie? Wel, al doen jy getrou jou deel om die Woord van God “reg te sny” — akkuraat te hanteer —moet jy steeds onthou dat die Bybel ’n goddelik-geïnspireerde boek is. Die woorde wat jy lees is die absolute waarheid, deur God aan jou geskenk sodat jy Hom en sy weë meer intiem kan ken. Hierdie waarhede moet vanuit ’n goddelike vertrekpunt verstaan word.

Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. Want wie van die mense weet wat in ’n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God (1 Korinthiërs 2:10, 11).

Dit is waarom ons moet bid. Sê eenvoudig aan God dat jy sy Woord wil verstaan sodat jy daarvolgens kan leef. Niks is vir Hom meer welbehaaglik as gehoorsaamheid — om Hom te eer as God — nie, soos wat jy weliswaar binnekort sal sien.

8. Elke dag nadat jy jou les afgehandel het, moet jy tydafstaan om na te dink oor wat jy gelees en self geleer het. Vra jou hemelse Vader hoe jy hierdie insigte, beginsels, voorskrifte en bevele op jou eie lewe kan toepas. Soms, afhangende van hoe God deur sy Woord tot jou gespreek het, sou jy miskien hierdie “Lewenslesse” in die kantlyn van jou Bybel, regoor die teks wat jy bestudeer het, wou aandui. Skryf eenvoudig die letters “LWL” in die kantlyn van jou Bybel, gevolg deur ’n baie kort opsomming van die lewensles wat jy wil onthou. Jy kan ook die letters “LWL” op jou sleutelwoord-bladwyser skryf om jou

Kopiereg materiaal

Page 13: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Voordat Jy Begin 13

te herinner om vir bogenoemde op die uitkyk te wees wanneer jy studeer. Jy sal hierdie “lesse” soms bemoedigend en soms as oortuiging van sonde ervaar . . . wanneer jy hulle weer teëkom. Hulle sal ook dien om jou te herinner aan wat God jou uit sy Woord geleer het.

DERDENS

Hierdie studie is ontwerp om ’n opdrag vir elke dag van die week te hê. Dit neem jou na waar jy behoort te wees — daagliks in die Woord van God, terwyl jy die suiwer waarheid aangryp en begryp, sistematiseer en toepas. Dit is lewensveranderend!

Jy sal studie op ’n daaglikse basis voordeliger vind as om die hele week se werk in een sitting te probeer afhandel. As jy die werk so spasieer, laat dit jou tyd om daagliks na te dink oor wat jy geleer het. Maar watter manier jy ook al verkies, doen dit net!

Die sewende dag van die week het eienskappe wat van die ses ander dae verskil. Hierdie kenmerke is ontwerp ter ondersteuning van een-tot-een dissipelskap, groepbesprekings en Sondagskoolklasse. Hulle is egter net so nuttig vir individuele studente wat die studie alleen aanpak.

Die “sewende dag” kan enige dag van die week wees — die dag waarop jy besluit vir nadenke oor en/of bespreking van ’n betrokke week se studie. Op daardie dag sal daar ’n vers of twee wees vir jou om te memoriseer en dus IN JOU HART TE BEWAAR. Dit sal jou help om op die belangrikste waarheid of waarhede wat gedurende daardie week se studie behandel is, te fokus.

Om diegene deur wie die materiaal gebruik word vir die maak van dissipels, huisgodsdiens of in ’n Sondagskoolklas te help, word daar VRAE VIR BESPREKING OF PERSOONLIKE STUDIE voorsien. In watter situasie jy jou ook al mag bevind,

Kopiereg materiaal

Page 14: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Voordat Jy Begin14

sal jou pogings om hierdie vrae te beantwoord, jou help om sommige van die sleutel-kwessies in die studie te beredeneer.

Indien jy die studie binne groepsverband gebruik, moet jy seker maak dat die antwoord wat verstrek word, deur die Bybelteks self ondersteun word. Hierdie gebruik sal verseker dat jy die Woord van God akkuraat hanteer. Namate jy leer om te verstaan wat die teks sê, sal jy vind dat die Bybel self die Bybel verduidelik.

Ondersoek altyd jou insigte deeglik deur die teks waar te neem om te sien wat dit sê. Voordat jy dan besluit wat die betrokke Skrifgedeelte beteken, moet jy eers seker maak dat jy dit in die lig van die konteks daarvan interpreteer. Die Skrif sal nooit die Skrif weerspreek nie. As dit ooit lyk asof ’n sekere Skrifgedeelte die res van God se Woord weerspreek, kan jy seker wees dat iets iewers buite konteks aangehaal word. As jy ’n moeilik verstaanbare gedeelte teëkom, laat jou interpretasie oorstaan tot tyd en wyl jy die gedeelte deegliker kan bestudeer.

Die gevolg van jou besprekingstyd behoort te wees dat jy sal insien hoe om hierdie waarhede op jou eie lewe toe te pas. Wat gaan jy voortaan as die waarheid beskou? Hoe gaan jy jou lewe in orde kry? Gaan jy nie alleen hierdie waarhede ken nie, maar ook daarvolgens leef?

Die doel van ’n GEDAGTE VIR DIE WEEK is om jou te help om dít wat jy geleer het, toe te pas. Ons het dit vir jou tot lering geformuleer. Hierin sal daar uit die aard van die saak ’n bietjie teologie na vore kom. Ons verwag egter nie dat jy altyd met ons sal saamstem nie. Deurdink eerder dít wat gesê word in die lig van die konteks van God se Woord. Jy kan bepaal hoe waardevol dit is.

Hou in gedagte dat die boeke in die Nuwe Induktiewe Studie Reeks oorsigtelik van aard is. As jy graag’n boek van die Bybel meer diepgaande wil bestudeer, stel ons voordat

Kopiereg materiaal

Page 15: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

jy ’n Voorskrif-op-Voorskrif studiekursus oor daardie boek aanpak. Die Voorskrif-studies is fenomenaal, maar vereis vyf uur persoonlike studie per week.

Voordat Jy Begin 15

Kopiereg materiaal

Page 16: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Kopiereg materiaal

Page 17: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Esra

Kopiereg materiaal

Page 18: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Kopiereg materiaal

Page 19: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Herbou die Tempel en Herstel die Volk

mmmm

Esra is een van die mees bemoedigende boeke van die hele Bybel. Gedurende jou studie van hierdie boek sal jy twee belangrike dinge waarneem, naamlik die duidelike teenwoordigheid van God se hand in die sake van die mens terwyl Hy liefdevol en regverdig die bereiking van sy doel bewerkstellig, en die mens se reaksie op God se leiding en instruksies.

Jy sal leer hoe God, deur sy profete, sy toekomsplanne honderde jare vooruit bekendmaak; die heerskappy van konings en koninkryke voorspel lank voordat hulle hoegenaamd bestaan; vooraf ’n presiese tydskedule, waaraan tot op die laaste minuut voldoen is, bepaal en die harte van uiteenlopende mense of groepe aanroer sodat daar aan sy wil gestalte gegee kan word.

In hierdie studie word jy gewaarsku teen straf as gevolg van ongehoorsaamheid. Jy sal bemoedig word deur die lewenswyses van hulle wat God se Woord ken en dit onderhou. Jy sal vertroos word deur die oorweldigende getuienis dat God steeds kragtig werk in sy skepping, ongeag die reaksie van mense. Terselfdertyd sal jy uitgedaag word om sy Woord te bestudeer, sy gebooie te leer ken, na sy stem te luister en in sy weë te wandel.

Oppervlakkig beskou, sou ‘m mens dink dat Esra ’n boek is wat oor gehoorsaamheid — die verantwoordelikheid van die mens — handel, maar dit het ’n dieper betekenis van die onfeilbare getrouheid van ’n soewereine God, wie se toewyding aan, en barmhartigheid teenoor, sy volk nooit verander nie. Dit is sy hartsbegeerte om ’n intieme verhouding met sy kinders —hulle wat in Hom glo — te hê. As daardie verhouding verbreek word deur ons rebellie teen sy wil, is dit sy passie om die verhouding te herstel!

19

Kopiereg materiaal

Page 20: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Herbou die Tempel en Herstel die Volk20

Esra “het sy hart daarop gesit om die wet van die Here te ondersoek en te betrag en om Israel die insettinge en verordeninge te leer” (Esra 7:10). Esra se allesoorheersende verlange na die kennis van God het selfs die ongelowiges van sy tyd laat besef dat “die goeie hand van sy God oor hom was” (Esra 7:9). Hy het die absolute noodsaaklikheid vir die mens om God se Woord te ken en daarvolgens op sy bevele te reageer, verstaan. Daarom het hy dit só gestel: “Die hand van onse God is ten goede op almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat” (Esra 8:22b).

Wanneer ons Hom soek, is sy hand ten goede oor ons. Wanneer ons Hom verlaat, is sy krag en toorn teen ons. Ja, Hy ís daar, besig om namens ons te werk. En ja, ons weet dat dít wat Hy doen, ’n verskil maak. Kom ons begin om, deur die studie van die boek Esra, sy aangesig te soek. Kom studeer saam met my en ervaar die guns van die Here.

Kopiereg materiaal

Page 21: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

W E E K E E N

Maak Dit Regtig Saak Wat Ek Kies?

••••

Het jy al ooit ’n slegte besluit geneem en gevoel dat God Hom op grond van daardie verkeerde besluit van jou distansieer? Was jy al ooit gereed om sommer net tou op te gooi? Die hasepad te kies? Het jy al ooit gevoel dat dit onmoontlik is om alles wat verkeerd geloop het, weer reg te stel?

Bestaan daar enige hoop? Enige uitweg? Kan jou verhouding tot God en ander mense herstel word? Sal God jou vergewe? Sou God nog steeds ’n intieme verhouding met jou begeer?

God se antwoord op al hierdie vrae is hard en duidelik “Ja!”

Lees Esra hoofstuk 1 terwyl jy die 5 W’s en H-vrae vra. (Jy het onder “Voordat Jy Begin…” op bladsy 8 instruksies hieroor ontvang. Indien jy nog nie daardie seksie gelees het nie, onderbreek alles en lees dit dadelik. (Jy sal dit baie nuttig vind vir die voltooiing van die daaglikse opdragte.)

Jy kon dalk vrae soos die volgende gestel het:

m Wie is Kores, die koning van Persië?

m Wie is Jeremia?

m Wat het Jeremia geprofeteer wat deur Kores vervul is?

m Watter huis, bedoel God, sal deur Kores vir Hom herbou word?

21

Kopiereg materiaal

Page 22: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Esra22

m Waarom is al die voorwerpe uit die huis van die Here weg-gevoer en in die huis van Nebukadnésar geplaas?

m Wie is Nebukadnésar?

m Wie was die gevangenes? Waarom was hulle in gevangen-skap weggevoer?

m Wie het hulle in ballingskap weggevoer? Wanneer is hulle in ballinskap weggevoer? Hoe lank sou die ballingskap duur?Aangesien die antwoorde op sommige van hierdie vrae nie in

die teks van Esra self voorkom nie, moet ons in ander boeke van die Bybel daarna soek. Die ontdekking van hierdie antwoorde sal ons help om die historiese agtergrond waarteen die boek Esra geskryf is, te bepaal. Al jou opdragte vandeesweek is ontwerp om ’n stewige grondslag te lê, nie alleen vir Esra nie, maar ook vir die toekomstige studies van die boeke Nehemía en Ester.

Ons sal vandag se studie afsluit met die hersiening van ’n bietjie basiese Bybelgeskiedenis wat jou sal help om die agtergrond van hierdie boek te verstaan. Hierdie agtergrond sal jou ook baie help om Esra te verstaan. Ons sal duidelik kan agterkom waarom die Israeliete in ballingskap moes gaan.

Kom ons begin deur terug te blaai na die ontstaan van die volk Israel, die volk wat op hierdie stadium in ballingskap verkeer. Aan die begin het God ’n man met die naam Abram (later Abraham genoem) uitverkies en aan hom drie dinge beloof:

1. Dat Hy aan Hom ’n land sou gee. (Daar word dikwels nahierdie land as “die beloofde land”, later ook bekend as Israel,verwys)

2. Dat Hy hom ’n groot nasie sou maak (Hierdie nasie sou lateras die volk Israel bekend staan)

3. Dat Hy aan hom ’n saad (Jesus Christus — Galásiërs 3:16) sougee deur wie al die nasies op aarde geseën sou wees (Génesis12:1-3)

Kopiereg materiaal

Page 23: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Week Een 23

Abraham was die vader van Isak, wat op sy beurt die vader na Jakob was. God het Jakob se naam verander na “Israel”. Israel (die man na wie die land en die volk vernoem is) het 12 seuns gehad en hul nageslag het die “12 stamme van Israel” geword.

As gevolg van hongersnood in die land het die volk Israel in Egipte beland, waar hulle mettertyd slawe van die farao geword het. God het Moses uitverkies om die kinders van Israel uit daardie slawerny (raadpleeg die boek Exodus) uit te lei en hulle uiteindelik, onder die leiding van Josua, na die beloofde land te bring (raadpleeg die boek Josua). Op pad na die beloofde land het God op die berg Sinai aan Moses die Tien Gebooie gegee (Exodus 20). Later het Hy nog ander wette, verordeninge en insettinge daarby gevoeg. Laasgenoemde was bedoel om hulle te help om soos God se uitverkore volk te leef (die boeke Exodus, Levítikus en Númeri).

Gedurende die tyd van Moses het God aan hulle opdrag gegee om ’n draagbare tabrnakel, waar die volk Hom kon aanbid, op te rig. Die heerlikheid van God sou ook by hulle teenwoordig wees in die vorm van ’n wolk bedags en ’n vuurkolom snags. Die wolk van heerlikheid sou afkom om te rus op die Allerheiligste gedeelte van die tabernakel, wat deel uitgemaak het van hierdie aanbiddingsplek.

Baie jare later het die volk Israel besluit dat hulle ook ’n koning wou hê soos die omringende nasies. God het aan hul wens voldoen en aan hulle ’n koning met die naam Saul gegee (1 Samuel 10). Na Saul se dood het Dawid koning van die hele Israel geword (2 Samuel 2).

Dawid wou die tabernakeldeur met ’n meer permanente aanbiddingsplek, ’n “huis vir God” vervang. Hy wou ’n tempel bou in Jerusalem, die hoofstad van die volk Israel. God wou Dawid egter nie toelaat om vir Hom ’n tempel te bou nie, maar het daardie taak aan sy seun, Salomo, toevertrou (2 Samuel 7). Salomo het die konstruksie van die temple in 595 v. C.

Kopiereg materiaal

Page 24: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Esra24

voltooi. In 931 v.C., na die dood van Salomo, het die verenigde koninkryk van Israel oor ’n dispuut aangaande belasting in twee koninkryke, naamlik die Suidelike Ryk en die Noordelike Ryk verdeel. Die Noordelike Ryk (Israel) het uit tien stamme bestaan, terwyl die Suidelike Ryk (Juda) uit die oorblywende twee stamme bestaan het.

Raadpleeg die tabel, ISRAEL SE SKEURING EN BALLINGSKAP (bladsy 25). Begin by die datum 931 v.C. en stel vas waar bognoemde datums op die tabel voorkom, sodat jy die inhoud van die tabel kan leer ken. Dit sal jou help om die geskiedenis van Israel, gesien in die lig van die boek Esra, beter te verstaan.

Let daarop dat daar op die tabel aangedui word dat die Noordelike Ryk in 931 v.C. deur die Assiriërs in ballingskap weggevoer is. Eeue lank het God by die Noordelike Ryk gepleit om hulle van hul afgodery en immoraliteit te bekeer, maar hulle wou nie na sy boodskappers luister nie. Hul keuse het God genoodsaak om hulle vir hul ongehoorsaamheid te sraf. Die Assiriese ballingskap was die gevolg van hul sonde.

Let nou op die kaart daarop dat die Suidelike Ryk in die voetspore van hul broers gevolg het en gevolglik deur die Babiloniërs in ballingskap weggevoer is. Hierdie gevangenskap was egter die gevolg van drie afsonderlike beleërings, die eerste in 605 v.C., die tweede in 597 v.C. en die derde in 586 v.C. Let ook daarop dat die ballingskap 70 jaar sou duur, beginnende in 605 v.C., die jaar va die eerste beleg. Jy sal ook sien dat Jerusalem, insluitende die temple wat Salomo gebou en in 959 v.C. voltooi het, geheel en al vernietig is.

Wat het die Suidelike Ryk gedoen dat God hulle deur die Babiloniërs in ballingskap laat wegvoer het? Was dit as gevolg van afgoderye en immoraliteit soos in die geval van die Noordelike Ryk of was daar ander redes? Ons sal dit môre uitvind.

Kopiereg materiaal

Page 25: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

1043

v.C.

Saul,

Daw

id, S

alomo

Vere

nigde

Ryk

,112

JAAR

Serub

babe

l, Esra

, Neh

emía

605 v

.C.53

6 v.C.

536 v

.C.Aa

nvan

g van

herbo

u va

n die

tempe

l53

8 v.C.

Dekre

etva

n Kore

s

Noor

delik

e Ryk

van I

srae

lTie

n stam

meHo

ofstad

: Sam

aría

Konin

gs: J

eróbe

am op

gevo

lgde

ur 18

sleg

te ko

nings

722 v

.C.W

egge

voer

tyde

ns H

oséa

se

rege

ring o

or Is

rael

Suide

like R

yk va

n Jud

aTw

ee st

amme

(Ben

jamin

en Ju

da)

Hoofs

tad: J

erus

alem

Konin

gs: R

eháb

eam

opge

volg

deur

11 sl

egte

en 8

goeie

konin

gs

345 j

aar

70-ja

arBa

llings

kap

Terw

yl Jo

jakim

oor J

uda r

egee

r het

Terw

yl Jo

jagin

oor J

uda

rege

er h

etTe

rwyl

Sede

kia oo

r Jud

a geh

eers

het

Juda

in ba

llings

kap w

eggv

oer d

eur

Babe

l 586

v.C.

Da

niël

en vr

iende

Eség

iëlen

tien d

uisen

dJe

rusa

lem ve

rwoe

s

605

. v.C

.59

7.v

.C.

586

.v.C

.

Drie

bel

eërin

gs v

an J

erus

alem

deu

r Bab

iloni

ërs

209

jaar

931 v

.C.Ve

rdee

lde R

yk

Skeu

ring

en B

allin

gkap

van

Isra

el

Kopiereg materiaal

Page 26: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Esra26

Ons gaan vandag voort om die historiese agtergrond van die boek Esra te bestudeer. Lees Levítikus 25:1-7. Dit is een van die talle insettinge of verordeninge wat God aan die kinders van Israel voorgehou het. Skryf so kortliks moontlik in jou aantekeningboek die hoofpunte van God se instruksie op grond van hierdie verordening neer. (Raadpleeg die “Voordat Jy Begin …”-afdeling vir die verduideliking van die gebruik van die aantekeningboek. Indien jy dié afdeling vroeër oorgeslaan het, is dit ’n goeie idee om nou terug te blaai en dit te lees. Dit bevat noodsaaklike inligting waaroor jy moet beskik as jy voordeel uit hierdie studie wil trek.

Lees nou Levítikus 26:27-35. Skryf in jou aantekeningboek wat God gesê het Hy aan die kinders van Israel sou doen as hulle Hom nie gehoorsaam nie. Maak seker dat jy lys wat met hul land en hul heilige plekke sou gebeur.

Volgens die gedeelte wat jy so pas gelees het, het ongehoorsaamheid aan die duidelike instruksies van die Here ernstige gevolge. Lees Levítikus 26:40-45 en lys watter uitwerking God wou hê die straf op hul harte en gesindhede moes hê. Gee veral aandag aan die langtermyn toewyding aan sy volk wat duidelik deur God in hierdie gedeelte uitgespreek word. Let op wat God sê Hy nié aan die Israeliete, sy uitverkore volk, sou doen nie.

Al die feite wat jy uit bogenoemde drie gedeeltes waargeneem het, sal jou help verstaan presies wat die kinders van Israel verkeerd gedoen het en waarom God hulle moes dissiplineer. Om ’n duidelike geheelbeeld te kry, moet ons egter nog meer inligting insamel. Môre sal ons met betrekking tot hierdie historiese agtergrond ’n paar stewige fondasiestene lê.

Kopiereg materiaal

Page 27: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Week Een 27

Lees Jeremia 25:1-12. Jeremia was ’n profeet van God gedurende die tyd dat die Suidelike Ryk deur Nebukadnésar, die koning vn Babilon, in ballingskap weggevoer is. Terwyl jy hierdie verse lees, moet jy die frase julle het nie geluister nie1 met ’n rooi pen onderstreep. (As jy nie ’n rooi pen het nie, gebruik enige ander kleur.) Maak ook ’n lys van die waarhede wat jy uit hierdie verse leer. Maak seker dat jy die volgende vrae op jou lys beantwoord:

m Het die kinders van Israel na Jeremia geluister? Was hulle gehoorsaam aan dít wat God deur hom gesê het?

m Wie sou God teen hulle stuur om hulle te vernietig en hulle land ewige puinhope te maak?

m Hoe beskryf God vir Nebukadnésar, die koning van Babilon, volgens vers 9?

m Watter doel sou Nebukadnésar namens God bereik?

m Hoe lank sou die kinders van Israel die koning van Babilon dien?

m Wat het God gesê sou Hy aan die einde van die ballingskap aan Nebukadnésar doen?

Ons het geleer aan watter wet die Israeliete ongehoorsaam was. Ons het geleer watter straf God verplig was om inwerking te laat tree, en ons het geleer wie God sou gebruik om sy uitverkore volk te dissiplineer. Laat ons vervolgens vasstel hoe die dienaar van God, Nebukadnésar, God se straf toegepas het.

Kopiereg materiaal

Page 28: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Esra28

Lees 2 Kronieke 36:11-21. Skryf die antwoorde op die volgende vrae in jou antekeningboek:

m Wat leer jy uit hierdie gedeelte omtrent God?

m Wat leer jy oor Sedekía, die koning, al die amptenare van die priesters en die volk?

m Wat het gebeur met die huis van die Here, al die toebehore daarvan en die muur van Jerusalem?

m Wat het geword van hulle wat aan die swaard ontkom het?

Dit is duidelik dat die kinders van Israel talle van God se verordeninge en wette verontagsaam het, maar die Here het dit spesifiek gehad teen hul ongehoorsaamheid aan die wet aangaande die sabbatsrus van die land. Vir 490 jaar lank het hulle versuim om die land elke sewende jaar te laat rus, daarom was die opgeloopte rustyd wat aan die land verskuldg was, 70 jaar. God sou sy kinders wegstuur na Babilon totdat hulle terugbetaal het wat hulle verskuldig was. Wat sou gebeur wanneer die 70 jaar verstreke was? Wat sou God dán doen?

Lees vandag Jeremia 29:1-14. Maak in jou aantekeningboek ’n lys van God se beloftes uit hierdie verse en beantwoord dan die volgende vrae:

m Wat beloof God aan dié wat Hom soek?

m Het God Hom aan die kinders van Israel onttrek?

m Watter opdrag gee God hulle, selfs te midde van hul straf-periode?

m Het Hy ’n toekomsplan vir hulle?

Kopiereg materiaal

Page 29: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Week Een 29

m Wat is God se plan vir sy kinders, so gou as wat hul straf vir sonde voltooi is?Oordink nou elkeen van hierdie vrae en pas dit op jou

persoonlike verhouding met God toe. Byvoorbeeld: Wat beloof God aan jou as jy Hom soek? Onttrek God Hom aan jou as jy ongehoorsaam aan Hom is en sondig? Moet jy te midde van jou strafperiode tot Hom bid? Het God ’n toekomsplan vir jou? Is dit sy begeerte vir jou dat jy herstel sal word?

Gesien in die lig van wat jy uit die God se Woord geleer het, is alles tussen jou en God oor en verby wanneer jy sondig? Afgehandel? Wat staan jou te doen?

Lees vandag Jesaja 44:24-45:7. Merk elke verwysing na Kores op ’n kenmerkende manier deur sy naam en elke voornaamwoord wat na hom verwys, te omkring. Neem waar wat jy omtrent hom leer. Wat sou Kores doen? Lys hierdie feite in jou aantekeningboek.

Jesaja het ’n profesie oor Kores uitgespreek 175 jaar voordat Kores gebore is! God was besig om ’n ander dienaar op te rig om sy (God se) wil in die geskiedenis van die mensdom te doen. In 539 v.C. het Kores, koning van Persië, en Darius, die Meder, Nebukadnésar, koning van Babilon, verslaan en die daardeur die weg vir die vrystelling van die kinders van Israel gebaan.

Hou al die inligting wat jy vandeesweek oor die historiese agtergrond bekom het, in gedagte. Lees nou 2 Kronieke 36:22,23 en Esra 1:1-4. Nou kan jy sien dat Esra ’n voortsetting van die geskiedenis van die kinders van Israel, God se uitverkore volk, is.

Kopiereg materiaal

Page 30: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Esra30

Om vandag se les en en vandeesweek se tuiswerk mee af te sluit, moet jy nog een ding doen. Blaai terug na Dag Een en hersien die vrae wat uit Esra 1 na vore gekom het om te sien of jy hulle almal beantwoord het. Hersien die lyste in jou aanteke-ningboek om die antwoorde te vind.

Bewaar in jou hart: Jeremia 29:11. Lees en bespreek: Esra 1; Levitíkus 25:1-7; 26:27-35,40-43; Jeremia 29:10-14; Jesaja 44:24–45:7.

Vrae Vir Bespreking of persoonlike studie

m Deur wie is die Noordelike Ryk gevange geneem? In watter jaar het dit gebeur?

m Noem die datums van die drie fases van die Babiloniese ball-ingskap.

m Hoe lank het die Babiloniese ballimgskap geduur? Tydens watter beleg het die tyd van ballingskap begin?

m Wat het God, volgens Levítikus 25:1-7, die kinders van Israel beveel om met die beloofde land, wat hulle op die punt gestaan het om binne te trek, te doen?

m Wat het God, volgens Levítikus 26:25-37, gesê dat Hy aan die kinders van Israel sou doen as hulle aan sy verordening onge-hoorsaam is? Wat sal God aan jou doen as jy sy verordeninge verontagsaam?

m Hoe lank sou die ballingskap volgens Jeremia duur? Wat sou God aan die einde van daardie periode doen?

m Het God Jeremia se profesie aangaande die vernietiging van Jerusalem vervul?

Kopiereg materiaal

Page 31: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Week Een 31

m Wat het jy uit Levítikus 26:40-43 omtrent die karakter van God geleer? Wat moes die kinders van Israel doen op grond van hul sonde van ongehoorsaamheid? Wat moet jy doen as jy sondig?

m Wat het God in Jeremia 29:10-14 deur die profeet aan die kinders van Israel beloof? Wat sou Hy aan die einde van die 70 jaar van ballingskap doen? Wattter soort planne het God vir sy kinders? In hierdie verse beloof God dat Hy sal “luister”as hulle na Hom roep. Hoe vergelyk dit met wat hulle nie wou doen toe God sy profete gestuur het nie? Luister jy na God?

m Jy het Jesaja 44:24-45:7 gelees. Wat het jy omtrent Kores geleer? Wanneer is hierdie profesie aan Jesaja gegee? Wan-neer is Babilon deur Kores, die koning van Persië, verower? Hoeveel jaar het tussen hierdie twee gebeurtenisse verloop?

m Het God, volgens Esra 1, gedoen wat Hy beloof het om te doen, op die tyd dat Hy beloof het om dit te doen?

m Wat is die gevolge van ongehoorsaamheid?

m Dissiplineer God steeds diegene wat ongehoorsaam is? Vind die dissipline altyd direk ná die daad van ongehoorsaamheid plaas?

m Dissiplineer God steeds sy kinders wanneer hulle ongehoor-saam is? Vir wie kan Hy gebruik wanneer Hy hulle dis-siplineer? Gelowiges? Ongelowiges? Albei?

gedagte Vir die Week

God het aan ons die Bybel gegee sodat ons sy gebooie, verordeninge, insettinge en wette kan ken. As ons sy Woord ken, kan ons daaraan gehoorsaam wees! Hoe beter ons sy beginsels en voorskrifte ken en verstaan, hoe maklkker kan ons die regte keuses maak. Ons verantwoordelikheid is om die Woord te ken, te kies om Hom op sy woord te neem en te vertrou en te kies om gehoorsaam te wees aan wat Hy ons beveel om te doen.

Kopiereg materiaal

Page 32: O orkom Vrees en Ontmoediging - Precept South Africa€¦ · Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende

Esra32

God het ook die Heilige Gees aan ons gegee om ons te lei en in alle dinge te leer. In der waarheid het God aan ons alles gegee wat ons nodig het om te weet wat Hy van ons verwag om te doen, te dink en te sê. Ons probleem is egter dat ons soms doodgewoon slegte besluite neem. Soms is dit omdat ons nie van beter weet nie. Ander kere is dit omdat ons wil doen wat reg is in ons eie oë. Ons weet wat om te doen, maar ons doen dit eenvoudig nie. Dan is daar die geleenthede wanneer ons nie “luister” na God se stem of na die boodskappers wat Hy na ons stuur nie.

God sal baie moeite doen om ons na die punt van gehoorsaamheid terug te bring. Somtyds gebruik Hy ongelowiges om sy wil te volbring. Hy het ons lief genoeg om konings en koninkryke op te rig of te vernietig en ons selfs van die een plek na die ander te verskuif, as dít is wat nodig is om ons sover te kry om te luister. Hy doen getrou sy deel. Hy begeer gemeenskap met ons . . . ongeag die koste aan ons kant of aan syne. Sy begeerte is dat ons ons sonde sal bely, ons sal bekeer van wat ons gedoen het, daardie tipe gedrag sal laat vaar en na ’n lewe van gehoorsaamheid sal terugkeer. Selfs wanneer ons aanvanklik’n slegte keuse gemaak het, kan ons steeds terugkeer en die regte keuse maak.

Kopiereg materiaal