stellenbosch gazette 19 aug 2014

8
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Stellenbosch | Franschhoek | Pniel | Kylemore Year 16 • Tuesday 19 August 2014 | Tel. 021 853 0211 Koorsang in die Endler Die Universiteit Stellenbosch (US) se Kamerkoor wat binnekort in die Endlersaal optree.. ’n Lang tradisie van koorsang- uitvoerings by die Stellen- bosch Konservatorium het ’n internasionale kleur gekry se- dert die aankoms van die be- kende Duitse koorleier, Marin Berger verlede jaar. Die Endlerkonsertreeks op Vrydag 29 Augustus om 20:00 sal weer so ’n samewerking aanbied met ons eie US Kamerkoor, wat deur Berger gedirigeer word, so- wel as die LandesJugendChor Saar van Duitsland. Hierdie be- kende koor word deur Alexander Lauer gedirigeer. Vir diegene wat dalk nie na hulself sou verwys as nuwe mu- siekliefhebbers nie, bied koor- musiek die beste bekendstelling moontlik. Die stem is ongetwyfeld die mooiste musikale instrument wat bestaan. Waar nuwe instrumentale mu- siek gebruik maak van abstrakte en onkonvensionele tegnieke, is nuwe koormusiek geneig om te fokus op die verhewe skoonheid van koorklank. V Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R110 en R80. Vir enige navrae, kontak gerus vir Le- on van Zyl by 0 021 808 2358 of 2 [email protected].

Upload: boland-gazette

Post on 02-Apr-2016

270 views

Category:

Documents


12 download

DESCRIPTION

Stellenbosch gazette 19 aug 2014

TRANSCRIPT

Page 1: Stellenbosch gazette 19 aug 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Stellenbosch | Franschhoek | Pniel | Kylemore

Year 16 • Tuesday 19 August 2014 | Tel. 021 853 0211

Koorsang in die Endler

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Kamerkoor wat binnekort in die Endlersaal optree..

’n Lang tradisie van koorsang-uitvoerings by die Stellen-bosch Konservatorium het ’ninternasionale kleur gekry se-dert die aankoms van die be-kendeDuitse koorleier,MarinBerger verlede jaar.

Die Endlerkonsertreeks opVrydag 29 Augustus om 20:00 salweer so ’n samewerking aanbiedmet ons eie US Kamerkoor, watdeur Berger gedirigeer word, so-wel as die LandesJugendChorSaar van Duitsland. Hierdie be-

kende koor word deur AlexanderLauer gedirigeer.

Vir diegene wat dalk nie nahulself sou verwys as nuwe mu-siekliefhebbers nie, bied koor-musiek die beste bekendstellingmoontlik.

Die stem is ongetwyfeld diemooiste musikale instrumentwat bestaan.

Waar nuwe instrumentale mu-siek gebruik maak van abstrakteen onkonvensionele tegnieke, isnuwe koormusiek geneig om te

fokus op die verhewe skoonheidvan koorklank.

V Kaartjies is beskikbaar byComputicket teen R110 en R80. Virenige navrae, kontak gerus vir Le-on van Zyl by 0 021 808 2358 of2 [email protected].

Page 2: Stellenbosch gazette 19 aug 2014

Stellenbosch Gazette News - Nuus Tuesday 19 August 20142

Gebiedsbevelvoerder vanStellenbosch vrygespreekSHERLIN BARENDS

“Ek dink nie dit kan enigiets tedoen hê met die saak wat teen myondersoek is nie.”

So sê brigadier Dirk Mentoor, ge-biedsbevelvoerder van die Stellen-bosch SAPD, wat heel moontlik naBellville verplaas gaan word.“Ek is onskuldig bevind in die

hooggeregshof en het nog nooit ’nsent van die staat gesteel nie,” het hyby navraag gesê.Mentoorisaanvanklik’nopgeskor-

te vonnis van vyf jaar opgelê weens’n beweerde klag van bedrog wat ge-spruit het uit ’n voorval in 2004 inOudtshoorn en ’n verkeerde uitbeta-ling vanbykansR90 000 aanMalcolmRance, broer van kapt. BeverleyBooysen,wat saammetMentoor aan-gekla is.Mentoor gee “diensredes” as die

oorsaak van die moontlike verpla-sing.“Ek voel om in Stellenbosch te bly.

Hier isnogbaiewatgedoenkanword,maarekkanmosnouniekapsiemaakteen ’n hoër besluit nie.”Mentoor bevestig dat hy vir ’n ver-

plasingoorweegword.Togvoeghybydat hy nog nie ingelig is oor wanneerhy in Bellville moet aanmeld nie énof die verplasing wel uitgevoer gaanword nie.Hy is destyds op ’n aanklag van be-

drog tot vyf jaar opgeskorte tronk-straf gevonnis, maar het appèl teendie saak se uitspraak aangeteken enis vroeër hierdie jaar vrygespreek.“Ek dink die landdros het gefou-

teer. Dis waarom ek geappelleer het.Dit is my persoonlike mening.”Luitenant Natalie Martin, woord-

voerder van die plaaslike SAPD, wasnie by magte om kommentaar te le-wer nie.

Brig. Dirk Mentoor, gebiedsbevelvoerdervan die Stellenbosse SAPD, gaan moontlikna Bellville verplaas word.

SSI sets up networkThe second Safety andSecurity Initiative(SSI) stakeholdersmeeting last Thursdayrevealed the success-ful implementation ofa new radio communi-cations network.This network links

all stakeholders,which are, includingthe South African Po-lice Services, Stellen-bosch Law Enforce-ment, StellenboschUniversity (SU), Stel-lenbosch Municipali-ty, and private securi-ty firms. The radio sys-tem allows the partiesinvolved to communi-cate on one frequencyand to coordinate anddistribute resourceseffectively in responseto tips by the public.“The main element we needed

was communication,” communi-ty developmentmanager, PatrickHall, said.“In one incident five different

security companies responded toa complaint. We had very goodfeedback.”The SSIwas established to curb

and combat the escalating crimein the Stellenbosch area. The SSIforumelected a task teamconsist-ing of the law enforcement agen-cies and private security firmswho would be able to actively,with their joint resources, tackle

the problem.Councillor Quintin Smit said

thetask-team’splanisa long-termone, which will stretch over thecourse of three years.The SSI completed phase one of

the project, which was to estab-lish communication.The next step is to implement

all operations as determined bythe task-team at their Thursdaymeetings with regard to the com-plaints and issues raised at theSSI forum meetings.Director Patrick Oliver said:“It is now time that we roll up

our sleeves and get to work.”

Patrick Hall explains the communications system..PHOTO: SHAWN VALENTINE

Polisie vind tik in dwelmhuiseLede van die Cloetesville-polisie hetop 5 Augustus weer op dwelmhuisein Cloetesville en Idasvallei toege-slaan.Die lede betrokke was serss. Jani-

ne Mothibi en Vernon Paulsen, enkonst. Zane van Graan.In Idasvalleihethulleby ’nwoning

in Hahnstraat toegeslaan en beslagis gelê op 18 tiksakkies.In Cloetesville is 40 tiksakkies ge-

konfiskeer.Diewonings isbekendedwelmhui-

se en die polisie wil graag die ge-meenskap vra om met inligting vo-rendagtekomwaardaarmetdwelmsgesmous word.Cloetesville SAPD gaan nie terug-

staan met die verkope van dwelmsnie, aangesien kinders daardeur ge-raak word en hulle dan later as ko-pers ingetrek word.Enige inligting gaannie ongesiens

verby nie en lt.kolMark Adonis, sta-siekommisaris van Cloetesville, wilweer eens die gemeenskap bedankvir die inligting wat hulle deurgeeaan die kantoor.

Die tiksakkies waarop die lede afgekom het.

Lede van die Cloetesville SAPD wat deel was van die konfiskering is serss. VernonPaulsen en Janine Mothibi, en konstabel Zane van Graan.

Sokkerspeleroorlede’nKranigesokkerspelervandieGlenEagles-sokkerklub is op 9 Augustusná ’n kort siekbed in die Stellen-bosch-hospice oorlede.Patrick Groenewald (34), ’n doel-

skieter, het námatriek gefokus op sypassie, sokker.Hy het eers vir Newtons gespeel,

maar laterhet hynaGlenEagles oor-beweeg.HywordoorleefdeursyouersMer-

cia en Neels Abrahams, en sy broer,Ryan (22). Patrick Groenewald.

Vermiste Matieveilig in hospitaalMICHELLE VANDER SPUY

Die 22-jarige stu-dent wat verledeSondag inStellen-bosch vermis ge-raak het, is intus-sen gevind.Simone Caro-

lissen, wat tanshaar honneurs ingeskiedenis aandie UniversiteitStellenbosch vol-tooi, is Dinsdag-oggend gevind ensterk tans in dieGroote Schuur-hospitaal inKaapstad aan.Die laaste keer

dat Carolissen ge-sien is, was sy oppadnadie treinstasie in ’n poeier-blou onesie.Haar suster, Carly, het bevestig

dat Simone gevind is, maar wounie op enige van Gazette se vrae

reageer nie.Haar tannie,

prof. Ronelle Ca-rolissen, ’nhoogleraar indie fakulteit op-voedkundigesielkunde, konnie bereik wordvir navrae nie.Martin Vil-

joen, woord-voerdervanUni-versiteit Stellen-bosch (US), sêdie universiteitis verlig om tehoor datCarolis-sen ongedeerdgevind is.Volgens hom

word haar gesindeur die US sekrisisdiens by-

gestaan en sal hulle haar onder-steun waar moontlik.Ditwas teendruktydnogniebe-

kend hoe sy vermis geraak het ofgevind is nie.

Simone Carolissen sterk tans in dieGroote Schuur-hospitaal in Kaap-stad aan nadat sy Sondag in Stel-lenbosch vermis geraak het.

FOTO: FACEBOOK

Roux in die pekel oorgeld by MatiesDANIE KEET

Die gewese voorsitter van die Ma-ties-rugbyklub, Jurie Roux, wordtans deur ’n saak van beweerde be-drog in die gesig gestaar.Volgens mediaberigte spruit die

aanklagte, wat tans deur die Valkeondersoek word, uit beweerdewanpraktyke tydens Roux se ter-myn as voorsitter van die Maties-rugbyklub. Van die bewerings watteen Roux gemaak word is die on-regmatige finansiering vanMatie-rugbyspelers se studiegelde, ver-blyfkostes, die afskryf van die spe-

lers se beursskuld en verdereondersteuning van spelers se stu-diegelde.Die saakspruituit ’nverslagvan

KPMGooromvangrykebedrogter-wylRouxook senior direkteur vanfinansies en batebestuur was.In ’n kort verklaring van die US,

sê Martin Viljoen, woordvoerder:“Die Universiteit Stellenbosch isvan oordeel dat dit nie in hierdiestadium gepas is om kommentaarte lewer nie. Die aangeleentheiddien tans voor die hof in ’n geoppo-neerde aansoek en is ook onderhe-wig aan ’n kriminele ondersoek.”

Jurie Roux, gewese voorsitter vanMaties-rugby en senior direkteur van finansiesen batebestuur aan die US, staar nouklagte van bedrog in die gesig.

Page 3: Stellenbosch gazette 19 aug 2014

Stellenbosch GazetteNews - NuusTuesday 19 August 2014 3

19 Augustus

) AA Stellenbosch-sentraal komom 20:15 by die Van der Stel-sport-klub in Du Toitstraat byeen. Na-vrae en meer inligting:0 084 293 3967.

21 August

) Alkoholiste Anoniem (AA) enAlanon (vriende en familie vanverslaafdes) kom om 20:15 by dieVan der Stel-sportklub, Du Toit-straat, Stellenbosch, byeen. Na-vrae en meer inligting:0 084 293 3967/021 889 5791/021 808 2581 of 2 [email protected]. za.Lückhoff Career Expo. 09:00-13:30, Lückhoff School Hall in IdasValley, Stellenbosch. Kryska Mar-quard: 2 [email protected] InformationEvening. 18:00, Gymnasium atCoetzenburg (SUSPI). Contact: Sta-cy-Leigh Samuels on082 808 1006/2 [email protected] or eatforlife.co.za.Vonkel-Ini-Oog damesklub-byeen-koms. Koffiehuiskonsert metplaaslike kunstenaars. NG kerk,Stellenbosch-Wes. 09:30-11:00. Al-mal is welkom, toegang is gratis.Navrae: Bettie Senekal0 021 880 2939/082 825 7830.

28 Augustus

) Cloetesville SAPD – Imbizo. Me-todistesaal, Idasvallei, om 19:00.Alle rolspelers (predikante, onder-wysers en gemeenskapsleiers)word gevra om dit by te woon.Sers. Zenobia Sedeman:0 082 411 2915.

Gesin verloor alles in brandDieAlexander-familievanJames-townhet onlangs al hul besittingsverloor toe ’n brand by hul wo-ning uitgebreek het.

Dora Alexander (53) en haar man,Dick September (73), het vir meer as20 jaar indiewoningmethulkindersen kleinkinders gebly.Die gemeenskap van Jamestown

het die familie bygestaan met dona-sies en ondersteuning.Die speaker van die Stellenbosch-

munisipaliteit, Cyril Jooste, het diegemeenskap vir hul ondersteuningbedank.”As speaker en as lid van die

Jamestown-gemeenskap wil ek eeren erkenning gee aan die inwonerswat ’n bydrae gemaak het, en veralvir Keith Meyer, wat sy hande diepin sy sak gesteek het en die inisiatiefgeneem het om hierdie gesin by testaan in hul tyd van nood.”Dora het aan Jooste vertel hoe sy

die tyding van die brand gekry het.“Ek was by die kerk toe mense my

geroep en skree dat my huis aan diebrand is en het ek net ’n donkerwolkgesien. Toe ek by die huis kom wasdie brandweermense daar, maar al-les was al afgebrand. “Gelukkig sêhulle dat niemand in die huis wasnie, maar my hond wat altyd saammet my kerk toe gegaan het, is onge-lukkig in die brand dood.”

Dick endie kinderswasnie tuis ty-dens die brand nie.Diegemeenskaphetbeddens,kom-

berse, klere, skoene, skoolklere, bou-materiaal, ’n gasstoof en kos ge-skenk.“Dora is ’n goeie vrou en help die

gemeenskapwaarsykan,”hetJoostegesê.Die familie is tydelik gehuisves in

die Jamestown-klubhuis, terwylMeyer saam met ’n span uit die ge-meenskap die struktuur binne tweedae herbou het.Die plaaslike munisipaliteit het

van die boumateriaal vir die struk-tuur verskaf.Meyer en die gemeenskap het die

boumateriaal aangevul en die gesinkon vier dae na die brand in hul huis

trek.“Baie dankie aan die gemeenskap

enKeith. Hy is ’n ster. Ons bly al jarehier en die gemeenskap en CyrilJooste het ons baie ondersteun. Onsgaan ’n dankdiens by ons huis reëlom almal behoorlik te bedank,” sêDora.

VMeyer kan gekontak word by082 923 2409 oor die dankdiens.

Van links staan Dora Alexander, Marlene Alexander (dogter), Davin (kleinseun), Keith Meyer, Dick September, wat op sy nuwebed sit, en Cyril Jooste, die Stellenbosse munisipaliteit se speaker.

KickstART exhibitionThe Stellenbosch e’Bosch Herit-age Project which reaches itspeakonHeritageDay (24Septem-ber), has just joined forces withKickstART, the innovative edu-cational outreach programwhich empowers learnersthrough art and design to copewith the challenges of modernlife.The KickstART program is an

initiativeof theStellenboschOut-door Sculpture Trust (SOST),which aims to introduce learnersto the world of art and design, aswell as income-generating oppor-tunities that exist within the cre-ative industries.Preceding the week of 24 Sep-

tember, learners’workwill be ex-hibited at the Ou Landbousaal inStellenbosch, next to the EersteRiver to complement the e’BoschHeritage Festival.“KickstART creates a platform

fromwhich learners engagewithart and design in various forms,opening up a whole new world tothese kids,” says KickstARTprojectmanagerTarienOdendal.“The role of art education has

for long been underestimated,undervalued and has been re-served for the ‘creative’ few. But

it is through the exposure to artand design that we stimulate anddevelop the critical 21st centuryskills our youth desperatelyneed.“This year’s workshops and

programs are specifically aimedto develop and stimulate thesecriticalentrepreneurial, creativeand problem-solving thinkingskills of learners attending.”DrSiasMostert, chairpersonof

the project’s executive commit-tee, said this project a step to-ward’s the e’Bosch vision of ajoint cultural future.“We are very pleased to have

yet another program on boardwhich complements our vision ofultimately making Stellenboscha place where everyone has theopportunity to live according tohis or her own cultural valueswhile we are in the process of es-tablishing a new joint culture forthe future.”The e’Bosch Heritage Project

nowboastsmore than25projects,which represent at least 10 com-munities or dorpies such as IdasValley, Jamestown, Kayamandi,Klapmuts, Kylemore, Pniël,Raithby, Stellenbosch Central,and Vlottenburg.

KickstART learner, Siyathemba Msalela (15) from Kayamandi High School, inter-acts with wirework, whichmakes up the KomSit bench by craftsmen from Stellen-bosch 360. PHOTO: ANDREW BROWN/CAMERA READY

Wen dié motorfiets!’n Gelukkige leser van Eikestadnuushet die volgende maand of twee ’nkans om ’n unieke elektriese motor-fiets te wen!Eikestadnuus se knip-en-plak-

kompetisie het op 31 Julie begin. Alwat jy elkeweekmoet doen, is omdieEikestadnuus op Donderdae te koop,die legkaartstuk uit te knip en dit opsy regte plek op die inskrywings-vorm te plak.Die sluitingsdatum is 14 Septem-

ber 2014.Voltooide inskrywingsvorms kan

ingegee word by Eikestadnuus sekantoor by Alexanderstraat 44, Stel-lenbosch, asookbyExtremeBikesbyTennantstraat 33, Tennantville, of bydie inligtingstoonbank in die Eike-stad Mall.Slegs oorspronklike inskrywings-

vorms sal aanvaar word enkompetisiereëls geld.Maak dus seker dat jy vandees-

weekseEikestadnuuskoopomtever-sekerdat jy jouvolgendeplakstukbe-tyds kry.

Francois le Roux wys hoe die fiets lyk.

New town planunderway

To create a shared vision thatwill culminate in a new townplan for Stellenbosch, an idea-gathering campaign has beenunderway for the past fewmonths.The project, Shaping Stel-

lenbosch (#WDC393), which isco-managed by StellenboschMunicipality and Stellen-bosch University, aims to im-prove the once historically di-vided town in a way that con-nects economic development,social inclusionandecologicalsustainability – all with theparticipation of the public.And now, Shaping Stellen-

bosch has been recognised asa World Design Capital CapeTown 2014 project.The public’s ideas will ad-

dress goals such as: providingpublic transport for all; creat-ing safe spaces to walk and/orcycle within neighbourhoods;growing the economy so thatmore people can get jobs; mak-ing better use of the land avail-able to accommodate morepeople; saving resources; im-proving access to healthy andaffordable food for all incomegroups; and protecting histor-ic architecture and views aswell as preventing the pollu-tionanddestructionofnaturalareas.Once approved, this unique-

ly crafted town planwill guideall future development strate-gies and investments in Stel-lenbosch. For more informa-tion on Shaping Stellenbosch,please visit http://www.wdccapetown2014.com.

Page 4: Stellenbosch gazette 19 aug 2014

Stellenbosch Gazette News - Nuus Tuesday 19 August 20144

Nuwe brandweerhoof willeisels hier stewig vasvatDaar is ’n nuwe man wat die lei-ding gaan neem by Stellenbosch-munisipaliteit se brandweer.

Wayne Smith is op 1 Augustusamptelikasdienuwebrandweerhoofaangestel.

Smith het die laaste paar maandeas adjunk waargeneem, nadat dievoormalige hoof, Leon Morta, skul-dig bevind is aan korrupsie en hy uitsy pos bedank het.

Smith, ’n gebore Stellenbosser, isook ’n gekwalifiseerde onderwyser,

het ’n handels- en nood-mediese ag-tergrond, is ’n pastoor in die OuApostoliese Kerk, en kan ook paar-tjies in die huwelik bevestig.

Hy mag dalk al daardie titels agtersy naam hê, maar dié nuwe brand-weerhoof het ook eers onder begin asvrywilliger by die streekdienste-raad.

Smith se span bestaan uit 53 ledeendoendiensindrieafdelingsinslui-tend wete, rampbestuur, brandvoor-komingseenheid en operasioneel.

Daar lê talle uitdagings voor sy

deur maar sy visie is, “om ’n doeltref-fende en volhoubare brand- en ramp-bestuurdiens aan die publiek te le-wer.

“Ek het baie vertroue in my span,’n goeie mengelmoes van jeug en er-varing. Hulle bewys hul telkemaleonder uiters moeilike omstandighe-de, enige tyd van die dag of nag.”

Smith gaan ook nie nonsies duldnie. Hy poog om volhoubare goeiedienslewering te verskaf, en indiendaar enige besware is, kan dit by sykantoor aangemeld word.

Die nuwe brandweerhoof, Wayne Smith, word gelukgewens deur Stellenbosch-burgemeester, raadsheer Conrad Sidego (tweedevan links). By hulle staan van links Quintin Smith (portefeuljevoorsitter vir gemeenskapsveiligheid van die stadsraad) en PatrickOliver (direkteur van gemeenskapsveiligheid en beskermingsdienste).

VW skenk komberseNTT Volkswagen Stellenboschhet55komberseaandieorganisa-sie Women on Farms by hul ver-toonlokaal in Stellenbosch opVrydag 8 Augustus oorhandig.

Die besigheid het met hierdiespesifieke projek komberse inge-samel. Die versameltyd duur vir

’n maand en aan die einde van dietydperk word ’n organisasie uit-gekies en die items word oorhan-dig.

Elke maand word ’n nuwe orga-nisasie geïdentifiseer. Hierdieinisiatief is deel van die maat-skappy se uitreikingsveldtog.

Hier is Waldo Gerber (links), die verkoopsbestuurder, met die direkteur van Women on Farms,Colette Soloman. Women on Farms, ’n nie-winsgewende organisasie, ondersteun plaaswerkersen mense wat op plase woon, deur hulle bewus te maak van hul regte.

Vier Erfenisdag methistoriese museumtoerDie Stellenbosch-museum bied ’nhistoriese museumtoer aan op Sa-terdag 20 September as deel vandie Stellenbosch Erfenisprojek.

Pietman Retief, bekend vir sybelangstelling in geskiedenis enbewaring van historiese geboue,sal verskeie geboue op die roetebespreek.

Die toer skop om 10:00 by dieKweekskool in Drostdystraat afen geboue wat besoek gaan word

sluit die Moederkerk, die Dorp-museum, Rynse Kerk en die OuLückhoff-skool in. Deelnemersvertrek per bus na die Pniel-mu-seum waar ’n ligte middagete indie teetuin aangebied sal word.Die laaste museum op die roete isdie Hugenote Gedenkmuseum inFranschhoek.

V Vir navrae bel Debbie Gabri-els en bespreek byEsméAdriaanseby 021 887 2937.

Training available inhandyman skillsTraining in building maintenance (handy-man) skills is available for the youth aged 18-35 years of greater Stellenbosch. Stellemploywill train 12 unemployed persons in basicbuilding maintenance skills over a period of10 days. The training programme includespainting, plumbing and carpentry skills.

Training details are as follows:Accredited with the construction industry

(CETA). Training dates: 1-12 September (fulldays). Minimum criteria - grade 9 (ability toread in English and do calculations).

Includes all training material, refresh-ments and transport from Stellenbosch to theStellemploy Training Centre and back.

Make appointments for registration and as-sessment at 0 021 886 6993. For more informa-tion, contact Gino or Betta at above-men-tioned number.

Page 5: Stellenbosch gazette 19 aug 2014

Stellenbosch GazetteNews - NuusTuesday 19 August 2014 5

Jubel en juig op PnielKylemore Sekondêr se toeskouers was in ekstase toe ’n doel teen Groendal aangetekenis. Groendal en Kylemore Hoërskole het verlede week hul sokker- en skaakderby afgeskopby die Pniel-sportvelde.

Finalists entertainedTheMiss Earth SA 2014 Top 16finalists were entertained at alavish cocktail affair in CapeTown where the minister oftourism,DerekHanekom,was

the guest of honour. Two Stel-lenbosch beauties,Mishka Pa-tel, and Victoria Kitley (nowresiding in Johannesburg),held the town’s name high.

Mishka Patel and Victor K, designer from Cape Town.

Former Stellenbosch resident Victoria Kitley still keeps her city’s namehigh.

Page 6: Stellenbosch gazette 19 aug 2014

Stellenbosch Gazette General - Algemeen Tuesday 19 August 20146

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

JACOBUS (FREDDIE)BEUKES Gebore: 27-12-58 Gesterwe: 16-08-2014Begrafnis Saterdag 23-08-14 By die huis: 09h00Rynse Kerk: 10h00

IN MEMORIAM

1015

FLORIST (KP)VERMEULEN 24-08-2014is jy 5jr weg. In my hartis daar baie mooi herinne-ringe.Sal jou altd mis. Jouvrou, Sally.

PERSOONLIKE

DIENSTE

SPYSENIERING

& LOKALE

1401

DECKSTER'S CATE-RING, DéCOR / HIRING.Menu's from R120.00.Includes: crockery, cutlery,white tablecloths, whitechair covers, organza back-drop, arch & red carpet.(Ielaahm or Rene.) 021 3714507 / 082 324 9486.www.decksterscatering.co.za

GESONDHEID &

SKOONHEID

1430

ENKEL STOELE te huurin Salon. Kontaknommer:073 024 8666

LENINGS

1445

LOANS UP TO R200 000.Immediate approval. Fiona082 422 2271

TE KOOP

ALLERLEI

1655

CASH PAID FOR usedclothing, crockery,Linen, etc. I collect.Ph/sms/whatsapp Patricia0798414016

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ELEKTRIES

1810

ALLE HERSTEL VANyskaste, vrieskaste en alletipe wasmasjiene.Gas hervul vanaf R150.Skakel 076 919 0596.

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

NEW HORIZON'SDEKOR.

Blindings, sonskerms envlieësiwwe.% Fabian: 021 886 6453of 083 348 1703. Epos:[email protected]

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGS

GESOEK

3670

BAIE BETROUBAREhuishulp soek charwerkDinsdae en Donderdae.Werk reeds 22 jaar op eenplek. Tel: 021 887 4426

ALGEMEEN

3680

Thinking differentlyabout your businessThe last couple ofweeks I’ve consultedwitha number of people who want to start newbusinesses or who have recently startedone. One of the biggest challenges seems tobe the management of business finances.

Some people hear about govern-ment’s plans to support upcomingentrepreneurs and then think theyhave a right tomoney and contracts,although they hardly have any busi-ness experience and have no infra-structure at all.

Other people have trouble manag-ing themoney they receive for goodsand services rendered in such a waythat it will grow the business, andeven more so, a book keeping sys-tem. Without a thorough recordkeeping system you will not be ableto manage your business’ finances well.

When you earn a salary, the money you earnisyours tospend,butwhenyouhaveabusiness,the money you receive needs to pay numerousexpenses before you can use some of what re-mains for yourself. I say some of what remains,because some money must be retained in thebusiness to grow the enterprise.

When you exchange your salaried employ-

ment for a business of your own, one of the big-gest adjustments is the realisation that you donot really look forward to the end of the monthanymore, because it now becomes a time forpaying salaries and many other expenses.

Furthermore you cannot shift the blame forthingsgonewrong toyourbossoran-ybody else anymore. As owner ofyourownbusinessthefinalresponsi-bility rests with you.

But with the responsibility alsocomes the benefits of being your ownboss and the freedom to direct yourbusiness towards the goals thatyou’ve set for yourself. Althoughworking for oneself may often bechallenging, thebenefits andperson-al growth may perhaps outweigh thechallenges by far. But you’ll need toadopt a disciplined lifestyle to make

it work.If you start a business with the idea that now

you’ll have lots of money to enjoy life, you’ll besurprised at how quickly it can disappear. Butwith discipline and working wisely you canmake a success of being in charge of your owndestiny.

V David Malherbe is a business­ and career consultantand lives in Wellington. He can be contacted via his webpage www.jedidiah.org.za or on 021 873 0262

Learn more about localheritage with museum talkThe annual one day lecture series of theArchaeological Society of the WesternCape and the Friends of the StellenboschMuseum will be held as from 31 August.

The title of the series is: “All of a sudden,everything changed, 1652...”

The speakers at the series are AndrewBSmithwhose topic is “Nomadsversus theState: VOC intervention on the Khoisan atthe Cape”. The aboriginal Khoisan of theCape will be discussed against the back-drop of the VOC settlement at Table Bay,and why the two systems not only failedto understand each other, but led to thecomplete destruction of the nomads’ wayof life.

LiaWebleywill talk on “Changing build-ing traditions in Namaqualand and theSandveld, knowledge and loss.”

This talk examines the circularKhoekhoen settlements described and il-lustrated by early European settlers at theCape of Good Hope.

Nigel Penn will talk on “Missionariesand murderers: the first missions to Greatand Little Namaqualand, 1795 - 1815”.

This lecture will consider the impact of

the first LondonMissionary Society (LMS)missionaries in the regions of Great andLittleNamaqualandbetween1795and1815.Itwill examinemissionary involvement inthe ivory and firearms trade and attemptto explain why it was that, almost simulta-neously, the LMS was expelled from bothLittle Namaqualand by the colonists (1809)and from Great Namaqualand by the Afri-kaner Oorlam group (1811).

Simon Hall will talk on “What happenedto Khoi and San during the 19th centuryin the Karoo? Some archaeological per-spectives.”

There will also be a site visit to the farmKnorhoek, settled by Hans Jacob Brits in1694 and nowa typical StellenboschH-planhouse.....save for the astounding yet pleas-ing facades – the story of which will be re-vealed in situ!

VThe details of this special day are:Date: Sunday, 31 August 2014Time: 10:00 – 15:30Venue: “Erfurthuis”, 37 Ryneveld Street,

Stellenbosch. Cost: R160 (including tea,lunch with wine). For bookings call EsmeAdriaanse on 021 887 2937.

Studietrust vier 40 jaar met geselligheidDis vanjaar die beursorganisasie Studietrustse 40ste bestaansjaar!

En alle belangstellendes word uitgenooi nahul Wes-Kaapse jaarvergadering op Donder-dag 28 Augustus om 18:00 by die Hofmeyrsaal,Kerkstraat, Stellenbosch.

Die televisiepersoonlikheid, Ruda Land-man, sal as gasspreker optree en ’n paar mu-siek-itemssaldeurLaurindaHofmeyr,Schalk

Joubert en Mabet van Wyk, gelewer word.Kom geniet ook lekker sop, brood, kaas en

wyn terwyl ons gesellig terugkyk oor Studie-trust se 40 jaardiensaanSuid-Afrikase talent-volle en vasberade jongmense.

RSVP asseblief vir Sabelo teen Maandag 25Augustus by 0 011 403 1632 gedurende kan-toorure, e-pos na 2 [email protected], met die getal gaste.

Spesialeddiieennssttee

Page 7: Stellenbosch gazette 19 aug 2014

Stellenbosch GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 19 Augustus 2014 7

Ons Gee Om.Ons Gee Om.

Die Stellenbosch Gazette vra Stel-lenbossersomdievolgendewelsyn-en gemeenskapsorganisasies tehelp.

Hiér is ’n lys van hul grootste be-hoeftes:

) Stellenbosch Nagskuiling:Geblikte of vars groente, droë sop-bestanddele, macaroni, spaghetti,koffie, suiker, poeiermelk, smeer-goed vir brood asook badseep enhanddoeke. Tweedehandse hand-doeke, badseep, waslappe en toilet-ware kan ook handig gebruik word.

Daar is ook ’n behoefte aan vry-willigers om sop per dag te skenk.Dit kan gevries of vars wees.

0 021 886 6173.)Huis Horison: Wit kerswas

vir maak van vlamvatters, stewigevulsel, houthangers, borduurgare,groterige stukke effe linne/katoen-materiaal en wol.

0 021 887 5080.) Safe House Stellenbosch:

Melkpoeier/langlewemelk, rys,mieliemeel, blikkies tuna, suiker,kookolie, waspoeier vir outomatie-se masjiene, Handy Andy, Jik/Do-mestos en opwasmiddel.

Vrywilligers wat hulp kan aan-bied sal baie waardeer word.

0 021 883 2574.) Stellenbosch Voedingsak-

sie:Droë bestanddele soos rys, pas-ta, mieliemeel, stampmielies ensopmengsel, asook produkte virkospakkies.

0 021 886 8986 of 071 322 0747.)Kindersorg SA Stellen-

bosch: Skoolklere, al is dit tweede-hands, asook skryfbehoeftes worddringend benodig.

0 021 887 2816.)Jeuguitreik: kinder- en jeug-

sorgsentrum: Brood, suiker, pas-ta, broodsmere en blikkieskos.

Gordyne en ou DVD’s wat oor na-weke vir die kinders gewys kanword, sal waardeer word. Skryfbe-hoeftes asook skoolklere sal vangroot hulp wees.

0 021 886 6216.) Stellenbosch Werksentrum

vir Volwasse Persone met Ge-stremdhede: Behoefte aan kruide-

niersware vir die sentrum se drie-daagse lewensvaardigheidskampgeskeduleer vir 21 tot 24 Oktoberbuite Stellenbosch. Daar gaan 45persone met gestremdhede by hier-die kamp baat vind, wat deur ’n ar-beidsterapeut en twee maatskapli-ke werkers aangebied gaan word.

Die persone moet drie maaltyeper dag voorsien kry en skenkingssoos pap, melk, eiers, kaas, weenseworsies, suiker, koffie, tee, gebliktegroente sal waardeer word.

Vir meer besonderhede bel diesentrum by 0 021 887 8688.

) Ikhaya Trust Centre: Vry-willigers wat die leerders in hul na-sorg op Vrydae van 15:00 tot 16:00kan leer viool speel.

0 021 889 8774.)Marcelino Singh-stigting:

Brood, broodsmere, vars groente,tweedehandse klere en meubels.

0 021 889 9555 of 072 888 7188.) ACVV Stellenbosch: Nie-be-

derfbare kos, toiletware, skool-skoene, -hempies en -broekies, weg-gooidoeke vir babas en volwasse-nes en rugsakke vir skoolgaandekinders. Enige ou klere vir ons kle-rewinkel om te gee aan diegene watkom vra.

0 021 887 6959.)Kayamandi-traumakamer:

Driekwart- en enkelbedmatrasse,waaier, verwarmer, beddegoed,gordyne, komberse, eetgerei, twee-dehandse klere en onderklere, kos,toiletware, skoonmaakmiddels.

Bel me. Bakubaku 0 074 717 9676of 021 889 7686 of Mary 083 945 5811.

) Stellenbosch Hospice:Koffieen tee en warm sjokolade (hot cho-colate), skryfbehoeftes (verf, skêre,Pritt, gekleurde papier en inkleur-potlode vir kreatiewe projekte), enspeletjies soos dambord en opvoed-kundige speletjies. Komberse enkussings met kussingslope enmansskoene word ook verwelkom.

0 021 886 5994.)GreenDoorProjek@Jame-

stown: Babaklere (0-3 jaar), baba-benodigdhede vir die 13 tiener-mammas, in hul sorg, en meisiekle-re (9-10 jaar).

Chanene van As 0 082 8908 616.) Dorothea Spesiale skool:

Breinaalde, hekelpenne. Afval:karton, wol, materiaal, hekelgare,hout. Skoolbenodigdhede: Skool-skoene, truie, sokkies (seuns enmeisies), enige ou kinderklere.

Enter school chef competitionGrade 11 or 12 learners are encour-aged to enter the International Ho-tel Shool’ ultimate cook-off competi-tion now.

First year culinary students Clif-ford Lewthwaite, Yolanda Mngadi,Siphesihle Mthiya, Tyler Duncanand Thobile Dlani are behind thecompetition and are encouraginglearners to enter the cook-off. If youwin, you can stand a chance to wina culinary trip to London

The competition is looking for thebest school chef and the winner canstand a chance to win a share ofR300 000 in prizes, including a tripto London.

The competition will be held na-tionally in September, with the re-gional finals taking place at the In-ternational Hotel School campuses

in Durban, Johannesburg and CapeTown.

The winner of the regional finalin each province will win a bursaryto study the one year Culinary Artsprogramme at that campus.

The regional winners will then beflown to Durban to compete againsteach other in the final cook off tobe held in October.

The final winner will be awardedthe grand prize of a culinary trip toLondon in January 2015.

This prize, includes returnflights, a 3 night stay at the DraycottHotel, dinner at two top London res-taurants,a triptoHarrodsFoodHal-land to Fortnum Mason.

Aspartof thegrandprize, thewin-ner will also visit the Borough Mar-ket, a visit to a renowned chocolati-

er, a trip on the London Eye as wellas a sight-seeing tour.

What’s more, the winner will alsobe taken on a behind the scenes tourthrough a 5 star hotel including atour of their kitchens.

) Entering is simple – just visitwww.schoolcookoff.co.za and regis-ter.

Include your email address, mo-bile number, your school and re-gion and verify that you are in ei-ther grade 11 or 12.

Then once registered, submit aone dish recipe and photograph ofyour dish and get your friends andfamily to vote for you. It’s as easyas that!

Terms and conditions apply!For more information, call us on

0 0861 44 3300.

Vroue deel pakkies by hospies uitDie vrouegroep ROCK, wat gereeld aan die Cansa Relay 4 Life-veldtog deelneem, het op 9 Augustus toiletware enpakkies aan vroue, kinders en pasiënte by die Stellenbosch-hospitaal- en Hospice, uitgedeel.

Anna Cloete (voor) vanStellenbosch Hospiesontvang haar pakkie by Il-se le Roux (regs) en LorainKiewiets (agter).

Mercia Abrahams (mid-del) ontvang ’n pakkie na-mens haar oorlede seun,Patrick Groenewald, watop Vrouedag in Stellen-bosch Hospice gesterfhet. Van links staan Belin-da Zimri, Lorain Kiewiets,Connie Gabriels en BerylWilson.

Mediaborg vir Erfenisfees

Eikestadnuus is vanjaar weer die mediaborg van die Erfenisfees wat in al tien die dorpies in die groter Stellenbosch-gebied gehougaan word. By die bekendmaking van die borgskap was, van links, Freddie Jooste (Erfenisfeeskomitee) Danie Keet (redakteur, Eikestad-nuus,) Martie Meiring (Erfenisfeeskomitee), Deleen Johnson (uitgewer van Eikestadnuus) en Johann Murray (Erfenisfeeskomitee). Diefees word op 24 September gehou. FOTO: SHAWN VALENTINE

Page 8: Stellenbosch gazette 19 aug 2014

Stellenbosch | Franschhoek | Pniel | Kylemore

Year 16 • Dinsdag 19 Augustus 2014 | Tel. 021 853 0211

Groendal wen sokker, skaakKylemore en Groendal hoërskoolhet verlede week hul 2014 inter-skolewedstryde afgeskop.

Die sokker- en skaakderby het byPniel-sportvelde plaasgevind.

Groendal o. 19A-sokker het die

wedstryd met 3-2 gewen, terwylGroendal die skaak met ’n sege van6-2 gewen het.

Hier is Granville Faas van Kylemore Hoërskool (in geel) op pad om die eerste doel teen Groendal Hoërskool aan te teken.

Zuwhiel Sampson van Groendal Hoërskool (links) en Lea-gan Booysen van Kylemore Hoërskool is in diepe konsen-trasie.

Siseko Ntsunguzi van Groendal Hoërskool (in groen) steek Darren Jason van Kylemore Hoërskoolverby.

Francois du Plessis se Goju-Kai karate-skool het op Saterdag 2 Augustus syjaarlikse Punch Mania gehou. Meer as 100 karatekas van Stellenbosch, Paarl,Strand en die noordelike voorstede van die Kaapse Skiereiland het deelgeneem.Net meer as 100 000 houe is deur die karatekas geslaan en hulle het medaljesen sertifikate ontvang. Van links is Jacques Retief, Adriaan Bischoff en LuanStander met Du Plessis (Shihan).

Derbystryd uitslaeGroendal Sekondêr is as die algehelewenner van die jaarlikse derbystrydteen Kylmore Sekondêr aangewys.

Hulle het ’n sege van 22-4 in al diekompetsies behaal.

Die derby is vanaf 11-16 Augustusgespeel en die uitslae is soos volg:

) Sokker: o. 19A. Kylemore: 2-3Groendal.

) Skaak: Kylemore: 2-6 Groendal) Netbal: o. 18A. Kylemore 25-28

Groendal.) Rugby: o. 19A. Kylemore 8-20

Groendal.