22 januarie 2021 weeklikse pitkos · 2021. 1. 22. · • markspelers voorspel ‘n prysvlak van $...

21
22 Januarie 2021 WEEKLIKSE PITKOS

Upload: others

Post on 08-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • 22 Januarie 2021

    WEEKLIKSE

    PITKOS

  • PITKOS

    INHOUD

    Internasionale landbou

    - Suid-Amerikaanse oestoestande

    - Landbounuus: Januarie WASDE

    Plaaslike landbou- In- en uitvoer van mielies- Produsentelewerings- Landbounuus: someraanplantings

    Weer- Plaaslike weervooruitsigte- Weervooruitsigte vir Noord- en Suid-Amerika

    Wisselkoers- Oorsig oor die ZAR en VSA dollar-beweging

    Prys-risikobestuur- Minimum/maksimum opsie-strategie

    Pariteite- In- en uitvoerpariteite van geelmielies

  • 14-dag weervooruitsigNASIONALE

    REËNVALVoortdurende reënval word oor die noordoostelike dele van die land voorspelvir die komende dae. Warmer toestande in die westelike en sentrale dele salook goeie hitte-eenhede vir aanplantings verskaf.

    Die Suid-Afrikaanse weerdiens het egter gewaarskudat sikloon Eloise swaarreënval in Mpumalanga, Limpopo en sommige dele van KZN kan veroorsaak.

  • VSA droogtemonitor: Noord-Amerika

    10-dag weervooruitsig: Suid-Amerika

    WEER

    Volgens die Amerikaanse sowel as Europese modelle word meergunstige weer vir Suid-Amerika se top-produserende streke voorspel.

    2021 begin heelwat droër as 2020 weens die moontlike effek van ‘n La Niña op Amerikaanse reënval. Markspelers sal egter eers teen Maart op Noord-Amerikaanse weer begin fokus.

    Volg gerus die blitsskakel om die Droogtemonitor vir Noord-Amerika dop te hou: https://droughtmonitor.unl.edu/CurrentMap.aspx

    INTERNASIONALE

    https://droughtmonitor.unl.edu/CurrentMap.aspx

  • INVOER- EN UITVOER-

    PARITEITE

    Feb’21 Mar’21 Mei’21 Jul'21

    PMB-invoerpariteit R 4 274 R 4 288 R 4 037 R 4 314

    Kaap-invoerpariteit R 4 120 R 4 113 R 3 833 R 4 049

    SAFEX geelmielies R 3 433 R 3 433 R 3 239 R 3 218

    Uitvoerpariteit R 3 433 R 3 378 R 3 239 R 3 218

  • LANDBOU OORSIGARGENTINIË

    19%

    65%

    16%

    Mielies

    Goed tot Uitstekend

    Gemiddeld

    Swak tot Uiters swak

    18%

    63%

    19%

    Sojabone

    Goed tot Uitstekend

    Gemiddeld

    Swak tot Uiters swak

    55%42%

    3%

    54%45%

    1%

    2019/202019/20

    Verlede Week

    12%

    65%

    23% 27%

    56%

    17%

    Verlede Week

    Suid-Amerikaanse oestoestande het die afgelope week oor die algeheel verbeter weensgoeie reënval in produserende streke.

  • LANDBOU OORSIGBRASILIË

    10%

    45%

    45%

    Sojatoestande: Parana

    Ontkieming

    Blom

    Peulvorming

    67%

    26%

    7%

    Sojatoestande: Rio Grande do Sul

    Ontkieming

    Blom

    Peulvorming

    21

    7

    162224

    58

    24

    13

    0

    10

    20

    30

    40

    50

    60

    70

    Rio Grande Parana

    Mielietoestande 2020/21

    Ontkieming Bestuiwing Graanvorming Afdroog

    79%

    16%

    5%Mielietoestande: Parana

    Goed

    Gemiddeld

    Swak

    Mielie-toestande in die twee grootsteproduserende state

    Interessant: In Parana is die Safrinha-oes (2de mielie-oes van die seisoen) reeds aandie gang en tans is net minder as 1% geplant.

  • • Mielies: Amerikaanse mieliepryse het ‘n sterk reaksie op die mees onlangse WASDE-verslag getoon. Die USDA het in Januarie se verslagdie eindvoorraad afwaarts aangepas tot rekord-lae vlakke. Beginvoorraadvlakke vir 2019/20 is met 76 miljoen skepels verlaagvanaf 1 995 miljard tot 1 919 miljard skepels. Opbrengste vir die 2020/21 seisoen is op 172 s/ha gelaat. Dit is ongeveer 3,8 s/ha laer as vorige verslae.

    • Hierdie aanpassings het CBOT mieliepryse tot hul hoogste vlakke in 6 jaar gestoot. Pryse het kort na die vrystelling van die Januarie-verslagmet 25 sent toegeneem.

    • Sojabone: Die USDA het in die Januarie-verslag die totalesojaboonvoorraad op 4 695 miljard skepels gelaat. Dit is 'n afwaartseaanpassing van 14 miljoen skepels teenoor die vorige maand. Dit is merendeels die gevolg van die USDA se negatiewe verandering van gemiddelde opbrengste op die 2020-oes wat van 50,7 skepels/ha tot 50,2 skepels/ha aangepas is, tesame met Sjina se rekord-aankope.

    • Markspelers voorspel ‘n prysvlak van $ 10,55 p/s vir die nuwe jaar wat die hoogste is sedert 2013 se $ 13 p/s en heelwat bo die vroeëgroeiseisoenverwagting van $ 8,20 per skepel. Pryse het egter in die week van 18 -22 Januarie baie wisselvallig vertoon weens onstuimigepolitieke toestande in Noord-Amerika, sowel as goeie reënval in Suid-Amerikaanse produserende streke.

    LANDBOUNUUSINTERNASIONALE

    USA markinsigte en data: www.nass.usda.gov*USDA: United States Department of Agriculture * WSDA Washington State Department of Agriculture

    Markreaksie op Januarie ‘21 WASDE-verslag

    http://www.nass.usda.gov/

  • VSA sojaboon- en mielie-eindvoorraad en –uitvoere: Januarie 2021

  • PLAASLIKE UITVOERE2020/2021

    Bestemming vir meeste uitvoere:

    YMAZ uitvoere:Zimbabwe 3 505 t

    • Uitvoere week geëindig 15 Januarie: 8 8676 t

    • Vorige week = 10 395 t• Invoere: 0 t• Uitvoerintensies: 64 559 t

    Geelmielies

  • PLAASLIKE UITVOERE2020/2021

  • PLAASLIKE UITVOERE2020/2021

    Witmielies• Uitvoere week geëindig 15 Januarie: 23 244 t

    • Vorige week: 17 795 t• Invoere: 0 t• Uitvoerintensies: 172 715 t

    Bestemming vir meeste uitvoere:

    WMAZ uitvoere:Zimbabwe 10 529 t

  • PLAASLIKE UITVOERE2020/2021

  • PLAASLIKE UITVOERE2020/2021

    Kumulatiewe plaaslike lewerings tot en met 20 Januarie 2021

    Witmielielewerings

    Week geëindig 15 Januarie: 5 580 t Vorige week: 3 070 tTotaal: 8 077 531 mt (91,8%)

    Geelmielielewerings

    Week geëindig 15 Januarie: 9 795 t Vorige week: 3 178 tTotaal: 6 049 025 mt (96,2%)

    Sojaboonlewerings

    Week geëindig 15 Januarie: 1 660 t Vorige week : 1 302 tTotaal: 1 212 707 mt (96,2%)

    Sonneblomlewerings

    Week geëindig 15 Januarie: 72 tVorige week: 64 tTotaal: 784 620 mt (99%)

  • LANDBOUNUUSPLAASLIKE

    Sedert die begin van die somerseisoen 2020/2021 het gunstige reën optimisme in die plaaslike landbou gekweek. Die swaar reën gedurende die week van 8 Januarie hou egter die risiko van gewasskade in sommige gebiede in Noordwes en Vrystaat in. Tog lyk hierdie risiko in hierdie stadium heel beperk.

    Sommige boere in die Hoopstad en Bultfontein omgewing het egter wel gewasskade ondervind, maar dit verander nie die algehele positiewelandbouvooruitsig vir die jaar nie. In die noordelike streke van die Oos-Kaap het die onlangse reën nie oesskade aangerig nie.

    Ons is in 'n La Niña-jaar, wat 'n hoër reënval vir Suid-Afrika gedurende die somerseisoen beteken. Die Suid-Afrikaanse weerdiens het op 8 Januarievoorspel dat ons tot ongeveer einde Maart natter toestande in somerreëngebiede kan verwag.

    Die nasionale oesskattingskomitee sal die eerste skatting op 25 Februarie bekend maak. Markspelers verwag dat plaaslike kommoditeitspryse ‘n negatiewe reaksie sal hê en terugtrek van hul huidige vroeë vlakke. Volgens Wandile Sihlobo, markanalis vir Agbiz, het die jaar-op-jaar “spot”-pryse van sowel wit- en geelmielies vroeg in Januarie met 40% gestyg. “Hierdie hoër pryse is die produk van verskillende faktore, waaronder hoërinternasionale pryse, ondersteun deur ‘n groot internasionale vraag, 'n relatiewe swak wisselkoers, tesame met sterk binnelandse vraag enbogemiddelde uitvoere. Markspelers sal ook voornemens om te plant op 28 Januarie dophou”.

    *Lees meer: https://wandilesihlobo.com/2021/01/14/trend-bucking-summer-rains-are-cause-for-optimism-in-south-africas-agriculture/

    https://wandilesihlobo.com/2021/01/14/trend-bucking-summer-rains-are-cause-for-optimism-in-south-africas-agriculture/

  • WISSELKOERS

    R/$Die Suid-Afrikaanse rand het die afgelope week wisselvallig verhandel.

    Die rand het in die laaste 8 weke van 2020 aansienlik versterk teenoor die Amerikaanse dollar wat merendeels die gevolg was van ‘n swakker dollar indeks. Die Amerikaanse dollar het heelwat verswak weens politieke onrus en betogings.

    Uit ‘n tegniese oopgpunt kan ‘n deurbraak onder R15,105 (78% FIB vlak) veroorsaak dat die rand terugtrek tot sy weerstandvlak van R14,500, sou vlakke onder R15,000 verhandel. Op 21 Januarie het die wisselkoers teen R14,84 verhandel, waar daar volgens die tegniese analise ‘n sterkweerstandsvlak is.

    *Lees Meer: https://www.dailyfx.com/forex/market_alert/2021/01/15/South-African-Rand-Price-Forecast-USDZAR-Tests-Key-Fibonacci-Support-LiveEdu-TDC

    https://www.dailyfx.com/forex/market_alert/2021/01/15/South-African-Rand-Price-Forecast-USDZAR-Tests-Key-Fibonacci-Support-LiveEdu-TDC

  • INTERRESANT - WISSELKOERS

    R/$• Interessant: Die Big Mac-indeks meet die reële waarde

    van geldeenhede met behulp van twee metodes:1. ‘n Direkte maatstaf van koopkragpariteit met behulpvan rou pryse.2. ‘n Aangepaste indeks wat plaaslike BBP-data in ag neem.

    • Met die onverwerkte data kos 'n Big Mac R33,50 in Suid-Afrika en $5.66 in die Verenigde State.

    • Volgens die reële GDP behoort ‘n Big Mac egter $3.17 tekos, wat dan impliseer dat die rand in werklikheid slegs32,5% onderwaardeer is.

    • Dus is die rand veronderstel om teen R10,47 teenoor die dollar te verhandel. Die Suid Afrikaanse rand is een van die mees onder-waardeerde geldeenhede.

    *Lees meer: https://www.sagoodnews.co.za/the-real-value-of-the-rand-in-2021-according-to-the-big-mac-index/

    https://www.sagoodnews.co.za/the-real-value-of-the-rand-in-2021-according-to-the-big-mac-index/

  • • Goeie reënval in Suid-Afrika skep optimisme vir ‘n rekord2020/21-oes.

    • Die Januarie-WASDE skep optimistiese sentiment vir ‘n kommoditeite bulmark.

    • Die Suid-Afrikaanse geldeenheid verhandel sterker teenoor die VSA dollar weens politieke onrus in Washington.

    • In- en uitvoerintensies vir 2021 is bogemiddeld.OPSOMMING

  • PRYS

    RISIKO BESTUUR

    .

    Minimum/Maksimumprys:Hoe werk dit?

    ‘n “Put“ opsie word vir die kliënt aangekoop om ‘n minimumvlak vas te stel. Om die koste laag te hou, word daar terselfdertyd ‘n “call” opsie verkoop, wat die maksimumprys vir die kliënt vasstel.

    Indien die markprys in die toekoms die maksimumvlak (“call” opsie) bereik, ontvang die kliënt ‘n kort “future” posisie wat hulle dwing om hulle produk teen dié vlak te lewer.

    Indien die minimumvlak (lang “put” opsie) van die markprys bereik word, is die kliënt daarvan verseker dat hulle teen die minimumvlak kan lewer, ongeag hoe ver die mark onder die vlak daal.

    Veronderstel die kliënt doen ‘n min/maks prys soos op die grafiek:

    Die kliënt koop ‘n “put” opsie @ R3 000 (minimumvlak) teen ‘n koste van R152/t.Die kliënt verkoop ‘n “call” opsie @ R3 440 (maksimumvlak) teen ‘n premie van R100/t. Dus kan die kliënt nou ‘n minimum van R3 000/t en ‘n maksimum van R3 440/t vir hul graan ontvang.

    Die strategie kos die kliënt in effek R152 (put) – R100 (call) = R52/t

    Min/Maks

  • Tel: +27 (0) 13 243 1166E-pos: [email protected]: www.randagri.co.zaAdres: 24 Samora Machel Straat,

    Middelburg, Mpumalanga

    KONTAK ONS“Many of life’s failures are people who did not realise how close they were to success when

    they gave up.”

    – Thomas A, Edison

    http://www.randagri.co.zahttps://web.facebook.com/RandAgriSAwww.linkedin.com/company/rand-agrihttps://www.instagram.com/randagri_insta/?hl=en