lesse wat leef - fxit · wysvinger > sonde: terwyl jou duim na die hemel wys, wys jou wysvinger...

10

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Lesse wat Leef - FXit · Wysvinger > SONDE: Terwyl jou duim na die hemel wys, wys jou wysvinger na jouself. As jy aan God dink wat groot, heilig en volmaak is, word jy hartseer omdat

2

Page 2: Lesse wat Leef - FXit · Wysvinger > SONDE: Terwyl jou duim na die hemel wys, wys jou wysvinger na jouself. As jy aan God dink wat groot, heilig en volmaak is, word jy hartseer omdat

3

Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder

Elke boek bestaan uit drie komponente:

Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings

Les-programme (kort, eenvoudig, maklik om voor te berei)

Visuele hulpmiddels (werkblaaie, uitdeelstukke, sketse)

Hierdie inligtingstuk bevat die volgende:

Inhoudsopgawe

Giere en geite van graad 4 tot 6

Lewendige hantering van die Lewende Woord

Een voorbeeldles, met visuele hulpmiddels

Page 3: Lesse wat Leef - FXit · Wysvinger > SONDE: Terwyl jou duim na die hemel wys, wys jou wysvinger na jouself. As jy aan God dink wat groot, heilig en volmaak is, word jy hartseer omdat

4

INHOUD

Sleutels tot LESSE WAT LEEF

Positiewe kinder-kontak ... 3

Ken jy ons ... 4

Hoe leer ons ... 5

Help ons om te glo ... 6

Hoe leer ons God ken ... 7

Die Woord moet beleef word ... 8

Die Woord moet uitgelê word ... 9

Vet pret met versies ... 10

Die lesse sal nie werk nie ... 11

Lesse wat Leef ... 12

Stories wat leef ... 13

Leer ons bid ... 14

Kom ons sing … 15

Evaluering ... 16

Lesreekse

EEN LIGGAAM (5 lesse) ... 17

LEEF VOLUIT (6 lesse) ... 26

NABY GOD (9 lesse) ... 38

Visuele hulpmiddels

Indeks ... 55

Een Liggaam reeks ... 56-64

Leef Voluit reeks ... 65-74

Naby God reeks ... 75-87

Page 4: Lesse wat Leef - FXit · Wysvinger > SONDE: Terwyl jou duim na die hemel wys, wys jou wysvinger na jouself. As jy aan God dink wat groot, heilig en volmaak is, word jy hartseer omdat

5

GIERE EN GEITE

van graad 4 tot 6

Gesond, energiek, rusteloos.

Bemeester maklik nuwe vaardighede –

dit gee 'n gevoel van genoegdoening.

Geslagsbewustheid begin ontwikkel:

verkies sosiale groepe van dieselfde geslag.

Goeie verbale vermoëns – in staat om gevoelens te formuleer.

Kreatief met stories uitdink en geniet rollespel.

Angstig om die regte etiese keuses te maak – soek leiding.

Bewus van individualiteit en begin toekomsgerig dink.

Soek nuwe uitdagings – wil self ervaar en ontdekkings maak.

Behoefte aan vryheid van keuse – wees versigtig vir te veel beperkende grense.

Gevoel van onafhanklikheid begin ontwikkel; minder openlik met volwassenes.

Groeiende groepsbewustheid en afhanklikheid van portuurgroep.

Sterk behoefte aan regverdigheid en opregtheid in verhoudings.

Gebalanseerd, tevrede, inskiklik, gewillig om te help.

Wisselende buie, huil maklik, maar herstel gou.

Word maklik emosioneel beïnvloed deur die houding of gedrag van maats.

In staat tot 'n intieme verhouding met God.

Deel sy kennis en ervaring van God maklik met 'n spesiale maat.

Meestal sterk verantwoordelikheidsgevoel – wil betrokke wees by aksies.

Begryp beeldspraak en abstrakthede makliker as vroeër.

Page 5: Lesse wat Leef - FXit · Wysvinger > SONDE: Terwyl jou duim na die hemel wys, wys jou wysvinger na jouself. As jy aan God dink wat groot, heilig en volmaak is, word jy hartseer omdat

6

Die kleiner kind ervaar met sy sintuie.

Sy wêreld bestaan uit dit wat hy kan

sien, hoor, ruik, proe en aanraak.

Selfs groter kinders moet abstrakte begrippe soos liefde, vergifnis en genade sien [deur

stories, spel en waarneming] om dit te ervaar.

Kommunikeer gesindhede konkreet. Nie "wat kan ons doen om ander gelukkig te maak" nie,

maar "kyk hoe stukkend is die outjie se klere. Hoe gaan ons hom help?"

Bring die lewende Woord na sy leefwêreld. Die Bybel is deur volwassenes in volwasse taal

geskryf. Die kind moet dit in sy eie taal en idioom hoor. Hy moet homself met een of meer

van die karakters kan identifiseer en deel kan word van die storie.

'n Storie beweeg; daar's aksie en lewe. Dis

waarom Bybelverhale die ideale leerstof is. Die

kind "sien" en ervaar dit.

Kleiner kinders verwar maklik Bybelgebeure met fantasiestories. Help hulle om te onderskei:

Gebruik ander hulpmiddels vir die Bybelverhaal as vir die storie ['n sekere nar kan 'n storie

vertel, maar dan nie ook 'n Bybelverhaal nie].

Vermy storietaal tydens Bybelvertellings. In plaas van "Eendag, lank, lank gelede" sê liewer

"Lank gelede, in die tyd van die Bybel" of "Die Bybel vertel van ..."

Die Bybel moet duidelik sigbaar wees. Hou dit oop op die skoot tydens die vertelling, sodat

hulle ervaar dat alles wat hier oorgedra word, 'n Bybelse oorsprong het.

Die Bybel is sentraal in elke aanbieding; die

les groei daaruit.

Die Bybel is die belangrikste hulpmiddel!

Haal dit eerste uit jou tas en gee dit 'n prominente plek in elke les.

Lees Skrifgedeeltes direk uit die Bybel; nie vanaf aantekeninge nie.

Vertel of dramatiseer Bybelverhale met die Bybel op jou skoot of op die tafel.

Page 6: Lesse wat Leef - FXit · Wysvinger > SONDE: Terwyl jou duim na die hemel wys, wys jou wysvinger na jouself. As jy aan God dink wat groot, heilig en volmaak is, word jy hartseer omdat

7

NABY GOD (9 lesse)

OORGEWIG IS GEVAARLIK

Iemand wat nie genoeg oefening kry en nie reg eet nie, word vet. „n Mens kan ook maklik

godsdiensvet aansit as jy elke Sondag op die kerkbanke sit en geen “oefening” deur die

week doen nie.

EET REG EN OEFEN GEREELD

Jy moet “die woorde van die geloof” eet en jy moet oefen “om in toewyding aan God te

lewe", skryf Paulus aan sy jong vriend [1 Tim 4:6, 7].

In hierdie reeks word twee elemente van „n OEFEN en EET uitgelig:

KONTAK-OEFENING [gebed] en 'n WOORDDIEET [omgang met die Bybel]

Les 1 tot 4 fokus op GEBED as lewenswyse [vergelyk die KB van les 1 en 2]. Les 4 is die

vaslegging en toepassing van die vorige drie lesse se hoofgedagtes en memoverse.

Les 5 tot 8 help met praktiese riglyne vir die hantering van die BYBEL. Dié vier lesse

word metafories verbind deur die beeldspraak in Ps 119:103, waar die Woord as “soeter as

heuning” beskryf word. Dit dien as vertrekpunt om te leer hoe om die woord te “eet”.

MEMORISEERVERSE

Les 1 tot 4: 1 Joh 5:14 word vanuit verskillende praktiese situasies aangebied en

toegepas.

Les 5 tot 8: Die memovers van dié vier lesse is Ps 119:9. Vers 103 word ook dikwels

hanteer.

OORSIGTABEL

KERNBOODSKAP [of DOEL] Hoofaktiwiteite / karakters SKRIF

1 Gebed is om naby God te leef BIDbende/“gang”, gebedshand 1 Tes 5:17

2 Gebed is om naby God te leef Johannes, memovers-vlag 1 Joh 5:14

3 Uitleg en toepassing van memovers WAG-woord, vasvra 1 Joh 5:14 e.a.

4 Samevatting en evaluering van les 1 tot 3 Rollespel: Die goeie koning 1 Joh 5:14

5 As jy skoon dinge inneem, sal jou lewe skoon wees Spons. Geheime Ps 119:9

6 As jy skoon dinge inneem, sal jou lewe skoon wees Drie eetgewoontes, drie treë Ps 119:9

7 Beoefening van Bybelstudiebeginsels in groepe Bybelete Ps 119:103 vv

8 Afsluiting van die reeks “Soet” geselligheid

9 Jaarafsluiting: almal saam

Page 7: Lesse wat Leef - FXit · Wysvinger > SONDE: Terwyl jou duim na die hemel wys, wys jou wysvinger na jouself. As jy aan God dink wat groot, heilig en volmaak is, word jy hartseer omdat

8

NABY GOD – 1 DOEL Om te illustreer hoe om die verskillende elemente van gebed te beoefen.

KB Gebed is om naby God te leef.

SKRIF 1 Tes. 5:17

APPARAAT Vier kaarte [versteek dit vooraf êrens in die lokaal]: B, I , D en 1 Tes 5:17.

Uitdeelstukke: gebedshand as ledekaart.

INLEIDING: Bende

[Gebruik 'n amper-fluisterstem en klink geheimsinnig]: Jy weet mos hoekom ons hier is, nè? Ons gaan vanaand 'n bende stig, hier in oom Piet se leë skuur. [“Tannie, wat is „n bende?” wou een weet. Praat dan maar van „n gang – dis meer bekend. Hierdie gang is egter nie “criminal” nie, maar cool.]

Ek is bly julle kon darem almal julle pad in die donker kry. Wag, ek steek gou die kers aan sodat ons

mekaar beter kan sien [mimiek kers aansteek]. NAAM [Kaarte: B, I, D, 1 Tes 5:17] Wat dink julle moet ons vanaand alles besluit – waaroor gesels „n bende [of „n “cool gang”]? [Lei

hulle om te besef dat „n bende eerstens „n naam moet hê. Ook 'n wagwoord en 'n vlag.]

Ons naam se letters kruip hier êrens weg. Wie gaan dit soek en probeer uitwerk? [Hulle plak BID teen die muur. Die kaart met 1 Tes 5:17 word later hanteer.]

Ek wonder of jy opgewonde is oor ons bende se naam? BID is mos nie altyd lekker nie, of hoe?

[Luister na hulle reaksie, sonder baie kommentaar. Die doel van die vraag is om elkeen te laat ervaar dat hy nie die enigste is wat soms met gebed worstel nie.]

GEBEDSPROBLEME „n BIDbende BID baie. Maar „n BIDbende help ook ander reg wat nie weet hoe om te bid nie. Luister na wat met twee van julle maats gebeur het, dan besluit julle hoe julle vir hulle kan reghelp:

Toe Karin verjaar, kry sy by haar ma „n duvet en gordyne, by haar pa „n Playstation en by haar oom „n ipod. Die aand toe haar ma haar kom nagsê, vra sy: “Het jy al gelees en gebid?” / “‟n Bietjie gelees ja, maar nie gebid nie.” / “Waarom nie?” / “Hoekom moet ek bid, ek het mos nou alles wat ek wil hê?”

Hoe sal jy vir Karin reghelp? [Kinders van hierdie ouderdom sien gebed dikwels as „n vra-lysie en is dan nie baie beïndruk as al die versoeke nie toegestaan word nie. Hulle moet ontdek dat dit in

gebed nie in die eerste plek om jouself gaan nie, maar om God se wil. Gebed is om naby God te

leef.]

Pieter is baie ongelukkig. Hy gaan nou nie meer kerk/Sondagskool/Tekkies/Jolliejakkers toe nie. Eendag by die skool vra Louis vir hom: “Pieter, hoekom sien ons jou nie meer nie, jy‟t dan elke keer gekom?” / “Ek kan nie meer soontoe gaan nie, want hulle bid daar. Ek bid nie meer nie.” / “Hoekom nie?” / “Ek het te veel sonde gedoen. Ek dink nie die Here wil meer na my luister nie.”

Hoe sal jy vir Pieter reghelp? [Dikwels worstel kinders van hierdie ouderdom met „n skuldgevoel teenoor God en ander mense. Hy sien sonde as iets wat maak dat God vir jou kwaad is en jou verwerp. Pieter moet leer dat geen sonde groter as God se genade is nie. Hy belowe: Ek sal hom

Page 8: Lesse wat Leef - FXit · Wysvinger > SONDE: Terwyl jou duim na die hemel wys, wys jou wysvinger na jouself. As jy aan God dink wat groot, heilig en volmaak is, word jy hartseer omdat

9

wat na my toe kom, nooit verwerp nie – Joh 6:37. In sy gebed mag hy eerlik met God wees en al

sy vrese en negatiewe gevoelens met Hom deel. Gebed is om naby God te leef.]

GEBEDSHAND [Uitdeelstukke] „n BIDbende BID baie [vou hande in gebed]. Het jy geweet jou hand kan jou help om te bid? [Wys hand met palm na buite en demonstreer die verskillende elemente van gebed in vingertaal]: Duim > GOD: [Die storie is in frases, kleur self die detail in.] Ryk man in sy kantoor / dwarsdeur die dag kom mense wat dinge kom vra – geld, werk, hulp, raad / laatmiddag kom sy dogtertjie / “Ja my kind, wat moet ek vir jou gee?” / “Niks nie Pappa. Ek kom net sê ek is lief vir jou.”

Dis nie reg om altyd net dinge vir God te vra nie – vertel vir Hom hoe jy oor Hom voel. Kom ons steek almal ons duime op. Dis die sterkste vinger en wys na bo. Heel eerste bid jy vir die dinge van God se koninkryk. [Laat hulle voorbeelde noem.]

Wysvinger > SONDE: Terwyl jou duim na die hemel wys, wys jou wysvinger na jouself. As jy aan God dink wat groot, heilig en volmaak is, word jy hartseer omdat jy wat klein en sondig is, tog so baie keer net aan jouself dink. Vertel Hom hoe jy oor jouself voel en vra Hom om jou sonde te vergewe en weg te vat.

Middelvinger > DANKIE: Die langste vinger laat jou dink aan al die baie dinge waarvoor jy kan dankie sê. Jy mag nie daaraan gewoond raak nie – jy moet elke dag besef dat alles wat jy het van God af kom. [Gee geleentheid dat hulle voorbeelde noem.]

Ringvinger > ANDER: Die ringvinger laat jou aan ander mense dink, want „n ring is die teken dat jy aan iemand anders verbind is. Bid vir ander – noem hulle name. Ook vir dié van wie jy nie hou nie en wat jou kwaad maak.

Pinkie > EK: Pinkie is die kleinste en swakste. Jyself is nie so belangrik as wat jy soms dink nie. Jy mag ook jou eie behoeftes vir die Here noem.

Hulle herhaal die ses stappe hardop saam totdat almal dit ken. “BID GEDURIG” [Uitdeelstukke: gebedshand as ledekaart. Kaart met 1 Tes 5:17]

Gebed is om naby God te leef. Beteken dit dat „n mens die hele tyd net moet bid, of is dit

genoeg as jy so nou en dan bid? [Geleentheid vir respons] Die kortste versie in die Bybel sal sê of julle reg is. [Die een wat die kaart met 1 Tes 5:17 ontdek het, lees die teks uit die Bybel.]

Wat beteken dit om gedurig te bid: Om altyd met toe oë te sit, of om naby God te leef?

Uitdeelstukke: Kyk net wat kry die lede van die BIDbende: „n ledekaart! Dis die bewys dat jy aan die bende behoort. Kyk elke dag hierna en doen wat daarop staan. Oor twee weke hou ons „n vasvra en dan gaan ons kyk of jy jou ledekaart verdien!

Page 9: Lesse wat Leef - FXit · Wysvinger > SONDE: Terwyl jou duim na die hemel wys, wys jou wysvinger na jouself. As jy aan God dink wat groot, heilig en volmaak is, word jy hartseer omdat

10 NABY GOD, les 1. Vier kaarte: Knip op reguit lyne.

Page 10: Lesse wat Leef - FXit · Wysvinger > SONDE: Terwyl jou duim na die hemel wys, wys jou wysvinger na jouself. As jy aan God dink wat groot, heilig en volmaak is, word jy hartseer omdat

11 NABY GOD, les 1. Uitdeelstukke: gebedshande. Knip op reguit lyne.