greycollegesecondary.com · web view2018/06/10  · jun i e 2018 tota a l: 150 tyd: 2½ uur hierdie...

16
GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE 2018 TOTAAL: 150 TYD: 2½ UUR Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Upload: others

Post on 18-Feb-2021

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

GRAAD 10

LEWENSWETENSKAPPE

JUNIE 2018

TOTAAL: 150

TYD: 2½ UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Lewenswetenskappe 10 VS/Junie 2018

Graad 10

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Copyright reservedPlease turn over

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.

2.

3.

4.

Beantwoord AL die vrae.

Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

5.

6.

7.

8.

Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

Maak ALLE tekeninge met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

Teken diagramme, tabelle en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

9.

10.

11.

MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik waar nodig.

Skryf netjies en leesbaar.

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer (1.1.1 -1.1.10) op die antwoordblad neer. Byvoorbeeld, 1 .1.11 D

1.1.1Die verdikte membrane waarin chlorofil molekules gevind word, word die ... genoem.

Amiddellamella

Bkrista

CE.R

Dtilakoïede

1.1.2Die organel verantwoordelik vir die geel kleur in blare word veroorsaak deur ...

Amitochondria

Bchromoplaste

Cleukoplaste

Dvakuole

1.1.3Die tipe seldeling verantwoordelik vir groei:

Ameiose

Bmitose

Cseldifferensiasie

Dmitochondria

1.1.4Watter van die volgende beskryf meristematiese weefsel die beste?

AVervoer weefsel

BSekondêre weefsel

CVersterkingsweefsel

DOngedifferensieerde weefsel

1.1.5Watter van die volgende voorbeelde vorm nie deel van die bindweefselgroep nie?

ABloed

BBeen

CEpiteel

DKraakbeen.

1.1.6In watter van die volgende selle sal jy die meeste mitochondria verwag?

Abeenselle

Bselle wat vet stoor

Cspierselle

Dneurone

1.1.7 ‘n Voorbeeld van ‘n polisakkaried is:

Aglukose

Blaktose

Cfruktose

Dglikogeen

1.1.8 Die monomere van die organiese verbinding, lipiede is ...

Asakkariede

B3 gliserol en 1 vetsuur

Cpolisakkariede

Daminosure

1.1.9 ‘n Siekte veroorsaak deur ‘n tekort aan vitamien B.

ANagblindheid

BRagitis

CBeri-Beri

DPellagra

1.1.10Proteïene verskil van koolhidrate in die volgende opsigte:

ADit is nie sensitief vir temperatuur nie.

BSommige is ensieme.

CDit is die hoof bron van energie.

DDit reageer negatief met Millon se reagens.

10x2=[20]

1.2 Verskaf die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf die korrekte antwoord langs die vraagnommer in jou antwoordboek.

1.2.1Die koolhidraat wat 'n strukturele komponent van selwande vorm. (1)

1.2.2Die chemiese reagens wat gebruik word om die teenwoordigheid van stysel aan

te dui. (1)

1.2.3Die spontane beweging van molekules in vloeistowwe en gasse van 'n hoë na 'n

lae konsentrasie. (1)

1.2.4Uitsteeksels op die binneste membraan van die mitochondrion. (1)

1.2.5Weefsel wat verantwoordelik is vir sekondêre groei in plante. (1)

1.2.6‘n Gewas wat nie kankeragtig is nie. (1)

1.2.7 ‘n Weefsel wat in plante voorkom waarvan die selwande by die hoeke verdik is. (1)

[7]

1.3 Dui aan of elk van die frases in Kolom I van toepassing is op slegs A, slegs B, beide of geeneen van die opsies in olom II. Gebruik die volgende sleutel om die vraag te beantwoord: Slegs A, Slegs B, Beide of Geeneen.

KOLOM I

KOLOM II

1.3.1 Mitose

A. kloning

B. chromosome

1.3.2 Beveg infeksies

A. leukosiete

B. eritrosiete

1.3.3 Absorpsie van voedingstowwe

A. huidmondjies

B. wortelhare

1.3.4 Senuweeweefsel

A. neuron

B. sinapse

1.3.5 Proteïensintese

A. ribosome

B. chloroplaste

1.3.6 Koolhidrate

A. waterstof

B. suurstof

1.3.7 Mesofil

A. epidermis

B. huidmondjies

1.3.8 Vaatbondels

A. xileem

B. floeëm

8x2=[16]

1.4 Bestudeer die diagram van ‘n sel en beantwoord die volgende vrae.

1.4.1 Verskaf byskrifte vir dele A, B, C en D. (4)

1.4.2 Verskaf twee funksies van deel D. (2)

1.4.3 Verskaf een funksie van deel C. (1)

[7]

TOTAAL AFDELING A=50

AFDELING B

VRAAG 2

Bestudeer die diagramme en beantwoord die vrae wat volg:

.

1. 2. 3.

D

B

A

B

C

A

D

4.5.

2.1.1 Verskaf byskrifte vir dele A, B, C en D. (4)

2.1.2 Deur slegs gebruik te maak van die nommers, rangskik die fases in die korrekte

volgorde. (5)

2.1.3 Hoeveel chromosome sal in 'n dogtersel wees aan die einde van die proses wat

hierbo getoon word? (1)

2.1.4 Noem EEN verskil tussen plant- en dierselle met betrekking tot die proses wat

plaasvind by C. (1)

2.1.5 Gee EEN rede waarom mitose 'n biologies belangrike proses is. (1)

[12]

2.2 Bestudeer die diagramme en beantwoord die vrae wat volg.

‘n “Sel” wat ‘n suikeroplossing bevat in ‘n beker met water.

‘n “Sel” wat water bevat in ‘n beker met suikeroplossing.

Glasbeker

Suiker-oplossing

water

Figuur 1 Figuur 2

2.2.1 Watter fisiologiese proses word deur die diagramme voorgestel? (1)

2.2.2 Wat word bedoel met 'n differensieel deurlaatbare membraan? (2)

2.2.3 Beskryf wat gebeur in FIGUUR 2 en verduidelik jou antwoord deur aan te dui in

watter rigting die water beweeg en waarom. (5)

[8]

2.3 Die tabel hieronder toon die voedingswaarde van 'n sekere tipe ontbytgraan. Bestudeer die inligting voordat die vrae beantwoord word.

VOEDINGWAARDESAMESTELLING van graankos

Bestanddele

Voedingswaarde

(per 100 g)

Hawermout, geroosterde

graanvlokkies, sukrosestroop,

bruinsuiker, groente-olie,

songedroogde rosyne

Energie

2000kJ

Proteïene

12,5 g

Koolhidrate

50 g

Vette

12,5g

Vesel

25 g

Cholesterol

0 g

2.3.1 Verduidelik EEN voordeel van hierdie graankos wat nie cholesterol bevat nie. (1)

2.3.2 Die totale energiewaarde van 100g graankos is 2 000kJ. Die seun vereis 5 500kJ energie per dag. Hoeveel gram (g) graankos moet hy eet om hierdie energie (in die veronderstelling dat hy geen ander voedsel eet nie) te kry? Wys jou berekeninge.(2)

2.3.3 Trek 'n sirkelgrafiek om die relatiewe verhouding van die proteïene, koolhidrate,

vette en vesel van 100g graankos te toon. (6) [9]

2.4 ‘n Eksperiment was opgestel om die effek van temperatuur op die ensieme van gisselle te ondersoek. Die aktiwiteit van die gisselle was gemeet deur die volume van die gasborrels wat geproduseer is in ‘n maatsillinder wat die gisselle in ‘n glukose oplossing bevat. Bestudeer die volgende figuur en grafiek wat die resultate toon en beantwoord die vrae wat volg:

Volume van maatsillinder (cm3)

Skuim van CO2 borrels

Lewende gisselle in glukoseoplossing

Volume borrels geproduseer by verskillende temperature

Volume borrels

Temperatuur °C

2.4.1 Watter volume borrels is geproduseer by 45˚C? (1)

2.4.2 By watter temperatuur was die ensieme heeltemal gedenatureer? (1)

2.4.3 Wat beteken die term “denatureer”? (2)

2.4.4 Verskaf die hipotese van die ondersoek. (2)

2.4.5 Verskaf:

a. die onafhanklike veranderlike. (1)

b. die afhanklike veranderlike.(1)

c. een gekontroleerde veranderlike. (1)

2.4.6 Verskaf een manier hoe die ondersoek meer betroubaar kan wees. (1)

2.4.7 Verskaf een manier hoe die ondersoek meer geldig kan wees. (1)

[11]

TOTAAL VRAAG 2=40

VRAAG 3

3.1. Lys VIER funksies van die menslike skelet. (4)

3.2 Bestudeer die volgende diagram wat ‘n elmboog voorstel en beantwoord die vrae wat volg:

A

B

C

D

3.2.1 Gee byskrifte aan dele A, C en D onderskeidelik. (3)

3.2.2 Maak ‘n benoemde skets van ‘n longitudinale snit deur ‘n langbeen.(6)

3.2.3 Sal die illustrasie deel vorm van die asskelet of die aanhangskelet. (1)

3.2.4Noem twee voordele van ‘n eksoskelet.(2)

[16]

3.3 Beantwoord die volgende vrae:

3.3.1 Definieer die term transpirasie. (3)

3.3.2 Verskaf vier faktore wat die tempo van transpirasie beïnvloed. Verduidelik ook

hoe die faktore die tempo sal laat toeneem en afneem. (8)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.3.3 Stel vier moontlike aanpassings voor oor hoe die blaar aangepas is om die tempo van transpirasie te laat afneem. (4)

3.3.4 Wat word die apparaat genoem wat gebruik word om die tempo van transpirasie

te ondersoek?(1)

[16]

3.4 Definieer die volgende terme:

a. Kloning (2)

b. Stamselle (2)

c. Kwaadaardige gewas (2)

d. Kranium(2)

[8]

TOTAAL VRAAG 3=40

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf die absorpsie van water deur ‘n wortelhaar van ‘n plant asook die laterale

beweging van die geabsorbeerde water vanaf die wortelhaar tot by die xileem van

die plant. Beskryf ook hoe xileem struktureel aangepas is om water opwaarts in

die plant te laat beweeg.

Inhoud: 17

Sintese: 3

NOTA:

Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in vloeidiagramme, tabelle en sketse nie.

TOTAAL AFDELING C: 20

GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou